Soos verskaf deur Sawis, in samewerking met VinPro Konsultasiediens saamgestel deur ROMI BOOM.

Vergelijkbare documenten
SUID-AFRIKAANSE WYNOESVERSLAG 2003

SUID-AFRIKAANSE WYNOESVERSLAG 2009 Inligting verskaf deur VinPro en SAWIS Saamgestel en geskryf deur Romi Boom

SUID-AFRIKAANSE WYN OESVERSLAG 2018

SUID-AFRIKAANSE WYN: OESVERSLAG Kleiner, hoë kwaliteit wyndruifoes van vroeë seisoen BEDRYFSTENDENSE

Dit volgens die wingerdkonsultante van VinPro, die verteenwoordigende organisasie vir nagenoeg Suid-Afrikaanse wynprodusente en kelders.

2014 SUID-AFRIKAANSE WYNDRUIFSEISOEN SEISOENSOORSIG (WINTER & LENTE 2013) EN OESVERWAGTINGE Oktober 2013

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

Weeklikse Marksiening 16 April 2012

Die Suid-Afrikaanse aartappelbedryf in perspektief in 2015

KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

BESTUURSINLIGTING VOORUITSIGTE VIR GRAANGEWASSE LYK GOED. Posbus 1615 Bethlehem, 9700 Tel/Faks: (058)

KAN MIELIES WINSGEWEND GEPRODUSEER WORD? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

Bloubuffelgras (Cenchrus ciliaris)

Direktoraat Plantwetenskappe

SUID-AFRIKAANSE WYNOESVERSLAG 2002 Inligting verskaf deur VinPro en SAWIS, en saamgestel en geskryf deur Angela Lloyd

Statistiek van Wyndruifstokke

September 2013 No. 55

Die klimaat van SA: Temperatuur

KAN N MIELIE MET N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS

Kwantifisering van risiko in die Oos-Vrystaat droëlandproduksiegebied:

2016 Nuweling eerstejaar en voorgraadse inskrywings: Finale registrasieperiode

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Vog in die Atmosfeer en Neerslae

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Desember 2014 No.62. Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2014 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss

Tankwa Karoo : Augustus 2010 Johan Snyman

Plantstruktuur en Plant Voedsel

Praktiese punte vir Canola produksie Bemesting van Canola Slak- en Insekbeheer Swambeheer Opbrengseffekte Risiko van Canola in kort rotasie.

Statistiek van Wyndruifstokke

Les 14: Entrepreneurskap

Foto-redigering vir sun.ac.za

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde

Desember 2016 No.73. Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2016 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss

Puricare Onafhanklike Landbou Gevallestudie Greefslaagte, Lichtenburg distrik, 2011

VALS DRAADWURM RIG SKADE AAN Izané Leygonie-Crous

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

BEMESTINGSRIGLYNE VIR CANOLA IN DIE WINTERREëNSTREEK

Sanlam. Ernstige Siektevoordele. Oktober is Borskankerbewustheidsmaand. Statistieke van die voorkoms van borskanker in Suid-Afrika.

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

CANOLA KULTIVAREVALUASIE: WES- EN SUID-KAAP 2017 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss

Oos-Vrystaat kultivarproef onder droëlandtoestande op Warden in 2014/2015 Verwerkingsaartappels

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Desember 2015 No.67. Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2015 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss

SA INKOMSTEVERDIENERS MET R MILJARD ONDERVERSEKER VIR DOOD EN ONGESKIKTHEID

BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE

Leemte in Suid-Afrikaanse lewens- en ongeskiktheidsversekering is steeds benard

Willem Burger, Departement van Landbou: Wes-Kaap, Landbou-Ekonoom, Program Ondersteuning van Landbouers, Eden Distrik, George

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Januarie 2010 No. 42. Inleiding

Vlotheid en intonasie

Statistieke met een oogopslag

MAKRO-EKONOMIESE IMPAK VAN DIE WYNBEDRYF OP DIE WES-KAAP

G-Voucher - Tuinprojek. Kerkraadsvergadering 6 Mei 2014

Analise van arbeid en kapitaal in die aartappelproduksieproses

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

Oos-Kaap kultivarproef onder besproeiing op Hankey in 2015

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

Sentraalbeplande stelsel

Ignition Munt en Die Ignition Netwerk Ontwerp vir Waarde, Volhoubaarheid, en Groei

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

Prysvorming deur vraag en aanbod

Makelaarskommunikasie. Onderwerp: Gemeenregtelike Aanspreeklikheid Gebeurtenis vs Eise ingestel

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

DIE ROL VAN LANDBOU IN DIE EKONOMIE DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Die Vestiging van Canola en Bemestingsriglyne

BEVOLKINGS GEOGRAFIE

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 12 Toets 6: Die mens se invloed op die omgewing

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

Pretoria- 14 Augustus 2011

Mondstuk van die canolawerkgroep

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

VOEDING EN KWALITEIT VAN

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

25. Ontwikkelde en ontwikkelende lande

Sitrus Aanplanting Bestuur

Vraag: Vanoggend gehoor van blouoorvarksiekte oor die radio. Kan jy ons meer inligting oor die siekte gee?

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

Wes-Vrystaat kultivarproef onder droëlandtoestande op Kroonstad in 2014 en 2015

Antieke Egipte en die Nylrivier

78 THE DAIRY MAIL MAY Voer elke koei volgens haar individuele produksiestatus en kondisie.

Transcriptie:

OESVERSLAG 2008 Geurige witwyne en mooi rooies van koel, nat seisoen Soos verskaf deur Sawis, in samewerking met VinPro Konsultasiediens saamgestel deur ROMI BOOM. I. ALGEMENE OORSIG Die 2008-oesjaar het n aantal uitstekende wyne met n laer alkoholinhoud opgelewer. Die koeler weersomstandighede het n beduidende invloed op die rypheid van die druiwe gehad. Die oes het ongeveer twee weke later en teen n laer suikerinhoud geskied. Reënval tydens die periode voor die oes het n risiko vir die gesondheid van die druiwe ingehou, maar die toepaslike wingerdboukundige aksies het die gevaar van vrot en donsskimmel geminimaliseer. Wynmakers sien uit na lieflike rooi- en witwyne. Vir aanhalings deur wynmakers in verskeie streke, sien onder. Oesgrootte Die 2008 wyndruif oes word op 1 357 597 ton (7 Maart 2008) geraam, wat n toename van sowat 0.5% op die 2007-oes verteenwoordig. Die wynoes, insluitend konsentraat vir druiwesap en druiwesap, wyn vir brandewyn en rabat, sal 1 053,5 miljoen liter teen n gemiddelde herwinning van 776 liter per ton druiwe beloop. Weersomstandighede in die Oranjerivier, Klein Karoo, Robertson, Stellenbosch en Worcester gebiede het hoë druk van swamsiektes veroorsaak. Doeltreffende spuitprogramme het oesverliese verminder. Die Olifantsrivier en Robertson het rekordoeste gepars, terwyl Breedekloof, Malmesbury, Oranjerivier, Paarl en Worcester toenames toon. Herfs 2007 Goeie reënval in die na-oes periode van 2007 het verseker dat voldoende reserwevlakke vir uitbot beskikbaar was. Die koue temperature, veral einde Mei en begin Junie, het voldoende koue eenhede vir optimale rusbreking verseker. Winter 2007 Dit was n tipiese nat en koue Bolandse winter. In baie gevalle het die reën skade aan damme aangerig en ook die plant van stokke ontwrig, maar waar die wingerde op die regte tyd geplant was, het die gereelde reën veroorsaak dat die stokke goed gevat het. In die Olifantsrivier was die reënval gemiddeld en plek-plek selfs ondergemiddeld, maar baie goed verspreid en produsente kon weer dekgewasse suksesvol vestig. Die Clanwilliam dam was ook tot laat in die winter nog vol sodat genoegsame besproeiingswater beskikbaar was. Die winter in die Oranjerivier was een van die koudste tot op hede. Grootskaalse koueskade het wydverspreid, veral op jong stokke, voorgekom. Ook in die Swartland het 'n bogemiddelde nat en koue winter die grond tot veldkapasiteit gevul en goeie afloop asook vol damme meegebring. Veral droëland wingerde het heelwat hierby gebaat.

Die 2007 groeiseisoen As gevolg van die goeie winterreën het sterk groei plaasgevind wat ook deur opvolgreën tydens die lente aangehelp is. Wingerde het ongeveer tien dae later gebot, wat die eerste aanduiding van ʼn moontlike laat oes was. Uitbot van wit en rooi kultivars was redelik egalig, behalwe by Cabernet Sauvignon en Shiraz. Die lente was baie koel, so ook die vroeë somer, met baie reënval. Die gemiddelde maksimum temperature vir November tot Januarie was koeler as die langtermyn gemiddelde. Vrugbaarheid was aanvanklik normaal tot bo-normaal, maar koel, reënerige en winderige toestande tydens blom van sekere kultivars het swak set en losser trosse veroorsaak, veral by Merlot, Shiraz en tot ʼn mindere mate Cabernet Sauvignon. Met hope grondvog en koel weerstoestande het wingerde sterk gegroei. Gereelde tip/top en uitbreek van blare was nodig om lowers te beheer en te deurlug. Dit het gereeld tydens die groeiseisoen gereën, met swaar neerslae veral einde November en begin Desember. Vanweë die gereelde reënbuie was die siektedruk die afgelope seisoen deurgaans hoër. In die Oranjerivier het oesverliese weens koueskade gedurende die winterperiode asook wydverspreide haelskade in November en Desember voorgekom. Die oes Rypwording is vertraag en parstyd het vanjaar ten minste twee weke later as normaal begin. Dit was ʼn moeilike, lang parsseisoen met stadige, optimale rypwording by veral mid- en laatseisoen kultivars. Die verhoogde inname later in die seisoen het groot druk op kelderpersoneel en -kapasiteit geplaas. Reën tydens parstyd het Chenin blanc wingerde in sommige streke swaar getref. Die parsseisoen was koel tot warm aan die einde van die periode met reën in Februarie. Siektedruk het deurentyd hoog gebly. Koeler weerstoestande het ten spyte van baie ekstra insette van produsente steeds oesverliese veroorsaak. Die wyne n Gemiddelde jaar vir gehalte, met belowende wyne van druiwe wat vroeg ryp geword het. Die goeie drag en gereelde reënbuie tydens oestyd het veroorsaak dat suikers vir die grootste gedeelte van die oesseisoen laag gebly het. Die meeste wit kultivars is teen laer suikers as verlede jaar ingeneem. Aanvanklik was druifontledings baie gebalanseerd, met gemiddelde geurintensiteit. Die algemene koel klimaat tydens die eerste deel van rypwording was voordelig vir geurbehoud in kultivars soos Sauvignon blanc. By mid- tot laatseisoen kultivars het abnormale suur (lae) en ph (hoë) ontledings voorgekom. Die stadiger as normale rypwording het egter baie goeie fenoliese rypwording meegebring, wat hoë gehalteverwagtinge van die 2008-rooiwynoes skep. Weer eens is baie rosé wyne van verskeie rooi kultivars gemaak. Die voorkoms van botritis in sommige blokke het n uitwerking op wyngehalte gehad. Breedekloof n Gemiddelde jaar vir gehalte, met belowende wyne van druiwe wat vroeg ryp geraak het. Die gehalte van die eerste deel van pars was uitstekend met mooi geure in veral Sauvignon blanc en Chenin blanc. Klein Karoo Uitstekende wyne word verwag. Baie kleur en geur is in die druiwe neergelê. Druiwe het volledige rypwording by laer suikervlakke bereik. Die ideaal van laer alkohol wyne met volryp druifgeure was vanjaar dus moontlik. Olifantsrivier n Rekord oes. Die gehalte van die wyne lyk belowend. Rooi druiwe is teen laer rypheidsgrade vir die maak van rosé en rabat gepars, wat die innamepieke van

Shiraz veral verlaag het. Druiwe wat vir rooiwyn bestem was, kon dus teen optimale rypheid ingeneem word. Oranjerivier Die grootste hoeveelheid Merbein en Sultana is vanjaar weens gunstige pryse vir rosyntjieverbouing aangewend. Wyngehalte is goed en die meeste wit kultivars is teen laer suikers as verlede jaar ingeneem. Paarl Vir die vierde agtereenvolgende jaar toon die Paarl se wyndruiwe oes n stygende tendens. Stadiger as normale rypwording het baie goeie fenoliese rypwording meegebring, wat hoë verwagtinge van die 2008-rooiwynoes skep. Robertson n Rekord oes. Die rooiwyne vertoon op hierdie stadium uitstekend met baie goeie kleur. Kultivars wat veral goed lyk, is Pinotage en Merlot. Chardonnay is ook soos gewoonlik van hoogstaande gehalte. Stellenbosch Gehalte was besonder goed met uitstekende druifontledings. Goeie tot hoë suikers is verkry, goeie ph-lesings (uitgesonderd laat kultivars), met hoë appelsure wat dikwels voorgekom het. Swartland Gehalte oor die hele spektrum danksy gesonde druiwe. Chenin blanc lyk uitstekend en Chardonnay oor die algemeen ook, behalwe langs die kusstreek waar donsskimmel einde Desember, asook laat witroes, problematies was. Cabernet Sauvignon het nader aan die parstyd gesukkel om kleur en suikers te kry. Worcester Die gehalte van die eerste deel van pars was uitstekend met mooi geure in veral Sauvignon blanc en Chenin blanc. Heelwat rooi druiwe soos Ruby Cabernet is weer vir rabat gepars. II. VERNAAMSTE WYNSTREKE IN DETAIL BREEDEKLOOF Vir produksiesyfers, verwys na die Worcester-streek. Die toename in oesgrootte kan hoofsaaklik aan die goeie na-oes periode van 2007, die nat en koue winterperiode, voordelige klimaat tydens bot vir groei en vrugset, die relatief lae siektedruk tydens rypwording en oor die algemeen meer en groter trosse per stok toegeskryf word. Die gereelde voorkoms van reën in die groeiseisoen het moontlik tot groter korrels bygedra. Goeie reënval in die na-oes periode van 2007 het verseker dat voldoende reserwevlakke vir uitbot beskikbaar was. Die koue temperature, veral einde Mei en begin Junie, het voldoende koue eenhede vir optimale rusbreking verseker. In sommige areas het oesverliese veral by Chenin blanc as gevolg van botritis en suurvrot voorgekom, terwyl dit by ander kultivars nie n probleem was nie. Die eerste koue en nat toestande het eers teen die einde van April voorgekom. Hierdie toestande het blaarval vertraag en verseker dat goeie opbou van reserwes in die permanente gedeeltes van die wingerdstok plaasgevind het. Die derde week van Mei 2007 het besondere hoë reënval (veral in areas soos Slanghoek) gehad, wat baie voordelig vir grondwatervlakke was. Hierdie klimaatstoestande, gepaardgaande met

koue dag- sowel as nagtemperature, was op daardie stadium waarskynlik ook baie voordelig vir die opheffing van dormansie. Vergeleke met 2006 was die reënval vir die periode van Mei tot einde Julie deurgaans hoër. Die tipiese nat en koue Bolandse winter het die stokke genoegsame kans gegee om dormansie op te hef. In baie gevalle het die swaar reënval wel skade aan damme aangerig en ook die plant van stokke ontwrig, maar daar waar die wingerde op die regte tyd geplant was, het die gereelde reën veroorsaak dat die stokke goed gevat het. Gronde was meestal goed aangevul voordat die wingerde begin bot het. Die meeste besproeiingsdamme was ook op die hoogste vlak in jare. Danksy oorvloedige water en amper ideale groeitoestande wat betref temperatuur, het die wingerde werklik baie mooi sterk en egalig gebot. Geil groeikrag was aan die orde van die dag. Die wingerde was baie gesond aan die begin van die groeiseisoen, alhoewel nat weer aan die einde van Oktober ietwat kommerwekkend was. Waar goeie spuitprogramme gevolg is, het geen skade voorgekom nie. Gelukkig is die reën met wind afgewissel, wat die lowers droog en gesond gehou het. November en Desember is oor die algemeen deur matige dagtemperature en veral koel nagte gekenmerk. Dagtemperature het eers die laaste twee weke van Desember begin warm raak. Einde Januarie was daar n kort warm periode waarin warm dagtemperature voorgekom het, maar die nagte was steeds koel. Waterbehoeftes het die hoogte ingeskiet in hierdie periode en goeie besproeingskedulering was noodsaaklik. Die algemene koel klimaat tydens die eerste deel van rypwording was voordelig vir geurbehoud in kultivars soos Sauvignon blanc. Waar grondwatervlakke noukeurig gemonitor is, het geen geurverlies voorgekom nie. Februarie, Maart en April se dagtemperature was oor die algemeen laer vergeleke met 2007. Daar was nie een dag waarop die maksimum temperatuur 40 grade Celsius oorskry het nie. Weens die warm, droë en winderige weer het min tot geen siektes aan die begin van parstyd voorgekom nie. Enkele nuwe voorvalle van donsskimmel en witroes infeksies is van November tot Januarie waargeneem. Botritis infeksies ná die middel van en tot laat in parstyd het in enkele gevalle probleme veroorsaak. Witluis was die enigste ander probleem. Die voorkoms van Fitoplasma (aster yellows) in die Breërivier moet egter in n baie ernstige lig beskou word. n Gemiddelde jaar vir gehalte, met belowende wyne van druiwe wat vroeg ryp geraak het. In gevalle waar die drag te swaar vir die stokke was, gekombineer met n laat jaar, het sommige wingerde (veral Shiraz en Cabernet Sauvignon) nie optimaal ryp geraak nie. Die voorkoms van botritis in sommige blokke het ook n uitwerking op wyngehalte gehad. KLEIN KAROO Die 2008 produksie beloop 40 435 ton, wat 14,6% laer as 2007 se produksie is. Die afname word hoofsaaklik aan vanjaar se koeler weer asook gereelde reënbuie toegeskryf wat verliese veroorsaak het.

Die winter se reënval en temperature was baie na aan die langtermyn gemiddelde vir die Klein Karoo. Daar was genoeg winterkoue om dormansie volledig op te hef en wingerde het normaal en gelyk uitgebot. Lente en vroeë somer het egter van die normale weerstoestande afgewyk. Temperature was laer as normaal. Koue toestande en sneeu op bergreekse het selfs strawwe ryp vroeg in Oktober veroorsaak. Baie meer reën as in ʼn normale seisoen het voorgekom, met beperkte vloedskade. Alle besproeiingswater bronne is goed aangevul. Met hope grondvog en koel weersomstandighede het wingerde sterk gegroei. Gereelde tip/top en uitbreek van blare was nodig om lowers te beheer en te deurlug. Weerstoestande was gunstig vir swamsiektes soos witroes, donsskimmel en botritis. Aangesien die Klein Karoo normaalweg ʼn gesonde klimaat het, moes produsente hul spuitprogramme aansienlik aanpas om verliese in hierdie nat seisoen te voorkom. Ten spyte van goeie siektebeheer het reënweer vroeg in Februarie korrels te vinnig laat swel en bars. Chenin blanc het hier die ergste deurgeloop en om hierdie rede is daar vanjaar heelwat minder Chenin blanc gepars en vir wyn aangewend. Reënweer het gelukkig opgeklaar en ander kultivars het gesond gebly. Vrugtevlieg verkies normaalweg nie wingerd as ʼn gasheer nie. Getalle was egter buite beheer en het in sekere wingerdblokke baie verliese veroorsaak. Weerstoestande tydens oestyd was so te sê normaal. Siektedruk het egter deurentyd hoog gebly. Koeler weerstoestande het ten spyte van baie ekstra insette van produsente steeds oesverliese veroorsaak. Rypwording is vertraag en parstyd het vanjaar ten minste twee weke later as normaal begin. Die lang seisoen en swamsiektes het die wingerd uitgeput en min blare is in die na-oes periode behou. Koel weerstoestande en reën het baie uitdagings aan druiweprodusente en wynmakers gestel, maar uitstekende wyngehalte kan uit die Klein Karoo verwag word. Baie kleur en geur is weens die koel weer in die druiwe neergelê. Druiwe het volledige rypwording by laer suikerinhoud bereik. Die ideaal van laer alkohol wyne met volryp druifgeure was dus vanjaar moontlik. OLIFANTSRIVIER Die Olifantsrivier het vanjaar die grootste oes in sy geskiedenis beleef. Die toename in oes kan waarskynlik grootliks aan besonder goeie opbrengste van Chenin blanc en tot n mate ook Colombar toegeskryf word, terwyl daar ook n konstante toename in rooidruiwe is namate die aanplantings in voldrag kom. Die totale oes sal waarskynlik baie na aan 224 000 ton beloop, n toename van meer as 14 000 ton bo verlede jaar se rekordoes. Verder is daar vanjaar ook rooidruiwe teen laer rypheidsgrade vir die maak van rosé en rabat gepars, wat die innamepieke van Shiraz veral verlaag het. Druiwe wat vir rooiwyn bestem was, kon dus teen optimale rypheid ingeneem word.

Alhoewel die reënval die voorafgaande winter gemiddeld en plek-plek selfs ondergemiddeld was, was dit baie goed verspreid en kon produsente weer dekgewasse suksesvol vestig. Die Clanwilliam dam was ook tot laat in die winter nog vol sodat genoegsame besproeiingswater beskikbaar was en steeds is om wingerde optimaal te besproei, wat waarskynlik ook tot n rekord oes bygedra het. Optimale groeitoestande het regdeur die groeiseisoen geheers met matige temperature en normale westewinde in die middae, maar geen abnormaal sterk winde nie. Onder hierdie gunstige toestande het die wingerde uiters geil gegroei, waarskynlik ook omdat daar gedurende die somermaande enkele donderbuie uitgesak het, wat bykomende stikstof voorsien het. Fitoplasma het vanjaar vinniger as in die verlede versprei, waarskynlik omdat bewustheid van die siekte en simptome toeneem. Soos verlede seisoen was die Februarie temperature vanjaar weer eens laer as in Januarie, n tendens wat nou met enkele uitsonderings meer gereeld voorkom. Gehalte van die witwyne sal moontlik nie dieselfde as vorige jare wees nie, maar verhoogde produksie behoort vir produsente se inkomste per hektaar te vergoed. ORANJERIVIER Die totale oes vir die Oranjerivier in 2008 was 171 000 ton teenoor die 161 555 ton van 2007. Die 2008-oes was dus 5,9% groter as die 2007-oes. Die toename is aan hoër opbrengste van alle wyndruifkultivars asook Sultana en Merbein toe te skryf. Die grootste hoeveelheid Merbein en Sultana is vanjaar egter weens gunstige pryse vir rosyntjie-verbouing aangewend. Oesverliese het weens koueskade gedurende die winterperiode asook wydverspreide haelskade in November en Desember voorgekom. Wydverspreide bo-normale reënval het tydens oestyd in die Oranjerivier area voorgekom. Later in die oesseisoen het donsskimmel tot blaarverlies aanleiding gegee; gevolglik het die later kultivars met suikervlakke gesukkel. Vrot aan die einde van Maart en begin April het tot verliese aanleiding gegee. Die eerste ryp van die seisoen het op 29 April voorgekom weens n koue front wat oor die hele Suid-Afrika beweeg het. Daarna het dagtemperature weer tot tussen 28 C en 34 C gestyg. Vanaf middel Mei het beide nag- en dagtemperature skerp begin daal, met nagtemperature wat gereeld onder 5 C was. Teen begin Junie was die meeste wingerde se blare totaal doodgeryp en het blaarval reeds grootliks plaasgevind. Produsente het vanaf die eerste week in Junie met skoonsnoei-aksies begin. Die afgelope winter word as een van koudste winters tot op hede beskou. Een produsent wat die afgelope 35 jaar reeds die temperature op sy produksie-eenheid moniteer, het aangetoon dat die laagste gemiddelde temperatuur tot op hede vanjaar op sy produksieeenheid voorgekom het. Grootskaalse koueskade het wydverspreid op veral jong stokke langs die Oranjerivier voorgekom. Die omvang van die koueskade is eers waargeneem toe produsente met snoei-aksies by hul jong stokke begin het. Die koue het vaatweefsel beskadig wat die stokke laat uitdroog het, met gepaardgaande oopbars van die stamme vanaf die entlas opwaarts. In sekere blokke het tot 90% koueskade met gepaardgaande

oopgebarste stamme voorgekom. Koueskade het selfs in die meer westelike gedeeltes rondom Augrabies, wat tradisioneel nie sulke probleme het nie, voorgekom. Die lae temperature einde Mei en begin Junie het verseker dat die kouebehoefte van wingerde bevredig is. Feitlik geen reën het in Mei, Junie en Julie in die gebied voorgekom nie. Afgesien van die koueskade in sekere jong blokke, was die winter van so n aard dat egalige bot en n goeie botpersentasie voorgekom het. Reënval in November, Desember en Januarie was bo-normaal. Einde November en begin Desember het grootskaalse haelskade in die gebied in en om Upington voorgekom. Haelskade het van 5% tot 90% gewissel, afhangende van gebied, kultivar, prieëlstelsel, ryrigting, ens. Verskeie sterk reënbuie in Desember is deur gereelde reënbuie in Januarie opgevolg. Tydens die hele oesperiode was die humiditeit hoër as normaal weens gereelde reënbuie, wat hoë donsskimmel druk in wingerde veroorsaak het. Dit het produsente genoodsaak om duur sistemiese beheermiddels te gebruik. Die eerste wyndruiwe vir rabatdoeleindes is op 7 Januarie 2008 ingeneem. Alle kultivars was 2-4 weke later ryp as verlede jaar. Dit het veroorsaak dat piek-innames by die kelders later was. Die laaste druiwe is op 10 April deur die kelders ontvang. Dit was n lang parsseisoen en die verhoogde inname later in die seisoen het groot druk op kelderpersoneel en -kapasiteit geplaas. Die goeie drag en gereelde reënbuie tydens oestyd het veroorsaak dat suikers vir die grootste gedeelte van die oesseisoen laag gebly het. Die meeste wit kultivars is teen laer suikers as verlede jaar ingeneem. Humiditeit vanaf begin Januarie was deurlopend hoog en dit het elke nag gedou, wat tot die verspreiding van donsskimmel bygedra het. Die verlies aan blare weens donsskimmel en gereelde reënbuie het laer sure en hoër ph as verlede jaar, veral laat in die oesperiode, veroorsaak. Wyngehalte was desondanks goed. PAARL Vir die vierde agtereenvolgende jaar toon die Paarl se wyndruiwe oes n stygende tendens. Die laaste skatting in April het ʼn 10% verhoging bo die 2007-oes aangetoon, d.w.s. 168 293 ton. Redes is moontlik goeie winterreën (50mm minder as 2006-winter), meer somerreën as die vorige seisoen (50mm meer in Okt. Feb.) en snoeipraktyke vir groter oesladings om meer winsgewende produksies te behaal. Chardonnay en Pinotage het van meet af n kleiner oes gedra, terwyl n groter oes by feitlik alle ander kultivars sigbaar was. By veral die hoë pryspunt blokke is baie druiwe afgegooi om by n oeslading van 7-8 ton/ha te eindig. Die vlakke van damme in die streek was baie goed met die aanvang van die seisoen. Wit kultivars dwarsdeur die streek het redelik egalig uitgebot, maar onegalige uitbot is oral by Cabernet Sauvignon en Shiraz opgemerk. Merlot, Pinotage (ten spyte van goeie winterkoue), en ander nuwe rooi kultivars het oor die algemeen baie egalig uitgebot.

Die klimaat was baie wisselend. Weerstasie data toon aan dat die gemiddelde, minimum asook maksimum temperature die afgelope seisoen warmer as die vorige seisoen, sowel as die langtermyn (LT) syfers was. Gedurende die blomperiode het minder wind en meer reën voorgekom. Korrelset is nie deur hierdie reën geraak nie en oor die algemeen het alle kultivars egalige, vol trosse gehad. Vanaf deurslaan tot oes het meer wind asook reën voorgekom, wat hoë siektedruk tot in parstyd meegebring het. Vroeg in die seisoen het slakke wydverspreide skade aan hoofsaaklik jong botsels, blare en lote aangerig. Enkele uitbrake van witluis het vroeg reeds voorgekom. Alhoewel daar vanjaar nie aaneenlopende dae bo 40ºC was nie, was daar wel warm periodes waarvan die een tussen 6 en 9 Maart n groot impak op veral druifontledings gehad het. Ongeveer 30mm reën is vroeg in Februarie gemeet. Gesamentlik kan hierdie twee faktore as die grootste rede vir die behoud van wingerde en stadige, optimale rypwording by veral mid- en laatseisoen kultivars gesien word. Die parstyd het ongeveer 10 dae later as in 2007 begin en hierdie tendens het dwarsdeur die seisoen voortgeduur. Aanvanklik was druifontledings baie goed gebalanseerd, met gemiddelde geurintensiteit in Sauvignon blanc. By mid- tot laatseisoen kultivars het abnormale suur (lae) en ph (hoë) ontledings voorgekom. Suuraanpassing was in baie gevalle noodsaaklik. Die stadiger as normale rypwording het egter baie goeie fenoliese rypwording meegebring, wat hoë verwagtinge van die 2008-rooiwynoes skep. Die gehalte van Chenin blanc en Chardonnay is baie goed. Cabernet Sauvignon, Shiraz en ook Pinotage beloof om weer eens uitsonderlike wyne uit die Paarl streek te lewer, terwyl goeie gehalte Merlot vanjaar verwag word. Daar is steeds baie rosé wyne van verskeie rooi kultivars gemaak. ROBERTSON Die 2008-oesjaar sal onthou word as een wat besondere uitdagings aan produsente, wingerdboukundiges en wynmakers gestel het. In die Robertson Wynvallei is 203 000 ton druiwe, die meeste ooit, gepars. Die oes was 3,2% groter as die rekordoes van 2007. Vroeër kultivars soos byvoorbeeld Chenin blanc, Sauvignon blanc en Pinotage se produksies was laer as verlede jaar as gevolg van vrot. Die later rypwordende kultivars se produksies was egter hoër as die vorige jaar. Een van die hoofredes vir die toename in die oes is die groot hoeveelheid reën wat in die lente en vroeg in die somer voorgekom het. Die afgelope paar jaar se aanplantings was ook meer as uitkappings en het in drag gekom. In 2004, 2005 en 2006 is onderskeidelik 299 ha, 210 ha en 135 hektaar meer aangeplant as uitgekap. Na die goeie winter het die wingerde ongeveer tien dae later gebot. Bot was egalig behalwe vir enkele Shiraz blokke. Robertson het ʼn baie koel lente en vroeë somer met baie reënval gehad. In Oktober tot Desember was die reënval 114 mm meer as die langtermyn gemiddelde. Die bergboere se damme was voor November relatief leeg, maar het na Desember oorgeloop. Die gemiddelde maksimum temperature vir

November tot Januarie was tussen 1 C en 2 C koeler as die langtermyn gemiddelde. Die temperature en reënval gedurende die oesperiode was normaal. (Bogenoemde data is vir Robertson Proefplaas se weerstasie.) Rypwording was baie stadig as gevolg van die koeler weer en die oes het ongeveer twee weke later begin. Veral suurvrot en in ʼn mindere mate botritis was aanvanklik problematies in sommige Chenin blanc en Sauvignon blanc blokke. Die reënval het egter vanaf Januarie afgeneem, wat die omvang van die vrot baie beperk het. Vrugtevlieg was n groot probleem vanjaar. As gevolg van die geil groei was baie meer arbeidsinsette vanjaar nodig om wingerdlowers te bestuur. Baie tip/top aksies is met bykomende suier- en blaarbreekaksies uitgevoer om die lowers oop te maak. Die rooiwyne vertoon op hierdie stadium uitstekend met baie goeie kleur. Kultivars wat veral goed lyk is Pinotage en Merlot. Chardonnay is ook soos gewoonlik van hoogstaande gehalte. STELLENBOSCH Die oes is vroeg in die seisoen hoër as die 2007-oes geskat. Weens ongunstige klimaatstoestande het die vroeë voorspelling nie gematerialiseer nie en die oes word tans dieselfde tot 1.5% hoër as die 2007 oes geskat. Ten spyte van die groot aantal blomtrosse is oesgrootte deur koel, reënerige en winderige toestande asook botritis op Chardonnay en veral Shiraz beïnvloed. Ligter oeste het veral by Sauvignon blanc as gevolg van kleiner trosse voorgekom. Dieselfde tendens is by sekere Cabernet Sauvignon wingerde waargeneem, waar trosse kleiner en die tweede tros op ʼn loot baie klein was. Ten spyte hiervan is goeie gemiddelde produksies van Pinotage, Chenin blanc en Merlot verkry. Nadelige faktore het in die koeler kusgebiede ʼn groter invloed op oesgrootte gehad. Goeie reën en genoegsame koue het in die winter voorgekom. Die vroeë lente was koel, met baie wind en reën. Dit is deur matige (November) tot normale (Desember) temperature en afwisselende reën wat in die vroeë somer voorgekom het, opgevolg. Die temperature vir Januarie was warm met gemiddelde reënval, terwyl Februarie heelwat koeler was, met hoër reënval as normaal. Relatief min suidoostewinde en heelwat suidwestewinde het in hierdie periode voorgekom. Maart en April het bo-gemiddelde temperature met enkele reënbuie in Maart gehad. Slegs enkele baie warm dae het in Maart voorgekom. Klimaatgewys was dit ʼn koel en reënerige voorsomer en n normale tot koel mid-somer met enkele reënbuie. Die parsseisoen was koel tot warm aan die einde van die periode met reën in Februarie. Goeie en gelyk bot het voorgekom. Aanvanklik is ʼn groot getal blomtrosse op alle kultivars waargeneem en vrugbaarheid was normaal tot bo-normaal. Tydens blom van sekere kultivars is koel, reënerige en winderige toestande ondervind. Dit het veroorsaak dat swak set en losser trosse voorgekom het, veral by Merlot, Shiraz en tot ʼn mindere mate by Cabernet Sauvignon. Lootgroei was goed tot geil weens die matige temperature en gereelde reënbuie. Trosontwikkeling, wat grootte betref, was nie na wense nie. Klein

trosse het veral by Sauvignon blanc, Cabernet Sauvignon en tot ʼn mindere mate by Chenin blanc en Shiraz voorgekom. Die verskynsel kan moontlik aan die koel/koue toestande wat tydens die differensiasieperiode van die trosse in die vorige seisoen (November - Desember 2006) geheers het, toegeskryf word. Siektedruk was deurgaans hoog in die groeiseisoen met witroes en kalanders wat lastig was. Met dounagte wat reeds in Januarie voorgekom het, het donsskimmel probleme veroorsaak, veral op jonger blare. Reën en hoë humiditeit regdeur die groeiseisoen was vir die voorkoms van botritis by Chardonnay, Sauvignon blanc, en later in die seisoen ook by verskeie Shiraz en Cabernet Sauvignon wingerde verantwoordelik. Die tendens het die vorige oesjaar ook voorgekom, maar was vanjaar van ʼn groter omvang. Blaarverlies, veral aan lootpunte, het teen die einde van die oes weens donsskimmel infeksie voorgekom. Enkele baie warm dae begin Maart het blare, van veral Shiraz, oornag laat vergeel die tendens is ook by enkele ander laat kultivars waargeneem. Die druiwe het vanjaar ongeveer 7 tot 10 dae later as normaal ryp geword, hoofsaaklik vanweë die koeler klimaat. Gehalte was besonder goed met baie goeie druifontledings. Goeie tot hoë suikers is verkry, goeie ph lesings (uitgesonderd laat kultivars), met hoë appelsure wat dikwels voorgekom het. Oor die algemeen kan na ʼn goeie en interessante jaar vir wyngehalte uitgesien word. SWARTLAND / MALMESBURY Aanvanklik is daar ʼn effe groter oes as verlede jaar verwag, maar volgens huidige statistieke is dit 6% groter. Heelwat meer wit en effens meer rooi druiwe is ingeneem. Oesverwagtings tussen kelders verskil aansienlik. Chenin blanc het besonder goed gevaar, veral op marginale gronde; Darling Wynkelder se Chenin oes was byvoorbeeld 41% groter. 'n Bogemiddelde nat en koue winter het die grond tot veldkapasiteit gevul en goeie afloop asook vol damme meegebring. Veral droëland wingerde het heelwat hierby gebaat. As gevolg van die goeie winterreën het sterk groei vanjaar plaasgevind wat ook deur opvolgreën tydens die lente aangehelp is. Chenin blanc en Chardonnay blokke het egalig gebot, asook Shiraz in ʼn mindere mate, terwyl Cabernet Sauvignon onegalig gebot het. Ekstra insette is rondom loofbestuur geverg om verdigting te voorkom. Siektedruk is goed beheer en was eers heelwat later in die seisoen hoog. Baie goeie dekgewas produksie is vanjaar verkry en meer produsente het dekgewasse gelos om eers saad te skiet. Tesame hiermee het onkruidstande heelwat probleme veroorsaak en baie produsente het moed opgegee om dit te beheer. Kenmerkend van die vorige seisoen was hittegolwe in Januarie. Hoewel hoë dagtemperature wel in dieselfde tydperk vanjaar bereik is, was daar geen hittegolwe nie. Temperature in Februarie was warm tot uiters warm en saam met geen reën het dit die waterbehoefte vir wingerde die hoogte laat inskiet.

Weens die laat seisoen was die innames van druiwe by die kelders aanvanklik twee tot drie weke laat met heelwat opeenhoping van kultivars binne ʼn kort tyd. Gehalte oor die hele spektrum is baie belowend en die druiwe was ooglopend gesond. Chenin blanc lyk uitstekend en Chardonnay lyk oor die algemeen ook baie goed, behalwe langs die kusstreek waar donsskimmel einde Desember, asook laat witroes, problematies was. Cabernet Sauvignon het nader aan die parstyd gesukkel om kleur en suikers te kry en dit word grootliks toegeskryf aan jong blare wat deur donsskimmel gedood is. WORCESTER Die Worcester oesskatting word tans nog vir Worcester en Breedekloof gesamentlik gedoen. Volgens die laaste skatting in April was 372 400 ton teenoor die 352 300 ton van die vorige seisoen verwag. Hierdie verskil word hoofsaaklik aan die reën gedurende dié seisoen toegeskryf, wat tot groter korrels aanleiding gegee het. Na ʼn koue en nat winter het die meeste kultivars laat gebot, wat die eerste aanduiding van ʼn moontlike laat oes was. Dit het verder gereeld tydens die groeiseisoen gereën, met swaar neerslae veral einde November en begin Desember. Hierdie reënbuie tesame met donderweer wat stikstof in die atmosfeer vrygestel het, het tot besonder geil groeiende wingerde gelei. Die set van dié wingerde was oor die algemeen redelik goed. Verdere reënbuie tydens die selvergrotings- en deurslaanperiode het korrelvergroting veroorsaak, wat tot ʼn groot oes bygedra het. Vanweë die gereelde reënbuie was die siektedruk die afgelope seisoen deurgaans hoër. Probleme het ontstaan waar produsente nie hul spuitprogramme vir die later en langer seisoen aangepas het nie. Kontakmiddels moes gedurende die seisoen met sistemiese beheer afgewissel word. Talle produsente het nagelaat om vir die laat kultivars ʼn bykomende spuit in te werk. Die gevolg was witroes en donsskimmel op hierdie laat kultivars. Dit was ʼn moeilike parsseisoen. Reën tydens parstyd het veral Chenin blanc wingerde swaar getref. Korrels is uit die trosse gedruk en botritis en suurvrot het in sekere gevalle groot skade aangerig. Kelders was genoodsaak om vinnig aan te pas om die botritisskade tot ʼn minimum te beperk. Die hittegolf in Februarie het veroorsaak dat van die wingerde skielik ryp geword het en dat kelders gesukkel het om die opeenhoping te verwerk. Baie wingerde, veral teen die einde, het nie die gewensde suikervlakke bereik nie. Die gehalte van die eerste deel van die pars was uitstekend, met mooi geure in veral Sauvignon blanc en Chenin blanc. Botritis het ʼn effense demper hierop geplaas. Goed gesuierde wingerde het nietemin goeie wyne gelewer, in baie gevalle as gevolg van blaarval wat deur laat donsskimmel veroorsaak is.

Oor die algemeen is die gehalte redelik. Heelwat rooi druiwe soos Ruby Cabernet is weer vir rabat gepars. III. ELDERS IN DIE SUIDELIKE HALFROND Australië Hoewel die 2008-oesjaar vir wyndruiwe hoër opbrengste as die aanvanklike skattings opgelewer het (1,6 miljoen ton), is volumes steeds ver onder die gemiddeld van twee miljoen ton. Die tekort kan toegeskryf word aan die ergste droogte wat die vasteland die afgelope eeu beleef het. Die gebrek aan reënval in 2007, veral in die Murray-Darlingrivier kom, wat die tuiste is van n groot deel van die land se landbou- en wynproduksie (Nieu-Suid Wallis, Victoria en suidelike Queensland), het tot gevolg gehad dat daar voortdurend n premie op besproeiingswater was. Wingerde wat in koeler gebiede in Australië verbou word, word minder deur droogte of probleme met toegang tot besproeiingswater geraak. Sommige produsente was genoodsaak om wingerde uit te kap wat andersins van dors sou doodgaan. Nieu-Seeland n Rekordoes word in 2008 verwag, met baie goeie vooruitsigte vir verkope, aldus die bedryf se nasionale organisasie. Vanjaar se oes sal na verwagting met 20 persent tot 245 000 ton toeneem. Die 2008-oesjaar was egter moeilik as gevolg van die hoë opbrengste en reënval wat op n slegte tydstip gekom het. Danksy n lang, warm somer het alle kultivars hoë gehalte druiwe gelewer. IV. OESJAARGIDS Die aantal wynstreke, hul geografiese afstand en klimatologiese verskille maak dit onmoontlik om te veralgemeen. Desondanks kan die oorkoepelende eienskappe van die vorige nege oesjare soos volg opgesom word: 2007: So goed soos, of beter as 2006. Gehalte in die rondte, met elegante Sauvignon blanc en goed-gestruktureerde Chardonnay die sterre onder die wittes. Klimaatsomstandighede en koeler temperature in Februarie het fisiologiese rypheid bevorder. Swart druiwe het kleiner korrels met uitstekende dop:vrug verhoudings gehad. Manjifieke kleur, geurkonsentrasie en algehele struktuur. 2006: Gehalte regoor die spektrum. Intense karakter en uitsonderlike geur konsentrasie. Top gehalte Chardonnay, Sauvignon blanc en Chenin. Volronde Shiraz met uitstekende verouderingspotensiaal. Pinotage en Cabernet Sauvignon toon goeie kleur en geure. 2005: n Moeilike oesjaar met n baie droë winter, uitermatige reënval tydens die parstyd en n versengende hittegolf teen die middel van Februarie. Kleiner opbrengste het gekonsentreerde geure en lieflike kleure meegebring. Manjifieke rooiwyne, maar versigtige keuses moet gemaak word. 2004: Ná n parstyd wat gevoel het of dit nooit gaan ophou nie, blyk dit dat die lang wag die moeite werd was. Elegante wyne met groter verouderingspotensiaal weens n koeler seisoen. Laer alkohol en sagte tanniene is kenmerkend van dié oesjaar.

2003: n Uitstekende oesjaar, een van die heel bestes die afgelope tyd. Wit- sowel as rooiwyne beïndruk met volronde struktuur en kompleksiteit. 2002: Let op individuele kelders, eerder as algemene tendense. Donsskimmel het wydverspreide probleme veroorsaak. Goeie Sauvignon blanc, Chardonnay, Shiraz, Merlot, Pinotage en nuwe kloon Cabernet Sauvignon wyne. 2001: Die somer was baie warm en droog met min siektes. Wyne was hoog in alkohol, met baie gekonsentreerde geure. 2000: Die oes was klein. n Aantal uitstekende rooiwyne wat goed sal verouder. Groot, alkoholiese witwyne. 1999: Groot oes, warm somer. Uitstekende rypwordingstoestande. Rooiwyne hoog in alkohol, sal mettertyd ontwikkel. Vrugtige witwyne. V. AANHALINGS UIT DIE STREKE Breedekloof Pieter le Roux Carstens, Slanghoek Oestyd het vanaf week 5 tot 16 geduur en was ʼn goeie oesgrootte van bo-gemiddelde gehalte. Die grootste uitdaging vanjaar was om blokke op n aanvaarbare rypheidsgraad te pars, sonder dat enige vrot in die wingerd die wyngehalte benadeel. Dit was n uitstekende groeiseisoen sonder enige hittegolwe tydens die parstyd. Druiwe het weens die matige klimaat, maar ook die koue nagte, n hoë mate van optimale rypheid bereik. Chardonnay is vanjaar besonder vol en kompleks met gekonsentreerde geure, terwyl Colombard opvallend vrugtiger is as in 2007 met prominente koejawel, appel en tropiese geure en ʼn gebalanseerde mondgevoel. Al die rooi kultivars toon goeie potensiaal met intense kleur en belowende geurprofiele. Alles dui op n belowende seisoen vir rooiwyne. Constantia Boela Gerber, Groot Constantia Aanhoudende reën vroeg in die seisoen het probleme met vrot veroorsaak. Ons het vanjaar n groot plukspan gehad, met baie bykomende kontrakplukkers, en het deeglik in die wingerd gesorteer om enige vrot te elimineer. Desondanks moes ons n tweede keer in die kelder sorteer om te verseker dat ons slegs die beste druiwe gebruik. Die relatief koel toestande tydens rypwording het tot manjifieke vruguitdrukking by witsowel as rooiwyne gelei. Ons het vanjaar uitsonderlike witwyne en goeie rooiwyne gemaak. Alhoewel ek baie tevrede is met al die witwyne, is die kultivar wat die beste gevaar het ongetwyfeld Sauvignon blanc, wat n ryp, tropiese vrugkarakter en ferm suur het. Die beste rooiwyn is Shiraz, wat goeie kleur en heelwat spesery en peper op die neus het. Pinotage het mooi vrug en goeie kleur, maar nie dieselfde konsentrasie en kompleksiteit wat ons in 05 en 06 gekry het nie.

Ons oes was sowat 20% kleiner, meestal wat betref die rooies, met Pinotage en Cabernet Sauvignon wat vanjaar die minste opgelewer het. Klein Karoo Stroebel Nel, De Krans Wat die afgelope groeiseisoen betref, het ons baie (te veel) reën in November en Desember gehad. Dit het ook in Februarie gereën, wat veroorsaak het dat byna alle kultivars, veral dié wat later geoes is, gevrot het. Olifantsrivier Len Knoetze, Namaqua Wines Die oes by Spruitdrift is vanjaar ligter wat rooiwyn betref en bietjie swaarder by die witwyne. Omdat dit n moeilike ph jaar was, moes wynmakers presies weet wat hulle in die kelder doen. Die gehalte van ons rooiwyne is baie goed, veral Merlot en Cabernet Sauvignon, en ook Pinotage. Aan die einde van die seisoen wat daar n bietjie vrot by die wit druiwe, maar in die geheel gesien was dit vir ons n heel goeie seisoen wat siektes betref. Paarl Rudiger Gretschel, Boekenhoutskloof, Franschhoek Die groeiseisoen het met goeie, gelyk bot na n koue, nat winter afgeskop. Ons het tydens blom en veral tydens set met koue, nat en winderige omstandighede gesukkel; gevolglik het minder bevrugting tydens hierdie uiters belangrike tye in die ontwikkeling van die wingerd plaasgevind, trosse was losser met swak set. Die oes het goed begin met die wit kultivars, alhoewel dit weekliks in Februarie en Maart gereën het. Ons kon al die wit druiwe, insluitend ons kosbare Sémillon, inbring voordat enige skade soos vrot ingetree het. Die Syrah druiwe in besonder was manjifiek. Ons het nietemin as gevolg van die aanhoudende reën met verdunning by Cabernet franc en Cabernet Sauvignon te kampe gehad. Hierdie toestande het die wynmaker in die kelder beproef en ons moes die mos aftap om behoorlike konsentrasie en ekstraksie in die wyn te verkry. Volgens ons was dit n skaflike oesjaar, maar nie noodwendig een wat ons vir n lang tyd sal onthou nie. Robertson Johan Stemmet, Excelsior Estate, Ashton Ons het n groot oes, sowat 10% meer as normaal. Daar was n bietjie vrot by die wit druiwe. Die gehalte van die vorige twee oesjare was beter as vanjaar. Stellenbosch Guy Webber, Stellenzicht

Amptelike weerdata vir Januarie en Februarie toon dat 2008 hier aansienlik warmer was met 132 ure bokant 30 C vergeleke met slegs 39 uur tydens die ooreenstemmende tydperk in 2007. Desondanks was die gemiddelde maksimum temperatuur vir albei jare nie opmerklik verskillend nie 2008 het dus die maksimum temperatuur vir langer periodes tydens die dag behou. Ondanks bogenoemde was 2008 n baie beter groeiseisoen as 2007 omdat ons aansienlik meer reën met gereelde tussenposes tydens die lente en vroegsomer gehad het. Al die wingerde het geil gegroei en die gemiddelde opbrengste was omtrent 12% meer as in 2007. Wyne van die 2008-oesjaar het effens laer alkohol weens die verhoogde groeikrag en die wingerde se vermoë om die druiwe meer doeltreffend ryp te maak. Pinotage se styl herinner aan 2001 toe dit meer eienskappe van Pinot noir geopenbaar het, terwyl Shiraz dieselfde intensiteit as in 2005 toon. Die Bordeaux kultivars is baie elegant en onder die wittes is Sémillon besonder kruidagtig. Tulbagh Dewaldt Heyns, Saronsberg Die afgelope seisoen was nader aan normaal as die vorige vyf seisoene wat ons beleef het. Goeie winterreën met voldoende koue eenhede het voorgekom. Die lente en somer was effe koeler as normaal a.g.v. gereelde koue fronte wat die Wes-Kaap getref het. Weens die swak aard van die fronte het Tulbagh minder reën as sekere ander streke gekry en dus nie die gepaardgaande oesverliese weens vrot ondervind nie. Dit was in teendeel n gesonde jaar ten spyte van die natter toestande. Dit is dalk danksy die vorige aantal droë jare wat die spoorvlakke van die meeste swamme verminder het. Rypwording is deur koeler weer vertraag, wat dit n lang, uitgerekte seisoen gemaak het. Die uitgerekte seisoen was positief vir tannien rypheid en laer alkohol, ten koste van vrugkompleksiteit. Die wyngehalte blyk gemiddeld tot effe bogemiddeld te wees, met die Sauvignon blanc, Chardonnay en Cabernet Sauvignon wat uitstaan. Ek dink nie dit sal n uitstekende jaar wees nie, weens vrugkonsentrasie vlakke wat op hierdie stadium nie so goed soos ander jare vertoon nie. Druiwe wat laat in Maart en April geoes is, voldoen ook nie aan verwagtinge nie. Worcester Anneke van Niekerk, Nuy Wine Cellar Die 2008-wynoes het na 'n goeie winter baie belowend gelyk. Die reën vroeg en middel Februarie het egter 'n invloed op die vroeë kultivars gehad en veral Chenin blanc, Sauvignon blanc en SA Riesling is deur vrot getref. Die oes het tien dae later as gewoonlik begin en ook tien dae later as gewoonlik klaargemaak. Die kelder was onder druk met die inname van die druiwe, veral met die rekordoes was die daaglikse inname hoër as gewoonlik. Oor die algemeen lyk die gehalte goed en veral die rooiwyn het mooi donker kleure asook mooi struktuur. Die witwyne het mooi vrug.