Pretoria- 20 November 2011 (Nabetragting)

Vergelijkbare documenten
Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

n Tempel Leier besoek Jesus

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Van Vervolger tot Prediker

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Welkom by Die Storie God se storie

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nagmaal)

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Jona en die Groot Vis

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Pretoria- 14 Augustus 2011

Jesaja sien die Toekoms

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Van Vervolger tot Prediker

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Die Kerk se Geboorte

Preek deur ds. Jaco van Sittert Sondag, 22 Januarie Skriflesing: Lukas 1:5-25 Sy groot plan. VERKONDIGING Skriflesing Lukas 1:5-25

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9

Deur die eeue heen het hierdie vraag mense besig gehou. Met hierdie vraag kom ons by dit wat die kern en die hartklop van ons Christelike geloof is.

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

gelees. In hierdie roman word die aangrypende verhaal van 'n Franse

Goeie Konings, Slegte Konings

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

Januarie indd /04/16 08:46:55 AM

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nabetragting)

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

LYDINGSREIS. Paasweek 2011

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Baie welkom by vanoggend se erediens

'n Man gestuur deur God

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

23 Nadat hy hulle deur die rivier gevat het, het hy ook alles wat hy besit, laat deurgaan.

Les 1 vir 7 Oktober 2017

n Dubbele kruis-belydenis

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Voorsienigheid van God en Moses

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Transcriptie:

1 Skriflesing: Exodus 25:31-40 Teks: Exodus 25:31 Sing- Ps. 104:1,2; Ps. 130:3; Ps. 66:7 Ons het Nagmaal op vaste voete kon vier, broeder en suster. Die engele wat op die verbondsark se deksel gemonteer is, het al iets van hierdie vastigheid gesimboliseer, en die bedekking wat ons in Christus ontvang het, deur sy bloed het God vir ons vergewing geskenk, meer nog, dankbaar en bly het God ons gemaak toe ons weer aan sy tafel mag gesit het. Ons versoendeksel is ten volle gedek soos wat God die Nagmaaltafel in Christus vir ons gedek het. Maar vanaf hierdie deksel, vanaf Christus beweeg ons na die laaste gedeelte van Exodus 25- daar moes in die tabernakel of tempel nog iets gedoen word- Maak ook n kandelaar van suiwer goud. Van dryfwerk moet die kandelaar, sy voetstuk en sy stam gemaak word, sy kelkies, sy knoppe en sy blomme moet, daarmee saam, uit een stuk wees... Broeder en suster, die kandelaar is in dieselfde tempel waar die verbondskis gestaan het, wel net in n ander deel. Die houtkis met sy versoendeksel was in die allerheiligste deel, daar waar geen mens eintlik net gewoon kon ingaan nie, maar beweeg n mens weg van die allerheiligste dinge van God, ons beweeg ook weer weg van God se Nagmaal dan is daar buite n lewe wat gelewe moet word. Die kandelaar het nie in die Allerheiligste deel van die tempel gestaan nie, wel in die Heilige deel, wat dan eintlik die middel-deel was, tussen die Voorhof en die Allerheiligste. Vanuit hierdie middel-deel sou net een mens, die hoëpriester die Allerheiligste ook net eenmaal per jaar mag binnegaan, maar gesien van die ander kant is die Voorhof die plek van baie mense. Die plek waar ons ook moet uitgaan, in die voorhowe van die lewe, waar daar voor baie mense n lig van u en my moet uitgaan wat wys dat ek n kind van God is. In die Heilige deel sou die mense kon inkyk, en was dit nie afgeskort deur n swaar gordyn soos wat die Allerheiligste van die Heilige afgesonder is nie. Hoe nodig was dit om te kyk, want die hele saak waar dit by n kandelaar om gaan, is dat dit lig moet gee, lig wat skyn is geweldig nodig want daarsonder is dit donker en kan mens niks sien nie.

2 Die oomblik as ons hoor God beveel n kandelaar moet ek weet God beveel dat daar lig moet wees. Dinge moet gesien word. Daar moes nie in die nag donkerte in die Heilige deel van die tempel gewees het nie. Altyd moes daar lig wees. Ja, God sê dit nie hier nie, maar dit word dikwels elders gesê, dat duisternis en donkerte moet nie rondom God se kinders wees nie. Ons is kinders van die lig en daar waar donkerte is, daar is die duiwel besig om met sy planne die lig ook in duisternis te verander. Voortdurend sal die duiwel God se lig wil aanval, terwyl as daar lig is, dan gebeur dit eintlik outomaties dat die donkerte moet padgee! Lig gee die pad en die pas aan! In Johannes 1:5 kom dit duidelik met hierdie terme na ons toe- Die lig skyn in die duisternis en die duisternis het dit nie oorweldig nie. Duisternis het eenvoudig nie die vermoë om lig weg te jaag nie, terwyl lig wel die vermoë het om die donkerte weg te dryf. Vir n lewe na Nagmaal is dit al so troosryk. Te midde van ons sonde, en ongeag die sonde brand die lig van God se teenwoordigheid, soos n lig in n donker wêreld. Maar God beveel meer as maar net n gewone kandelaar. God beveel dat hierdie kandelaar uit een stuk moet wees, nogal redelik swaar. Dit was net so onder 40 kg uit een goueplaat gemaak en het n middelskag gehad en weerskante van hierdie middel nog drie arms aan elke kant. Op die einde was daar dan sewe arms wat langs mekaar lig gegee het. Die een arm gee as t ware ook weer sy lig vir die volgende arm aan. Maar hierby het die Here dit nie laat eindig nie. Elke arm was gevorm in die vorm van n besondere stingel of tak wat daadwerklik dui op die ontwikkeling van n plant...ons lees aan die einde van v.31..sy kelkies, sy knoppe, en sy blomme daarmee saam,moet uit een stuk wees...dit is tog die stadiums van die ontwikkeling van n blom. Eers die kelk, dan die knop, dan die blom. So het elke arm gelyk en die blom wat so voorgestel moes word was dan ook die van n amandelboom. Waarom die amandel? Weereens is dit vol van betekenis. In Numeri 17 lees ons later hoe n kierie wat uit droë hout gesny was kon groei. Natuurlik net die een van Aäron wat uit die stam van Levi op die manier aangewys is as die man wat priester moes wees. Al was daar twaalf kieries was Aäron se staf die volgende oggend die enigste wat bloeisels laat uitspruit,

3 blomme laat oopgaan, amandels laat ryp word. Uit hierdie dooie hout kom sulke lewe uitgegroei. Die lyn van ontwikkeling is weereens opvallend en kom dit later by Jeremia in Jeremia 1 dan vra die Here in vers 11 wat hy sien, en dan antwoord die profeet. Ek sien n amandeltak...die amandel wat Jeremia sien het besondere betekenis gehad want dadelik antwoord die Here vir Jeremia. Jy het goed gesien want Ek is wakker oor my woord om dit te volbring. Die amandel waarvan die kandelaar die bloeisels, die knoppe en die blomme moes afbeeld is inderdaad n wakker boom, want as dit in Israel Februarie maand word dan is dit nog voluit winter. Al die ander bome is nog sonder enige groei en groeisel, en staan in hulle winterslaap, maar die amandel is die eerste boom, die wakker boom wat as t ware die nuwe seisoen aankondig. Ja, mens kan selfs sê nog voor die tyd vir die nuwe lewe in die nuwe seisoen daar kan wees dan wys die amandel reeds die nuwe lewe. Dit is hoekom die kandelaar juis n amandel se ontwikkeling moes voorstel, want God is wakker en God gebruik die wakkerste van bome om ons sy wakker Woord te openbaar. Die lig wat van die Woord uitgaan, soos die kandelaar sy lig laat skyn skitter in sy blare- en blomme krans juis met die afbeelding van die wakkerste van bome om ons as mense wakker te maak vir die nuwe seisoen wat daar vir ons oppad is. Dit is wat ons moet weet, daar is n nuwe seisoen, daar is nuwe lewe oppad. Al leef ek nog in die doodsheid van die sondewinter breek die wonderskoonheid van God se verlossingsomer nou-al deur. Dit kom, maar dit gebeur ook in n proses. Eers moet die bloeisels, die kelke daar wees, wat die knoppe vashou, en dan word daardie knoppe die allermooiste blom. Die Nagmaal het die kelk en knop van Christus se soen verdienste aan ons duidelik wou maak, met nabetragting waar ons die lewe kan ingaan, kan ons ingaan met die blom van die werk wat Christus klaar vir ons gedoen het. Hiermee wys God vir ons dat sy herskepping is aan die gang. As God in Gen.3:15 vir Eva belowe dat uit haar nageslag sal die saad kom wat die slang se kop kan vermorsel dan was dit reeds die eerste bloeisels wat God ons skenk maar soos die bloeisel n knop kon word, so was Jesus as ongevormde fetus ook in n vrou geplaas. Dawid noem iewers n embrio n ongevormde klomp, iets van n blomknop wat kan oopgaan het Jesus in hierdie wêreld gekom, die blomknop het oopgegaan

4 n blom is daar gebore. Die kandelaar wou maar net wys op die lyn van ontwikkeling wat daar moes wees, voordat daar verlossing kon wees. Ons pas in hierdie ontwikkeling in. Ek moet hierby wil inpas. As gedoopte kinders van God, as kinders wat Nagmaal gevier het, wil ons graag ook in die geloof ontwikkel. Ons wil God se somerseisoen, God se verlossingsomer, God se genadesomer betyds beleef soos wat die Amandel heel betyds die somer tussen die bome kan aankondig. Ons kan selfs sê ons ontvang dit voortydig want voordat die verlossing nog finaal hier kan wees dan weet ons reeds ons is klaar verlos. Al sit ek nog baie keer vasgevang in die winter van my sonde, kan dit nie die somer van God se verlossing ongedaan maak nie. Die kandelaar sê dit ook. Elke arm wat so in die ontwikkeling van n kelk, n knop, n amandelblom gevorm was, was daar heel aan die bo-punt niks anders en niks minder nie as die brandpunt, die vlam wat lig gee en warmte afstraal. Dit is Jesus Christus vir ons waar Hy in die hemel is. Sy lig skyn deur sy Woord en sy warmte wat Hy afstraal het Hy ons geskenk deur sy Heilige Gees wat na ons afgekom het. Vlamme wat op mense kom sit het, maar wat hulle nie gebrand het nie, maar gewoon harte kon omkeer, harte wat warm word as die Gees daarin is. Die Woord en Gees van God wil gelyk vir u sê- Glo reeds dat God u verlos het. Sien die ontwikkeling van God se verlossingslyn raak, raak betrokke in God se genadesomer en moet nie dat die sondewinter u lewe oorheers nie. Weet dat die volle nuwe seisoen, God se groot somer is oppad, ons kan die tekens reeds raaksien, maar dan moet ons nou al reeds wil lewe by die lig van God se nuwe lewe. As ek nie in hierdie lig lewe nie, dan is daar net een ander plek waar ek kan wees. Ek sit dan nog in die duisternis, daar brand geen kandelaar in my hart nie, want dit is waar die kandelaar nou moet wees en moet skyn. In u harte en lewens! Ons moet die lig van Christus weerkaats, en uit die koue van die sondewinter wil uitbeweeg. Waar ons uitgaan wil ons net by God se ontwikkeling, God se lig verder gaan. As u dit wil doen dan is u reeds verlig om God se lig net nog verder uit te dra. Doen dit dan met die lig wat God u skenk, omdat u reeds Nagmaal gevier het, en daar n versoendeksel in ons lewens geplaas is wat my kon verseker

5 dat my sonde is bedek, maar nou wil ek lewe en groei en betyds die ander mense wakker maak oor hoe groot God se genadesomer is, ja God se verlossingsomer sê vir ons dat ons soos die amandel wakker moet word en wakker moet wees. AMEN