LEWENSWETENSKAPPE VRAESTEL 1 GRAAD 12-REKORDEKSAMEN 08 September 2017 09:00 Hierdie memorandum bestaan uit 10 bladsye.
LEWENSWETENSKAPPE VRAESTEL 1 BEGINSELS TEN OPSIGTE VAN NASIEN VAN LEWENSWETENSKAPPE: 1. Indien meer inligting verskaf word as punte-toekenning: Hou op nasien sodra die maksimum punte toegeken is en trek n golflyn oor die res van die antwoord and skryf maks aan regterkant van bladsy. 2. Indien, byvoorbeeld drie redes gevra word, maar leerder verskaf vyf: Merk slegs die eerste drie redes wat verskaf is, maak nie saak of dit korrek of verkeerd is nie. 3. Indien die volledige proses verskaf word en slegs n gedeelte was gevra: Lees alles en gee krediet vir die relevante gedeelte. 4. Indien vergelykings gevra is, maar beskrywings word gegee: Aanvaar indien die verskille/ooreenkomste duidelik is. 5. Indien n tabel vereis word, maar die antwoord is in paragrawe geskryf: Kandidate verloor punte vir die tabel wat nie getrek is nie. 6. Indien diagramme met verwysings verskaf word waar n beskrywing gevra is: Kandidate verloor die punte 7. Indien vloeidiagramme in plaas van beskrywings gegee is: Kandidate verloor punte. 8. Indien die volgorde deurmekaar is en verbinding nie duidelik is nie: Waar volgorde en verbinding korrek is, krediteer die antwoord. Waar die volgorde en verbindings verkeerd is, verloor kandidate punte. Indien die volgorde weer korrek is, kry hul weer punte. 9. Nie-herkenbare afkortings: Aanvaar slegs indien dit gedefinieer is in die antwoord. Indien nie gedefinieer nie, verloor kandidaat punte vir die afkorting, maar krediteer die res van die antwoord indien dit korrek is. 10. Verkeerd genommer: Indien die antwoord in die regte volgorde is en slegs verkeerd genommer is, is dit aanvaarbaar. 11. Indien die taal die oorspronklike betekenis verander: Moet nie aanvaar nie. 12. Spelfoute: Aanvaar dit indien dit herkenbaar is, mits dit nie iets anders beteken in Lewenswetenskappe of dit uit konteks is nie. 13. Indien algemene name in terminologie gegee word: Aanvaar slegs indien dit by die memo-bespreking aanvaar is. 14. Indien slegs die letters gevra is en die naam word gegee (en omgekeerd): Geen krediet. 15. Indien geen eenhede gegee word by metings nie: Kandidate verloor n punt. Memorandum ken n aparte punt toe vir eenheid. Bladsy 2 van 10
16. Wees sensitief vir die betekenis van n antwoord, dit mag dalk op n ander manier gestel wees 17. Opskrifte: Alle illustrasies (diagramme, tekeninge, grafieke, tabelle, ens.) moet n opskrif hê. 18. Gebruik van n ander offisiële taal tussen in (terme en konsepte): Indien n enkele woord of twee in enige ander offisiële taal tussen-in die antwoord van die leerder voorkom, moet dit korrek geassesseer word. Vra iemand wat die taal vaardig is om te help. Dit gebeur gewoonlik by kandidate waar hul onderrigtaal nie hul huistaal is nie, of waar hulle hulself in n dubbel-medium onderrigsituasie bevind. Bladsy 3 van 10
AFDELING A VRAAG 1 1.1.1 C 1.1.2 A 1.1.3 C 1.1.4 D 1.1.5 D 1.1.6 A 1.1.7 D 1.1.8 C 1.1.9 B (2X9) [18] 1.2.1 Chiasma/ta 1.2.2 Diabetes mellitus 1.2.3 Embrio 1.2.4 Homeostase 1.2.5 Voedselsekuriteit 1.2.6 Geotropisme (6x1) [6] 1.3.1 B 1.3.2 A 1.3.3 Beide 1.3.4 A 1.3.5 Beide (5x2) [10] 1.4.1 A GH / Groeihormoon B Prolaktien C FSH en LH D TSH (5) 1.4.2 Adrenalien (1) [6] 1.5.1 A Motoriese neuron B Sensoriese neuron (2) 1.5.2 Diagram A (motoriese neuron) Diagram B (sensoriese neuron) Baie dendriete Slegs een dendriet Kort dendriete Lang dendriet Lang akson Kort akson Dendriete het geen miëlienskede nie Dendriete het miëlienskedes (Enige 3x2) (6) 1.5.3 A Vervoer impulse na n effektor toe/ weg vanaf die SSS B Vervoer impulse weg vanaf reseptore / na die SSS (2) [10] TOTAAL AFDELING A: 50 Bladsy 4 van 10
AFDELING B VRAAG 2 2.1.1 Ontbossing (1) 2.1.2 Bome is koolstofsinke Bome absorbeer CO2 vanuit die atmosfeer tydens fotosintese en stel O2 vry./ Balanseer die CO2 en O2 vlakke. Bome verlaag die CO2-vlakke en verlaag/verminder globale verwarming (Enige 4) (4) 2.1.3 Oplossings: Plant meer bome. Herwin houtprodukte /papier. Verminder die verbruik van houtprodukte /doen meer inligting elektronies/e-boeke eerder as gedrukte boeke/bou met plastiekprodukte in plaas van hout. (Enige 2) (2) [7] 2.2.1 Dit word beskou as n skoon energiebron /Dit besoedel nie die lug nie Dit veroorsaak nie die globale verwarming /klimaatsverandering nie. (2) 2.2.2 Kernafval is radioaktief en Kan radioaktief vir duisende jare bly. (2) 2.2.3 Sonkrag Windkrag Golfenergie Hidro-energie (Enige 2) (2) [6] 2.3.1 Vars groente kan vermors word op die volgende plekke: Op die plaas gedurende oes /vervoer (2) o Sommige groente word nie geoes nie o Sommige groente word beskadig terwyl dit geoes word o Sommige groente val van die trokke/waentjies af as dit vanaf (Enige 1)(1) lande na die store vervoer word. o Sommige groente word gesteel en gevreet deur peste/rotte By die mark /grootmaat verkoper/winkeleienaar gedurende die stoor van groente/prosessering (2) o Sommige groente verrot omrede daar nie genoeg stoorplek is nie o As gevolg van kragonderbrekings verrot groente omrede hul nie koel genoeg gehou kan word nie o Groente verrot voordat dit geprosesseer kan word omrede dit (Enige 1) (1) te lank gestoor is o Groente verrot omrede dit nie gekoop word nie. Bladsy 5 van 10
2.3.2 Voedselvermorsing kan verminder word deur: o Meer kos te skenk aan voedingskemas voordat dit die vervaldatum bereik o Voedselpryse te verlaag, sodat meer mense dit kan koop en minder verrot o Verwerk kos voordat die vervaldatum bereik word sodat dit langer gestoor kan word o Verseker dat indien kragonderbrekings plaasvind, kragopwekkers in plek is om te verseker dat kos vars bly (Enige 3) (3) [9] 2.4.1 Anafase 2 (1) 2.4.2 Die chromosome het verskillende kleure /oorkruising het plaasgevind. (1) 2.4.3 4 (1) 2.4.4 1 en 3 (2) 2.4.5 Nee (1) 2.4.6 n Menssel het 23 chromosome en nie net 2 soos in die sel nie. (2) [8] TOTAAL VRAAG 2: 30 Bladsy 6 van 10
VRAAG 3 3.1.1 Die plasenta (1) 3.1.2 Dit beskerm die fetus sodat patogene van die moeder se bloed nie na die fetusbloed oorgaan nie / dat die moeder nie teenliggaampies teen die fetusbloed vorm en dit doodmaak nie. (2) 3.1.3 Die plasenta: Voeding: laat voedingstowwe van die moederbloed na die fetusbloed toe Respirasie: verkry suurstof van moeder se bloed na fetus en CO2 van fetus se bloed na moeder se bloed. Ekskresie: stikstofbevattende afvalstowwe wat in embrio geproduseer word diffundeer deur die plasenta na die moeder se bloed. Immuniteit: teenliggaampies wat in die moeder geproduseer is teen siektes soos masels, pokke, diptera gaan vanaf die moeder se bloed na die fetus se bloed deur die plasenta. Stoor: Dit stoor sommige vette, glikogeen en yster. Sekresie van hormone: dit skei estrogeen en progesteroon af. (Enige 4) (4) [7] 3.2.1 Interne (1) 3.2.2 Oviparies (1) 3.2.3 Hul lê eiers wat buite die vroulike liggaam uitbroei. (2) 3.2.4 Die moeder soog die kleintjies. Hulle kom uit die gate uit na 3 tot 4 maande /Hulle beweeg nie rond nie. (2) [6] 3.3.1 C Uterus / baarmoeder E Vagina H Uretra I Epididimis (4) 3.3.2 F Stel seminale vloeistof vry wat voedingstowwe bevat wat spermselle G lewend hou Stel vloeistof vry /alkaliese vloeistof wat spermselle meer beweeglik maak / neutraliseer die sure in die vagina. (2x2) (4) Bladsy 7 van 10
3.3.3 Nee (1) 3.3.4 Die vrou het nog n ander normale Fallopiusbuis waar bevrugting kan plaasvind. (2) 3.3.5 Die follikels stel estrogeen vry wat die endometrium herstel na menstruasie. Die korpus luteum stel progesteroon vry wat die endometrium verder verdik vir moontlike inplantasie. (4) 3.3.6 Dit vorm die mukusprop wat voorkom dat iets die uterus binnekom gedurende gestasie. (2) [17] TOTAAL VRAAG 3: 30 TOTAAL AFDELING B: 60 Bladsy 8 van 10
Grootte van pupill (mm) SACAI LEWENSWETENSKAPPE VRAESTEL 1 KOPIEREG VOORBEHOU AFDELING C VRAAG 4 4.1.1 500 000 000 15 000 000 000 X 100 =3.33% (3) 4.1.2 Hoe ouer n person word hoe hoër is die kans dat hul gehoorverlies gaan kry. (2) 4.1.3 Die Orgaan van Corti se haarselle breek af /word korter en kan nie meer gestimuleer word deur sagter klanke nie, dus kan die person nie meer behoorlik hoor nie. n persoon kan slegs harde klanke hoor. (Enige 3) (3) 4.1.4 Gehoorapparate Kogleêre inplantings (2) 4.1.5 n Dowe persoon loop oor n pad, maar hoor nie n aankomende motor of die toeter nie. Hy/sy kan beseer word of self dood gery word./ 4.2.1 Iemand waarsku n dowe persoon oor n vallende voorwerp, maar hy/sy hoor dit nie en die voorwerp val op hom/haar. Die persoon word beseer. (Enige toepaslike voorbeeld wat die veiligheid van n dowe persoon raak) (2) [12] 3.5 3 Die effek van die afstand van die lamp(m) op die pupilgrootte in mm Tipe: Plot : 2.5 2 1.5 1 0.5 0 1 2 4 6 8 10 Lamp se afstand vanaf die oog (m) Puntetoekenning: grafiek Tipe grafiek: 1 punt Opskrif met beide veranderlikes 1 punt X-as byskrif, eenheid en skaal korrek 1 punt Y-as byskrif, eenheid en skaal korrek 1 punt Plot: alle 6 punte korrek 2 punte 1-5 punte korrek 1 punt (6) 4.2.2. By posisie 1 is die lamp die vêrste weg van die oog en die lig is die dofste. Die pupil verwyd/dilateer om meer lig in die oog in te laat. (Enige 2) (2) [8] TOTAAL VRAAG 4: 20 Bladsy 9 van 10
VRAAG 5 Temperatuur regulering Wanneer dit warm is verhoog die liggaamstemperatuur Die bloed vloei na die hipotalamus en dit stuur senu-impulse na die bloedvate en sweetkliere. Vasodilasie /bloedvate verwyd. Meer bloed vloei na die vel. Die persoon verloor hitte deur uitstraling /konveksie/geleiding. Die sweetkliere word gestimuleer. Meer sweet word geproduseer. Soos sweet verdamp, koel die liggaam af. Die metabolisme kan ook verlaag sodat minder hitte in die liggaam geproduseer word. (Enige 10) Akkommodasie Akkommodasie vind plaas. Die silliaarspiere trek saam. Die siliaarliggaam beweeg vorentoe /nader aan die lens. Die draagligamente verslap Die spanning op die lens neem af Die lens bult uit /word meer konveks/vetter Die refraksiekrag /buigingskrag van die lens verhoog / ligstrale word meer gebuig (Enige 7) Sintese punte toekenning vir opstel: Feite: 17 Relevansie Logies Begrip Alle informasie is oor temperatuurregulering op n WARM dag en akkommodasie vir NABY Beide aspekte is logies verduidelik Temperatuurregulering ten minste 7/10 en Akkommodasie ten minste 5/7 visie 1 1 1 Sintese: 3 [20] TOTAAL VRAAG 5: 20 TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Bladsy 10 van 10