Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

Vergelijkbare documenten
Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Jesaja sien die Toekoms

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

n Tempel Leier besoek Jesus

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Welkom by Die Storie God se storie

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Goeie Konings, Slegte Konings

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Jona en die Groot Vis

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

Toe God alles gemaak het

Van Vervolger tot Prediker

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Dooppreek Mika Bogaards

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Toe God alles gemaak het

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Jona en die Groot Vis

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Geroep vir Gemeenskap

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

n Dubbele kruis-belydenis

Petrus en die Krag van Gebed

Simson, God se sterk Man

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

LYDINGSREIS. Paasweek 2011

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID- AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. No God is Groot!

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Die Groot Gebod dennis de wet

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

SONDAG 31 AUG 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Die Kerk se Geboorte

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR. 241 (Geen datum) Lyding

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

MEKAAR-TEKSTE IN DIE BYBEL

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Transcriptie:

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA Geregistreer by die poskantoor as nuusblad NR. 238 (Geen datum) God... die mens... en gebed * * * * * "Ek roep U aan, o Here" (Psalm 28:1) Uitgegee deur die Deputate vir Evangelisasie van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522, Potchefstroom en gedruk deur die Potchefstroom Herald (Edms.) Bpk., Posbus 156, Potchefstroom 2520. 1

Wat is dit...... om te bid? Om te bid... is om met God te praat... met Hom te kommunikeer... aan Hom jou behoeftes te openbaar... Hom te loof en te prys! Gebede het spontaan ontstaan * Dis deel van jou mens-wees * Dis by jou ingeskape In Genesis 1 en 2 lees ons hoedat God en mens met mekaar in gesprek was... hoedat hulle gekommunikeer het... En toe... Genesis 3... Sonde!!... Genesis 4... Moord! Dan lees ons in Genesis 4:26: "Toe het hulle die Naam van die Here begin aanroep!" 2

Hy hoor my gebede Wat doen God? Gebed het moontlik vir jou 'n hopelose saak geword? Dalk wonder jy of dit nog enigsins die moeite werd is om te bid? Jy kan dalk getuig dat jou gebede nie verhoor word nie? Dit voel miskien of jy teen die plafon vasbid? Hierteenoor is daar tog ook baie wat getuig dat hulle gebede verhoor word, soos byvoorbeeld Dawid, wat in Psalm 28 na 'n gebedsworsteling dit uitroep: "Geloof sy die Here, want Hy het die stem van my smekinge gehoor." Hoe dan nou, verhoor God net sekere gebede en ander nie? Ja inderdaad. Die volgende is daarom noodsaaklik om te weet. * Eerstens is dit belangrik om te weet vir wie jy bid. Gebede wat nie tot God gerig is nie, word nie deur Hom verhoor nie. Nog erger, sulke gebede word glad nie verhoor nie. Buiten God is daar tog geen ander god nie. In Psalm 115 word met die afgode gespot omdat hulle 'n mond het, maar nie kan praat nie. Hulle het oë, maar sien nie. Hulle het ore, maar hoor ook nie. Dawid bid tot die enige ware God as hy sê: "Ek roep U aan, o Here!" (Psalm 28:1). Met die benaming "Here", laat blyk Dawid dat hy God nie net ken nie, maar ook met 'n persoonlike band van liefde aan Hom verbind is. Met hierdie Naam het God Homself immers in liefde aan sy kinders bekend gemaak. As jy God reg ken sodat Hy al jou persoonlike liefde en toewyding ontvang, kan jy ook soos Dawid, Hom met jou hart vertrou. Dan kan jy seker wees dat Hy jou gebede sal verhoor. * Tweedens leer ons by Dawid dat hy presies weet waarvoor hy moet bid. Dawid is in nood en hy smeek om verlossing. Dawid is bewus van sy omstandighede, daarom gaan dit in sy gebed nie om kleinlike persoonlike voorkeure nie. Ken jy jouself en is jy wel deeglik bewus van jou omstandighede wanneer jy bid? Ken jy jou grootste nood, naamlik jou sondenood waarmee jy ook voor die aangesig van die ewige dood staan? As jy jou sonde reg ken en jou in ootmoed tot God wend en smeek om verlossing, kan jy verseker wees dat Hy in Christus jou gebed sal verhoor. * Derdens leer ons dat Dawid verseker was van God se verlossing. Sy gebed was nie twyfelagtig nie. Hy stel dit so duidelik: "Hy is 'n vesting van verlossing vir sy gesalfde". In Jesus Christus wat alles volbring het aangaande ons verlossing, wat daarvoor aan die kruis op Golgota betaal het, kan en moet jy nou seker wees dat God geen swygende God is, vir dié wat op Hom vertrou en tot Hom bid nie. Die vereiste is dat jy Jesus Christus in die geloof sal omhels as jou volkome Verlosser, wat ook jou Middelaar is tot God die Vader. Deur sy Gees deurbreek Hy alle plafonne en kom tot in die hart van sy kinders. Elke gelowige wat so bid moet dus saam met Dawid God loof en sê: "Geloofd sy die Here, Hy verhoor my gebede!" Ds. Sarel Cilliers 3

Hoé... en wat moet ek bid? Ons Saligmaker en Verlosser leer ons tog bid! Onse Vader wat in die hemele is, Laat U Naam geheilig word.. Laat U Koninkryk kom... Laat U wil geskied soos in die hemel net so ook op die aarde... Gee ons vandag ons daaglikse brood.. En vergeef ons, ons skulde... soos ons, ons skuldenaars vergewe; En lei ons nie in versoeking nie, Maar verlos ons van die bose. Want... aan u behoort die Koninkryk... en die krag... en die heerlikheid.. tot in ewigheid! Amen 4

Hoe behoort 'n mens te reageer op 'n verhoorde gebed? Selfs die mees geharde en onverskilligste mens bid by geleentheid! Jy sê jy glo dit nie? Dink weer 'n bietjie. Wat van die robuuste soldaat of vloekende matroos wat skielik van aangesig tot aangesig met die dood kom? Is sy laaste uitroep voor hy die ewigheid instort nie dikwels: "O, my God...!" nie, of: "Help my, Here!" En daardie woorde is duidelik 'n GEBED! Al wat ons nie weet nie, is of hierdie gebede verhoor is of nie. Het God op die roepstem gereageer; het die Here gehelp? Die vrae kan slegs deur God beantwoord word en sal in die ewigheid aan ons geopenbaar word. Miskien was jy al in so 'n posisie. Jy het nog altyd gespog dat jy die Here en sy kerk nie nodig het nie, dat jy self kan regkom, dankie. Totdat magte groter as jy, jou in doodsangs op die rand van 'n afgrond gebring het en jy in jou benoudheid tot die Here geroep het om hulp. En die wonderlikste van alles is dat Hy jou roepstem gehoor en jou gebed verhoor het! Wat was jou reaksie op daardie verhoorde gebed? Jy kon in koue onverskilligheid die skouers opgehaal en gesê het: "So what!" en eenvoudig die Here geïgnoreer het deur voort te lewe asof daar niks gebeur het nie en asof dit maar net jou gelukkige dag was jy glo mos nie dat daar 'n God en 'n hemel is nie. Die Bybel is mos maar net 'n storieboek om kinders mee bang te praat! Jy kon vir 'n paar dae probeer het om 'n nuwe blaadjie om te slaan en soos 'n "convert" te probeer lewe. Maar nie lank nie of jy het maar weer teruggeval in die "lekker dinge van die lewe" sonder God en met die manne. Dalk is jy een van die geseëndes wat deur hierdie enkele verhoorde gebed die dringende roepstem van die Here, wat mag het oor lewe en dood, gehoor het; in die evangelie van Jesus Christus, die Rabbi van Nasaret, begin glo het die Een in Wie God Sy liefde vir die wêreld bewys het, en wat bereid was om in my plek (sondaar soos wat ek is) te sterf en my skuld te betaal! Dan het hy gereageer soos duisende dankbare verloste kinders van God voor jou! Dan het hy 'n innerlike vreugde en vredevolle blydskap belewe wat nie anders kan as om in woorde uiting te vind nie. Dan het hy 'n drang om aan andere te vertel van die wonder wat met jou gebeur het. Dan soek jy in die Bybel na woorde wat jy kan gebruik om die Here mee te loof, soos in die onderstaande Psalm van Dawid wat so duidelik bedoel is vir 'n geval soos joune: "U het my gebed verhoor! Ek sal tot eer van u Naam getuig in die gemeente, U in die volle vergadering prys. "Julle wat die Here dien, prys Hom! Vereer Hom, nageslag van Jakob! Betoon Hom eerbied, nageslag van Israel!" (Psalm 22:22-24). God roep jou. Luister aandagtig na Sy stem. Bid tot Hom wat mag het om jou te red uit die mag van die Satan, die sonde en die dood! Soek jou heil by Sy ander kinders en prys hom vir jou verhoorde gebede! Doen dit en jy sal lewe! Ds. F.J. du T. Lessing 5