15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30"

Transcriptie

1 1 15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30 Tema Hoe ek God sien, gaan bepaal hoe ek met sy riglyne sal omgaan in my lewe: óf soos n slaaf wat net die nodige sal doen, óf soos n kind wat vertrou dat sy ouer die beste weet. Opmerking Daar is twee maniere hoe jy God kan sien en dit bepaal hoe jy gaan leef: óf God het n klomp wette vir mense opgestel en vereis dat hulle dit stiptelik nakom (en as hulle dit nie nakom nie, straf God hulle), óf God is soos n liefdevolle ouer wat sy kind met riglyne wil help om vry en gelukkig te leef. Agtergrond Hierdie gelykenis vorm soos die vorige een deel van n groep gelykenisse wat almal praat oor die (onverwagse, skielike) koms van die Here en die manier waarop Hy ingewag word. Hierdie gelykenis wil die hoorder help verstaan met watter gesindheid ons op Jesus se wederkoms moet wag. By die gelykenis van die tien meisies was die fokus dat ons gereed moet wees vir die wederkoms. Vandag se gelykenis vertel van die gesindheid waarmee ons moet wag. Die talente of muntstukke (1 talent = sowat mense se dagloon!) verwys nie na die gewone menslike talente soos wat ons dit in die spreektaal gebruik nie, met die gedagte dat jy die natuurlike potensiaal wat jy het, moet ontwikkel nie. Dit gaan nie soseer om die hoeveelheid wins wat gemaak is nie, maar eerder oor die betroubaarheid van die slawe en die manier waarop hulle met die eienaar se geld werk. Die eerste twee slawe was gewillig om te werk. Die derde slaaf was nie goed en getrou nie, maar sleg en lui. Die gelykenis plaas die klem op n bepaalde lewensinstelling wat aan die einde van die lewe onder een van twee waarde-oordele geplaas word: goed en getrou, of sleg en lui. Wat is die rede vir die twee slawe wat goed en getrou is en die derde een wat sleg en lui is? Die antwoord lê in die mond van die derde slaaf. Hy het die eienaar negatief beoordeel, en daarom het dit n effek op sy werke gehad. Wanneer ons die gelykenis lees teen die agtergrond van Jesus en sy volgelinge, beteken dit dat die volgelinge van Jesus Hom (en God) op meer as een manier kan beoordeel: Hy kan ons bevry en met vreugde en verantwoordelikheid inspireer om te werk, of Hy kan net n klomp eise en wette aan ons kom stel en ons laat inkeer op n selfgerigte lewe waarbinne dit vir ons gaan om selfbehoud. Vir volgelinge wat Jesus ontmoet as die Een wat vrymaak en lewensgeleenthede gee, is dit n vreugde om die koning van die koninkryk met oorgawe te dien. Vir volgelinge wat Jesus (God) slegs sien as die harde man is daar net angs (bangheid) en die poging om so min as moontlik te doen sonder om uitgevang te word. Die gelykenis stel dus n vraag aan ons: Hoe sien ek God? En hoe sien ek myself in verhouding tot God? Kind wat vry is, of slaaf (Klaas) wat gevange gehou word deur sy baas se opdragte en bevele? Bybelgedeeltes Hoofgedagtes van die ontmoeting Verwys na vorige gelykenisse 1. Elkeen van die gelykenisse onderstreep n belangrike aspek van God se nuwe wêreld.

2 2 Lees Matteus 25:14-18 Lees Matteus 25:19-23 Lees Matteus 25:24-30 Lees weer vers 24 en Die muntstukke uitgedeel volgens hulle bekwaamheid 3. Die goeie en getroues 4. Die slegte, luie en aldus nuttelose slaaf 5. Die manier waarop Hy aan die eienaar en homself gedink het, het bepaal hoe hy met die eienaar se goed omgaan. Uitkoms 1. Nadenke: Hoe sien ek God? 2. Aanmoediging: Dien die Here met getrouheid. Vermeerder die goeie dinge wat Hy aan ons toevertrou. 3. Waarskuwing: As jy nie lus het om goeie dinge te doen nie, kan jy gerus weer nadink oor hoe jy God sien. Hulpmiddels by die storie 1. Gebruik paneel 6 en 12 om na te verwys tydens die aanbieding. 2. Registreer by Max7 en laai die volgende videoclip gratis af vir hersiening van die verhaal Hulpmiddels vir kleingroepvaslegging Junior kleingroep Senior kleingroep Bring saam Bring saam 1. Potlode of skerp kryte 1. Tuisgemaakte muntstukke of n klomp 5cmuntstukke (20-50) 2. n Dobbelsteen 3. Klein bakens vir elkeen om op die bordspel sy plek aan te dui 4. Spelreëls

3 3 Die storie Begin Julle kan seker onthou hoe Jesus sy dissipels gehelp het om God se nuwe wêreld beter te verstaan? Hy het vir hulle gelykenisse vertel. Vir die aanbieder: Wys weer na paneel 7 na die rol van Jesus as profeet wat self God se saad vir die aarde is. En ons sien ook dat wanneer mense rêrig luister na Jesus hulle lewe ook begin verander. Daarom is dit vandag nog vir ons belangrik om weer na Jesus se gelykenisse te luister. Vir die aanbieder: Wys na paneel 12. Ons wil ook vandag waarlik vry lewe en ook verstaan hoe Jesus ons uitnooi om ons lewe te verander en te leef soos kinders van God se nuwe wêreld. Hoor Moment 1: Vertel Matteus 25:14-15 Eendag was daar n ryk man wat op n lang reis moes gaan. Hy roep sy drie slawe wat hy goed ken en sê vir hulle om mooi na sy goed te kyk terwyl hy op reis is. Omdat hy hulle goed geken het, het hy ook geweet wat om vir watter werker van hom te gee. Vir die een gee hy toe vyf sakkies geld om na te kyk, die tweede twee sakkies en vir die derde een een sakkie. Moment 2: Vertel Matteus 25:16-18 Die werker met die vyf sakkies het dadelik aan die werk gespring en nie lank nie of sy geld het met nog vyf sakkies vermeerder. Die tweede werker met sy twee sakkies geld het ook dieselfde gedoen en nie lank nie of hy het nog twee sakkies geld by deur sy werk en moeite. Maar die werker met die een sakkie het dit in n gat in die grond gaan wegsteek. Moment 3:Vertel Matteus 25:19-23 Na baie maande kom die eienaar toe terug. Hy vra sy werkers wat hulle met sy geld gedoen het. Hy was baie bly toe hy sien dat die werker aan wie hy vyf sakkies gegee het, dit met nog vyf vermeerder het. En die werker aan wie hy twee sakkies gegee het, het dit met twee vermeerder. Hy het elkeen geprys en gesê: Uitstekend! Jy is n voortreflike slaaf; een op wie ek kan staatmaak. In die kleine het jy jou betroubaar bewys. Daarom gaan ek nog baie groter verantwoordelikhede aan jou toevertrou. Kom vier saam met my fees (Matt 25:23 Nuwe Lewende Bybel). Moment 4: Vertel Matteus 25:24-30 Die derde werker wil toe verskoning maak vir sy luiheid. Hy beskuldig sommer sy baas daarvan dat hy onregverdig is en dat hy baie bang is vir hom. Daarom het hy maar sy sakkie geld gaan begrawe. Die eienaar was woedend. En as jy so bang was vir my, waarom het jy dit nie in die bank gaan sit sodat dit darem n bietjie rente kon kry nie. Die eienaar het hierdie lui werker weggejaag en sy een sakkie geld gaan gee vir die een wat tien sakke geld gehad het. Die eerste twee werkers was lief vir hulle eienaar en wou graag vir hom werk. Hulle eienaar se besittings was vir hulle belangrik genoeg om goed daarna te kyk en hulle het sy besigheid goed bestuur. Die laaste een het niks van sy eienaar gehou nie en het hom sommer ook n harde man genoem. Hy was bang vir sy eienaar.

4 4 Moment 5: Lees Matteus 25:24-25 weer Dink Daar is n groot verskil tussen bang wees vir iemand, of om respek vir iemand te hê en om hom te eer. As jy n Klaas is wat vir n kwaai baas werk, mag jy dalk net jou werk doen omdat jy bang is dat jy raas of straf gaan kry. As jy n kind is mag jy dalk baie respek vir jou pa hê en hom eer deur jou beste vir hom te gee. Jesus se verhaal wil ons by die punt uitbring waar ons respek vir God as Vader sal betoon en waar ons Hom sal eer met die manier waarop ons na sy eiendom op aarde kyk. Kom ons kyk weer na die storie. Wys die video clip wat af te laai is by: Leef Kyk rondom jou: Alles is eintlik God se eiendom. Kyk in jou gedagtes na God: Sien hoe lief Hy jou het Hy het selfs sy Seun gegee om vir jou sonde te betaal. Ek hoef nie vir Hom bang te wees nie, maar ek kan Hom vereer op die manier waarop ek na al sy besittings op aarde kyk. Nota Deur die gelykenis op die verkeerde manier te hanteer, kan jy presies by die punt uitkom waarheen die gelykenis jou nie wil neem nie. As jy die gelykenis op so n manier hanteer dat die gehoor voel hulle moet nou iets gaan doen om God tevrede te stel, is dit n fout. Die gehoor moet nader getrek word na God en besef hoe groot en liefdevol Hy is, sodat ons Hom wil vereer.

5 5 Kleingroepvaslegging: Junior groep Welkom Laat elkeen wat by die deur inkom sy hand oophou. Klap dan saggies op die hand by sommige net een keer, by ander twee keer en by ander vyf keer. Vra aan diegene wat net een handklap gekry het, hoe hulle daaroor voel. As hulle sleg voel, gee dadelik vir hulle nog handklappe. Wegspring Gesels saam oor die videosnit. Waarvan het julle gehou? Wat was sleg? Werksaam Doen die aktiwiteite in jou werkboek. 1. Begin elke keer onder en volg die paadjie tot bo. Skryf dan in die blokkie hoeveel muntstukke jy nou altesaam het. (Onthou, tel ook die muntstukke waarmee jy begin het by.) 2. Is hierdie sinne reg of verkeerd? Maak n of n in die blokkie na elke sin om jou antwoord te gee. n Ryk man het eendag op reis gegaan. Hy het 10 muntstukke aan elk van sy werkers gegee. Die werker met die 2 muntstukke het dit dadelik in die grond gaan begrawe. Die eienaar was baie bly toe hy sien die eerste en tweede werker het hulle geld verdubbel. Die eienaar was baie tevrede met die derde werker wat sy een muntstuk gaan begrawe het. Wegstuur/Huisgeloof 1. Gesels saam hieroor: Watter werk kan jy in en rondom die huis doen om vir jou ouers te wys jy is lief vir hulle en het respek vir hulle? Hoe wys n mens vir God dat jy vir Hom respek het? Wat is die verskil tussen bang wees vir God en respek vir God? 2. Maak nou in jou werkboek ses nuwe woorde wat by respek en liefde vir God pas deur elke keer een van die letters van die woord respek te gebruik. Daar kan enige getal ander letters voor of agter elke letter van respek wees.

6 6 Kleingroepvaslegging: Senior groep Welkom Skryf die volgende sin op n strook papier en knip elke woord los van die ander: Die Here is baie lief vir ons en noem ons sy kinders. Gee vir elkeen wat opdaag een woord. Wegspring Kan julle een sin bou met al die woorde wat julle gekry het? Lees 1 Johannes 3:1. Kyk watter goot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook. Wonder Oë toe. As ek in een of twee sinne moet sê hoe God is, wat sal ek sê? Werksaam Vra jou vriende om die speletjie in die werkboek saam met jou te speel. Julle het nodig: c-muntstukke of speelgoedgeld n dobbelsteen ʼn klein baken vir elkeen om hulle plek op die bord aan te dui. Die reëls: 1. Elke lyn of prentjie is een skuif. 2. Jy skuif aan volgens die getal op die dobbelsteen. 3. As jy op n lyn met sirkels beland, kan jy vir jou soveel muntstukke neem as wat daar sirkels is. Verduidelik dan vir die ander spelers hoe jy die talente wat God vir jou gegee het, kan gebruik om in die stukkende en hartseer wêreld vreugde te bring. 4. Sodra die eerste persoon die einde bereik, is die speletjie verby. 5. Almal tel hoeveel muntstukke hulle bymekaargemaak het. Nota Laat die kinders gou saamdink oor wat God alles vir ons gee: gesondheid, versorging, genoeg om te eet, tyd vir speel en kuier, sakgeld, speelgoed, ensovoorts. Help hulle om te dink hoe God hulleself en alles wat hulle het, kan gebruik in ander se lewens. Wegstuur/Huisgeloof 1. Gesels saam: Hoe wys n mens vir jou ouers jy is lief vir hulle en het respek vir hulle? 2. Gesels saam: Hoe wys n mens jy het respek vir God? Wat is die verskil tussen bang wees vir God en respek hê vir God? 3. Blaai na bladsy 43 van jou werkboek. Daar staan die ses letters van die woord respek onder mekaar neergeskryf. Maak nou ses nuwe woorde wat by respek en liefde vir God pas deur elke keer een van dié letters te gebruik. Daar kan enige getal letters voor of na elke letter van respek wees.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 Tema Die goeie Herder hou al sy skape veilig in sy hand. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by Ontmoeting 1, asook na die aantekenings

Nadere informatie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6 26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6 Tema Wanneer jaloerse mense ander mense met mag gebruik om jou geloof te probeer ondermyn, ontdek jy die Here is en bly getrou. Agtergrond en interpretasie Kyk

Nadere informatie

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 1 12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 Tema Jesus het die Heilige Gees gestuur om ons te help. Agtergrond en interpretasie Hierdie ontmoeting sluit by die voriges aan. Een artikel van

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 Tema Jesus het uit liefde sy lewe vir ons afgelê en Hy gee ook hierdie liefde in ons sodat ons mekaar kan liefhê. Agtergrond en interpretasie Johannes

Nadere informatie

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 1 14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 Tema Wanneer ons bely dat ons sonde doen, vir God daarvan vertel en sê ons is jammer, verseker Hy ons dat Hy ons sonde vergewe. Agtergrond en interpretasie

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy VADERSDAG Teks: Markus 5:22 24, 35-42 Hulpmiddels: Sirkel en sirkel met vyfde uitgesny om saam met die verhaal te gebruik Split pin A4-kartonne A4-papier om hemp-kaartjies te vou Inkleurkryte en ander

Nadere informatie

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11 1 3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11 Tema Jesus wys dat God se Woord soos n wapen is waarmee ons die duiwel en sy versoekings kan oorwin. Agtergrond Die verhaal van die Israeliete wat uit Egipte

Nadere informatie

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17 2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17 Tema Jesus, ons Onderwyser of Leermeester, laat ons saam drome droom om siek (sondige) mense by die Dokter uit te bring; om hulle in te trek tot in die binnekring

Nadere informatie

25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1

25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1 1 25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1 Tema Wanneer die Here vir ons moeilike werk gee om te doen, is Hy by ons. Agtergrond en interpretasie Die profeet Jeremia het uit Anatot gekom en was nie een van die

Nadere informatie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie Ontmoeting 7 God gebruik n dogtertjie wat ver van haar eie huis af is, om n belangrike generaal in Hom te laat glo. Teks: 2 Konings 5: 1-14 Hulpmiddels: Sandboks met huise, paleis, rivier en karakters

Nadere informatie

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 1 6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 Tema Ons glo in Jesus Christus, die God-mens, ons Here wat ons verlos. Agtergrond en interpretasie Ons is besig om oor die Apostoliese

Nadere informatie

God eer Josef die slaaf

God eer Josef die slaaf Bybel vir Kinders bied aan God eer Josef die slaaf Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Storie 8 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was nie om limate te gaan werf of om mense te gaan bekeer nie, maar om dissipels te gaan maak, mense wat Jesus volg. Net soos wat n mens nie noodwendig

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12 1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12 Tema Jesus is God wat ʼn sondige verlamde man help en ons met hierdie Goeie Nuus na ander mense toe stuur. Só sal baie mense God prys. Agtergrond en

Nadere informatie

Welkom by Die Storie God se storie

Welkom by Die Storie God se storie Welkom by Die Storie God se storie Hierdie boek vertel die belangrikste, aangrypendste storie ooit: die storie van n ware God wat lief is vir sy kinders, wat gesorg het dat hulle gered is, en wat vir hulle

Nadere informatie

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

23. Reëls vir die pad die padgebruikers 23. Reëls vir die pad die padgebruikers Oorhoofse tema Die Here is saam met ons op pad. As die Padmaker het Hy vir ons tien padreëls of lewensreëls gegee sodat ons elke dag daarvolgens kan leef. Die eerste

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

14. Gereed vir God se nuwe wêreld Matteus 25:1-13

14. Gereed vir God se nuwe wêreld Matteus 25:1-13 1 14. Gereed vir God se nuwe wêreld Matteus 25:1-13 Tema Wees gereed vir die nuwe wêreld van God (wederkoms) deur nou reeds te help bou daaraan. Agtergrond Hierdie gelykenis vorm deel van n groep gelykenisse

Nadere informatie

16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22

16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22 16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22 Tema God laat ons kies sodat ons goeie leiers soos Samuel kan wees. Agtergrond Samuel was lank God se mond onder die volk. Hy het hulle gelei, want hy was

Nadere informatie

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31 10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31 Tema Jesus help Tomas glo en Hy noem almal wat nie sien nie en tog glo, gelukkig. Agtergrond en interpretasie Hierdie aanbieding fokus op Tomas. Tomas is n Hebreeuse

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

Die Here kom rekenskap eis van ons werk vir Hom

Die Here kom rekenskap eis van ons werk vir Hom SKRIFLESING: Matteus 25:14-30 TEKS: Matteus 25:19 TEMA: Die Here kom rekenskap eis van ons werk vir Hom Psalm 92 : 1, 2 Skrifberyming 31 (7-1) : 3 Psalm 126 : 3 Psalm 128 : 1, 4 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus Doel van les: Ons leer meer oor Wie ons is in Christus. Ysbreker: Bome Uitbeeld: In die Bybel lees mens baiekeer dinge oor bome. God praat van bome om ons as

Nadere informatie

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 Tema Jesus verseker mense wat Hom aanbid, en selfs dié wat nog twyfel, dat Hy, die Almagtige, by hulle is wanneer hulle uitgaan om dissipels oor die hele wêreld heen

Nadere informatie

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2 Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2 Hulpmiddels:: Bordspeletjie: Laai af by http://www.livingwaterbible games.com/christmas-board-game.htm Drukker, papier, gom, skêr, dobbelsteentjies, kleeflint

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene Bybel vir Kinders bied aan Daniël die Gevangene Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41

2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41 2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41 Tema Wie Jesus as Here erken, dwaal nie meer soos n blinde mens in onsekerheid rond nie. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by

Nadere informatie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek. 1 Lukas 6h 7.10.18 WH Tema: Hoe kyk jy? Ek sien nou die dag `n taxi met `n plakkaat agter in die venster waarop daar staan: only God can judge me. Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in

Nadere informatie

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 30 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.) Ontmoeting 40 Kinders kan vir grootmense van God vertel. Teks: 2 Konings 5; Jesaja 44:6 Hulpmiddels: Bordkryt om teen n muur of op die vloer te skryf (Of maak afwasbare kryt deur waspoeier met kleursel

Nadere informatie

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26 12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26 Tema Die Heilige Gees het na ons toe gekom soos Jesus aanvanklik by die dissipels was om te help dat ons nie alleen word, twyfel en ophou om in Jesus en die

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën. Ontmoeting 4 God is lief vir Noag Kinders hoor in die storie van Noag dat God regverdig is. Hy sien mense raak wat aan Hom gehoorsaam is en Hy maak n duidelike plan om sy kinders te red. Teks: Genesis

Nadere informatie

21. Glo maak soms seer Jesaja 6

21. Glo maak soms seer Jesaja 6 1 21. Glo maak soms seer Jesaja 6 Tema Soms gee die Here vir ons moeilike werk om te doen, maar dan gee Hy ook vir ons die krag om dit te doen. Agtergrond en interpretasie In die vorige ontmoeting het

Nadere informatie

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: 1. Jy MOET n sondaar wees 2. Jy kan Hom volg al glo jy nog nie

Nadere informatie

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21 1 2. In die pikdonker nag Johannes 3:1-21 Tema God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun, Jesus, gestuur het om almal wat in Hom glo, te red. Agtergrond en interpretasie Johannes 3:16-17 sluit

Nadere informatie

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels... 1 0:01:50-0:03:50 Gnomeo en Juliet se storie begin met twee families, rooi en blou wat nie van mekaar hou nie. Hulle noem die ander familie nooit op hul name nie, maar slegs rooies of bloues. Hierdie word

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man Bybel vir Kinders bied aan Ryk man, Arm man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? - Lees Rom 10:1 - By hierdie stasie gaan elke persoon hulle polsslag neem - Laat elke persoon hulle wysvinger op hulle pols sit om hulle hartklop te voel. - Laat hulle

Nadere informatie

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18 1 9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18 Tema Jesus se opstanding was ʼn onverwagse verrassing wat vir ons as sy volgelinge moed gee wanneer ons deel word van sy triomftog waarin Hy baie mense saam

Nadere informatie

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Benodighede: Visse op karton afgerol en uitgeknip Skuifspelde Stok met tou en magneet Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Wenke: Lees die VERLOOP hier onder deur en maak

Nadere informatie

Jakkals lê eendag heerlik en

Jakkals lê eendag heerlik en Leesbegrip Naam: Jakkals en Hettie die heuningvoëltjie Jakkals lê eendag heerlik en slaap onder ʼn koelteboom toe hy skielik die geflap van vlerke hoor. Dit is Hettie, die heuningvoëltjie. Sy druk haar

Nadere informatie

6. Geseënde mense dink aan ander Matteus 5:3-6

6. Geseënde mense dink aan ander Matteus 5:3-6 1 6. Geseënde mense dink aan ander Matteus 5:3-6 Tema Geseënde mense is nie die hele tyd net met hulleself besig nie. Agtergrond Matteus skryf vir n klein groepie Christene. Die wêreld rondom hulle is

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken

Nadere informatie

16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17

16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17 1 16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17 Tema Wanneer leiers nie meer vir God as die enigste Here erken nie, praat die Here steeds deur doodgewone mense soos Elia en sorg vir sy kinders. Agtergrond en

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen. Op pad vir Christus NG Kraggakamma Le Roux Familie POPPEKASKAPERJOLLE : Frikkie! Frikkie! Hoekom is jy so stadig vandag? Frikkie: (Nog af. Haal hard asem) Want ek is moeg. Hoekom is jy moeg? Frikkie: Ek

Nadere informatie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3. MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

22. Reëls vir die pad die Padmaker

22. Reëls vir die pad die Padmaker 22. Reëls vir die pad die Padmaker Oorhoofse tema Die volk Israel het kamp opgeslaan aan die voet van Sinaiberg. Die Here het hulle uit Egipte gered en tot hier gedra en versorg, net soos ʼn ma-arend haar

Nadere informatie

20. Die Here doen magtige dade Josua 6

20. Die Here doen magtige dade Josua 6 1 20. Die Here doen magtige dade Josua 6 Tema Die Here doen magtige dade. Agtergrond Hierdie verhaal gaan voort met die Israelitiese volk wat die Jordaan oorsteek en besig is om die beloofde land in te

Nadere informatie

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels. 1 Johannes 17b PT INLEIDING Lees Johannes 17:1-19 Hoe het dit die week met julle gebede gegaan? Kon julle intiem met julle Vader gesels? Ons het `n tydjie gelede gekyk na die eerste 6 verse van Jesus se

Nadere informatie

9. Ons Vader dink anders oor gebed Matteus 6:9-10

9. Ons Vader dink anders oor gebed Matteus 6:9-10 1 9. Ons Vader dink anders oor gebed Matteus 6:9-10 In hierdie aanbieding word daar ook enkele praktiese wenke vir n kleutergroep gegee. Dit sou ook vir Graad 1 gebruik kon word. Tema In die eerste deel

Nadere informatie

6. Wat keer my? Markus 10:17-31

6. Wat keer my? Markus 10:17-31 6. Wat keer my? Markus 10:17-31 Tema Daar is dinge wat ons kan keer om Jesus voluit te volg. Agtergrond en interpretasie Ons kies Markus se weergawe van hierdie verhaal omdat dit twee interessante elemente

Nadere informatie

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk.

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk. Hulpmiddels: Vir die speletjie: 8 koeverte en die Sjona-alfabet-flitskaarte wat saam met die projek inligting gestuur is. Kopieer die volgende flitskaarte 2 keer: B (Bhaibheri), C (china), D (dongi), G

Nadere informatie

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle Van die vroegste tye wat mense kon praat en nodig gehad het om te kan tel, het hulle Natuurlike Getalle gebruik. Dit maak sin, want hulle kon 3 rotse of 5 koeie sien maar hulle het geen begrip gehad vir

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) Jan van der Watt DEEL 2[1] DIE VERHALE VAN MATTEUS EN LUKAS Die verhaal van Jesus se geboorte (die kersverhaal)

Nadere informatie

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né. 1 Matteus 11 d2 Wh 16 Lees Matteus 11:25-29 Is jy slim of eenvoudig? Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Ek onthou hoe ek baie keer met `n eenvoudige rapport by die huis gekom het, en alles

Nadere informatie

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Ses groepstudies oor die Saligsprekinge uit Matteus 5 Groepstudie 1 17 Februarie 1. Die bergpredikasie. i. Leer gou almal se name

Nadere informatie

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die Ons praat baie van dinge wat in verhouding tot mekaar is, sonder om dit regtig agter te kom! As jy byvoorbeeld sê dat jy twee van die ses stukke van n pizza geëet het, het jy n verhouding beskryf: Die

Nadere informatie

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg SKRIFLESING: 1 Johannes 4:7-21 TEKS: 1 Johannes 4:17-18 TEMA: God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg Psalm 48 : 1 Psalm 99 : 1, 4 Psalm 103 : 6 (na doop) Psalm 43 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1,

Nadere informatie

18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1

18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1 1 18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1 Tema Wanneer ons op die drumpel staan van nuwe dinge voor ons, is dit die Here sélf wat ons lei en begelei. Agtergrond Hierdie verhaal speel af

Nadere informatie

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra SKRIFLESING: Jeremia 31:23-40 TEKS: Jeremia 31:33b HK 49 TEMA: God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra Psalm 103 : 10, 11 Psalm 131 : 2, 3 Skrifberyming 14 (8-1) : 1, 2 Ook: Ps. 40 :

Nadere informatie

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het SKRIFLESING: Galasiërs 6 TEKS: Galasiërs 6:7-8 TEMA: Die Here laat ons maai wat ons gesaai het Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 50 : 11 Psalm 91 : 1 (na belydenisaflegging) Psalm 126 : 3 Skrifberyming 33 (2-4)

Nadere informatie

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het. 1 Preek: 1 Korintiërs 13:1-13 Teksverse: 1 Korintiërs 13:7 Tema: Die Heilige Gees rus jou toe om met ware liefde te leef! Inleiding Geliefde gemeente, ons het afgelope Donderdag op n besondere manier aan

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand 1. Praise and Worship 2. Instruksies vir die aand: - Hierdie is n gebedsaand rondom die verskillende vrugte van die Gees. - Elke groepleier kry al hulle benodighede

Nadere informatie

26. Kies wysheid 1 Konings 3

26. Kies wysheid 1 Konings 3 26. Kies wysheid 1 Konings 3 Tema Ons kies wys wanneer ons kies om aan die Here gehoorsaam te wees sodat ons die Here se mense kan help. Agtergrond en interpretasie Koning Salomo se bewind begin met ʼn

Nadere informatie

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek. Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek. Vanaand gaan dit oor kosteberekening. Wat gaan dit kos? Wanneer n mens trou met die liefde van

Nadere informatie

JEUG GEBEDSAAND: Operasie Transformasie

JEUG GEBEDSAAND: Operasie Transformasie JEUG GEBEDSAAND: Operasie Transformasie 1. PRAISE EN WORSHIP 2. YSBREKER: - Julle het verlede week die hoede gemaak, wat operasie transformasie moes uitbeeld - Elke groep kom wys sy hoed vir die groep

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) Wie is Jesus? Wie is Jesus vir die mense...? Godsdienste Boeddhisme Islam Judaïsme Hinduïsme New Age Wat sê die Woord van God? Joh 8:12-30

Nadere informatie

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Vertaal deur: Yvette Brits Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Storie 37 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! SKRIFLESING: Matteus 25:1-13 TEKS: Matteus 25:13 TEMA: Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! Psalm 98 : 3 Psalm 99 : 1, 3 Skrifberyming 29 (18-3) : 8, 9 Skrifberyming 43 (15-7) : 5

Nadere informatie

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman Die basis van ons verhouding met ander is dieselfde as die basis van ons verhouding met God en mekaar: GENADE.

Nadere informatie

Preek deur ds. Jaco van Sittert Sondag, 2 Julie Skriflesing: Matteus 5:5; Matteus 11:28-30

Preek deur ds. Jaco van Sittert Sondag, 2 Julie Skriflesing: Matteus 5:5; Matteus 11:28-30 Sondag, 2 Julie 2017 Skriflesing: Matteus :; Matteus 11:28-30 Tema: Sagmoediges Skriflesing(s) Ons Skriflesing kom vandag uit Matteus : Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Geduld & Selfbeheersing

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Geduld & Selfbeheersing KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Geduld & Selfbeheersing Doel van les: Ons leer vanaand verder oor die Vrug van die Gees en ons gaan gesels oor Geduld en Self Beheersing - wat dit is en hoe om dit toe

Nadere informatie

Die Groot Muur van Nehemia

Die Groot Muur van Nehemia Bybel vir Kinders bied aan Die Groot Muur van Nehemia Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Vertaal deur: Yvette Brits Aangepas deur: Mary-Anne S. Storie 35 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak. Psalm 55 Werp jou bekommernis op die Here Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak. Ons is hier as gelowiges om ons roeping uit te leef deurdat ons meewerk dat die Koninkryk van

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is. SKRIFLESING: Kolossense 3:18 4:1 TEKS: Kolossense 3:23 TEMA: God se kinders dien HÅm in hulle werk. Psalm 84 : 1, 6 Psalm 139 : 1, 5 Psalm 104 : 8, 9, 14 Skrifberyming 45 (18-7) : 1, 10 2 Vir die meeste

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 58 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37 Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37 DOEL: Die kinders moet verstaan dat ons saam met Jesus teen die duiwel moet stry. Ons moet hom geen vastrapplek in ons lewe

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer Voorwoord Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer van die lewe lyk en is nie. Veel eerder is ware hoop om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe beweeg. Dis om,

Nadere informatie