FASILITEERDERSGIDS NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE GRAAD 5 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Kopieregwet, mag geen gedeelte van hierdie boek gereproduseer of versend word in enige vorm of op enige manier, elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring en opname, sonder skriftelike toestemming van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk nie. KABV-aangepas Ë1605-A-NST-FG01 Î
INHOUDSOPGAWE. LESELEMENTE... 5 ROOSTER EN TYDSBESTUUR... 6 JAARPLAN... 7 ASSESSERINGSVEREISTES... 12 STUDIEWENKE EN -METODES... 12 EENHEID 1: Lewe en leefwyse... 13 Les 1: Plante en diere op Aarde... 13 1.1 Verskeie plante en diere... 14 AKTIWITEIT 1a: Identifiseer seediere en -plante... 14 AKTIWITEIT 1b: Bestudeer n waterhabitat... 15 AKTIWITEIT 1c: Tel plante en diere... 16 1.2 Interafhanklikheid in n ekosisteem... 16 AKTIWITEIT 1d: Die ratel en die heuningwyser... 17 AKTIWITEIT 1e: Die waterkringloop... 18 AKTIWITEIT 1f: Beskryf interafhanklikheid... 19 1.3 Dieresoorte... 20 AKTIWITEIT 1g: Die indeling van diere... 21 AKTIWITEIT 1h: 1, 2, 3, 4... daar vang ek n mier!... 23 AKTIWITEIT 1i: Identifiseer algemene kenmerke... 23 AKTIWITEIT 1j: Vergelyk endo- en eksoskelette... 24 STUDEER/HERSIENING... 25 Les 2: Geraamtes van diere... 27 2.1 Geraamtes van gewerweldes... 27 AKTIWITEIT 2a: Identifiseer die bene in jou liggaam... 27 AKTIWITEIT 2b: Die bene in die menslike geraamte... 30 2.2 Beweging in werweldiere... 32 AKTIWITEIT 2c: Beskryf hoe werweldiere beweeg... 33 STUDEER/HERSIENING... 34 Les 3: Geraamtes as strukture... 36 3.1 Strukture... 36 AKTIWITEIT 3: Die ontwerp en maak van n geraamte... 37 STUDEER/HERSIENING... 40 Les 4: Voedselkettings... 41 4.1 Voedsel en voeding in plante en diere... 41 AKTIWITEIT 4a: Identifiseer herbivore, omnivore, karnivore, aasdiere en ontbinders... 42 4.2 Voedselkettings... 43 AKTIWITEIT 4b: Hoe om n voedselketting te maak... 44 AKTIWITEIT 4c: Ordening van plante en diere in voedselkettings... 44 AKTIWITEIT 4d: Waar pas jy in die voedselketting?... 45 AKTIWITEIT 4e: Skryf n gedig oor n voedselketting... 45 STUDEER/HERSIENING... 46 Impak 1
Les 5: Lewensiklusse... 47 5.1 Groei en ontwikkeling... 47 5.2 Plante se lewensiklusse... 48 AKTIWITEIT 5a: Die lewensiklus van n tamatieplant... 49 5.3 Diere se lewensiklusse... 51 AKTIWITEIT 5b: Die lewensiklus van die padda... 51 AKTIWITEIT 5c: Hoe plant vrugtevlieë voort?... 51 AKTIWITEIT 5d: Die padda se lewensiklus... 52 STUDEER/HERSIENING... 53 EENHEID 2: Materie, stowwe en verwerking... 56 Les 6: Metale en nie-metale... 56 AKTIWITEIT 6a: Kies die regte materiaal om n huis mee te bou... 57 6.1 Eienskappe van metale... 58 Ondersoek 1: Die eienskappe van metale... 59 AKTIWITEIT 6b: Metale is nuttig om dinge mee te maak... 59 AKTIWITEIT 6c: Hoe kan vuil kopermunte weer blink gemaak word?... 60 6.2 Eienskappe van nie-metale... 62 ONDERSOEK 2: Die eienskappe van nie-metale... 62 STUDEER/HERSIENING... 63 Les 7: Gebruike van metale... 64 7.1 Spesiale eienskappe van metale... 64 AKTIWITEIT 7a: Vind uit wat magnetisme is... 64 AKTIWITEIT 7b: Gebruik magnetisme om n probleem op te los... 65 AKTIWITEIT 7c: Vind uit hoe hitte vloei (geleiding van hitte)... 66 ONDERSOEK 3: Leer oor roes... 68 AKTIWITEIT 7d: Hoe kan vuil kopermunte skoon gemaak word?... 69 7.2 Gebruike van metale... 70 AKTIWITEIT 7e: Hoe metale in jou huis gebruik word... 70 STUDEER/HERSIENING... 71 Les 8: Verwerking van materiaal... 73 8.1 Die kombinasie van materiale... 73 AKTIWITEIT 8a: n Navorsingsprojek oor vlekvrye staal... 74 AKTIWITEIT 8b: Maak jou eie gom... 74 AKTIWITEIT 8c: Maak jellie... 75 AKTIWITEIT 8d: Maak jou eie bakstene... 76 AKTIWITEIT 8e: Die versterking van beton... 78 AKTIWITEIT 8f: Plaatkoekie pret!... 79 AKTIWITEIT 8g: Hoe beïnvloed die hoeveelheid materiaal waarmee ons begin die nuwe materiaal wat ons kan maak?... 80 STUDEER/HERSIENING... 82 Les 9: Verwerkte materiale... 83 9.1 Eienskappe en gebruike... 84 AKTIWITEIT 9a: Grondstowwe of verwerkte materiaal?... 84 AKTIWITEIT 9b: Verwerkte materiale om ons... 86 9.2 Tradisionele verwerking... 86 Impak 2
AKTIWITEIT 9c: Tradisionele materiale en verwerking... 87 AKTIWITEIT 9d: Hoe om n modderhuis sterker te maak... 88 AKTIWITEIT 9e: Heitsi se matjieshuis... 90 AKTIWITEIT 9f: Identifiseer voorwerpe wat van plantvesels gemaak is... 91 STUDEER/HERSIENING... 93 EENHEID 3: Energie en verandering... 95 Les 10: Gestoorde energie in brandstowwe... 95 10.1 Wat is brandstowwe?... 95 AKTIWITEIT 10a: Energie uit voedsel... 96 ONDERSOEK 1: Hoeveel energie kan ons uit verskeie brandstowwe kry?... 96 10.2 Verbranding van brandstowwe... 98 ONDERSOEK 2: Wat gebeur wanneer n vlam van suurstof ontneem word? 98 10.3 Vuurveiligheid... 99 AKTIWITEIT 10 b: Die gevare van vuur... 99 AKTIWITEIT 10 c: Gesels oor vuur in ons gemeenskap... 101 AKTIWITEIT 10d: Opvoering: Wat moet jy doen as n brand uitbreek?... 101 AKTIWITEIT 10e: Maak n plakkaat oor vuur... 101 STUDEER/HERSIENING... 102 Les 11: Energie en elektrisiteit... 103 11.1 Selle en batterye... 103 AKTIWITEIT 11a: Hoe skyn n flitslig?... 103 AKTIWITEIT 11b: Maak n eenvoudige stroombaan... 104 11.2 Netstroomelektrisiteit... 105 11.3 Veiligheid en elektrisiteit... 106 AKTIWITEIT 11c: Veiligheidswenke vir elektrisiteit... 106 STUDEER/HERSIENING... 108 Les 12: Energie en beweging... 109 12.1 Rekke en vere... 109 AKTIWITEIT 12a: Maak jou eie kettie... 110 AKTIWITEIT 12b: Bou n rek-aangedrewe boot... 110 STUDEER/HERSIENING... 111 Les 13: Stelsels vir beweging... 112 13.1 Wiele en asse... 112 AKTIWITEIT 13a: Identifiseer voertuie met wiele... 113 AKTIWITEIT 13b: n Eenvoudige wiel-en-as-stelsel... 113 AKTIWITEIT 13c: Bou n sleepwa met wiele en asse... 114 STUDEER/HERSIENING... 116 EENHEID 4: Die aarde en die heelal... 117 Les 14: Planeet Aarde... 117 14.1 Die aarde beweeg... 117 AKTIWITEIT 14a: Waar is dit dag?... 118 AKTIWITEIT 14b: Gebruik jou kop as n model van die aarde... 119 STUDEER/HERSIENING... 120 Les 15: Oppervlakte van die aarde... 121 15.1 Rotse... 121 Impak 3
AKTIWITEIT 15a: Wat sal jy vind as jy n gat grawe so diep as wat jy kan? 121 AKTIWITEIT 15b: Hoeveel lae het die aarde?... 123 AKTIWITEIT 15c: Wat is onder ons voete?... 124 15.2 Die vorming van grond uit rotse... 125 AKTIWITEIT 15d: Kan rots en klip verweer?... 125 AKTIWITEIT 15e: Maak n model van suurwater wat rotse opbreek... 127 AKTIWITEIT 15f: Kyk na verskillende soorte grond... 127 AKTIWITEIT 15g: Maak jou eie grond... 128 15.3 Grondsoorte... 129 ONDERSOEK 1: Verskillende hoeveelhede sand, slik en klei... 129 AKTIWITEIT 15h: Grond behou water... 131 ONDERSOEK 2: Watter grondsoort hou meer water?... 131 ONDERSOEK 3: Watter grondsoort is die beste vir plante?... 133 STUDEER/HERSIENING... 135 Les 16: Afsettingsgesteentes... 136 16.1 Hoe vorm afsettingsgesteentes?... 137 AKTIWITEIT 16a: Neerlegging van sediment... 137 AKTIWITEIT 16b: Watter sediment is die oudste?... 137 AKTIWITEIT 16c: Herbou die berg... 139 STUDEER/HERSIENING... 140 Les 17: Fossiele... 141 17.1 Fossiele in rotse... 141 AKTIWITEIT 17a: Maak n model van n liggaamsfossiel... 141 17.2 Liggaams- en spoorfossiele... 143 17.3 Die belangrikheid van Suid-Afrika se fossiele... 143 AKTIWITEIT 17b: Wieg van die Mensdom... 145 AKTIWITEIT 17c: Belangrike fossielterreine in Suid-Afrika... 146 STUDEER/HERSIENING... 148 Impak 4
Eenheid 1 EENHEID 1: Lewe en leefwyse Les 1: Plante en diere op Aarde LEERDOELWITTE Wat is die koudste plek waar diere woon? Hoe diep is die see? Is daar plante en diere wat diep onder die see bly? Waar is die hoogste berg op Aarde? Is daar plante en diere bo-op die berg? Vind ons plante of diere in 'n woestyn? Wat is gewerweldes en ongewerweldes? Ons stel voor dat fasiliteerders die webwerf http://www.iteachbio.com/marine- Biology/marine.html besoek daar is baie video s en PowerPoint-aanbiedinge, grafieke en uitdeelstukke wat fasiliteerders en leerders kan gebruik. Oorweeg dit om plakkate te maak vir vier verskillende habitatte (water, woestyn, grasveld en woud). Soos wat julle dit ondersoek en bestudeer, kan julle sleutelwoorde en frases onder elke opskrif sit. Word n kenner: Skryf die vier verskillende habitatte op stukke papier en sit dit in n hoed sodat die leerders een uit die hoed kan trek. Hulle moet n kenner word oor die habitat wat hulle getrek het. Die leerders wat dieselfde habitat trek, kan saam in n groep werk of individueel (wat ook al beter vir die klas werk). Na die bespreking oor die verskillende soorte habitatte in die handleiding, moet die leerders n plakkaat maak van die plante en diere wat in dié spesifieke habitat woon. Hulle kan hulle plakkate in die klas opsit (daar waar die opskrifte is) en moet die woorde wat julle neergeskryf het in hulle plakkate gebruik. Indien jy wil/kan, kan hierdie opdrag met Afrikaans Huistaal gekombineer word en die leerders kan dit as n mondeling aanbied. Na die mondelinge is dit n goeie idee om n vasvra te hou, waar die fasiliteerder vrae oor elke habitat vra. Die fasiliteerder noem dat die leerder vrae vir 3 punte beantwoord. Impak 13
Eenheid 1 VRAE Waarom is dit belangrik om die biodiversiteit van ons planeet te bestudeer? Skryf van die hoofpunte van die klasbespreking of bespreking met jou fasiliteerder hieronder neer. Fasiliteerders word aangemoedig om hierdie geleentheid te gebruik om omgewingskwessies aan te roer en te beklemtoon hoe belangrik kennis oor die biodiversiteit van ons planeet is. As ons meer weet, kan ons die planeet beter beskerm. Bespreek hoe belangrik dit is om die diversiteit van plante en diere op Aarde te waardeer. As ons waarde aan diversiteit heg, sal ons besef dat elke plant of dier wat uitsterf n groot verlies vir die aarde is. Beklemtoon moontlik dat n uitgestorwe plant of dier dalk die sleutel kon wees tot die genesing van sekere siektes of ons kon leer hoe om probleme soos gronderosie hok te slaan. 1.1 Verskeie plante en diere n Waterhabitat Fasiliteerders kan die volgende aktiwiteit gebruik om te toets hoe goed n leerder se individuele geografiese kennis oor plekke in ons land is. Dit is moontlik dat die leerder nog nie vantevore aan kaarte blootgestel was nie, en dus dalk nie weet waar hy/sy woon nie. Gebruik die geleentheid as n onderrigaktiwiteit en gee leerders n vinnige oorsig oor die kaart van Suid-Afrika. Plaas klem op waar noord is (wat belangrik sal wees in ander vakke soos Sosiale Wetenskappe). AKTIWITEIT 1a: Identifiseer seediere en -plante VRAE 1. Kan jy dink hoe moeilik dit moet wees om op die rotse te woon en dag en nag deur te loop onder die aanslae van die branders? Watter diere in die prentjie bly op of naby rotse? Krappe, krewe, seegras, mossels 2. Beskryf ten minste drie maniere waarop hierdie diere hulself teen die branders beskerm. Party het harde skulpe soos mossels en gapermossels. Ander diere kruip onder die rotse weg as dit hooggety is en kom net uit met laaggety as die see kalmer is. Sommige organismes, soos slakke en seegras, het sterk suiers waarmee hulle aan die rotse vassuig om die gehamer van die see te weerstaan. Impak 14
Eenheid 1 3. Kyk mooi na die diere in die prentjies en vind die eienskappe wat hulle in gemeen het. Groepeer dan die diere op grond van hierdie ooreenkomste. Hierdie is hersiening van graad 4-werk waar die leerder diere moes klassifiseer en vergelyk op grond van sigbare verskille. Moedig leerders aan om kreatief te dink wanneer hulle die diere klassifiseer en om die sigbare leidrade te gebruik. 4. Baie ekotoeriste besoek ons land vir al die besienswaardighede. Sommige is opsoek na avontuur en dit vind hulle in haaihokduik. n Sterk hok word tot diep onder die water laat sak, en aas word in die water gegooi om haaie nader te lok. Die haaie swem dan nader om ondersoek in te stel. Dink jy haaihokduik is aanvaarbaar? Verduidelik waarom jy so dink. Gee leerders die vryheid (en toestemming) om van mekaar te verskil. Moedig leerders aan om verskillende opinies oor hierdie onderwerp te bespreek voor hulle die vraag antwoord. n Leerder mag dalk ten gunste van haaihokduik wees aangesien dit n geleentheid bied vir navorsing en mense leer om meer waardering vir haaie te hê. Of n leerder mag dalk met die minister van Omgewingsake en Toerisme saamstem en voel dat die toeriste die haaie uit hul natuurlike habitat verwilder. Haaihokduik word ook blameer daarvoor dat haaie die aas met mense vereenselwig en sodoende hulle vrees vir mense verloor, dit maak hulle dan makliker om te vang. AKTIWITEIT 1b: Bestudeer n waterhabitat Leerder se eie antwoord. Grasvelde VRAE Noem van die diere wat jy dink in grasvelde woon. Koedoe, njala, impala, sebra, buffel, leeu, luiperd, ander klein soogdiere, ens. Woude Identifiseer n spesifieke area waarheen jy jou leerders kan neem om diere en plante te bestudeer voor jy met die les begin. Die ideaal sal n natuurreservaat, n park of skooltuin wees, waar n mens verskillende habitatte kan ervaar en bestudeer. As jy saam met jou leerders daarheen gaan stap, is dit n goeie idee om eers self die roete te stap om seker te maak dat daar geen gevare of hindernisse is waarvan die leerders moet weet nie. Impak 15