Gereformeerde Kerk Bloempark Is jy gelukkig?

Vergelijkbare documenten
KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Welkom by Die Storie God se storie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

n Tempel Leier besoek Jesus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Jesaja sien die Toekoms

Die brief aan die Filippense

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Die Groot Gebod dennis de wet

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

Van Vervolger tot Prediker

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Toe God alles gemaak het

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Toe God alles gemaak het

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Jona en die Groot Vis

Van Vervolger tot Prediker

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Pragtige Koningin Ester

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Jona en die Groot Vis

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Toestemming word verleen om die dokument of te druk en te reproduseer vir die doel om Psalms 119 aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Preek deur ds. Jaco van Sittert Sondag, 2 Julie Skriflesing: Matteus 5:5; Matteus 11:28-30

n Dubbele kruis-belydenis

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Goeie Konings, Slegte Konings

Deur Christus Alleen

Fontein van die lewe. Liturgie

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat.

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Les 2 vir 13 Oktober 2018

1 Waar ek vandaan kom

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Inhoudsopgawe. Voorwoord

Transcriptie:

Teks: Psalm 1 Gereformeerde Kerk Bloempark Is jy gelukkig? Inleiding Is jy regtig gelukkig? Party van ons sal sê, wel ek was al! Daar by die see, toe was ek gelukkig. Maar dit was lank terug dit vat net n week se werk, skool, swottings, dan is al daardie vreugde weg! Ander sal sê, wel die jaar was nie een van die beste jare nie, maar as alles loop soos wat ek dit beplan vir die jaar, sal ek sonder twyfel gelukkig wees. Die Here wil egter nie met ons praat oor hierdie tipe vreugde nie. Dit gaan nie in Psalm 1 oor n vreugde, n blydskap wat deur my omstandighede bepaal word nie. Daarom wil Hy ook met die van ons kom praat wat al as gevolg van omstandighede opgegee het om te glo dat n mens regtig gelukkig kan wees. Hy kom vra vir ons: Ken jy daardie vreugde, daardie diep blywende vreugde, daardie welgeluksalig wees wat daar is, selfs al is die omstandighede baie sleg? Want dit bestaan! Dis ons eerste punt. Dis nie n oppervlakkige, ek voel lekker want dit gaan goed vreugde nie, nee, dis iets wat hier binne my opkom en deel word van my wese. Dis ons tweede punt. Ek kan dit net kry as ek nie daarna soek nie. Dis ons derde punt en vierdens: Dit begin by n Keuse. Dis ons vier punte: Ware lewensblydskap, vreugde, bestaan. Dit moet binne in my opkom. Ek kan dit net kry as ek nie daarna soek nie. Dit begin by n keuse Dit bestaan regtig! Dis moontlik om met hierdie vreugde, hierdie diep blydskap deur die lewe te gaan. Dis gewoonlik nie moeilik om kinders hiervan te oortuig nie. Die meeste kinders dink lewensvreugde is gewoon natuurlik. Jy moet net die regte keuses maak. Mense wat ongelukkig is het gewoon drooggemaak, foute gemaak met hulle geld, beroepskeuses of wat ook al. Dis hulle eie skuld. Ek sal dit nie doen nie, nee, ek weet wat ek wil hê en ek weet wat my gelukkig gaan maak en ek gaan dit kry. Dis eenvoudig, as ek goed genoeg is, slim genoeg te werk gaan, sal ek gelukkig wees. En dan, soos ons ouer raak, raak ons egter meer en meer ontnugter, nie waar nie? Jy sit alles in, doen al die regte dinge om daardie ding te kry wat jy glo jou sal gelukkig maak, maar jy kry dit net nie. Die lewe is gewoon onregverdig! Of nog erger. Jy kry dit, jy bereik wat jy wou bereik. Maar dis leeg. Dit gee nie vir jou die vreugde wat jy geglo het dit sal nie. Of dit gee tydelik vir jou vreugde, maar dit hou gewoon nie. Ons beleef dit self en ons sien dit in ander mense, nie waar nie en dit laat ons vra, bestaan dit regtig? Ek bedoel, van die ongelukkigste mense wat ek ken is die mees suksesvolste mense. Hulle het alles bereik wat hulle wou, besit alles wat hulle wou, maar daardie diep, blywende vreugde, daardie welgeluksaligheid, bly weg. Waar staan jy? Glo jy nog dat dit net n geval is van die regte keuses maak, jouself in die regte omstandighede kry? Of is jy so ontnugter? By die punt waar jy amper wil sê, dit bestaan nie? Of dalk is jy 1

iewers tussen-in, jy kap maar net aan? Jy wil nog glo dat dit moontlik is, maar jy weet net nie meer waar om te soek nie? Die Here praat met ons almal as Hy sê: Hierdie vreugde waarna julle soek, bestaan, dis moontlik! Welgeluksalig is die man, dit gaan goed met die mens of geseën is die mens wat... Dit bestaan sê die Here, maar julle soek dit verkeerd. Die eerste fout wat julle maak is om dit te soek in dinge rondom julle, julle omstandighede, hoe dit met julle gaan! Jy sal dit nooit daar kry nie. Daar s hierdie ou gediggie wat so gaan: Two men looked out through the prison bars, the one saw mud, the other one stars... Wat is die verskil? Selfde omstandighede! Daar s iets binne in hulle wat verskil nie waar nie. Die Here sê, ware lewensvreugde, kan hier binne in jou opkom en soos n fontein opborrel en uit jou stroom, maak nie saak wat jou omstandighede is nie. Dit moet binne in my opkom Dis ons tweede punt en die beeld wat die Psalmdigter onder inspirasie van die Heilige Gees gebruik, maak dit baie duidelik. Lees weer saam met my vers 3: Hier die man, hierdie mens wat welgeluksalig is, is soos n boom... wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak. Miskien dink jy, wag so bietjie, hier is dit dan, hierdie man is gelukkig, want alles wat hy doen voer hy voorspoedig uit! Dis die voorspoed wat hom gelukkig maak! Nee, dis juis anders om! Hy voer alles voorspoedig uit omdat hy diep vreugde ontdek het. Hy is soos n boom wat geplant is langs water! En kyk mooi, dit gaan nie altyd met hierdie boom goed nie. Dit dra nie altyd vrugte nie. Nee, hy gee sy vrugte op sy tyd. D.w.s hierdie boom gaan deur die verskillende seisoene. Onder andere die winter, met sy koue, ryp. Ook die somer met sy droogte! Die boom is steeds blootgestel aan al die moeilike omstandighede, maar dit vernietig hom nie, want dit is nie sy lewensbron nie. Sy wortels is diep ingesink in n ander bron, n rivier, en hy suig die noodsaaklike lewenswater op uit daardie bron. So is hierdie man! Hy is welgeluksalig, hy het diep lewensvreugde, binne moeilike omstandighede; want sy wortels is in die standhoudende bron van vreugde ingegroei. Wat is hierdie bron van vreugde waarin Hy sy wortels insteek en waaruit Hy standhoudende blydskap opsuig? Dis die Wet of soos die Nuwe Vertaling dit vertaal, die Woord van die Here! D.w.s God se selfopenbaring wat vir ons kom wys wie Hy is, wat Hom teken in sy almag, sy heerlikheid, sy regverdigheid, maar ook in sy oneindige liefde en genade. Ons kom net-nou weer hierna toe terug, na die kern van God se self-openbaring toe. Vir nou is dit belangrik om net die verskil te sien. Die vreugde wat hier belowe word is n vreugde wat in jou opborrel omdat jy dit opsuig uit die ware bron van vreugde. Dis nie gekoppel aan my omstandighede nie. Inteendeel, wat gebeur met hierdie n boom, eintlik enige boom in slegte omstandighede, in tye van droogte? Hy steek sy wortels dieper in, in hierdie geval, dieper in die rivier in en hy dra dalk nie vrugte nie, maar sy blare verwelk nie, dit verdroog nie, want hy kry wat hy nodig het. Beteken dit hy kry glad nie swaar nie? Nee, hy kry swaar, hy voel die droogte, voel die koue maar dit vernietig hom nie! Om Paulus se woorde te gebruik: In alles word ons verdruk, maar ons is nie teneergedruk nie; ons is oor raad verleë, 2

maar nie radeloos nie; 9ons word vervolg, maar nie deur God verlaat nie, op die grond neergegooi, maar nie vernietig nie (2 Kor. 4). Waarom kon Paulus dit sê? Want Hy was soos n boom wat deur die seisoene moes gaan, deur die droogte, deur die koue, maar wat by die waterstroom geplant is. Daarom hang sy vreugde nie af van sy omstandighede nie. Dis nie n vreugde wat swaarkry moet onderdruk, en maak asof dit nie bestaan nie. Dis n vreugde wat dieper loop as die swaarkry en wat my tussen deur my trane kan laat juig, in my huil oor die seer, kan laat lag, in my verlies laat hoop, terwyl ek treur kan laat sing. Dis die vreugde wat die Here hier belowe. Soek jy hierdie vreugde? Hier s die paradoks en ons derde punt: Ek kan dit net kry as ek nie daarna soek nie Die Psalm sê nie: Geseënd, welgeluksalig, gelukkig is die man wat soek daarna om geseënd, welgeluksalig, gelukkig te wees nie. Nee, wat sê vers 1 en 2 saam: WELGELUKSALIG is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag. Waarna soek hierdie man? Na God en sy wil. Hy wil God leer ken, Hom dien en liefhê en gehoorsaam! Daarom oordink hy sy Wet, sy Waarheid, sy openbaring van Homself dag en nag. Daar s iets wat Hy meer soek as lewensvreugde! Hy soek God self. Hier s die ding: As jy lewensblydskap, vreugde jou doel maak, gaan jy dit nooit kry nie. Dit gaan jou bly ontwyk. As jy na God en sy wil soek, sal jy Hom kry en diep, blywende lewensvreugde, want Hy is die bron daarvan! Dis wat Jesus bedoel as Hy in Matteus 6 sê: Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. Hier s n baie ernstige self-ondersoekende vraag, vir elkeen van ons: Wat is jou diepste lewensmotief? Ons moet dit vra elke dag - byvoorbeeld: Is dit verkeerd om te jok? Ja! Hou jy daarvan dat iemand vir jou jok? Nee! Maar wat as n leuen jou kan help om jou werk te hou? Of daai bevordering te kry, of keer dat hy of sy jou los? Wat dan? Wat het gebeur? Dink jy skielik jok is reg? Nee, jy sal steeds sê dis verkeerd, maar daar is iets wat vir jou belangriker is as reg en verkeerd en dis jou vreugde. Jy wil lekker voel en dis die belangrikste. En dis vandag in ons tyd sterker as ooit! Ek weet wat is reg en verkeerd en ek hou meestal daarby, ek s n goeie mens, kerkmens, maar my diepste motief is ek. Om die waarheid te sê, dis waarom ek baie keer die regte ding doen, want dit laat my goed voel. Dis wat my dryf: Ek wil lekker voel. Die Here sê, as jyself en jou vreugde jou prioriteit is, gaan jy nooit hierdie vreugde kry nie. 3

Het jy geweet dat God graag wil hê dat jy gelukkig moet wees? Hy belowe vir ons n nuwe hemel en n nuwe aarde waar al ons diepste begeertes vervul sal wees en daar geen trane of dood of seer sal wees nie. Hy belowe dit, maar ek sal net daarin deel as ek Hom meer soek as dit wat Hy belowe. As ek dit wat Hy belowe meer soek as Homself, gaan ek dit wat Hy belowe nie kry nie. Want dan is my diepste motief nie Hy nie! Nee, dis ek en my vreugde en ek gebruik Hom net om te kry wat ek wil hê. Ek soek sy goed, ek soek nie vir Hom nie. Ek moet na Hom toe kom omdat Hy God is, omdat Hy my gemaak het; omdat Hy my besit. Die regte manier om na God toe te kom is sonder enige voorwaardes! Ek skuld U alles. En hier s die wonderlike belofte van Ps. 1: Hoe minder jy bekommerd is oor jou eie vreugde en lewensgeluk en hoe meer jy fokus op Hom, om Hom beter te leer ken en te dien, hoe gelukkiger sal jy wees. Jy sal meer vrede hê, swaarkry tye beter kan hanteer, jy sal daardie diep vreugde beleef, n totaal ander uitkyk op die lewe hê. Die ou langs jou, sal uit die tronksel van sy kanker of sy afdanking of sy mislukte besigheid kyk en net modder sien. Jy sal uit dieselfde tronksel kyk en die sterre sien, want dit gaan nie meer oor jou nie! Dit gaan oor Hom! Dit begin by n Keuse Egte, diep, blywende lewensvreugde bestaan, dit kan hier binne in my opkom as ek nie daarna soek nie... en tog, begin dit by n Keuse! My keuse? Nee, sy keuse. Ons God weet dat ek van nature, altyd gaan kies vir my vreugde. Eva het daai vrug gekies omdat dit vir haar lekker gelyk het en die belofte ingehou het dat sy lekker gaan voel en ek en jy is vandag nog vasgevang in daardie manier van dink. En om ons daaruit te bevry maak God n keuse! Daar s twee groepe mense in hierdie psalm. Die regverdiges en die goddeloses. Die regverdige, die een wat opgewonde raak oor God en sy wil en dag en nag besig is om God beter te leer ken en te vra na sy wil om dit te doen, hy is soos n boom wat by waterstrome geplant is. Die goddelose? Dis daai ou wat eers net so n bietjie rondloop saam met die ouens wat net hulle eie geluk najaag, en later is hy so deel van hulle dat hy meer gereeld by hulle is, saam met hulle rondstaan en later is hy een van hulle, hy sit by hulle, dis sy mense. Ja hy hou n mooi front voor, kom selfs kerk toe en bid voor hy eet en lees af en toe Bybel, maar as hy eerlik is met homself, bly sy diepste motief hyself en sy eie vreugde. Hy t geen wortels nie, geen ander bron van vreugde nie. Hy moet altyd die volgende ding wat bietjie vreugde belowe najaag. Hy s soos kaf wat deur die wind heen en weer en weg gewaai word. Soos wie s jy meer? As ek eerlik moet wees is ek baie meer soos hierdie kaf, as soos n boom wat by n waterstroom geplant is! Dis egter hier waar God se keuse inkom. Weet jy wat kies ons God? Hy kies om soos kaf behandel te word in ons plek sodat Hy weer van ons bome kan maak. God ken die pad van die regverdige, sê vers 6! Waarom? Want Jesus het dit self kom stap. Wat sy lewe kenmerk is n soeke na sy Vader se wil. Hoeveel keer lees ons nie van Jesus wat eenkant toe gegaan het om te gaan bid nie. Daar is amper nie n gesprek in die Evangelies opgeteken, waar Jesus nie die Ou Testament aanhaal nie. Hy is soos die volmaakte boom wat God se wil opdrink selfs in die moeilikste tye. Hoe word hy egter behandel? Soos kaf! Hy dra die volle oordeel van God! Hy word soos kaf behandel in my plek, sodat die Here van my n boom kan maak. Vriende, as ek en jy besef wat dit beteken. As die Heilige Gees ons oë oopmaak om God so te sien, aan die kruis, in ons plek, kan ons harte nie dieselfde bly nie. Dis al wat daardie natuurlike geneigdheid om net aan myself te dink kan breek. Dis hierdie genade 4

wat my oë oopmaak om God te sien en te besef, hierdie God is die ware God en Hy is alles wat ek soek, alles wat ek nodig het. Om Hom te ken en lief te hê en te gehoorsaam is belangriker as enige iets! As jy Hom nog nooit so gesien het nie, is dit my gebed dat jy Hom vandag so sal sien. As n God wat alles van jou vra omdat Hy alles gegee het. Hy is die bron van ware diep vreugde. Vir ons wat dit al gesien het, maar so bietjie vergeet het kom sê die Here, kom, kom sink jou wortels weer hierin, in my in, in dit wat Jesus vir jou gedoen het in. Drink dit op, oordink dit, mediteer (dis letterlik wat hier staan) daaroor, laat dit jou hart oorneem en jy sal n diep, diep vreugde en vrede beleef maak nie saak wat jou omstandighede is nie. Miskien wil jy vra: Hoe doen ek dit prakties, hoe oordink ek die Here se Woord, sy genade in Jesus so as ek môre weer my week begin. Hier voel ek dit maar môre is dit weer weg! Slot Hier s n oefening vir die week. Vat hierdie Psalm. Bid voor jy dit lees. Dit kan so eenvoudig wees, soos: Here, praat met my. En dan lees jy dit met aandag, en dan luister jy: Wat raak jou hart aan? Wat maak jou bang? Wat is vir jou interessant? Wat verstaan jy nie? Skryf dit alles neer en dan praat jy met die Here daaroor. En dan doen jy dit die volgende dag weer en die dag daarna weer. Jy s natuurlik welkom om die preek af te laai, kommentare te lees, om met my of Jacques te gesels, maar werk met die Here se Woord, of eerder, laat die Woord toe om met jou te werk, sink jou wortels diep in en jy sal water kry vir jou dors, vreugde smaak wat jy dalk nog nie ontdek het nie. Amen 5