AANSTELLING, PLIGTE EN BEVOEGDHEDE VAN DEKANE EN WYSE VAN VERKIESING

Vergelijkbare documenten
UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

PROSEDURE: VERKIESING VAN N VISEREKTOR

REGLEMENT INSAKE DIE AANSTELLING VAN VOLTYDSE DEKANE

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse

Riglyne vir Steundiensaanstellings

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

WERKSPROSEDURES VAN DIE INSTITUSIONELE FORUM VAN DIE UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (GRONDSLAGFASE ONDERWYS)

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

LOSKOP RUGBYKLUB GRONDWET

GRONDWET VAN DIE PAARL BELASTINGBETALERSVERENIGING (Die Grondwet) - 26 Januarie 2012

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (INTERMEDIêRE FASE ONDERWYS)

PERSONEELONTWIKKELINGSBELEID

KONSTITUSIE VAN ARSO

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

PROTOKOL RIGLYNE VIR AMPTELIKE GELEENTHEDE

KENNISGEWING IN TERME VAN ARTIKEL 2.1 VAN DIE ATKV-REGLEMENT VIR DIE VERKIESING VAN DIREKTEURE

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

KONTIKI PREPRIMêRE SKOOL GRONDWET

KENNISGEWING VAN VERDAAGDE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN BKB-AANDEELHOUERS

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS

STATUUT. van DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

Paarl Rangers Rugby-Voetbal Klub. Gestig (1914) Grondwet en Reglimente

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

Posbeskrywing: Fakulteitsdekaan

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

Universiteit Stellenbosch Grondwet van die Akademiese Belangeraad Soos aanvaar op 19 Maart 2009

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

KONSTITUSIE VAN PAARL SAKEKAMER

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013

Kodes vir Afkeurredes

DIENSVLAKOOREENKOMS MET BETREKKING TOT DIE PLASING VAN WERWINGSADVERTENSIES, ONDERHOUDSVOERING EN HERVESTIGING VAN NUUT AANGESTELDE PERSONEEL

GRONDWET VAN DIE SUID-AFRIKAANSE WOONWA-ASSOSIASIE

Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers

INDEKS KONSTITUSIE VAN NEWCASTLE SAKEKAMER... 3

SEKSUELE TEISTERING: BELEID EN PROSEDURE TEN OPSIGTE VAN PERSONEEL

HOOFSTUK 9 Regspleging

Eerste jaarvergadering en konstitusie

GRONDWET GRAAN SA. Soos goedgekeur tydens die 2018 Kongres

MATZIKAMA SAKEKAMER GRONDWET

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Riglyndokument vir die Universiteit Stellenbosch (US) Ko-Kurrikulêre Ondersteuningsfonds (USKOF)

AKSIE NOTULE VAN DIE SPESIALE RAADSVERGADERING GEHOU OP DINSDAG 11 APRIL 2017 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, PIKETBERG

DIE BURGEMEESTER, RAADSLID T VAN ESSEN, SE VOORLEGGING VAN DIE TWEEDE HERSIENING VAN DIE

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES

A B C Toekenning. 15 Februarie 2003

Grondwet van die Studente-unie van die Universiteit Stellenbosch

AANVANG VAN N ONDERSOEK VAN BEWEERDE ONBEHOORLIKE GEDRAG

GRONDWET VAN DIE TYGERBERG STUDENTE UNIE VAN DIE UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH

GRONDWET Die aanvaarde embleem mag op amptelike briewe, kledingstukke, ens., soos deur bestuur besluit, gebruik word.

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

VOORSTEL VIR LIDMAATSKAP VAN DIE S.A. AKADEMIE

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW)

Aansoekvorm: BA Honneurs in Toegepaste Linguistiek 2015

HOËRSKOOL WONDERBOOM FINANSIËLE BELEID

3 Maart 2004 BESTUURSTAKE VAN VRYWILLIGERS AS LEDE VAN AFRIKAANSE CHRISTELIKE VROUE VERENIGING BESTURE

GRONDWET. van die NASIONALE AFRIKANER VOLKSEIE SPORTFEDERASIE (NAVSFED)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

Dit begin alles hier. Teologie

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

HOOFSTUK 5 Die President

Verloop van die kerkregtelike proses. Besluite van die Algemene Sinode: Selfdegeslag verhoudinge

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. Maatskappye Wet, 71 van 2008 (soos gewysig) AKTE VAN OPRIGTING VAN N MAATSKAPPY SONDER WINSOOGMERK MET STEMREG VIR LEDE

Ontleding van die toepassing van die 75 beginsels van korporatiewe bestuurstoesig soos aanbeveel in die King III-verslag

GRONDWET VAN DIE ALUMNIVERENIGING VAN DIE UNIVERSITEIT VAN PRETORIA KONSEP. (6 September 2015, soos gewysig en geredigeer op 27 Oktober 2015)

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

Transcriptie:

REGLEMENT VIR DEKANE AANSTELLING, PLIGTE EN BEVOEGDHEDE VAN DEKANE EN WYSE VAN VERKIESING Benewens die bevoegdhede en pligte van dekane kragtens die algemene en beplaalde fakulteitsregulasies of wat kragtens besluit aan hulle gedelegeer word, is die bepalings met betrekking tot die aanstelling, pligte en bevoegdhede van dekane soos volg: 1. AANSTELLING EN AMPSTERMYN Die ampstermyn van n dekaan is onderhandelbaar en word deur n komitee in behandeling geneem. Die Rektor inisieer hierdie onderhandeling (die Fakulteit Gesondheidswetenskappe uitgesonderd, aangesien die dekaan in hierdie geval permanent aangestel word. Hy moet as geneesheer by die SAGTR geregistreer wees). 2. PROSEDURE: AANSTELLING VAN N DEKAAN Die verkiesing van n dekaan, hetsy in n voltydse of deeltydse hoedanigheid, geskied op n wyse soos volledig uiteengesit in par. 4. 3. PLIGTE (KERNTAKE) VAN DIE DEKAAN Die Dekaan verteenwoordig die sentiment en belange van die Fakulteit by die Uitvoerende Bestuur en by die Dagbestuur van die Uitvoerende (UBD). By die UBD geskied dit deur die Dekaansverteenwoordiger op die UBD en/of deur die Viserektor(e) Akademies. Die Dekaan aanvaar verantwoordelikheid vir en doen verantwoording aan die Viserektor(e) Akademies ten opsigte van die volgende take: 3.1 Akademiese milieuskepping Aktiwiteite gerig op die skepping van n akademiese milieu in die Fakulteit in ooreenstemming met die missie van die Universiteit. 3.2 Akademiese beplanning Verkenning van die Fakulteit se bedieningsarea en bepaling van prioriteite onderhewig aan die belange van die universiteit en die van ander Fakulteite. Die integrasie van die belange van die Universiteit met dié van die eie Fakulteit en dié van ander Fakulteite.

3.3 Personeelevaluering en ontwikkeling van akademiese personeel Die monitering van die evalueringsproses van fakulteitspersoneel en verwerking van resultate. Evaluering en ontwikkelingsbeplanning van departmentshoofde. Ontwikkeling en bevordering van personeel. 3.4 Leierskap en bestuur 3.4.1 Leidinggewing ten opsigte van Fakulteite se onderwys- en navorsingsaktiwiteite en professionele dienslewering aan die gemeenskap. 3.4.2 Die bevordering van samewerking tussen personeel binne en buite die Fakulteit, asook tussen personeel en studente. 3.4.3 Sinvolle samestelling, koördinering en integrering van fakulteitsregulasies, kursusse en die toepassing daarvan. 3.4.4 Finansiële Bestuur. 3.4.5 Studentesake. 3.4.6 Die hanteer en bywoning van vergaderings. 3.4.7 Dissiplinêre aangeleenthede van studente en personeel. 4. PROSEDURE: AANSTELLING VAN N DEKAAN (Goedgekeur deur die Raad op 7 Maart 2003) 1 ADVERTENSIE EN NOMINASIE Name van kandidate word op twee maniere verkry: advertensie en nominasie. 1.1 Die posbeskrywing en -vereistes word deur die Direkteur: Menslike Hulpbronne opgestel in konsultasie met die Fakulteitskomitee, die Viserektor(e), die UBD en die Voorsitter van die Institusionele Forum. 1.2 Die Direkteur: Menslike Hulpbronne plaas n interne advertensie, asook eksterne advertensies in die plaaslike sowel as minstens twee nasionale Sondagkoerante waarin die vakature geadverteer word, met vermelding van n sluitingsdatum, die posvereistes en die aard van die aanstellingsprosedure. n Aansoek moet n volledige asook n verkorte curriculum vitae en n verklaring van voorneme van die kandidaat bevat, asook die name van minstens twee referente.

1.3 Die Direkteur: Menslike Hulpbronne rig n omsendskrywe aan die lede van die Fakulteitsraad met n uitnodiging om persone vir die Dekaansamp te nomineer, met vermelding van die sluitingsdatum. Die vereistes vir n geldige nominasie is handtekeninge van minstens twee Fakulteitsraadslede by wyse van n voorsteller en n sekondant, n volledige asook n verkorte curriculum vitae en n verklaring van voorneme van die genomineerde, asook die name van minstens twee referente. Persone van buite die Fakulteit of Universiteit kan ook genomineer word. Die genomineerde moet skriftelik aandui dat hy/sy die nominasie aanvaar. 2 AANWYS VAN DIE KEURINGSKOMITEE EN SAMESTELLING VAN DIE ONDERHOUDSLYS VAN KANDIDATE 2.1 n Spesiale vergadering van die Fakulteitsraad onder voorsitterskap van die Rektor of sy gevolmagtigde word so spoedig moontlik na die sluitingsdatum vir aansoeke gehou om n Keuringskomitee soos volg saam te stel: Die Rektoraat is ampshalwe lede van die Keuringskomitee 4 stemgeregtige lede van die Fakulteitsraad word per mondelinge nominasie en stemming (per geheime stemming of op n wyse bepaal deur die Fakulteitsraad) aangewys. Minstens een van die verkose lede moet n lid van die Fakulteitskomitee wees, en minstens twee van die verkose lede moet uit verskillende aangewese groepe kom. n Kandidaat mag nie lid van die Keuringskomitee wees nie. Met die aanstelling van n Dekaan by die Fakulteit Gesondheidswetenskappe sal toepaslike verteenwoordiging (soos bepaal deur die UBD in konsultasie met die Gesamentlike Advieskomitee) van die Provinsiale Departement Gesondheid tot die Keuringskomitee toegevoeg word. 2.2 Verteenwoordigers van die Institusionele Forum (1) en die vakbonde (een van elk) woon die verrigtinge van die Komitee by as waarnemers, onder meer sodat die Institusionele Forum die Raad oor die billikheid van die proses kan adviseer. 2.3 Een verteenwoordiger elk van die Departemente Menslike Hulpbronne en Diversiteit en Billikheid woon die verrigtinge van die Komitee in n adviserende hoedanigheid by.

2.4 Skriftelike verslae deur die referente word deur die Direkteur: Menslike Hulpbronne aangevra. Die Voorsitter van die Komitee mag ook telefonies of andersins met die referente skakel. 2.5 n Vergadering van die Keuringskomitee word deur die Rektor of sy gevolmagtigde belê. Die Komitee kan besluit om addisionele interne of eksterne kundigheid by die Komitee te betrek. Die verkorte en volledige curriculum vitae en verklaring van voorneme van elke kandidaat word aan die Komitee beskikbaar gestel, asook inligting van referente verkry. 2.6 Die Komitee besluit oor sy werkswyse (hantering van kriteria en besluitneming) en oorweeg, by wyse van n papierkeuring, al die kandidate in die lig van die posvereistes en tersaaklike kriteria, en stel n onderhoudslys saam om die kandidate vir onderhoude op te roep. 2.7 n Kworum vir die Komitee is 50% + 1 persoon. 3 OORWEGING DEUR DIE KEURINGSKOMITEE: ONDERHOUDE MET KANDIDATE EN SAMESTELLING VAN KORTLYS VAN DIE KANDIDATE 3.1 n Vergadering van die Komitee, adviseurs en waarnemers word deur die Rektor of sy gevolmagtigde belê waar die kandidate op die onderhoudslys vir onderhoude geroep word. 3.2 Addisionele interne of eksterne kundigheid kan na goeddunke deur die Komitee betrek en gebruik word. 3.3 Die Komitee voer onderhoude met al die kandidate wat op die onderhoudslys voorkom. 3.4 Toepaslike peilings van die persoonlike, professionele en bestuursprofiel van kandidate kan deur die Komitee gebruik word. 3.5 Die Komitee stem na afloop van die onderhoude oor die aanstelbaarheid van elke kandidaat in die lig van die posvereistes en tersaaklike kriteria. Elke kandidaat wat n volstrekte meerderheid van steun verkry, word as aanstelbaar geag.

3.6 Die Komitee stel daarna deur stemming n kortlys van name (maksimum 3) van die aanstelbare kandidate op wat in alfabetiese volgorde aan die Fakulteitsraad deurgegee word vir oorweging en advies. 3.7 Die Voorsitter het n beslissende stem in geval van n staking van stemme. 3.8 Indien die Komitee geen kandidaat as aanstelbaar sou ag nie, kan, in oorleg met die Fakulteit, n soekkomitee geaktiveer word om potensiële kandidate te identifiseer en uit te nooi om aansoek te doen. Die pos word dan opnuut geadverteer. Daarna verloop die proses soos gewoonweg. 4 OORWEGING EN STEMMING DEUR DIE FAKULTEITSRAAD 4.1 Elke kandidaat op die kortlys se verkorte en volledige curriculum vitae en verklaring van voorneme word aan die Fakulteitsraad beskikbaar gestel. 4.2 By n spesiale vergadering van die Fakulteitsraad word n geleentheid aan elke kandidaat gegee om n voordrag van 15 minute te lewer. Daarna word 15 minute vir vrae toegelaat. Slegs vrae wat op die betrokke pos en posvereistes betrekking het, word toegelaat. Die Rektor of sy gevolmagtigde tree as Voorsitter van die vergadering op. 4.3 By dieselfde spesiale vergadering van die Fakulteitsraad moet die Fakulteitsraad by wyse van stemming n aanduiding gee van voorkeur sowel as van die aanstelbaarheid van kandidate in die lig van die posvereistes en tersaaklike kriteria. Die Voorsitter het geen gewone of beslissende stem by hierdie vergadering nie. 4.4 Die stemming geskied per geheime stembrief en onder die toesig van die Direkteur: Menslike Hulpbronne. 4.5 Daar word in twee afdelings gestem: een afdeling dui aanstelbaarheid aan en die tweede afdeling voorkeur. In die eerste afdeling moet n stemgeregtigde persoon vir elke kandidaat JA of NEE stem wat betref aanstelbaarheid. Hierdie is

dus n aanduiding van wie almal deur n persoon as aanstelbaar geag word, ongeag of hulle n persoon se eerste keuse is of nie. n Kandidaat word as aanstelbaar geag as 50 % plus 1 persoon van die aanwesige stemgeregtigde lede ten gunste van die aanstelbaarheid van n spesifieke kandidaat stem. In die tweede afdeling het n stemgeregtigde persoon slegs een stem en moet sy/haar eerste keuse van kandidaat aangedui word. Hierdie is dus n gewone direkte stemming. 4.6 Kworumvereistes van 50 % plus 1 persoon geld vir die vergadering. Die uittredende Dekaan het stemreg. 4.7 Die uitslag van die stemming word aan die Fakulteitsraad bekend gemaak en aan die Keuringskomitee beskikbaar gestel. 5 AANBEVELING DEUR DIE KEURINGSKOMITEE AAN DIE UITVOERENDE BESTUUR 5.1 Die Komitee oorweeg alle inligting ten opsigte van die kandidate tesame met die stemming, voorkeurkandidaat en aanstelbare lys van die Fakulteitsraad in die lig van die posvereistes en tersaaklike kriteria. Die Keuringskomitee kan, op n wyse wat hy bepaal, verdere onderhoude of gesprekke met kandidate of konsultering met referente reël. 5.2 Die Komitee maak dan by wyse van stemming n duidelike aanbeveling aan die Uitvoerende Bestuur, met vermelding van n voorkeurkandidaat en/of volgorde van kandidate en stemtalle, asook n saaklike beredenering of evaluering aan die hand van eenvormige kriteria. 5.3 Indien die Komitee geen persoon uit die aanstelbare lys by die Uitvoerende Bestuur wil aanbeveel nie, word dit aan die Uitvoerende Bestuur meegedeel. 6 OORWEGING DEUR DIE UITVOERENDE BESTUUR

6.1 Die Uitvoerende Bestuur oorweeg die stemuitslag van die Fakulteitsraad sowel as die aanbeveling van die Keuringskomitee (insluitend die voorkeurvolgorde, stemtalle en beredenering) in die lig van die posvereistes en tersaaklike kriteria. 6.2 Die Uitvoerende Bestuur stem per geheime stembrief oor al die kandidate op die kortlys en gee sy aanbeveling oor die voorkeurkandidaat met vermelding van stemme deur na die Senaat en Raad. 6.3 Indien geen kandidaat by n eerste of verdere stemrondte die steun van n volstrekte meerderheid van die Uitvoerende Bestuur geniet nie, val die kandidaat wat die minste steun in n spesifieke ronde geniet het weg. Die proses word herhaal totdat n kandidaat die steun van n volstrekte meerderheid van die Uitvoerende Bestuur geniet. 6.4 In geval van n staking van stemme het die Voorsitter n beslissende stem. 6.5 Indien daar geen meerderheid ja-stemme vir n kandidaat uitgebring word nie, word die proses beëindig en word die saak na die Keuringskomitee terugverwys vir verdere hantering en oorweging (kyk 3,8 hierbo). 7 OORWEGING DEUR DIE SENAAT 7.1 Die aanbeveling van die Uitvoerende Bestuur word aan die Senaat voorgelê vir bekragtiging.

8 ADVIES DEUR DIE INSTITUSIONELE FORUM 8.1 Inligting oor die proses, die samestelling en werksaamhede van die Keurings-komitee, asook die uitslag van die stemming van die Fakulteitsraad, Uitvoerende Bestuur en Senaat word aan die Institusionele Forum voorgelê vir sy aanbeveling aan die Raad oor die billikheid van die proses. 9 OORWEGING DEUR DIE RAAD 9.1 Die Raad: oorweeg al die kandidate op die kortlys; neem kennis van die aanbeveling en stemming van die Fakulteitsraad oor voorkeur- en aanstelbare kandidate; neem kennis van die aanbeveling en voorkeurvolgorde van die Keurmingskomitee asook die Komitee se beredenering in dié verband; neem kennis van die advies van die Institusionele Forum oor die billikheid van die proses (indien beskikbaar); neem kennis van die uitslag van die Uitvoerende Bestuur se aanbeveling; neem kennis van die Senaat se aanbeveling; stem per geheime stembrief oor die kandidate op die kortlys, in die lig van die posvereistes en tersaaklike kriteria. 9.2 Die Registrateur en minstens nog een persoon tree as stemtellers op. 9.3 In geval van n staking van stemme beskik die Voorsitter oor n beslissende stem. 9.4 Die pos van Dekaan word aangebied aan die kandidaat wat die steun van die meerderheid van Raadslede geniet. 10 DISPUTE 10.1 Indien daar in enige stadium op n regstegniese punt n wesenlike vraag of dispuut sou ontstaan, word die amptelike regsadviseurs van die Universiteit, nl. Naude s, deur die Voorsitter of die Direkteur:

Menslike Hulpbronne gekontak vir uitsluitsel. Geen ander regsmenings word aanvaar nie.