IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA (WES KAAP HOË HOF, KAAPSTAD)

Vergelijkbare documenten
Appellant is n 25 jarige eerste oortreder wat in die Streekhof verskyn het. op n aanklag van verkragting van n 41 jarige vrou.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

UITSPRAAK. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Saak No: CA&R 23/2010 Saak Aangehoor: 24/05/2010 Datum gelewer: 28/05/2010

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) KIMBERLEY SAAK NO.: 183/2005 DATUM: In die Hersieningsuitspraak van:

MALHERBE RP et VAN COPPENHAGEN R VAN COPPENHAGEN R. [1] Die appellant n 46 jarige man het in die Landdroshof

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

WRIGHT R et VAN DER MERWE R VAN DER MERWE R. [1] Die beskuldigde in hierdie hersieningsaak is op 26 Junie

KRUGER R, et BLOEM WND R BLOEM, WND R. [1] Hierdie is n hersiening. Volgens die oorkonde was die

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

Jesaja sien die Toekoms

FAKTORE EN VEELVOUDE

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

UITSPRAAKOPHERSIENING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) ABRAHAM PETER PRETORIUS. UITSPRAAK OP APPéL

Die Kerk se Geboorte

BYLAE 6.1 AKTIWITEITSPROGRAM: SESSIE 1. Die kursief gedrukte woorde dien as leidraad vir die spelterapeut en bepaal die Gestaltbenaderingsproses

skuldigbevinding aan moord met versagtende omstandighede;

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING}

VAN DER MERWE R. [1] Die appellant is in die Landdroshof te Viljoenskroon skuldig. bevind aan oortreding van die bepalings van Artikel 1(1)(b)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

IN DIE Hoë HOF NOORD-KAAP, KIMBERLEY

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat.

Goeie Konings, Slegte Konings

Verootmoediging en Gebed vir Gendergeweld deur Rethie van Niekerk

Die Groot Muur van Nehemia

Pragtige Koningin Ester

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

God eer Josef die slaaf

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

Saak no 258/92 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) In die saak tussen. BAREND OOR Eerste Appellant

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

IN AFRIKAANS DIE VERLEDE TYD

Welkom by Die Storie God se storie

Van Vervolger tot Prediker

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Hoe om Jou Kind se Van te Verander

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

Van Vervolger tot Prediker

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

BY EMILY SE HUIS. Emily, ek het jou gesê om vir my bier en sigarette te gaan koop.

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

'n Man gestuur deur God

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

KWARTAAL OORSIG. Kleuter & Peuter reeks

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Baie welkom by vanoggend se erediens

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Jona en die Groot Vis

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

n Tempel Leier besoek Jesus

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

Pieter, waarheen gaan jy? Ek wil ook graag deeltyds werk. Ek kom saam met jou. Ek gaan werk soek. Ek wil ook n werk hê.

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

FAKTORE WAT LEI TOT DIE VEREENSAMING EN ARMOEDE VAN BEJAARDES

Antonieme en sinonieme

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 AFDELING A: KREATIEWE SKRYFWERK TOTAAL: 100 NAAM:

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

GEARRESTEER IN JERUSALEM. Les 11 vir 15 September 2018

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Geduld & Selfbeheersing

Week 5. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Toe God alles gemaak het

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

Jona en die Groot Vis

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Transcriptie:

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA (WES KAAP HOË HOF, KAAPSTAD) SAAKNOMMER: SS75/02 DATUM: 4 JULIE 2002 In die saak tussen: DIE STAAT en ISRAEL DE WEE VONNIS WILLIAMS, WnR Die beskuldigde, Israel De Wee, het in die Streekhof gehou te Robertson skuldig gepleit en is skuldig bevind aan huisbraak met die opset om te steel en diefstal en ʼn klag van verkragting. Die klaagster, Ingrid Dickson, ʼn 52 jarige vrou, ly aan ʼn mediese toestand bekend as Spinal Cerebella Degeneration, ek ken ongelukkig nie die Afrikaanse benaming vir die toestand opspoor nie, maar dit behels die agteruitgang van die gedeelte van die brein wat die liggaamsbewegings kontroleer en gaan gepaard met die verbrokkeling van die senuwees in die ruggraatstelsel. Die Streeklanddros het bevind dat die verkragting as gevolg /ds /...

van die klaagster se fisiese gestremdheid binne Bylae 2 val van Wet 105 van 1997, synde verkragting waar die slagoffer ʼn liggaamlik gestremde vrou is wat weens haar liggaamlike gestremdheid veral trefbaar is en is die beskuldigde dus verwys na die Hoër Hof vir vonnis ingevolge Artikel 52 (1)(a) van die Wet. Die skuldigbevindings is in hierdie Hof bekragtig. Mnr Nel, wat vir die beskuldigde verskyn, gee ook toe dat die klaagster gestremd is en dat die misdryf, die verkragting, binne Bylae 2 val. Die Hof is dus in terme van Wet 105 van 1997 verplig om die beskuldigde tot lewenslange gevangenisstraf te vonnis, tensy die Hof tevrede is dat daar dwingende en wesenlike omstandighede bestaan wat die oplegging van die mindere vonnis regverdig. Die getuienis in hierdie saak is as volg; die klaagster het getuig dat sy en haar man, wie in Johannesburg woon, ʼn vakansiehuis te McGregor gehad het en dat hulle beplan het om na haar man se aftrede hulle permanent daar te vestig. Ten tye van die voorval, 24 Februarie 2001, was die klaagster vir ongeveer ʼn maand alleen op McGregor waar sy die verbouing en restourasiewerk aan die huis oorsien het. Die beskuldigde is ʼn neef van die bouers by die huis en het handlanger werkies daar verrig wanneer benodig. Hy is dan op ʼn daaglikse basis betaal vir sy werk. Toe die voorval plaasvind het beskuldigde vir omtrent ʼn week nie by haar gewerk nie. Gedurende die dag van 23 Februarie 2001 is ʼn nuwe deur wat toegang tot die woning verleen in die huis ingebou. Toe die bouers die Vrydagmiddag oppak was die pleister rondom die deur nog nie droog nie en is daar probeer om die ingang te beveilig deur die deur met drade en spykers te verstewig. Die klaagster self het ʼn stuk seil aan die buitekant vasgemaak om die onklaar gedeelte te versteek totdat die bouwerk weer hervat. Die Vrydagnag het klaagster in haar bed gelê en slaap toe sy skielik wakker word en bewus word dat daar iemand in haar slaapkamer is. Toe sy omdraai het die beskuldigde, wat langs haar bed gestaan het, haar aangeval, deur hom op haar neer te gooi, die palm van sy een hand styf teen haar mond en neus te druk en met die vingers van hierdie hand in haar oë te

druk. Met die ander hand het hy haar om die keel gehad en verwurg. Sy het probeer skree maar kon nie omdat haar mond en keel toegedruk was. Sy kon ook nie haar aanvaller sien nie, omdat hy sy vingers in haar oë gehad het en omdat dit donker in die kamer was. Daar het ʼn struweling plaasgevind tussen die twee en met die het die klaagster dit reggekry om van die bed af te rol. Sy getuig dat sy deurentyd haar bewussyn verloor en herwin het as gevolg van die feit dat sy nie genoegsaam asem kon kry nie. Op die vloer het die beskuldigde bo op haar gelê en sy het probeer om haar voete onder haar liggaam te kry om haar sodoende te kan opstoot. In die proses het sy haar toonnael geskeur. Die beskuldigde het haar toe daar op die vloer verkrag. Na hy haar verkrag het, het hy haar gevra waar is die geld. Hy het haar toe oor die vloer gesleep met beide sy hande om haar nek. Sy het toe haar beurs uit ʼn sak in die spieëlkas gehaal en aan hom oorhandig. Daarna het sy weer haar bewussyn verloor. Toe sy weer haar bewussyn herwin was sy nog op die slaapkamer vloer en die beskuldigde was weg. Volgens die klagstaat is R3 500 gesteel, en klaagster verduidelik dat sy veral Vrydae groot bedrae kontant het om die werkers te betaal sowel as vir bou materiaal en die sulks. Na die voorval het sy behalwe fisiese letsels ook geweldige skok opgedoen en vreeslike emosionele trauma ervaar. Sy moes antiretrovirale medikasie kry om moontlike VIGS infeksie te bestry, met die gepaardgaande neweeffekte daarvan. Sy moes vir vele bloedtoetse gaan om te bepaal of sy besmet is met die MI Virus. Tot vandag gebruik sy antidepressante bedags en kalmeermiddels saans. Sy voel bedreig en het haar vertroue in veral mans verloor. Sy kan saans nie meer alleen verkeer nie en kry nog

paniekaanvalle, nagmerries en terugflitse. Na die voorval het sy vier terapie sessies met ʼn sielkundige gehad maar sê sy dat sy nie deur hierdie trauma kan werk nie aangesien sy steeds te woedend is vir enige sielkundige om haar te kan help. Die fisiese beserings opgedoen in die voorval word in die mediese verslag wat deel vorm van die rekord, en die mediese getuienis soos volg gelys. Daar was kneusings en klein bloeding aan die voorkop, neus en ooglede. Beide die oog konjunktiva het bloeding gehad, die brug van haar neus was baie geswel, so ook haar lippe. Daar was ʼn kneusing aan die voorkant van haar nek, met ʼn kneusing op die larynx en agter op haar toraks sowel as oor die blaai. Kneusings en skraapwonde op haar kruis ook. Haar groot linkertoonnael was afgebreek en het sy ook kneusplekke en skaafwonde aan haar onderbene gehad. ʼn Ginekologiese ondersoek het ʼn kneusing aan die linker labia minora getoon. Volgens die klaagster is haar fisiese toestand ooglopend vir almal wie met haar kontak het. Sy loop abnormaal en is onvas op haar voete. Haar hande is ook bewerig. Die werkers wat by haar huis te McGregor gewerk het moes opgelet het dat sy nie fisies normaal was nie. Oor sy moeilik loop en verskeie kere sê sy het sy vir hulle koeldrank aangedra en moes hulle kon sien dat sy bewerig is. Sy was ʼn gekwalifiseerde verpleegsuster tot omtrent tien jaar gelede, maar kon as gevolg van haar mediese toestand nie verder die werk verrig nie. Sy kan ook nie self kook of skryf nie. Sy kan ook slegs met die hulp van ʼn handreëling trappe op en af beweeg. Die beskuldigde het ook getuig. Hy is ʼn 34 jarige geskeide man, woonagtig by sy ouers te McGregor. Hy het twee kinders onderskeidelik ses en drie jaar oud. Die kinders is woonagtig by hul moeder. Volgens beskuldigde is sy pa ʼn pastoor en het die gesin McGregor toe getrek vanaf Atlantis omdat sy pa bang was hy en sy broers word by bende bedrywighede in Atlantis betrek. Hy getuig dat hy die Vrydagaand voor hy by die klaagster se huis ingebreek het baie gedrink het, volgens hom het hy drie papsakke wyn, bier, sowel as brandewyn met vriende gedeel en het hy boonop twee buttons gerook, dit is

Mandrax en dagga gemeng. Die Vrydagaand na hy so gedrink en gerook het, het hy besluit hy wil nog geld hê. Hy het geweet die klaagster het geld in ʼn sak wat sy gedurig met haar rond dra, omdat hy by haar los werkies gedoen het en ook omdat hy haar by die winkels gesien het met hierdie sak. Hy het toe die nag geloop na klaagster se huise, en daar rondgekyk om die huis vir ʼn plek om die huis binne te gaan en toe die nuwe deur in die huis opgemerk. Hy het die deur verwyder en so toegang verkry. Volgens hom het hy eers die klaagster se slaapkamer ingegaan, daar rondgesoek, toe na ʼn ander kamer en toe weer terug na die klaagster se kamer. Hier het hy die bed lig aangesit. Die klaagster het toe wakker geword en geskree. Hy het toe oor die bed na haar geduik en haar mond toegedruk. Sy het hom probeer wegdruk en moes hy toe noodgedwonge op haar keel druk. Met die struweling het hulle van die bed gerol. Toe hulle op die vloer rondrol het hy seksueel opgewerk geraak en haar verkrag. Daarna het hy die klaagster gevra waar die geld is en het sy self die geld uit die kassie gehaal en vir hom gegee. Hy is toe daar weg terwyl sy teen die kassie bly sit het. Volgens hom was sy nie bewusteloos nie. Hy is toe reguit huis toe en het vanaf die Saterdagoggend tot met sy arrestasie aan die drink gegaan. Toe die polisie hom by ʼn smokkelhuis kry die Sondag was daar nog net omtrent R900 van die R3 500 oor. Beskuldigde sê dat hy ʼn drankprobleem het vanaf die ouderdom van 18 jaar en dat hy as gevolk van die probleem gedurig in die moeilikheid kom by die gereg, en hy het nog nooit voorheen behandeling vir sy drankprobleem ontvang nie. Gedurende kruisondervraging erken beskuldigde dat hy geweet het die klaagster beweeg moeilik en is bewerig. Hy sê verder ook dat hy slegs na die klaagster se huis toe is om geld te kry en dat hy toe sy wakker word en hom sien haar mond en keel moes toe druk om te keer dat sy skree. Hy sê dat sy hom herken het en dat sy gesê het dat sy weet wie hy is, maar juis omdat hy haar geken sê hy wou hy haar nie seermaak nie, en het hy haar net liggies op haar keel gedruk en aangesê om nie te raas nie.

Hy sê ook onder kruisondervraging vir die eerste keer dat die klaagster self vir hom aanleiding gegee het toe hulle op die vloer is deur haar reg te skuif onder hom, en haar bene om hom te slaan en as gevolg hiervan hy met haar seks gehad het. Die beskuldigde het ʼn lang lys van vorige veroordelings wat strek vanaf 1980 toe hy ongeveer 12 jaar oud was, tot met 1999. Daar is altesame agt oneerlikheidsmisdrywe, dit is huisbraak en diefstal, en agt aanrandings. Die beskuldigde was nog op parool na hy gevangenisstraf uitgedien het vir die laaste aanranding toe hierdie misdrywe waarmee ons nou hier te doen het plaasvind. Mnr Nel betoog dat wat die verkragtingsaanklag betref daar wel dwingende en wesenlike omstandighede hier te vind is. Hy sê die feit dat die beskuldigde alkohol en dwelmmiddels ingeneem het voor die voorval moet as versagtend gesien word, alhoewel dit nie die beskuldigde se saak is dat hy heeltemal onder die invloed van drank en dwelms opgetree het nie moet ons aanvaar dat die middels sy inhibisies laat verkrummel het en moet dit dus in aanmerking geneem word as versagtend. Verder betoog hy was dit nie die beskuldigde se bedoeling om die klaagster die nag te gaan verkrag nie, hy wou bloot geld hê. Die verkragting sê Mnr Nel het nie plaasgevind omdat die klaagster gestremd is nie maar omdat die beskuldigde in die worsteling wat plaasgevind het seksueel opgewerk geword het. Was dit nie vir die feit dat die klaagster wel gestremd het nie sou die saak heel moontlik in die Streekhof afgehandel word. Die bewerings gemaak deur die beskuldigde dat die klaagster aanleiding gegee het tot die feit dat hy met haar seks gehad word nie verder gevat in

betoog nie, en word daar net gesê dat die beskuldigde seksueel opgewerk geword het in die worsteling. Die beskuldigde se getuienis ten opsigte hiervan word in elk geval verwerp as leuenagtig. Verder sê Mnr Nel dat die fisiese beserings aan die klaagster van so ʼn aard was dat sy binne twee ure huis toe gestuur was. Wat die sielkundige letsels aanbetref word betoog is die klaagster klaarblyklik ʼn sterk persoon en alhoewel die verskriklike trauma waardeur sy gegaan het nie weggepraat kan word nie sy self in ʼn mate verantwoordelik is vir die feit dat sy nog sielkundig en emosioneel ly deur die woede wat sy nog openbaar. Me Greyling betoog aan die ander kant dat die beskuldigde se drank en dwelm inname nie as versagtend gesien moet word nie aangesien hy self bewus is van die feit dat wanneer hy die middels gebruik hy in die moeilikheid kom. Hy gebruik reeds vir jare drank en sy aktiwiteite die nag spreek ook nie van een wat hoog onder die invloed was van alkohol of dwelms nie. Die feit dat die beskuldigde op parool uit was toe die voorval plaasgevind het moet ook as verswarende geag word. Hy het beplan om die huisbraak te pleeg en te steel juis by die klaagster omdat hy geweet het dat sy alleen is en dat sy ʼn fisiese probleem het. Hy het al die geweld gebruik wat hy nodig gehad het om haar onder bedwang te bring. Dit is ook so dat die beskuldigde hier in die getuiebank die geweld wat hy gebruik het wou afmaak deur te sê dat hy haar net saggies gedruk het, dit word natuurlik nie weergegee deur die mediese getuienis nie.

Me Greyling betoog verder dat alhoewel die klaagster nie so erg gestremd is dat sy byvoorbeeld in ʼn rolstoel is nie beteken dit nie dat sy nie gestremd is vir doeleindes van die Wetgewing nie, en dus hier in hierdie geval geen dwingende en wesenlike faktore aanwesig is nie. Dit is nou my taak om te bepaal wat betref die verkragtingsaanklag, of daar wel dwingende en wesenlike omstandighede bestaan wat ʼn afwyking van die voorgeskrewe vonnis regverdig. Dat die klaagster gestremd is nie te betwyfel nie, dit was vir die Hof ook ooglopend dat sy moeilik geloop het, sy moes in die getuiebank ingehelp word. Wanneer sy ʼn glas water wou drink het sy beide hande om die glas gesit en haar gesig na die glas gebring om te drink. Die vraag is nou of sy veral trefbaar is as gevolg van haar gestremdheid. Die getuienis is dat sy moeilik loop, sy bewerig is, sy nie meer kan skryf of kook nie, na my mening is sy veral trefbaar en Mnr Nel se betoog dat sy nie verkrag is as gevolg van haar gestremdheid nie gaan nie op as versagting nie. Wat belangrik is, is dat sy ʼn vrou is wat haar nie kon verset teen die beskuldigde op dieselfde manier soos ʼn liggaamlik gesonde vrou haar sou kon nie. Die feit dat die beskuldigde ook nie beplan het om die klaagster te verkrag nie gaan ook nie op verder nie. Verkragting is in die meeste gevalle geleentheid misdryf, hy het ʼn weerlose vrou oorrompel, en in die worsteling het die beskuldigde die geleentheid gekry om vir haar te verkrag, en hy het gebruik gemaak van hierdie geleentheid.

Hierdie klaagster is wreed in haar huis aangeval en verkrag en tot vandag kan sy nog nie die sielkundige en emosionele trauma hiervan verwerk nie. Haar gestremdheid en trefbaarheid as gevolg van haar gestremdheid dra ook heel waarskynlik grotendeels daartoe by dat sy nie die voorval kan verwerk nie. Sy getuig dat sy nou daagliks ʼn paniek alarmstelsel om haar nek dra en saans daarmee langs haar gaan slaap. Die beskuldigde aanvaar ek was gedrink die nag, maar selfs op sy weergawe en pleitverduideliking was hy nie so onder die invloed van drank dat hy homself nie kon beweer nie. Na my mening is hierdie beskuldigde ʼn misdadige persoon en is daar wat betref sy persoonlike omstandighede en die misdryf self geen dwingende en wesenlike omstandighede hier te sprake nie. Mnr De Wee u word dus as volg gevonnis. Wat betref u EERSTE AANKLAG, huisbraak met die opset om te steel en diefstal 6 (SES) JAAR GEVANGENISSTRAF, en wat betref die TWEEDE AANKLAG van verkragting kry u LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF. WILLIAMS, WnR