GETUIES IN DIE WERKPLEK

Vergelijkbare documenten
Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Die Kerk se Geboorte

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Jesaja sien die Toekoms

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Preek 2 Timoteus 3:16-17

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Van Vervolger tot Prediker

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

n Tempel Leier besoek Jesus

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Paulus en sy vriende vertel ander van God

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Petrus en die Krag van Gebed

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Welkom by Die Storie God se storie

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Pragtige Koningin Ester

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Dissipelskap. Daaglikse Bybel lees rooster. Maandag/ week 1

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Preek Romeine 1:16-17

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Jona en die Groot Vis

Les 1 vir 7 Oktober 2017

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

Van Vervolger tot Prediker

n Dubbele kruis-belydenis

Goeie Konings, Slegte Konings

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

Inhoudsopgawe. Voorwoord

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

MAAK JESUS WEER DIE HOOF VAN SY KERK!

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Preek 1 Petrus 2:9-12

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

Transcriptie:

GETUIES IN DIE WERKPLEK HAND 4:1-22 INLEIDING Dit is vandag ARBEIDSONDAG. Ons wil graag vandag dank en erkenning gee aan al die werkers wat die land gebring het waar hy is en wat nog steeds die wiele aan die rol hou. 1. ONS WORD DAARHEEN BEROEP Vir christene ( Paasmense ) is werk meer as net n manier om n bestaan te maak. Jou beroep is vir jou n roeping. Jy beskou en benader dit as van God dat Hy jou geroep het om dit te doen. Jy is daarheen be-roep. Daarom doen jy dit in die eerste plek vir Hom en nie vir mense nie. Vir jou is dit n geleentheid om jou roeping wat jy met alle ander mense in gemeen het, nl om tot eer van God te leef en so n getuie vir Hom te wees, uit te leef. Jy wil dus Sondag se erediens Maandag by die werk voortsit. Dit kan nooit n geval wees dat Sondag dien ek die Here, maar van Maandag tot Saterdag dien ek Mammon nie. Dieselfde beginsels wat Sondag geld, geld ook Maandag tot Saterdag. 2. DIS N UITDAGENDE OMGEWING Die omgewing waarin ons die Here dien, is meestal net baie meer uitdagend by die werk as by die kerk. Daar bevind ons ons nie net tussen mede christene nie, maar ook mense van ander gelowe en ongelowiges. Daar mag kollegas wees wat ons geloof bevraagteken of bespot of dit selfs teen ons hou. Dit is nie maklik om jou getuienis onder sulke omstandighede uit te leef nie. Maar ek is seker ons kan almal moed en inspirasie put uit die voorbeeld van Petrus en Johannes. Hulle het hulle ook in n uiters onvriendelike en intimiderende omgewing bevind. Voor hulle het die Joodse Raad, die Sanhedrin, in n halfmaan gesit om hulle te verhoor. Hulle was n klomp baie vername manne. Dit was die hoogste regsprekende en godsdienstige liggaam van die Jode. Daarteenoor was die twee apostels, soos die Raadslede tereg opgemerk het, eenvoudige, ongeleerde manne. Volgens hullle het die twee apostels tot die laagste groepering van die Joodse samelewing behoort, tot die sogenaamde volk van die land soos daar beledigend na hulle verwys is. Hulle was wat ons miskien sou noem sommer n paar plaasjapies! Hulle moes nou hulle getuienis voor so n uitgelese, maar erger nog, vyandige gehoor lewer. Wat was hulle oortreding? Waaroor het die hele ondersoek nou eintlik gegaan? 1

Wel, Petrus het die vorige dag n verlamde man genees, so lees ons in die vorige hoofstuk. Die lamme het van hulle geld gebedel en toe het Petrus mos vir hom die bekende woorde gesê: Geld het ek nie, maar wat ek het, gee ek vir jou: in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop! En toe loop hy! (:6) Daarna het Petrus n preek afgesteek waarin hy getuig het oor Jesus se opstanding en die mense opgeroep het tot bekering. Dit wat hy gesê het, is wat ons ook glo. Hulle boodskap het egter nie by almal byval gevind nie vers 2 Die priesters en die ander was onthuts omdat die apostels die mense geleer het en verkondig het dat die opstanding uit die dood deur Jesus se opstanding n werklikheid geword het. Hulle gaan selfs sover as om hulle gevange te laat neem. Die volgende oggend word hulle toe verhoor. Dit was dan die atmosfeer en omstandighede waarin hulle hul getuienis moes lewer. As jy dus gedink het dis moeilik daar waar jy werk, onthou maar hierdie twee! Die vraag wat hulle moes beantwoord, was: Deur watter krag en in wie se naam het julle dit gedoen? (7) Die Joodse Raad is as die verteenwoordigers van God beskou. Hulle was die mense met die gesag. Die dissipels het nie deur hulle gewerk nie. Hulle het nie met hulle gesag opgetree nie. Waar het hulle die gesag en die reg vandaan gekry om die lamme te genees? Dit was dieselfde vraag wat hulle meermale aan die Here Jesus gestel het. Party het sover gegaan om te beweer dat Hy sy krag by Beëlsebul kry (Matt 12). Die vraag het die apostels glad nie ontsenu nie, inteendeel: Hulle gryp die kans aan. Hierdie vraag gee aan hulle n ideale geleentheid om hul getuienis te lewer. En hulle doen dit met soveel vrymoedigheid en soveel oortuiging dat hulle uitgelese gehoor nie hul verbasing kon wegsteek nie. As ons ook maar in ons werksomgewings so kan getuig! 3. WAT IS NODIG Wat was hulle geheim? 3.1 Eerstens sien ons hier hoedat Jesus se belofte aangaande die Heilige Gees bewaarheid word. Hy het hulle mos belowe dat hulle nie voor die tyd bekommerd moes wees oor wat hulle moes sê nie, want die Heilige Gees sal aan hulle die woorde gee (Matt 10:17-20). Hy sal hulle ook die krag gee om getuies te wees (Hand 1:8). Hulle het net eenvoudig hul mond oopgemaak en begin praat en die Heilige Gees het die woorde op hul tong gelê. Hulle raad aan ons sal seker wees: As die geleentheid daar is - vertrou die Heilige Gees, maak net jou mond oop en begin praat! 2

3.2 Tweedens het hulle gepraat oor dinge wat vir hulle bekend was, waarvan hulle eerstehands oortuig was. Hulle het Jesus persoonlik geken. Hulle was Paasmense oortuig dat Hy lewe en IN hulle lewe en DEUR hulle lewe. Dit was dus HY wat die wonder laat gebeur het. Die opstanding waarvan hulle gepraat het en die leiers so onthuts het, was vir hulle nie net n teorie nie, maar n werklikheid. En dis belangrik: Dat ons getuienis deurleef sal wees. Dat ons sal kan vertel wat Jesus vir ONS beteken. Dat ons ook n persoonlike, lewende verhouding met die Here Jesus sal hê. As jy nie NOU vir die persoon langs jou sal kan sê wat dit vir jou beteken om in Jesus te glo nie, gaan dink daaroor totdat jy dit in n paar sinne sal kan doen. 3.3 Derdens was die apostels tog ook in staat om wat hulle glo, duidelik en bondig te kon verwoord. Die tyd wat hulle saam met Jesus deurgebring het, het sekerlik daarmee gehelp. Ja, ons moet die Heilige Gees vertrou dat Hy ons die regte woorde sal gee; ja, ons eie ervarings is n belangrike deel van ons getuienis, maar ons moet ook onsself toerus en voorberei om rekenskap te kan gee van die hoop wat in ons is (1 Petr 3:15). Die Here het ons nie verniet die Bybel gegee nie. Dit is ons wapen in aanval en verdediging dit het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en n rege lewenswyse te kweek (2 Tim 3:16) Ek sal aanbeveel dat ons almal elke dag minstens een hoofstuk uit die Bybel lees en dan een vers of gedagte daaruit die res van die dag met ons saamneem om aan te herkou, met iemand te deel of te gaan doen. Skryf dit neer, as jy wil. Elke Sondag se erediens is ook n geleentheid om beter toegerus te raak uit die Woord. Maar dan moet ek aandag gee, so dat ek dit na die tyd sal kan gaan uitdra en uitleef. Hoeveel van ons gaan lees iewers in die week weer Sondag se Skrifgedeelte en probeer weer van die gedagtes daaruit onthou? U kan dit gerus begin doen as dit nie u gebruik is nie. 4. GEBRUIK VRAE AS GELEENTHEDE Die geleentheid om ons geloof te verduidelik en om n persoonlike getuienis te lewer is natuurlik nie altyd daar by die werk nie. Daar word nie preekbeurte uitgedeel nie! Die apostels was gelukkig dat die vraag aan hulle gestel is. Ek is seker hulle het dit verwelkom, eerder as gevrees. Maar dit was nadat hulle optrede die aandag getrek het. Dis ook hoedat ons sendelinge in baie lande te werk moet gaan. Hulle mag nie die evangelie verkondig, preek en Bybelstudies hou nie. Hulle mag wel hulle geloof verduidelik wanneer hulle daarom gevra word. Hulle doen dus gewone werke, maar met die gebed en in die hoop dat mense by hulle navraag sal doen oor wat hulle as christene glo. 3

Watter vrae ontlok ek en jy by ons werkplekke? Sien mense by ons iets wat hulle laat wonder? Ek praat nou nie van vrae soos Hoe kry jy dit reg om so maer te bly? of Waar laat jy jou hare doen? nie! Sal dit nie wonderlik wees as as hulle begin wonder en vra: Hoe kry sy dit reg om nooit sleg van ander te praat nie, nooit saam te skinder nie? Hoe kry hy dit reg om soveel selfbeheersing te hê? Hoekom hoor jy hom nooit vloek of vuil grappe vertel nie? Hoe kry sy dit reg om te vergewe? Wat maak haar so bedagsaam en hulpvaardig? Waarom sal hy nooit oneerlik wees of ontrou aan sy vrou nie? Hoekom is hy nie so rassisties, negatief, bekommerd soos ons ander nie? Wanner ander jou hierdie soort vraag vra, gebruik dit as n geleentheid om die eer aan die Here Jesus te gee. Gebruik dit as n aanknopingspunt om jou getuienis te gee. 5. WEES EERLIK Ons sien uit die voorbeeld van die apostels dat so n getuienis nie altyd vriendelik en positief ontvang sal word nie. Dit was egter nie vir hulle die belangrikste nie, maar dat die evangelie onvervals gehoor moes word. Hulle moes eenvoudig aan God meer gehoorsaam wees as aan mense. Hierdie uitspraak was sekerlik vir die Joodse Raad n skok, want hulle het hulle dan juis as God se verteenwoordigers beskou! Daar is altyd in die werkplek die versoeking om kompromieë aan te gaan twv die vrede en goeie verhoudinge veral met die base. Dit is oneerlik. n Mens kan egter sê wat jy glo sonder om aanvallend te wees. Tree altyd in liefde op. Al stem ander nie met jou saam nie, behoort hulle jou standpunt nog altyd te respekteer. Dit is ook wat ons houding teenoor ander wat van ons verskil behoort te wees. Vir elke christen is dit wat hier in :12 staan ononderhandelbaar: Hy (Jesus) bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie. Ons is nie onvriendelik of liefdeloos of verwaand as ons dit getuig nie. Dit is wat die Bybel sê. Dit is wat ons op grond van die Bybel glo. Ons kan nie ander dit maak glo of verwyt as hulle dit nie wil glo nie, maar ons kan nogtans vir hulle bid dat hulle dit ook sal glo. En dis wat ons behoort te doen wat ons kollegas by die werk betref wat nie christene is nie. Dra hulle gereeld aan die Here op, sommer by name. Kom ons probeer ander se respek deur ons optrede afdwing. Soos n nie-christen glo gesê het: My probleem is nie dat julle sulke goeie christene is nie, maar dat julle sulke SWAK christene is. SAMEVATTING Geliefdes, ons bring n groot deel van ons lewe by ons werk deur. Dalk is daar mense wat nooit in n kerk kom of selfs die Bybel lees nie, wat 4

geen ander christene ken as vir jou nie. JY is hul venster op die kerk, die Bybel en christenwees. Watter verantwoordelikheid is dit nie, maar ook watter geleentheid! Amen 2009/05/03 5