n MAAND MET RUT 1-28 Augustus 2016 Week 1 Die skrywer van Rut is onbekend, al sê party bronne dat Samuel dit dalk geskryf het.

Vergelijkbare documenten
SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Welkom by Die Storie God se storie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

n Maand met Filippense

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Jesaja sien die Toekoms

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Paulus en sy vriende vertel ander van God

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Inhoudsopgawe. Voorwoord

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat.

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

TOETSE WAT SELFS TUISGESKOOLDE KINDERS MOET SLAAG INHOUDSOPGAWE

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

FAKTORE EN VEELVOUDE

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Petrus en die Krag van Gebed

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Van Vervolger tot Prediker

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

n Tempel Leier besoek Jesus

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Van Vervolger tot Prediker

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

FILIPPENSE 2:1-5 Verstaan die liefde van jou lewe Ds Charles James

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

100 vrae. antwoorde oor GEBED. Bennie MOSTERT GEBED. Verander jou wêreld! BID? GEBED geen verskil in die wêreld maak nie? vrae en antwoorde oor

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Les 1 vir 7 Oktober 2017

1 Waar ek vandaan kom

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

MEKAAR-TEKSTE IN DIE BYBEL

Goeie Konings, Slegte Konings

Debora. Wyding Sing die Temalied en doen die Stilword-ritueel soos by ontmoeting 1.

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Die brief aan die Filippense

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

Preek 2 Timoteus 3:16-17

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff

Karl Barth was verleë en die nederige mens wat hy was, het geantwoord: Ja, ek ken hom. Ek skeer elke oggend sy baard.

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2.

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

God eer Josef die slaaf

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Transcriptie:

n MAAND MET RUT 1-28 Augustus 2016 Week 1 Die skrywer van Rut is onbekend, al sê party bronne dat Samuel dit dalk geskryf het. Wanneer die boek ontstaan het, is ook onbekend. Dalk in die tyd van Dawid, maar waarskynlik so n bietjie later omdat hoofstuk 4:21-22 n kort geslagsregister bevat. Die verhaal speel homself so 120 jaar voor Dawid se geboorte af, 12 eeue voor die geboorte van Jesus Christus. Stiltetyd en gesin Maandag 1 Aug.: Lees Rut 1:1-2 Watter beelde roep die woord hongersnood in jou gedagtes op? Sou jy dieselfde besluit neem as daar in SA n hongersnood sou kom? Bid of die Here ons sal help om jou bewus te maak van plekke waar daar hongersnood is in Stellenbosch en omgewing. Dinsdag 2 Aug.: Lees Rut 1:3-5 Hoe dink jy pas swaar tye in God se plan vir jou lewe? Bid vir mense wat hulle man/vrou of kinders verloor het. Woensdag 3 Aug.: Lees Rut 1:6-7 Vergelyk vers 6 met vers 1. Die Here se naam word net by die uitkoms genoem. Wat sê dit dalk oor die oorsaak van die hongersnood? Bid of die Here uitkoms sal gee op plekke waar mense swaar kry. 1

Donderdag 4 Aug.: Lees Rut 1:8-13 Hoekom sê Naomi is haar lot swaarder as die van haar skoondogters? (vers 13) Dink jy Naomi is reg? Het jy ook al gevoel die Here het teen jou gedraai? Bid Psalm 22. Vrydag 5 Aug.: Lees Rut 1:14-17 Watter een van Rut se beloftes staan vir jou die meeste uit? Hoekom? Het jy al ooit hierdie vlak van toewyding aan iemand of iets ondervind? Hoe het dit jou besluite beïnvloed? Vra of die Here jou sal help om die regte besluite te neem. Saterdag 6 Aug.: Lees Rut 1:19-22 Hoe het die mense op Naomi en Rut se aankoms gereageer? Waarom het Naomi baie anders gereageer. Dink jy dit is reg? Bid vir mense (Naomi s) wat bitter voel en gaan doen vandag iets vir n bitter persoon. Sondag 7 Aug.: Preek Rut 1 Bespreek die preek by die huis: 1. Wat het jy geleer? 2. Waaroor wonder jy nog? 3. Wat kan jy in gebed bring? 4. Wat gaan jy hierdie week doen met die preek? Kleingroep / Bybelstudiegroep / Wyksbyeenkomste / Kategese Lees: Rut 1 Gee 5 minute dat elkeen rustig na die teks kan kyk. Vertel hoe jou ervaring van die stiltetyd/familietyd was en watter vrae jy nog het. 1. Lees Deut. 23:3-6. Hoekom moes Naomi-hulle nie Moab toe getrek het nie? 2. Kan jy aan n moeilike keuse dink wat jy moes maak? En wat beteken dit dat jy dinge moes prysgee waaraan jy groot waarde geheg het? 3. As jy daaraan dink om God se wil te volg, met watter dinge sal jy moet worstel om by die punt te kom waar jy bereid is om jou wil vir Syne te verruil? 2

4. Vers 16 en 17 word baie keer gebruik in beloftes by troues. Wat dink jy daarvan? 5. Aan die einde van die hoofstuk lees ons van n bitter vrou. Ken jy ook bitter mense? Hoe hanteer n mens hulle? Gebed: hoor of daar spesiale gebedswense is en laat almal twee-twee vir mekaar bid. Bid ook vir Stellenbosch-Wes. Week 2 Rut is een van slegs twee boeke in die Bybel wat na n vrou vernoem is. Die leviraat-huwelik vind n mens in Genesis 38:8 en Deut. 25:5. Stiltetyd en gesin Maandag 8 Aug.: Lees Rut 2:1-2 en Deut. 24:19,20 Wat is die verhouding tussen vers 1 (rykdom) en 2 (armoede)? In Suid Afrika is die verskil tussen rykes en armes baie groot. Is dit verkeerd? Bid vir Suid-Afrika se rykes en armes en praat met iemand oor hoe jy Deut. 24:19 en 20 in ons tyd en konteks kan toepas. Dinsdag 9 Aug.: Lees Rut 2:3-4 n Beter vertaling vir uitgekom is eintlik by toeval. Wat beteken die woord toeval as jy in God glo? Wat sê die manier waarop Boas die snyers groet oor hom? Bid of die Here jou sal lei. Woensdag 10 Aug.: Lees Rut 2:5-9 Wat dink jy van die adviese wat Boas vir Rut gee? Blykbaar het die mans vroue lastig geval (sien ook vers 22). In ons tyd gebeur dit ook. Hoe kan ons as christene iets beteken in ons omgewing waar daar baie geweld is teen vroue? Bid vir vroue wat ly onder geweld. Donderdag 11 Aug.: Lees Rut 2:10-16 Hoe het Rut se nederigheid in haar guns getel? En wat kan ons daarvan leer? Is Boas se reaksie reg? Bid of die Gees jou sal help om die vrug van nederigheid daadwerklik uit te leef. 3

Vrydag 12 Aug.: Lees Rut 2:17-21 Naomi lyk vir die eerste keer weer die Here te prys. Hoekom? Hoe bewys die Here in hierdie geval Sy trou aan dooies? Prys die Here vir Sy trou. Jy kan ook Psalm 89:2,3 vir die Here noem. Saterdag 13 Aug.: Lees Rut 2:22-23 Hoekom sal die skrywer noem dat Rut nog by haar skoonma gewoon het? Vra vandag vir iemand of hy of sy veilig voel by die werk. Sondag 14 Aug.: Preek Rut 2. Bespreek die preek by die huis: 1. Wat het jy geleer? 2. Waaroor wonder jy nog? 3. Wat kan jy in gebed bring? 4. Wat gaan jy hierdie week doen met die preek? Kleingroep / Bybelstudiegroep / Wyksbyeenkomste / Kategese Laat iemand hardop Rut 2 lees. Gee vyf minute stilte om dit self weer deur te lees. 1. Watter vrae het jy na jy hierdie hoofstuk gelees het? 2. Gesels oor die kontras van vers 1 en hoofstuk 1 waar Naomi als (ook haar geld) verloor het. Praat ook oor die groot verskil in rykdom en armoede in Suid-Afrika. Hoe hanteer n mens dit? 3. Boas en die werkers groet mekaar met n seën. Wat dink jy van daardie groet en bid ons nog gereeld iemand die Here se seën toe? 4. Wat kan ons uit hierdie hoofstuk leer oor die vlugtelinge krisis in Europa, maar ook in sekere mate in Suid Afrika? Sien vers 10-12. 5. Die geweld teen vroue maak in ons tyd meer slagoffer as motorongelukke, kanker en TB saam. Een uit elke drie vroue ervaar geweld en amper elke vrou het al seksisme beleef. Wat kan ons as christene doen? 6. Rut se nederigheid staan uit in hierdie hoofstuk. Maar ook Boas blyk n besonderse mens. Hoe belangrik is nederigheid? Lees ook Filippense 2:5-8. 4

Gebed: Bid vir mense wat in nood is, dink aan die plekke waar oorlog is, honger, geweld, ens. Week 3 Die naam Rut beteken vriendin. In Job 19:25 staan daar: Ek weet dat my Losser leef, uiteindelik sal Hy op die aarde triomfeer! Stiltetyd en gesin Maandag 15 Aug.: Lees Rut 3:1-3 Wat dink jy van Naomi se plan? Vir wie dra jy verantwoordelikheid in die lewe en hoe gee jy dit vorm? Bid vir die mense vir wie jy verantwoordelikheid dra. Dinsdag 16 Aug.: Lees Rut 3:4-5 Het jy al iets vreemds gedoen wat iemand van jou gevra het? Hoekom sou Rut Naomi dadelik gehoorsaam? Vra die Gees om jou te help om God te gehoorsaam. Woensdag 17 Aug.: Lees Rut 3:6-8 Hoe dink jy het Rut gevoel? Wat sou jou reaksie gewees het as jy Boas was? Dank die Here vir die kere wat jy dapper opgetree het. Donderdag 18 Aug.: Lees Rut 3:9-13 en Psalm 91 Wat dink jy van Boas se woorde in vers 10-13? Wat beteken dit dat ons onder die beskerming van God staan? Vra die Here of jy Sy beskerming vandag mag ervaar. Vrydag 19 Aug.: Lees Rut 3:14-16a Hoekom was dit sleg as dit bekend sou word dat daar n vrou op die dorsvloer was? Bid vir vroue wat nie herken mag word op sekere plekke nie. Saterdag 20 Aug.: Lees Rut 3:16b-18 Dit is vir ons n gewoonte om iets saam te vat as ons gaan kuier by iemand. By Boas is dit andersom. Wat kan ons daarvan leer? 5

Vra die Here om jou te help om uit te deel van wat jy het. Sondag 21 Aug.: Rut 3 Bespreek die preek by die huis: 1. Wat het jy geleer? 2. Waaroor wonder jy nog? 3. Wat kan jy in gebed bring? 4. Wat gaan jy hierdie week doen met die preek? Kleingroep / Bybelstudiegroep / Wyksbyeenkomste / Kategese Lees Rut 3 hardop. 1. Het iemand al vir jou n opdrag gegee wat vir jou moeilik was om uit te voer soos Naomi vra van Rut? Het jy dit wel/nie gedoen? Hoekom? 2. Bespreek hierdie stelling: As n mens in armoede lewe en geen werk het nie is n mens bereid om enigiets te doen vir kos. 3. Wat is daar in jou lewe waar jy leiding van die Here nodig het en hoe het die Here al vir jou gelei? 4. Hoe vergelyk die soeke van Rut na n losser met Jesus wat n (Ver)Losser is vir ons en vir ons naastes in Suid-Afrika? 5. Boas sê: So seker as die Here leef (vers 13). Is dit teenstrydig met wat Jesus sê: Moet glad nie n eed aflê nie, nie by die hemel nie.. (Mat. 5:34). 6. Wat kan ons as Stellenbosch-Wes leer van hierdie hoofstuk en hoe kan ons dit prakties uitleef? Hoe sluit dit aan by wat ons in die getuienisskrif stel: Ons wil graag die evangelie oral deel met die mense wat Hy oor ons lewenspaaie bring. Bid saam die Ons Vader. Week 4 Die woord hesed word drie keer in die boek Rut gebruik. Dit beteken o.a. goedheid, genade, liefde. In Rut 1:8 waar Naomi dit vir haar skoondogters sê; in Rut 2:20 waar Naomi van Boas hoor; en in Rut 3:10 waar Boas met Rut praat. Sonder die moontlikheid dat daar kinders gebore kan word is die grond van Naomi koop n goeie plan. As daar wel kinders kom, kom die grond wat die losser koop op die kind se naam. 6

Stiltetyd en gesin Maandag 22 Aug.: Lees Rut 4:1 Dit lyk of hier weer sprake van toeval is. Hoe beleef jy toevalligheid in jou lewe? Opdrag: probeer dit wat gebeur vandag deurlopend met die Here te bespreek. Dinsdag 23 Aug.: Lees Rut 4:2-4 Is jy al ooit gevra om iets te doen, omdat jy n sekere posisie in die familie of by die werk gehad het? Hoe reageer jy deurgaans daarop? Gebed: Vra God of Hy jou sal help om jou verantwoordelikhede op te neem. Woensdag 24 Aug.: Lees Rut 4:5-6 Is dit verkeerd dat die een losser nie meer kans sien nie? Waar in jou lewe het Jesus soos n Losser opgetree? Bid of die Here jou wil lei om vir mense soos n losser te wees. Donderdag 25 Aug.: Lees Rut 4:7-12 Hoekom sal die mense die voorbeeld van Lea en Ragel gebruik? Wat dink jy van die skoen uittrek? Bid vir mense wat sukkel om kinders te kry of geen kinders kan kry nie. Vrydag 26 Aug.: Lees Rut 4:13-17 Wat is vir jou opvallend in die teks? Hoe ver strek ʼn ouer se verantwoordelikheid om te sorg en planne te maak vir kinders, kleinkinders en skoonseuns en skoondogters (Rut 3: 1; 4: 16)? Dink vandag aan drie dinge waarvoor jy die Here kan dank. Bid vir jou skoonma as jy een het. Saterdag 27 Aug.: Lees Rut 4:18-22 Wat is die belang van die geslagsregister? Hoe word ons lewens geraak deur die lewens van ons voorsate? Gebed: Bid vir die geslagte wat nog gaan kom. Sondag 28 Aug.: Preek Rut 4 7

Bespreek die preek by die huis: 1. Wat het jy geleer? 2. Waaroor wonder jy nog? 3. Wat kan jy in gebed bring? 4. Wat gaan jy hierdie week doen met die preek? Kleingroep / Bybelstudiegroep / Wyksbyeenkomste / Kategese Laat een persoon bid om die leiding van die Heilige Gees om die Bybel te verstaan. Lees Rut 4 1. Lees Mat. 1: 5. Hoekom is dit besonders dat Rut se naam in die geslagsregister staan? Wat sê dit oor God? 2. Paulus skryf in Filippense 2:12: Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe, want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer. Wat kan ons uit Rut se verhaal leer oor menslike verantwoordelikheid en God se voorsiening? 3. Sou jy n losser soos Boas kon wees; m.a.w. sou jy jou eerste kind vir jou oorlede broer of neef gee? 4. In ons getuienisskrif staan daar: Ons glo dat ons ook in breër verband gehoorsaam moet wees aan God se opdragte oor evangelisasie, sending en versorging en wil graag hande vat met ander gemeentes en organisasies wat dieselfde doel nastreef. Watter rol speel getuienis in gebeurtenisse in ons lewe? Wat is die belang daarvan? 5. Hoe sal jy die kernboodskap van Rut aan iemand beskryf wat nie die boek ken nie? 6. Waar kan jy in Stellenbosch as losser optree en hoe kan ons dit as gemeente doen? Hoor watter gebedspunte daar is en bid en dank saam. Literatuur vir verder nadink en lees oor Rut: Leef in God se wil. n Bybelstudie oor Rut wat jou lewe kan verander. Christelike uitgewersmaatskappy Vereeniging. 2013 Saamgestel deur Ds. Almatine Leene vir NG Kerk Stellenbosch-Wes 2016 8