16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17

Save this PDF as:
 WORD  PNG  TXT  JPG

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17"

Transcriptie

1 1 16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17 Tema Wanneer leiers nie meer vir God as die enigste Here erken nie, praat die Here steeds deur doodgewone mense soos Elia en sorg vir sy kinders. Agtergrond en interpretasie In 1 Konings 17 tot 2 Konings 9 kom daar onverwags drie doodgewone mense, nie konings nie, op die toneel. Dit maak dit vir ons duidelik dat die Here se mag groter is as dié van konings en dat konings nie die Here beheer nie. Dié drie mense is Elia, Miga en Elisa. In ontmoeting kyk ons kortliks na twee verhale uit Elia se lewe en twee verhale uit Elisa se lewe. In 1 Konings 17 lees ons vir die eerste keer van die profeet Elia (sy naam beteken Jahwe is my God ). Hy bots trompop met die koning (Agab), sy vrou (Isebel) en die afgod Baäl. Die boodskap wat hierdie verhaal uitdra, is dat reën, kos en lewe uit die hand van die Here kom, nie uit die hand van die koning, sy vrou of die afgod Baäl nie. Elia is die draer van hierdie boodskap: Nou weet ek dat u ʼn man van God is, en dat wat die Here deur u sê, die waarheid is (1 Kon 17:24). In die eerste deel van die verhaal breek daar ʼn groot droogte aan wat Elia laat weggaan uit die gebied wat die koning (en sy vrou en hulle afgod) as hulle gebied beskou, tot buite die administrasie en beheer van die koning. Hier voorsien die Here vir hom. In die tweede deel van die verhaal is Elia in Sidon, die landstreek van waar Isebel en haar Baälaanbidding kom (16:31). Hier wys die Here hoe Hy vir ʼn naamlose weduwee sorg. Sy kan gesien word as die verteenwoordiger van mense sonder mag, status en voorregte, mense wat sonder hoop maar net probeer oorleef. Dis vir haar wat Elia sê: Moenie bekommerd wees nie In ʼn wêreld waarin magtige mense wat baie besit altyd maak of daar tekorte is, wys die Here dat daar genoeg is en dat die beginsel van mededeelsaamheid vir Hom belangrik is. In die derde moment oorwin die Here die grootste vyand, die dood. Koning Agab is in diens van selfsug en die dood, soos die verhaal van Nabot se wingerd vir ons wys. Elia is in diens van die Here wat Homself onselfsugtig met mense deel. Hierdie verhaal laat ons dink aan Jesus wat Jaïrus se dogtertjie gesond gemaak het. Jesus was in die rol van Elia, maar genees dan self die dogtertjie omdat Hy God is. Wys vir die groep hierdie skildery van Ford Maddox Brown. Bo-aan die skildery is ʼn skaduwee van ʼn voël wat boontoe vlieg, reg bokant die vrou se biddende hande. (Die vrou

2 2 kyk bo Elia uit na Elia se God.) Onderaan die skildery is ʼn hen met haar kuiken op haar rug. (Die vrou het haar kind lewend teruggekry en kon hom verder versorg.) Ford Maddox Brown, Elijah restoring the widow s son (1868) Bybelgedeeltes en hoofgedagtes Bybelgedeelte (lees of vertel) Lees 1 Konings 17:1-7 Lees 1 Konings 17:8-15 Lees 1 Konings 17:16-24 Hoofgedagtes van die ontmoeting 1. Die Here sorg. 2. Die Here leer ʼn weduwee om te deel en gee dan genoeg. 3. Die Here gee lewe ná die dood en laat ʼn eenvoudige mens, Elia (17:1), as man van God geken word. Uitkoms 1. Insig: Ons kan ons hoop op God vestig. 2. Respons: Onderskei wie waarlik namens God praat. Hulpmiddels by die storie 1. Paneel Portrette en prente van Elia en koning Agab. 3. Skildery van Ford Maddox Brown, Elijah restoring the widow s son (1868).

3 3 Hulpmiddels vir kleingroepvaslegging Junior kleingroep Bring saam 1. Water en brood vir elke kind. 2. Tekenpapier vir elke kind. 3. Kleurpotlode of kryte. Voor die tyd 1. Kyk nou reeds goed na die rap-rympies by die volgende twee ontmoetings (onder Werksaam en Wegstuur ). Julle kan dit met hierdie ontmoeting reeds begin aanleer. Senior kleingroep Bring saam 1. Water en brood vir elke kind. 2. Penne of potlode. Voor die tyd 1. Kyk nou reeds goed na die rap-rympies by die volgende twee ontmoetings (onder Werksaam en Wegstuur ). Julle kan dit met hierdie ontmoeting reeds begin aanleer.

4 4 Die storie Begin Kan jy nog onthou hoe jy gevoel het toe jy eenkeer in groot moeilikheid was? Jy was bang en onseker. Daar was ʼn hol kol op jou maag. Jy het gewonder hoe jy uit die moeilikheid gaan loskom. Kon iemand jou kom help? (Opmerking: Gee die groep kans om te antwoord.) Hoor Moment 1: 1 Konings 17:1-7 Die Here sorg Agab was ʼn magtige koning, maar hy het nie die Here gedien nie. Hy het gemaak dat die volk ook nie meer die Here dien nie. Eendag loop Elia, ʼn doodgewone man, vir koning Agab raak. Hy het vir die koning ʼn boodskap van die Here: So seker as die Here leef, die God van Israel in wie se diens ek staan, daar sal die volgende paar jaar geen dou of reën val nie, behalwe as ek so sê (v 1). Nadat hy hierdie boodskap vir die koning gegee het, moes Elia vlug, want die koning wou hom doodmaak. Gelukkig het die Here ʼn goeie wegkruipplek vir Elia gehad. Die Here het vir Elia na die Kritspruit anderkant die Jordaan gestuur. Hy het vir Elia belowe Hy sou kraaie stuur om twee keer per dag vir hom brood en vleis te bring. Ek wonder wat Elia gedink het toe die Here dit vir hom gesê het. Ken julle kraaie? (Opmerking: Laat ʼn paar kinders antwoord.) Kraaie is aasvoëls. Hulle vreet alles wat hulle sien. Maar die Here het op ʼn wonderlike manier vir Elia gesorg totdat die water in die spruit op was. Só moes Elia leer om op die Here se woord te vertrou. Moment 2: 1 Konings 17:8-15 Die Here leer ʼn weduwee om te deel en gee dan genoeg Toe kom die tweede uitdaging vir Elia. Die Here beveel hom om in hierdie droogtetyd na ʼn arm weduwee in Sarfat te gaan. Sarfat was in die land van die Baäls van waar Agab se vrou, Isebel, gekom het. In Sarfat loop Elia die moedelose weduwee raak en vra vir haar water en brood. Sy het geweet dit is baie goeie maniere om vir ʼn vreemdeling kos te gee, maar sy het net genoeg gehad vir een ete vir haar en haar seuntjie. Sy het die dood in die oë gekyk. Maar Elia sê vir haar: Moenie bekommerd wees nie. Gaan bak eers ʼn broodjie en bring dit vir my. Dan gaan jy terug en maak vir jou en jou seun kos. Die Here belowe daar sal genoeg kos vir ons al drie wees totdat die droogte verby is. Ek wonder hoekom die weduwee gehoorsaam was aan Elia. (Opmerking: Bly ʼn oomblik stil sodat die kinders hieroor kan dink.) Die Here het sy belofte nagekom. Die weduwee het die wonderwerk beleef dat haar meel en olie nie opgeraak het nie. Hoe wonderlik het die Here hulle nie aan die lewe gehou nie! Moment 3: 1 Konings 17:16-24 Die Here gee lewe ná die dood en laat ʼn eenvoudige mens, Elia (17:1), as man van God geken word ʼn Derde keer leer Elia hoe getrou die Here is. Op ʼn dag word die weduwee se seun baie siek en hy sterf. Julle kan julle seker indink hoe hartseer en ontsteld sy was. Sy het sommer vir Elia gesê dit was sy skuld dat haar kind gesterf het. Elia was self baie ontsteld. Hy het die kind opgetel en op ʼn bed neergelê. Toe doen hy iets baie vreemd. Elia het drie keer op die kind gaan lê en elke keer gebid en gesmeek: Here my God, laat die lewe tog terugkom in die kind (v 21).

5 5 Toe gebeur die wonder! Die Here het Elia se gebed beantwoord en die kind weer laat leef. Hierna het die weduwee hierdie woorde gesê: Nou weet ek dat u ʼn man van God is, en dat wat die Here deur u sê, die waarheid is (v 24). (Opmerking: As jy wil, kan jy ʼn paar kinders kans gee om hierdie woorde met emosie uit te spreek.) Dink Ons kan op God hoop. Elia en die weduwee (en haar kind) het op wonderbaarlike maniere geleer ʼn mens kan glo wat die Here sê. Hy sal ons nie in die steek laat nie. Ons kan volledig op Hom vertrou. Elia het ook ervaar dat die Here oral is en vir hom sorg, selfs by die verafgeleë spruit en in die gebied waar mense afgode aanbid. Leef Daar is baie mense wat sê die Here het vir hulle iets gesê. Ons moet versigtig wees en goed oplet wie regtig namens God praat. Luister na dié mense wat jy ken en vertrou en wat ook die Here ken en liefhet.

6 6 Kleingroepvaslegging: Junior groep Welkom Verwelkom elke groeplid deur iets in sy of haar oor te fluister soos: Welkom, die Here is baie lief vir jou. Wegspring 1. Sing Lied 540 of 553 saam. 2. Bid saam. 3. Gee vir elkeen ʼn bietjie water en ʼn stukkie brood. Sê dan: Ons moet elke dag eet en drink om aan die lewe te bly. Ons gaan ons verbeel dit is baie warm en ons is baie honger en dors. Eet dan saam die brood en drink die water. Doen dit stadig en met smaak. Werksaam 1. Wys weer vir die groep die skildery van Ford Maddox Brown, Elijah restoring the widow s son (1868). Vra dan: Sien julle die skaduwee van die voëltjie? Hy vlieg boontoe, verby Elia. Wat dink julle beteken dit? Sien julle die hoender met die kuiken op haar rug? Wat dink julle beteken dit? 2. Teken in die raam in jou werkboek ʼn prentjie van mense wat jou al versorg het. Sê vir die Here dankie vir hierdie mense.

7 7 3. Vul die ontbrekende woorde in: 1 Konings 17:4: Ek het die beveel om daar vir jou. 1 Konings 17:13a-14: Moenie wees nie So sê die die God van Israel: die in die kruik sal nie opraak nie, en die in die kan sal nie. Wegstuur/Huisgeloof 1. Laat een van die grootmense in die huis vir julle vertel van ʼn keer toe die Here vir julle gesorg het. 2. Lees Matteus 6: Wat leer julle hier oor bekommernis? 3. Lees 2 Tessalonisense 3:6-13. Wat leer julle hier oor werk?

8 8 Kleingroepvaslegging: Senior groep Welkom Verwelkom elke groeplid deur iets in sy of haar oor te fluister soos: Welkom, die Here is baie lief vir jou. Wegspring Gee vir elkeen ʼn bietjie water en ʼn stukkie brood. Sê dan: Ons moet elke dag eet en drink om aan die lewe te bly. Ons gaan ons verbeel dit is baie warm en ons is baie honger en dors. Eet dan saam die brood en drink die water. Doen dit stadig en met smaak. Wonder Maak jou oë toe en wonder hieroor: 1. Gaan staan in Elia se skoene. Hoe voel jy? 2. Gaan staan in die weduwee se skoene. Hoe voel jy nou? 3. Gaan staan in die seun se skoene? Hoe voel jy? 4. Watter deel van hierdie verhaal sal jy altyd onthou? Werksaam 1. Gesels saam oor die skildery van Ford Maddox Brown, Elijah restoring the widow s son (1868.) (Opmerking: Dit is in die handleiding en by die juniors se aanbieding.) 2. Verbeel jou jy kon met Elia praat nadat al hierdie wonderwerke gebeur het. Watter drie vrae sou jy vir hom wou vra? Gesels saam hieroor: Hoe praat die Here vandag met ons? Hoe weet ons iemand praat regtig namens die Here? 3. Vul die ontbrekende woorde in: 1 Konings 17:4: Ek het die beveel om daar vir jou. 1 Konings 17:13a-14: Moenie wees nie So sê die die God van Israel: die in die kruik sal nie opraak nie, en die in die kan sal nie. Wegstuur/Huisgeloof 1. Laat een van die grootmense in die huis vir julle vertel van ʼn keer toe die Here vir julle gesorg het. 2. Lees Matteus 6: Wat leer julle hier oor bekommernis? 3. Lees 2 Tessalonisense 3:6-13. Wat leer julle hier oor werk?

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 24 van 60.

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 24 van 60. Bybel vir Kinders bied aan Die Man van Vuur Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: E. Frischbutter Storie 24 van 60 www.m1914.org Bible for Children,

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

23. Reëls vir die pad die padgebruikers 23. Reëls vir die pad die padgebruikers Oorhoofse tema Die Here is saam met ons op pad. As die Padmaker het Hy vir ons tien padreëls of lewensreëls gegee sodat ons elke dag daarvolgens kan leef. Die eerste

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur Bybel vir Kinders bied aan Die Man van Vuur Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 1 12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 Tema Jesus het die Heilige Gees gestuur om ons te help. Agtergrond en interpretasie Hierdie ontmoeting sluit by die voriges aan. Een artikel van

Nadere informatie

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 1 6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 Tema Ons glo in Jesus Christus, die God-mens, ons Here wat ons verlos. Agtergrond en interpretasie Ons is besig om oor die Apostoliese

Nadere informatie

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 Tema Jesus verseker mense wat Hom aanbid, en selfs dié wat nog twyfel, dat Hy, die Almagtige, by hulle is wanneer hulle uitgaan om dissipels oor die hele wêreld heen

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

21. Glo maak soms seer Jesaja 6

21. Glo maak soms seer Jesaja 6 1 21. Glo maak soms seer Jesaja 6 Tema Soms gee die Here vir ons moeilike werk om te doen, maar dan gee Hy ook vir ons die krag om dit te doen. Agtergrond en interpretasie In die vorige ontmoeting het

Nadere informatie

18. Naäman word gesond 2 Konings 5

18. Naäman word gesond 2 Konings 5 1 18. Naäman word gesond 2 Konings 5 Tema Alles het begin by die eenvoudige geloof van ʼn dogtertjie Agtergrond en interpretasie Sien ook die agtergrondinligting en interpretasie by Ontmoeting 16. Elisa

Nadere informatie

25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1

25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1 1 25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1 Tema Wanneer die Here vir ons moeilike werk gee om te doen, is Hy by ons. Agtergrond en interpretasie Die profeet Jeremia het uit Anatot gekom en was nie een van die

Nadere informatie

God eer Josef die slaaf

God eer Josef die slaaf Bybel vir Kinders bied aan God eer Josef die slaaf Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Storie 8 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21 1 2. In die pikdonker nag Johannes 3:1-21 Tema God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun, Jesus, gestuur het om almal wat in Hom glo, te red. Agtergrond en interpretasie Johannes 3:16-17 sluit

Nadere informatie

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 1 14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 Tema Wanneer ons bely dat ons sonde doen, vir God daarvan vertel en sê ons is jammer, verseker Hy ons dat Hy ons sonde vergewe. Agtergrond en interpretasie

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: Mary-Anne S. Storie 26 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18 1 9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18 Tema Jesus se opstanding was ʼn onverwagse verrassing wat vir ons as sy volgelinge moed gee wanneer ons deel word van sy triomftog waarin Hy baie mense saam

Nadere informatie

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën. Ontmoeting 4 God is lief vir Noag Kinders hoor in die storie van Noag dat God regverdig is. Hy sien mense raak wat aan Hom gehoorsaam is en Hy maak n duidelike plan om sy kinders te red. Teks: Genesis

Nadere informatie

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17 2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17 Tema Jesus, ons Onderwyser of Leermeester, laat ons saam drome droom om siek (sondige) mense by die Dokter uit te bring; om hulle in te trek tot in die binnekring

Nadere informatie

16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22

16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22 16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22 Tema God laat ons kies sodat ons goeie leiers soos Samuel kan wees. Agtergrond Samuel was lank God se mond onder die volk. Hy het hulle gelei, want hy was

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12 1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12 Tema Jesus is God wat ʼn sondige verlamde man help en ons met hierdie Goeie Nuus na ander mense toe stuur. Só sal baie mense God prys. Agtergrond en

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man Bybel vir Kinders bied aan Ryk man, Arm man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

11. Jesus gaan vooruit (Hemelvaart)

11. Jesus gaan vooruit (Hemelvaart) 11. Jesus gaan vooruit (Hemelvaart) Oorhoofse tema Soos iemand vooruit stap en aan die einde van die pad vir jou wag, het Jesus vooruit gegaan om vir ons in die hemel te gaan wag. Die dissipels het getuig

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1

18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1 1 18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1 Tema Wanneer ons op die drumpel staan van nuwe dinge voor ons, is dit die Here sélf wat ons lei en begelei. Agtergrond Hierdie verhaal speel af

Nadere informatie

22. Die Here hoor sy kinders Rigters 6:1-22

22. Die Here hoor sy kinders Rigters 6:1-22 22. Die Here hoor sy kinders Rigters 6:1-22 Tema Die Here hoor sy kinders wat tot Hom roep al het hulle van Hom af weggedraai en help hulle deur leiers wat Hy daarvoor gereed maak. Agtergrond Rigters vertel

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

9. Ons Vader dink anders oor gebed Matteus 6:9-10

9. Ons Vader dink anders oor gebed Matteus 6:9-10 1 9. Ons Vader dink anders oor gebed Matteus 6:9-10 In hierdie aanbieding word daar ook enkele praktiese wenke vir n kleutergroep gegee. Dit sou ook vir Graad 1 gebruik kon word. Tema In die eerste deel

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 30 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Elisa, Man van Wonderwerke

Elisa, Man van Wonderwerke Bybel vir Kinders bied aan Elisa, Man van Wonderwerke Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 25 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Benodighede: Visse op karton afgerol en uitgeknip Skuifspelde Stok met tou en magneet Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Wenke: Lees die VERLOOP hier onder deur en maak

Nadere informatie

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Nadere informatie

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.)

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.) Ontmoeting 13 Kinders leer dat die Here nie dink een persoon is belangriker as n ander persoon nie. Hulpmiddels: Plakkaat met reëls op Uitgeknipte los prentjies van rein en onrein kosse; kleefband waarmee

Nadere informatie

8. Ek glo Jesus het gesterf en is begrawe Johannes 19:30-42

8. Ek glo Jesus het gesterf en is begrawe Johannes 19:30-42 1 8. Ek glo Jesus het gesterf en is begrawe Johannes 19:30-42 Tema Jesus het in ons plek die helse pyn en doodsbenoudheid binnegegaan om as wenner of oorwinnaar uit die dood op te staan. Agtergrond en

Nadere informatie

Die Kerk se Geboorte

Die Kerk se Geboorte Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk se Geboorte Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 55 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30

15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30 1 15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30 Tema Hoe ek God sien, gaan bepaal hoe ek met sy riglyne sal omgaan in my lewe: óf soos n slaaf wat net die nodige sal doen, óf soos n kind wat vertrou dat

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Teks: Verskeie & HK Sondag 8 Inleiding Geliefdes, die Drie-eenheid van God is seker van die meeste moeilike dinge om te verstaan, en gewoonlik van

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

3. Jesus praat met haar. Johannes 4:1-42. Tema Jesus is die Verlosser van alle mense en dit maak ons bly wanneer mense in Hom glo.

3. Jesus praat met haar. Johannes 4:1-42. Tema Jesus is die Verlosser van alle mense en dit maak ons bly wanneer mense in Hom glo. 1 3. Jesus praat met haar Johannes 4:1-42 Tema Jesus is die Verlosser van alle mense en dit maak ons bly wanneer mense in Hom glo. Agtergrond en interpretasie Johannes 4:25-26 en 42 is sleutelverse in

Nadere informatie

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte Johannes 9:1-12; 35-38 09/03/2014 n Mens se oog is n baie komplekse orgaan. In jou oog is daar o.a. n buiteoogvlies, n oogvaatvlies en n oognetvlies wat ook jou retina genoem word. Daar is n kornea en

Nadere informatie

21. Die koning word gesalf

21. Die koning word gesalf 21. Die koning word gesalf 1 Samuel 9 en 10 Die volk sê vir Samuel: Gee ons n om ons te rig. Die HERE kies vir. Saul is nie n goeie koning nie. Hy is ongehoorsaam. Samuel sê: Die het die koningskap gegee

Nadere informatie

21. Saul is jaloers 1 Samuel 19 31

21. Saul is jaloers 1 Samuel 19 31 21. Saul is jaloers 1 Samuel 19 31 Tema Die jong opkomende ster, Dawid, ondervind hoe die jaloerse koning Saul hom bedreig, maar hy bly in alle omstandighede waardig en wag totdat die Here hom verhoog.

Nadere informatie

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman Die basis van ons verhouding met ander is dieselfde as die basis van ons verhouding met God en mekaar: GENADE.

Nadere informatie

1 Johannes 5: /03/2014

1 Johannes 5: /03/2014 1 Johannes 5:9-12 23/03/2014 Iets wat ek seker is julle al baie gehoor het, is, ken jou status. En dis presies waaroor ek ook vanoggend met julle wil praat oor - ken jou status Ek dink nie enige iemand

Nadere informatie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3. MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het. 1 Preek: 1 Korintiërs 13:1-13 Teksverse: 1 Korintiërs 13:7 Tema: Die Heilige Gees rus jou toe om met ware liefde te leef! Inleiding Geliefde gemeente, ons het afgelope Donderdag op n besondere manier aan

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

6. Geseënde mense dink aan ander Matteus 5:3-6

6. Geseënde mense dink aan ander Matteus 5:3-6 1 6. Geseënde mense dink aan ander Matteus 5:3-6 Tema Geseënde mense is nie die hele tyd net met hulleself besig nie. Agtergrond Matteus skryf vir n klein groepie Christene. Die wêreld rondom hulle is

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie

Antonieme en sinonieme

Antonieme en sinonieme Antonieme en sinonieme Naam Oefening 1 1. Die motor is nie groot nie. smal 2. Die skaap is nie slim nie. buite 3. Die koffie is nie soet nie. naby 4. Die kind is nie soet nie. klein 5. Die straat is nie

Nadere informatie

6. Wat keer my? Markus 10:17-31

6. Wat keer my? Markus 10:17-31 6. Wat keer my? Markus 10:17-31 Tema Daar is dinge wat ons kan keer om Jesus voluit te volg. Agtergrond en interpretasie Ons kies Markus se weergawe van hierdie verhaal omdat dit twee interessante elemente

Nadere informatie

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 57 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Vals beeld van God: Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Ware beeld van God: God se beloftes word vervul in Jesus. Ons kan

Nadere informatie

9. Wat glo jy? Matteus 27:62-66; 28:1-15

9. Wat glo jy? Matteus 27:62-66; 28:1-15 9. Wat glo jy? Matteus 27:62-66; 28:1-15 Tema Daar word meer as een storie vertel oor wat ná Jesus se dood by sy graf gebeur het. Wat jy glo, kan jou en die mense wat jou pad kruis se lewe vir altyd verander.

Nadere informatie

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) Jan van der Watt DEEL 2[1] DIE VERHALE VAN MATTEUS EN LUKAS Die verhaal van Jesus se geboorte (die kersverhaal)

Nadere informatie

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Ses groepstudies oor die Saligsprekinge uit Matteus 5 Groepstudie 1 17 Februarie 1. Die bergpredikasie. i. Leer gou almal se name

Nadere informatie

Die Groot Muur van Nehemia

Die Groot Muur van Nehemia Bybel vir Kinders bied aan Die Groot Muur van Nehemia Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Vertaal deur: Yvette Brits Aangepas deur: Mary-Anne S. Storie 35 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 Votum en seën Psalm 23 : 1, 3 Gebed Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-13 (AV 1983) Belydenis: HK 29:78-30:80 Teks: 1 Korintiërs 10:4 Psalm 105 : 21, 22 Preek: Die Heilige Gees

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k toegewy aan God ross van niekerk goddelike nageslag hoe verseker ons dit? 1. modelleer. 2. liefde. 3. instruksie. 4. dissipline. 5. meedeling. psalm 127:3 Kyk, kinders is n erfdeel van die HERE; die vrug

Nadere informatie

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na  soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by ChristelikeBoekeSA. Inhoudsopgawe Voorwoord... 7 Inleiding...

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

10. Jesus help my verstaan

10. Jesus help my verstaan 10. Jesus help my verstaan Oorhoofse tema Jesus gee vir sy volgelinge vrede wanneer Hy aan hulle verskyn. Hy wys vir hulle dat Hy anders is, maar dat Hy waarlik leef en dat hulle die wonderlike taak het

Nadere informatie

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016) 1 Preek Genesis 1:27 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016) Voor die erediens Sing: Lied 447:1 Sing: Lied 456:1,3 Afkondigings Stilte Ontmoetingsdiens: Toetredelied:

Nadere informatie

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels Leierskap Strukture Woord van God, Woord van die lewe, Woord vir ewig vas en waar, Woord onfeilbaar en verhewe waarin God Hom openbaar! L 255:1 (vervolg) Woord betroubaar,

Nadere informatie

Jakkals lê eendag heerlik en

Jakkals lê eendag heerlik en Leesbegrip Naam: Jakkals en Hettie die heuningvoëltjie Jakkals lê eendag heerlik en slaap onder ʼn koelteboom toe hy skielik die geflap van vlerke hoor. Dit is Hettie, die heuningvoëltjie. Sy druk haar

Nadere informatie

HUWELIKSBELOFTES. Dis die absolute hart van n huweliksbevestiging

HUWELIKSBELOFTES. Dis die absolute hart van n huweliksbevestiging HUWELIKSBELOFTES Dis die absolute hart van n huweliksbevestiging Kies die woorde versigtig, om jou deur die moeilikste tye van julle lewe saam te dra; om te keer dat jy opgee wanneer jy lus voel om op

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao! Bybel vir Kinders bied aan Totsiens Farao! Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING?

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING? WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING? GESLAGSGELYKHEID ALLE PERSONE MOET GELYK WEES VOOR DIE WET Die Namibiese Grondwet, Artikel 10 Wil jy n plakkaat hê? Kinders uit ons jeuggroep het plakkate

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Bloempark Ikabod Ark reeks 2

Gereformeerde Kerk Bloempark Ikabod Ark reeks 2 Teks: 1 Samuel 4:1-22 Fokus: 1 Samuel 4:20-22 Gereformeerde Kerk Bloempark Ikabod Ark reeks 2 Inleiding Geliefdes, in die Bybelse tyd was dit gebruik om by die geboorte van jou kind, vir jou kind n naam

Nadere informatie

17. Saul word koning 1 Samuel 9 10

17. Saul word koning 1 Samuel 9 10 17. Saul word koning 1 Samuel 9 10 Tema God kies mense, rus hulle toe en gebruik hulle in sy koninkryk hier op aarde. Agtergrond en interpretasie Die boek Samuel begin in die laaste jare van die rigtertyd.

Nadere informatie

19. God lei sy volk uit die slegte plek

19. God lei sy volk uit die slegte plek Wys my die weg Aanbiedersgids 19. God lei sy volk uit die slegte plek Oorhoofse tema Moses en Aäron het die farao gevra om die Israeliete te laat trek, maar hy het hardkoppig geweier. Toe stuur die Here

Nadere informatie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam.

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam. SKRIFLESING: Efesiërs 6:1-4 TEKS: Efesiërs 6:1-4 HK 39 TEMA: Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam. Psalm 103 : 1 Psalm 25 : 3 Skrifberyming 26 (9-1) : 1, 7 Psalm 103 : 9 1 Ons wil

Nadere informatie

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society "Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het." Johannes

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16 Jesus lewe! Kruisiging en opstanding Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16 Hulpmiddels: 3 stelle van 3 bordjies wat elkeen n gesigsuitdrukking het: n bly gesiggie, n hartseer gesiggie en n bang gesiggie 2 Handskoenpoppe

Nadere informatie

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Wat beteken Christus is die einde van die wet (Romeine 10:4)? Les 11 vir 16 Desember 2017 Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)? Christus is die doel of die eindebestemming van die wet. Christus is die vervulling van die wet. Christus is

Nadere informatie

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan... INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 7 1. Doen God al die skuifwerk hier op aarde?... 9 2. God se genade bepaal sy planne... 12 3. God se meesterplan... 15 4. Die Bybel: God se kompas... 18 5. Doen God se wil...

Nadere informatie

14. Gereed vir God se nuwe wêreld Matteus 25:1-13

14. Gereed vir God se nuwe wêreld Matteus 25:1-13 1 14. Gereed vir God se nuwe wêreld Matteus 25:1-13 Tema Wees gereed vir die nuwe wêreld van God (wederkoms) deur nou reeds te help bou daaraan. Agtergrond Hierdie gelykenis vorm deel van n groep gelykenisse

Nadere informatie

20. Die Here doen magtige dade Josua 6

20. Die Here doen magtige dade Josua 6 1 20. Die Here doen magtige dade Josua 6 Tema Die Here doen magtige dade. Agtergrond Hierdie verhaal gaan voort met die Israelitiese volk wat die Jordaan oorsteek en besig is om die beloofde land in te

Nadere informatie

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 Votum en seën Psalm 93 : 1, 4 Gebed Skriflesing: Openbaring 5 (AV 1933/53) Belydenis: HK 48 Teks: Openbaring 5:5 (AV 1933/53) Psalm 72 : 2 Preek: God sorg self vir die koms

Nadere informatie

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke) Preek 2 Tim 2 : 14-26 Kan jy of kan jy nie? Verwelkoming Votum(Ds. Danie) Seëngroet(Ds. Danie) Lofprysing Gebed Kan jy of kan jy nie? Baie eenvoudige tema, maar het so n wye betekenis. Ek wil vra dat u

Nadere informatie

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies? VERGELYK en RANGSKIK GETALLE Om vergelykings te tref tussen verskillende dinge is n vaardigheid waarmee ons almal gebore word. Dit begin vroeg-vroeg al wanneer ons verskillende tipes speelgoed met mekaar

Nadere informatie

Die Wensknoop. Sanette Smit. Antoinette Smit. Storie deur: Geillustreer deur:

Die Wensknoop. Sanette Smit. Antoinette Smit. Storie deur: Geillustreer deur: Die Wensknoop Storie deur: Sanette Smit Geillustreer deur: Antoinette Smit Die wensknoop: Deur Sanette Smit Met Illustrasies deur Antoinette Smit Die tienjarige Petrus stap stadig huis toe. Sy donker hare

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2.

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2. SKRIFLESING: Prediker 1:1-11 TEKS: Prediker 1:3 TEMA: Los van God bied die lewe niks Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2 Psalm 90 : 2, 3 Psalm 90 : 1, 9 Ook: Ps 39 : 3, 4 Ps 102 : 11, 12 Wanneer

Nadere informatie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u

Nadere informatie

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! SKRIFLESING: Matteus 25:1-13 TEKS: Matteus 25:13 TEMA: Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! Psalm 98 : 3 Psalm 99 : 1, 3 Skrifberyming 29 (18-3) : 8, 9 Skrifberyming 43 (15-7) : 5

Nadere informatie

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35 Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35 Vraag 1 GROEPSDRUK Vul die ontbrekende woorde in. 1. Hierdie scenario is n voorbeeld van en groepsdruk vind hoofsaaklik plaas tussen mense van dieselfde

Nadere informatie

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Ek begin diens met afkondigings, votum, seëngroet Votum: Ons het ondervind dat die Here goed is. Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is,

Nadere informatie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie