22. Die Here hoor sy kinders Rigters 6:1-22

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "22. Die Here hoor sy kinders Rigters 6:1-22"

Transcriptie

1 22. Die Here hoor sy kinders Rigters 6:1-22 Tema Die Here hoor sy kinders wat tot Hom roep al het hulle van Hom af weggedraai en help hulle deur leiers wat Hy daarvoor gereed maak. Agtergrond Rigters vertel hoe Israel in die beloofde land begin lewe, tussen groepe mense (Kanaäniete, Filistyne ) wat nie dieselfde beloftes van die Here gekry het as hulle nie die anti-promise mense. Hierdie mense het rondom en langs Israel-groepe gewoon en hulle op twee maniere bedreig: 1. Hulle was vyande wat Israel se grondgebied wou afvat en hulle diere en produkte vernietig of gesteel het. 2. Hulle het ander gode aangehang en gedien en dit kon Israel verlei tot afgodery. In Rigters kry ons n sekere patroon wat n paar keer herhaal: 1. Die Israeliete doen wat verkeerd is in die oë van die Here. 2. Die Here gee hulle oor in die hande van die vyande. 3. Die Israeliete roep om hulp. 4. Die Here hoor deur n redder te voorsien. Hierdie patroon lei ook die verhaal van Gideon in. Die Here loop n pad met Gideon en gebruik hom om sy kinders van die vyande te red. Maar die verhaal sluit af met die hartseer inligting van hoe Gideon n beeld van goud maak wat die mense begin aanbid het. Opmerking: Ons gaan die hele verhaal in baie kort dele opbreek en dit net vertel, terwyl ons n bietjie langer stilstaan by Rigters 7:16-22 en dit uit die Bybel lees. Dit sal goed wees as ons almal die week tuis die hele verhaal uit die Bybel kan lees en weer daaroor nadink (Huisgeloof). Bybelgedeeltes Vertel Rigters 6:1-10 Vertel Rigters 6:11-23 Vertel Rigters 6:24-32 Vertel Rigters 6:40 Vertel Rigters 7:1-8 Vertel Rigters7:9-15 Lees Rigters 7:16-22 Vertel Rigters 8:22-27, Hoofgedagtes van die ontmoeting 1. Doen verkeerd, word aan vyande oorgegee, roep om hulp. 2. Gideon word geroep en kry versekering dat die Here as redder by hom is. 3. Huis skoonmaak van afgode! Gideon word amper doodgemaak. 4. Twyfel, maar die Here gee versekering. 5. Te veel manskappe. Verminder tot 300, anders dink die mense hulle het hulleself gered. 6. Nog n keer moed gegee deur die Here (droom). 7. Die Here en Gideon! Die Here red. 8. Terug op die ou dwaalweg van afgodery.

2 Uitkoms 1. Sê dankie vir leiers wat deur die Here gebruik word en bid vir hulle. 2. Aanbid die Redder wat hoor as ons roep. 3. Erken dat ons maklik WEER afdwaal en vra die Here om ons vas te hou! Hulpmiddels by die storie n Groot doek of mat waarop jy blokke kan stapel. Sewe boublokke Gebruik enige van die volgende: stene, bokse, plastiekbakkies, blikke. Paneel 4 om te wys ons is nou in die Rigterstyd ná die val van Jerigo se muur, net voor die leeu en heuningkoek (Simson). Die Portret van Gideon Hulpmiddels vir kleingroepvaslegging Junior kleingroep Bring saam 1. Vir elke kind n plakker met die woord: Dapper 2. n Aantal blikkies of blokke waarmee n toring gebou kan word 3. Penne, kryt Senior kleingroep Bring saam 1. Vir elke kind n plakker met die woord: Dapper 2. n Aantal blikkies of blokke waarmee n toring gebou kan word 3. Penne, kryt

3 Die storie Begin Vandag gaan ons n storie vertel wat eintlik baie lank is. Almal moet dit in die week wat kom by die huis gaan lees. Daarom gaan ons dit vandag net vinnig vertel. Die verhaal pas op paneel 4, net hier waar die stukkie muur van Jerigo nog staan, en voordat ons by die verhaal van die sterk man, die dooie leeu en die heuning kom. Voordat ons by die storie kom, wil ek eers twee vrae vra: 1. Dink julle ook dat baie mense sterker is as min mense, of dat baie mense beter is as min mense? In vandag se tye stem ons mos oor dinge. As die meeste mense vir iets vra, of iets kies, dan maak ons so. Ons hou dus van meerderhede. Dink n bietjie hieroor terwyl ons die storie vertel. 2. Het julle ook al vreeslik baie van iemand gehou iemand wat soos n held of idol is, en dan doen daardie iemand iets wat jou baie teleurstel? Ons verhaal vertel ook van iemand wat soos n held dinge doen, maar dan eindig ons storie nie so mooi nie. Ons gaan die storie met sewe blokke (Gebruik enige van die volgende: stene, bokse, plastiekbakkies, blikke) vertel, en elke keer wanneer daar iets nuuts in die storie kom, gaan ek nog n blok op die ander stapel. Voordat ons die eerste blok pak, gooi ons eers hierdie doek oop om te vertel hoe dit in Israel gegaan het. Die kinders van die Here wou nie na die Here luister nie en het net gedoen wat hulle wou. Daar was ook nie n koning of leier wat hulle op die regte pad gehou het nie. Toe kom die vyand, die Midianiete wat so baie soos sprinkane was en begin steel Israel se goed vir sewe jaar lank. En dit wat hulle nie gesteel het nie, het hulle afgebrand of verwoes. Die Israeliete moes net altyd wegkruip. Nou begin ons met die eerste blok. (Bou met elke moment een blok hoër. Pak dit mooi stewig sodat dit nie omval voor die einde nie. n Mens sou n tekening of woord op elke blok kon skryf, byvoorbeeld: n profeet, vuur, bul, vlieswol, 300, droom, swaard.) Hoor Moment 1: Vertel Rigters 6:7-10 ( n Man/profeet) Israel roep toe tot die Here, en die Here stuur n man om vir hulle te gaan sê: Dis eintlik julle eie skuld. Die Here het julle uit Egipte gebring en gesê Hy is die enigste Here, en toe begin julle om die afgode wat die ander mense in hierdie land dien, te dien. Alhoewel dit Israel se verdiende loon was dat hulle so swaarkry, hoor die Here hulle tog nou. Moment 2: Vertel Rigters 6:11-23 (Die vuur uit die engel se staf) n Groot boom was nogal n belangrike bymekaarkomplek. Die engel van die Here het toe by so n groot boom naby die koringlande van Joas gaan sit. Daar naby was n jongman met die naam Gideon besig om koring wat hulle nog vir die Midianiete weggesteek het, skoon te maak (kaf van die korrels te skei). Die engel gaan toe na hierdie jongman toe en sê: Die Here is by jou, dapper man. Gideon was sommer kwaad: As die Here by ons is, hoekom gebeur al hierdie slegte goed dan met ons? Waar is die Here?

4 Die volgende wat ons hoor in die Bybelse verhaal, is dat die Here vir Gideon sê: Ek stuur jou. (Dit Bybelverhaal verander dus die engel na die Here self). Toe Gideon nog sê hy kom maar uit n arm familie en hoe sal hy nou die Midianiete gaan straf, antwoord die Here net: Ek is by jou. Gideon het vir hierdie vreemde Persoon gesê hy moet net daar wag. Hy gaan bak toe gou n klomp brood en bring dit saam met vleis terug. En wat doen die vreemde Persoon? Hy sê Gideon moet die kos op n rots sit. Toe raak Hy met die punt van die stok in sy hand aan die vleis en brood. n Vuur het uit die rots opgevlam en die Persoon verdwyn. Gideon was baie bang, maar die Here het hom gerus gestel. Gideon bou toe daar n altaar vir die Here. Moment 3: Vertel Rigters 6:24-32 (Die bul) Die Here stuur Gideon toe om sy pa se groot bul wat al sewe jaar oud was te gaan slag en dit vir die Here op n nuwe altaar te offer. Maar voordat Gideon dit doen, moes hy eers die altaar wat sy pa vir die afgod Baäl gebou het, afbreek. Omdat Gideon bang was vir die mense, het hy dit in die nag gedoen. Die volgende oggend was daar chaos: Wie het dit gedoen? wou almal weet. En toe hulle uitvind dis Gideon, wou hulle hom doodmaak. Gideon se pa het egter gesê dat as Baäl n god is, hy maar vir Gideon moet straf. Moment 4: Vertel Rigters 6:36-40 (Die stukkie vlieswol) Gideon het moed geskep en op die ramshoring geblaas om al die mense wat kan veg bymekaar te maak. Toe twyfel hy weer of die Here hom wil gebruik om Israel te red. Hy vra die Here toe om vir hom n teken te gee. As n mens n skaap afskeer, sit die wol nog aan mekaar vas (dit val nie los soos hare nie). Met so n stuk vlieswol vra Hy toe vir die Here n teken: Hy sal die wol in die nag buite sit en as dit die volgende môre nat gedou is, maar die grond is droog, sal hy weet dis reg: Die Here gaan hom gebruik. En so gebeur dit toe. Gideon was nog nie seker nie, want dit is nogal normaal dat n so n wolvlies in die nag dou sal aantrek. Toe vra Gideon vir die Here of dit ook andersom kan gebeur. En die volgende môre was dit oral nat gedou, maar die wol was droog. Moment 5: Vertel Rigters 7:1-8 (Net 300 manskappe) Daar was duisende manskapppe by Gideon. Die Here sê toe vir hom: Israel gaan spog as hulle die vyand met soveel manskappe wen. Dan sal hulle sê dis hulle wat so sterk is. Sê dat almal wat bang is en bewe, maar kan omdraai. Twee en twintig duisend draai toe om en net tien duisend bly oor. Dit was nog te veel vir die Here. Die Here sê toe Gideon moet hulle laat water drink by n stroom. Party het by die stroom gekniel om te drink, maar drie honderd het die water met hulle hande opgeskep. Die Here sê toe die drie honderd is genoeg. Moment 6: Vertel Rigters 7:9-15 (Die droom van die vyand) Die Here wou al Gideon se bangheid wegvat. Hy sê toe vir Gideon hy moet die nag as dit baie donker is, tussen die vyand se tente ingaan en gaan luister wat hulle sê. Ek sou darem baie bang wees om dit te doen. Gideon het egter gegaan. Hy het sy slaaf saamgeneem. En wat hoor hy daar in die vyand se kamp? Een persoon vertel vir sy maat dat hy gedroom het n groot ronde garsbrood kom rol in hulle kanp in en rol hulle hele tent om. Die maat antwoord toe: Dis Gideon! Die Here gaan Gideon laat wen. Nou was Gideon gereed. Hy het teruggegaan en sy plan aan die manne vertel.

5 Moment 7: Lees Rigters 7:16-22 (Die swaard van die Here en Gideon) So het die Here van arme bang Gideon, dapper Gideon gemaak. Onthou julle nog wat daardie vreemde engel reg aan die begin vir Gideon daar onder die boom gesê het? Hy het gesê: Die Here is by jou, dapper man! Nou wou die mense vir Gideon koning maak. Moment 8: Vertel Rigters 8:22-27, (Moenie n boublok hier gebruik nie! Skop al die blokke om nadat jy die volgende vertel het.) Gideon doen toe n baie snaakse ding. Hy sê elkeen moet n goue ring wat hulle by die Midianiete afgevat het met die oorlog, na hom toe bring. Die ringe het altesaam 17 kg geweeg. Toe maak Gideon n beeld daarvan en op die ou-end aanbid die mense hierdie beeld. En na Gideon se dood het hulle weer vir Baäl aanbid. (Skop die agt blokke om.) Dink Oë toe! Dink aan n sekere dag toe daar iemand by die doopvont gestaan het met jou as seuntjie of dogtertjie by hulle. Dis asof die Here daardie dag by jou gestaan het, en gesê het: Ek is by jou dapper, seun of dogter. Dis asof hierdie woorde heelpad by ons bly, ook as ons bang is en weer twyfel. Die Here troos ons dan daarmee, dat Hy by ons is en dat Hy die oorwinnaar is. Leef Omdat ons Christene is, sê die Here vir ons ons is belangrik. Hý maak ons belangrik. Hý maak ons God se kinders. Daarom kan ons dinge doen wat ons nooit gedroom het ons sal kan doen nie. Ons maak nie oorlog en wen gewone vyande nie. Nee, Christene is dapper om dinge wat verkeerd is, reg te maak. Ons bring liefde waar daar haat is, vrede waar daar n bakleiery is, blydskap waar daar hartseer is. Ons wen die kwaad met die goeie! Ons kan vandag dankie sê vir elke leier wat die Here vir ons gee, en bid dat hulle saam met ons aan die Here getrou sal bly. Ons erken dat ons almal maklik afdwaal, en daarom moet ons vir mekaar bid en baie met mekaar praat en mekaar bemoedig. Ons aanbid die Here wat ons redder is en wat hoor wanneer ons tot Hom roep om gehelp te word.

6 Kleingroepvaslegging: Junior groep Welkom Plak n dapper -plakker voor elkeen se bors soos wat hulle inkom. Wegspring Bou agt blokke op mekaar sonder dat dit omval. Maak beurte, en kyk wie die hoogste toring kan bou. Werksaam 1. Teken die agt blokke van Gideon se storie in jou werkboek. Gee vir elke blok n naam of teken iets daarin. Help mekaar om dit in die regte volgorde te doen. 2. Gesels nou oor hierdie vrae: Watter blok was vir my die interessantste? Hoekom? Watter leier is vir julle n voorbeeld van hoe n kind van die Here moet optree? Noem verskillende mense en bid vir hulle. Wegstuur/Huisgeloof 1. Lees in die week weer die hele verhaal van Gideon soos Rigters 6 8 dit vertel. Gesels saam oor hierdie verhaal. 2. Vra die grootmense om te vertel: Ek moes eenkeer iets doen waarvoor ek nie eintlik kans gesien het nie. Wat het toe gebeur?

7 Kleingroepvaslegging: Senior groep Welkom Plak n dapper -plakker voor elkeen se bors soos wat hulle inkom. Wegspring Maak beurte, en kyk wie die hoogste toring kan bou uit die items wat voorsien word (blokkies, blikkies, plastiekhouertjies). Wonder Dink aan jou eie lewe. Bou n paar blokke in jou gedagtes op mekaar. Gee ook aan elkeen n naam. Dalk is daar een wat blok wat vertel van iets wat gebeur het toe jy n baie bang tyd in jou lewe gehad het. Dalk kom een blok uit n tyd toe jy baie moedeloos was. Jou toring het nie omgeval nie, want die Here was heelpad by jou. Hy sê vandag weer vir jou: Jy is dapper, want Ek is by jou. Werksaam 1. Teken die agt blokke van Gideon se verhaal in jou werkboek. Gee vir elke blok n naam of teken iets daarin. Help mekaar om dit in die regte volgorde te doen. 2. Gesels nou saam: Ons is Christene. Wat maak ons bang? Ons is Christene. Wat maak ons moedeloos? Ons is Christene. Watter soort wapens gebruik ons? Ons is Christene. Wat laat ons aanhou en uithou? Ons is Christene. Waarteen veg ons? Wat moet ons oorwin? Watter leier is vir jou n voorbeeld van hoe n kind van die Here moet optree? Noem n paar leiers se name en bid dan vir hulle. Wegstuur/Huisgeloof 1. Lees in die week weer die hele verhaal van Gideon soos Rigters 6 8 dit vertel. Gesels saam oor hierdie verhaal. 2. Vra die grootmense om te vertel: Ek moes eenkeer iets doen waarvoor ek nie eintlik kans gesien het nie. Wat het toe gebeur? 3. Kyk of julle mekaar moed kan inpraat deur hierdie sin vir mekaar te voltooi: Ek onthou eendag toe jy iets baie wonderlik en dapper gedoen het

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 Tema Die goeie Herder hou al sy skape veilig in sy hand. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by Ontmoeting 1, asook na die aantekenings

Nadere informatie

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 Tema Jesus het uit liefde sy lewe vir ons afgelê en Hy gee ook hierdie liefde in ons sodat ons mekaar kan liefhê. Agtergrond en interpretasie Johannes

Nadere informatie

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 1 14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 Tema Wanneer ons bely dat ons sonde doen, vir God daarvan vertel en sê ons is jammer, verseker Hy ons dat Hy ons sonde vergewe. Agtergrond en interpretasie

Nadere informatie

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6 26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6 Tema Wanneer jaloerse mense ander mense met mag gebruik om jou geloof te probeer ondermyn, ontdek jy die Here is en bly getrou. Agtergrond en interpretasie Kyk

Nadere informatie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie Ontmoeting 7 God gebruik n dogtertjie wat ver van haar eie huis af is, om n belangrike generaal in Hom te laat glo. Teks: 2 Konings 5: 1-14 Hulpmiddels: Sandboks met huise, paleis, rivier en karakters

Nadere informatie

Welkom by Die Storie God se storie

Welkom by Die Storie God se storie Welkom by Die Storie God se storie Hierdie boek vertel die belangrikste, aangrypendste storie ooit: die storie van n ware God wat lief is vir sy kinders, wat gesorg het dat hulle gered is, en wat vir hulle

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11 1 3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11 Tema Jesus wys dat God se Woord soos n wapen is waarmee ons die duiwel en sy versoekings kan oorwin. Agtergrond Die verhaal van die Israeliete wat uit Egipte

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus Doel van les: Ons leer meer oor Wie ons is in Christus. Ysbreker: Bome Uitbeeld: In die Bybel lees mens baiekeer dinge oor bome. God praat van bome om ons as

Nadere informatie

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2 Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2 Hulpmiddels:: Bordspeletjie: Laai af by http://www.livingwaterbible games.com/christmas-board-game.htm Drukker, papier, gom, skêr, dobbelsteentjies, kleeflint

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 1 12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 Tema Jesus het die Heilige Gees gestuur om ons te help. Agtergrond en interpretasie Hierdie ontmoeting sluit by die voriges aan. Een artikel van

Nadere informatie

25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1

25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1 1 25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1 Tema Wanneer die Here vir ons moeilike werk gee om te doen, is Hy by ons. Agtergrond en interpretasie Die profeet Jeremia het uit Anatot gekom en was nie een van die

Nadere informatie

16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17

16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17 1 16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17 Tema Wanneer leiers nie meer vir God as die enigste Here erken nie, praat die Here steeds deur doodgewone mense soos Elia en sorg vir sy kinders. Agtergrond en

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31 10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31 Tema Jesus help Tomas glo en Hy noem almal wat nie sien nie en tog glo, gelukkig. Agtergrond en interpretasie Hierdie aanbieding fokus op Tomas. Tomas is n Hebreeuse

Nadere informatie

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26 12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26 Tema Die Heilige Gees het na ons toe gekom soos Jesus aanvanklik by die dissipels was om te help dat ons nie alleen word, twyfel en ophou om in Jesus en die

Nadere informatie

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën. Ontmoeting 4 God is lief vir Noag Kinders hoor in die storie van Noag dat God regverdig is. Hy sien mense raak wat aan Hom gehoorsaam is en Hy maak n duidelike plan om sy kinders te red. Teks: Genesis

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.) Ontmoeting 40 Kinders kan vir grootmense van God vertel. Teks: 2 Konings 5; Jesaja 44:6 Hulpmiddels: Bordkryt om teen n muur of op die vloer te skryf (Of maak afwasbare kryt deur waspoeier met kleursel

Nadere informatie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

Debora. Wyding Sing die Temalied en doen die Stilword-ritueel soos by ontmoeting 1.

Debora. Wyding Sing die Temalied en doen die Stilword-ritueel soos by ontmoeting 1. Debora Vertrou op God in alle omstandighede. Teks: Rigters 4:1-24. Hulpmiddels: n Houertjie vir elke kind wat deelneem aan die tweede speletjie by Welkom Appels en 1 patat Blinddoeke en items om n hindernisbaan

Nadere informatie

16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22

16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22 16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22 Tema God laat ons kies sodat ons goeie leiers soos Samuel kan wees. Agtergrond Samuel was lank God se mond onder die volk. Hy het hulle gelei, want hy was

Nadere informatie

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy VADERSDAG Teks: Markus 5:22 24, 35-42 Hulpmiddels: Sirkel en sirkel met vyfde uitgesny om saam met die verhaal te gebruik Split pin A4-kartonne A4-papier om hemp-kaartjies te vou Inkleurkryte en ander

Nadere informatie

Antonieme en sinonieme

Antonieme en sinonieme Antonieme en sinonieme Naam Oefening 1 1. Die motor is nie groot nie. smal 2. Die skaap is nie slim nie. buite 3. Die koffie is nie soet nie. naby 4. Die kind is nie soet nie. klein 5. Die straat is nie

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21 1 2. In die pikdonker nag Johannes 3:1-21 Tema God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun, Jesus, gestuur het om almal wat in Hom glo, te red. Agtergrond en interpretasie Johannes 3:16-17 sluit

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1

18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1 1 18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1 Tema Wanneer ons op die drumpel staan van nuwe dinge voor ons, is dit die Here sélf wat ons lei en begelei. Agtergrond Hierdie verhaal speel af

Nadere informatie

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: TEMA: INHOUD: Johannes 18:37-38b Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. Die waarheid verwerp Psalm 105 : 2, 3 Psalm 73 : 12 Skrifberyming 18 (17-2)

Nadere informatie

21. Glo maak soms seer Jesaja 6

21. Glo maak soms seer Jesaja 6 1 21. Glo maak soms seer Jesaja 6 Tema Soms gee die Here vir ons moeilike werk om te doen, maar dan gee Hy ook vir ons die krag om dit te doen. Agtergrond en interpretasie In die vorige ontmoeting het

Nadere informatie

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 1 6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 Tema Ons glo in Jesus Christus, die God-mens, ons Here wat ons verlos. Agtergrond en interpretasie Ons is besig om oor die Apostoliese

Nadere informatie

Die brief aan die Filippense

Die brief aan die Filippense Ontmoeting 19 Die brief aan die Filippense Teks: Fillippense 1:4; 4:4; 4:13 Hulpmiddels: Toue Ballonne Oupa Pietie Preekstoel se brief Kopie van prentjie met Fillipense 4:4 Woorde van Fillipense 4:13,

Nadere informatie

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen. Op pad vir Christus NG Kraggakamma Le Roux Familie POPPEKASKAPERJOLLE : Frikkie! Frikkie! Hoekom is jy so stadig vandag? Frikkie: (Nog af. Haal hard asem) Want ek is moeg. Hoekom is jy moeg? Frikkie: Ek

Nadere informatie

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37 Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37 DOEL: Die kinders moet verstaan dat ons saam met Jesus teen die duiwel moet stry. Ons moet hom geen vastrapplek in ons lewe

Nadere informatie

2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41

2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41 2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41 Tema Wie Jesus as Here erken, dwaal nie meer soos n blinde mens in onsekerheid rond nie. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by

Nadere informatie

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12 1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12 Tema Jesus is God wat ʼn sondige verlamde man help en ons met hierdie Goeie Nuus na ander mense toe stuur. Só sal baie mense God prys. Agtergrond en

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: 1. Jy MOET n sondaar wees 2. Jy kan Hom volg al glo jy nog nie

Nadere informatie

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies? VERGELYK en RANGSKIK GETALLE Om vergelykings te tref tussen verskillende dinge is n vaardigheid waarmee ons almal gebore word. Dit begin vroeg-vroeg al wanneer ons verskillende tipes speelgoed met mekaar

Nadere informatie

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 Tema Jesus verseker mense wat Hom aanbid, en selfs dié wat nog twyfel, dat Hy, die Almagtige, by hulle is wanneer hulle uitgaan om dissipels oor die hele wêreld heen

Nadere informatie

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte. 1 Gen. 37a Josef a Die vere maak nie die voël nie Liewe kinders, en broers en susters. Vandag begin ons met `n splinternuwe reeks oor die lewe van Josef. Ek wil veral hê dat die kinders mooi moet luister,

Nadere informatie

26. Kies wysheid 1 Konings 3

26. Kies wysheid 1 Konings 3 26. Kies wysheid 1 Konings 3 Tema Ons kies wys wanneer ons kies om aan die Here gehoorsaam te wees sodat ons die Here se mense kan help. Agtergrond en interpretasie Koning Salomo se bewind begin met ʼn

Nadere informatie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was nie om limate te gaan werf of om mense te gaan bekeer nie, maar om dissipels te gaan maak, mense wat Jesus volg. Net soos wat n mens nie noodwendig

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER HOEKOM MENTAL MATHS? Ons wil hê dat ons leerders gemaklik met getalle kan speel. Hy moet weet waar n getal lê. Hy moet n klomp somme met die getal kan maak. Mental Maths bou

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene Bybel vir Kinders bied aan Daniël die Gevangene Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Paulus en sy vriende vertel ander van God Ontmoeting 20 Paulus en sy vriende vertel ander van God In hierdie deel van Paulus se verhaal sien ons weereens hoe God vir ons sorg. Hy het vir Paulus vriende gegee om hom te help met sy taak om die boodskap

Nadere informatie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek. 1 Lukas 6h 7.10.18 WH Tema: Hoe kyk jy? Ek sien nou die dag `n taxi met `n plakkaat agter in die venster waarop daar staan: only God can judge me. Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in

Nadere informatie

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 30 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

23. Reëls vir die pad die padgebruikers 23. Reëls vir die pad die padgebruikers Oorhoofse tema Die Here is saam met ons op pad. As die Padmaker het Hy vir ons tien padreëls of lewensreëls gegee sodat ons elke dag daarvolgens kan leef. Die eerste

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer Voorwoord Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer van die lewe lyk en is nie. Veel eerder is ware hoop om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe beweeg. Dis om,

Nadere informatie

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk.

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk. Hulpmiddels: Vir die speletjie: 8 koeverte en die Sjona-alfabet-flitskaarte wat saam met die projek inligting gestuur is. Kopieer die volgende flitskaarte 2 keer: B (Bhaibheri), C (china), D (dongi), G

Nadere informatie

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17 2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17 Tema Jesus, ons Onderwyser of Leermeester, laat ons saam drome droom om siek (sondige) mense by die Dokter uit te bring; om hulle in te trek tot in die binnekring

Nadere informatie

Die Groot Muur van Nehemia

Die Groot Muur van Nehemia Bybel vir Kinders bied aan Die Groot Muur van Nehemia Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Vertaal deur: Yvette Brits Aangepas deur: Mary-Anne S. Storie 35 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

God eer Josef die slaaf

God eer Josef die slaaf Bybel vir Kinders bied aan God eer Josef die slaaf Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Storie 8 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30

15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30 1 15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30 Tema Hoe ek God sien, gaan bepaal hoe ek met sy riglyne sal omgaan in my lewe: óf soos n slaaf wat net die nodige sal doen, óf soos n kind wat vertrou dat

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: Mary-Anne S. Storie 26 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

20. Die Here doen magtige dade Josua 6

20. Die Here doen magtige dade Josua 6 1 20. Die Here doen magtige dade Josua 6 Tema Die Here doen magtige dade. Agtergrond Hierdie verhaal gaan voort met die Israelitiese volk wat die Jordaan oorsteek en besig is om die beloofde land in te

Nadere informatie

Abu Ali tel sy donkies

Abu Ali tel sy donkies 8 Abu Ali tel sy donkies Luistertyd: n Storie uit die Midde-Ooste Luister eers na die woorde en herhaal hulle. een twee drie vier vyf ses sewe agt nege Luister daarna na die kort storie. Abu Ali koop nege

Nadere informatie

6. Geseënde mense dink aan ander Matteus 5:3-6

6. Geseënde mense dink aan ander Matteus 5:3-6 1 6. Geseënde mense dink aan ander Matteus 5:3-6 Tema Geseënde mense is nie die hele tyd net met hulleself besig nie. Agtergrond Matteus skryf vir n klein groepie Christene. Die wêreld rondom hulle is

Nadere informatie

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels... 1 0:01:50-0:03:50 Gnomeo en Juliet se storie begin met twee families, rooi en blou wat nie van mekaar hou nie. Hulle noem die ander familie nooit op hul name nie, maar slegs rooies of bloues. Hierdie word

Nadere informatie

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat.

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat. Naam: 1 Die ou vrou en die voël wat kon praat. Woordlys Lees die woorde n paar keer hardop. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud 2 Stillees Oefening

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 58 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? - Lees Rom 10:1 - By hierdie stasie gaan elke persoon hulle polsslag neem - Laat elke persoon hulle wysvinger op hulle pols sit om hulle hartklop te voel. - Laat hulle

Nadere informatie

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel Christiaan Coetzee www.mathetes.co.za In die ou testament was die tempel n fisise plek of tent gewees waar mense na toe gegaan het om hulle sondes te belei

Nadere informatie

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 1 Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 Het jy dalk enige afgode of in jou huis? Miskien weet jy nie dat jy het nie, en dit is dalk die rede vir die konflik in jou huwelik, of dat jou kind

Nadere informatie

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18 1 9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18 Tema Jesus se opstanding was ʼn onverwagse verrassing wat vir ons as sy volgelinge moed gee wanneer ons deel word van sy triomftog waarin Hy baie mense saam

Nadere informatie

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek. Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek. Vanaand gaan dit oor kosteberekening. Wat gaan dit kos? Wanneer n mens trou met die liefde van

Nadere informatie

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan... INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 7 1. Doen God al die skuifwerk hier op aarde?... 9 2. God se genade bepaal sy planne... 12 3. God se meesterplan... 15 4. Die Bybel: God se kompas... 18 5. Doen God se wil...

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 24 van 60.

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 24 van 60. Bybel vir Kinders bied aan Die Man van Vuur Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: E. Frischbutter Storie 24 van 60 www.m1914.org Bible for Children,

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die Ons praat baie van dinge wat in verhouding tot mekaar is, sonder om dit regtig agter te kom! As jy byvoorbeeld sê dat jy twee van die ses stukke van n pizza geëet het, het jy n verhouding beskryf: Die

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60. Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Storie 6 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand 1. Praise and Worship 2. Instruksies vir die aand: - Hierdie is n gebedsaand rondom die verskillende vrugte van die Gees. - Elke groepleier kry al hulle benodighede

Nadere informatie

22. Reëls vir die pad die Padmaker

22. Reëls vir die pad die Padmaker 22. Reëls vir die pad die Padmaker Oorhoofse tema Die volk Israel het kamp opgeslaan aan die voet van Sinaiberg. Die Here het hulle uit Egipte gered en tot hier gedra en versorg, net soos ʼn ma-arend haar

Nadere informatie

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

LITURGIE VIR N OOP GESPREK LITURGIE VIR N OOP GESPREK 1 Liturgie vir ʼn oop gesprek Nota Hierdie liturgie kan gebruik word in ʼn erediens of vir groepgesprekke en vergaderings. Dit sal goed wees as daar 90 minute ingeruim kan word

Nadere informatie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken

Nadere informatie

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle Van die vroegste tye wat mense kon praat en nodig gehad het om te kan tel, het hulle Natuurlike Getalle gebruik. Dit maak sin, want hulle kon 3 rotse of 5 koeie sien maar hulle het geen begrip gehad vir

Nadere informatie

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap... Inhoudsopgawe Aanbidding... 8 Bekommernis... 12 Beskerming... 16 Blydskap... 20 Dankbaarheid... 24 Diensbaarheid... 28 Eerlikheid... 32 Gebed... 36 Geduld... 40 Geloof... 44 Genade... 48 Gesin... 52 Hoop...

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.)

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.) Ontmoeting 13 Kinders leer dat die Here nie dink een persoon is belangriker as n ander persoon nie. Hulpmiddels: Plakkaat met reëls op Uitgeknipte los prentjies van rein en onrein kosse; kleefband waarmee

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur Bybel vir Kinders bied aan Die Man van Vuur Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Briewe, posseëls en elektroniese pos

Briewe, posseëls en elektroniese pos moet oor die skepping heers en dit onderwerp (Gen. 1: 28). Die mens ontvang van God die opdrag om die moontlikhede van die skepping te ontgin. Daarom moet ons die skepping probeer verstaan en dit bestuur.

Nadere informatie

Breedte. Oppervlak = Lengte X Breedte. Ons kan nou enige reghoek se oppervlak bereken met hierdie formule, nie waar nie?

Breedte. Oppervlak = Lengte X Breedte. Ons kan nou enige reghoek se oppervlak bereken met hierdie formule, nie waar nie? Jy moet verstaan dat daar, net soos in Afrikaans of Engels of Spaans, ook n nut is vir n Wiskunde Taal om mee te kan gesels wanneer ons wiskunde doen. Ons gaan nou nog meer daarna kyk, en die reëls vir

Nadere informatie

21. Saul is jaloers 1 Samuel 19 31

21. Saul is jaloers 1 Samuel 19 31 21. Saul is jaloers 1 Samuel 19 31 Tema Die jong opkomende ster, Dawid, ondervind hoe die jaloerse koning Saul hom bedreig, maar hy bly in alle omstandighede waardig en wag totdat die Here hom verhoog.

Nadere informatie

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Vals beeld van God: Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Ware beeld van God: God se beloftes word vervul in Jesus. Ons kan

Nadere informatie

11. Jesus gaan vooruit (Hemelvaart)

11. Jesus gaan vooruit (Hemelvaart) 11. Jesus gaan vooruit (Hemelvaart) Oorhoofse tema Soos iemand vooruit stap en aan die einde van die pad vir jou wag, het Jesus vooruit gegaan om vir ons in die hemel te gaan wag. Die dissipels het getuig

Nadere informatie