Sing vooraf staande: Psalm 143:1, 2, 9 (p. 688)

Vergelijkbare documenten
Sing vooraf staande: Psalm 143:1, 2, 9 (p. 688)

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Jesaja sien die Toekoms

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Welkom by Die Storie God se storie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

n Tempel Leier besoek Jesus

Die Groot Gebod dennis de wet

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Jona en die Groot Vis

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Die Kerk se Geboorte

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

n Dubbele kruis-belydenis

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

God eer Josef die slaaf

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Goeie Konings, Slegte Konings

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Grote God, ons bring U eer, ons aanbid U, Koning, Heer. U kom toe die lof alom - U wat was, wat is, wat kom. Voor U buig die skepping neer - U wat

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Preek Romeine 1:16-17

Geroep vir Gemeenskap

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Jona en die Groot Vis

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Van Vervolger tot Prediker

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid!

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Pragtige Koningin Ester

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Die Here sal jou soos n kroon in sy hand hou, n koning se kroon in die hand van jou God.

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Sing vooraf staande: Psalm 145:9 (p. 697)

'n Man gestuur deur God

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Toe God alles gemaak het

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Transcriptie:

Sing vooraf staande: Psalm 143:1, 2, 9 (p. 688) 1 O HEER, ek roep, hoor my gebede. / Daar is in my geen stilte of vrede! Ek smeek tot U, o hoor my nou! / Ek pleit op u geregtighede, / en ek verlaat my op u trou. 2 Ag, reken met u kneg nie af nie, / en wil my na u wet nie straf nie; want niemand wat voor U bestaan, / kan pleit- of regsgrond ooit verskaf nie, dat hy u vonnis sou ontgaan. 9 Laat hier u guns my nooit begewe; / skenk om U selfs wil my die lewe! En laat my siel weer wees verblyd, / van sy benoudheid wees onthewe. Ek pleit op u geregtigheid. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon, en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. Amen. Loflied: Psalm 34:1, 2 (p. 166) 1 In weelde en ongeluk, / altyd sal ek die HERE prys; altyd vir Hom my lof laat rys, / in voorspoed en in druk. Hom sal k die ere skenk, / tot roemtaal kragtig aangespoor. Sagmoediges, hul sal dit hoor / en aantree op my wenk. 2 Kom, maak die HERE groot! / Laat ons sy Naam ʼn lofsang wy, aan Hom wat groot is en naby, / die helper in die nood. Ek het in my gebed / Die HEER gesoek en Hy het my in antwoord op my noodgeskrei, / uit al my vrees gered. Gebed Psalm 65:2, 3 (p. 314) 2 Dis waar, ʼn donker skuldverlede / leef in ons heugenis; maar al ons ongeregtighede / word deur U uitgewis. Welsalig wie in skuld verlore, / versoeningswoord hoor ruis; vir wie U uitkies, lank tevore, / ʼn woonplek in u huis. 3 Ons al ons in u huis versadig / met hoogste gunsbewys: met heil ge goed wat U milddadig / laat stroom uit u paleis. U antwoord ons in reddingsdade: / gedug is U in mag Ons prys die blyk van u genade; / die vyand toon ontsag. Skriflesing: Lukas 22:24-34; Johannes 18:1-11 Kernverse: Lukas 22:31-32 En die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk. (Lukas 22:31-32 AFR53) Tema: Laat kom ons nie in die versoeking nie! Ons Vader wat in die hemel is,... laat ons nie in die versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. (Matteus 6:9, 13 AFR83) 1

Geliefde broers, susters en kinders, so leer Jesus ons bid en so bid Hy ook vir ons (Joh 17:15). Maar bid ons nog so? En as ons nog die Here smeek om ons nie in die versoeking te laat kom nie, dink ons regtig na oor hierdie woorde? Of het dit ook maar klanke in ons gedagtes en woorde in ons mond geword wat gedagteloos oor ons lippe stroom? Om te kan bid dat die Here ons nie in die versoeking moet laat kom nie, behoort ʼn mens jou eie swakheid te ken. Wie opreg bid: laat kom ons nie in die versoeking nie, bely immers dat hy in homself so swak is dat hy nie een oomblik teen die aanslae van die Bose staande kan bly nie. Maar watter mens van die een en twintigste eeu is nog bereid om te erken dat hy swak is? Niemand nie! Of as daar is, is hulle maar baie min. Daar is maar weinig mense wat nog wil erken dat hulle nie alleen die stryd teen die Bose kan handhaaf nie. Ons is gewoonlik te trots om te erken dat ons iemand se hulp nodig het. Ons sal mos self regkom, ons het mos geloof, ons het die Bybel, ons is in die erediens, ons bid gereeld. Wat kan die duiwel ons tog nou aandoen? Hy is in elk geval reeds oorwin. Christus Jesus ons Here het sy kop op Golgota vermorsel. Voordat ons nou heeltemal te vol van onsself word, moet ons eers luister na hierdie waarskuwing, bemoediging, versekering en taak wat ons Here Jesus aan ons gee. Jesus en die dissipels was nog aan die tafel waar Hy die nagmaal ingestel het. Toe begin die dissipels onder mekaar redeneer wie van hulle die belangrikste is. Nadat Hy hulle tereggewys het, sê Hy vir hulle: En dit is julle wat altyddeur by My gebly het in my versoekinge. (Lukas 22:28 AFR53) Al weet Jesus reeds dat Petrus Hom daardie nag nog in die steek gaan laat, keer dit Hom nie om Petrus saam met die ander dissipels oor hulle getrouheid te prys nie. Maar Jesus laat die herinnering aan Petrus se getrouheid in die verlede Hom ook nie keer om Petrus ernstig te waarsku oor die komende ontrou nie. Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif. (Lukas 22:31 AFR53) Jesus roep Petrus op sy naam wat hy vroeër gehad het toe hy nog nie in Jesus geglo het nie. Daarmee wil die Here Petrus se aandag daarop vestig dat hy nog ʼn swakke mens is. Hy is nie so sterk en so slim en so vinnig as wat hy van homself wil dink of soos wat hy tans voel nie. Ja, ons leer Petrus ken as die een wat gewoonlik eerste die antwoord gee, eerste vorentoe tree en sommer net wil doen. Hy is ook die een wat vroeër toe Jesus die eerste maal sy eie dood aangekondig het, gesê het dat hy sal keer dat enigiemand sy Here kwaad aandoen. Petrus is nog te veel Simon die sterk en vinnige dissipel. Hy moet nog meer word wat die Here wil hê hy moet wees, naamlik Petrus, die rots die rots wat sy sterkte uit die Here kry en nie uit homself nie. Daarom moet hy nou luister: die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif (Lukas 22:31 AFR53). Die woord wat ons vertaal met vurig begeer kan ook vertaal word met aandring op of vra. As dit vir ons vreemd klink dat die Satan daarop aandring om die gelowiges te sif, moet ons maar net weer onthou wat in Job se lewe gebeur het. Satan het soos ʼn druppende kraan aangehou om Job tot oorgawe te versoek, want volgens hom het Job die Here net gedien oor die voordele wat hy uit die Here se hand ontvang. Die Here het die Satan toegelaat binne die perke wat Hy gestel het. Eers na die afloop van Job se diepe smart en pyn kom ʼn mens agter dat die Here juis die versoekings van die Satan gebruik het om die goud van Job se geloof te louter en sy waarmerk daarop te plaas. 2

Jesus is hier aan die tafel reeds bedroef, nie oor wat met Hom in hierdie nag en die volgende dag gaan gebeur nie. Hy weet dat Hy die beker vol van God se toorn oor die sonde van die hele menslike geslag wat sy Vader aan Hom gee, leeg sal moet drink om sy Vader so te verheerlik. Nee, Hy is nie nou oor Homself bedroef nie maar oor sy dissipels. Jesus is immers self God. Hy weet die Satan is aanhoudend daarop uit om sy werk tot niet te maak. Satan het reeds gevra om die dissipels soos koring te sif. En as die Satan die dissipels gaan sif, is dit nie om van die kaf tussen die koring ontslae te raak nie. Hy skud die sif met geweld, want hy wil juis hê dat die koring op die grond moet val om vertrap en vernietig te word. Petrus moet waaksaam wees. Petrus hoor iets waarvan hy niks geweet het nie. Hy het geweet van die geestelike stryd wat voortdurend tussen God en die Satan aan die gang is nie. Jesus wil hê dat Petrus nugter sal wees en agter die versoeking die Satan sal herken. Die vrae wat daardie nag nog aan Petrus gevra gaan word, sal nie die diensmeisie of die soldate se vrae wees nie. Dit is die Satan se vrae en sy bedoeling is om hom tot ʼn val te bring. Simon, Simon, kyk tog mooi! Geliefdes, hierdie waarskuwende woorde is ook vir jou en my bedoel. Agter elke versoeking wat op ons pad kom, sit die duiwel. Dit is sy aanslag om ons te laat val. In aansluiting by ons eie natuurlike geaardheid verblind hy ons met die liggies van die wêreld, spoor hy ons aan om verbitter te raak teenoor mense, hits hy ons aan om ons vir ander mense te vererg, sit hy agter daardie dinge wat ons prikkel om nuuskierig ondersoek in te stel, wakker hy in ons die begeerte aan om net een keer met dagga of drank of seksuele dade buite die huwelik te eksperimenteer. Hy wil sien hoe ons soos kaf wegwaai en op die grond val en vergaan. Laat ons wakker en waaksaam wees. Laat ons nie so vinnig agter die Satan se lokstemme aangaan nie. Maar ons luister mos nie graag na waarskuwings nie. Nee, ons dink ons sal die Satan kan wys dat ons sterker is as hy. Ons gaan ons nie so maklik laat onderkry nie. Of redeneer ons soos Petrus? Toe Jesus sê dat hulle almal Hom nog daardie nag in die steek sou laat, was dit Petrus wat gesê het: Wie, ek, Here? Hierdie ander klomp miskien nog, maar ek sal U nooit verlaat nie. Ek is gereed om saam met U selfs in die gevangenis en in die dood in te gaan. Dink een van ons miskien dat ons nooit die Here sal verloën nie? Sê jy ook: ek, Here? Nee, ek sal U nooit verlaat nie. Ek sal selfs vir U die dood ingaan. Ag, laat ons nie dink ons is beter of sterker as Petrus nie. As ons onsself regtig in die lig van God se Woord bekyk, sal ons moet bely dat ons ook al baie maal geleef en gepraat het soos mense wat die Here Jesus nie ken nie. Ons is nog altyd swak, en ons vyand, die duiwel, is nog steeds die een wat rondloop en soek wie hy kan verslind. Wees nugter en waaksaam. Dadelik vervolg Jesus met ʼn heerlike bemoediging: Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie. (Lukas 22:32 AFR53) Jesus los Petrus nie maar net met ʼn waarskuwing nie. Hy bemoediging hom omdat Hy God is en Hy weet wat Hy en sy Vader gaan doen. Diegene wat die Vader in die hand van die Seun gegee het, sal nie uit sy hand geruk kan word nie. Teenoor die Satan wat staan en sif aan die dissipels, staan die Here en bid. Petrus het dit nie geweet nie. Hy weet dat Jesus baie maal alleen eenkant toe gegaan het en soms vir ʼn hele nag alleen was om te bid. Maar hy het nooit gedink dat die Here ook vir hom gebid het nie. Broers, susters en kinders, nog voordat die Satan gekom het om aan Petrus te kom sif, lê daar reeds voor God se troon gebede van Jesus om sy beskerming. 3

Wat ʼn heerlike en gerusstellende gedagte is dit nie ook vir ons nie. Die Satan storm telkens teen ons aan met die allerverskriklikste versoekings. Maar nog lank voordat hy op ons begin afstorm het, het Jesus, ons enigste Hoëpriester al vir jou en my gebid. Ook vir ons bid Hy dat ons geloof ons nie sal begewe nie. Met sy volmaakte offer vir ons sondes en swakhede as bewys, pleit Hy vir ons by die Vader dat ons nie in die versoeking sal val nie. Hy los ons nie maar net met ʼn waarskuwing om nugter en waaksaam te wees nie. Hy bid aanhoudend vir ons behoud. Nou kan iemand ook weer sê: Kyk nou net wat het op die ou end met Petrus gebeur. Hy het die Here Jesus drie maal verloën. Dan het Jesus se gebed mos niks gehelp nie. Geliefdes, die fout was nie by Jesus se gebed geleë nie. Petrus het nie in die versoeking geval omdat God nie sy Seun se gebed verhoor het nie. Petrus het in die versoeking geval omdat hy nie op die waarskuwing ag geslaan het nie. Dit is hy wat nie nugter en waak-saam gebly het nie, want hy het gevoel dat hy sterk genoeg is. En toe die druk toeneem, het hy op homself en sy omstandighede gefokus en bang geword vir sy eie lewe. Maar Jesus se gebed het Petrus wel in sy val vasgehou. Petrus se geloof het hom nie begewe nie. Petrus het wel geval, maar hy het nie uit die geloof en genade uitgeval nie. Petrus het geval, tog het daar weer berou gekom en daar het trane gekom en Jesus het weer gekom en die trane afgedroog. God laat vaar nooit die werk sy hande nie. Petrus se geloof is deur die Heilige Gees se werk in stand gehou, want die Heilige Gees het die lewende en ewige Woord van God in Petrus bewaar. Petrus se behoud het nie van hom afgehang nie maar van die Here. Maar dit beteken nie dat ek en jy nou maar onverantwoordelik en toe oë in elke versoeking kan instorm en sê: God sal mos keer dat my geloof my sal begewe, nie. Jesus se opdrag is om nie in te storm nie. Sy opdrag is om nugter en waaksaam te wees. As ons nie aan hierdie opdrag gehoor wil gee nie, mag ons ook nie bid: laat kom ons nie in die versoeking nie. Omdat Jesus vir ons bid, beteken dit nie dat daar nooit ʼn versoeking op ons pad sal kom nie of dat ons nooit in ʼn versoeking sal val nie. Sy gebed is vir ons die blye versekering dat ons geloof ons nie sal begewe nie. Hierdie versekering gee God immers by ons doop reeds aan ons wanneer ons uit die Bybel hierdie woorde opdiep: En as ons soms uit swakheid in sondes val, moet ons nie aan die genade van God twyfel of in die sondes bly lê nie: die doop is immers ʼn seël en ontwyfelbare getuienis dat ons ʼn ewige verbond met God het. (Rom 4:20-21; Ps 105:8) As ons geval het, is daar nog altyd die pad terug wat die Here deur sy Gees en Woord aan ons wys. Dit is ʼn pad van hartseer en trane, ʼn pad van smart en berou, omdat ons aan die Here ongehoorsaam was. Maar hy en sy wat met opregte berou, met ʼn stukkend geskeurde hart en ʼn verslae gees tot God nader, sal ʼn vriendelike aangesig ontdek. God wys so ʼn mens nooit weg nie, want Christus het sy deurboorde hande in gebed vir hierdie mens opgehef tot sy Vader. Laat ons dan met al ons val- en skaafmerke na ons Here Jesus gaan. Hy is nog dieselfde Here Jesus wat Petrus se trane van berou afgedroog het. Hy wil ook jou en my trane afdroog. Maar Jesus is nog nie klaar nie. Petrus het ook nog ʼn taak wat hy moet vervul. En as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk. (Lukas 22:32 AFR53) 4

Nog voordat Petrus geval het, ja, selfs nog voordat Petrus versoek is, praat die Here al van sy bekering. So seker is ons Here Jesus dat die Vader sy gebed sal verhoor. Petrus sou wel val, dit weet Jesus en dit maak Hom diep bedroef, maar deur die genadige werk van die Heilige Gees sal Petrus weer opstaan en hom weer bekeer. Daarom vervolg Jesus met ʼn heerlike taak vir Petrus. Hy moet, as ʼn mens wat weet wat dit beteken om te val en diep en ver geval het en weer opgerig is, sy broers en susters versterk. Iemand wat geval het en weer deur God se genade opgerig is, sal met deernis en liefde ʼn ander een wat geval het begrypend kan bystaan. Daar is nie volmaakte mense op die aarde nie, dit weet ons. Maar dan moet ons ook onthou dat die Here nie volmaakte mense in sy diens gebruik nie. Hy gebruik stukkende en swak mense, want Hy wil sy krag deur hulle sigbaar maak en sy Woord wat heelmaak deur hulle spreek sodat mense Hom as die enigste Here sal verheerlik. En as ek en jy ook die wonderlike voorreg ontvang om deur die Gees van God opgerig te word om ons te bekeer en God se vriendelike aangesig ontmoet, het ons ook hierdie heerlike taak. Wanneer ons een van ons broers en susters sien wat geval het, moet ons met al die liefde van God in ons hart so een help en bystaan. Van klipgooiers en vertrappers is daar genoeg in die wêreld. Ons hoef dit nie ook te gaan doen nie. Daar is egter ʼn groot gebrek aan hulle wat kan bemoedig en opbeur met die Woord van die lewende God. Laat ons nie die onverdiende genade van God aan ons vergeet nie. Toe ons geval het, het Hy ons opgehelp. Maar laat ons dan uit dankbaarheid met ʼn vertroostende mond en met uitgestrekte hande na hulle gaan wat net soos ons geval het. Mag God ons vervul met teerheid en liefde teenoor ons gevalle broers en susters. Kom ons sluit af en let weer op die vier sake wat ons Here Jesus ons leer: Julle wat dink julle sal versoekings vryspring, luister! Waak en bid! Die Satan dring daarop aan om ons soos koring te sif. Nog voordat jy weet, kan jy reeds op die grond neergeslaan wees. Agter elke versoeking is die Satan en hy sal met al sy mag probeer om ons tot ʼn val te bring. Waak en bid dat jy nie in die versoeking kom nie. Julle wat versoek is, moenie wanhopig raak nie! Hou goeie moed! Teenoor die Satan wat staan en sif, staan ons Here Jesus en Hy bid vir ons. Met sy gebed bind Hy ons vas aan die liefdevolle hart van sy Vader sodat ons geloof ons nie sal begewe nie. Julle wat geval het, moenie in die sonde bly lê nie! Staan op en bely jou skuld, want die Here beloof ook: As iemand gesondig het, ons het ʼn Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige. En Hy is ʼn versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons sʼn nie, maar ook vir dié van die hele wêreld. (1 Johannes 2:1-2 AFR53) Julle wat weer opgerig is, gaan na hulle wat geval het. Help hulle op en vertroos hulle met die vertroosting waarmee die Here jou vertroos het. Amen! Gebed Slotpsalm 34:6, 8 (p. 167) 5

6 Kom kinders, hoor na my! / Die HEER se vrees wil ek jul leer. Wie is t wat lewensduur begeer / en dae wat hom verbly? Laat tong en lippe vra / na waarheid, en ontwyk die kwaad; soek wat God wil: die regte daad, / en jaag die vrede na. 8 Die HEER s die hart naby / wat gans verbroke is en verskeur. Die gees wat diep verslae treur, / verlos, bemoedig Hy. Hoe kom hul altyd weer, / die teëspoede van wie hier regverdig leef; maar Gods bestier / red hulle keer op keer. Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal. Amen. Ds Coenraad Vrey Gereformeerde Kerk Bellville 16 Februarie 2014 6