Akademiese Belangeraad Voorsitter

Vergelijkbare documenten
Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

Les 14: Entrepreneurskap

Universiteit Stellenbosch Grondwet van die Akademiese Belangeraad Soos aanvaar op 19 Maart 2009

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

DIE BURGEMEESTER, RAADSLID T VAN ESSEN, SE VOORLEGGING VAN DIE TWEEDE HERSIENING VAN DIE

HOOFSTUK 9 Regspleging

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

PROTOKOL RIGLYNE VIR AMPTELIKE GELEENTHEDE

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

A B C Toekenning. 15 Februarie 2003

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (GRONDSLAGFASE ONDERWYS)

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

Riglyndokument vir die Universiteit Stellenbosch (US) Ko-Kurrikulêre Ondersteuningsfonds (USKOF)

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

KONSTITUSIE VAN ARSO

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur

DIENSVOORWAARDES VIR NAVORSINGS- EN STEUNDIENSTEPERSONEEL

Posbeskrywing: Fakulteitsdekaan

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

AKADEMIESE ORIËNTERING EERSTEJAARS 2012 AKADEMIESE ORIËNTERING & KURRIKULUMKONTROLE

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

3 Maart 2004 BESTUURSTAKE VAN VRYWILLIGERS AS LEDE VAN AFRIKAANSE CHRISTELIKE VROUE VERENIGING BESTURE

Ontleding van die toepassing van die 75 beginsels van korporatiewe bestuurstoesig soos aanbeveel in die King III-verslag

Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch

Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE (GRONDSLAGFASE: GRAAD 1 TOT 3)

WERKSPROSEDURES VAN DIE INSTITUSIONELE FORUM VAN DIE UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

Menslike Hulpbronne Mentorskapprogram vir US personeel

Laerskool Stellenbosch

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (INTERMEDIêRE FASE ONDERWYS)

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

AANSTELLING, PLIGTE EN BEVOEGDHEDE VAN DEKANE EN WYSE VAN VERKIESING

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

Riglyne vir Steundiensaanstellings

SAOU 15de HOOFDESIMPOSIUM

Klank en kleur in die skepping

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

Prosedures vir die implementering van die Assesserings- en Modereringsbeleid van die NWU

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

GRAAD 7 SOSIALE WETENSKAPPE

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

KAAP AGULHAS MUNISIPALITEIT WERKNEMERBYSTANDBELEID

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Wat leer ons die week? Kwartaal 3 Week 6

Ontwikkeling van die luistersiklus. n Hulpmiddel

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

Hoe verskil n projek van dag-tot-dag werk?

VOORSTEL VIR LIDMAATSKAP VAN DIE S.A. AKADEMIE

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en

DIE OOSTELIKE PROVINSIE TWEEKAMPVERENIGING. TEGNIESE REëLS VIR ATLETE

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

Transcriptie:

Kwartaalverslag vir die volgende portefeulje: Akademiese Belangeraad Voorsitter November 2014

Index I. Portefeulje Akademiese Belangeraad Voorsitter... 2 A. Universiteitskomitees wat portefeulje vereis... 2 1. Senaat... 2 2. Instutisionele Forum... 3 3. Akademiese Beplanningskomitee (ABK)... 4 4. Komitee vir Leer en Onderrig (KLO)... 4 5. Komitee insake Beurse en Lenings (KBL)... 5 6. Gehalte Komitee... 6 7. Biblioteek Komitee... 6 8. Eerstejaarsakademiekomitee (EAK)... 6 9. Roosterkomitee... 7 10. Verwelkomingsprogramkomitee (VWP)... 7 11. Studentewelweesforum... 8 B. Projekte voltooi... 9 1. Vierde Kwartaal 2014... 9 C. Projekte in proses... 11 1. Ko-kurrikulrêre transkrip... 11 2. Klasverteenwoordiger hersiening... 11 II. Lys van Addenda... 12 1

I. Portefeulje Akademiese Belangeraad Voorsitter A. Universiteitskomitees wat portefeulje vereis 1. Senaat Vertenwoordiger: Thalia Caarstens (ondervoorsitter) Die senaat staan onder voorsitterskap van die Rektor. Die senaat van n openbare inrigting vir hoër onderwys is verantwoordbaar teenoor die raad vir akademiese en navorsingswerksaamhede van die openbare inrigting vir hoër onderwys en verrig die ander werksaamhede wat die raad aan hom delegeer of toewys. Die volledige funksies van die Senaat word vervat in die Statuut van die Universiteit van Stellenbosch. Bevoegdhede en pligte: Behoudens die bepalings van die Wet of enige ander wet en benewens alle ander bevoegdhede en pligte daarin of in hierdie Statuut voorgeskryf (a) bepaal die senaat, onderworpe aan die goedkeuring van die raad, die voorwaardes vir die verwerwing van grade, diplomas of sertifikate en besluit hy welke persone aan genoemde voorwaardes voldoen het; (b) deel die senaat aan die raad die name mee van die persone wat voldoen het aan die voorwaardes soos bepaal in subparagraaf (a); (c) hou die senaat toesig oor en oefen beheer uit oor alle eksamens wat deur die Universiteit afgeneem word, ooreenkomstig die bepalings wat vir dié doel deur die senaat voorgeskryf en deur die raad goedgekeur is; (d) lê die senaat aanbevelings aan die raad voor aangaande welke departemente daar in elkeen van die verskillende fakulteite van die Universiteit moet wees; (e) lê die senaat aanbevelings aan die raad voor aangaande welke persone, benewens die bekleërs van professorate, medeprofessorate en lektorate in paragraaf bedoel, lede van die verskillende fakulteitsrade van die Universiteit sal wees; (f) lê senaat aanbevelings aan die raad voor aangaande die aanstelling van die dekaan van elke fakulteit, sowel as die sekundus- of mede- en lê adjunkdekaan waar nodig, vir die tydperk en onderworpe aan die diensvoorwaardes wat die raad goed ag; en 2

(g) die senaat kan komitees van die senaat instel wat uit lede van die senaat of uit sowel lede van die senaat as ander persone bestaan, en kan enige van sy bevoegdhede of funksies opdra aan so n komitee of aan enige amptenare van die Universiteit; met dien verstande dat die senaat nie ontdoen word van n bevoegdheid of funksie aldus opgedra nie, en n besluit van so n komitee of amptenaar te eniger tyd deur die senaat gewysig of tersyde gestel kan word. Kwartaalliks vir 2 ½ uur. Verseker dat studente se inset gelewer word; Wees voorbereid; Wees ingelig; Rapporteer aan SR en ABR. Verteenwoordigers? Christine de Kock (ISR) 2. Instutisionele Forum Hekkie Breytenbach (TABR) Die forum staan onder voorsitterskap van n verkose lid uit die IF; Die funksies en bevoegdhede van die IF word bepaal deur artikel 31(1) van die Wet op Hoër Onderwys (Wet 101 van 1997): (a) die IF moet die Raad oor aangeleenthede rakende die Universiteit adviseer, met inbegrip van i) die implementering van die Wet en die nasionale beleid op hoër onderwys; ii) beleid oor ras- en geslagsregverdigheid; iii) die keuring van kandidate vir senior bestuursposisies; iv) gedragskodes, mediasie en prosedures vir dispuutoplossing; en v) die aanmoediging van n institusionele kultuur wat verdraagsaamheid en respek vir basiese menseregte bevorder en n geskikte omgewing vir onderrig, navorsing en studie skep; en (b) die IF moet die werksaamhede verrig wat die Raad bepaal. 3

Kwartaalliks vir 2 ure. Verseker dat studente se inset gelewer word; Wees voorbereid; Wees ingelig; Rapporteer aan SR en ABR. Verkiesing van IF-leierskap (Die Uitvoerende Komitee) Stemprosedure van die aanstelling van nuwe rektor Nuwe regulasies oor aanbouings op kampus Beleide oor taalaspekte van n kort kurses 3. Akademiese Beplanningskomitee (ABK) Verteenwoordiger? Mawande Mhlambi (TSK) Die ABK is onder die voorsitterskap van die VR(L&O). Dit is n vaste komitee van die senaat en hanteer die program en jaarboekwysigings. Hierdie komitee verseker ook dat die akademiese aanbod by die universiteit van n hoë gehalte is. Kwartaalliks vir 4 ure. Die ABR is onbewus of daar n vergadering plaasgevind het in die vierde kwartaal. Die ABR verwag die eerste vergadering in die eerste kwartaal van 2015. 4. Komitee vir Leer en Onderrig (KLO) Verteenwoordiger: (voorsitter) Hierdie komitee is onder die voorsitterskap van die VR(O). Dit is n vaste komitee van die senaat en hanteer sake rakende onderrig en leer. Die komitee moet verseker dat die onderrigbestuursplan toegepas word en oorweeg beleide van onderrig en leer kan affekteer. 4

Kwartaalliks vir 4 ure. Hersiening van Studenteterugvoerbeleid en stelsel Hersamestelling van die KLO Interne en eksterne moderering: hersiene reglement Toepassing van die Konflik van Belange Beleid in n L&O konteks Aksieplanne voortspruitend uit Onderrig- en Leerstrategie: Fakulteitskommentare Buigsame Assessering Taakspanverslag Onderrigontwikkelingsfonds Stuurkomitee Rapport Aanbevelings deur die Taakspan vir die Bevordering en Erkenning van Onderrig Vroeë Assessering PRONTAK 2014 Verslag Eksterne toegang tot SUNLearn Verteenwoordigers? Nonkululeko Radebe (NSK) 5. Komitee insake Beurse en Lenings (KBL) Die komitee is onder die voorsitterskap van die VR(L&O). Dit is n subkomitee van die ABK en rapporteer via die ABK aan die senaat. Dit hanteer kwessies wat handel oor beurse en lenings. Die hooffunksie is om nuwe beurse en lenings, die begroting vir beurse en lenings en die toekenning van beurse en lenings aan studente goed te keur. Kwartaalliks vir 3 ure. Die ABR is onbewus of daar n vergadering plaasgevind het in die vierde kwartaal. Die ABR verwag die eerste vergadering in die eerste kwartaal van 2015. 5

Verteenwoordigers? David Botha (ASA) 6. Gehalte Komitee Die komitee is onder die voorsitterskap van die VR(L&O) en is n subkomitee van die ABK. Dit verseker dat alle omgewings se gehalte op standaard is. Kwartaalliks vir 4 ure. Die ABR is onbewus of daar n vergadering plaasgevind het in die vierde kwartaal. Die ABR verwag die eerste vergadering in die eerste kwartaal van 2015. Verteenwoordiger: Christine de Kock (ISR) 7. Biblioteek Komitee Die komitee is onder voorsitterskap van die Viserektor (Navorsing). Dit is n oorsigkomitee van die senaat en het nie n werklike besluitnemingsbevoegdheid nie. Kwartaalliks vir 3 ure. Die ABR is onbewus of daar n vergadering plaasgevind het in die vierde kwartaal. Die ABR verwag die eerste vergadering in die eerste kwartaal van 2015. Verteenwoordiger: 8. Eerstejaarsakademiekomitee (EAK) 6

Thala Msutu (JV) Die komitee is onder voorsitterskap van die VR(L&O) en is n subkomitee van die KLO. Hierdie komitee hanteer kwessies wat die sukses van eerstejaars verseker. Oorweeg inisiatiewe vir implementering om beter onderstuening aan die eerstejaarstudente te bied. Lewer kommentaar op beleid wat eerstejaarsukses beïnvloed. Kwartaalliks vir 3 ure. Die ABR is onbewus of daar n vergadering plaasgevind het in die vierde kwartaal. Die ABR verwag die eerste vergadering in die eerste kwartaal van 2015. Verteenwoordiger: 9. Roosterkomitee Francois van der Merwe (TSK) Die komitee se voorsitter is die Hoof van Roosters en is verantwoordelik vir die vas stelling van die daarop volgende jaar se rooster en is n subkomitee van die KLO. Een keer in n semester vir 2 ure. Verteenwoordiger: 10. Verwelkomingsprogramkomitee (VWP) Kayleigh Hattingh (voorsitter) Die Direkteur van die sentrum vir Studentestrukture- en gemeenskappe is die voorsitter van die komitee en is daar om n effektiewe en koherente verwelkomingsprogram vir alle eerstejaars te beplan en te verseker. 7

Een keer elke semester vir 2 ure. Evalueer die program en maak voorstelle vir implementering. Finalisering van templaat Duidelike kommunikasie rakende veranderings in die program (veral aan PSO studente) Verwelkomingsboekies Verteenwoordiger: Stephan Haynes (JV) 11. Studentewelweesforum Die komitee staan onder voorsitterskap van die Direkteur van Studentegemeenskappe en het die doel om kwessies wat studente op kampus se welwees beïnvloed te ondersoek. Kwessies hier is veiligheid, fiesiese en emosionele welwees en gesondheid. Kwartaalliks vir 2 ure. Verseker dat studente se akademie in ag geneem word en om bewus te wees van kampus aktiwiteite en inisiatiewe wat moontlik studente se akademie kan beïnvloed. 8

B. Projekte voltooi 1. Vierde Kwartaal 2014 a) SR-verkiesing Die ABR voorsitter word gewoonlik eerste verkies van die nuwe SR. Die voorsittersverkiesing vind vroeg in die derde kwartaal plaas. Dit het hierdie jaar 5 Augustus 2014 plaasgevind. Die SR- Kovenors het die verkiesing gelei. Dit is noodsaaklik om al die inligting van die uitredende ABR Voorsitter te ontvang. Ek was n paar keer in die duister gelaat vanweë die feit dat ek nie geweet het wat die prosedure is nie. Die tydperk was n groot leerskool en ek voel nou by magte om my taak tot die beste van my vermoë te doen. b) Sekretaris Die sekretaris van die ABR is verantwoordelik om die voorsitter by te staan met administratiewe en ander reëlings. Die sekretaris is n werknemer van die ABR, geregtig op alle voordele en vergunnings soos n verkose lid behalwe hy/sy het nie stemreg nie. Die voorsitter is verantwoordlik om n werkkontrak (mondelings en skriftelik) op te stel. Vir meer inligting sien die ABR-grondwet. Ek het dus vir mnr Stephan Nel aangestel. Hy bly die sekretaris vir die volle termyn en sy dienste sal opgeskort word indien hy nie n ingeskrewe student van die universiteit is nie en indien hy onder akademiese druk val wat hom sal verplig om afstand te doen van die posisie. Hy is verantwoordelik vir die neem van notules en versorging daarvan asook die interne kommunikasie van die ABR. c) Verslaglewering Die ABR-grondwet vereis dat die voorsitter elke kwartaal verslag moet lewer aan die ABR aangaande die finansies en die gebruik van die fondse. Dit beteken nie hulle het n seggenskap oor hoe dit aangewend word nie, maar hulle verdien om op hoogte gehou te word. Die UK word gereeld genader oor die finansies. Die UK moet te alle tye die voorsitter vra oor die finansies indien hulle onseker is. d) Ledegeld Die ABR het in vorige jare n heffing van R2.50 (BTW ingesluit) per student vanaf elke SK ontvang. Hierdie is ingestel toe die ABR begin is. Die heffing bly R2.50 vir die termyn 2014/15. Die ABR het egter besluit dat die ABR die heffing nie elke jaar kan verhoog nie en slegs elke twee jaar die bedrag kan verander en met nie meer as 50c per keer nie. e) US-leierskapsopleidingkamp Die kamp het dit ten doel om die studenteleiers vir die termyn wat voorlê, voor te berei. Die ABR, SK s, VR en HK s woon die kamp by. Verskeie sessies word aangebied en fokus op die behoeftes van elk van die strukture soos deur hulself bepaal. Hierdie termyn was die sesde kamp wat die ABR bywoon. 9

Die kamp verg baie reëlings, en die voorsitter moet bereid wees die reëlings op hom/haarself te neem. Jy is gewoonlik verantwoordelik vir die reël van die sessies en die verblyf van die SK s. Vra vroegtydig die voorlopige program aan by die Sentrum vir Studentesake sodat jy die nodige reëlings kan tref vir al die SK s. f) ABR-kamp Die sukses van die kamp gaan die sukses van die termyn bepaal. Dit is n geleentheid waar julle mekaar kan leer ken. Benut die geleentheid ten volle. Hierdie kamp word gewoonlik tussen die eerste en tweede eksamen geleentheid in die vierde kwartaal gereël. Ek het dit egter reg gekry om die kamp te reel voor die eksamens begin het. Ons het slegs vir twee dae gaan kamp, van 11 tot 12 Oktober 2014. Dit is baie belangrik dat die hele ABR hierdie spanboukamp bywoon. Gaan dus uit jou pad om te reël dat lede wat eksamen skryf gehaal kan word en geleentheid kry om op die kamp te leer. Ek het Bundi Adventures gekontak, hulle het vir ons n lekker kampprogram saamgestel met verskeie spanbouaktiwiteite. Dit is die eerste keer dat die ABR van hulle gebruik maak. Die ABR was baie gelukkig met die fassiliteite asook die aktiwiteite. Tydens die wegbreek het die ABR die missie en visie van die ABR geïntegreer met die Universiteit se Visie 2030. Belangrike verandering wat aangebring is, is die inkorporering van die aanmoeding van denkleiers. g) ABRi-stelsel Die ABR-stelsel (ABR-inligtingstelsel) is n sisteem wat twee jaar gelede in plek gestel is. Elke koshuis ontvang n ABR-lid wat as hul ABRi-lid optree. Hierdie ABRi-lid is verantwoordelik vir die hantering van klagtes en of akademiese kwessies binne die koshuis. Die ABRi-stelsel bied meer persoonlike werksverhouding tussen die ABR-lid en die HK s van Akademie. Die ABR kan verder prakties inkoop op enige van die konsepte soos ResEd of koshuismentors wat tog nouliks aan die akademie gebonde is. h) Akademiese Bekers Die ABR oorhandig jaarliks bekers vir die koshuise wat akademies die beste presteer. Die uitslae was as volg: 1. BESTE MANLIKE PSO: AKADEMIESE PRESTASIE Pieke PSO 2. BESTE VROULIKE PSO: AKADEMIESE PRESTASIE Equite PSO 3. BESTE MANLIKE KOSHUIS: AKADEMIESE PRESTASIE Eendrag 4. BESTE VROULIKE KOSHUIS: AKADEMIESE PRESTASIE Irene 5. BESTE AKADEMIESE VORDERING Helderberg 10

6. BESTE ALGEHELE AKADEMIESE PRESTASIE Huis Francie van Zijl, Tygerbergkampus C. Projekte in proses 1. Ko-kurrikulrêre transkrip Hierdie is n voorstel wat al die afgelope drie jaar aankom. Dit is n reglement wat stel dat studente wat in leierskap is amptelike erkenning kry vanaf die universiteit deur n transkrip saam met studie rekords beskikbaar te stel. Daar is tans steeds probleme met die implementering van die transkrip. Dit sal hopelik vroeg in 2015 uitgesorteer word. 2. Klasverteenwoordiger hersiening Die ABR is tans besig om die verkiesing en die rol van die klasverteenwoordigers te ondersoek. Hierdie sisteem word al vir telke jare gebruik sonder om enige wysigings aan te bring. Die ABR glo dat hierdie n baie suksesvolle manier kan wees om inligting tussen die fakulteit, die SK en die studente oor te dra; mits dit reg gebruik en bestuur word. 11

II. Lys van Addenda Addendum A: Addendum B: Addendum C: Addendum D: Addendum E: Begroting ABR-kamp Ko-Kurrikulêre transkrip HEMIS dokument Beplanning 12