GEDRAGSOWERHEID VAN DIE FINANSIËLE SEKTOR TAALBELEID

Vergelijkbare documenten
RAAD OP FINANSIËLE DIENSTE

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING HANDLEIDING

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

HOOFSTUK 9 Regspleging

AANVANG VAN N ONDERSOEK VAN BEWEERDE ONBEHOORLIKE GEDRAG

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

WET OP BEVORDERING VAN

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

Hoërskool Swartland SWANGERSKAPBELEID ALDUS AANVAAR TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

LAERSKOOL ROBERTSON. 1. Wat word bedoel met Taalbeleid? 2. Die Grondwet, 108 van Die Suid-Afrikaanse Skolewet, 84 van 1996 TAALBELEID

MUNISIPALITEIT TARIEF BELEID /

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

Ontleding van die toepassing van die 75 beginsels van korporatiewe bestuurstoesig soos aanbeveel in die King III-verslag

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES

Eerste jaarvergadering en konstitusie

DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER. 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer )

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

KONTANT BESTUUR BELEID

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

BELEID TEN OPSIGTE DIE GEBRUIK VAN TABLETTE DEUR LEERDERS BY LAERSKOOL RANDHART

DIE BURGEMEESTER, RAADSLID T VAN ESSEN, SE VOORLEGGING VAN DIE TWEEDE HERSIENING VAN DIE

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

WESKUS DISTRIKSMUNISIPALITEIT LUG KWALITEITSBESTUUR VERORDENING

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

INLIGTINGVERSKAFFINGS- HANDLEIDING

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

3 Maart 2004 BESTUURSTAKE VAN VRYWILLIGERS AS LEDE VAN AFRIKAANSE CHRISTELIKE VROUE VERENIGING BESTURE

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

NORME EN STANDAARDE VIR TAALBELEID IN OPENBARE SKOLE

Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

VOORSTEL VIR LIDMAATSKAP VAN DIE S.A. AKADEMIE

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

Kodes vir Afkeurredes

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

KENNISGEWING VAN VERDAAGDE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN BKB-AANDEELHOUERS

Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse

Hoe om n goeie Projek Konsep te Ontwikkel. oefeninge

Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers

EUROPA Trust Company 2

KAAP AGULHAS MUNISIPALITEIT WERKNEMERBYSTANDBELEID

GRONDWET VAN DIE PAARL BELASTINGBETALERSVERENIGING (Die Grondwet) - 26 Januarie 2012

SKEDULE 1 Eed/Plegtige verklaring van Regters SKEDULE 2 Eed/Plegtige verklaring van Ministers en Adjunk-Ministers

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

Taalbeleid van die Universiteit van die Vrystaat

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

Geldterugvoordeel. Beskikbaarheid

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

SEKSUELE TEISTERING: BELEID EN PROSEDURE TEN OPSIGTE VAN PERSONEEL

1 Julie 2014 MBA BOLAND NUUSBRIEF: JULIE 2014

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Outeursreg Juta & Kie Beperk

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

Prysvorming deur vraag en aanbod

Die verhuurder verleen aan die huurder die eerste opsie om die kontrak te hernu vir n verdere termyn.

CONCERNED MEMBER GROUP Spesiale Algemene Vergadering: Voorgestelde Veranderinge aan die Konstitusie

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS

TERME EN VOORWAARDES

HANDLEIDING KRAGTENS ARTIKEL 14(1) VAN DIE WET OP DIE BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING (WET 2 VAN 2000)

DEPARTEMENT VAN VERVOER

Belastingvrye Belegging. Planbeskrywing

Gladdebek Kommentatorsoektog Standaard Terme en Voorwaardes

Transcriptie:

GEDRAGSOWERHEID VAN DIE FINANSIËLE SEKTOR TAALBELEID

GOEDKEURINGSLIGGAAM DATUM Uitvoerende Komitee 9 FEBRUARIE 2017 Risikokomitee 30 AUGUSTUS 2017 FSCA- Uitvoerende Komitee 18 OKTOBER 2017

INHOUD 1. DEFINISIES... 4 2. AANHEF... 5 3. DOEL... 5 4. WETGEWENDE INSTRUMENTE... 5 5. OMVANG EN TOEPASSING... 5 6. REGULATORIESE KONTEKS VAN HIERDIE BELEID... 5 7. BEGINSELS... 6 8. AARD VAN DIE FSCA SE AKTIWITEITE... 6 9. AANNEMING VAN AMPTELIKE TALE... 7 10. STIGTING EN STRUKTUUR VAN DIE TAALSAKE-EENHEID (Die Eenheid)... 9 11 OPLEIDING EN KAPASITEIT... 9 12 PUBLIKASIE EN TOEGANG TOT HIERDIE BELEID... 9 13. KLAGTEMEGANISME... 10 14. APPÈLPROSES... 10 15. HERSIENING VAN BELEID... 10 16. GOEDKEURING... 10 3

1. DEFINISIES In hierdie Beleid, tensy uit die konteks andersins blyk, beteken 1.1 Die Wet die Wet op die Gebruik van Amptelike Tale, 2012 (Nr. 12 of 2012); 1.2 Kommissie die Uitvoerende Komitee van die FSCA; 1.3 Braille n vorm van geskrewe taal vir blinde mense, waarin karakters verteenwoordig word deur patrone van verhewe knoppies wat met die vingerpunte gevoel word; 1.4 Kommissaris die Kommissaris van die FSCA; 1.5 Grondwet die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996; 1.6 Billike gebruik die gebruik van taal wat billik, onpartydig en gebalanseerd is; 1.7 FSCA die Gedragsowerheid van die Finansiële Sektor, n regspersoon wat ingevolge artikel 56 van die Wet op die Regulering van die Finansiële Sektor, 2017, gestig is; 1.8 Tolk n persoon wat n uiting van een taal in die ander oorsit of tolk; 1.9 Tolking ten opsigte van mondelinge uitings, die oorsetting van uitsprake in een taal in n uitspraak in n ander taal, ten opsigte van uitings met gebare, die oorsetting van gebaretaal in n gesproke taal en andersom, en tolk het n ooreenstemmende betekenis; 1.10 Rekordtaal die taal wat gekies word om die FSCA se rekords in te hou of te bewaar; 1.11 Minister die Minister van Kuns en Kultuur; 1.12 Veeltaligheid die gebruik van drie of meer tale deur n persoon of groep persone; 1.13 PanSAT die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad; 1.14 Beleid hierdie Taalbeleid; 1.15 SAGT Suid-Afrikaanse gebaretaal 1.16 Senior Taalspesialis n werknemer van die FSCA wat aan die hoof staan van die Taalsake-eenheid; 1.17 Republiek die Republiek van Suid-Afrika; 1.18 Terminologie gestandaardiseerde terme wat vir n spesifieke vakgebied vasgestel is; 1.19 Vertaling die oordrag van n teks uit een taal na die ander, vertaal het n ooreenstemmende betekenis; 1.20 Die Eenheid die Gedragsowerheid van die Finansiële Sektor se Taalsake-eenheid. 4

2. AANHEF 2.1. Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (RSA) 1996 erken 11 amptelike tale, d.i. Engels, Afrikaans, Venda, Tsonga, Noord-Sotho, Tswana, Suid-Sotho, Zulu, Xhosa, Ndebele en Swati; erken die verminderde gebruik en status van inheemse tale en vereis van die Staat om praktiese en positiewe stappe te doen om die status van inheemse tale te verhoog en die gebruik daarvan te bevorder. Die Grondwet verg verder dat alle amptelike tale gelyke respek geniet en onpartydig behandel word. 2.2. Met hierdie doel is die Wet uitgevaardig om die gebruik van amptelike tale in kommunikasie met lede van die publiek aan te moedig, voorsiening te maak vir die regulering en monitering van die gebruik van amptelike tale deur die nasionale regering vir regeringsdoeleindes, om die aanneming van n taalbeleid deur n nasionale departement, nasionale openbare instelling en nasionale openbare onderneming te vereis en om n taaleenheid vir n nasionale departement, nasionale openbare instelling en nasionale openbare onderneming te stig. 2.3. Die Wet is van toepassing op alle nasionale openbare entiteite. Die FSCA is n nasionale openbare instelling, en word in die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999, as sodanig aangegee. Hierdie Beleid is gevolglik deur die FSCA ontwikkel in nakoming van die bepalings van die Wet. 3. DOEL Die doel van hierdie Beleid is om uiteen te sit hoe die FSCA die Wet sal nakom en amptelike tale sal gebruik om diens aan lede van die publiek oor die algemeen en gereguleerde instansies te verbeter en om nakomingsvlakke te verbeter. 4. WETGEWENDE INSTRUMENTE 4.1. Die Grondwet; 4.2. Die Wet; 4.3. Regulasies ingevolge artikel 13 van die Wet. 5. OMVANG EN TOEPASSING Die Beleid is van toepassing op alle FSCA-werknemers, insluitende kontrakteurs, direksielede en enigiemand wat n funksie namens die FSCA uitoefen. 6. REGULATORIESE KONTEKS VAN HIERDIE BELEID Hierdie beleid word voorgeskryf deur artikel 4 van die Wet, soos volg: 6.1. artikel 4(1) bepaal dat elke nasionale departement, nasionale openbare instelling en nasionale openbare onderneming n taalbeleid oor sy gebruik van amptelike tale moet aanneem; 6.2. artikel 4(2) bepaal dat n taalbeleid wat ingevolge subartikel (1) aangeneem word: 6.2.1. ten minste drie amptelike tale moet identifiseer wat die nasionale departement, nasionale openbare instelling of nasionale openbare onderneming vir regeringsdoeleindes sal gebruik, 5

6.2.2. moet stipuleer hoe amptelike tale gebruik sal word om doeltreffend met die publiek te kommunikeer, in amptelike kennisgewings, regeringspublikasies, en inter- en intraregeringskommunikasies, 6.2.3. moet aandui hoe die nasionale departement, nasionale openbare instelling of nasionale openbare onderneming doeltreffend met lede van die publiek sal kommunikeer wie se taal van keuse nie een van sy gekose amptelike tale is nie, of wie se taal van keuse Suid-Afrikaanse gebaretaal is, 6.2.4. moet aandui hoe lede van die publiek toegang tot die taalbeleid kan verkry, en 6.2.5. n klagtemeganisme moet voorsien om lede van die publiek in staat te stel om klagtes in te dien oor die gebruik van amptelike tale deur n nasionale departement, nasionale openbare instelling of nasionale openbare onderneming; 6.2.6. moet in die Staatskoerant gepubliseer word so gou as wat dit redelikerwys prakties is maar binne 90 dae nadat dit aangeneem is. 7. BEGINSELS Die beginsels waarop hierdie Beleid berus, is: 7.1. Tref maatreëls om die status en bevordering van die gebruik van inheemse tale te verhoog; 7.2. Verbintenis tot die bevordering van alle tale in die Republiek om gelyke respek en die onpartydige behandeling van die amptelike tale soos vereis deur ons demokratiese bedeling tea verseker; 7.3. Erkenning van veeltaligheid as n hulpbron om samewerkende vennootskappe in nasiebou, ekonomiese ontwikkeling en maatskaplike kohesie te maksimaliseer; 7.4. Bevordering van goeie taalbestuur deur die FSCA om doeltreffende staatdsiensadministrasie wat in die behoeftes van die publiek voldoen en billike toegang tot dienste en inligting van die FSCA verseker; 7.5. Voorkoming van die gebruik van enige taal/tale vir die doel van uitbuiting, oorheersing en diskriminasie binne die FSCA. 8. AARD VAN DIE FSCA SE AKTIWITEITE Die FSCA is n onafhanklike instelling deur die wet gestig om in die openbare belang toesig te hou oor gedrag in die Finansiële Sektor. Soos bepaal in artikel 57 van die Wet op die Regulering van die Finansiële Sektor, 2017 (Wet Nr 9 van 2017) is die oogmerke van die FSCA om: 8.1. die doeltreffendheid en integriteit van die finansiële markte te vergroot en te ondersteun; en 8.2. finansiële kliënte te beskerm deur 8.2.1. regverdige behandeling van finansiële kliënte deur finansiële instellings te bevorder; en 8.2.2. finansiële kliënte en potensiële finansiële kliënte van finansiële opvoedingsprogramme te voorsien en andersins finansiële geletterdheid te bevorder, asook die vermoë van finansiële kliënte en potensiële finansiële kliënte om gesonde finansiële besluite te neem; en 8.3. te help om finansiële stabiliteit te handhaaf. 6

9. AANNEMING VAN AMPTELIKE TALE 9.1. Amptelike tale van die FSCA 9.1.1. Die Wet vereis van die FSCA om n taalbeleid aan te neem wat ten minste 3 (drie) van die amptelike tale identifiseer wat die FSCA vir regeringsdoeleindes sal gebruik. Dit verwys na tale wat hoofsaaklik gebruik sal word wanneer met lede van die publiek gekommunikeer word. 9.1.2. In die identifisering van die amptelike tale word die FSCA inter alia gelas om die bevordering van die voorheen gemarginaliseerde inheemse tale in ag te neem. 9.1.3. By die vasstelling van watter amptelike tale gebruik sal word, sal die FSCA in elke geval deur die volgende faktore gerig word: 9.1.3.1.1. Praktiese oorwegings; 9.1.3.1.2. Gepaardgaande koste; 9.1.3.1.3. Geografiese ligging; 9.1.3.1.4. Belange van die publiek en/of spesifieke teikengroep; en 9.1.3.1.5. Die FSCA se vermoë. 9.1.4. Hoewel die FSCA alle amptelike tale van die Republiek erken, is die volgende tale gevolglik aangeneem: 9.1.4.1. Engels (medium van kommunikasie) 9.1.4.2. Uit die Nguni-taalgroep (Zulu, Ndebele, Swati en Xhosa), is Zulu aangeneem; 9.1.4.3. Uit die Sotho-taalgroep (Tswana, Noord-Sotho en Suid-Sotho) is Tswana aangeneem; 9.1.4.4. Venda; een van die voorheen benadeelde tale wat nie aan n taalgroep behoort nie, is aangeneem; en 9.1.4.5. Afrikaans, een van die tale wat nie aan n taalgroep behoort nie, is ook aangeneem. 9.1.5. Die FSCA sal verseker dat dit die tale wat in 9.1.4 aangedui word vir regspublikasies gebruik. 9.2. Gebruik van amptelike tale deur die FSCA 9.2.1. n Beskrywing van watter tale vir sakedoeleindes sowel as vir kommunikasie met lede van die publiek gebruik sal word en die manier waarop sodanige tale gebruik sal word, word hieronder uiteengesit. Sakedoeleindes 9.2.2. Die FSCA neem Engels aan as die hoofkommunikasiemedium en n taal van rekord vir sakedoeleindes 9.2.2.1. om met sy verskillende kliënte (gereguleerde instellings) in ooreenstemming met sy mandate te kommunikeer; 9.2.2.2. ten opsigte van interne kommunikasie binne die FSCA; en 9.2.2.3. ten opsigte van sy kommunikasie met departemente en/of die Parlement deur die verantwoordelike Minister. 9.2.3. In gevalle waar dokumente wat net in Engels geproduseer word, in enige amptelike taal buiten Engels versoek word, sal die FSCA opgesomde vertaalde weergawes beskikbaar stel, onderhewig aan die voorwaardes soos bepaal in 9.1.4 hierbo. Regeringsdoeleindes 7

9.2.4. Die FSCA sal Engels en die amptelike tale soos bepaal in 9.1.4 hierbo op n individuele grondslag gebruik vir die volgende doeleindes: 9.2.4.1. Kommunikasie met lede van die publiek, sowel mondeling as skriftelik d.i. inter alia, openbare kennisgewings en aankondigings, openbare inligtingstekens, tekens wat fasiliteite en dienste identifiseer (opgesomde weergawes in geval van tegniese dokumente); 9.2.4.2. Kommunikasie met die media (bv. druk, radio, televisie, internet) afhangende van doel en platform; 9.2.4.3. Amptelike publikasies en korrespondensie; 9.2.4.4. Ander aktiwiteite vir belanghebberbetrokkenheid; en 9.2.4.5. Openbare verhore/konsultasies en ander amptelike verrigtinge. Hulpmiddels vir regulatoriese en algemene administratiewe aksie 9.2.5. Ten opsigte van alle regulatoriese hulpmiddels wat verband hou met die doen van sake (insluitende alle ondergeskikte wetgewing, omsendbriewe, kennisgewings, riglyne en dies meer kragtens die wette wat deur die FSCA geadministreer word, en beleidsdokumente wat verband hou met toekomstige primêre en ondergeskikte wetgewing) en algemene administratiewe aksies (d.i. aksies wat n uitwerking sal hê op n soort of kategorie van finansiële instelling) deur die FSCA, sal die volgende benadering tot die opstel en vertaling van sodanige hulpmiddels van toepassing wees: 9.2.5.1. Alle raadpleging oor konsep- regulatoriese hulpmiddels en algemene administratiewe aksies sal in Engels plaasvind en die opgesomde weergawes van die konsep- regulatoriese hulpmiddel sal in tale waarna in 9.1.4 hierbo verwys word, op die FSCA se webwerf beskikbaar gestel word vir openbare kennisname; 9.2.5.2. Gedurende die raadplegingstydperk sal die Taalsake-eenheid aan die hulpmiddel werk vir die doeleindes van vertaling en om daarmee vertroud te raak om te verseker dat die finale vertaalde hulpmiddel spoedig in die toepaslike tale beskikbaar sal wees. Met hierdie doel moet die Taaleenheid voortdurend op hoogte gehou word van ontwikkelinge gedurende die raadplegingstydperk om te verseker dat enige wysigings in ag geneem word gedurende die voorbereiding van die toepaslike vertalings; 9.2.5.3. Die finale dokument(e) sal in Engels beskikbaar gestel word met die vertalings wat binne n redelike tyd beskikbaar gestel word in die tale waarna in 9.1.4 hierbo verwys word. In geval van n konflik tussen die Engelse weergawe en die vertaling van n hulpmiddel, sal die Engelse weergawe geld. Verbruikersopvoeding 9.2.6. Die FSCA sal gepaste en redelike stappe doen om te verseker dat dit verbruikersopvoeding verskaf en finansiële geletterdheidsessies in soveel amptelike tale as moontlik hou met inagneming van die taalvoorkeur van die gemeenskap wat sodanige sessies bywoon. 8

Inbelsentrum 9.2.7. Die FSCA se inbelsentrum sal verseker dat dit in alle amptelike tale van die Republiek soos beoog in 2 hierbo met lede van die publiek kommunikeer. 9.3. Voorsiening van dienste in n taal buiten die amptelike tale wat deur die FSCA gekies is 9.3.1. As n lid van die publiek dienste in n amptelike taal wil ontvang buiten die tale wat gebruik word (bv. in n publikasie), moet sodanige lid die FSCA skriftelik, gerig aan die Senior Taalspesialis, van hierdie versoek in kennis stel. Die FSCA sal reëlings tref om sodanige versoek toe te staan binne n redelike tydperk van nie minder nie as dertig (30) werkdae ná ontvangs van die versoek. 9.3.2. In gevalle van mondelinge kommunikasie, soos vergaderings en enige ander behoefte vir tolking, moet n versoek skriftelik en ten minste dertig (30) werkdae voor die geleentheid gedoen word. 9.4. Kommunikasie met lede van die publiek wie se taal van keuse SAGT is 9.4.1. n Lid van die publiek wat in SAGT met die FSCA wil kommunikeer, moet die Senior Taalspesialis skriftelik in kennis stel. 9.4.2. Die kommunikasie waarna in klousule 9.3.1 verwys word, moet die Senior Taalspesialis ten minste twintig (20) werkdae voor die datum waarop die diens nodig is, bereik om die FSCA in staat te stel om vir gepaste tolking te reël. 10. STIGTING EN STRUKTUUR VAN DIE TAALSAKE-EENHEID (Die Eenheid) 10.1. Soos vereis deur artikel 5 van die Wet, het die FSCA n taalsake-eenheid gestig en dit sal verseker dat die eenheid voorsien is van mensehulpbronne, administratiewe hulpbronne en ander hulpbronne wat nodig is om sy funksies doeltreffend en in ooreenstemming met die wet uit te voer. 10.2. n Senior Taalspesialis sal aan die hoof van die Eenheid staan, en sodanige ander personeellede sal aangestel word as wat van tyd tot tyd deur die FSCA aangestel sal word. 11 OPLEIDING EN KAPASITEIT Om die professionele en doeltreffende implementering van hierdie Beleid te bereik, sal die Eenheid raad gee oor opleiding en kapasiteitsbou. 12 PUBLIKASIE EN TOEGANG TOT HIERDIE BELEID 12.1. Hierdie Beleid sal in al die amptelike tale van die Republiek gepubliseer word. 12.2. Dit sal op die FSCA se webwerf, www.fsca.co.za, beskikbaar wees. 12.3. Dit sal in braille of andersins in oudio op die FSCA se webwerf, www.fsca.co.za, beskikbaar wees. 9

12.4. n Opsomming van hierdie beleid sal op so n manier en plek by die FSCA se kantoor vertoon word dat die publiek dit kan lees. 12.5. Daarbenewens sal gedrukte weergawes in al die amptelike tale by die FSCA se kantore beskikbaar wees. 13. KLAGTEMEGANISME 13.1. Enige persoon wat ontevrede is met n besluit van die FSCA ten opsigte van sy gebruik van amptelike tale, kan n beswaar skriftelik indien deur dit aan die Kommissaris te rig. 13.2. n Klagte moet soos volg ingedien word: 13.2.1. Skriftelik. 13.2.2. binne drie maande van die ontstaan van die klagte. 13.2.3. moet die naam, adres en kontakinligting van die persoon wat die klagte indien, bevat. 13.2.4. moet n volledige en gedetailleerde beskrywing van die klagte bevat. 13.3. Die Kommissaris of n senior personeellid wat deur die Kommissaris aangestel is, kan n klaer vra om enige nodige bykomende inligting te voorsien om die klagte te ondersoek en om n vergadering by te woord om n mondelinge navraag oor die klagte te doen. 13.4. Die Kommissaris sal die klagte ondersoek soos in 13.3 en n besluit neem, nie later nie as drie (3) maande nadat die klagte ingedien is, en sal die klaer van die besluit inlig. 14. APPÈLPROSES 14.1. n Klaer wat ontevrede is met n besluit van die persoon soos beoog in klousule 13.3 van hierdie Beleid kan appèl aanteken by die Uitvoerende Komitee van die FSCA, synde rekenpligtige gesag van die FSCA. 14.2. n Appèl wat ingedien is by die Uitvoerende Komitee moet gerig wees aan die Kommissaris en ingedien word binne n tydperk van een (1) maand ná die besluit van die persoon soos beoog in klousule 13.3 van hierdie beleid. 14.3. Die bepalings van klousule 13.2.1, 13.2.2, 13.2.3 en 13.2.4 van hierdie beleid sal geld mutatis mutandis vir n appèl wat aangeteken is kragtens klousule 13.1 van hierdie Beleid. 15. HERSIENING VAN BELEID Die Beleid sal jaarliks hersien word. 16. GOEDKEURING Dit is die jongste Taalbeleid van die Gedragsowerheid van die Finansiële Sektor wat op 18 Oktober 2017 goedgekeur is deur die Raad van die Raad op Finansiële Dienste. 10

11