TORAH (WET) EN GENADE LES 9: DIE KERK VERSUS TORAH

Vergelijkbare documenten
TORAH (WET) EN GENADE LES 3: ONDER DIE WET OF ONDER DIE GENADE

TORAH (WET) EN GENADE LES 1: INLEIDING EN AGTERGROND

TORAH (WET) EN GENADE LES 4: DIENSKNEG OF KIND?

GELOOF EN BEKERING. Die vraag is egter of gelowiges hoegenaamd n begrip het van wat ware bekering behels?

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

GENADE ONBESKRYFLIK GROOT

Die Groot Gebod dennis de wet

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Welkom by Die Storie God se storie

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Jesaja sien die Toekoms

N WELGELUKSALIGE LEWE

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Daar is vandag n tendens onder baie Christene om die Joodse Feeste en die sabbat te hou. Daar is Joodse gemeentes in Christus wat nie Christene

DIE SHABBAT LES 7: DIE SHABBAT EN DIE HERNIEUDE (NUWE) VERBOND

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

TORAH (WET) EN GENADE. LES 11 (Deel 4): TORAH, TRADISIE EN SKRIFVERKLARINGS

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Deur Christus Alleen

Les 1 vir 7 Oktober 2017

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Sakkie Parsons E-Pos Bediening

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

PAULUS: APOSTEL VIR DIE HEIDENE. Les 1 vir 1 Julie 2017

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

n Dubbele kruis-belydenis

DIE TEL VAN DIE OMER

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Preek Romeine 1:16-17

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Goeie Konings, Slegte Konings

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Van Vervolger tot Prediker

YHVH SE VOEDSELVOORSKRIFTE LES 11: WAT BETREF DIE OFFERVLEIS AAN DIE AFGODE

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Van Vervolger tot Prediker

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

Die duiwel versoek Jesus

46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

Preek 2 Timoteus 3:16-17

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop.

Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan?

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Die Groot Geloofswoordeboek: Kenmerke van die ware kerk

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

2. Gehoorsaamheid aan die letter van die wet sonder om die waarheid daarvan te aanvaar of te vertrou. 3. Die glo in die wet, sonder om dit te doen.

Bybelse Dissipelskap. Die Woord van God

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Begin Punt. Dennis de Wet 29 September 2013

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

n Tempel Leier besoek Jesus

MAAK JESUS WEER DIE HOOF VAN SY KERK!

DIE UITNODIGING

2. Die skepping van die mens

Transcriptie:

TORAH (WET) EN GENADE LES 9: DIE KERK VERSUS TORAH N ota: In hierdie studie word die ware Name van die Vader en Messias (Die Gesalfde Een) gebruik, naamlik: YHVH (die HERE; In Hebreeus יהוה en getranslitereer as YHVH en uitgespreek as Yahuah), en Yeshua Messias (Jesus Christus). INLEIDING 1. Die oorgroot meerderheid in die kerk verkondig dat Messias die wet (Torah) vervul het; bedoelend daarmee dat gelowiges vry van die wet is en daarom nie meer onder die wet is nie, maar onder die genade. Met hierdie leerstellings het die kerk haar losgemaak van Torah. Die gevolg hiervan is dat die meerderheid in die kerk openlik gekant is teen enige gelowige wat die standpunt huldig dat Torah, naamlik al die onderrig, instruksies en wysheid van YHVH, die leefwyse is waarvolgens die geregverdigde in Yeshua Messias moet leef. 2. Die vraag moet dus gevra word: Is hierdie hedendaagse boodskap van die kerk dieselfde boodskap wat Messias en diegemeente (kerk) van Handelinge verkondig het? Wat het Yeshua Messias en die Apostels die mense geleer? Het Yeshua, wat die Torah is (Joh. 1:1, 2 en 14) en daarvolgens gelewe het, gekom om Torah op te hef en dit tot niet te verklaar? Het die Apostels, wat almal goed in Torah onderrig was, die mense geleer dat dié wat glo dat Yeshua die Messias is, nie meer nodig het om volgens Torah te leef nie? 3. Hierdie is vrae wat elke gelowige behoort te vra en dit self te ondersoek ten einde die regte antwoorde te verkry. Elkeen moet duidelikheid hieroor kry, want of die kerk mislei die mense deur te leer dat gelowiges vry van die wet is, of die gelowiges wat terugkeer tot die toepassing van Torah as n leefwyse vir die geregverdigde in Messias, is mislei. Daar is net een

2 ware Messias en Hy is of die Messias van Torah of Hy is dit nie! Een van die twee groepe, naamlik of die kerk of die Messiane (die gelowiges in Yeshua wat volgens Torah lewe) verkondig die leer van Bileam en plaas n struikelblok voor die gelowiges. Wie staan skuldig? Deel van watter groep is jy? DIE LEER VAN BILEAM 1. In Open. 2:14 lees ons van die aanklag teen die gemeente van Pérgamus: Maar Ek het enkele dinge teen jou: dat jy daar mense het wat vashou aan die leer van Bíleam wat Balak geleer het om n struikelblok voor die kinders van Israel te werp, naamlik om afgodsoffers te eet en te hoereer. 2. Die gemeente van Pérgamus het nie die geloof in Messias verloën nie (Open. 2:13), maar daar is diegene wat vashou aan die leer van Bíleam wat Balak geleer het om n struikelblok voor die kinders van Israel te werp. Hierdie is n baie ernstige aanklag teen die gemeente van Pérgamus. Is die kerk of die Messiaanse beweging hieraan skuldig? Die antwoord hierop is te vinde in wat die leer van Bileam behels? 3. In Numeri 22 tot 24 lees ons dat Bileam n profeet van YHVH was wat deur koning Balak gehuur was om die Israeliete onder die leierskap van Moses te vervloek. Balak wou keer dat die Israeliete sy land verower en hy het geweet dat die een wat Bileam seën sal geseënd wees en die wat hy vervloek sal vervloek wees (Num. 22:6). Bileam het egter vir Balak gesê dat hy slegs dit kan spreek wat YHVH spreek. Daarom het Bileam by verskeie geleenthede sy mond geopen en telkens Israel geseën en nie vervloek nie. 4. Bileam het egter aan Balak ander raad gegee, naamlik dat Balak moet seker maak dat die seuns van Israel met die dogters van ander volke trou. Op die wyse sal vermenging van kulture en gebruike, asook vermenging met afgodery deel van Israel word. Die aanloklikhede van die wêreld, en die begeerlikhede van die vlees, sal die struikelblokke vir Israel word. Die gevolg hiervan sal wees dat Israel sy ware identiteit sal verloor en weg sal beweeg van Torah as die kern van hul leefwyse as YHVH se uitverkore volk en wat deur Moses aan hulle geleer is. 5. Die leer van Bileam is dus om die belangrikheid van Torah af te water en dit selfs uit die lewe van die volk te verwyder. Dit word gedoen deur mensgemaakte leerstellings as verhewe bo Torah aan gelowiges as die waarheid voor te hou. Hierdie is die aanloklikhede van die siel waaroor menige struikel. Die gevolg is dat die wet (ook genoem Moses of die wet van Moses 2 Kor. 3:15; Luk. 24:44) onbelangrik in die oë van die volk (gelowiges) word en n leefwyse as uitgeroepenes (afgesonder; set apart; ekklesia) en as heilige volk verdwyn.

3 6. Lees 2 Pet. 2:15 en Judas 1:11. Hierdie is bevestiging dat die wat die weg van Bileam volg, diegene is wat ongeregtigheid liefhet, naamlik die wat volgens die vlees wandel. Soos in die geval van Bileam is daar ook diegene wat hierdie weg vir eie gewin loop. 7. Die leer van Bileam word vandag in die kerk as die waarheid voorgehou. Die kerk leer lidmate dat Messias die wet (Torah) vervul (opgehef) het, dat die Shabbat opgehef is en dat die Feestye van YHVH slegs vir Israel bedoel is. Die kerk het Kersfees as Christenfees verklaar en Paasfees met Easter verbaster. Sinkretisme, naamlik die vermenging van godsdienste het plaasgevind en dus het die leer van Bileam n stewige houvas gekry. n Menigte struikelblokke is in die pad van gelowiges geplaas. 8. Om Torah as die leefwyse vir die gelowige in Messias te aanvaar, is dus in konflik met wat die kerk verkondig. Dit is selfs in konflik met wat Yeshua Messias gesê het: Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. Matt. 5:17 en 18 9. Hiervolgens is dit tog glashelder dat die Torah nog van toepassing is en nie deur Yeshua tot niet verklaar (ontbind) is, of as uitgedien beskou kan word nie. Hy het beklemtoon dat niks in die wet verby sal gaan (tot niet sal gaan) alvorens alles gebeur het nie. Alles het nog nie gebeur nie en Vader God se plan met die mens is nog nie voltooi nie. Tot dan sal die wet (Torah) bly staan. Weens die leer van Bileam wil die kerk dit egter nie glo nie. DIE APOSTELS EN TORAH 1. Die kerk gebruik veral die briewe van Paulus as bewys van hul leerstelling dat die gelowige vry van die wet (Torah) is, asook dat die Shabbat en feestye (Bestemde Tye) van YHVH opgehef is. So word ook die gesig wat Petrus gehad het (Hand. 10:9 tot 14 en 28), gebruik as bewys dat onrein voedsel geëet mag word en dat die skrywer van die brief aan die Hebreërs dit duidelik stel dat die Nuwe Testament die Ou Testament vervang het. 2. Indien bogenoemde alles waar is, is daar konflik tussen die leer van Yeshua en dié van die Apostels. Yeshua het gesê dat niks in Torah verby sal gaan nie. Vir die Apostels om hiermee te verskil, sal n growwe verdraaiing wees van wat Yeshua geleer het. Daar bestaan egter nie konflik tussen die leer van Yeshua en die van die Apostels nie. n

4 Koninkryk wat teen homself verdeeld is kan nie staande bly nie (Mark. 3:24 en 25). 3. Wat wel duidelik is, is die feit dat daar spoedig diegene gekom het wat die woorde van Paulus en sekere gedeeltes van die Afgesonderde (Heilige) Skrifte (Torah) verdraai het (2 Pet. 3:15 en 16). Petrus skryf dat sommige van die dinge wat Paulus geskryf het, moeilik is om te verstaan, veral vir diegene wat nie goed onderrig is (in Torah) en nie standvastig in hulle geloof is nie. 4. Daarom waarsku Petrus dat almal op hulle hoede moet wees om nie meegesleep te word deur dwalinge van die sedeloses nie (2 Pet. 3:17). Die betekenis van die Griekse woord vir sedeloses (athesmos) is die wetteloses. Volgens Thayer s Greek Definitions (G113) beteken dit: one who breaks through the restraint of law and gratifies his lusts. Daar was dus reeds in die tyd van die Apostels diegene wat Torah teengestaan het. Daar was diegene wat hulle eie geregtigheid opgerig het en die geregtigheid van God verwerp het (Rom. 10:3). Die leer van Bileam het reeds in die beginjare van die kerk sy kop uitgesteek. 5. Petrus moedig almal aan om toe te neem in die genade en kennis van Yeshua Messias (2 Pet. 3:18). Hy is Torah, die onderrig, instruksies en leerstellings van YHVH. Ons moet dus toeneem in die kennis van Torah, want daarin sal ons Yeshua ons Messias vind. 6. Paulus was n Israeliet uit die stam van Bejamin (Rom. 11:1) wat die wet (Torah) onderhou het (Hand. 21:24) en derhalwe ook die Shabbat (Hand. 17:2). In die lig hiervan is dit verwerplik om te beweer, en te glo, dat hy die mense anders sou leer as wat hy self geglo en gedoen het. 7. Stefanus is juis gestenig omrede hy valslik daarvan beskuldig is dat hy lasterlik teen Moses (Torah) en God gespreek het (Hand. 6:9 tot 14). Met ander woorde Stefanus het Torah as die basis vir die openbaring en bevestiging van Yeshua as die Messias gebruik. Maar toe sommige van die sinagoge van die Libertyne, en sommige van die Cirenéërs en Alexandryne, en van die mense van Cilícië en Asië, nie opgewasse teen Stefanus se uitleg van die Skrifte was nie, het hulle hom valslik daarvan beskuldig dat hy n verdraaide weergawe van Torah verkondig. 8. Die Apostels het die Torah gebruik as die basis van hulle leringe, want daar was geen ander Skrifte beskikbaar nie. So lees ons byvoorbeeld dat die Bereane die Skrifte (Torah) gebruik het om te ondersoek of Paulus die waarheid praat (Hand. 17:11). Baie het dan ook as gevolg hiervan gelowig geword (vers 12). Aan die Emmaüsgangers het Yeshua die Heilige Skrifte, naamlik Moses (Torah) en die profete, gebruik om alles wat op Hom betrekking het uit te lê (Luk. 24:27). Paulus het uit die Torah op die Shabbat in die sinagoge die mense geleer, want dit was die gebruik

5 (Hand. 18:4). Lering (onderrig) uit geen ander geskrifte sou in die sinagoges toegelaat gewees het nie. 9. Torah getuig en is n openbaring van Messias. Daarom het Yeshua gesê: Maar as julle Moses geglo het, sou julle My glo, want hy het van My geskrywe (Joh. 5:46). Die gelowige kan nie in Yeshua glo as die Messias en Torah verwerp as lewenswyse nie. Die twee is onafskeidbaar, want Messias is Torah en Torah is Messias. YHVH SE GEREGTIGHEID 1. In 1 Joh. 3:7 en 10 lees ons dat ons as kinders van die Vader die geregtigheid moet doen sodat ons geregverdig kan wees soos Hy regverdig is: My kinders, laat niemand julle mislei nie: wie die geregtigheid doen, is regverdig soos Hy regverdig is. Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie. 2. Hoe doen ons die geregtigheid? Deur as n geregverdigde te leef. Ons leef as n geregverdigde wanneer ons nougeset volgens Torah leef. Ons word deur geloof geregverdig verklaar, maar ons bewys ons liefde en dankbaarheid deur geregtigheid te doen, naamlik om in Yeshua as die Messias te glo en om al die gebooie van Torah te bewaar (Joh. 14:21 en 23). Dit is om van die Boom van Lewe te eet en al Vader-God se seëninge deelagtig te wees. 3. Sonde is wetteloosheid (1 Joh. 3:4). Torah leer ons steeds wat sonde is, want deur die wet is die kennis van sonde (Rom. 3:20). Indien ons nie volgens Torah leef nie, oortree ons die wet en sondig ons. Die genade van die hernieude (nuwe en verbeterde) verbond is dat wanneer ons weens die swakheid van die vlees struikel, en waarlik berou het, is daar onmiddelike vergifnis sonder om weer te offer (Heb. 10:11 en 12; 1 Joh. 1:9). 4. Deur ongehoorsaam aan Torah te wees, verhef ons onsself bokant God die Almagtige en maak ons n god van onsself. Inderwaarheid sê ons dan dat ons beter weet as ons Vader. 5. Ons kan nie YHVH deur ons woorde eer terwyl ons hart ver van Hom is nie (Matt. 15:8). Torah is die hart van die Vader, want dit is Yeshua in die vlees. Ons hart moet dus in Torah wees en dan sal ons naby Vader-God wees.

6 As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak. Joh. 14:23 BEPEINS OF BESPREEK DIE VOLGENDE 1. Lees Heb. 8:28 en 29. Is hierdie n ernstige waarskuwing? Kan ons bekostig om dit te ignoreer? 2. Wie verkondig die leer van Bileam en volg sy weg? Die kerk of die Messiaanse beweging? 3. Indien dit waar is dat die Shabbat opgehef is en met Sondag vervang is, dan kan ons nie meer van die Tien Gebooie praat nie, maar van die Nege Gebooie van God. Die alternatief is om die Shabbatsgebod te herskryf om te lees: Ses dae mag jy arbei, maar op die eerste dag moet jy rus. Wie sal waag om die gebooie van YHVH te herskryf? Shalom tot volgende keer. Johan Kriel Epos: kontak@nuwelied.info Webwerf: http://www.nuwelied.info Kopieë mag gemaak en gratis versprei word, maar mag nie verkoop word nie. Geen veranderinge mag aan die oorspronklike teks aangebring word en dit dan onder die naam van Nuwe Lied Bediening versprei nie.