Sing vooraf staande: Psalm 73:9 (p. 369)

Vergelijkbare documenten
Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Jesaja sien die Toekoms

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

n Dubbele kruis-belydenis

n Tempel Leier besoek Jesus

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Die Groot Gebod dennis de wet

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Welkom by Die Storie God se storie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Goeie Konings, Slegte Konings

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Die Here laat n berouvolle sondaar in vrede gaan.

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Sing vooraf: Psalm 84:4 (p. 425)

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Geroep vir Gemeenskap

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Sing vooraf: Psalm 95:6 (p. 478)

Toe God alles gemaak het

Sing vooraf staande: Psalm 19:4 (p. 83)

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

ons rykdom in Christus 2

Van Vervolger tot Prediker

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Die Kerk se Geboorte

Toe God alles gemaak het

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Die Here sal jou soos n kroon in sy hand hou, n koning se kroon in die hand van jou God.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Jona en die Groot Vis

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Geloofsbelydenis: Apostolicum Na die wet sing ons Psalm 67:1 (p. 326). Wet Psalm 67:1 (p. 326)

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

'n Man gestuur deur God

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Sing vooraf: Psalm 84:3 (p. 425)

Preek Romeine 1:16-17

Les 2 vir 13 Oktober 2018

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Baie welkom by vanoggend se erediens

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Pragtige Koningin Ester

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid!

Sing vooraf: Skrifberyming 17-2:3, 4 (18:3, 4)

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Teks vooraf: Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke sy dade bekend! (1 Kron 16:8 AFR1953)

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Sing vooraf: Skrifberyming 4-6 (nuut)

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Sing vooraf staande: Psalm 145:9 (p. 697)

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Transcriptie:

Sing vooraf staande: Psalm 73:9 (p. 369) 9 Hoe voel ek nou my sondesmart! / Toe ek, verbitterd in my hart, in eie warnet ingewikkel, / diep in my niere was geprikkel, was ek voor U, o wyse God, / in al my woorde dwaas, n sot. Ek was, vir alle wysheid sku, / net soos n domme dier by U. Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het. Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees. Lofpsalm 145:10, 11 (p. 697) 10 Die Heer is reg in al sy weg en werk, / sy goedheid ken, die wêreld deur, geen perk. Hy is naby die siel wat tot Hom sug, / Hy troos die hart wat skreiend tot Hom vlug. 11 Hy gee die wens van almal wat Hom vrees; / op hul geroep wil Hy n redder wees. Sy hand verdelg die goddelose, maar / die wat Hom liefhet, sal die HEER bewaar. Geloofsbelydenis: Apostolicum Na die wet bely ons voor God ons sondeskuld en bid vir vergewing van ons sondes met Psalm 25:3, 5 (p. 116). Wet Psalm 25:3, 5 (p. 116) 3 Dink aan my in mededoë / as ek biddend voor u pleit; milde hande, vriend like oë / is by U van ewigheid. Dink nie aan die sondes meer / van n yd le jonkheidslewe; wil tog, om u goedheid, HEER, / ál my sondes my vergewe! 5 Ja, Gods weg is goedheid, klaarheid, / en sy weg altyd getrou vir wie wandel in sy waarheid / en op sy beloftes bou. Wil my dan, u Naam ter eer, / al my sondeskuld vergewe; want ek het teen U, o HEER, / swaar en menigmaal misdrewe! Gebed Doksologie: Aanbidding: Skuldbelydenis: Vergifnis: Dank: Smeking vir die nood van die gemeente en voorbidding vir die kerk, owerhede en sondige wêreld, asook die beroep op die beloftes van God Algemene bede: Verligting van die Gees ter wille van die Woorddiens: Psalm 103:2 (p. 504) 2 Loof Hom wat jou, van skuldelas onthewe, / genadiglik die sondes wil vergewe, jou krankheid ken en liefderyk genees; / wat van die dood jou lewe weer verskoon het, met goedheid en ontferming jou gekroon het, / en in die nood is Hy jou hulp gewees. Skriflesing: Lukas 7 Teks: Lukas 7:48 En Hy sê vir haar: Jou sondes is vergewe. (Lukas 7:48 AFR1953) Geliefdes, hoe graag sou ons nie dié woorde wou hoor nie! Dat die Here Jesus Christus self vir ons sê: Jou sondes is vergewe! 1

Daar was n Fariseër wat Jesus beter wou leer ken. n Geestelike leier uit daardie tyd. n Man wat moes geweet het van die krag van die sonde en van die genade van die Here waardeur ons sondes ons vergewe word. Hierdie man het Jesus Christus vir n ete genooi. Dan kon hulle rustig gesels, en kon hy Jesus van naby hoor. So, het hy gedink, sal hy meer van Jesus te wete kom. Terwyl hulle geëet het, het daar n vrou gekom wat Jesus se voete gewas en gesalf het. Dit is n gelaaide gebeurtenis. Die mense het op hulle sye gelê en eet, met hulle voete skuins weg van die kos af. Daarom was dit so maklik vir hierdie vrou om by Jesus se voete te wees, sonder dat sy in die pad was. Sy was ook nie sommer net n vrou nie. Sy was n berugte vrou die hele stad het haar geken as n sondares. Sy was so roekeloos in haar lewe dat almal geweet het dat sy onverskillig is. Almal het geweet van haar sondes. Maar daar is nog iets te sê oor hierdie slegte vrou. Sy was tussen die mense op die straat wat gestaan en luister het na die prediking van Jesus. Hier het sy gehoor van genade. Sy het met iets anders te doen gekry as net die harde veragting van die mense rondom haar. Sy het gehoor hoe die Seun van God preek dat Hy gekom het om ook vir haar sondes te sterf sodat sy die koninkryk van die Vader kan ingaan. Hierdie prediking het iets in hierdie slegte vrou beweeg. Sy is in haar hart getref en tot bekering gebring. Iewers het sy verneem dat Jesus by die Fariseër se huis eet. Daarom het sy daarheen gegaan om haar dankbaarheid aan die Here Jesus te betoon. Aan die etenstafel was sy Jesus se voete nie soos die gebruik was met water nie. Sy was sy voete met haar trane. Trane van dankbaarheid omdat God haar sondes kwytgeskeld het. Maar daar was veel meer as net dankbaarheid daar was liefde ook. Daarna droog sy die Here Jesus se voete af met haar hare. Daarmee gee sy haar trots aan die Here prys, want vir die Oosterse vrou is haar hare en haar haartooisel haar grootste sieraad. Selfs dit gee hierdie vrou prys in haar dankbare liefdesbewys. Daarna soen en salf sy die voete van Christus maar daar kom nog iets by. Die feit dat hierdie vrou by die voete van die Here Jesus huil, bewys haar opregte berou oor die verkeerde wat sy gepleeg het. Die Fariseër is nie baie gelukkig oor die toestand nie. In sy hart het hy dan ook gedink dat hy Jesus nou leer ken het. 2

Daar staan in vers 39: Toe die Fariseër wat Hom genooi het, dit sien, sê hy by homself: Hy, as Hy n profeet was, sou geweet het wie en watter soort vrou dit is wat Hom aanraak; want sy is n sondares. (Lukas 7:39 AFR1953) Hy verag dus die gebeurtenis. Hy verwerp Jesus as profeet. Hy dink net daaraan dat God die sonde verwerp wat wel waar is maar dit is nie al wat waar is nie. Hy dink nie aan die genade van God nie. Hy dink nie daaraan dat sondes vergewe kan word nie. Daar is in hierdie man se gedagtes glad nie die moontlikheid dat die Here Jesus gemeenskap met die sondaars beoefen om hulle tot bekering te bring en om hulle te behou nie. Dit is ook taamlik tipies van ons. Ons verag baie maklik n sondaar, sonder om daaraan te dink dat dit by God moontlik is om hom sy sondes te vergewe. Aan die ander kant: As ons self sondes het, voel ons ook so vuil en onwaardig, en wil ons as t ware nie glo nie omdat ons net daaraan dink dat ons verwerplik is. Dink liewer daaraan dat God ons nog aanneem! Al is dit so dat ons sondes wel baie is, en ernstig is, vergewe die Here almal deur die verdienste van die Here Jesus Christus. Dink dan ook daarby dat ons dan soos hierdie vrou berou moet hê oor al die verkeerde dinge in ons lewe. Die belangrikste is dat ons in dankbaarheid en liefde aan ons Here Jesus Christus die dank moet gee vir die kwytskelding van ons sondes. Die Here Jesus het geweet wat in die Fariseër se gedagtes rondmaal. Daarom laat Hy aan die Fariseër deurskemer dat Hy alles van hierdie vrou af geweet het. Hy vermaan ook die Fariseër. Die Here Jesus sê dat twee mense geld geskuld het. Die een het 500 en die ander een 50 pennings geskuld. Watter een was die dankbaarste toe die skuld hulle kwytgeskeld is? Die antwoord is vanselfsprekend die een wat 500 geskuld het hy het die meeste ontvang, want hy was die diepste in die ellende. Dit beteken dat ons nie een kwalifiseer vir die hemel nie. Altans nie met ons eie verdienste nie ons is almal skuldenaars. Sondaars. Die een van ons het meer sondes as die ander een, maar ons sondes is almal so groot dat ons almal in die rooi is. 3

Daarna wys Jesus die Fariseër daarop dat hy eintlik in n slegter posisie is as die slegte vrou. In die Fariseër se eie huis het hy nie Jesus se voete gewas nie, en dit was die gebruik in die tyd. o Maar die slegte vrou het dit in n ander man se huis kom doen. Die Fariseër het Hom nie n soen gegee nie. o Die vrou het Jesus se voete sonder ophou gesoen. Die Fariseër het nie Jesus se hoof met olie gesalf nie. o Die vrou het sy voete gesalf met kosbare salf. Jesus voeg dan by: Daarom sê Ek vir jou: Haar sondes wat baie is, is vergewe, want sy het baie liefgehad; maar hy vir wie weinig vergewe is, het weinig lief. En Hy sê vir haar: Jou sondes is vergewe. (Lukas 7:47, 48 AFR1953) Hiermee erken Jesus die sondeskuld van hierdie vrou. Hy ken haar binneste reeds voor die tyd. Maar die belangrikste is hier die genade van God. Die mense vir wie baie skuld vergewe is, het baie lief. Die mens kan nie eerste liefhê nie.god vergewe eers, en dan kan die mens liefhê. Die Here het hierdie vrou haar sondes vergewe. Daarom het God die Gees haar beweeg tot berou en tot kennis van haar sondes. Omdat sy self nou die genade van God ken, kan sy ook gee. Sy kom na Christus toe met liefde in haar hart; met belydenis van haar skuld; en met dankbaarheid vir vergewing. Hierdie vrou het baie en diep gesondig, maar haar berou was ook diep gegrond. Deur haar sondevergifnis het sy ook die liefde van God ontvang. As ons hierdie gedeelte net bolangs lees, kan dit lyk asof sy vergewing kry op grond van haar berou en liefdesbewys. Dit is verkeerd, want die saak werk net andersom: Sy ontvang vergewing van haar sondes, en dan volg die dankbaarheid en liefde. Wanneer sy sover kom om hierdie dinge in die openbaar aan Jesus te kom bewys met die voetwassing en salwing, laat Christus haar nie maar net weer gaan nie. Sy ontvang versterking van haar geloof: En Hy sê vir haar: Jou sondes is vergewe. (Lukas 7:48 AFR1953) Verder sê Hy vir haar: En Hy sê vir die vrou: Jou geloof het jou gered; gaan in vrede. (Lukas 7:50 AFR1953) Omdat sy weet dat sy gered is, ken sy ook die innerlike vrede van God se inwoning. 4

Die Here Jesus verseker ons vandag weer dat ons sondes ons vergewe is. Deur sy seën wat Hy oor ons uitgespreek het, verseker Hy ons van vergewing van sondes. Die Gees van God het u beweeg om gemeenskap met die Here op te soek in aanbidding in die erediens. Laat hierdie woorde: Jou sondes is jou vergewe dan in u hart bevestig bly. Kom ons lewe elke dag verder met waaragtige berou oor ons sondes. Betoon aan die Here opregte dankbaarheid. En leef in liefde met God en ons naaste. Slotgebed Slotpsalm 32:1 (p. 151) 1 Welsalig wie van skuld en straf onthewe, / die woord mag hoor: jou sondes is vergewe. Want God wat groot is in barmhartigheid, / het hom vergewe en skeld die skuld hom kwyt. Welsalig wie die HEER geen enkel stonde / toereken wil die boosheid van die sonde en wie se gees, van alle valsheid vry, / voor God ootmoedig al die skuld bely. Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal. Dr MJ du Plessis Gereformeerde Kerk Bellville Datum: 1 Mei 2011 5