Sing vooraf staande: Psalm 145:9 (p. 697)

Vergelijkbare documenten
Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Die Groot Gebod dennis de wet

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Jesaja sien die Toekoms

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Welkom by Die Storie God se storie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Van Vervolger tot Prediker

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Die Kerk se Geboorte

Geloofsbelydenis: Apostolicum Na die wet sing ons Psalm 67:1 (p. 326). Wet Psalm 67:1 (p. 326)

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

God eer Josef die slaaf

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Geroep vir Gemeenskap

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Van Vervolger tot Prediker

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

n Tempel Leier besoek Jesus

n Dubbele kruis-belydenis

Preek Romeine 1:16-17

Sing vooraf staande: Psalm 73:9 (p. 369)

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Goeie Konings, Slegte Konings

Petrus en die Krag van Gebed

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Sing vooraf: Skrifberyming 17-2:3, 4 (18:3, 4)

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

Grote God, ons bring U eer, ons aanbid U, Koning, Heer. U kom toe die lof alom - U wat was, wat is, wat kom. Voor U buig die skepping neer - U wat

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Jona en die Groot Vis

Dooppreek Mika Bogaards

Sing vooraf: Psalm 84:4 (p. 425)

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:7 (24:7)

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Pragtige Koningin Ester

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Toe God alles gemaak het

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

sodat jy n gestuurde van die Here kan

ons rykdom in Christus 2

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Sing vooraf staande: Psalm 20:1, 2, 5 (p. 90)

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Stephan Joubert skryf gisteroggend in sy Goeie Nuus rubriek in Beeld: Ek wil graag by Stephan aansluit en vir jou vra: hoekom soek jy vir Jesus?

Die Here sal jou soos n kroon in sy hand hou, n koning se kroon in die hand van jou God.

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Toe God alles gemaak het

Sing vooraf staande: Psalm 98:4 (p. 489)

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Sing vooraf staande: Psalm 119:33 (p. 593)

Januarie Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag. 24 Sopkombuis 08:00 Snr Kuier 09:30 Kerkraad 18:00

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Simson, God se sterk Man

Sing vooraf: Psalm 16:5 (p. 62)

Transcriptie:

Sing vooraf staande: Psalm 145:9 (p. 697) 9 Daar s oë wat in sterk verlange smag, / hul wag op U, ja, alle skeps le wag: U spysig hul, u wonderhand alleen / versadig hul en strooi n volle seen. Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het. Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees. Lofpsalm 63:3 (p. 308) 3 Ek wil U prys my lewe lank, / my hande ophef en U dank. Want, soos met vettigheid, sal weer / my siel versadig word, o HEER! My mond sal jubelend U noem, / my lippe hoog u weldaad roem wanneer die aarde in nag versink / dan sal ek peinsend aan U dink. Geloofsbelydenis: Apostolicum Na die wet sing ons Psalm 65:2 (p. 314) Wet Psalm 65:2 (p. 314) 2 Dis waar, n donker skuldverlede / leef in ons heugenis; maar al ons ongeregtighede / word deur U uitgewis. Welsalig wie in skuld verlore, / versoeningswoord hoor ruis; vir wie U uitkies, lank tevore, / n woonplek in u huis. Gebed Doksologie: Aanbidding: Skuldbelydenis: Vergifnis: Dank: Smeking vir die nood van die gemeente en voorbidding vir die kerk, owerhede en sondige wêreld, asook die beroep op die beloftes van God Algemene bede: Verligting van die Gees ter wille van die Woorddiens: Psalm 103:3 (p. 504) 3 Loof Hom wat met die goeie jou versadig, / jou lewenskrag van nuuts af begenadig, sodat jou jeug is soos die arendsjeug. / Die HEER doen reg Hy is die hoogste rigter, vergeld die kwaad en straf die onregstigter, / maar aan verdruktes skenk Hy ruimte en vreug. Skriflesing: Johannes 6 Teks: Johannes 6:35 En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie. (Johannes 6:35 AFR1953) n Groep mense staan om die Here Jesus. Dit is die dag nadat Jesus vyfduisend mense gevoed het met vyf garsbrode en twee vissies. Hulle is almal geweldig beïndruk deur die krag van hierdie wonder, en dit is hulle wat nou teruggekom het. Hulle wou hê dat Hy Koning oor Israel moet wees. Hulle is mense wat soos ons dink. En wat soos ons doen. Mense wat nie maklik verder kyk as hierdie wêreld nie.

Wanneer hulle by die Here Jesus aankom, vlei Hy hulle nie oor hulle teenwoordigheid nie; Hy ontnugter hulle: Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, julle soek My nie omdat julle tekens gesien het nie, maar omdat julle van die brode geëet en versadig geword het. (Johannes 6:26 AFR1953) n Baie reguit antwoord. Hulle word padlangs vertel hulle kom soek nie voedsel vir hulle siele nie; hulle kom soek stoflike dinge by Hom. Die wonders het hulle nie oortuig dat Hy werklik die Messias was nie. Maar die Here Jesus straf nie net nie. Hy begin dadelik om hulle na Hom toe te trek. In liefde begin Hy preek sodat hulle kan begryp. In sy preek begin Hy met die dinge waarmee die mense op aarde te doen kry. Jesus gebruik dit dan om hulle te leer van die ewige dinge by God. Hy lewer n preek oor brood, waarmee Hy ons aandag van die aarde af opbuig na die hemel toe. Daar is twee elemente in hierdie preek n negatiewe en n positiewe. Eers sê Hy dat hulle nie moet werk vir die spyse wat vergaan nie. Ons lewensdoel mag nooit wees om genoeg besittings te hê om sonder broodgebrek op die aarde te lewe nie. Maar die positiewe ontbreek ook nie. o As een ding verbied word, wat moet dan in die plek daarvan gedoen word? Werk vir die spyse wat bly tot in die ewige lewe. o Vind vir jou n soort voedsel wat jou honger sodanig versadig dat jy nie môre weer honger is nie, maar een wat jou versadig tot in die ewige lewe. Geestelike voedsel. Waar gaan ons dit kry? Vir die skare wat rondom Jesus gestaan het, sê Hy die Seun van die mens sal dit aan hulle gee. En God die Vader het Hom verseël. Met hierdie woorde bevestig Jesus die egtheid van hierdie belofte van brood. Hy maak dit n feit. Daardie mense voor Hom sou dit later ontvang. Ons het. In maklike taal praat Jesus hier van sy genade wat aan ons gegee sal word. Hy praat van sy dood en opstanding wat aan ons die ewige lewe sal besorg. Hy praat onder andere van die Nagmaal. Ons lees in die begin van hierdie hoofstuk dat dit byna tyd was vir die Pasga. Die Paasfees was naby. Dit was vir hulle n verlossingsfees, want met hierdie fees het hulle onthou hoe die Here hulle uit Egipteland verlos het. Die Here Jesus het hierdie selfde fees vervul en die Nagmaal ingestel die laaste Pasga was terselfdertyd die eerste Nagmaal. Maar hierdie mense begryp nog niks. Hulle dink nog aan aardse brood. En daarom vra hulle meer uit. Wat moet hulle doen om dit deelagtig te word? Hulle moet werk om die werke van God te volbring.

Die vraag het n geskiedenis agter hom. Die Rabbyne het al n hele teologie uitgebou gehad oor hoe n vroom Jood moet wandel op die weë van die Here. Ons kan veronderstel dat die skare toe begryp het waarvan Jesus praat, want Hy begin om eers hulle vraag reg te stel. Hulle het gevra na die werke van God. Jesus antwoord in die enkelvoud (werk). Daar is nie werke nie daar is net een werk. Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het. (Johannes 6:29 AFR1953) Soos egte Jode het hulle gedink dat daar baie werke is wat hulle vir hulle saligheid moet doen. Maar die Here Jesus preek dat baie werke waardeloos is. Daar moet heeltemal n lewensverandering by hulle kom. Die werk wat God van hulle vra om salig te word, is dat hulle moet glo in Hom wat Hy gestuur het. Hulle moet nie net met hulle verstand glo in Christus nie. Hulle moet Hom met geloof in hulle daaglikse lewens aanhang en vertrou. Geloof is dus die werk wat God eis vir ons saligwording. Hierdie geloof is n blywende lewenshouding, en dit moet absoluut jou hele lewe oorspan. Om aan Jesus Christus en sy weldade te glo, beteken dat ons altyd persoonlik aan Hom verbind moet wees. Hy is die brood wat uit die hemel neergedaal het, soos wat die Israeliete in die woestyn manna uit die hemel gekry het. Die lewe wat ons hieruit verkry, is ewig tydloos, en nie aardsgebonde nie. Jesus het vir dié rondom Hom gesê: En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie. (Johannes 6:35 AFR1953) Hy praat van honger en dors. Hy bied dus iets te ete en te drinke aan die mens. U hoor in hierdie woorde die Nagmaal: Brood om te eet en wyn om te drink. Brood en wyn wat maar net die tekens is wat aan my en elkeen van ons bevestig dat ons deel het aan die ewige Brood wat God uit die hemel aan ons gestuur het. Die Heilige Nagmaal is n gemeenskapsmaal waarmee ons verseker word dat Christus ons Lewensbrood is. Dit is Hy van Wie ons alles ontvang wat aan die lewe verbonde is. Daarom praat die Bybel in hierdie verband van: o lewende water (4:10); o die lewende Woord (Hebreërs 4:12); o die lewende Weg (Hebreërs 10:20); o n lewende Offerande (Romeine 12:1); o lewende Hoop (1 Petrus 1:3); en o dat ons lewende stene is (1 Petrus 2:4, 5). Hierdie preek van Jesus het nou n rusie onder die Jode tot gevolg.

Hulle wil weet waar Hy die reg kon kry om te sê dat Hy die Brood is wat uit die hemel neergedaal het (vers 41). Hulle het ook geweier om te aanvaar wat Hy gesê het, naamlik dat die wat sy vlees eet en sy bloed drink, die ewige lewe het, en dat hulle die laaste dag opgewek sal word. Hieroor het baie van die mense wat daar om Hom was Hom verlaat. Jesus het toe aan sy dissipels gevra: Wil julle nie ook gaan nie? Toe sê Petrus vir Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe. Ons vier vandag Nagmaal. Die woorde van Jesus Christus kom ook na ons toe: Ek is die brood van die lewe; Wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie. (Johannes 6:35 AFR1953) Hy verseker ons dat ons net op een manier versadiging vir ons siele kan kry. Dit is deur te glo in die weldade en die ewige lewe wat Hy ons skenk deur sy dood en opstanding. Nou rus die verantwoordelikheid op ons om ons lewens so te rig dat ons nie net vir die stoflike lewe nie. Ons gaan vandag rondom die Here Jesus se tafel sit. Ons gaan ook gevoed word soos die vyfduisend, al is dit nie heeltemal op dieselfde wyse nie. Gaan ons die Here Jesus ook nou volg soos hulle? Gaan ons bly glo omdat hierdie Nagmaal ons oë so versterk dat ons verder kan sien as net hierdie wêreld? Kom vandag na die Here se tafel toe en word deur God self versterk huis toe. Weet dat u God u vandag aan sy tafel verseker het dat u sy uitverkorenes is aan wie Hy die ewige lewe gegee het. Aan u Hy gee die ewige lewe en daarom het Hy u vandag geroep om brood en wyn te eet en te drink as tekens van die liggaam en bloed van Jesus Christus. Dit is sodat vervul word wat Christus vir die Jode gesê het: Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag. (Johannes 6:54 AFR1953) U sal saam met Hom aan die eerste Nagmaal in die hemel aansit wanneer die ewige gemeenskap met God begin. U sal die bruid wees wat saam met die Gees sal sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet. (Openbaring 22:17 AFR1953) Gebed Psalm 40:5 (p. 205) 5 Nou sal ek u geregtigheid laat hoor: / daarvan in groot vergadering vryuit die blye boodskap bring, / uit dankbaarheid tot sanglus aangespoor. U trou wat nooit beswyk het, / u heil wat ons geblyk het, u guns oneindig groot sal ek my hulde bring / in groot vergadering / van vriend en gunsgenoot. Formulier

Psalm 65:3 (p. 315) 3 Ons al ons in u huis versadig / met hoogste gunsbewys: met heil ge goed wat U milddadig / laat stroom uit u paleis. U antwoord ons in reddingsdade: / gedug is U in mag Ons prys die blyk van u genade; / die vyand toon ontsag. Af tafel toe: Tydens Nagmaal: Psalm 116 Psalm 118 Slotgebed Slotpsalm 68:2 (p. 331) 2 Maar al Gods volk, in Hom verheug, / sal opspring in hul sielevreug / en huppel voor sy oë; sy mag, wat alle mag oortref / en uit verneedring hul verhef, / sal nooit hul val gedoë. Hef tot Gods eer n danklied aan; / verhoog, verhoog voor Hom die baan; / sing, al wat leef, sy ere! Berei die weg, in Hom weer bly / wat deur die wye vlaktes ry: / sy Naam is HEER der here! Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal. Dr MJ du Plessis Gereformeerde Kerk Bellville Datum: Nagmaal 29 Mei 2011 Bellville