Doodseise Gids. Stap 1: Waar om te begin. Stap 2: Verkry dokumente en voltooi die vorms. Stap 3: Stuur die dokumente aan ons of kontak ons

Vergelijkbare documenten
Doodseisvorm Aanmeld van 'n doodseis

Doodseisvorm Aanmeld van 'n doodseis

Besonderhede van afhanklikes - Aftree/Pensioenfondse

Lees asseblief die volgende inligting noukeurig voordat u hierdie vorm invul

Gids vir Byvoordele eise

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne

testament- en boedelbeplanning

????: Eienaar van I Do tydskrif. BESIGHEIDSVERSEKERING Finansiële Onderskrywingsriglyne

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

Gids vir Lewende-voordeel eise

2015 AKADEMIESE JAAR

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

Eis vir Siektevoordeel

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD

Posbus 31, KLERKSDORP, 2570 AANSOEK VIR DIE OPNEEM VAN SENWESBEL AANDELE

Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat

Hierdie is die tweede uitgawe van ons nuusbrief oor Testamente en Boedel Beplanning.

Eise Proses Die volgende eis-omstandighede en tydsbeperkings is van toepassing wanneer jy n eis teen jou Opknapper polis moet indien:

FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL

WET OP FINANSIëLE INTELLIGENSIESENTRUM 2001: KLIëNTE INLIGTING

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer

Een Stap Dekking. Mediese onderskrywing. Kwalifiserende kriteria/finansiële onderskrywing. Belangrik:

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE ATKV-Postmatriekjaar

AANSOEK OM STUDIELENING

Hoe om Jou Kind se Van te Verander

OPSIES WANNEER UIT DIENS TREE BY JOU WERK UMBRELLA FUNDS

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Voorafbeplanning: Begrafnis

Statistieke met een oogopslag

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

Bewaringsfondsplan. Planbeskrywing

GEHS. Ons verwelkom jou graag tuis. Government Employees Housing Scheme IN VENNOOTSKAP MET

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

Installasie van LPF AgriBusiness/Express 2010 LPF Systems BK

AANSOEK OM TOELATING HOËRSKOOL TUINE

AANSOEK OM TOELATING TOT HEBRON CHRISTENSKOOL

a. Voorwoord... 5 b. Testament... 5 c. Die uitneem van begrafnispolisse... 6 d. Die bewaring van belangrike dokumente... 6 e.

DIE NORMALE VOLGORDE VAN GEBEURE TYDENS DIE OORDRAG VAN ONROERENDE EIENDOM

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

Opsies wanneer jy aftree PREDIKANTE PENSIOENFONDS VAN DIE NED. GEREF. KERK IN SUID-AFRIKA (PPF)

Welkom by die eerste uitgawe van ons nuusbrief oor Testamente en Boedel beplanning.

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

SAVF GAUTENG SAVF SUSAN STRIJDOMHUIS AANSOEK OM OPNAME

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

Pre-Graad R / Graad R

HI E NUUSBRIEF. Hoofbeampte se kennisgewing. Geagte lid

Hoe om die geboorte van n kind te registreer

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

INLIGTINGSTUK VRAE EN ANTWOORDE

FAKTORE EN VEELVOUDE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Belastingvrye Belegging. Planbeskrywing

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

PPS Siekte- en Permanente ongeskiktheidsvoordeel

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

TOEGEWINGSPROTOKOL EN -PROSEDURES (geskryf in 2018) 1. INLEIDING

Sanlam. Ernstige Siektevoordele. Oktober is Borskankerbewustheidsmaand. Statistieke van die voorkoms van borskanker in Suid-Afrika.

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID

VOORNEMENDE HUWELIKSMAATS NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID

DIE BEREGTER VIR PENSIOENFONDSE

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

NUUSBRIEF: DESEMBER 2010-FEBRUARIE 2011

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2011 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

Stuur die aansoekvorm aan:

FPSA FISA RAADSEKSAMEN

AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK. Aangeheg. Familie Kode: Toelatingskode:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

PLAASLIK. Uitkeerplan. 'n Uitkeerplan is 'n belastingdoeltreffende medium-tot langtermynbelegging wat na 'n spesifieke tydperk 'n enkelbedrag betaal.

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID

Les 14: Entrepreneurskap

NG GEMEENTE GOUDINI VOORGENOME HUWELIK INLIGTINGSTUK NAAM EN VAN:.. DATUM EN TYD VAN HUWELIK:

EUROPA Trust Company 2

Boedelberedderaars / Estate Administrators

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

SENWES BEPERK / LIMITED

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

Geldterugvoordeel. Beskikbaarheid

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2015 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

Bankstate LPF Systems BK

Wealth Onttrekkingsinstruksie

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

AANSOEK OM TOELATING: NUWE INSKRYWING

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Transcriptie:

Doodseise Gids Om u te help eis na 'n kliënt oorlede is Hierdie gids verduidelik vir u hoe om te eis by die afsterwe van 'n kliënt. Dit meld ook watter inligting u aan ons moet voorsien sodat ons die voordele waarvoor u moontlik in aanmerking kan kom, aan u kan gee. Hoe om te eis: Stap vir stap Om te eis hoef nie moeilik te wees nie. Hierdie gids is saamgestel om u stap vir stap te help. Ons sal u deur die proses help ongeag of u 'n naasbestaande, familie, of die persoon is wie verantwoordelik is vir die eis en verdeling van die kliënt se bates. Die volgende stappe word in die gids gedek: Wat die eiser doen Stappe om te volg Stap 1: Waar om te begin Stap 2: Verkry dokumente en voltooi die vorms Stap 3: Stuur die dokumente aan ons of kontak ons Stap 4: Sanlam oorweeg die eis Stap 5: Sanlam benodig meer inligting Stap 6: Sanlam finaliseer die eis Ander bronne van inligting en advies BINNELANDSE SAKE KANTOOR Die dood moet aangemeld word by u naaste Binnelandse sake kantoor. By aanmelding sal Binnelandse sake aan u die amptelike sterftesertifkaat voorsien. Om u naaste kantoor van Binnelandse sake, of web inligting oor die Departement van Binnelandse sake te vind: Web http://www.home-affairs.gov.za Tel 0800 60 11 90 E-pos csc@dha.gov.za MEESTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF Alle boedels moet by die Meester van die Hooggeregshof aangemeld word. Vir meer inligting oor die proses of om uit te vind waar die naaste kantoor is: Web www.justice.gov.za Tel (012) 315 1111 Gelisensieerde Verskaffer van Finansiële Dienste en Geregistreerde Kredietverskaffer (NCRCP43) 1

SANLAM TRUST : BOEDELBEREDDINGSDIENSTE Boedelbereddering kan 'n ingewikkelde en tydsame proses wees indien dit nie met behulp van 'n kundige op die gebied aangepak word nie. Sanlam Trust, 'n volwaardige trustmaatskappy, bied deskundige bereddering van solvente bestorwe boedels landswyd aan en is in staat om u behulpsaam te wees met die bereddering van 'n boedel waar die oorledene nie 'n testament nagelaat het nie of waar 'n familielid of oorlewende eggenoot as eksekuteur in die testament aangewys is. Kontak Sanlam Trust vir 'n kwotasie by: www.sanlam.co.za Bellville (021) 947-4401 Pretoria (012) 470-0020 Durban (031) 300 0844 Nasionaal (021) 947-6392 SanlamTrust@sanlam.co.za Stap 1 Waar om te begin Om die eisproses vir die doodsvoordele te begin: Vra u Sanlam-adviseur of makelaar om u te help. Besoek u naaste Sanlam-kantoor. Kontak ons by 021 9163456. Ons Doodseise kontaksentrum is weeksdae 8:00 vm tot 4:15 nm beskikbaar. Kontak die boedelberedderaar om u deur die proses te help. Besoek ons Eise webblad op www.sanlam.co.za. U kan die eis via die web in dien en monitor. U kan die nodige vorms wat voltooi moet word kry by die kontakpersone en op die Sanlam webblad. Gelisensieerde Verskaffer van Finansiële Dienste en Geregistreerde Kredietverskaffer (NCRCP43) 2

Stap 2 Verkry die dokumente en voltooi die vorms Sanlam benodig 'n gesertifiseerde afskrif van die amptelike sterftesertifikaat vir alle eise. Dit is die belangrikste dokument om die eisproses te begin. Indien die dood weens onnatuurlike oorsake was Daar is 'n Polisieverslag vorm beskikbaar by Sanlam wat u vir die Suid-Afrikaanse Polisiediensbeampte (SAPD) by wie die dood aangemeld is, moet gee om te voltooi. Verskillende produkte vereis verskillende dokumente Afhangende van die produkte wat die kliënt by Sanlam gehad het, mag addisionele dokumente benodig word. Kontak ons Doodseise kontaksentrum indien u onseker is oor watter produkte of voordele die kliënt gehad het. Begrafnisvoordeel (FSC2) asook Begrafnis en ander onmiddellike onkostevoordeel (DSF1/5) op Matrix Risiko polisse Addisioneel tot die sterftesertifikaat en die Polisie verklaring (indien oorsaak van dood onnatuurlik is), benodig ons ook die Kennis van sterfte (BI-1663) soos voltooi deur die dokter wie die dood gesertifiseer het. Sanlam behou ook die reg om 'n mediese sertifikaat van die huisdokter aan te vra. Begrafnisvervoervoordeel vir Begrafnis en ander onmiddellike onkoste (DSF1/5) en Begrafnisvoordeel (FSC2) By dood van 'n versekerde lewe, sal FMS Marketing Solutions (FMS) die vervoer van die oorledene na 'n Suid- Afrikaanse begrafnisonderneming naaste aan die begraafplaas reël, mits die sterfplek in die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe, Botswana, Swaziland, Lesotho of Mosambiek, suid van die 22-grade-breedtekring, is. Een familielid mag die oorledene vergesel en, indien nodig, sal oornagverblyf deur FMS gereël word. As daar aan hulle normale vereistes voldoen word, sal FMS die diens gratis lewer. Om van hierdie diens gebruik te maak, tree met FMS in verbinding by telefoon 086 000 4072. Kliënte met 'n uittredingsannuiteitspolis By die afsterwe van 'n lid van 'n uittredingsannuiteitfonds, is die verdeling van die doodsvoordeel onderworpe aan Artikel 37C van die Pensioenfondswet. Die Raad van Trustees van die fonds word deur wetgewing verplig om al die potensiële afhanklikes van die lid te bepaal. Sanlam benodig dus die volgende addisionele dokumente: Vorm vir besonderhede van afhanklikes (aftreefondse). Laaste testament van die kliënt. Indien daar geen testament is nie benodig ons 'n beëdigde verklaring wat dit bevestig. Oorledene se persoonlike inkomstebelastingnommer. Die prosessering van die eis sal vertraag word sonder hierdie inligting. Hoe om 'n dokument te sertifiseer Maak 'n afskrif van die dokument. Neem die afskrif en die oorspronklike dokument na u naaste kommissaris van ede (byvoorbeeld polisiekantoor) om te sertifiseer. Die kommissaris van ede sal die afskrif van die dokument stempel en onderteken. Wat om te doen as die oorledene nie 'n testament opgestel het nie? Die naasbestaandes moet 'n Next of kin Affidavit (vorm nommer J192) by die Magistraat of Meester van die Hooggeregshof kry. Die vorm moet voltooi word deur die persoon wie die boedel van die oorledene gaan hanteer. Die voltooide vorm moet dan aan die Meester van die Hooggeregshof voorsien word. Wat is 'n Eksekuteursbrief/Magtigingsbrief en waar kry ek dit? 'n Eksekuteursbrief/Magtigingsbrief word uitgereik deur die Meester van die Hooggeregshof om 'n persoon (familielid, prokureur of boedelbereddenaar) aan te stel om namens die boedel van die oorledene op te tree. Indien daar voordele aan die boedel betaalbaar is benodig Sanlam die Eksekuteursbrief/Magtigingsbrief en die bankbesonderhede van die boedel. Voltooi die vorms U moet die Doodseisvorm Aanmeld van 'n doodseis voltooi. Indien die oorledene 'n begrafnispolis gehad het, moet u ook die Begrafniseisvorm voltooi. Identifiseer die korrekte vorms Elke Sanlam-vorm het 'n nommer aan die bokant van elke bladsy regs. Die nommers van die vorms is as volg: Doodseisevorm Aanmeld van 'n doodseis (SLDC001A) Begrafniseis eisvorm (SLFC001A) Besonderhede van afhanklikes - Aftreefondse (SLDC004A) Polisieverslag vorm (SLDC002E) slegs beskikbaar in Engels Gelisensieerde Verskaffer van Finansiële Dienste en Geregistreerde Kredietverskaffer (NCRCP43) 3

Stap 3 Stuur die dokumente aan ons of kontak ons Nadat u die vorm(s) voltooi het en die dokumente soos bespreek in stap 2 gekry het, moet u dit aan ons terugstuur. U kan die kontrolelys aan die agterkant van die gids gebruik om te verseker dat u al die regte dokumentasie het. U kan die inligting soos volg aan ons terugstuur: Faks Ons faksnommer is (021) 947 3989. Ingee by u naaste Sanlam-kantoor. E-pos ons by deathclaims@sanlam.co.za. Skryf aan ons by Polis Doodseise, Posbus 1, Sanlamhof, 7532. Vra u Sanlam-adviseur of makelaar om u te help om die vorms te voltooi en aan ons terug te stuur. U kan die eis via die webblad indien en monitor. Besoek ons webwerf by www.sanlam.co.za. Stap 4 Sanlam oorweeg die eis Sanlam roem hul daarop dat hulle 'n regverdige eise oorwegings proses volg. Ons sal die eis oorweeg op grond van die inligting wat u aan ons verskaf het. Nadat ons die eis ontvang het sal ons u binne 10 tot 15 werksdae in kennis stel van die uitkoms van die eis. Ons kan nie u eis prosesseer indien ons nie al die dokumente benodig ontvang het nie. Ons strewe daarna om die Begrafnisvoordeel (FSC2) en ander onmiddellike onkostevoordeel (DSF1/5) te oorweeg binne 48 uur by ontvangs van al die uitstaande dokumente. Indien u ongelukkig is met die uitkoms van die eis, kan u skriftelike appelleer. Ons sal dan die eis heroorweeg met die inligting wat u aan ons voorsien het. Moontlike redes hoekom die eis afgewys kan word Die kliënt het tydens aansoek van die produk belangrike inligting van ons weerhou of foutiewe inligting voorsien. Die kliënt is nie geregtig op die voordele nie weens die oorsaak van dood. Die persoon verantwoordelik vir die premiebetalings het dit nie gereeld betaal nie. Daar was tydperke wat die polis nie dekking voorsien het nie. Selfmoord binne 24 maande vanaf dekkingsdatum. Redes hoekom geen gelde op 'n polis betaalbaar is nie Die kliënt was slegs die premiebetaler van die polis. Ons sal reël vir 'n nuwe debiet order of aftrekorder Die kliënt was slegs die eienaar of sessie-eienaar op die polis en die polis moet daarom voortgaan. Die polis vorm dan 'n bate in die boedel. Die eksekuteur van die boedel moet 'n sessievorm voltooi om 'n nuwe eienaar aan te wys. Die kliënt was een van die versekerde lewens op die polis en die polis betaal slegs by die dood van die laaste versekerde. Die kliënt het 'n inkomste ontvang op die polis en die inkomste is slegs betaalbaar tot by dood. Gelisensieerde Verskaffer van Finansiële Dienste en Geregistreerde Kredietverskaffer (NCRCP43) 4

Stap 5 Sanlam benodig meer inligting Sodra ons die eis ontvang sal ons bepaal of verdere inligting verlang word. Ons sal u in kennis stel: telefonies, per e-pos, per faks, of per brief. Ons sal u in kennis stel van ons besluit binne 10 tot 15 werksdae nadat die verdere inligting ontvang is. Stap 6 Sanlam finaliseer die eis Addisionele betalingsinligting vir polisse wat nie uittredingsannuïteite en ander aftreefonds voordele is nie. Ons sal die geld direk aan die aangewysde begunstigde betaal sodra die eis gefinaliseer is. Indien geen begunstigde aangewys is nie is die geld aan die boedel betaalbaar. Indien 'n polis sedeer is aan 'n individu of instansie as sydelingse sekuriteit (bekend as 'n sessie) moet ons die opbrengs aan die sessionaris betaal om die uitstaande skuld te delg. Hierdie sessionaris moet die balans, indien enige, aan die begunstigde of boedel betaal. Indien 'n polis as 'n uit-en-uit sessie sedeer is, behoort die polis aan die individu of instansie aan wie dit sedeer is. Die versekerde lewe mag nie iemand as begunstigde aanwys nie. Slegs die sessionaris mag met die polis handel. Betaling van 'n eis vir uittredingsannuïteite en ander aftreefondsvoordele Die Raad van Trustees is verantwoordelik daarvoor om te besluit wie die geld moet ontvang. Hulle neem al die afhanklikes in ag voordat hulle 'n besluit neem. Die kliënt wie oorlede is mag 'n genomineerde aangewys het. Die Raad van Trustees sal die genomineerdes (indien enige) in ag neem tydens die identifisering van die afhanklikes. Die Raad van Trustees sal verskeie faktore in hulle beslissings oorweeg, insluitend maar nie beperk tot: Die wense van die oorledene. Die ouderdom van die afhanklikes en benoemdes. Die mate waartoe 'n afhanklike van die oorledene afhanklik was. Die verhouding van die afhanklikes en benoemdes van die lid. Die finansiële posisie van die afhanklikes en benoemdes. Enige toekomstige verdienpotensiaal en vooruitsigte van die afhanklikes en benoemdes. Daarom, afhangende van die kliënt se persoonlike omstandighede (getroud, geskei, ens.) moet verdere inligting soos gemeld in die Vorm vir besonderhede van afhanklikes (aftreefondse) ook voorsien word. Aftreefondsvoordele vorm egter nie deel van die boedel nie en kan daarom nie aan iemand nagelaat word in 'n testament nie. Indien die kliënt geen afhanklikes het nie of niemand as genomineerdes by dood aangewys het nie, sal die opbrengs betaal word aan die boedel 12 maande na datum van dood, in terme van die Wet op Pensioenfondse. Alle fondsvoordele is belasbaar. Gelisensieerde Verskaffer van Finansiële Dienste en Geregistreerde Kredietverskaffer (NCRCP43) 5

Eise-kontrolelys Kontak ons by 021 916 3456. Ons Doodseise kontaksentrum is weeksdae 8:00 vm tot 4:15 nm beskikbaar. Sanlam polishouer inligting Kliënt se polisnommer(s) Kliënt se identiteitsnommer Kliënt se belastingnommer Watter verwysingsnommer het Sanlam vir u gegee? Stap 1: Waar om te begin Die naam van die Sanlam-adviseur of makelaar Telefoonnommer van die adviseur of makelaar Stap 2: Verkry dokumente en voltooi die vorms Sterftesertifikaat Kennis van sterfte (BI1663) (vir FSC2 en DSF1/5) Testament van oorledene Lys van potensiële afhanklikes Egskeidingsbevel- en ooreenkoms (indien van toepassing) Eksekuteursbrief Ander vorms Die vorms benodig is voltooi Die datum waarop die vorms voltooi Stap 3: Stuur die dokumente aan ons of kontak ons Die dokumente is aan Sanlam gestuur Die datum waarop die dokumente gestuur is Stap 4: Sanlam oorweeg die eis Algemene kommentaar Stap 5: Sanlam benodig meer inligting Die dokumente is aan Sanlam gestuur Die datum waarop die dokumente gestuur is Stap 6: Sanlam betaal die eis Die datum waarop die betaling gemaak is Gelisensieerde Verskaffer van Finansiële Dienste en Geregistreerde Kredietverskaffer (NCRCP43) 6