Lewenswetenskappe Junie 2009 Graad 11 Tyd: 2 ½ uur Totaal: 150 AFDELING A: Vraag 1: Verskillende antwoorde word vir die volgende vrae voorgehou. Kies die mees korrekte antwoord vir die vraag en skryf op jou folio. 1.1.1 Tuinvullis is n produk van A. gevaarlike afval C. e-afval B. bio-afbreekbare-afval D. Mynbou-afval 1.1.2 Watter vlug lose voël word in Nieu Seeland aangetref? A. Volstruis C. Moa B. Emu D. Nandoe 1.1.3 Hierdie filum word gekenmerk deur asimmetriese diere? A. Porifera C. Platyhelminthes B. Arthropoda D. Cnidaria 1.1.4 Die volgende siekte word oorgedra in vuil besmette water. A. Longontsteking C. Cholera B. Kanker D. Diabetes 1.1.5 Die klassifikasie van diere vind plaas op grond van hulle... A. Liggaamsgrootte C. Liggaamsplanne B. Lewenswyse D. Metode van beweging 1.1.6 Die volgende plant is nie n gymnosperm nie. A. Broodboom C. Sipresbome B. Dennebome D. Sonneblom 1.1.7 Die voorste ledemate bestaan uit vyf dele. A. Heksadaktiel C. Diploblasties B. Pentadaktiel D. Triploblassties 2X7 =(14) 1.2 Gee die korrekte wetenskaplike term vir die volgende: A. Twee kiem lae word in die embrio aangetref naamlik ektoderm en die endoderm. B. Die struktuur van die lintwurm wat in die spiere van die vark voorkom. C. Die getal verskillende plant- en dierspesies in n sekere gebied. D. Wanneer die struktuur van die voorste ledemate dieselfde basiese samestelling het maar verskillende funksies. E. Die studie van die geografiese verspreiding van individuele spesies op die aarde. F. Die effek wat veroorsaak word deur n toename in fosfate en nitrate in water.
G. Sintuig organe is gekonsentreer aan die voorpunt van die organisme se liggaam. H. n Spysverteringskanaal met twee openinge. I. Plante wat ingevoer word van ander lande en Suid-Afrika se ekosisteem oorneem. J. Liggaam strukture wat dieselfde funksie het maar verskillende oorspronge. 1.3 Kies uit kolom B die beskrywing wat die beste pas by kolom A. Skryf slegs die letter langs die toepaslike nommer neer. KOLOM A KOLOM B 1) Natuurlike seleksie A) Diere sonder n seloom 2) Kweekhuis effek B) Ontwikkel kenmerke vir beter kans op oorlewing 3) Endemies (inheems) C) Riete, grasse en grane 4) Seloom D) n Spesie wat natuurlik net in een gebied voorkom 5) Monokotiele plante E) Hierdie organismes het n ektoderm, endoderm en mesoderm 6) Triploblassties F) n Liggaamsholte geleë tussen die endoderm en mesoderm 7) Aselomaat G) Dit is die geleidelike, aanhoudende verwarming van die aardoppervlak (7) 1.4 Die grafiek dui die aantal perlemoen en kreef aan wat in Suid-Afrikaanse water gevang is oor die afgelope 50 jaar. Gebruik die grafiek om die vrae te beantwoord. 1.4.1 Tydens watter jare was die grootste hoeveelheid van volgende spesies gevang? a. Perlemoen (1) b. Kreef (1) 1.4.2 Beskryf die patroon van die gevalle van die vangs in beide spesies. (2) 1.4.3 Noem die filum waaraan elk van die twee spesies behoort. (2) 1.4.4 Noem twee redes waarom jy dink dat die getalle van die vangs in die onlangse jare onveranderd gebly het. (2) 1.5 Die volgende diagramme wys aanpassings van die voorste ledemate van verskillende diere vir hulle lewenstyl. Noem elkeen van die diere en beskryf hoe die ledemate aangepas is om die organisme se lewenstyl te vergemaklik. (8)
1.6 Noem en bespreek kortliks drie bedreigings vir biodiversiteit. (3) AFDELING B: Vraag 2: Lees die volgende artikel en beantwoord die vrae: Koolstof-handel Koolstof-handel word ook die handel in vrystellings genoem. Koolstof-handel is n manier vir maatskappye om toegewings te koop sodat hulle meer besoedeling kan veroorsaak. Hulle koop hierdie toegewings van maatskappye wat nie soveel besoedeling stowwe vrystel nie. Maatskappye wat nie soveel besoedeling stowwe vrystel nie maak dus geld uit maatskappye wat baie besoedeling stowwe vrystel. Koolstof-handel is n stelsel wat in 2005 ingestel is en is deel van die Kioto-Protokol. 2.1.1 Wat is die Kioto-Protokol? (2) 2.1.2 Verduidelik waarom die Kioto-Protokol ingestel is. (2) 2.1.3 Skryf n paragraaf om te verduidelik waarom jy dink dat koolstof-handel n billike praktyk is, of nie is nie. (3) 2.2 Onderskei tussen die volgende terme: 2.2.1 Gondwanaland en kontinente (2) 2.2.2 Bilateraal en radiaal simmetries (2) 2.2.3 Monokotiel en dikotiel (2) 2.3 Noem en bespreek die ekonomiese belangrikheid van bosbou vir mense in landelike gebiede. 2.4 Benoem die volgende diagram. (9)
2.5 Gebruik die volgende tabel om n lyn grafiek van die persentasie inheemse Organismes in Suid- Afrika te trek. GROEP Reptiele 4,6% Soogdiere 5,8% Mariene visse 16% Voëls 8% Insekte 5,5% Plante 68% % VAN ORGANISMES INHEEMSE IN SUID-AFRIKA 2.6 Noem 4 gevolge van ontbossing en bespreek elkeen kortliks. (8) 2.7 Teken die volgende tabel oor en voltooi dit wat handel oor besoedeling. Besoedeling Lug Grond Water Oorsake Noem 2 oorsake van lugbesoedeling Noem 2 oorsake van grondbesoedeling Impak op omgewing Noem 2 gevolge Noem 1 gevolg Noem 1 gevolg AFDELING C: Vraag 3: 3.1 Bestudeer die onderstaande leesstuk wat handel oor osoon en fotochemiese rookmis en beantwoord die vrae: Noem 2 oorsake van waterbesoedeling Osoon is n hoogs reaktiewe, onstabiele gas. Die osoonlaag wat in die stratosfeer (15 30 km bokant die aarde) voorkom is nie n besoedeling stof nie, aangesien dit natuurlik gevorm word. Hierdie osoonlaag speel n belangrik rol in die onderhouding van lewe op aarde. Dit absorbeer n groot deel van die skadelike UV-strale van die son, voordat dit die aarde bereik. Osoon kom ook naby die oppervlak van die aarde voor en staan bekend as oppervlak (grondvlak)-osoon. Dit is n sekondêre besoedeling stof wat gevorm word uit stowwe soos stik stofdioksied, koolstofdioksied en vlugtige organiese verbindings en is een van die hoof komponente van foto- chemiese rookmis. Oppervlak-osoon beskadig hoofsaaklik long weefsel en slymvlies- membrane. Mense wat aan hoë vlakke blootgestel is kry oog-, neus- en keel irritasies, het hoesbuie en ly aan chroniese moegheid. Dit vererger ook chroniese asemhaling- siektes soos asma, brongitis en emfiseem. Fotochemiese rookmis is n mengsel van rook (klein partikels) en chemiese stowwe wat in mis versprei is. Dit vertoon as 'n bruin mistigheid wat oor stede hang. Fotochemiese rookmis is hoogs reaktief en oksideer en word daarom beskou as n ernstige gevolg van moderne industrialisasie. 3.1.1 Waaruit bestaan die osoonlaag en waar kom dit voor? (2)
3.1.2 Waarom word hierdie osoon in 3.1.1 genoem, nie as n besoedeling stof beskou nie? (1) 3.1.3 Watter rol speel die osoonlaag in die atmosfeer? (2) 3.1.4 Waarom is dit n groot probleem dat die osoonlaag besig is om te verminder? (2) 3.1.5 Waarom word oppervlak-osoon as n sekondêre besoedeling stof beskou? (3) 3.1.6 Definieer Fotochemiese rookmis. (3) 3.1.7 Watter negatiewe effek het oppervlak-osoon op die mens? (3) 3.2 Beantwoord die volgende vrae oor die lintwurm. 3.2.1 Noem 2 gashere van die lintwurm. (2) 3.2.2 Noem 3 simptome van n lintwurm infeksie. (3) 3.2.3 Noem 4 voorkomende maatreëls teen n lintwurm infeksie. (4) 3.3 Invertebrata is alle diere wat nie inwendige skelette het nie. Bespreek die rol van invertebrate in landbou en in ekosisteme onder die volgende hoofde: Ontbinding (2) Bestuiwing (2) Grond bemesting (4) Bemarkbare produkte (4) 12 punte word toegeken vir feitelik inhoud en 3 punte vir die sintese van jou antwoord. (15) Memo nie beskikbaar! Totaal: 150