12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15
|
|
- Guus Michiels
- 6 jaren geleden
- Aantal bezoeken:
Transcriptie
1 1 12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, Tema Jesus het die Heilige Gees gestuur om ons te help. Agtergrond en interpretasie Hierdie ontmoeting sluit by die voriges aan. Een artikel van die Apostoliese Geloofsbelydenis handel oor God die Vader. Daarna volg ses artikels oor Jesus Christus. Die agtste artikel handel oor die Heilige Gees. Dis interessant om daarop te let dat ons bely ons glo in God die Vader, Jesus Christus en die Heilige Gees. Daarna volg die ander artikels wat sê waaraan ons glo. Dit vloei voort uit ons geloof in die Heilige Gees. Wanneer die Bybel oor die Heilige Gees praat, praat dit van Iemand, ʼn Persoon: Johannes 14:16 ons Voorspraak (Trooster) 1 Korintiërs 12:11 Hy deel gawes uit soos Hy wil Handelinge 8:29; 10:19 Toe sê die Gees Romeine 8:26 Die Gees staan ons by en pleit vir ons Handelinge 5:3 Ons kan vir die Heilige Gees lieg. Al sê die Bybel die Heilige Gees is uitgestort (Hand 2) en mense word met die Heilige Gees vervul, asof Hy soos water is, glo ons die Gees is ʼn Persoon, soos die Vader en die Seun. 2 Korintiërs 13:13 sê immers: Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees. In Johannes 16:5-15 praat Jesus met sy dissipels oor die feit dat Hy weggaan. Hy sê dit sal tot hulle voordeel wees omdat die Heilige Gees dan as Voorspraak na hulle toe sal kom. Jesus is ons Voorspraak by die Vader (1 Joh 2:1); die Heilige Gees is ons Voorspraak wat by ons is en met ons oor Jesus en God se dinge praat. Toe Jesus hieroor met sy dissipels gepraat het, moes die kruisdood en opstanding nog plaasvind. Die Heilige Gees het gekom om alles oor Jesus te verduidelik en om Jesus te verheerlik. Ons verstaan nie die Drie-eenheid heeltemal nie, maar die Bybel leer ons dat die Vader, die Seun en die Heilige Gees God is, drie Persone in een Wese. Die Heilige Gees is heilig. Hy is nie gewoon soos aardse dinge nie, maar Goddelik. Iets of iemand wat heilig is, is anders as gewone dinge of mense. Ons probeer dit verduidelik met
2 2 die gedagte van iets of iemand wat skyn, wat in God se diens gebruik word, wat deur God gebruik word of wat afgesonder of eenkant gesit word vir God se gebruik. Die Bybel leer ons duidelik dat die Heilige Gees in ons kom woon het om ons ook heilig te maak. Wanneer Hy in ons is, is ons dadelik anders, eenkant, afgesonder vir God en dus heilig. Terselfdertyd word ons al hoe meer bruikbaar vir die Here; dit wil sê, daar is ʼn proses van heiligmaking in ons aan die gang. In hierdie aanbieding kan ons net fokus op die basiese dinge wat uit die teks voortvloei. Bybelgedeeltes en hoofgedagtes Bybelgedeelte (lees of vertel) Lees Johannes 16:5-7 Lees Johannes 16:12-13 Lees Johannes 16:14-15 Hoofgedagtes van die ontmoeting 1. Jesus gaan weg, maar die Heilige Gees kom in sy plek. 2. Die Heilige Gees het gekom om die waarheid aan ons te verduidelik. 3. Die Heilige Gees sê vir ons alles wat Hy van Jesus ontvang, en Hy verheerlik Jesus. Uitkoms 1. Insig: Die Heilige Gees is God. 2. Respons: Sê dankie dat die Heilige Gees in ons woon om vir ons meer van Jesus te vertel. Hulpmiddels by die storie 1. Paneel Die prent van die Heilige Gees as duif en vuur saam met die liggekleurde kruis (LP3-prent). 3. ʼn Lied oor die Vader, Seun en Heilige Gees wat die kinders kan leer (soos Lied 445, 451, 454 of 179). Hulpmiddels vir kleingroepvaslegging Junior kleingroep Bring saam 1. Skêre. 2. Stafiegom. Voor die tyd 1. Reël voor die tyd met ʼn paar ouers of vriende om met vandag se knip-en-plak te kom help. Senior kleingroep Bring saam 1. Een van die teksverse onder Welkom vir elke groeplid. Voor die tyd 1. Tik of skryf die teksverse onder Welkom op papier of karton. Gebruik gerus ʼn Bybelvertaling wat vir die kinders verstaanbaar sal wees. Knip dit uit sodat elke groeplid een vers kan kry. 2. Lees self die verse goed sodat jy ʼn eenvoudige gesprek met hulle kan voer daaroor.
3 3 Die storie Begin Kan jy op drie plekke gelyk wees? Dalk in jou gedagtes, maar nie met jou lyf nie. Kan God op drie plekke gelyk wees? Ja, dis wat ons oor God glo. Toe Jesus mens geword en ʼn menslike liggaam gehad het, kon Hy egter net op een plek op ʼn slag wees, daar waar sy liggaam was. Almal wat vir Jesus lief was, was baie hartseer toe Hy vir hulle vertel Hy moet weggaan, terug na sy Vader toe. Jesus het hulle egter getroos. As Hy soos ʼn mens op die aarde sou bly, sou mense Hom altyd net op sekere plekke kon kry, daar waar sy liggaam sou wees. As Hy egter sou weggaan en die Heilige Gees in sy plek stuur, sou dit vir die mense baie beter wees. God die Heilige Gees kan oral tegelyk wees omdat Hy nie in ʼn menslike liggaam vasgevang is nie. Hy woon nou in ons en kan ons help om Jesus se woorde beter te verstaan. Kom ons luister wat die Bybel hieroor sê. Hoor Moment 1: Johannes 16:5-7 Jesus gaan weg, maar die Heilige Gees kom in sy plek Jesus het gesê God sal die Heilige Gees in sy plek stuur. En God hét dit gedoen. Die Heilige Gees is uitgestort nadat Jesus aan die regterhand van die Vader gaan sit het. Toe die Heilige Gees gekom het, het Jesus se volgelinge oor Hom begin praat. Hulle het vir almal verduidelik waarom Jesus gesterf het en verkondig dat Hy die dood oorwin en uit die graf opgestaan het. Moment 2: Johannes 16:12-13 Die Heilige Gees het gekom om die waarheid aan ons te verduidelik Die Heilige Gees help ons om die waarheid oor Jesus te verstaan. Wat die Heilige Gees sê, is dieselfde as wat God en Jesus sê. Moment 3: Johannes 16:14-15 Die Heilige Gees sê vir ons alles wat Hy van Jesus ontvang, en Hy verheerlik Jesus Die Vader, Jesus en die Heilige Gees sê presies dieselfde dinge. Die mense wat vir Jesus gekruisig het, wou nie vir Jesus as hulle koning hê nie. Die Heilige Gees het gekom om vir almal te leer Jesus is die Here, die Koning. Dink Kom ons sê dit nou almal saam: Ek glo in die Heilige Gees. Vra nou die Heilige Gees om elke dag vir jou te wys hoe jy kan leef as iemand wat bely: Jesus is my Koning. Leer en sing enige lied oor die Vader, Seun en Heilige Gees. Leef Partykeer sê ons Jesus woon in ons, maar eintlik is dit die Heilige Gees wat in ons woon. As jy vergeet die Heilige Gees woon in jou, doen jy later sommer enigiets wat jy wil. As jy egter onthou die Gees woon in jou, raak jy stil en vra Hom om jou te help kies wat jy moet doen en hoe jy moet leef.
4 4 Ons lees in die Bybel hoe die Heilige Gees ons help om te doen wat Jesus van ons vra. Die Vader, Jesus en die Heilige Gees vra presies dieselfde van ons, en wat Hulle van ons vra, lees ons in die Bybel. Soms doen ons wat verkeerd is, of ons sê die stemmetjie in ons het gesê ons moet dit doen. Die Heilige Gees gebruik soms die stemmetjie in ons om ons te lei, maar partykeer is daardie stemmetjie net ons eie gedagtes. Daarom moet ons mekaar help om uit te vind of dit wat ons in ons gedagtes hoor of dink dieselfde is as wat die Heilige Gees vir ander kinders van God sê. Ons moet ook kyk of die stemmetjie wat ons hoor presies dieselfde sê as wat die Bybel vir ons sê.
5 5 Kleingroepvaslegging: Junior groep Welkom Groet almal met hierdie woorde: Hallo, almal wat so mooi kan luister. Kom laat ek gou voel hoe goed julle ore kan luister. Vat liggies aan elkeen se oor en sê vir elkeen iets soos die volgende: Sulke koue ore kan seker alles hoor. Jy kan seker al die fyn klanke hoor. Jy het mooi oorbelle aan Ek wonder hoe goed hierdie ore in die klas kan luister. Ore om beter te kan hoor, my kind! Wegspring/Werksaam Kyk saam na paneel 7. Vandag gaan ons knip-en-plak. 1. Blaai na bladsy 75 in jou werkboek. Knip die donkerblou kruis, die oop graf, die kroon, die ligblou kruis, die duif en die vuurtonge uit. Plak dit dan op die regte plekke op die prentjie op bladsy 33.
6 6 Opmerking: Terwyl die kinders en hulle helpers (as jy dit gereël het) hierdie items uitknip en plak, kan jy met hulle oor die volgende gesels: Op paneel 7 is Jesus se kruisiging reeds verby. Die groot donkerblou kruis staan aan die begin (linkerkant) van hierdie paneel. Daar is 12 lyne wat die 12 dissipels voorstel. Judas se lyn loop voor die kruisiging dood, maar ná die kruisiging is daar iemand anders in sy plek gekies om van Jesus te getuig. Sy naam was Mattias (onderskei hom van Matteus, die Evangelieskrywer; Hand 1:21-26). Mattias word deur die heel onderste lyn voorgestel. Ná die kruis op die rooi lyne kom die groot prent van die oop graf. Dan verander die 12 lyne skielik in een groot rooi blok. Reg bokant hierdie verandering is ʼn kroon wat wys Jesus het na die hemel opgevaar om aan die regterhand van God te gaan sit. Van daar af het Hy die Heilige Gees vir ons gestuur. Daar waar die 12 lyne in een groot blok verander, sit ons ʼn prentjie van ʼn ligblou kruis, ʼn duif waar die balke van die kruis oorvleuel en vlamme aan die voet van die kruis. Hierdie prent laat ons aan die Heilige Gees dink. Toe die Heilige Gees uitgestort is, was daar vuurtonge (vlammetjies) op die koppe van almal wat in Jesus geglo het. Op ander plekke in die Bybel waar ons van die Heilige Gees lees, is daar weer ʼn wit duif. Die ligblou kruis sê vir ons die Heilige Gees vertel vir ons van Jesus. Wegstuur/Huisgeloof 1. Gaan vertel by die huis wat al die prente wat julle op die paneel geplak het, beteken. 2. Gesels saam hieroor: Hoe kan ons oefen om te hoor wat die Heilige Gees ons wil leer?
7 7 Kleingroepvaslegging: Senior groep Welkom Wanneer die kinders instap, sê vir hulle: Baie welkom. Die Heilige Gees is hier by ons. Wat doen die Heilige Gees? Ons gaan vandag hieroor nadink. Hier is vir jou ʼn spesiale teksvers. Gee vir elkeen een van die volgende teksverse uitgeskryf op ʼn stukkie papier of kaartjie. Jy kan dit voor die tyd tik of skryf en uitknip, of hulle kan dit self in hulle Bybels lees. (Opmerking: Hierdie verse kom uit moeilike dele van die Bybel, maar kyk gerus hoe goed die kinders dit kan verstaan. Jy kan ook ander verse en makliker vertalings kies.) Johannes 14:16 Johannes 16:13 Romeine 8:14 Romeine 8:15 Romeine 8:16 Romeine 8:26 Efesiërs 1:13 Efesiërs 5:18-19 Galasiërs 5:25 2 Timoteus 1:7 Wegspring Bid saam dat julle meer van die Heilige Gees kan verstaan. Wonder Wonder oor die vers wat jy gekry het sonder om met die ander daaroor te praat. Werksaam 1. Laat elke groeplid sy of haar teksvers lees (of lees dit vir hulle) en dan vir die ander verduidelik wat die Heilige Gees doen. 2. Tussen die sinne hieronder is daar een sin wat verkeerd is. Watter een is dit? Jesus stuur die Heilige Gees na ons toe. Die Heilige Gees help ons om die waarheid oor Jesus te verstaan. Ons kan die Heilige Gees hartseer maak. Die Heilige Gees is net ʼn krag; Hy is nie ʼn Persoon nie. Die Heilige Gees is God, net soos Jesus en die Vader. Wegstuur/Huisgeloof 1. Wys vir jou mense by die huis watter vers jy vandag gekry het. Praat weer saam oor wat dit beteken. 2. Soek jou vers in jou Bybel op en onderstreep dit. Jy kan ook vandag se datum daarby neerskryf as jy wil.
15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24
1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en
Nadere informatie6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25
1 6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 Tema Ons glo in Jesus Christus, die God-mens, ons Here wat ons verlos. Agtergrond en interpretasie Ons is besig om oor die Apostoliese
Nadere informatie4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30
4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 Tema Die goeie Herder hou al sy skape veilig in sy hand. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by Ontmoeting 1, asook na die aantekenings
Nadere informatieKINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk
KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens
Nadere informatie14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12
14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 Tema Jesus het uit liefde sy lewe vir ons afgelê en Hy gee ook hierdie liefde in ons sodat ons mekaar kan liefhê. Agtergrond en interpretasie Johannes
Nadere informatie12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26
12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26 Tema Die Heilige Gees het na ons toe gekom soos Jesus aanvanklik by die dissipels was om te help dat ons nie alleen word, twyfel en ophou om in Jesus en die
Nadere informatie14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2
1 14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 Tema Wanneer ons bely dat ons sonde doen, vir God daarvan vertel en sê ons is jammer, verseker Hy ons dat Hy ons sonde vergewe. Agtergrond en interpretasie
Nadere informatie10. Ek is by julle Matteus 28:16-20
10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 Tema Jesus verseker mense wat Hom aanbid, en selfs dié wat nog twyfel, dat Hy, die Almagtige, by hulle is wanneer hulle uitgaan om dissipels oor die hele wêreld heen
Nadere informatieMaar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.
1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou
Nadere informatieSONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk
SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels
Nadere informatieIn die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.
1 Johannes 17b PT INLEIDING Lees Johannes 17:1-19 Hoe het dit die week met julle gebede gegaan? Kon julle intiem met julle Vader gesels? Ons het `n tydjie gelede gekyk na die eerste 6 verse van Jesus se
Nadere informatieVADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy
VADERSDAG Teks: Markus 5:22 24, 35-42 Hulpmiddels: Sirkel en sirkel met vyfde uitgesny om saam met die verhaal te gebruik Split pin A4-kartonne A4-papier om hemp-kaartjies te vou Inkleurkryte en ander
Nadere informatie9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18
1 9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18 Tema Jesus se opstanding was ʼn onverwagse verrassing wat vir ons as sy volgelinge moed gee wanneer ons deel word van sy triomftog waarin Hy baie mense saam
Nadere informatie3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11
1 3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11 Tema Jesus wys dat God se Woord soos n wapen is waarmee ons die duiwel en sy versoekings kan oorwin. Agtergrond Die verhaal van die Israeliete wat uit Egipte
Nadere informatie23. Reëls vir die pad die padgebruikers
23. Reëls vir die pad die padgebruikers Oorhoofse tema Die Here is saam met ons op pad. As die Padmaker het Hy vir ons tien padreëls of lewensreëls gegee sodat ons elke dag daarvolgens kan leef. Die eerste
Nadere informatie2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21
1 2. In die pikdonker nag Johannes 3:1-21 Tema God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun, Jesus, gestuur het om almal wat in Hom glo, te red. Agtergrond en interpretasie Johannes 3:16-17 sluit
Nadere informatie10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31
10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31 Tema Jesus help Tomas glo en Hy noem almal wat nie sien nie en tog glo, gelukkig. Agtergrond en interpretasie Hierdie aanbieding fokus op Tomas. Tomas is n Hebreeuse
Nadere informatieKINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees
KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees
Nadere informatieGod is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)
God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) Wie is Jesus? Wie is Jesus vir die mense...? Godsdienste Boeddhisme Islam Judaïsme Hinduïsme New Age Wat sê die Woord van God? Joh 8:12-30
Nadere informatie1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12
1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12 Tema Jesus is God wat ʼn sondige verlamde man help en ons met hierdie Goeie Nuus na ander mense toe stuur. Só sal baie mense God prys. Agtergrond en
Nadere informatieDie ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.
SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: TEMA: INHOUD: Johannes 18:37-38b Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. Die waarheid verwerp Psalm 105 : 2, 3 Psalm 73 : 12 Skrifberyming 18 (17-2)
Nadere informatie0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...
1 0:01:50-0:03:50 Gnomeo en Juliet se storie begin met twee families, rooi en blou wat nie van mekaar hou nie. Hulle noem die ander familie nooit op hul name nie, maar slegs rooies of bloues. Hierdie word
Nadere informatie26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6
26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6 Tema Wanneer jaloerse mense ander mense met mag gebruik om jou geloof te probeer ondermyn, ontdek jy die Here is en bly getrou. Agtergrond en interpretasie Kyk
Nadere informatie2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17
2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17 Tema Jesus, ons Onderwyser of Leermeester, laat ons saam drome droom om siek (sondige) mense by die Dokter uit te bring; om hulle in te trek tot in die binnekring
Nadere informatieNaäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie
Ontmoeting 7 God gebruik n dogtertjie wat ver van haar eie huis af is, om n belangrike generaal in Hom te laat glo. Teks: 2 Konings 5: 1-14 Hulpmiddels: Sandboks met huise, paleis, rivier en karakters
Nadere informatie21. Glo maak soms seer Jesaja 6
1 21. Glo maak soms seer Jesaja 6 Tema Soms gee die Here vir ons moeilike werk om te doen, maar dan gee Hy ook vir ons die krag om dit te doen. Agtergrond en interpretasie In die vorige ontmoeting het
Nadere informatieJesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2
Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2 Hulpmiddels:: Bordspeletjie: Laai af by http://www.livingwaterbible games.com/christmas-board-game.htm Drukker, papier, gom, skêr, dobbelsteentjies, kleeflint
Nadere informatien Tempel Leier besoek Jesus
Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible
Nadere informatieJesaja sien die Toekoms
Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
Nadere informatiedie ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.
Ontmoeting 4 God is lief vir Noag Kinders hoor in die storie van Noag dat God regverdig is. Hy sien mense raak wat aan Hom gehoorsaam is en Hy maak n duidelike plan om sy kinders te red. Teks: Genesis
Nadere informatieDie brief aan die Filippense
Ontmoeting 19 Die brief aan die Filippense Teks: Fillippense 1:4; 4:4; 4:13 Hulpmiddels: Toue Ballonne Oupa Pietie Preekstoel se brief Kopie van prentjie met Fillipense 4:4 Woorde van Fillipense 4:13,
Nadere informatieWelkom by Die Storie God se storie
Welkom by Die Storie God se storie Hierdie boek vertel die belangrikste, aangrypendste storie ooit: die storie van n ware God wat lief is vir sy kinders, wat gesorg het dat hulle gered is, en wat vir hulle
Nadere informatieKINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus
KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus Doel van les: Ons leer meer oor Wie ons is in Christus. Ysbreker: Bome Uitbeeld: In die Bybel lees mens baiekeer dinge oor bome. God praat van bome om ons as
Nadere informatie11. Jesus gaan vooruit (Hemelvaart)
11. Jesus gaan vooruit (Hemelvaart) Oorhoofse tema Soos iemand vooruit stap en aan die einde van die pad vir jou wag, het Jesus vooruit gegaan om vir ons in die hemel te gaan wag. Die dissipels het getuig
Nadere informatiePetrus en die Krag van Gebed
Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 57 van 60 www.m1914.org
Nadere informatieSTASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?
STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? - Lees Rom 10:1 - By hierdie stasie gaan elke persoon hulle polsslag neem - Laat elke persoon hulle wysvinger op hulle pols sit om hulle hartklop te voel. - Laat hulle
Nadere informatieLITURGIE VIR N OOP GESPREK
LITURGIE VIR N OOP GESPREK 1 Liturgie vir ʼn oop gesprek Nota Hierdie liturgie kan gebruik word in ʼn erediens of vir groepgesprekke en vergaderings. Dit sal goed wees as daar 90 minute ingeruim kan word
Nadere informatieMaak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13
1 Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 Het jy dalk enige afgode of in jou huis? Miskien weet jy nie dat jy het nie, en dit is dalk die rede vir die konflik in jou huwelik, of dat jou kind
Nadere informatieVan Vervolger tot Prediker
Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children
Nadere informatieGereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)
Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Teks: Verskeie & HK Sondag 8 Inleiding Geliefdes, die Drie-eenheid van God is seker van die meeste moeilike dinge om te verstaan, en gewoonlik van
Nadere informatie25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1
1 25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1 Tema Wanneer die Here vir ons moeilike werk gee om te doen, is Hy by ons. Agtergrond en interpretasie Die profeet Jeremia het uit Anatot gekom en was nie een van die
Nadere informatieOntmoeting 13. roomystokkies plak.)
Ontmoeting 13 Kinders leer dat die Here nie dink een persoon is belangriker as n ander persoon nie. Hulpmiddels: Plakkaat met reëls op Uitgeknipte los prentjies van rein en onrein kosse; kleefband waarmee
Nadere informatieDie Kerk se Geboorte
Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk se Geboorte Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 55 van 60 www.m1914.org Bible for
Nadere informatieBybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun
Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
Nadere informatie16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22
16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22 Tema God laat ons kies sodat ons goeie leiers soos Samuel kan wees. Agtergrond Samuel was lank God se mond onder die volk. Hy het hulle gelei, want hy was
Nadere informatieJesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was
Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was nie om limate te gaan werf of om mense te gaan bekeer nie, maar om dissipels te gaan maak, mense wat Jesus volg. Net soos wat n mens nie noodwendig
Nadere informatieSLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN
Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR
Nadere informatie15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30
1 15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30 Tema Hoe ek God sien, gaan bepaal hoe ek met sy riglyne sal omgaan in my lewe: óf soos n slaaf wat net die nodige sal doen, óf soos n kind wat vertrou dat
Nadere informatie18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1
1 18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1 Tema Wanneer ons op die drumpel staan van nuwe dinge voor ons, is dit die Here sélf wat ons lei en begelei. Agtergrond Hierdie verhaal speel af
Nadere informatieBybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene
Bybel vir Kinders bied aan Daniël die Gevangene Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
Nadere informatieDis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.
1 Lukas 6h 7.10.18 WH Tema: Hoe kyk jy? Ek sien nou die dag `n taxi met `n plakkaat agter in die venster waarop daar staan: only God can judge me. Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in
Nadere informatie2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41
2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41 Tema Wie Jesus as Here erken, dwaal nie meer soos n blinde mens in onsekerheid rond nie. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by
Nadere informatieDie Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra
SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)
Nadere informatieBybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid
Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children
Nadere informatieDie gebed leer ons dat die kerk die eenheid in die Drie Enige God weerkaats en weerspieël.
Johannes 17:1-25 Vooraf Verlede Sondag het ons Pinkster gevier. Vanoggend begin die Koninkryksondae wat duur tot aan die begin van Desember as Adventstyd begin. In Koninkrykstydperk is die fokus op ons
Nadere informatieDie Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?
Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Kobus Kok ʼn Leser vra: Wat is die rol van God die Vader in die gelowige se lewe vandag? Wat is die rol van God
Nadere informatieTema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig
Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken
Nadere informatieVan Vervolger tot Prediker
Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 58 van 60 www.m1914.org Bible
Nadere informatie6. Wat keer my? Markus 10:17-31
6. Wat keer my? Markus 10:17-31 Tema Daar is dinge wat ons kan keer om Jesus voluit te volg. Agtergrond en interpretasie Ons kies Markus se weergawe van hierdie verhaal omdat dit twee interessante elemente
Nadere informatie20. Die Here doen magtige dade Josua 6
1 20. Die Here doen magtige dade Josua 6 Tema Die Here doen magtige dade. Agtergrond Hierdie verhaal gaan voort met die Israelitiese volk wat die Jordaan oorsteek en besig is om die beloofde land in te
Nadere informatieKINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand
KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand 1. Praise and Worship 2. Instruksies vir die aand: - Hierdie is n gebedsaand rondom die verskillende vrugte van die Gees. - Elke groepleier kry al hulle benodighede
Nadere informatie16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17
1 16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17 Tema Wanneer leiers nie meer vir God as die enigste Here erken nie, praat die Here steeds deur doodgewone mense soos Elia en sorg vir sy kinders. Agtergrond en
Nadere informatieGoeie Konings, Slegte Konings
Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
Nadere informatieSkriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)
Preek 2 Tim 2 : 14-26 Kan jy of kan jy nie? Verwelkoming Votum(Ds. Danie) Seëngroet(Ds. Danie) Lofprysing Gebed Kan jy of kan jy nie? Baie eenvoudige tema, maar het so n wye betekenis. Ek wil vra dat u
Nadere informatieTEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun
SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders
Nadere informatie22. Reëls vir die pad die Padmaker
22. Reëls vir die pad die Padmaker Oorhoofse tema Die volk Israel het kamp opgeslaan aan die voet van Sinaiberg. Die Here het hulle uit Egipte gered en tot hier gedra en versorg, net soos ʼn ma-arend haar
Nadere informatieDie ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee
Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel Christiaan Coetzee www.mathetes.co.za In die ou testament was die tempel n fisise plek of tent gewees waar mense na toe gegaan het om hulle sondes te belei
Nadere informatieWie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg
SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:
Nadere informatieOntmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)
Ontmoeting 40 Kinders kan vir grootmense van God vertel. Teks: 2 Konings 5; Jesaja 44:6 Hulpmiddels: Bordkryt om teen n muur of op die vloer te skryf (Of maak afwasbare kryt deur waspoeier met kleursel
Nadere informatieHoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer
Voorwoord Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer van die lewe lyk en is nie. Veel eerder is ware hoop om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe beweeg. Dis om,
Nadere informatieOns Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:
Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: 1. Jy MOET n sondaar wees 2. Jy kan Hom volg al glo jy nog nie
Nadere informatieSê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?
VERGELYK en RANGSKIK GETALLE Om vergelykings te tref tussen verskillende dinge is n vaardigheid waarmee ons almal gebore word. Dit begin vroeg-vroeg al wanneer ons verskillende tipes speelgoed met mekaar
Nadere informatieWAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?
WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING? Daar is geen chronologiese volgorde nie. Daar is egter wel n logiese volgorde. # 1 Bekering Bekering, Regverdigmaking, Wedergeboorte Aanneming, Heiligmaking......alles
Nadere informatieLuister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?
Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan
Nadere informatieVerduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk.
Hulpmiddels: Vir die speletjie: 8 koeverte en die Sjona-alfabet-flitskaarte wat saam met die projek inligting gestuur is. Kopieer die volgende flitskaarte 2 keer: B (Bhaibheri), C (china), D (dongi), G
Nadere informatie8. Ek glo Jesus het gesterf en is begrawe Johannes 19:30-42
1 8. Ek glo Jesus het gesterf en is begrawe Johannes 19:30-42 Tema Jesus het in ons plek die helse pyn en doodsbenoudheid binnegegaan om as wenner of oorwinnaar uit die dood op te staan. Agtergrond en
Nadere informatieJOHANNES 19:26-27 NAGMAAL
JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27
Nadere informatieBybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer
Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
Nadere informatieJesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek
SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming
Nadere informatieBYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22
1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei
Nadere informatieMATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5
MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed
Nadere informatieHet jy al jou kruis opgeneem Die Besluit
Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit Hoe kan ek my kruis opneem 1. Deur te doen wat die Woord my beveel, deur myself te verloen. # Verloen Tot n oortuiging
Nadere informatiePreek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff
1 Preek Romeine 6:3-4 (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Skrifberyming 8-3 Sing: Lied 510:1,2,3,4
Nadere informatieJona en die Groot Vis
Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
Nadere informatieVRUGTE VAN DIE GEES VRAE:
VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:
Nadere informatieKWARTAAL OORSIG. Kleuter & Peuter reeks
KWARTAAL OORSIG Kleuter & Peuter reeks Die Bybel is beter as Goud! Kinders sal tydens hierdie reeks, op ʼn interaktiewe manier sowel as deur herhaling leer dat die Bybel is vir ons meer kosbaar is as enige
Nadere informatie26. Kies wysheid 1 Konings 3
26. Kies wysheid 1 Konings 3 Tema Ons kies wys wanneer ons kies om aan die Here gehoorsaam te wees sodat ons die Here se mense kan help. Agtergrond en interpretasie Koning Salomo se bewind begin met ʼn
Nadere informatieGisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.
Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek. Vanaand gaan dit oor kosteberekening. Wat gaan dit kos? Wanneer n mens trou met die liefde van
Nadere informatieKinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.
1 Matteus 11 d2 Wh 16 Lees Matteus 11:25-29 Is jy slim of eenvoudig? Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Ek onthou hoe ek baie keer met `n eenvoudige rapport by die huis gekom het, en alles
Nadere informatieJesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16
Jesus lewe! Kruisiging en opstanding Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16 Hulpmiddels: 3 stelle van 3 bordjies wat elkeen n gesigsuitdrukking het: n bly gesiggie, n hartseer gesiggie en n bang gesiggie 2 Handskoenpoppe
Nadere informatieTwyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...
Inhoudsopgawe Aanbidding... 8 Bekommernis... 12 Beskerming... 16 Blydskap... 20 Dankbaarheid... 24 Diensbaarheid... 28 Eerlikheid... 32 Gebed... 36 Geduld... 40 Geloof... 44 Genade... 48 Gesin... 52 Hoop...
Nadere informatieJnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23
Benodighede: Visse op karton afgerol en uitgeknip Skuifspelde Stok met tou en magneet Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Wenke: Lees die VERLOOP hier onder deur en maak
Nadere informatieGalasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)
Les 14 vir 30 September 2017 Paulus se slotrede is eintlik 'n oproep tot die Galasiërs. Paulus was soos 'n herder wat vir sy kudde sorg. Hy wou die waarhede van die geloof in die Galasiërs se gedagtes
Nadere informatieJEUG GEBEDSAAND: Operasie Transformasie
JEUG GEBEDSAAND: Operasie Transformasie 1. PRAISE EN WORSHIP 2. YSBREKER: - Julle het verlede week die hoede gemaak, wat operasie transformasie moes uitbeeld - Elke groep kom wys sy hoed vir die groep
Nadere informatie'n Man gestuur deur God
Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Vertaal deur: Yvette Brits Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Storie 37 van 60 www.m1914.org
Nadere informatie9. Ons Vader dink anders oor gebed Matteus 6:9-10
1 9. Ons Vader dink anders oor gebed Matteus 6:9-10 In hierdie aanbieding word daar ook enkele praktiese wenke vir n kleutergroep gegee. Dit sou ook vir Graad 1 gebruik kon word. Tema In die eerste deel
Nadere informatieDie Groot Gebod dennis de wet
Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
Nadere informatieBybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man
Bybel vir Kinders bied aan Ryk man, Arm man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children
Nadere informatie12. Die Heilige Gees, my Helper
12. Die Heilige Gees, my Helper Oorhoofse tema Die Heilige Gees het na ons toe gekom om ons te help om deel van God se groot oesfees te wees. Bybelgedeeltes Lees Handelinge 2:1-8, 11b-13. Lees Handelinge
Nadere informatieToe God alles gemaak het
Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:
Nadere informatie