6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25"

Transcriptie

1 1 6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 Tema Ons glo in Jesus Christus, die God-mens, ons Here wat ons verlos. Agtergrond en interpretasie Ons is besig om oor die Apostoliese Geloofsbelydenis te gesels. In die vorige ontmoeting het ons gesels oor: Ek glo in God, die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde. In hierdie ontmoeting en die volgende vyf ontmoetings gaan ons gesels oor wat ons oor Jesus Christus bely. Vandag val die fokus op Jesus as die enigste Seun van God, wat ontvang is van die Heilige Gees en gebore is uit die maagd Maria. Die baie bekende gedeelte in Johannes 3:16-18 word as Skrifgedeelte gebruik. Dit is ook reeds in Ontmoeting 2 behandel. Saam met die verse in Johannes, gaan ons Matteus 1:18-25 gebruik. Hierdie verse vertel vir ons Jesus is ontvang van die Heilige Gees en gebore uit die maagd Maria. Johannes 3 vertel vir ons van God se liefde vir die wêreld en dat Hy sy Seun, Jesus, gestuur het om die wêreld te red. Die klem val hier op God se liefde en redding. In Matteus 1 is dit ook die redding van mense wat belangrik is (1:21). Matteus 1 sê Jesus se koms het gebeur soos dit voorspel is deur die profeet Jesaja (Jes 7:14 ev; 8:8). Verder verduidelik dit vir ons dat Jesus anders as gewone mense is wat uit aardse ouers gebore is: Maria het swanger geraak deur die werk van die Heilige Gees. Sy was ongetroud en het nog nie met ʼn man omgang gehad nie (Matt 1:25). Uit die Skrifgedeeltes kan die volgende beklemtoon word: Jesus is God se enigste Seun. Jesus is deur ʼn gewone, ongetroude (maagd) vrou, Maria, in die wêreld gebring. Die swangerskap is deur die Heilige Gees bewerk. Jesus is deur God gegee of gestuur om mense te red omdat God die wêreld liefhet.

2 2 Bybelgedeeltes en hoofgedagtes Bybelgedeelte (lees of vertel) Lees Johannes 3:16-18 Vertel Matteus 1:18-25 Hoofgedagtes van die ontmoeting 1. God stuur uit liefde sy enigste Seun, Jesus, na die wêreld om mense te red. 2. Jesus is anders as gewone mense. Maria het deur die werk van die Heilige Gees vir Jesus verwag nog voordat sy met Josef getrou het. Uitkoms 1. Insig: God het vir Jesus aarde toe gestuur omdat Hy die wêreld liefhet. Jesus is God se enigste Seun. Maria het vir Jesus verwag deur die werk van die Heilige Gees. Jesus is waarlik God en waarlik mens. 2. Respons: Erken Jesus as Here en Verlosser. Hulpmiddels by die storie 1. Skyfies om te gebruik saam met die Apostoliese Geloofsbelydenis. Hulpmiddels vir kleingroepvaslegging Junior kleingroep Bring saam 1. ʼn Kaartjie vir elkeen. Maak dit volgens die aanwysings hieronder. 2. Potlode, penne of kryte. Voor die tyd 1. Maak soos volg vir elkeen ʼn kaartjie: Aan die een kant staan daar geskryf: Jesus is God. Aan die ander kant staan daar: Jesus is mens. 2. Ryg ʼn toutjie deur elke kaartjie sodat die kinders dit iewers kan ophang. Senior kleingroep Bring saam 1. ʼn Glas vol water. 2. Skêre, gom en tou as die kinders die koevertjie onder Werksaam tydens die ontmoeting gaan maak. Voor die tyd

3 3 Die storie Begin Het iemand al vir jou gevra wie se kind jy is? Jy het dan seker geantwoord deur te sê wie jou pa of jou ma is. Maar niemand het seker al ooit vir jou gevra of jy ʼn mens is nie, of hoe? Toe Jesus aarde toe gekom het, het die mense ontdek Hy is anders as gewone mense. Wat vertel die Bybel vir ons oor Jesus? Kom ons kyk wat Johannes oor Jesus geskryf het Hoor Moment 1: Johannes 3:16-18 God stuur uit liefde sy enigste Seun, Jesus, na die wêreld om mense te red Johannes vertel vir ons Jesus is God se enigste Seun. God het vir Jesus na die wêreld toe gestuur om mense te red. Almal wat in Jesus glo, het die ewige lewe. En wat het Matteus oor Jesus geskryf? Moment 2: Matteus 1:18-25 Jesus is anders as gewone mense. Maria het deur die werk van die Heilige Gees vir Jesus verwag nog voordat sy met Josef getrou het In Matteus lees ons dat Maria ʼn baba verwag het toe sy nog net aan Josef verloof was, voordat hulle getroud was. Hierdie baba wat in Maria verwek is, het van die Heilige Gees gekom. Daarom sê ons Jesus is van die Heilige Gees ontvang. Dit is soos ʼn present wat Maria van God gekry het. Daarom het ʼn engel in ʼn droom vir Josef gesê hy moenie vir Maria kwaad wees nie. Die baba wat Maria verwag het, was nie ʼn ander man se kind nie. Hierdie baba het van die Heilige Gees gekom. Josef moes Hom Jesus noem. Jesus beteken Redder, want dit sou Jesus wees wat die mense van hulle sondes sou verlos. Josef het toe met Maria getrou. Toe die baba gebore is, het hulle hom Jesus genoem. Dink As ʼn mens vir Jesus sou vra wie se kind Hy is, sou Hy antwoord dat Maria sy ma is, dat God sy Pa (Vader) is, en dat Josef sy pa hier op aarde was wat hom help grootmaak het. Ons glo Jesus het gekom om ons sonde weg te neem en ons te red. Ons sê ook Hy is ons Koning, ons Here. Leef Dit maak ons baie bly wanneer ons ontdek Jesus neem ons sonde weg. Dan is ons nie meer vir God bang nie. Wanneer ons in Jesus glo, is sy Vader ook ons Vader. Kyk net wat sê 1 Johannes 3:1-2: Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God wanneer Jesus kom, (sal) ons soos Hy wees. In die Karoo was daar vroeër jare ʼn gebruik wat só gewerk het: Elke skaapooi wat ʼn lam kry, weet hoe haar lam ruik. Voordat die lam aan haar mag drink, ruik sy eers of dit haar eie lam is. Partykeer gebeur dit dat ʼn lam met geboorte of kort ná geboorte doodgaan. Terselfdertyd is daar dalk ʼn ooi wat doodgaan en haar lammetjie wees agterlaat. Dan neem die boer die dooie lammetjie, slag sy vel versigtig af en sit dit bo-oor die lewende lam. Hy werk dan die vel se oop kant onder die lam se maag toe sodat dit amper soos ʼn jassie is.

4 4 Wanneer die ooi wie se lam dood is aan die ander lam ruik, ruik dit soos haar eie lam. Dan kan die lam aan haar drink en bly leef. Ek dink dit is amper wat met ons en God gebeur. Wanneer ons Jesus bo-oor ons aantrek, wanneer ons in Jesus glo, neem God ons as sy kinders aan. Dan kan ons soos Jesus begin leef. Kom ons sê nou die Apostoliese Geloofsbelydenis twee keer saam op. (Gebruik die skyfies wat voorsien word.)

5 5 Kleingroepvaslegging: Junior groep Welkom Groet elkeen met die vraag: Wie se kind is jy? Luister na hulle antwoorde, selfs al maak hulle ʼn grap daarvan. Jy sou ook die vraag in ʼn stelling kon verander: Ek weet jy is Pieter en Sandra se kind. Wegspring Gee aan elkeen ʼn kaartjie waarop jy aan weerskante geskryf het: Jesus is waarlik God en Jesus is waarlik mens. Vra vir die groep of hulle al twee kante gelyk kan lees. (Laat hulle antwoord.) Wanneer ons in die Bybel oor Jesus lees, lyk dit partykeer vir ons of Hy net God is. Ander kere lyk dit weer vir ons of Hy net mens was. Ons verstaan dit nie heeltemal nie, maar ons lees in die Bybel dat Jesus waarlik God én waarlik mens is. Ons glo dit omdat die Bybel dit vir ons sê. Werksaam Lees die sinne hieronder. As ʼn sin jou daaraan laat dink dat Jesus God is, teken ʼn in die eerste kolom. As die sin jou daaraan laat dink dat Jesus regtig mens was, teken ʼn in die tweede kolom. As jy nie kan besluit nie, kan jy dalk al twee teken. 1. Toe Jesus gebore is, het daar ʼn groot ster verskyn. 2. Maria het Jesus in doeke toegedraai en Hom in ʼn krip neergelê. 3. Jesus het honger geword toe Hy in die woestyn was. 4. Jesus het water in wyn verander. 5. Jesus het vir ʼn man gesê sy sonde is vergewe. 6. Jesus is gekruisig en het uitgeroep: My God, my God, waarom het U My verlaat? 7. Jesus het uit die dood opgestaan. Jesus is God Jesus is mens Wegstuur/Huisgeloof Gesels by die huis saam hieroor: 1. Wat beteken dit vir julle om die volgende woorde te bely? Ek glo in Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, ons Here. 2. As Jesus Christus net mens was 3. Romeine 5:12-16 sê dis Adam se skuld dat almal sonde doen. Hy het nie na God geluister nie. Gelukkig het Christus gekom om Adam se foute reg te maak. Omdat Hy so lief is vir ons, het Hy vir Jesus gestuur om ons te verlos.

6 6 Kleingroepvaslegging: Senior groep Welkom Groet elkeen met die vraag: Wie se kind is jy? Luister na hulle antwoorde, selfs al maak hulle ʼn grap daarvan. Jy sou ook die vraag in ʼn stelling kon verander: Ek weet jy is Pieter en Sandra se kind. Wegspring Hou die glas met water in die lug sodat almal dit kan sien. Vra dan: Hierdie glas vol water kan op nog twee heeltemal verskillende maniere in die natuur voorkom. Watter twee maniere is dit? (Laat die kinders antwoord. Regte antwoord: ys en stoom.) In die skepping is daar nog sulke verskynsels wat vir ons leer dat wat ons op daardie oomblik sien, glad nie vir ons alles van daardie spesifieke voorwerp vertel nie. Ek kan vir julle ʼn stuk ys wys en vra of dit hard of sag is. Julle sal sê dit is hard. Ek kan ook vir julle vra of ʼn mens die ys kan sien, en julle sal sê julle kan dit sien. Maar as ek die ys sou smelt, word dit weer water, en as ek die water nog warmer sou maak, sou dit stoom word. ʼn Mens kan nie altyd stoom sien nie. Toe Jesus, die Seun van God, wat self God is, mens geword het, het Hy sigbaar geword en onder ons kom woon. Wonder Maak julle oë toe en wonder hieroor: Rondom ons is baie dinge wat ons kan sien en voel. Daar is egter ook dinge in die lug wat ons nie kan sien nie, soos die suurstof wat ons inasem. Ons kan nie alles verstaan nie, maar ons leer al hoe meer. Ons kan Jesus ook nooit ten volle verstaan nie. Ons dink egter saam met die Bybelskrywers oor Hom en praat oor Hom. Ons praat oor Jesus met die woorde wat ons ken, maar Hy is baie meer en baie groter as wat ons in woorde kan sê. Werksaam Maak die koevertjie op bladsy in jou werkboek. Al die stappe wat jy moet volg, sal jy daar kry. Wanneer jy dit klaar gemaak het, kan jy dit in jou kamer ophang. (Opmerking: Die groep kan dit tydens die ontmoeting of by die huis gaan maak.) Só maak jy hierdie koevertjie wat jy kan ophang: 1. Knip die 16 blokkies met sinne en Bybelverse daarop uit. Daar is 2 leë blokkies waarop jy self iets kan skryf as jy wil. 2. Sorteer nou die uitgeknipte blokkies. Sit al die blokkies wat jou daaraan laat dink dat Jesus mens is op een hopie, en al die blokkies wat jou daaraan laat dink dat Jesus God is op ʼn ander hopie. 3. Rangskik nou al die blokkies wat jou daaraan laat dink dat Jesus mens is op die groen kant en plak dit vas. 4. Rangskik nou al die blokkies wat jou daaraan laat dink dat Jesus God is op die blou kant en plak dit vas. 5. Knip nou die blou en groen blokke saam met die omvoukante as een groot geheel uit. 6. Vou dit dubbel sodat die woorde aan die buitekant staan. 7. Vou die wit kante by die blou kant om en smeer gom daaraan.

7 7 8. Sit nou die twee punt van ʼn toutjie op die pyltjie op die groen blok neer. Plak die blou en groen kante teen mekaar vas sodat die tou tussen die twee kante is. Dit moet soos ʼn oop koevert lyk wat opgehang kan word. 9. Teken nou ʼn prentjie van jouself in die sirkel, knip dit uit en skryf daarop: Jesus is my Here. Ek glo in Hom. 10. Bêre jou prentjie van jouself binne-in die koevert en gaan hang dit in jou kamer op.

8 8 Wegstuur/Huisgeloof Gesels by die huis saam hieroor: 1. Wat beteken dit vir julle om die volgende woorde te bely? Ek glo in Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, ons Here. 2. As Jesus Christus net mens was 3. Romeine 5:12-16 sê dis Adam se skuld dat almal sonde doen. Hy het nie na God geluister nie. Gelukkig het Christus gekom om Adam se foute reg te maak. Omdat Hy so lief is vir ons, het Hy vir Jesus gestuur om ons te verlos.

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 1 12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 Tema Jesus het die Heilige Gees gestuur om ons te help. Agtergrond en interpretasie Hierdie ontmoeting sluit by die voriges aan. Een artikel van

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 1 14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 Tema Wanneer ons bely dat ons sonde doen, vir God daarvan vertel en sê ons is jammer, verseker Hy ons dat Hy ons sonde vergewe. Agtergrond en interpretasie

Nadere informatie

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21 1 2. In die pikdonker nag Johannes 3:1-21 Tema God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun, Jesus, gestuur het om almal wat in Hom glo, te red. Agtergrond en interpretasie Johannes 3:16-17 sluit

Nadere informatie

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

23. Reëls vir die pad die padgebruikers 23. Reëls vir die pad die padgebruikers Oorhoofse tema Die Here is saam met ons op pad. As die Padmaker het Hy vir ons tien padreëls of lewensreëls gegee sodat ons elke dag daarvolgens kan leef. Die eerste

Nadere informatie

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18 1 9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18 Tema Jesus se opstanding was ʼn onverwagse verrassing wat vir ons as sy volgelinge moed gee wanneer ons deel word van sy triomftog waarin Hy baie mense saam

Nadere informatie

21. Glo maak soms seer Jesaja 6

21. Glo maak soms seer Jesaja 6 1 21. Glo maak soms seer Jesaja 6 Tema Soms gee die Here vir ons moeilike werk om te doen, maar dan gee Hy ook vir ons die krag om dit te doen. Agtergrond en interpretasie In die vorige ontmoeting het

Nadere informatie

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12 1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12 Tema Jesus is God wat ʼn sondige verlamde man help en ons met hierdie Goeie Nuus na ander mense toe stuur. Só sal baie mense God prys. Agtergrond en

Nadere informatie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 Tema Jesus verseker mense wat Hom aanbid, en selfs dié wat nog twyfel, dat Hy, die Almagtige, by hulle is wanneer hulle uitgaan om dissipels oor die hele wêreld heen

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) Jan van der Watt DEEL 2[1] DIE VERHALE VAN MATTEUS EN LUKAS Die verhaal van Jesus se geboorte (die kersverhaal)

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17 2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17 Tema Jesus, ons Onderwyser of Leermeester, laat ons saam drome droom om siek (sondige) mense by die Dokter uit te bring; om hulle in te trek tot in die binnekring

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

8. Ek glo Jesus het gesterf en is begrawe Johannes 19:30-42

8. Ek glo Jesus het gesterf en is begrawe Johannes 19:30-42 1 8. Ek glo Jesus het gesterf en is begrawe Johannes 19:30-42 Tema Jesus het in ons plek die helse pyn en doodsbenoudheid binnegegaan om as wenner of oorwinnaar uit die dood op te staan. Agtergrond en

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

1 Johannes 5: /03/2014

1 Johannes 5: /03/2014 1 Johannes 5:9-12 23/03/2014 Iets wat ek seker is julle al baie gehoor het, is, ken jou status. En dis presies waaroor ek ook vanoggend met julle wil praat oor - ken jou status Ek dink nie enige iemand

Nadere informatie

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society "Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het." Johannes

Nadere informatie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.)

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.) Ontmoeting 13 Kinders leer dat die Here nie dink een persoon is belangriker as n ander persoon nie. Hulpmiddels: Plakkaat met reëls op Uitgeknipte los prentjies van rein en onrein kosse; kleefband waarmee

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Teks: Verskeie & HK Sondag 8 Inleiding Geliefdes, die Drie-eenheid van God is seker van die meeste moeilike dinge om te verstaan, en gewoonlik van

Nadere informatie

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 Votum en seën Psalm 134 : 1, 3 [ ons ] Gebed Psalm 27 : 4 Skriflesing: 1 Johannes 4:7-21 (AV 1983) Belydenis: HK 34:93 Teks: 1 Johannes 4:20 (AV 1983) Preek: God se wil is liefde

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur Bybel vir Kinders bied aan Die Man van Vuur Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Benodighede: Visse op karton afgerol en uitgeknip Skuifspelde Stok met tou en magneet Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Wenke: Lees die VERLOOP hier onder deur en maak

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

FAKTORE EN VEELVOUDE

FAKTORE EN VEELVOUDE FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is

Nadere informatie

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg SKRIFLESING: 1 Johannes 4:7-21 TEKS: 1 Johannes 4:17-18 TEMA: God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg Psalm 48 : 1 Psalm 99 : 1, 4 Psalm 103 : 6 (na doop) Psalm 43 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1,

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 Votum en seën Psalm 23 : 1, 3 Gebed Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-13 (AV 1983) Belydenis: HK 29:78-30:80 Teks: 1 Korintiërs 10:4 Psalm 105 : 21, 22 Preek: Die Heilige Gees

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, al my hulde bring. Lied 171:2 Heilig, heilig, heilig,

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Vals beeld van God: Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Ware beeld van God: God se beloftes word vervul in Jesus. Ons kan

Nadere informatie

Die gebed leer ons dat die kerk die eenheid in die Drie Enige God weerkaats en weerspieël.

Die gebed leer ons dat die kerk die eenheid in die Drie Enige God weerkaats en weerspieël. Johannes 17:1-25 Vooraf Verlede Sondag het ons Pinkster gevier. Vanoggend begin die Koninkryksondae wat duur tot aan die begin van Desember as Adventstyd begin. In Koninkrykstydperk is die fokus op ons

Nadere informatie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k toegewy aan God ross van niekerk goddelike nageslag hoe verseker ons dit? 1. modelleer. 2. liefde. 3. instruksie. 4. dissipline. 5. meedeling. psalm 127:3 Kyk, kinders is n erfdeel van die HERE; die vrug

Nadere informatie

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Ek begin diens met afkondigings, votum, seëngroet Votum: Ons het ondervind dat die Here goed is. Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is,

Nadere informatie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:

Nadere informatie

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Uit Doelgerigte Gebed deur Bennie Mostert, CUM uitgewers Opdrag: Maak 'n keuse om in hierdie week wat kom minstens 5 dae te neem om 15-30 minute per dag

Nadere informatie

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees 1 Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees Voordrag gehou by die konferensie oor Skrifgesag op 24 September 2014 by die Gereformeerde Kerk

Nadere informatie

18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1

18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1 1 18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1 Tema Wanneer ons op die drumpel staan van nuwe dinge voor ons, is dit die Here sélf wat ons lei en begelei. Agtergrond Hierdie verhaal speel af

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

Jesus is ons Koning Die einde van Jesus se aardse lewe

Jesus is ons Koning Die einde van Jesus se aardse lewe Jesus is ons Koning Die einde van Jesus se aardse lewe Teks: Mat 21:1-11 Hulpmiddels: Prente: Afdrukke van intog in Jerusalem Wondergom of wasgoedlyn met wasgoedpennetjies om die prente aan op te hang

Nadere informatie

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het. 1 Preek: 1 Korintiërs 13:1-13 Teksverse: 1 Korintiërs 13:7 Tema: Die Heilige Gees rus jou toe om met ware liefde te leef! Inleiding Geliefde gemeente, ons het afgelope Donderdag op n besondere manier aan

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) PSALM 90:2 NGB 1 Votum en seën Psalm 90 : 1 Gebed Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1 Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) Psalm 102 : 5, 11 Preek: God bestaan [nog] [altyd] Gebed Kollekte Skrifberyming

Nadere informatie

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman Die basis van ons verhouding met ander is dieselfde as die basis van ons verhouding met God en mekaar: GENADE.

Nadere informatie

Simson, God se sterk Man

Simson, God se sterk Man Bybel vir Kinders bied aan Simson, God se sterk Man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

19. God lei sy volk uit die slegte plek

19. God lei sy volk uit die slegte plek Wys my die weg Aanbiedersgids 19. God lei sy volk uit die slegte plek Oorhoofse tema Moses en Aäron het die farao gevra om die Israeliete te laat trek, maar hy het hardkoppig geweier. Toe stuur die Here

Nadere informatie

14. Gereed vir God se nuwe wêreld Matteus 25:1-13

14. Gereed vir God se nuwe wêreld Matteus 25:1-13 1 14. Gereed vir God se nuwe wêreld Matteus 25:1-13 Tema Wees gereed vir die nuwe wêreld van God (wederkoms) deur nou reeds te help bou daaraan. Agtergrond Hierdie gelykenis vorm deel van n groep gelykenisse

Nadere informatie

GESKENKE AAN N KONING N KERSLES

GESKENKE AAN N KONING N KERSLES GESKENKE AAN N KONING N KERSLES Doel: Om kinders te laat besef wat die ware betekenis van Kersfees is en om hulle te inspireer om geskenke aan die Koning te gee in die vorm van die vrug van die Gees. Skrifgedeeltes:

Nadere informatie

9. Wat glo jy? Matteus 27:62-66; 28:1-15

9. Wat glo jy? Matteus 27:62-66; 28:1-15 9. Wat glo jy? Matteus 27:62-66; 28:1-15 Tema Daar word meer as een storie vertel oor wat ná Jesus se dood by sy graf gebeur het. Wat jy glo, kan jou en die mense wat jou pad kruis se lewe vir altyd verander.

Nadere informatie

9. Ons Vader dink anders oor gebed Matteus 6:9-10

9. Ons Vader dink anders oor gebed Matteus 6:9-10 1 9. Ons Vader dink anders oor gebed Matteus 6:9-10 In hierdie aanbieding word daar ook enkele praktiese wenke vir n kleutergroep gegee. Dit sou ook vir Graad 1 gebruik kon word. Tema In die eerste deel

Nadere informatie

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. SKRIFLESING: Romeine 8:18-30 TEKS: Romeine 8:28 HK 9 TEMA: God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. Psalm 30 : 3, 4 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Psalm 119 : 25 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 52

Nadere informatie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u

Nadere informatie

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11) Les 14 vir 30 September 2017 Paulus se slotrede is eintlik 'n oproep tot die Galasiërs. Paulus was soos 'n herder wat vir sy kudde sorg. Hy wou die waarhede van die geloof in die Galasiërs se gedagtes

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees L e s 4 Wat is geslag? Gedurende hierdie les sal jy: Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees Die verskil tussen seks as n biologiese

Nadere informatie

SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5.

SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5. SKRIFLESING: Jesaja 55 TEKS: Jesaja 55:10-11 TEMA: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1 Psalm 19 : 4 Psalm 33 : 5 Psalm 89 : 6 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 147 : 6, 7 Sb 34 (2-2) : 2 2

Nadere informatie

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 SKRIFLESING: Matteus 5:1-12 TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 TEMA: Verlossing kom nie uit ons nie. Psalm 138 : 3 Skrifberyming 16 (11-3) : 1, 4 Psalm 146 : 2, 5 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 33 :

Nadere informatie

Antonieme en sinonieme

Antonieme en sinonieme Antonieme en sinonieme Naam Oefening 1 1. Die motor is nie groot nie. smal 2. Die skaap is nie slim nie. buite 3. Die koffie is nie soet nie. naby 4. Die kind is nie soet nie. klein 5. Die straat is nie

Nadere informatie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3. MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. SKRIFLESING: Prediker 11:9 12:14 TEKS: Prediker 12:13 (OAV) TEMA: INHOUD: Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. Die hoofsaak Psalm 146 : 1, 4, 8 Psalm 19 : 7 Skrifberyming 12-3 :

Nadere informatie

In nood kan ons God as Vader aanroep.

In nood kan ons God as Vader aanroep. SKRIFLESING: Jesaja 63:7 64:12 TEKS: Jesaja 63:16 en 64:8 HK 9 TEMA: In nood kan ons God as Vader aanroep. Psalm 33 : 1 Skrifberyming 17 (17-1) : 5, 6 Psalm 103 : 7 Psalm 33 : 11 Ook: Ps 104 Sb 33 2 Na

Nadere informatie

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16 Jesus lewe! Kruisiging en opstanding Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16 Hulpmiddels: 3 stelle van 3 bordjies wat elkeen n gesigsuitdrukking het: n bly gesiggie, n hartseer gesiggie en n bang gesiggie 2 Handskoenpoppe

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer WIE KIES EK OM TE WEES? WAT KIES EK OM TE WEES RESPECT 4 U Gedurende hierdie les sal jy: Leer oor die RESPEK vir jouself program en jou ontmoet onderwyser ontmoet Maniere identifiseer om RESPEK te wys

Nadere informatie

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74 TEMA: Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges Psalm 90 : 1 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 2, 3 Psalm 90 : 9 1 Dit gebeur

Nadere informatie

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels Leierskap Strukture Woord van God, Woord van die lewe, Woord vir ewig vas en waar, Woord onfeilbaar en verhewe waarin God Hom openbaar! L 255:1 (vervolg) Woord betroubaar,

Nadere informatie

10 Die bou van n plant

10 Die bou van n plant 10 Die bou van n plant Groepaktiwiteit: blaarvorms Bring blare skool toe. Groepeer die blare volgens die blaarvorms waarvan ons geleer het, en pars dit. n Mens kan dit ook tussen twee lae koerantpapier

Nadere informatie

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het SKRIFLESING: Galasiërs 6 TEKS: Galasiërs 6:7-8 TEMA: Die Here laat ons maai wat ons gesaai het Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 50 : 11 Psalm 91 : 1 (na belydenisaflegging) Psalm 126 : 3 Skrifberyming 33 (2-4)

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9 1 Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9 1 Johannes 4:1-5:12 1Jn 4:1 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op

Nadere informatie

Kan jy raai watter klankie ons in hierdie boek gaan leer? Naam: Oupa Muis woon in n huis onder n struik. Daar voel hy sommer tuis.

Kan jy raai watter klankie ons in hierdie boek gaan leer? Naam: Oupa Muis woon in n huis onder n struik. Daar voel hy sommer tuis. Naam: Oupa Muis woon in n huis onder n struik. Daar voel hy sommer tuis. In sy kombuis sit hy en eet n druif. Hy is vriende met duif, maar hy bly liewer uit oupa uil se pad. Kan jy raai watter klankie

Nadere informatie

10. Jesus help my verstaan

10. Jesus help my verstaan 10. Jesus help my verstaan Oorhoofse tema Jesus gee vir sy volgelinge vrede wanneer Hy aan hulle verskyn. Hy wys vir hulle dat Hy anders is, maar dat Hy waarlik leef en dat hulle die wonderlike taak het

Nadere informatie

Preek 1 Petrus 2:9-12

Preek 1 Petrus 2:9-12 1 Preek 1 Petrus 2:9-12 (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 11 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens: Sing: Lied 308:1,2,3,5 Sing: Lied 309:1,2,3

Nadere informatie

ADVENT. November 2016

ADVENT. November 2016 1 ADVENT November 2016 2 KLEINGROEPE: NUUS Ons laaste Familienuus vir die jaar en op daardie noot groet ek as Kleingroepe-koördineerder elkeen van julle. Dit was n voorreg om deel van hierdie bediening

Nadere informatie

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Liefde (*God) Liefde is een van die kernwoorde van die Bybel, maar miskien juis daarom een van die mees misbruikte woorde. In ons

Nadere informatie

20. Die Here doen magtige dade Josua 6

20. Die Here doen magtige dade Josua 6 1 20. Die Here doen magtige dade Josua 6 Tema Die Here doen magtige dade. Agtergrond Hierdie verhaal gaan voort met die Israelitiese volk wat die Jordaan oorsteek en besig is om die beloofde land in te

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Almagtige God is die Alfa en die Omega!

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Almagtige God is die Alfa en die Omega! Preek: Openbaring 1 Fokus: Openbaring 1:8,17 Gereformeerde Kerk Bloempark Die Almagtige God is die Alfa en die Omega! Inleiding Geliefde gemeente, ons het die boek Openbaring nodig net soos die eerste

Nadere informatie

12. Almal is welkom Handelinge 10:1 11:18

12. Almal is welkom Handelinge 10:1 11:18 12. Almal is welkom Handelinge 10:1 11:18 Tema Die Heilige Gees maak die poorte oop vir Jesus se volgelinge om die grense na alle mense met die evangelie oor te steek. Agtergrond en interpretasie BA Müller

Nadere informatie

God sien jou raak; sien jy Hom? Die voorspelling van Jesus se geboorte aan Maria en Simeon se verhaal

God sien jou raak; sien jy Hom? Die voorspelling van Jesus se geboorte aan Maria en Simeon se verhaal God sien jou raak; sien jy Hom? Die voorspelling van Jesus se geboorte aan Maria en Simeon se verhaal In hierdie ontmoeting gaan die kinders na twee stories luister. Hulle gaan eerstens ontdek dat God

Nadere informatie

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die Ons praat baie van dinge wat in verhouding tot mekaar is, sonder om dit regtig agter te kom! As jy byvoorbeeld sê dat jy twee van die ses stukke van n pizza geëet het, het jy n verhouding beskryf: Die

Nadere informatie

8. Jesus plaas my sing-sing op my pad

8. Jesus plaas my sing-sing op my pad 8. Jesus plaas my sing-sing op my pad Oorhoofse tema In die laaste week voor Jesus se kruisiging is Hy skuldig bevind al was Hy onskuldig. Só het Hy ons, die ware skuldiges, vrygemaak. Nou kan ons ons

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5 SKRIFLESING: Johannes 4:1-30 TEKS: Johannes 4:10 TEMA: Die Here les mense se diepste dors Psalm 84 : 2, 3 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 6 (5-1) : 5 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Plantstruktuur en Plant Voedsel

Plantstruktuur en Plant Voedsel Plantstruktuur en Plant Voedsel Vraag 3: Kyk na die prentjies en beantwoord die vrae wat volg: Prentjie A Prentjie B Prentjie C 1. Prentjie A is n illustrasie van n plantsel soos gesien deur die lens van

Nadere informatie

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop Christo Nel het n brief geskryf aan alle predikante in Reformatoriese

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2. SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10 TEKS: 1 Petrus 2:9 TEMA: God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5 Psalm 4 : 3 Skrifberyming 8 (5-3) : 2 Psalm 71 : 9, 14 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 24 (1-1) : 6 2 Waar

Nadere informatie

Reëls vir God se familie

Reëls vir God se familie Ontmoeting 19 Israel ontvang die die Wet op die berg Sinai Reëls vir God se familie Aan die einde van die ontmoeting moet die kinders besef dat God nie vir ons reëls gegee het om ons te straf nie, maar

Nadere informatie

12. Die Heilige Gees, my Helper

12. Die Heilige Gees, my Helper 12. Die Heilige Gees, my Helper Oorhoofse tema Die Heilige Gees het na ons toe gekom om ons te help om deel van God se groot oesfees te wees. Bybelgedeeltes Lees Handelinge 2:1-8, 11b-13. Lees Handelinge

Nadere informatie

Preek Sondag 11 November 2102 Teks: Esegiël 43:1-7a, 47:1-12 Tema: Lewende water.

Preek Sondag 11 November 2102 Teks: Esegiël 43:1-7a, 47:1-12 Tema: Lewende water. Preek Sondag 11 November 2102 Teks: Esegiël 43:1-7a, 47:1-12 Tema: Lewende water. Inleiding: Die boek van Esegiël speel af in die grootste laagtepunt vir die volk van die Here in die Ou Testament- die

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 3:1-21. TEKS: Johannes 3:16. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 25 : 3. Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1

SKRIFLESING: Johannes 3:1-21. TEKS: Johannes 3:16. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 25 : 3. Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1 SKRIFLESING: Johannes 3:1-21 TEKS: Johannes 3:16 INHOUD: Die liefde van God Psalm 149 : 1, 2 Psalm 25 : 3 Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1 2 As ons sou weet dat die wêreld hierdie week

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3. SKRIFLESING: Prediker 11 TEKS: Prediker 11:4, 6 TEMA: Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse Psalm 149 : 1, 2 Psalm 126 : 3 Psalm 128 : 1, 4 1 Is dit nog die moeite werd om dinge aan te pak in die kerk,

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2: SKRYF NOVEMBER 2008 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam.

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam. SKRIFLESING: Efesiërs 6:1-4 TEKS: Efesiërs 6:1-4 HK 39 TEMA: Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam. Psalm 103 : 1 Psalm 25 : 3 Skrifberyming 26 (9-1) : 1, 7 Psalm 103 : 9 1 Ons wil

Nadere informatie

SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 AFDELING A: KREATIEWE SKRYFWERK TOTAAL: 100 NAAM:

SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 AFDELING A: KREATIEWE SKRYFWERK TOTAAL: 100 NAAM: SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 Eksamen TYD: 120 min TOTAAL: 100 NAAM: Instruksies 1. Vul eerstens jou naam en van op die antwoordblaaie neer. 2. Lees jou vrae noukeurig voordat jy antwoord. 3. Alle

Nadere informatie

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! SKRIFLESING: Matteus 25:1-13 TEKS: Matteus 25:13 TEMA: Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! Psalm 98 : 3 Psalm 99 : 1, 3 Skrifberyming 29 (18-3) : 8, 9 Skrifberyming 43 (15-7) : 5

Nadere informatie