Maandagoggend Vooruitsig 3 Oktober 2016

Vergelijkbare documenten
Maandagoggend Vooruitsig 26 September 2016

Maandagoggend Vooruitsig 10 April 2017

Maandagoggend Vooruitsig 5 Desember 2016

Maandagoggend Vooruitsig 16 Januarie 2017

Maandagoggend Vooruitsig 3 April 2017

KAN N MIELIE MET N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

Weeklikse Marksiening 16 April 2012

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

Finansiële Wiskunde ENKELVOUDIGE RENTE

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

DAAR S N LIKKEWAAN WAT DIE KOEIE UITSUIP! DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

BESTUURSINLIGTING VOORUITSIGTE VIR GRAANGEWASSE LYK GOED. Posbus 1615 Bethlehem, 9700 Tel/Faks: (058)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2015 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2014 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

Les 14: Entrepreneurskap

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

DIE STRANDLOPER. Hierdie is die eerste verslag van 2013.

Hoofstuk 11- Desibelstelsel

REKENINGKUNDE Gr 12 SEPTEMBER 2015 SPESIALE ANTWOORDBOEK

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Statistieke met een oogopslag

Bateklasprestasie (per jaar) tot einde November 2013

Kliënte kommunikasie - Begroting 2016

Nadat al bogenoemde nagegaan is, sal n kredietlimiet aan die debiteur toegeken word. Dit is die maksimum bedrag waarvoor die debiteur mag koop.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

by die werk Mm, ek moet hierdie nuwe assistent n bietjie beter leer ken.

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

REKENINGKUNDE: VRAESTEL I

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM

DIE STRANDLOPER. Hierdie is die derde uitgawe vir 2015.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

TrueHealth se ekwiteit het op 15 Oktober 2010 uit die volgende kredietsaldo s bestaan:

MEMORANDUM KWARTAAL 1

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

GRAAD 11 WISKUNDE DERDE VRAESTEL NOVEMBER 2009

Makelaarskommunikasie. Onderwerp: Gemeenregtelike Aanspreeklikheid Gebeurtenis vs Eise ingestel

Algemene Grootboek. DIT IS BAIE BELANGRIK NOU OM TE WEET WATTER REKENINGE IS BATES, EIENAARSBELANG en LASTE.

HOËRSKOOL OVERKRUIN VAK: WISKUNDIGE GELETTERDHEID DATUM: 26 MEI 2015 FORMELE TOETS 2

Hoërskool Pretoria-Noord. Wiskunde Geletterdheid GR 11. Junie Eksamen 2016 Vraestel 2

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2010 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE

KAN MIELIES WINSGEWEND GEPRODUSEER WORD? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

FAKTORE EN VEELVOUDE

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

"ESLOTE $EBITEURE $EBITEURE $EBITEURE KREDITEURE /NTLEDING BANKVERSOENING )NLEIDING "ELASTING VOORRAADSTELSEL OP )TEMS WAARDE

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

Nadat al bogenoemde nagegaan is, sal n kredietlimiet aan die debiteur toegeken word. Dit is die maksimum bedrag waarvoor die debiteur mag koop.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2011 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

HI E NUUSBRIEF. Hoofbeampte se kennisgewing. Geagte lid

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

Die vrae uit ou vraestelle, toetsvraestelle, en modelvraestelle is individueel gekies en uitgehaal vir

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL EKSEMPLAAR VRAESTELLE

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

HOëRSKOOL STRAND WISKUNDE NOVEMBER 2016 GRAAD 11 VRAESTEL 1

Huurvoorwaardes: Ouplaas, Dowefontein, De Kroon.

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

Pieter, waarheen gaan jy? Ek wil ook graag deeltyds werk. Ek kom saam met jou. Ek gaan werk soek. Ek wil ook n werk hê.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Tankwa Karoo : Augustus 2010 Johan Snyman

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

OPSIES WANNEER UIT DIENS TREE BY JOU WERK UMBRELLA FUNDS

2016 Nuweling eerstejaar en voorgraadse inskrywings: Finale registrasieperiode

GRAAD 9 NOVEMBER 2012 EKONOMIESE- EN BESTUURSWETENSKAPPE MEMORANDUM

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2012 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

Senwes Opsie- & Makelaarsdienste 2017/05/15

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

SA GEMEENTE SENTRALE KERKRAAD (SK) NOTULE VAN DIE VERGADERING TE CITY TEMPLE. Sondag 10 Julie 2011 OM 13:00

Kwantifisering van risiko in die Oos-Vrystaat droëlandproduksiegebied:

ISEBE LEMFUNDO LEMPUMA KOLONI EASTERN CAPE EDUCATION DEPARTMENT OOS-KAAP ONDERWYSDEPARTEMENT

Transcriptie:

Maandagoggend Vooruitsig 3 Oktober 2016 In hierdie Maandagoggend Vooruitsig bied Prestige Bulletin u die volgende: 1. Verlede week op die kommoditeits- en valutamarkte en ons voorspellings. 2. Verlede week op die aandeelmarkte. 3. Pen spekulatiewe winste vas en bly streng by daalstoppe. 1. Verlede week op die kommoditeits- en valutamarkte en ons voorspellings Die rand het verlede week, soos Maandagoggend Vooruitsig voorspel het, in die rooi kanaal op die grafiek hieronder beweeg. Die rand was verlede Dinsdag op sy sterkste die afgelope week, toe dit teen R13.44 vir een dollar verhandel het. Verlede Donderdag het die rand egter weer vinnig begin verswak. Verlede Vrydag het dit R13.90 vir 'n dollar gekos. TimBukOne Standard & Poor het op Donderdag verwys na die woelinge wat rondom die Minister van Finansies dwarrel, as negatief vir S.A. Standard & Poor is ook bekommerd oor die stadige hervorming van Suid-Afrika se staatsbeheerde korporasies, wat tot 'n afwaartse kredietgradering kan lei. Wat die regering behoort te doen, is om Eskom, die SAA en ander staatskorporasies te privatiseer. Dit is egter duidelik dat dit nie gou sal gebeur nie. Rommelstatus vir S.A. vir beleggingsdoeleindes, word weer 'n moontlikheid. S&P se bekommernis oor S.A., is presies ook die bekommernis wat Maandagoggend Vooruitsig 'n week gelede vir u genoem het, toe ons gesê het dat die binne-gevegte in die regering die rand swakker maak as wat dit werklik is. As gevolg van regeringsprobleme kan die rand nie sy werklike waarde van R12.80 teen die dollar bereik nie. Daarom verwag ons dat die rand in die komende paar weke, steeds in die band tussen R13 en R15 sal beweeg, maar dat dit waarskynlik naby R14 sal wees. 1 Kopiereg 2016 SA Konsultgroep (Edms) Bpk Alle regte voorbehou

Soos Maandagoggend Vooruitsig die afgelope tyd voorspel het, is die platinumprys in dollar tans besig om sywaarts te beweeg. Die platinumprys is op die grafiek hierlangsaan, steeds besig om bo die rooi steunlyn te beweeg, presies soos ons dit die afgelope paar weke aandui. Verlede week het die platinumprys in dollar op $1 045 gesluit. Volgens Maandagoggend Vooruitsig se ontledings kan die platinumprys in die komende paar weke sywaarts beweeg. As platinum TimBukOne sterk deur die rooi steunlyn na onder breek, is die volgende teiken $1 000. Die CRB Indeks, wat 'n groot aantal mynboustowwe bevat, het verlede week anders as wat ons verwag het, ietwat gedaal. Die daling was 0.3%. Die huidige prys van die CRB Indeks is $402.44. Die CRB kan moontlik oor die volgende paar maande styg tot $450. Daarna toon ons ontledings 'n moontlike daling tot minder as $390. Die goudprys in dollarterme het verlede week, anders as wat ons voorspel het, ietwat gedaal. Die daling was 1.2%. Die goudprys in dollar toon tekens dat dit oor die volgende paar weke 'n nuwe aanslag op $1 420 kan maak, waarna dit tot $1 290 kan daal. Vanoggend was die goudprys $1 323. Die goudprys in randterme het verlede week met 0.5% gestyg, anders as wat ons in die korttermyn voorspel het. Vanoggend was die goudprys in rand R18 383. Oor die volgende paar maande kan hierdie goudprys moontlik styg tot R21 250. Ons teiken vir Brent ru-olie is $60 oor die volgende paar maande. Voordat so 'n styging plaasvind sal Brent eers vir 'n week of twee bo $50 moet bly. Voordat die styging tot $60 plaasvind, is ons korttermyn voorspelling dat Brent ru-olie oor die volgende week sywaarts kan dryf. Vanoggend het Brent ru-olie geopen op $49.99. Verlede week was die styging in die Brent ru-olieprys 7.5% gewees. 2 Kopiereg 2016 SA Konsultgroep (Edms) Bpk Alle regte voorbehou

Die dollar het verlede week ietwat versterk teen die euro en ietwat verswak teen die pond en jen. Wat die dollar verder betref, sal enige swakheid wat tans voorkom, volgens Maandagoggend Vooruitsig se ontledings, tydelik van aard wees. Oor die volgende paar jaar kan die dollar heelwat sterker word teen alle geldeenhede, insluitend die rand, euro, pond en jen. 2. Verlede week op aandeelmarkte en ons voorspellings U kan hieronder sien hoe die aandeelmarkte verlede week presteer het. Beurs Sluitingsprys Vrydag 30/09/2016 Beweging verlede week Huidige P/V JSE Algehele Indeks 51 950-0.1% 22.1 VSA Dow Jones Nywerheidsindeks 18 308 +0.3% 20.3 VSA Dow Jones Vervoerindeks 8 079 +1.8% 12.9 VSA S&P 500 2 168 +0.2% 24.5 VSA Nasdaq Composite 5 312 +0.1% 25.3 VK FTSE 100 6 899-0.2% 20.5* Frankryk CAC 40 4 448-0.9% 21.7 Duitsland DAX 10 511-1.1% 20.4 Indië Sensex 27 866-2.8% 20.7 Japan Nikkei 225 16 450-1.8% 20.5 Australië ASX All Ordinaries 5 525 +0.1% 23.9 Suid-Korea Kospi 2 044-0.5% 18.2 China Shanghai Composite 3 005-1.0% 14.8 * Maandagoggend Vooruitsig het die FTSE 100 se huidige p/v bereken as 20.5 Maandagoggend Vooruitsig se voorspelling dat aandeelmarkte wêreldwyd verlede week kon daal, was dus in 'n groot mate reg. Net die Dow Jones Nywerheidsindeks, Dow Jones Vervoerindeks, S&P 500, Nasdaq Composite en die Australië ASX het verlede week gestyg. Die JSE Algehele Indeks het verlede week met 0.1% gedaal en is tans op 51 950. Ons huidige ontledings toon dat meeste aandeelmarkte in die volgende paar weke, na 'n moontlike aanvanklike styging, verder kan daal. Die aandeelmarkte in die VSA is tans volgens Maandagoggend Vooruitsig se berekenings, oorprys met ongeveer 15%. Derhalwe kan die Amerikaanse aandeelmarkte in die volgende paar weke daal en meeste aandeelmarkte wêreldwyd saam afsleep. 3 Kopiereg 2016 SA Konsultgroep (Edms) Bpk Alle regte voorbehou

Die JSE bly tans een van die mees oorwaardeerde aandeelmarkte in die wêreld. Daarom sal die JSE op 'n stadium, in die loop van die volgende paar maande, met meer as 60% daal. Aangesien die JSE op 'n stadium skerp sal daal, waarskynlik eers in 2017 alhoewel ons nie kan uitsluit dat dit moontlik vroeër kan begin nie, bly dit noodsaaklik om seker te maak dat net u hoë risiko kapitaal tans aan die markte blootgestel word. Deur genoeg kontant nou al op te bou, sal groot winskope hulself na die volgende ineenstorting op die JSE, voordoen. U kan op Maandagoggend Vooruitsig en Prestige Bulletin staat maak om sulke winskope onder u aandag te bring, wanneer hulle hul opwagting maak. 3. Pen spekulatiewe winste vas en bly streng by daalstoppe Volgens ons ontledings is 'n wêreldwye ekonomiese afswaai, insluitend Suid- Afrika, moontlik oor die afgelope paar maande. Die meeste internasionale banke kondig tans 'n toename in hul kredietverliese aan. Talle mense met 'n laer inkomste ly tans die ergste onder die stadig groeiende wêreldekonomie. In die meeste ontwikkelde lande het baie mense se reële inkomste, aangepas vir koopkrag as gevolg van inflasie, nie gestyg sedert 2008 nie. As gevolg van die verhoogde risiko van 'n wêreldwye finansiële afswaai, het ons besluit om 'n meer konserwatiewe rol, in ons Maandagoggend Vooruitsig portefeulje te neem en winste vas te pen. Daarom glo ons dat dit nou 'n goeie tyd is om kontant bymekaar te maak. Gevolglik word die aandele wat oor die afgelope paar maande in Maandagoggend Vooruitsig aanbeveel was, verkoop. LET WEL dat ons NET die aandele verkoop in die Maandagoggend Vooruitsig portefeulje EN NIE ENIGE VAN DIE AANDELE OF EFFEKTETRUSTS in die Prestige Bulletin groei- of spekulatiewe-portefeuljes nie. Na ons mening kan hoë risiko beleggers gevolglik voortgaan om al die beleggings te hou, wat tans in Prestige Bulletin aanbeveel word. Wat kommoditeite betref, het Maandagoggend Vooruitsig goeie winste oor die afgelope 6 maande gemaak, met aanbevelings oor platinum en Brent ru-olie. 4 Kopiereg 2016 SA Konsultgroep (Edms) Bpk Alle regte voorbehou

Die tabel hieronder dui die wins of verlies, sowel as die gemiddelde wins aan wat beleggers en daghandelaars gemaak het, deur Maandagoggend Vooruitsig se aanbevelings te volg oor die afgelope 6 maande. PRESTASIE VAN SPESIALE MAANDAGOGGEND VOORUITSIG AANBEVELINGS Maatskappy/ Instrument Aanvanklike aanbevole prys Huidige prys Wins of Verlies (%) Capitec Bank R591.06 R642.38 +9% Investec R112.11 R84.37-25% Sasol R419.00 R376.00-10% Nedbank R189.00 R222.35 +18% Platinum (met 'n finansieringshefboom van 10:1) Verhandeling afgesluit in die Maandagoggend Vooruitsig van 26 September 2016. +141% Brent ru-olie (met 'n finansieringshefboom van 10:1) Verhandeling afgesluit in die Maandagoggend Vooruitsig van 22 Augustus 2016. +239% Gemiddelde wins +62% Soos u in die tabel hierbo kan sien, is die gemiddelde wins wat ons Maandagoggend Vooruitsig portefeulje gemaak het 62% oor die afgelope 6 maande. Indien die wins van 62% na 'n jaarlikse basis herlei word, is dit gelykstaande aan 'n wins van 124% (62% x 2). Dit is uitstekende groei op 'n jaarlikse basis. Indien u R12 000 (dit wil sê R2 000 per aanbeveling) volgens ons advies belê het, was u totale portefeulje nou ongeveer R19 440 werd, in net 6 maande se tyd. Alhoewel ons Investec verder gehou het as ons gewone 15% daalstop, het ons nog steeds 'n algehele wins op die portefeulje van 62% gemaak. Maandagoggend Vooruitsig beveel egter aan, dat u te alle tye streng by 'n maksimum daalstop van 15% hou. Dit sal verliese beperk, as die mark skielik teen u draai. 5 Kopiereg 2016 SA Konsultgroep (Edms) Bpk Alle regte voorbehou

Belangrike aankondigings vir die week wat voorlê Maandag, Dinsdag, Woensdag, Donderdag, Vrydag, 3 Okt 2016 4 Okt 2016 5 Okt 2016 6 Okt 2016 7 Okt 2016 Interim syfers: Geen belangrike aankondigings Finale syfers: Interim syfers: Finale syfers: Interim results: Terugvoer vir die week geëindig 30 September 2016 Klik hier (1) om ons terugvoer oor maatskappy-aankondigings vir verlede week, wat op 30 September 2016 geëindig het, te lees; en (2) om aandele in verlede week se terugvoer te sien wat tans waarde bied. Ons volgende Maandagoggend Vooruitsig sal u op 10 Oktober 2016 bereik. Vriendelike groete Erika van der Westhuizen Kliënteskakeling Prestige Bulletin (Edms) Bpk sainfo@saconsult.co.za Tel (012) 660-2282 Vrywaring Die inligting hierin vervat word in goeie trou deur Prestige Bulletin (Edms) Bpk, uitgewers van Maandagoggend Vooruitsig, gegee maar die korrektheid daarvan kan nie gewaarborg word nie. Prestige Bulletin (Edms) Bpk aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige skade deur enige iemand gely as gevolg van die inligting hierin vervat nie. Prestasies van die verlede is nooit 'n aanduiding van toekomstige groei nie. Alle beleggings op die markte hou altyd risiko in en daar is 'n gevaar van kapitaalverlies. Markte styg nie net nie, hulle daal ook. Raadpleeg 'n gemagtigde adviseur voor u enige belegging maak of enige saketransaksie aangaan. 6 Kopiereg 2016 SA Konsultgroep (Edms) Bpk Alle regte voorbehou