JEUG FUNAAND: Vrugte van die Gees

Vergelijkbare documenten
VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Welkom by Die Storie God se storie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Geduld & Selfbeheersing

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Die brief aan die Filippense

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Jesaja sien die Toekoms

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

JEUG GEBEDSAAND: Operasie Transformasie

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

'n Man gestuur deur God

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

n Tempel Leier besoek Jesus

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

KWARTAAL OORSIG. Kleuter & Peuter reeks

Jona en die Groot Vis

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Jona en die Groot Vis

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Toe God alles gemaak het

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Toe God alles gemaak het

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26

Pragtige Koningin Ester

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

GESKENKE AAN N KONING N KERSLES

Dit verg net n paar minute om n groot verskil te maak!

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

Lees Genesis 22 Hoe laat dit wat jy sopas gehoor het jou voel? Hoe laat dit jou voel oor Abraham se situasie en hoe voel jy oor God?

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Efesiërs 5: /02/2015

Briewe van Johannes. Ontmoeting 22

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Van Vervolger tot Prediker

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

FAKTORE EN VEELVOUDE

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

Letterlike en figuurlike taalgebruik

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Inhoudsopgawe. Voorwoord

Van Vervolger tot Prediker

Goeie Konings, Slegte Konings

Die Kerk se Geboorte

Hersiening. Die aksentteken op die letter a wys dat ʼn mens die letter ʼn bietjie harder uitspreek

God eer Josef die slaaf

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Transcriptie:

JEUG FUNAAND: Vrugte van die Gees 1. Praise and Worship 2. Ysbreker: Opwarming - Oestyd - Elke groep kry n tafeldoek ALMAL moet daaraan vashou, NIEMAND se hande mag van die tafeldoek af wees nie. - Ek gooi n klomp gekleurde plastiek balletjies op die vloer - Soos ek n vrug van die Gees en n kleur roep moet die groepe kyk hoeveel van daai kleur balletjies hulle met die tafeldoek kan optel sonder om hulle hande te gebruik. 3. INLEIDING: Ons het verlede kwartaal n inleiding oor die vrugte van die Gees gedoen en toe het ons deur die eksamen drie aande na van die vrugte begin kyk. Vanaand wil ons amper bietjie recap met n Funaand oor die vrugte van die Gees sodat julle dit wat ons verlede kwartaal gedoen het weer kan onthou. 4. Vrug van die Gees : LIEFDE Die vrug van die Gees liefde is nie wanneer dit maklik is nie, maar wanneer dit moeilik is om iemand lief te hê. Bybelverhaal: 1 Kon 3: 16-28 Die Bybelverhaal wat hierdie soort liefde baie mooi beskryf is die twee vroue wat na Koning Salomo gekom het. Die een het haar baba deur die nag doodgelê en toe die ander vrou se kind gevat en die dooie baba langs haar neergesit. Toe die vrou die oggend wakker word toe sien sy dat daar n dooie baba langs haar lê, maar dat dit nie haar kind was nie. Die ander vrou wou nie haar kind teruggee nie, en hulle is toe na koning Salomo om te help. Hy sê toe dat die baba in twee gesny moet word en elke vrou n deel kry. Die ma van die baba was so lief vir hom gewees dat sy toe sê hulle moet hom eerder vir die ander vrou gee as om hom seer te maak. Die vrou wie se kind dit nie was nie, was nie gepla nie en bereid om die kind in twee te laat sny. Die koning het toe geweet dat die vrou wat die kind lief genoeg het om hom eerder weg te gee as te laat seermaak die regte ma van die kind was. Elke groep kry n klomp blaaie en skêre, hulle moet kyk hoeveel hartjies hulle in n minuut uit die papier kan sny, mense se name daarop skryf en dit teen die muur gaan plak. 5. Vrug van die Gees: VREUGDE Die vrug van die Gees Vreugde is nie n menslike emosie wat kom en gaan nie. Dis word aan jou deur die Heilige Gees gegee en word veral in moeilike omstandighede gesien! Vreugde / blydskap kom nie van of deur ons omstandighede soos geluk nie, dis ook n heeltemal ander tipe emosie as geluk!

Bybelverhaal: Hand 16: 25-34 Die mooiste voorbeeld van die Vreugde in die Bybel is die verhaal van Paulus en Silas in die tronk. Die Bybel sê hulle is BAIE geslaan, hulle wonde is NIE verbind nie, hulle het op n koue vloer met hulle hande en voete in blokke gesit terwyl hulle.. sing en God se naam groot maak. Dieselfde naam vir wie hulle geslaan is en in die tronk gesit het! Wat sou ONS gedoen het??? Hierdie soort vreugde laat my altyd aan borrels dink. Elke groep kry n swartsak en n skotteltjie met skottelgoed seepwater in. Elke groeplid kry n strooitjie. Die groepe kry n minuut om te kyk wie kan die meeste borrels blaas. 6. Vrug van die Gees: VREDE Regte vrede is die resultaat van n verhouding met God hê. Vrede beteken nie dat daar nie worries en dalk konflik gaan wees nie, maar n kalm wete binne-in jou dat God in beheer is van die situasie, maak nie saak hoe rof dit om jou lyk nie Bybelverhaal: Daniël 3:13-18 Die verhaal van Daniël se drie vriende wat in die vuuroond gegooi is omdat hulle nie voor n ander God as ons God wou buig nie laat my nogal aan die Vrug die Gees Vrede dink. Hulle het vertrou dat God hulle sou red, en hulle het soveel vrede gehad dat hulle gesê het as Hy dit nie doen nie, dan is dit ook ok met ons. DIT kan jy net doen as jy VREDE het! Elke groep gaan n stel LEGO blokkies kry en n stuk karton waarop hulle n muur moet bou. Twee van die kinders gaan die karton die heeltyd skud om dit moeilik vir die bouers te maak. Ons kan nie funksioneer as ons stress en worry nie (karton wat geskud word), maar as ons in n verhouding met God staan dan is ons rustig en kalm t.s.v. moeilike omstandighede (Daniël se 3 vriende). 7. Vrug van die Gees: GEDULD Geduld is om te wag vir die regte tyd sonder om te kla. Die regte tyd is God se tyd. Dis die vermoë om aan te hou en uit te hou selfs onder moeilike omstandighede met n positiewe verwagting dat dinge gaan uitwerk en beter word. Bybelverhaal: Heb 6:15 Die verhaal van Abraham aan wie God n groot nageslag beloof het sonder dat hy nog n erfgenaam gehad het, laat my baie aan die vrug geduld dink. Ja, Abraham en Sara HET drooggemaak deur hom by Sara se salvin te laat slaap, maar hulle het ook agterna besef watter gemors hulle aangevang het, en het toe gewag. Abraham was 100 jaar oud en Sara 90 jaar oud toe Isak gebore is. Sê my DIS nie GEDULD nie!!!

Elke groep gaan n paar blaaie en n origami dingetjie kry om te bou. Min van ons weet regtig HOE om dit te bou, en dit vat GEDULD om dit klaar te maak en nie halfpad op te hou nie. 8. Vrug van die Gees: VRIENDELIKHEID EN GOEDHARTIGHEID: Hierdie twee vrugte is baie dieselfde en daarom gaan ons hulle saam hanteer. n Beter woord as vriendelikheid vir hierdie vrug is om gaaf te wees. Goedhartigheid en gaaf is om goed te wees teenoor en vir die mense rondom jou. Dis om iemand te help wanneer hulle sukkel, sonder dat jy iets daaruit kry. Bv. help iemand oor die straat, deel jou broodjie met iemand wat nie het nie ens. Bybelverhaal: Luk 10: 25-37 Die Bybelverhaal wat ons aan hierdie vrugte laat dink is die Gelykenis van die Barmhartige Samaritaan. ALMAL het verby die man geloop wat deur rowers aangeval en vir dood laat lê is, tot die kerkmense. Die Samaritaan was die most unlikely een om te help, en hy het NIKS daaruit gekry nie, maar hy het hierdie man se wonde verbind EN betaal vir hom om in n plek te bly totdat hy gesond was. Vir hierdie speletjie gaan ons n Goedhartigheid boom maak. Die boom is reeds vasgeplak teen die muur. Julle gaan in julle groepe dink aan PRAKTIESE, alledaagse voorbeelde van HOE julle gaaf / goedhartig by die skool, huis en tussen jou vriende kan wees. Skryf die voorbeelde op die papiertjies en kom plak dit dan op die boom. 9. Vrug van die Gees: NEDERIGHEID: Nederigheid is om mense met sagte hande te behandel. Om mense nie altyd te veroordeel nie, maar eers te luister en dan eerder te help as om weg te wys. Nederigheid beteken om nie te dink dat jy beter as iemand anders is nie. Bybelverhaal: Luk 3:16 Die Bybelverhaal wat ons vir nederigheid wil gebruik is beslis Johannes die Doper. Hy word Jesus se voorloper genoem, hy het die pad vir Jesus voorberei, maar hy het in die woestyn gebly, goggas geëet en klere van dierevel gedra. Al was hy Jesus se voorloper het hy gesê dat hy nie eers werd is om Jesus se skoene los te maak nie. Dit wat hy gepreek het was ook om nie te dink jy is beter as iemand anders nie. Elke groep kry n paar stukkies spaghetti en n klompie krale. Julle kry n minuut om te kyk hoeveel krale julle deur die spaghetti kan ryg sonder om dit te breek. Nederigheid het sagtheid nodig, soos jy dit nodig het vir die deurkry van die krale sonder om die spaghetti te breek.

10. Vrug van die Gees: SELFBEHEERSING Selfbeheersing is om beheer oor jou eie gedrag te hê. Dis om NEE te sê vir versoekings. Om selfbeheersing te hê is nie altyd maklik nie, want die satan gaan probeer om jou te kry om verkeerde keuses te maak. Bybelverhaal: Gen 39:10 Die Bybelverhaal wat hierdie seker die beste verduidelik is Josef toe Potifar se vrou by hom aangelê het, en hy eerder in die tronk beland het as om aan iemand anders se vrou te raak. Ons gaan kyk wie kan vir n minuut doodstil SIT, en glad nie PRAAT nie! Sjoe, wat n oefening van selfbeheersing vir van die kinders 11. Vrug van die Gees: GETROUHEID: Om betroubaar te wees beteken dat mense op jou kan staatmaak, jy is lojaal en jy doen wat jy gesê het jy gaan doen. Bybelverhaal: Matt 21: 28-32 Die twee seuns en die wingerd. Die een het gesê hy gaan in sy pa se wingerd gaan werk, maar het nooit gegaan nie. Die ander seun het gesê hy wil nie gaan werk nie, en het tog gegaan. Miskien is hierdie eerder n voorbeeld van ontrouheid, maar dit verduidelik tog die punt. Die trustfall bly seker die beste voorbeeld van getrouheid. Een groeplid staan op n slag in die middel van die groep en val terug en die groeplede vang hom of haar. Ek sê ek sal jou vang, en jy sal nie seerkry nie, en ek vang jou, en jy kry nie seer nie. Ek DOEN wat ek Sê ek gaan doen! 12. Samevatting Vrugte van die Gees is wanneer ek my hart vir Jesus gegee het, en my lewe WYS dit in die manier hoe ek leef en optree teenoor ander. M.a.w. ons kan nie met die mond sê ons lewe behoort aan Jesus, maar alles wat ons doen en hoe ons leef wys die teenoorgestelde nie. As ons harte aan Jesus behoort dan sal ons lewens dit wys. 13. Sluit af met gebed en deel selfone uit.