Employment Tax Incentive (ETI) Act

Vergelijkbare documenten
Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

NUUSBRIEF: DESEMBER 2010-FEBRUARIE 2011

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER. 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer )

BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE

Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat

ARBEIDSREG ABR214. T:

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

Hoofstuk 12 INTESTATE ERFOPVOLGING

AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK. Aangeheg. Familie Kode: Toelatingskode:

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

KONTANT BESTUUR BELEID

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

AFLEGGING VAN WERKER (DIENSBEëINDIGING) EN UITBETAAL VAN VERLOF

KENNISGEWING VAN VERDAAGDE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN BKB-AANDEELHOUERS

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

HR BYLAE F-5 BEPALINGS EN VOORWAARDES VERBONDE AAN SOLIDARITEIT LIDMAATSKAP

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Egskeidingskontrolelys vir Lede

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

AANSOEK OM STUDIELENING

WES-KAAP ONDERWYS DEPARTEMENT

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

AANSOEK OM LIDMAATSKAP VORM 1

INLIGTINGSDOKUMENT: HOE OM GRONDEISE TE HANTEER

Kliënte kommunikasie - Begroting 2016

Eise Proses Die volgende eis-omstandighede en tydsbeperkings is van toepassing wanneer jy n eis teen jou Opknapper polis moet indien:

Geldterugvoordeel. Beskikbaarheid

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

Statistieke met een oogopslag

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

GROENIE NESSIE KLEUTERSKOOL

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. Maatskappye Wet, 71 van 2008 (soos gewysig) AKTE VAN OPRIGTING VAN N MAATSKAPPY SONDER WINSOOGMERK MET STEMREG VIR LEDE

DIENSVOORWAARDES VIR NAVORSINGS- EN STEUNDIENSTEPERSONEEL

Nadat al bogenoemde nagegaan is, sal n kredietlimiet aan die debiteur toegeken word. Dit is die maksimum bedrag waarvoor die debiteur mag koop.

WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES

Press Minister Pravin Gordhan, 2014 Begrotingsrede

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

Die verhuurder verleen aan die huurder die eerste opsie om die kontrak te hernu vir n verdere termyn.

Uittree-annuïteit en Bewaringsfondse

Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers

DIENSVLAKOOREENKOMS MET BETREKKING TOT DIE PLASING VAN WERWINGSADVERTENSIES, ONDERHOUDSVOERING EN HERVESTIGING VAN NUUT AANGESTELDE PERSONEEL

MUNISIPALITEIT VERHURING VAN KARAVAAN- /KAMPEERSTAANPLEKKE EN CHALETS IN MATZIKAMA MUNISIPALE GEBIED

Belastingvrye Belegging. Planbeskrywing

Nadat al bogenoemde nagegaan is, sal n kredietlimiet aan die debiteur toegeken word. Dit is die maksimum bedrag waarvoor die debiteur mag koop.

Verlof 251 A. OORSIG. Die aantal dae wat n werknemer gewoonlik in ses weke sou gewerk het binne n siklus van 36 maande.

HR BYLAE F-5 BEPALINGS EN VOORWAARDES VERBONDE AAN SOLIDARITEIT LIDMAATSKAP

ARBEIDSREG ABR214. T:

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

BEPALINGS EN VOORWAARDES VERBONDE AAN SOLIDARITEIT LIDMAATSKAP

Toepaslike Eenheidstandaarde

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

A B C Toekenning. 15 Februarie 2003

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

GRONDWET VAN DIE PAARL BELASTINGBETALERSVERENIGING (Die Grondwet) - 26 Januarie 2012

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

Bladsy 1 van Die Nasorgsentrum behou die reg voor om toelating tot die sentrum te weier sonder om redes te voorsien vir sodanige besluit.

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2014 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

KENNISGEWING VAN VOORLEGGING VAN VOORGESTELDE BESLUITE AAN AANDEELHOUERS VIR AANNEMING INGEVOLGE ARTIKEL 60 VAN DIE MAATSKAPPYWET

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW)

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

Eerste jaarvergadering en konstitusie

Transcriptie:

Inkwazi Office Park Block A 1249 Embankment Road Zwartkop X7 Privaatsak X180 CENTURION 0046 +27+12 643 3400 +27+12 663 3178 agrisa@agrisa.co.za Employment Tax Incentive (ETI) Act Proviso Let asseblief daarop dat hierdie riglyn slegs adviserend is en dat enige boer wat gebruik wil maak van hierdie hul plaaslike SARS kantoor moet raadpleeg vir verdere advies. Doelwitte Die wetgewing se doel is om privaatsektor indiensneming aan te moedig deur middel van n belasting wat die kostes om jong onervare werksoekers in diens te neem sal verminder vir die werkgewer. Die wetgewing maak voorsiening vir werkgewers om n gedeelte van die koste te verhaal in verband met die indiensneming van kwalifiserende jong werknemers of werknemers van enige ouderdom binne n spesiale ekonomiese sone of aangewese bedryf. Die word bereken volgens n voorgeskrewe formula vir die eerste en tweede jaar van diens en sal verval ná 24 kwalifiserende maande binne die volgende drie jaar (1 Januarie 2014 tot Desember 2016). Ten einde hierdie te benut, maak die wetgewing voorsiening vir die werkgewer om die totale maandelikse werknemersbelasting (PAYE) wat hy/sy aan SARS namens al sy werknemers moet oorbetaal te verminder. Indien die totale ten opsigte van al die kwalifiserende werkers die bedrag van PAYE betaalbaar deur sodanige werkgewer in n gegewe maand oorskry, mag die oorskryding bedrag oorgerol word na die volgende maand en die maand daarna vir n totale tydperk van ses maande, waarna die totale oorskryding bedrag geëis kan word en deur SARS terugbetaal moet word. Die bedrag wat geëis word sal ingevolge artikel 10(1)(s) van die Inkomstebelastingwet kwalifiseer as vrygestelde inkomste. Dit beteken dat enige wat deur die werkgewer ontvang word ingevolge hierdie wetgewing nie as belasbare inkomste geag sal word nie. Die terugbetaling van die oorskryding bedrae sal eers in werking tree op n datum soos bekend gemaak deur die Minister van Finansies in die Staatskoerant. Totdat dit bekend gemaak word sal die sesmaandelikse oorrol van oorskryding bedrae voortgaan onderhewig aan sekere beperkings (maksimum van R6 000 per kwalifiserende werknemer wat in diens was op die eerste dag van die maand na afloop van die ses maande rekonsilasietydperk).

Op wie is dit van toepassing? Ten einde te kwalifiseer vir hierdie belasting, moet die werkgewer en die werknemer voldoen aan die volgende vereistes: Die werkgewer: Moet geregistreer wees by SARS vir werknemerbelastingsdoeleindes (PAYE). Dit word gedoen ingevolge paragraaf 15 van die 4de Skedule tot die Inkomstebelastingwet. Moet nie binne die nasionale, provinsiale of plaaslike regersingsfeer val nie; mag nie n openbare entiteit gelys in bylae 2 en 3 tot die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA) (anders as die openbare entiteite soos beskryf deur die Minister van Finansies in die kennisgewing per die Staatskoerant) wees nie; mag nie n munisipale entiteit soos omskryf in artikel 1 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels wees nie, en mag nie gediskwalifiseer wees deur die Minister van Finansies weens die uitdienstelling van n werknemer of nie nakoming van die voorwaardes soos voorgeskryf deur die Minister van Finansies nie. n Kwalifiserende werknemer mag gediskwalifiseer word om die volgende redes: 1. Uitdienstelling van ouer werknemers n Werkgewer mag gediskwalifiseer word indien hy/sy nie kwalifiserende werkers ontslaan ten einde kwalifiserende werks aan te stel bloot om die belasting te benut. Sodanige ontslag moet ook kwalifiseer as n automatiese onbillike ontslagting ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge om die werkgewer te diskwalifiseer (tesame met diskwalifisering wat die betref, sal die werkgewer ook aanspreeklik wees vir die betaling van n boete van R30 000 aan SARS weens die uitdienstelling van die werknemer). 2. Nie nakoming van loon regulerende maatreëls n Loon regulerende maatreël kan een van die volgende vorms aanneem: n Sektorale vasstelling; Kollektiewe ooreenkoms; of Bindende ooreenkoms aangegaan binne die bedingingsraad. Indien die werkgewer verplig is om volgens enige van bogenoemde maatreëls n minimum loon te betaal en hy/sy versuim om dit te doen, sal hy of sy nie kwalifiseer vir die belasting nie. Indien die werkgewer nie gebind is deur enige loon regulerende maatreël nie, sal hy of sy steeds nie vir die belasting kwalifiseer indien hy/sy die werknemer minder as R2000 per maand betaal nie, of indien die werknemer minder as n maand werk, n bedrag gelykstaande aan daardie loon betaal nie.

Soos verduidelik sal word in die volgende afdeling, maak die wet voorsiening vir n werkgewer om n te bereken indien die werknemer minder as R2000 per maand verdien. In die lig van bogenoemde voorwaarde, kan ons aanneem dat hierdie slegs van toepassing sal wees op werkgewers wat gebind is deur n loon regulerende maatreël waar sodanige maatreël n maandelikse loon van minder as R2000 toelaat. Alle ander werkgewers sal waarskynlik gediskwalifiseer word indien hul werkers minder as R2000 per maand verdien. n Kwalifiserende werknemer mag ook tydelik uitgesluit word indien: Hy/sy versuim om n belastingopgawe in te dien; of Hy/sy enige uitstaande belastingskuld het, met die uitsondering van: o skuld ten opsigte waarvan n ooreenkoms aangegaan is tussen die werkgewer en SARS; o skuld wat opgeskort is; of o skuld wat nie die bedrag soos na verwys in artikel 169(4) van die Wet op Belastingadministrasie oorskry nie. Terwyl hy/sy tydelik gediskwalifiseer is, mag die waarop die werkgewer geregtig is oorgerol word na die volgende maand. n Kwalifiserende werknemer: Moet tussen die ouderdomme van 18 en 29 jaar wees. Ouderdom sal nie n relevante faktor wees nie indien die werknemer in n geografiese gebied wat aangedui is deur die Minister van Finansies in die Staatskoerant as n spesiale ekonomiese sone werk of in diens is van n bedryf soos aangedui deur die Minister van Finansies. Benewens bogenoemde vereistes, moet die werknemer: n geldige Suid Afrikaanse ID nommer hê. Indien die werknemer nie n geldige ID nommer het nie, sal hy of sys legs kwalifiseer as hy of syin besit is van n geldige asiel soeker permit; nie verwant wees aan die werkgewer soos omskryf in die Inkomstewet nie. nie n huiswerker wees nie; nie minder as die drempel soos hierbo verduidelik verdien nie; en begin werk het op of ná 1 Oktober 2013.

Let daarop dat die werknemer n Suid Afrikaanse landsburger moet wees. Op die EMP501 vorm wat tans gewysig word moet die werkgewer melding maak van die ID nommer van sy kwalifiserende werknemers. Dus is dit noodsaaklik dat voornemende werknemers geldige IDdokumente het. Daar is ook geen voorwaarde dat werknemers permanent aangestel moet wees ten einde te kwalifiseer nie. Seisoenale werkers word presies dieselfde behandel as enige ander werknemer vir die tydperk waarin hulle in diens is. Berekening van Gedurende die eerste diensjaar, is die werkgewer geregtig op: a) 50% van die werknemer se maandelikse vergoeding indien hy/sy R2000 of minder verdien (Let daarop dat indien die werknemer minder as R2000 verdien, die slegs beskikbaar sal wees aan werkgewers wat gebind is deur n loon regulerende maatreël wat n maandelikse loon van minder as R2000 toelaat. Alle ander werkgewers kan slegs toegang tot hierdie verkry indien hul werkers presies R2000 per maand* betaal word.) *Let verder daarop dat werkgewers wat nie gebind word deur n loon regulerende meganisme gediswalifiseer sal word weens die feit dat hulle hul werkers minder as R2000 per maand betaal. Indien meer as R2000 betaal word, word die bereken volgens paragraaf (b) hieronder. b) indien die werknemer tussen R2001 en R4001 verdien; c) Indien die werknemer meer as R4000 maar minder as R6001 verdien, sal die volgende geld: Voordeel aan werkgewer = ½ (maandelikse vergoeding R4000) d) Werkgewers is nie geregtig op enige indien hul werkers meer as R6000 verdien nie. Gedurende die tweede diensjaar, is die werkgewer geregtig op: a) 25% van die werknemer se maandelikse vergoeding indien hy/sy R2000 of minder verdien. (Let daarop dat indien die werknemer minder as R2000 verdien, die slegs beskikbaar sal wees aan werkgewers wat gebind is deur n loon regulerende maatreël wat n maandelikse loon van minder as R2000 toelaat. Alle ander werkgewers kan slegs toegang tot hierdie verkry indien hul werknemers presies R2000 per maand* betaal word.) b) R500 indien die werknemer tussen R2001 en R4001 verdien; c) Indien die werknemer meer as R4000 maar minder as R6001 verdien, sal die volgende geld: Voordeel aan werkgewer ¼ (maandelikse vergoeding R4000)

d) Werkgewers is nie geregtig op enige nie indien hul werknemers meer as R6000 verdien. *Let daarop dat werkgewers wat nie gebind is deur n loon regulerende meganisme gediswalifiseer sal word weens die feit dat hulle hul werkers minder as R2000 per maand betaal. Indien meer as R2000 betaal word, sal die bereken word volgens paragraaf (b) hierbo. Berekening van belastingvoordele Eerste jaar Tweede jaar 50% van maandelikse vergoeding 25% van maandelikse vergoeding R500 ½ (maandelikse vergoeding R4000) R500 ¼ (maandelikse vergoeding R4000) Die wyse waarop jy die benut moet verduidelik word. Bogenoemde formule moet gebruik word om die monetêre waarde van die waarop n kwalifiserende werkgewer geregtig is te bereken. Ten einde die te benut, mag die werkgewer die totale maandelikse PAYE wat die werkgewer verplig is om oor te betaal aan SARS verminder met die totale soos bereken. Ingevolge paragraaf 2 van die 4de bylae tot die Inkomstebelastingwet, is n werkgewer verplig om n voorgeskrewe gedeelte van n werknemer se maandelikse vergoeding terug te hou as PAYE (indien sodanige werknemer meer as die belastingdrempel verdien) en dit aan SARS oorte betaal namens daardie werknemer; hierdie staan bekend as die Pay As You Earn stelsel. Elke werknemer bly aanspreeklik vir die betaling van belasting, maar dit is die werkgewer se plig om sodanige belasting terug te hou en dan die som van sy/haar totale werknemerbelasting vir daardie maand aan SARS oor te betaal. Waar n werkgewer geregtig is op n ingevolge hierdie wet, mag hy/sy die totale waarde van die aftrek van die PAYE bedrag wat namens al sy werknemers oorbetaal moet word. Met ander woorde, selfs indien geen kwalifiserende werker belasbaar is nie, kan die benut word deur daardie bedrag af te trek van die totale PAYE bedrag wat die werkgewer verplig is of namens all sy ander werknemers aan SARS oor te betaal. Die totale berekende moet geëis word in die toepaslike blok op die maandelikse EM201 verklaring wat by SARS ingedien word.

Indien die totale verskuldig aan die werkgewer (die som van die voordele ontvang vir alle kwalifiserende werknemers) meer is as die totale PAYE bedrag wat aan SARS verskuldig is, kan die oorskryding oorgerol word na die volgende maand. Met ander woorde, indien die werkgewer soveel kwalifiserende werknemers in diens het dat die som van die voordele die totale PAYE betaalbaar namens sy/haar ander werkers oorskry, kan sodanige oorskryding gevoeg word by die volgende maand se. Indien daar weer n oorskryding is, kan dit oorgerol word na die volgende maand, en so voorts. Die totale maandeliks berekende plus die oorgerolde bedrag most geëis word op elke maand se EMP201 verklaring. Laastens, wanneer daar van die werkgewer vereis word om n belastingopgawe in te dien vir elke ses maande (par. 14(3)(a) van die 4de bylae tot die Inkomstebelastingwet) kan hy/sy n eis indien by SARS vir die oorskryding bedrag wat nie gedek is deur die totale werknemerbelasting wat hy teruggehou het nie, asook al die oorskryding bedrae wat oorgerol is van die vorige vyf maande. Die bedrag wat geëis word sal hanteer word as n terugbetaling van die inkomste ingevorder en oorbetaal aan die Nasionale Inkomstefonds. Die stelling in die wet wat n werkgewer toelaat om die terugbetaling soos hierbo beskryf te eis het nog nie in werking getree nie. Tot tyd en wyl die Minister dit in die Staatskoerant aankondig, moet die oorskryding bedrag oorgerol word na die volgende ses maande tydperk. Daar is n belangrike beperking wat geld ten opsigte van die totale oorskryding wat n werkgewer mag eis. Sodra die terugbetalingskema in werking tree, sal n werkgewer slegs n maksimum van R6000 per kwalifiserende werknemer wat steeds indiens is waneer die werkgewer sy/haar rekonsiliasie doen mag eies. Met ander woorde, die bedrag word beperk tot R6000 x die aantal kwalifiserende werknemers wat steeds in diens is op die eerste dag van die maand ná afloop van die ses maande rekonsiliasietydperk. Die selfte geld ook indien geen terugbetaling geëis mag word omdat die Minister nog nie die inwerkingtreding van die skema aangekondig het nie of omdat die werkgewer uitstaande belastingskuld het of nagelaat het om n belastingopgawe in te dien. In hierdie scenario moet die oorskryding oorgedra word na die volgende ses maande rekon periode. Weereens mag dit nie die maksimum van R6000 per kwalifiserende werker wat in diens is op daardie tydstip oorskry nie. Voorbeeld 1 Die voorbeeld is gegrond op n kwalifiserende werkgewer wat een nie kwalifiserende werknemer (me A) voltyds in diens het teen R8350 per maand (R500 belasting) en een kwalifiserende werknemer (aangestel vanaf 1 November 2013) (mnr B) wat R3000 per maand verdien, ook votyds. Me A Mnr B Maandelikse vergoeding R8350 R3000 Inkomstebelasting betaalbaar R500 R0 Voordeel bereken volgens die R0 formula per wetgewing Maksimum bedrag wat oorgerol sal word na afloop van die rekon periode = [1 (kwalifiserende werknemer) x R6000]) R6000 beperk tot werklike oorskryding bedrag (oorgerol) van R3000

Rekon periode 1 Maart tot 31 Augustus R500 R500 + R500 + R500 + R500 + R500 R500 oorgerol oorgerol R1500 oorgerol R2000 oorgerol R2500 oorgerol R500 R1500 R2000 R2500 R3000 Werkgewer dien op 1 September n eis in vir R3000 wat hanteer sal word soos n terugbetaling van die Nasionale Inkomstefonds indien terugbetalings aangekondig is, andersins moet dit oorgedra word. Met hierdie scenario, is die werkgewer daarop geregtig op per maand te ontvang. Hy of sy kan onmiddellik n gedeelte van die realiseer deur die maandelikse R500 PAYE wat hy/sy namens me A aan SARS sou moes oorbetaal het, terug te hou. Die totale PAYE bedrag is egter onvoldoende om die volle waarop die werkgewer geregtig is te dek, met die gevolg dat die oorskryding oorgerol word na die volgende maand en uiteindelik geëis word wanneer die werkgewer die sesmaande rekon indien. Soos per die wetgewing, word die totale oorskryding wat geëis word beperk tot R6000 per werknemer. (Indien die Minister nog nie die inwerkingtreding van die terugbetalingskema aangekondig het nie, moet die R3000 oorskryding oorgedra word na die volgende ses maande rekonperiode). Die totale vir die ses maande tydperk word dus bereken deur die bedrag wat die werkgewer kan realiseer uit die PAYE belasting elke maand en die oorskryding wat in September geëis word (R3000) bymekaar te voeg.

R6000 = (R500 x 6) + R3000 Bogenoemde voorbeeld is betreklik eenvoudig omdat alle kwalifiserende werknemers permanent in diens is. Die voorbeeld hieronder verduidelik hoe die beperking op die oor rol/oorskryding bedrag (R6000 per werknemer) werk waar seisoenale werkers in diens geneem word gedurende oestyd op die plaas. Example 2 In die voorbeeld hieronder is die werkgewer n boer wat geregistreer is vir PAYE belasting. Sy het 10 permanente werkers in diens wat kwalifiseer vir die belasting. Hulle was almal aangestel op of na 1 Oktober 2014 en verdien R2500 per maand (die minimum loon is tans R2420,41 per maand ingevolge sektorale vasstelling 13). Tussen 1 Oktober en 31 Mei stel sy n verdere 90 seasonale werkers aan wat almal kwalifiseer vir die belasting (kwalifiserende werknemers) en ook R2500 per maand verdien. Die werkgewer se finansiële jaar begin op 1 Maart en die belasting rekon word op 28 Februarie en 31 Augustus gedoen.

Totale oorskryding eisbaar of oorgedra na Maart = R510 000 Des Jan Nov Feb Finansiële jaar/ Rekonsiliasie Okt Mrt 10 werknemers R10 000 Sep Apr Rekonsiliasie 10 werknemers R10 000 Aug Jul Jun Mei R100 000 vordeel Totale oorskryding eisbaar of oorgedra na September = R60 000 O 10 werknemers R10 000 10 werknemers R10 000 Alhoewel die werklike oor rolbedrag R330 000 is (of R840 000 indien die oorskryding in Februarie oorgerol in plaas van geëis is), beperk die wet die ses maande oor rolbedrag tot R6000 per kwalifiserende werker wat steeds die volgende maande in diens is. Dus R6000 x 10 = R60 000 In bogenoemde voorbeeld is geen werknemer onderhewig aan inkomstebelasting nie, daarom is die totale PAYE beskikbaar nul, met die gevolg dat die volle waarop die werkgewer geregtig is ( per kwalifiserende werknemer per maand) hanteer moet word as n oorskryding en oorgedra moet word na die die volgende maand. Wanneer die werkgewer egter n eis indien vir die oorskryding

aan die einde van die ses maande tydperk wanneer hy/sy n rekonsiliasie doen, mag die nie R6000 per kwalifiserende werker wat steedsin diens is op die eerste dag van die volgende maand oorskry nie. Die gevolg is dan dat die die einde van Augustus, soos oorgerol van die vorige maande, gelykstaande is aan R840 000 (R100 000 vir Maart, April en Mei en R10 000 vir Junie en Augustus, plus die R510 000 oor rolbedrag van die vorige rekon periode) indien die Minister nie die terugbetaling teen die einde van Februarie geaktiveer het nie, of R330 000 indien die terugbetaling wel geaktiveer is en die oorskryding in Februarie geëis en nie oorgerol was nie. Die reël is egter dat die totale oorskryding bedrag wat oorgerol en geëis word nie R6000 per werknemer in diens op daardie tydstip mag oorskry nie. Aangesien slegs 10 werknemers in diens was toe die rekon plaasgevind het (Augustus), word die eisbare bedrag beperk tot R60 000 (10 x R6000). Soortgelyk, indien die werkgewer nie in Augustus kan eis nie omdat die Minister nog nie aangekondig het dat die terugbetalings in werking getree het nie of omdat die werkgewer uitstaande belastingskuld of opgawes het, mag die bedrag wat oorgerol word na September ook nie R60 000 oorskry nie. In Maart is daar egter 100 kwalifiserende werknemers. Dit beteken dat die bedrag beperk word tot R600 000 (100 x R6000). Die werklike berekende van R510 000 (R10 000 vir September en R100 000 vir Oktober, November, Desember, Januarie en Februarie) is minder as die bo perk, dus kan die hele bedrag geëis of oorgerol word indien van toepassing. Berekening van die tydperke Die wetgewing is op 18 Desember 2013 goedgekeur en het op 1 Januarie 2014 in werking getree. Dit is noodsaaklik om daarop te let dat die wet nie terugwerkend van toepassing is nie. Met ander woorde, geen agterstallige voordele (back payments) mag geëis word vir kwalifiserende werknemers wat in diens was gedurende die tydperk vóór 1 Januarie 2014 nie. Verder bepaal die wet spesifiek dat die belastingvoordele slegs geëis kan word vir kwalifiserende werknemers wat begin werk het op of ná 1 Oktober 2013. Dit beteken dat n werkgewer geen voordele mag eis vir die tyd wat gewerk was vóór 2014 nie en ook nie n mag eis daarna (vanaf 1 Januarie 2014) nie indien daardie werknemer indiens geneem was voor 1 Oktober 2013. Tesame met die inwerkingtredingsdatum van die wet, is dit noodsaaklik om die dienstydperk korrek te bereken aangesien die belasting slegs van toepassing is op die eerste twee diensjare, waar die in die eerste jaar groter as in die tweede jaar is. Wanneer die tydsperiode wat die werknemer gewerk het vir n spesifieke werkgewer bereken word, sal spesiale reëls geld vir werkers wie se vorige en nuwe werkgewers verwante persone is. Die vorige en nuwe werkgewers sal beskou word as verwante persone ingevolge die wet waar die volgende geld: a) Die werkgewer is n maatskappy en die vorige sowel as nuwe maatskappye word grootliks beheer deur dieselfde persone; b) Waar die werkgewer nie n maatskappy is nie, is eersgenoemde n maatskappy beheer deur die nuwe werkgewer, of vice versa; of c) Waar die werkgewer n natuurlike persoon is (nie n maatskappy, beslote korporasie, ens. nie) is die vorige werkgewer verwant tot die nuwe werkgewer of sy/haar gade binne die derde graad.

Indien n kwalifiserende werknemer begin werk vir n verwante persoon moet die tydperk wat hy of sy vir die vorige verwante werkgewer gewerk het in ag geneem word wanneer die datum waarop hy of sy begin werk het bereken word. By voorbeeld, Boer X besit Plaas A en boer daarop in sy/haar eie naam, maar hy/sy het ook n beherende aandeel in n BK wat Plaas B besit en daarop boer. Werker Y is n kwalifiserende werknemer wat vir ses maande vir die BK op Plaas B gewerk het en toe bedank het en begin werk het vir Boer X op Plaas A. Aangesien die BK en Boer X verwante persone is, word daar aangeneem dat Werker Y reeds vir Boer X vir n tydperk van ses maande gewerk het toe hy begin werk het op Plaas A, daarom kan Boer X die hoër belasting slegs vir die volgende ses maande eis en daarna die laer vir die volgende 12 maande. Die situasie sal presies dieselfde wees indien Plaas B nie deur n beslote korporasie besit word nie maar deur Boer X se broer of skoonsuster. Huidige toepassing van die wet Sedert die wet op 1 Januarie 2014 in werking getree het, kan die deur alle kwalifiserende werkgewers wat kwalifiserende werkers in diens neem geëis word. Dit moet beklemtoon word dat die ouderdomsbeperking (tussen 18 en 29 jaar) algemeen van toepassing is op alle werkgewers tensy hulle binne n spesiale ekonomiese sone geleë is of in n aangewese bedryf is). Sedert 9 Januarie 2014, is geen spesiale ekonomiese sones aangewys nie en geen bedrywe is deur die Minister van Finansies daarvolgens aangekondig nie. Tot tyd en wyl aankondigings in die Staatskoerant gemaak word, is dit veilig om aan te neem dat alle kwalifiserende werknemers tussen die ouderdom van 18 en 29 jaar moet wees. Die Minister mag ook verdere vereistes en voorwaardes stel ten opsigte van die opleiding van werkers en die klassifisering van ambagte in die mees onlangse Standaard Industriële Klassifikasiekode wat uitgevaardig is deur Statistiek SA. Sodanige voorwaardes kan ingesluit word by die regulasies in die Staatskoerant. Die EMP501 (Employer Reconciliation Declaration) en IRP5 (Employee Tax Certificates) dokumente word tans gewysig om voorsiening te maak vir hierdie belastinginsentiewe. Vir voorbeelde van berekeninge en verdere berekeninge besoek die volgende webwerwe: http://www.sars.gov.za/alldocs/legaldoclib/drafts/lapd LPrep Draft 2013 85%20 %20Draft%20EM%20on%20the%20Employment%20Tax%20Incentive%20Bill.pdf of: http://www.sars.gov.za/alldocs/legaldoclib/drafts/lapd LPrep Draft 2013 86%20 %20Draft%20FAQ%20on%20the%20Employment%20Tax%20Incentive%20Bill.pdf