Preek deur ds. Jaco van Sittert Sondag, 2 Julie Skriflesing: Matteus 5:5; Matteus 11:28-30

Vergelijkbare documenten
Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

n Tempel Leier besoek Jesus

Welkom by Die Storie God se storie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Jesaja sien die Toekoms

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Goeie Konings, Slegte Konings

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

'n Man gestuur deur God

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Pragtige Koningin Ester

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

gelees. In hierdie roman word die aangrypende verhaal van 'n Franse

Preek Efesiërs 4:26. Voor die erediens Sing: Lied 190:1,2,3 Sing: Psalm 4-1:3 Afkondigings Stilte

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Preek 2 Timoteus 3:16-17

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Van Vervolger tot Prediker

God eer Josef die slaaf

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Geduld & Selfbeheersing

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Sondag, 20 April 2014 Skriflesing: Matteus 28:1-10 Tema: Opstanding Francois Lampreht

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Die Here kom rekenskap eis van ons werk vir Hom

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Inhoudsopgawe. Voorwoord

Toe God alles gemaak het

Die Kerk se Geboorte

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Toe God alles gemaak het

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

1 Johannes 5: /03/2014

Transcriptie:

Sondag, 2 Julie 2017 Skriflesing: Matteus :; Matteus 11:28-30 Tema: Sagmoediges Skriflesing(s) Ons Skriflesing kom vandag uit Matteus : Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang. Matteus 11:28-30 28 "Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. 29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. 30 My juk is sag en my las is lig." Preek Geliefdes van ons Here Jesus Christus, Dit bly vir ons n voorreg om babatjies te doop in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Hierdie geleenthede bly altyd ook n bevestiging van God se liefde vir ons en n herinnering aan ons dat ons uit genade gered is onverdiende guns alleen. En dit laat ons nederig. Vanoggend staan ons juis stil by hierdie nederigheid voor God. Soos Jesus dit hier in Matteus stel ons sagmoedigheid. Sover het ons al na 3 kentekens van n gelowige gekyk. 1. Vredemakers 2. Afhanklikes 3. Regverdiges Vanoggend kyk ons na sagmoedigheid. Hierdie is n verder kenteken waarmee ons onsself moet toerus. Ouers - dis ook belangrik dat u u kinders voorgaan, deur hulle ook bewus te maak van hierdie Christelike kentekens. U kon u kind doop vanoggend en ons, die ander ouers, het al ons kinders laat doop en ons het daardie verantwoordelikheid om hulle te leer 1

en vir hulle n voorbeeld te wees in die kentekens van n volgeling van Christus. En nog so n kenteken is sagmoedigheid. Wat het ons gedink is sagmoedigheid Ons het gelees Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang. As u die woord sagmoedig hoor, waaraan dink jy? Mens sou dalk die woord gaan opdeel sag en moedig. Maar sodra jy dit doen, dan klink die woord baie swak. Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek gee hierdie een woord as verduideliking saggeaard. En dis dalk die idee wat ons kry as ons die woord sagmoedig hoor dat ons saggeaard moet wees. Die Bybelse sagmoedigheid word anders bedoel! Die Bybelse betekenis van sagmoedigheid is definitief nie saggeaard nie. Wat is dit nie Een van die Bybel-helde, Moses, word gekenmerk as n uitermatige sagmoedige mens. In teendeel, Numeri 12:3 verwys na Moses...: 3 Maar die man Moses was baie sagmoedig, meer as al die mense op die aardbodem. Nou u ken vir Moses. As ons na Moses kyk en ons dink dat hy sagmoedig in die sin van saggeaard was, maak ons n fout. Moses kon kwaad word. Hy kon mense baie streng aanspreek en hy kon vuur skiet met sy oë (figuurlik). Michelangelo het Moses uitgebeeld juis as iemand wat so kwaai kon oorkom - https://en.wikipedia.org/wiki/moses_(michelangelo) Hierdie beeld sien mens vandag nog in Rome. Moses was verseker sagmoedig, maar sy sagmoedigheid sluit nie sy toorn uit nie. Moses kon sagmoedig wees vir die regte redes. Hy was toornig wanneer God se reg aangetas word. Hy kon stilbly wanneer sy eie belange op die spel geplaas was. In Numeri 12:1-2 lees ons hoe Mirjam, Moses se suster, hom verskriklik beledig het 1 En Mirjam en Aäron het teen Moses gespreek vanweë die Kusitiese vrou wat hy geneem het; want hy het 'n Kusitiese vrou geneem. 2 En hulle het gesê: Het die HERE dan maar alleen met Moses gespreek? Het Hy nie 2

ook met ons gespreek nie? En die HERE het dit gehoor. 3 Maar die man Moses was baie sagmoedig, meer as al die mense op die aardbodem. Moses het homself nie op haar gewreek nie. Hy het hom stil gehou. Die Bybelse betekenis vir die woord sagmoedig is duidelik. Iemand wat sagmoedig is, staan sterk waar God se belange aangetas word. Maar wanneer dit oor ons belange gaan, dan moet ons kan terug staan. Gerigtheid van sagmoedigheid As Jesus vir die skare mense, wat na Hom kom luister het, sê dat Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang, dan wil dit vir ons sê dat ons nederig op God moet vertrou; dat Sy oordeel op die regte tyd sal intree, al voel ons dat ons té nagekom word deur goddelose mense, terwyl ons lewe soos God dit van ons verwag. Sagmoedig wees is nie so seer ons gesindheid teenoor mense nie, maar eerder hoe ons gesindheid voor God moet wees. Dat ons nederig voor God is. In Psalm 37:-11 lees ons iets hiervan: Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg. 6 Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son, jou reg soos die helder lig van die middag. 7 Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van 'n skelm nie. 8 Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende. 9 Die skelms sal uitgeroei word, maar dié wat hulle vertroue in die Here stel, sal in besit bly van die land. 10 Nog 'n rukkie en daar sal geen goddelose meer wees nie; 'n mens sal hom soek waar hy was, maar hy sal nie daar wees nie. 11 Dié wat nou verdruk word, sal die land besit en hulle verlustig in hulle welvaart. Ons voel meermale dat ons onregverdig behandel word. Maar wanneer ons so voel, moet ons juis sagmoedig voor God wees. Ons moet kan opstaan vir dit wat verkeerd is in die oë van die Here, maar ons doen dit met sagmoedigheid. Ons doen dit, sodat God se naam geëer kan word. As ons dus opstaan vir dit wat reg is in God se oë, dan beteken dit dat as ons klaar ons geloof beskerm het, dan moes mense God se liefde deur ons woorde en dade gesien het. Jesus se sagmoedige voorbeeld En hiervoor is Jesus die beste voorbeeld. In die Bybel word daar na Jesus ook verwys as sagmoedig. Matteus 11:29 en 21:1 praat van Jesus se sagmoedigheid en ons sien by Hom ook twee kentekens. Aan 3

die eenkant dryf Jesus die handelaars wat die tempel verontreinig hardhandig uit die tempel uit, uit die huis van die Vader uit. Aan die anderkant was Sy eerste reaksie, toe Hy aan die kruis vasgenael word, dat Hy vergifnis vra, namens die twee moordenaars aan beide kante van Hom. Jesus duld nie ongeregtigheid aan God nie, maar Hy beywer Homself sagmoedig. Hy offer Homself op, sodat God se omgee en liefde gesien en beleef kan word. Professor J de Graaf skryf in sy boek oor die bergrede die volgende storie, om te verduidelik wat sagmoedigheid vir ons moet beteken. Tydens die Tweede Wêreldoorlog was daar n gevangenes in n barak in n Duitse konsentrasiekamp. Elke aand het daar n bewaker gekom en elke keer het hy dieselfde man geslaan. Die ander gevangenes kon net aand na aand met magtelose woede toekyk. Wat kon hulle doen? Totdat daar op n aand een van die gevangenes vir die bewaker sê: As jy dan nou elke aand iemand moet slaan, slaan maar vanaand vir my. Dit het die bewaker onverhoeds betrap. Na n bietjie aarseling sê hy: Goed, ek sal jou slaan vanaand, maar omdat jy so braaf is om jouself aan te bied, kan jy self sê hoeveel keer ek jou moet slaan. Die gevangene antwoord toe: Nee, dit laat ek aan jou gewete oor. Daar was weer verrassing en verwarring by die bewaker. Hy sê toe: Ek het nie n gewete nie. Toe sê die gevangene: Natuurlik het jy n gewete, anders sou jy my al lankal geslaan het. Na hierdie vreemde gesprek was die bewaker nie meer geïnteresseerd om te slaan nie. Hy het verdwyn en het nie weer teruggekom nie. Dis wat die Bybel met sagmoedigheid bedoel. Wanneer ons sagmoedig is, moet ons ons stem skreeuend verhef, maar ten koste van onsself. Dit is presies wat die een gevangene gedoen het. Hierdie sagmoedigheid kan ons net op een manier leer en dis by Jesus wat sê in Matteus 11...en leer van My, want ek is sagmoedig en nederig van hart Slot Broers en susters, sagmoedigheid is nie saggeaardheid nie. Jy is nie swak en laat mense oor jou loop nie. Inteendeel, dis n dappere optrede waar ons God se naam vereer deur positief op te tree sodat ons onsself opoffer sodat God se Wil op die voorgrond tree. 4

Sagmoedigheid is nie soseer ons gesindheid teenoor mense nie, maar eerder ons gesindheid vir God. Ons is sagmoedig voor God, vir God, sodat ander in ons God se liefde kan sien. Ons word dus minder, sodat God, deur ons, groter kan word. Mag ons dapper sagmoedig wees. Mag ons hierdie kenteken dra van goedhartige sagmoedigheid, met n stille paraatheid om ons geloof te verdedig terwille van God, want ons het reeds ons beloning weg; en dit is ons burgerskap tot die koninkryk van God....want hulle sal die nuwe aarde ontvang. Onthou Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang. Amen