OMGEWINGSIMPAKBEPALING STUDIE

Vergelijkbare documenten
OMGEWINGSIMPSTUDIEPROSES VOORGESTELDE STEELPOORT POMPOPGAARSKEMA EN MEEGAANDE INFRASTRUKTUUR. Agtergrond-inligtingsdokument.

AGTERGRONDINLIGTINGSDOKUMENT

Agtergrond Inligtingsdokument. vir Kommentaar

OMGEWINGSIMPAK EVALUERING PROSES VOORGESTELDE GEKONSENTREERDE SONKRAK (GSK) AANLEG EN GEASSOSIEERDE INFRASTRUKTUUR IN DIE NOORD-KAAP PROVINSIE

AGTERGROND-INLIGTINGSDOKUMENT

Module 15 (Term 3): Die Nasionale Elektrisiteitstoevoerstelsel Die volgende vraestel se tema handel oor die nasionale elektrisiteitstoevoerstelsel.

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

AGTERGRONDINLIGTINGSDOKUMENT

September Doel van hierdie dokument

Hoe om n goeie Projek Konsep te Ontwikkel. oefeninge

FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

This document is also available in English. AGTERGROND INLIGTINGSDOKUMENT

Gids vir Byvoordele eise

BOLAND OMGEWINGSKONSULTANTE CC

LEWER U KOMMENTAAR ASSEBLIEF! Keisie Rivier Grondbewaringswerke

1 Julie 2014 MBA BOLAND NUUSBRIEF: JULIE 2014

DIE BURGEMEESTER, RAADSLID T VAN ESSEN, SE VOORLEGGING VAN DIE TWEEDE HERSIENING VAN DIE

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

GRAAD 7 SOSIALE WETENSKAPPE

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 13 EN 14 Toets 7: Verandering van ons omgewing en pas ons omgewing op

Suidwestelike Karookom Gaseksplorasieprojek Oppervlakwatervoorsiening Fase 1 & Fase 2

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

VERGELYKING TUSSEN KONVENSIONELE ELEKTRISITEITSMETERS EN BEGROTINGS ( PREPAID ) METERS

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

OMGEWINGSIMPAKSTUDIE EN AANSOEK OM LISENSIE VIR AFVALBESTUUR

Sentraalbeplande stelsel

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 EKONOMIE V2

LAERSKOOL DALVIEW NATUURWETENSKAP

Les 14: Entrepreneurskap

WET OP FINANSIëLE INTELLIGENSIESENTRUM 2001: KLIëNTE INLIGTING

VERSLAG. Opsomming van Voorlopige Terreinseleksieverslag; Kantoorgebonde Identifisering van Gebiede waarin Eksplorasieterreine Geplaas kan word

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch

AGTERGRONDINLIGTINGSDOKUMENT

Nuus SIZA VISIE SIZA MISSIE SIZA PLATFORM / SEDEX INHOUD:

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

3 Maart 2004 BESTUURSTAKE VAN VRYWILLIGERS AS LEDE VAN AFRIKAANSE CHRISTELIKE VROUE VERENIGING BESTURE

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

Menslike Hulpbronne Mentorskapprogram vir US personeel

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 12 Toets 6: Die mens se invloed op die omgewing

EKURHULENI NOORD DISTRIK

Toepaslike Eenheidstandaarde

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2010 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

HUGO LAMBRECHTS OUDITORIUM - HUURKONTRAK

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

LAP Spiraal Arm Inligting Sessies Notas vir sessies gehou in Carnarvon Williston en Brandvlei Oktober 2017

This document is also available in English. AGTERGROND INLIGTINGSDOKUMENT

WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE

Peter Dladla besit Dladla s Sokkerwinkel. Die onderneming vervaardig en versprei sokkerballe. Die finansiële jaar eindig op 30 Junie elke jaar.

1. PROJEKNOMMER (SLEGS VIR KANTOORGEBRUIK): 2. NAAM EN KONTAKBESONDERHEDE VAN PROJEKVOORSTELLER EN (HANDTEKENING VAN PROJEKVOORSTELLER) CMR PROJEKPLAN

MUNISIPALITEIT TARIEF BELEID /

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

Kodes vir Afkeurredes

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Elektriese Stroombane

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE FINAL DRAF

Les Plan Twee. Habitats

HI E NUUSBRIEF. Hoofbeampte se kennisgewing. Geagte lid

Foto-redigering vir sun.ac.za

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

Vog in die Atmosfeer en Neerslae

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

This document is also available in English. AGTERGROND INLIGTINGSDOKUMENT

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O.

OMGEWINGSIMPAKSTUDIE (OIS): MYNREGTE EN ANDER AANVERWANTE LISENSIËRING PROSESSE: VOORGESTELDE PLATINUM GROUP METALS MYNE EN VERWANTE INFRASTRUKTUUR

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

Transcriptie:

OMGEWINGSIMPAKBEPALING STUDIE VOORGESTELDE OOP-SIKLUS GASTURBINE (OSGT) AANLEG MET MEEGAANDE TRANSMISSIELYNE EN SUBSTASIE BY ATLANTIS, WESKAAP PROVINSIE AGTERGROND INLIGTINGSDOKUMENT MEI 2005 WAT BEHELS DIE ATLANTIS OSGT PROJEK? Eskom Holdings Beperk (Eskom) beoog die konstruksie van n Oop Siklus Gasturbine (OSGT) Kragstasie in die Atlantis Industriële Area in die Wes Kaap Provinsie, ten einde die behoefte aan nuwe spitstyd kapasiteit, binne n kort aanvoortyd, tot en met kommersiële bedryf aan te vul. Die aanleg kan aardgas (natuurlike gas) of vloeibare distilaat as brandstofbron gebruik. Om hierdie nuwe kragstasie suksesvol met die bestaande Transmissienetwerk te integreer, stel Eskom ook die konstruksie van n nuwe substasie met vier 400 kv Transmissielyne in parallel tussen die bestaande Koeberg- Aurora lyne en die Atlantis substasie, voor. WAT BEHELS HIERDIE DOKUMENT? Die inligtingsdokument het ten doel om u, as n Geïnteresseerde en/of Belanghebbende Party (G&BP) in te lig rakende die voorgestelde projek wat deur Eskom Holdings Beperk voorgestel word, en ook om aan u inligting rakende die Omgewingsimpakbepaling studie (OIB) wat onderneem word, te verskaf. Dit sal vervolgens aan u verduidelik word hoe u by die projek betrokke kan raak, inligting kan ontvang en aspekte van belang of kommer kan uitlig. Die uitreiking en inwinning van inligting, rondom die beoogde projek, vorm die basis van die publieke deelname proses. Hierdie proses verskaf ook aan u die geleentheid om vanaf die begin van die proses aktief by die projek betrokke te raak. Publieke deelname speel n belangrike rol in die uitvoering van die OIB, aangesien die publiek se insette verseker dat al die moontlike omgewings-aspekte van belang tydens die studie in ag geneem word. HOEKOM WORD DIE PROJEK BENODIG? Eskom is verantwoordelik vir die voorsiening van betroubare en bekostigbare krag aan Suid-Afrika. Elektrisiteit kan nie geberg word nie en moet soos dit opgewek word, gebruik word. Daarom moet elektrisiteit in ooreenstemming met die vraag en aanbod vereistes opgewek word. Die aanvraag na elektrisiteit in Suid-Afrika neem tans met ongeveer 3% per jaar toe. Hierdie toenemende aanvraag plaas aansienlike druk op Eskom se huidige kragopwekkingskapasiteit. Daar word verwag dat Suid-Afrika, afhangende van die gemiddelde groeikoers, teen 2007 addisionele spitstyd kapasiteit (d.w.s. tye waar daar n groot behoefte aan elektrisiteit is) sal benodig, en dat daar teen 2010 n addisionele basislading (d.w.s. gemiddelde/gewone behoefte aan elektrisiteit) benodig sal word. Eskom moet dus, deur middel van die Nasionale 1

Elektrisiteitsreguleerder (NER), aandag skenk aan maniere waarop daar in die kort- en langtermyn, aan hierdie energiebehoeftes voldoen kan word. Eskom bereken voortdurend die voorgenome behoefte aan elektrisiteit deur middel van die Geïntegreerde Strategiese Elektrisiteitsbeplanningsproses ( Integrated Strategic Electricity Planning (ISEP)). Die NER het n soortgelyke proses, naamlik die Nasionale Geïntegreerde Hulpbronbeplanningsproses ( National Integrated Resource Plan (NIRP)) wat ook n langtermyn vooruitsig, rakende kapasiteitsuitbreiding in Suid-Afrika, verskaf. Hierdie prosesse voorspel dus die mees waarskynlike toekomstige elektrisiteitsbehoeftes, gebaseer op die langtermyn ekonomiese scenarios in Suid-Afrika, en verskaf n raamwerk aan Eskom en Suid-Afrika waarbinne n wye reeks vraag en aanbod tipe tegnologieë en opsies ondersoek word. In Februarie 2004, het ISEP Oop-Siklus Gasturbines (OSGTs) as die mees gewensde korttermyn opsie vir die voorsiening van die spitstyd kapasiteit geïdentifiseer. Eskom het twee areas geïdentifiseer waar so n stasie lewensvatbaar kan wees, naamlik Mosselbaai en Atlantis. Dié OIB proses spreek die beoogde ontwikkleing op die Atlantis terrein aan. Die Mosselbaai terrein word deur n aparte OIB proses aangespreek. n Vereiste vir die ontwikkleing is dat die OSGT Kragstasie op n tegnies-uitvoerbare terrein geplaas moet word. n Tegniese vooraf-uitvoerbaarheidsondersoek wat deur Eskom onderneem is, het die beskikbaarheid van die grond en grondgebruikverenigbaarheid, ladingswisselings in die area, die beskikbaarheid van brandstof en kostes daaraan verbonde, die gemak waarmee die voorgestelde ontwikkeling met die bestaande Transmissienetwerk geïntegreer kan word, impakte op die Transmissienetwerk, en ook die voordele rakende transmissieladingswisselings, in ag geneem. Vanuit die studie, is die Plaas 1183 en n gedeelte van die plaas Witzand 2 in die Atlantis Industriële area, ongeveer 40 km van Kaapstad se sentrale sakekern, as n uitvoerbare terrein vir die oprigting van die OSGT Kragstasie geïdentifiseer. Die aanleg sal gepaard gaan met n nuwe substasie en transmissielyne om die nuwe aanleg binne die bestaande Transmissienetwerk te integreer. Die integrering van die kragstasie met die bestaande Transmissienetwerk moet, in terme van netwerkverliese en defekvlakke, met so min as moontlik risikos onderneem word. n Voorkeur opsie vir dié integrering is deur n voor-ingenieursstudie deur Eskom bepaal en dit behels die aansluiting van beide die bestaande Koeberg-Aurora 400 kv Transmissielyne tot en met die Atlantis substasie vir n afstand van 2,5 km. WAT BEHELS N OOP SIKLUS GASTURBINE (OSGT) EN HOE WERK DIT? n Oop siklus gasturbine (OSGT) bestaan uit n kompressor, n verbrandingskamer, n gasturbine en n kragopwekker. Die kompressor en die gasturbine is op dieselfde skag gemonteer. Die kompressor trek vars lug vanuit die atmosfeer in en verhoog die lugdruk, deur dit saam te pers, voordat die lug na die verbrandingskamer gestuur word. By die verbrandingskamer word brandstof by die saamgeperste lug gevoeg en die totale mengsel word saamgepers wat veroorsaak dat warm gas, met n temperatuur hoër as 2

1300ºC, die turbine bereik. Die meerderheid van die energie van die warm gas word via n turbine na beide die kompressor en opwekker versprei. Die oop siklus gasturbine ontlaai dan gas in die atmosfeer. Figuur 1, hieronder, verskaf n voorstelling van die kragopwekkingsproses deur middel van n gasturbine. Brandstof Hoë lading Kompressors Verbrandingskamer Turbines Kragopwekker Figuur 1: n Grafiese voorstelling van die kragopwekkingsproses deur middel van n gasturbine. WAT BEHELS DIE PROJEK? Die voorgestelde projek behels die konstruksie van n nuwe OSGT Kragstasie, n nuwe substasie en vier 400 kv Transmissielyne wat in parallel met die OSGT substasie en die bestaande Koeberg-Aurora 400 kv Transmissielyne sal wees. Daar word voorgestel dat die beoogde OSGT kragstasie, by Atlantis, uit 3-5 eenhede sal bestaan, waarvan elkeen n voorgestelde kapasiteit van tussen ongeveer 120 MW 250 MW sal hê. Die totale kapasiteit van die kragaanleg is dus tussen 600 MW 1000 MW. Die presiese aantal eenhede benodig asook die lewering sal verder afhang van die spesifikasies van die toerusting van die verskaffer wat vir die projek geselekteer sal word, asook die omringende operasionele omstandighede. Elke eenheid sal uit een gasturbine, wat n elektriese opwekker aandryf, bestaan. Die kragaanlegeenhede sal op n terrein binne die Atlantis Industriële gebied opgerig word. Hierdie terrein (Restant van Plaas 1183) moet deur Eskom aangekoop word. n Totale area van ongeveer 20 ha word vir die OSGT kragstasie en gepaardgaande infrastruktuur benodig. n Area van ongeveer 250 m x 350 m (d.w.s. 9 ha) word vir die konstruksie van die OSGT aanleg self, benodig. Die voetstuk van elke eenheid is ongeveer 25m x 75m. Die voorgestelde kragstasie sal kan natuurlike gas of vloeibare distilaat as brandstof gebruik. As gevolg van die beskikbaarheid van die bogenoemde brandstofbronne sal die kragstasie Liquid Distillate No1 (kerosene) as korttermyn brandstofbron gebruik. Daar word voorgestel dat die brandstof, in die korttermyn, per pad van die Caltex raffinadery in Milnerton (ongeveer 25 km van die voorgestelde terrein) vervoer word. Die moontlikheid van die konstruksie van n brandstof pyplyn tussen die raffinadery en die aanleg, sal in die toekoms ondersoek word, om die doeltreffende vervoer van die brandstof te verseker. Die konstruksie van die pyplyn sal dus op n latere stadium deur n aparte OIB proses ondersoek word. n Beraamde 1,9 miljoen liter brandstof word per 3

week vir die kragstasie benodig om aan die spitstyd kapasiteit vereistes te kan voldoen. Dit is gelykstaande aan ongeveer vyftig 40,000 liter brandstoftenks. Ten einde n noodvoorraad brandstof by the kragstasie terrein te akkommodeer, word daar voorgestel dat daar twee brandstofopgaartenks van een miljoen liter elk by die terrein sal wees om as n brandstofbergingsbuffer tussen die werklike brandstofgebruik en brandstofaflewerings periodes te dien. Ten einde die nuwe kragstasie by die bestaande Transmissienetwerk te inkorporeer, word die volgende infrastruktuur benodig: Die konstruksie van n nuwe substasie by die Atlantis OSGT terrein. Die totale area wat vir die oprigting van die substasie benodig word is ongeveer 20 ha, waarvan ongeveer 9 ha deur die hoogspanningswerf beslaan sal word. Die oprigting van 4 X 2,5 km 400 kv Transmissielyne tussen die Atlantis terrein en die bestaande Koeberg-Aurora 400 kv Transmissielyne. Daar word voorgestel dat die twee Koeberg-Aurora 400 kv Transmissielyne by die Atlantis terrein sal aansluit. Twee uitvoerbare afwisselende Transmissielyn korridors is geïdentifiseer en sal as deel van die OIB studies ondersoek word. WAT IS DIE MOONTLIKE OMGEWINGSIMPAKTE WAT MET DIE VOORGESTELDE PROJEK GEASSOSIEER WORD? n Aantal moontlike omgewingsimpakte wat met die voorgestelde projek geassosieer kan word is geïdentifiseer en sal ondersoek word. Die moontlike impakte wat met die maksimum lewering van 1000 MW geassosieer word sal tydens die OIB in ag geneem word. As deel van die OIB, sal hierdie moontlike impakte binne die bestek van die volgende spesialisstudies ondersoek word: Spesialisstudie Geologie, geo-hidrologie en hidrologie Ekologie en flora Fauna (landdiere) Voëls Grond en landboupotensiaal Erfenis hulpbronne en paleontologie Lugkwaliteit Geraas Sosiale omgewing en grondgebruik Toerisme potensiaal Visuele aspekte en estetiese waarde Verkeer Organisasie WNNR: Environmentek (Stellenbosch) Bohlweki Environmental Universiteit van Pretoria: Departement van Dierkunde en Entomologie Endangered Wildlife Trust Landbounavorsingsraad: Instituut vir Grond, Klimaat en Water Universiteit van Kaapstad: Argeologie Kontrakkantoor WNNR: Lugkwaliteit Bestuursgroep Jongens Keet en Assosiate Mawatsan Grant Thornton MetroGIS Goba Moahloli Keeve Steyn As deel van die bestekopnamestudie word oorhoofse spesialisstudies onderneem wat die potensiële aspekte sal identifiseer wat verder in die OIB fase van die projek ondersoek 4

moet word. Meer gedetailleerde studies rakende moontlike beduidende impakte vir al die verskillende aspekte sal tydens die OIB fase van die projek onderneem word. Die insette van die publiek, wat deur middel van die publieke deelname proses verkry word, verskaf waardevolle insette in terme van die identifisering van aspekte wat tydens die OIB proses verder ondersoek sal word. WAAROM IS DIE OMGEWINGSIMPAKSTUDIES NODIG? In terme van die Omgewingsimpakbepaling (OIB) Regulasies, benodig Eskom Holdings Beperk magtiging van die Wes Kaapse Departement van Omgewingssake en Ontwikkelingsbeplanning, om die voorgestelde projek te kan onderneem. Omvattende onafhanklike omgewingsstudies wat in ooreenstemming met die OIB Regulasies onderneem word, word dus benodig om sodanige magtiging te verkry. Eskom Holdings Beperk het Bohlweki Environmental, as onafhanklike konsultante, aangestel om die omgewingsstudies te onderneem om sodoende alle moontlike impakte wat met die voorgestelde projek geassosieer word, te identifiseer en te ondersoek. n Omgewingsimpakstudie is n effektiewe beplannings- en besluitnemingsinstrument. Dit stel die projekspan in staat om die moontlike omgewingsgevolge van n voorgenome projek vooraf te bepaal en om dit dan deur middel van die beplanningsproses te bestuur. Alle Geïnteresseerde en Belanghebbende Partye (G&BPe) sal deur middel van die publieke deelname proses by die omgewingsstudies betrokke wees. Die omgewingsstudies sal in twee fases onderneem word: Fase 1: Omgewingsbestekopnamestudie Fase 2: Omgewingsimpakbepaling (OIB) Die Omgewingsbestekopnamestudie sal moontlike omgewingsimpakte wat met alle aspekte van die projek geassosieer word, identifiseer en evalueer. In terme van die OIB Regulasies, sal uitvoerbare alternatiewe in ag geneem word. n Tegnies uitvoerbare terrein vir die oprigting van die OSGT kragstasie is deur Eskom in die Atlantis Industriële Area, geïdentifiseer. Geen alternatiewe terreine wat tegnies uitvoerbaar is, is geïdentifiseer nie. Daarom is die omgewingsowerhede genader om vrystelling aan Eskom te verleen vir die inagneming van alternatiewe terreine vir die oprigting van die OSGT kragstasie. Twee alternatiewe Transmissielyn belynings is vir inagneming geevalueer (verwys na aangehegte kaart). n Voorkeur belyning sal bepaal en voorgestel word om verder tydens die OIB fase van die projek ondersoek te word. Daar sal ook voorstelle gemaak word rakende verdere studies (vir beide die OSGT aanleg, substasie en Transmissielyne) wat tydens die OIB fase van die projek benodig kan word. Kommentaar van G&BPe tydens die OIB proses word dus aangemoedig om te verseker dat alle moontlike impakte binne die bestek van die studie in ag geneem word. PUBLIEKE DEELNAME PROSES 5

Dit is belangrik dat relevante G&BPe vanaf die begin van die projek geïdentifiseer word en by die proses betrokke raak. Om te verseker dat daar effektiewe publieke deelname plaasvind word die volgende aktiwiteite onderneem: STAP 1: STAP 2: STAP 3: STAP 4: STAP 5: Advertering van die OIB Proses Identifisering van G&BPe en sleutel rolspelers en die registrasie van dié individue op die projek databasis Konsultasie met G&BPe deur middel van openbare vergaderings / ope dae, fokusgroep vergaderings en sleutel rolspeler werkswinkels Dokumentering van alle aspekte van belang en kommer wat deur G&BP geopper is in n kwessies-verslag wat n integrale deel van die OIB verslae vorm Uitnodiging aan G&BPe om kommentaar te lewer op die voorlopige Bestekopname- en OIB Verslae (30 dae kommentaar periode) HOE KAN U BETROKKE RAAK? 1. Deur te reageer op die uitnodiging vir deelname wat in die plaaslike en streekskoerante geadverteer is. 2. Deur die aangehegte vorm per pos of per faks aan Bohlweki Environmental terug te stuur. 3. Deur die vergaderings, wat tydens die verloop van die projek gehou word, by te woon. Indien u as G&BP registreer sal u na die vergaderings uitgenooi word. Die publieke vergaderings se datums sal ook in die plaaslike en streekskoerante geadverteer word. 4. Deur die konsultante telefonies te kontak indien u enige navrae of kommentaar het en indien u verdere projekinligting verlang. 5. Deur die voorlopige Bestekopname- en OIB Verslae te hersien, en u insette te lewer, tydens die 30 dae hersieningsperiode. Indien u, uself as n Geïnteresseerde en Belanghebbende Party beskou, versoek ons u om van die geleenthede, wat deur die openbare deelname proses daar gestel word, gebruik te maak om by die proses betrokke te raak en om aspekte van belang en kommer uit te lig en om aan te dui watter addisionele inligting u verlang. U insette ten tye van die proses vorm n sleutelaspek van die omgewingsstudies en ons sal graag van u wil hoor om u standpunte rakende die voorgestelde projek te ontvang Deurdat u die aangehegte kommentaarvorm voltooi en inhandig sal u outomaties as n Geïnteresseerde en Belanghebbende Party geregistreer word. U kommer en vrae sal dus ook tydens die projek genotuleer word. Die publieke deelname konsultante sal reageer op alle kommentaar en vrae wat tydens die duur van die projek ontvang word 6

KOMMENTAAR EN NAVRAE Rig u kommentaar, vrae en antwoorde aan : Bohlweki Environmental Posbus 11784, Vorna Valley, Midrand, 1686 Ingrid Snyman of Mvuselelo Mathebula Telefoon: (011) 466 3841 Faks: (011) 466 3849 E-pos: atlantis@bohlweki.co.za Woordelys van terminologie Verbrandingskamer: Kompressor: Omgewingsimpak: Spitstyd kapasiteit: Termies Nuttige Effek: Turbine: Kamer waar branstof by saamgepersde lug gevoeg word en verbrand word teen baie hoë temperatuur. n Masjien wat gebruik word om die druk van die werkende vloeistof te verhoog (in die geval van die OSGT aanleg is dit die werkende vloeistof in die atmosferiese lug) n Impak word gedefinieer as die aktiwiteit van een objek wat n merkbare effek of invloed op n ander objek het. Daarom is n omgewingsimpak die moontlike effek wat n aktiwiteit op die omgewing sal hê. Enige leweringskapasiteit wat ten doel het om aan die spitstyd behoeftes te voldoen. Die effektiwiteit van die energielewering van n kragstasie. Dit is noodsaaklik om die totale brandstofomskakelingseffektiwiteit van die elektrisiteitsopwekkingsproses te meet. n Apparaat wat meganiese energie wat as n vloeistof (of gas) gestoor word na omwentelings-meganiese energie om te skakel. 7