In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Vergelijkbare documenten
Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Die Groot Gebod dennis de wet

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

n Tempel Leier besoek Jesus

Die Kerk se Geboorte

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Welkom by Die Storie God se storie

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Jesaja sien die Toekoms

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Goeie Konings, Slegte Konings

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

TEMA 7: N GEBED VIR DIE BIDDER Skriflesing: Joh 17: 9-23 Ef 3: (word aan die einde van de preek gelees)

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

Van Vervolger tot Prediker

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

Les 1 vir 7 Oktober 2017

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Daar is vandag n tendens onder baie Christene om die Joodse Feeste en die sabbat te hou. Daar is Joodse gemeentes in Christus wat nie Christene

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

Jona en die Groot Vis

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

sodat jy n gestuurde van die Here kan

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Dr AH Bogaards. 1. Inleiding Wat is eensaamheid? Lees: Mt.27: Teks: Mt.27: Datum: 18 Oktober 2015

Inhoudsopgawe. Voorwoord

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

'n Man gestuur deur God

MAAK JESUS WEER DIE HOOF VAN SY KERK!

Briewe van Johannes. Ontmoeting 22

Deur Christus Alleen

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Deur Christus Alleen

Van Vervolger tot Prediker

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

n Dubbele kruis-belydenis

Transcriptie:

1 Johannes 17b PT INLEIDING Lees Johannes 17:1-19 Hoe het dit die week met julle gebede gegaan? Kon julle intiem met julle Vader gesels? Ons het `n tydjie gelede gekyk na die eerste 6 verse van Jesus se gebed tot sy Vader. Julle sal onthou dat hierdie gebed plaasvind nadat Jesus die Nagmaal ingestel het, sodat almal sal onthou waarom Hy gekom het, maar ook ongeveer 24uur voordat hy gekruisig gaan word. Ons het gehoor hoedat Jesus in hierdie eerste deel bid oor die verheerliking van die Drie-eenheid, en dat hulle Godheid sigbaar word wanneer God se kinders die ewige lewe kry. In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels. In vandag se gedeelte, dra Jesus sy dissipels in drie sake aan die Vader op: Dat hulle behoort, dat hulle bewaar sal bly en toegewy gemaak sal word. Kom ons volg hierdie drie sake soos Jesus dit aan sy Vader opdra. (klik) HULLE BEHOORT As jy jou oog so vinnig oor die gedeelte laat gaan, dan merk jy op dat die woord behoort 10 keer en die woord gegee 9 keer voorkom. (klik) Jesus gebruik hierdie woorde wanneer Hy met die Vader praat oor waar die dissipels vandaan kom en wat hulle plek nou is. Hy is duidelik ernstig oor hierdie plek van die dissipels, omdat Hy dit so baie herhaal. Jesus het in vers 1-5 onder andere gebid oor sy Vader se heerlikheid, en Hy sluit dan in vers 6 daarby aan deur te sê dat Hy die Vader se Naam bekend gemaak het. Dit was deel van hoe Hy die Vader reeds op aarde verheerlik het. 1

2 Maar meer spesifiek, Hy het die Vader se Naam bekend gemaak aan die mense wat die Vader uit die wêreld aan Hom gegee het. Alle mense uit die wêreld behoort aan die Vader. (Hy het almal geskep), Maar Hy gee aan sy Seun sekeres, letterlik beteken die woord gee hier om uit te wys of uit te kies. So het Jesus dan ook sy dissipels uit `n groot klomp sondige mense gekies om Hom te volg. Volgens vers 6 het Jesus die Naam van die Vader op `n duidelike en verstaanbare manier aan hulle geleer. Op hulle beurt het die dissipels, almal behalwe een, volgens vers 7 die Woord van die Vader hul eie gemaak. Is dit nie wonderlik dat Jesus nie hier in sy gebed na hulle kleingeloof verwys wat Hy in 16:31 moes aanspreek nie!? Jesus se liefde hou nie boek van die kwaad nie (1 Kor. 13:5) Hy dra hulle aan die Vader op volgens die plek wat Hy besig is om vir hulle te verwerf, nie wat hulle in hulself het nie. Maar omdat hulle glo dat Jesus die gestuurde is, die Een waarvan die profete vertel het, daarom behoort hulle aan God. In vers 9 sê Jesus dat hy juis vir hulle bid en nie nou vir die wêreld nie, en die rede is omdat hulle behoort. Terwyl die dissipels hoor hoe Jesus dit vir sy Vader sê, moes hulle geweldig aangespoor gewees het. Die feit dat Hy hulle uitsonder, en dat hulle `n plek het waar hulle behoort, al het hulle nie hul eie land, en eie regering nie, hulle behoort aan God die Vader. En Jesus gaan verder in vers 10: hulle behoort ook aan Homself. Dit is belangrik dat die Dissipels dit hoor, 1. Omdat hulle hoor hoe Jesus sy Vader so verheerlik, 2

3 2. sodat hulle kan verstaan dat die Seun dieselfde mag as die Vader het. En dit wil lyk of hulle dit werklik later ter harte geneem het want ons hoor in (klik) 1 Joh. 2:1 En as een van ons sondig ons het Jesus Christus, die regverdige, as ons voorspraak by die Vader. So skryf Paulus, al was hy nie self daar nie, in (klik) Romeine 8:33-34: Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry. 34 Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons. (klik) En as Jesus dit dan met sy Vader bevestig dat die dissipels aan hulle altwee behoort, sê Hy: en Ek word deur hulle verheerlik. Hier moet ons verstaan dat volgelinge van Jesus, mense wat aan Hom behoort, Hom bloot verheerlik omdat hulle nie meer in die skaduwee van die dood staan nie. Wanneer hulle die Vader se Naam en sy Woord aanneem, dan verkondig hulle Hom. Hulle redding verheerlik Jesus, want so verheerlik Hy sy Vader. Broer en suster, hierdie gebed is in die eerste plek vir die elf dissipels wat waarlik die Here Jesus met hart en siel gevolg het, maar dit is ook vir elke ware volgeling daarna. Elkeen wat die Vader se Naam aanneem en sy woorde ter harte neem, behoort deur Jesus aan die Vader, want hy is aan Jesus gegee om te red. Om te behoort, beteken om die ewige lewe te hê. (klik) BEWAAR HULLE En nou hoor ons in vers 11 hoe `n seun vir sy pa sê: Ek kom huis toe. Ek bly nie langer in die wêreld nie...ek kom na U toe. (klik) Met al die gesag wat hy het sê Hy dit met finaliteit, selfs al lê sy heengaan nog voor. 3

4 Hy sien uit na die heerlikheid wat Hy by sy Vader gaan hê. Maar ook hier is Hy besorg oor sy dissipels want: hulle bly nog in die wêreld. As Jesus van die wêreld praat, dan is dit die stukkende, bose wêreld van die sondeval waarin Hy hulle agterlaat. Die wêreld waarmee ek en jy elke dag te doen kry. Met dit in gedagte, spreek Jesus sy Vader aan as die Heilige. Hy maak staat op die eienskappe van die Vader wat oneindig sterker is as die boosheid van die wêreld. Bewaar my volgelinge in U Heilige Naam. En die rede is: sodat hulle net soos Ons een kan wees. Dit gaan hier oor `n heilige eenheid. Eenheid beteken: een in die strewe om heilig te wees, een teen die boosheid van die wêreld. Dit is `n eenheid wat wys na die eenheid van die Vader, Seun en Heilige Gees. Een, in dieselfde verlossing, een in geloof in dieselfde God. Maar weer kan Jesus sê dat Hy dit ook reeds hier op aarde gedoen het. Vers 12: Ek het hulle in u Naam bewaar...ek het hulle beskerm... Hy het hulle geleer, gewaarsku, bestraf as dit nodig was, maar het ook wonderwerke gedoen. Hy beskerm in die tuin teen `n hofsaak wat hulle nie sou kon deurstaan nie - (klik) Joh. 18:8 sê Hy vir die wagte: Ek het vir julle gesê dit is Ek. As julle My soek, laat die mense hier by My dan toe om weg te gaan. Vers 9: So sou vervul word wat hy voorheen gesê het: Van dié wat U My gegee het, het ek niemand verlore laat gaan nie. (klik) Dink hier aan die Goeie Herder, wat sy skape versorg, beskerm en bewaar, want daardie beeld is in Jesus vervul. 4

5 En tog hoor ons dat een wel verlore gegaan het. Beteken dit dan dat Jesus nie genoeg vir Judas bewaar en beskerm het nie? Nee, hoegenaamd nie. Judas het verlore gegaan uit sy eie wil, maar sy verlore gaan was ook groter as bloot sy eie besluit, dit het gebeur sodat die Skrif vervul kan word. En dan sê Jesus weer in vers 13 dat Hy na die Vader toe kom. Hy bly nie hier op die aarde om hulle te beskerm nie, Hy gee hulle in sy Vader se hande, sodat die Vader die nuwe Trooster en Helper, die Heilige Gees kan stuur. En Hy bid dit voor hulle, dat hulle dit kan hoor, en sodat hulle Jesus se blydskap in al sy volheid binne hulle kan hê. Hierdie blydskap is die blydskap wat Jesus het om terug te keer na sy Vader, en sy werk te voltooi. Hierdie blydskap leef in die volgelinge van Jesus, omdat hulle weet waar Hy is, en omdat hulle self daarna kan uitsien. Dit is `n blydskap wat hulle sal help om te bly staan, al is die wêreld boos. Hierdie blydskap is sigbaar wanneer die apostels na Jesus se Hemelvaart met die Heilige Gees vervul word, en verstaan wat gebeur het. Hoor die blydskap as Petrus die skare in (klik) Hand. 2:32 leer: 32 God het hierdie Jesus uit die dood laat opstaan; daarvan is ons almal getuies. 33 Hy is verhoog aan die regterhand van God en Hy het die Heilige Gees wat belowe is, van die Vader ontvang en uitgestort. Dit is wat julle nou sien en hoor. 36 Die hele Israel moet nou vas en seker weet: God het hierdie Jesus, wat julle gekruisig het, Here en Christus gemaak! (klik) 5

6 Jesus se gebed is verhoor, sy blydskap om by sy Vader te wees, borrel uit sy dissipels. (klik) HOU HULLE TOEGEWY In vers 14 tot 19 herhaal Jesus sy smeking dat die Vader sy kinders sal bewaar omdat hulle aan Hom behoort. (klik) Hulle behoort nie aan hierdie bose wêreld nie, en meer spesifiek, aan Satan nie, maar aan die hemelse. Mens sou kon dink dat die maklikste manier om die dissipels van Satan te bewaar tog sal wees om hulle net uit die wêreld weg te vat. Maar Jesus bid juis nie daarvoor nie, want Hy het sy dissipels geleer dat hulle geroep is vir `n taak. Hy het dit vir hulle aan die Nagmaalstafel geleer in (klik) Joh. 15:27 En julle moet getuig, want julle is van die begin af by My. (klik) Maar hoe gaan hulle dan behoue bly? Jesus deel sy begeerte met sy Vader in vers 17: Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. En dan die belangrikste, spits jou ore want Hy bid voort: U woord is die waarheid. Jesus vra letterlik vir sy Vader: Heilig hulle deur U waarheid. Hoe gaan God die dissipels beskerm, hoe gaan Hy oor hulle gedagtes wag hou? Deurdat die Heilige Gees die waarheid vir hulle uitwys deur sy Woord. Dit is die Woord wat al van Genesis af profeteer en uitroep oor die verlossing deur Jesus Christus. En hoe het die apostels nie hierdie bewaring gevoel nie?! Die Heilige Gees het hulle gehelp om die Ou Testament uit te lê, om dit te verduidelik en om verder die Woord neer te skryf sodat ons ook bewaar kan word. 6

7 Maar broer en suster, nou moet ons nie die fout maak om te dink dat hier bloot van die woorde gepraat word wat in hierdie boek opgeteken is nie. Nee dit is meer as dit, want `n toewyding aan die waarheid is meer as dit. Die woordjie toewy hou verband met heilig wees. Afgesonder vir een doel. Dit beteken dus dat die Woord van God in ons moet lewe. Dit moet op `n dissipel se hart geskryf wees, dit moenie in `n toe Bybel op die rak opgesluit wees nie, maar uit monde borrel wat getuig soos Jesus getuig het. Want soos die Vader vir Jesus gestuur het om ons te verlos, is die dissipels gestuur om van hierdie verlossing te getuig. So word almal gestuur wat waarlik volgelinge van Jesus is. Waarheen gestuur? Na die wêreld! En dan sê Jesus in vers 19 dat Hy homself ter wille van sy volgelinge aan die Vader wy. Letterlik afsonder, Hy gaan sy lewe offer. Die doel van Jesus se offer is, sodat ons ook deur die WAARHEID aan die Vader toegewy kan wees. Jesus verklaar hier voor sy Vader dat Hy bereid is om Homself te offer. So wy Hy hom aan sy Vader. Sal ons onsself ook aan die Vader toewy? Sal ek alles gee. My afgesonder vir God se waarheid, `n gestuurde in die wêreld? Broers en susters, in sy laaste ure saam met sy dissipels bid die Here Jesus hiervoor. 7

8 SLOT Die waarheid leer ons dat ons behoort, ja aan God behoort, dat Hy ons daarom bewaar, en dat ek en jy toegewy moet lewe, deur die woord van die waarheid. So bid Jesus. So bid ons. 8