MISDAADSTATISTIEKE OP PLASE BEVESTIG ERNSTIGE KOMMER

Vergelijkbare documenten
PLAASAANVALLE. Een van Landbou se Uitdagings

Die Suid-Afrikaanse aartappelbedryf in perspektief in 2015

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

DIE ROL VAN LANDBOU IN DIE EKONOMIE DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

AGRI SA SE HOLISTIESE PLAN VIR GRONDHERVORMING IN SUID AFRIKA

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

Les 14: Entrepreneurskap

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

SA INKOMSTEVERDIENERS MET R MILJARD ONDERVERSEKER VIR DOOD EN ONGESKIKTHEID

KAN N MIELIE MET N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

MAKRO-EKONOMIESE IMPAK VAN DIE WYNBEDRYF OP DIE WES-KAAP

Sentraalbeplande stelsel

DIE BURGEMEESTER, RAADSLID T VAN ESSEN, SE VOORLEGGING VAN DIE TWEEDE HERSIENING VAN DIE

EKONOMIE EKSAMEN INLIGTING GRAAD 11 NOVEMBER EKSAMEN. VRAESTEL 1: 14 JUNIE: 1e SESSIE. VRAESTEL 2: 18 JUNIE: 1e SESSIE

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

Kliënte kommunikasie - Begroting 2016

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 12 Toets 6: Die mens se invloed op die omgewing

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Leemte in Suid-Afrikaanse lewens- en ongeskiktheidsversekering is steeds benard

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

Prysvorming deur vraag en aanbod

Analise van arbeid en kapitaal in die aartappelproduksieproses

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

Afdeling A Vraag 1: Pas Kolom A by Kolom B en skryf slegs die korrekte letter neer.

3 Maart 2004 BESTUURSTAKE VAN VRYWILLIGERS AS LEDE VAN AFRIKAANSE CHRISTELIKE VROUE VERENIGING BESTURE

SENTRUM VIR UITNEMENDHEID BENADERING VIR DIE VERKRYGING VAN TOEGANG TOT PLASE

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

IMPAK VAN MISDAAD OP N VEILIGE EN VOLHOUBARE KOMMERSIëLE LANDBOUSEKTOR IN VIRGINIA

INLIGTINGSDOKUMENT: HOE OM GRONDEISE TE HANTEER

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 EKONOMIE V2

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 GESKIEDENIS V1

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE FINAL DRAF

MAKRO-EKONOMIESE IMPAK VAN DIE WYNBEDRYF OP DIE WES-KAAP

Vraag 1: Wat is bevolkingsdigtheid? Bevolkinsdigtheid is die meting van hoeveel mense daar in n gebied is.

DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

Willem Burger, Departement van Landbou: Wes-Kaap, Landbou-Ekonoom, Program Ondersteuning van Landbouers, Eden Distrik, George

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 13 EN 14 Toets 7: Verandering van ons omgewing en pas ons omgewing op

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Pretoria-Noord Hoёrskool Geografie GRAAD 9 Junie eksamen

Hoe om n goeie Projek Konsep te Ontwikkel. oefeninge

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

Kwantifisering van risiko in die Oos-Vrystaat droëlandproduksiegebied:

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

GRAAD 11 WISKUNDE DERDE VRAESTEL NOVEMBER 2009

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

LANDELIKE VEILIGHEID SENTRUM VIR UITNEMENDHEID AGRI SA SE ROL IN LANDELIKE BEVEILIGING.

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

JUNIE EKSAMEN 13 JUNIE :00 12:00 GEOGRAFIE V1 BYLAAG

EKURHULENI NOORD. DISTRIk 14 NOVEMBER Graad 8 Memorandum

FAKTORE WAT LEI TOT DIE VEREENSAMING EN ARMOEDE VAN BEJAARDES

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 GESKIEDENIS V1

HOËRSKOOL FLORIDA GEOGRAFIE GRAAD 11

KONTANT BESTUUR BELEID

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

MISDAADVOORKOMING OP PLASE

n Besigheidsplan Vraag 1: Formaat van n Besigheidsplan Pas die term in kolom A by die korrekte beskrywing in kolom B:

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

Geboorte- en sterftesyfers is vername maatstawwe om bevolkings te beskryf. ie geboortesyfer dui die aantal geboortes per duisend mense per jaar aan.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

Finansiële Wiskunde ENKELVOUDIGE RENTE

HOEVEEL HEKTARE KAN N STAATSAMPTENAAR BEKOSTIG? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN

Paulus kritiseer sy tyd se manier

KAAP AGULHAS MUNISIPALITEIT WERKNEMERBYSTANDBELEID

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

KRUGER R, et BLOEM WND R BLOEM, WND R. [1] Hierdie is n hersiening. Volgens die oorkonde was die

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE DIERETUIN VAN SA

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

Les Plan Twee. Habitats

BEVOLKINGS GEOGRAFIE

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

Meganiese stelsels en beheer:

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer?

Transcriptie:

MISDAADSTATISTIEKE OP PLASE BEVESTIG ERNSTIGE KOMMER

INLEIDING Sewe uit tien Suid-Afrikaanse kommersiële boere wat deelgeneem het aan n onlangse opname wat Agri SA laat uitvoer het, het misdaad in die een of ander vorm in 2017 ervaar. Dit was slegs een van verskeie opvallende feite oor die omvang van landboumisdaad wat Suid- Afrikaanse kommersiële boere daagliks in die gesig staar, volgens Agri SA se 2018 Nasionale Landbousektor Misdaadsopname wat onlangs deur Unisa se Buro vir Marknavorsing (BMR) onderneem is. Nog iets wat geblyk het uit die misdaadstudie is dat nagenoeg n derde van kommersiële landbou-eenhede n toename in misdaadvoorvalle oor die afgelope drie jaar ervaar het. Die resultate beklemtoon Agri SA se kommer oor die vlak van misdaad wat deur kommersiële boere ervaar word. Volgens die BMR-studie het die totale direkte koste van landbouverwante misdaad R5,45 miljard in 2017 beloop, met totale vervangingskoste van R2,28 miljard. Dit bring die totale landbouverwante misdaadkoste op R7,7 miljard te staan. 2

Die landkaart toon dat KwaZulu-Natal die hoogste voorkoms van landbouverwante misdaad ervaar het, gevolg deur Mpumalanga en Noordwes, met n gemiddeld van 70% landswyd. Die Noord-Kaap word blykbaar minder as enige ander provinsie deur landbouverwante misdaad geraak. n Besliste behoefte aan betroubare Suid-Afrikaanse mistaadstatistieke in die lig van die onsekerheid rondom die voorkoms van geweldmisdaad en landbouverwante misdaad het aanleiding gegee tot hierdie opname. n Kritieke behoefte aan opgedateerde plaasmisdaadstatistiek het, gegewe die huidige onopgedateerde data, onderrapportering en verkeerde rapportering, bestaan en dit was een van die redes wat stukrag verleen het aan die navorsing. In reaksie op die kommer oor onaanvaarbaar hoë vlakke van misdaad en geweld, veral in landelike gebiede, het Agri SA homself die doelwit gestel om n veilige omgewing vir alle mense betrokke by die landbousektor te verseker. Die akkuraatheid van bestaande data, die monitering van toekomstige tendense en die evaluering en ontwerp van misdaadvoorkomingsinisiatiewe in samewerking met die regering sal n belangrike fokus-area vir Agri SA en sy provinsiale organisasies bly. 3

BELANGRIKHEID VAN LANDBOU Landbou in Suid-Afrika is n belangrike sektor binne die ekonomie. Dit is nie soseer weens sy bydrae tot die bruto nasionale produk (BBP) nie maar eerder weens sy ondersteuning van maatskaplike voordele soos werkgeleenthede en landelike ontwikkeling. Baie van die voorgestelde strategieë in die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) sal n impak hê op voedselproduksie of voedselsekerheid in een of ander vorm. Byvoorbeeld, uitbreiding van besproeiingslandbou, ondersteuning vir werkskepping in die opstroom- en afstroombedrywe, asook selektering en ondersteuning van landbousektore en -gebiede wat die hoogste potensiaal toon. Primêre landbou dra nagenoeg 3% tot die BBP by en ongeveer 5% tot werkskepping. Die bydrae tot die BBP, indien die totale waardeketting van landbou in ag geneem word, kan tussen 10% en 12% wees. Landbou is n belangrike deel van die ekonomie en aanvullend daartoe verseker landbou Suid-Afrika se voedselsekerheid. Die landbou het egter n sterk skakeleffek met die vervaardigingsekonomie. Die landelike bevolking steun sterk op die landbou as bron van werkskepping en meeste kleindorpie-ekonomieë is afhanklik van dié sektor. Die waarde van die landbou kan dus nie bepaal word slegs op grond van sy bydrae tot die BBP nie. Faktore soos werkskepping, ondersteuning van die landelike ekonomie, voedselsekerheid en buitelandse valutaverdienste uit uitvoere moet ook in berekening gebring word. 4

NAVORSING-ONTWERP Die behoefte aan sodanige opname is tydens Agri SA se Landelike Veiligheidskomiteevergadering in November 2017 bespreek, waarna die organisasie se direksie die studie in Desember 2017 goedgekeur het. Die 2018 studie is ondersteun deur Agri SA se provinsiale organisasies, wat ook behulpsaam was met die verspreiding van die opname-skakel aan hul lede. Die verslagdoeningstydperk vir die studie was 2017. n Optimale navorsingstrategie is ontwerp om as grondslag te dien vir die studie. Dit het bestaan uit twee dele, naamlik: n Nasionale landboumisdaad-opname wat ontwerp is om betroubare misdaad- en kosteverwante data vanuit n verteenwoordigende monster van Suid-Afrikaanse kommersiële boere te verkry; n Ekonomiese-impakmodel deur gebruik te maak van die 2018-landbou-opname se data ten einde die ekonomiese impak van plaasmisdaad op die sektor en die Suid-Afrikaanse ekonomie as geheel te bepaal. Die BMR het die 2018-misdaadopname ontwerp ten einde n kwantitatiewe navorsingsbenadering te bewerkstellig, met inbegrip van n self-geadministreerde web-gegronde opname as primêre navorsing-ontwerp. Dit het n sensus-opname onder landbouers wat geaffilieer is met Agri SA se provinsiale organisasies behels. Interessantheidshalwe nagenoeg 48,6% van kommersiële boerderyeenhede in die land is gesetel in drie provinsies, naamlik die Vrystaat (18,9%), Wes-Kaap (16,8%) en Noord-Kaap (12,9%). Kommersiële boere wat lede van Agri Oos-Kaap is het egter die hoogste deelnamekoers van alle provinsies aangeteken. 5

LANDBOUMISDAAD ONTLEED Die bevindinge van die studie dui op die mate, impak en tendense van landboumisdaad in n ontleding van tipes misdaad, die gemiddelde en totale getal kommersiële landbou-eenhede wat geraak word en die erns van misdaad in die onderskeie provinsies. Totale verliese en verwante aangeleenthede word ook bespreek. Die persentasie slagoffers wat deur misdaadkategorieë in 2017 geraak was, is soos volg: Diefstal van lewende hawe was bo-aan die lys met 39,74%; Diefstal van plaasinfrastruktuur (37,21%); Diefstal van plaasimplemente en -gereedskap (34,74%); Wilddiefstal en onwettige jag (28,51%); en Roof 25,05%. Die eerste vier is eiendomsverwante misdade, terwyl roof n geweldsmisdaad is en een van die misdade wat die grootste uitwerking op die persoon het en die meeste gevrees word want dit raak die persoon self. n Rooftog kan enige plek plaasvind en in die boerderygemeenskap is dit meestal in die vorm van eiendomsbetreding met die doel om van die bewoner te steel of hom/ haar aan te val. Eiendomsmisdaad, aan die ander kant, verwys na misdade wat gepleeg word waar eiendom gesteel word met die minimum geweld of sonder geweld. Hierdie misdade raak die lewensbestaan van die eienaars. Eiendomsverwante misdaad word gewoonlik gepleeg deur georganiseerde misdaadsindikate wat hul netwerke gebruik om gesteelde goedere te verkoop. Bestryding van hierdie misdade verg goeie speurwerk, gerugsteun deur doeltreffende misdaad intelligensie, met die oog op die ondersoek daarvan en suksesvolle vervolging in die hof. Van die 70% kommersiële boere wat in 2017 slagoffers was, het sommige n kombinasie van die top misdaadkategorieë op hul plase ervaar. Dit is ook belangrik om te weet dat verskeie plase in die land geraak word deur geweldsmisdaad: Roof op 25% is bo aan die lys, gevolg deur aanranding (5,7%), poging tot moord (1,3%) en moord (1,0%). 6

Met die konsolidering van die geografiese verspreiding van misdaadvoorvalle oor die verskillende provinsies heen, het dit duidelik geblyk dat: Kwaadwillige beskadiging van eiendom asook brandstigting en diefstal van plaasimplemente en -toerusting veral opvallend is in Mpumalanga; Diefstal van lewende hawe veral voorkom in die Vrystaat en Noord-Kaap; Wilddiefstal en onwettige jag en weiding, betreding en diefstal van gesaaides grootliks voorkom in KwaZulu-Natal; en Roof, diefstal van landbou/plaasmasjinerie-insette veral voorkom in Limpopo. Die studie het bevind dat n hoë verhouding van kommersiële boerderyeenhede in die drie mees geaffekteerde provinsies misdaadvoorvalle in 2017 ervaar het: KwaZulu-Natal (91,8%), Mpumalanga (78,3%) en Noordwes (73,2%). Die feit dat aanmelding van landbouverwante misdaad oor die afgelope jare afgeneem het, word ook in die studie beklemtoon. Onder die kommersiële boere wat gedurende 2017 midaad ervaar het, het slegs 25% alle misdade by die polisie aangemeld, terwyl n verdere 52% sommige misdade aangemeld het. Die klaarblyklike gebrek aan aanmelding het waarskynlik te doen met die polisie en boerderygemeenskap se onderskatting van die erns van die landboumisdaadprobleem. Volgens die misdaadopname se bevindinge, sluit die hoofredes waarom misdaad dikwels nie aangemeld word nie die volgende in: Dit is n vermorsing van tyd of nutteloos (34,7%); Polisie sou niks kon doen nie (19,1%); Vorige slegte ondervinding met die polisie of strafregstelsel (14,4%); Vertrou nie die polisie nie (8,0%); en Vrees vir weerwraak of vergelding (1,3%). 7

Hoofredes waarom misdaad dikwels nie aangemeld word nie sluit in: Die ontleding toon dat bykans twee derdes (63,3%) van respondente (kommersiële boere) wat misdaad gedurende die jaar ervaar het, aangedui het dat die persone wat die misdade gepleeg het nooit in hegtenis geneem is nie. Vermindering van misdaadrisiko s word ook in die studie reflekteer. Volgens die ontleding is dit duidelik dat die meeste kommersiële boere n goeie verhouding met hul werknemers het (70,4%) en n gedetailleerde veeregister byhou (55,5%), terwyl slegs 6% aangedui het dat hul werknemers griewe aangemeld het. 8

Dit is ook duidelik dat minder as die helfte van die respondente n goeie werkverhouding met die polisie handhaaf (48,7%), deelneem aan plaaslike prioriteitsvergaderings met die polisie (25,9%) en in n boerderygemeenskap woon wat n aktiewe plaaswagstelsel bedryf (41,8%), terwyl slegs 36,2% Agri SA se Protokol vir Plaastoegang implementeer om toegang tot hul plase te bestuur. 9

KOSTE GEASSOSIEER MET LANDBOUVERWANTE MISDAAD Volgens die 2002 Landbousensus van Statistieke SA het die koste van misdaad vir boere ten opsigte van veediefstal R483,6 miljoen beloop. Die koste van diefstal van gereedskap, implemente en toerusting is geraam op R204,8 miljoen en die koste van kwaadwillige beskadiging van eiendom op R99,5 miljoen. Die 2018 landboumisdaadopname wat deur die BMR gedoen is, het die totale koste met betrekking tot landboumisdaad in 2017 bepaal en bevind dat dit n beduidende direkte koste van R5,45 miljard beloop en ongeveer R2,28 miljard se indirekte koste aangegaan is dit bring die totale misdaadverwante koste te staan op meer as R7,72 miljard. Die randwaarde van veediefstal het n verdere R1,13 miljard bygevoeg, wat 130,1% hoër as die 2002 bevindinge is, terwyl brandstigting staan op R917 miljoen, diefstal van implemente en gereedskap op R848 miljoen (314% hoër as die vorige bevindinge), kwaadwillige beskadiging van eiendom op R687 miljoen (590% hoër as Statistieke SA se 2002-opname), en selfs huisbraak op R290 miljoen. Dit het alles bygedra tot die direkte koste. Die studie het ook bevind dat ongeveer 40% van kommersiële landbou-eenhede veiligheidstoerusting in 2017 geïnstalleer het teen n gemiddelde koste van R115 023. Die totale koste het R1,9 miljard bedra. Kennis is geneem van duidelike tendense in die finansiële verliese wat gely is in die onderskeie provinsies, insluitend die volgende: Finansiële verliese weens wilddiefstal en onwettige jag kom grootliks voor in die Vrystaat en Limpopo; Huisbraak en diefstal van landbou-insette kom veral voor in Limpopo en Mpumalanga; Finansiële verliese weens diefstal van gesaaides kom veral voor in Gauteng, Limpopo, Noord-Kaap en Oos-Kaap; Noordwes het beduidende finansiële verliese gely weens onwettige weiding en betreding; Brandstigting, kwaadwillige beskadiging van eiendom en diefstal van plaasinfrastruktuur kom grootliks voor in die Wes-Kaap. 10

Provinsies wat in 2017 die hoogste gemiddelde finansiële verliese weens landbouverwante misdaad getoon het, was Mpumalanga met R1,77 miljard, gevolg deur Limpopo (R1,38 miljard) en die Wes-Kaap (R1 miljard). Die ekonomiese uitset-verlies vir die Suid-Afrikaanse ekonomie weens landbouverwante misdaad was ongeveer R18,92 miljard, met n gepaardgaande impak op die landbou (direk en indirek) en n indirekte impak op die vervaardiging-, vervoer-, berging-, kommunikasie- asook die finansiële, eiendom- en besigheidsdienstesektore. Vervaardiging het beduidend hieronder gely met n uitwerking van R4,61 miljard. 11

GEVOLGTREKKINGS Die volgende aanbevelings word onder andere gemaak inaggenome die uitkoms van die studie: Die Kriminelestrafregstelsel, insluitende die polisie, moet versterk word, veral deur die implementering van misdaadintelligensie gedrewe operasies om daadwerklik op te tree teen landbouverwante misdaad, asook die implementering van die NOP se aanbevelings soos vervat in hoofstuk 12. Bewustheid van inisiatiewe wat onderneem word deur die landbougemeenskap, polisie en die regering moet wyer deur rolspelers onder boere bevorder word. Pogings moet ook die motivering van boere en lede van die publiek om kriminele aktiwiteite aan te meld insluit. Dit moet aangevul word deur toegewyde pogings om die strafregstelsel te versterk. Gegewe dat slegs 55% van kommersiële boerderyeenhede hul diere merk en n register byhou, moet boere meer doelgerigte misdaadvoorkomingspraktyke beoefen. Beter wetstoepassing is n voorvereiste om te voldoen aan die Wet op Diere-identifikasie (Wet 6 van 2002). Daar is meriete in die argument wanneer dit ook duidelik is dat slegs ongeveer 18% van kommersiële boerderyeenhede hul plaasmasjinerie, -toerusting en -implemente duidelik merk en 35% n bateregister byhou. Gebaseer op die navorsingsuitkomste, word n opvolgstudie oor die doeltreffendheid van misdaadvoorkomingstrategieë wat deur boere aangewend word aanbeveel. Beter samewerking met die plaaslike polisie moet bevorder word. Boere moet meer betrokke raak by hul plaaslike prioriteitskomitees. n Toeganklike en goed befondsde reservistestelsel waarin boere kan deelneem moet in plek wees. Plaaswagstelsels moet gevestig word in samewerking met die plaaslike polisie Implementering van Agri SA se Protokol vir Plaastoegang moet bevorder word. Boere moet aangemoedig word om alle misdaad by die polisie aan te meld. Die boerderygemeenskap moet aangemoedig word om hul eie huis en haard beskerming asook die van hul werkers te bevorder. 12

GEVOLGTREKKING Die verslag reflekteer die realiteit van Suid-Afrika se kommersiële boere as herhaalde slagoffers van verskeie misdade. Misdade wat die kommersiële landbou raak hou nie slegs n bedreiging in vir die stabiliteit van landelike boerderygebiede en die land as geheel nie maar behels ook n risiko vir voedselsekerheid. Gegewe die feit dat 38 000 kommersiële boere en hul plaaswerkers genoeg voedsel produseer vir 57,5 miljoen mense, beteken dit dat een kommersiële boer op n daaglikse basis genoeg voedsel vir 1 500 mense produseer. Indien voedselsekerheid onder druk sou kom, sal nasionale stabiliteit en die land se ekonomie ook negatief beïnvloed word. Dit is die rede waarom kommersiële boere en hul werkers beskerm moet word as n nasionale bate en waarom n verbetering in die veiligheid en sekuriteit van die boergemeenskap n saak van nasionale belang behoort te wees. Meer pogings moet aangewend word om die vlaag van misdaad en geweld in boerderygebiede aan te spreek. Intelligensie-gedrewe operasies tesame met vinnige reaksie deur die veiligheidsmagte kan n noodsaaklike rol in misdaadvoorkoming speel. NAVRAE Prof Carel van Aardt en Prof Deon Tustin Buro vir Marknavorsing: Unisa T I 012 429 3156 E I tustidh@unisa.ac.za Kobus Visser Direkteur: Landelike Veiligheid & Provinsiale Sake: Agri SA T I 012 643 3400 E I kobus@agrisa.co.za 13