REGLEMENT INSAKE DIE AANSTELLING VAN VOLTYDSE DEKANE

Vergelijkbare documenten
UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

AANSTELLING, PLIGTE EN BEVOEGDHEDE VAN DEKANE EN WYSE VAN VERKIESING

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

Riglyne vir Steundiensaanstellings

PROSEDURE: VERKIESING VAN N VISEREKTOR

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

Universiteit Stellenbosch Grondwet van die Akademiese Belangeraad Soos aanvaar op 19 Maart 2009

DIENSVOORWAARDES VIR NAVORSINGS- EN STEUNDIENSTEPERSONEEL

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

DIENSVLAKOOREENKOMS MET BETREKKING TOT DIE PLASING VAN WERWINGSADVERTENSIES, ONDERHOUDSVOERING EN HERVESTIGING VAN NUUT AANGESTELDE PERSONEEL

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

HOOFSTUK 9 Regspleging

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (GRONDSLAGFASE ONDERWYS)

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

WERKSPROSEDURES VAN DIE INSTITUSIONELE FORUM VAN DIE UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015

STATUUT. van DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (INTERMEDIêRE FASE ONDERWYS)

VOORSTEL VIR LIDMAATSKAP VAN DIE S.A. AKADEMIE

3 Maart 2004 BESTUURSTAKE VAN VRYWILLIGERS AS LEDE VAN AFRIKAANSE CHRISTELIKE VROUE VERENIGING BESTURE

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

Aansoekvorm: BA Honneurs in Toegepaste Linguistiek 2015

Ontleding van die toepassing van die 75 beginsels van korporatiewe bestuurstoesig soos aanbeveel in die King III-verslag

SEKSUELE TEISTERING: BELEID EN PROSEDURE TEN OPSIGTE VAN PERSONEEL

KENNISGEWING IN TERME VAN ARTIKEL 2.1 VAN DIE ATKV-REGLEMENT VIR DIE VERKIESING VAN DIREKTEURE

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

Kodes vir Afkeurredes

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

KONSTITUSIE VAN ARSO

PERSONEELONTWIKKELINGSBELEID

Grondwet van die Studente-unie van die Universiteit Stellenbosch

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

HOOFSTUK 5 Die President

HOOFSTUK 7 Die Nasionale Vergadering

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

GRONDWET VAN DIE TYGERBERG STUDENTE UNIE VAN DIE UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

DIE OOSTELIKE PROVINSIE TWEEKAMPVERENIGING. TEGNIESE REëLS VIR ATLETE

KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB

DIE BURGEMEESTER, RAADSLID T VAN ESSEN, SE VOORLEGGING VAN DIE TWEEDE HERSIENING VAN DIE

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

GRONDWET VAN DIE SUID-AFRIKAANSE WOONWA-ASSOSIASIE

A B C Toekenning. 15 Februarie 2003

Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch

LOSKOP RUGBYKLUB GRONDWET

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013

KODE VIR BESTUURSPRAKTYKE : GELYKMAKING VAN GELEENTHEDE

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW)

WET OP DIE SUID-AFRIKAANSE RAAD VIR OPVOEDERS 31 VAN 2000 [GOEDGEKEUR OP 26 JULIE 2000] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 2 AUGUSTUS 2000]

Die volgende is die hoofde waarin die ooreenkoms verdeel is:

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

DIENSVOORWAARDES VIR DOSERENDE PERSONEEL

KENNISGEWING VAN VERDAAGDE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN BKB-AANDEELHOUERS

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Posbeskrywing: Fakulteitsdekaan

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

ARBEIDSREG ARR214. Tema 5 Organiseringsregte, Kollektiewe Arbeidsreg & Kollektiewe Bedinging

4 Analisering en interpretering van die terugvoer uit die empiriese ondersoek

Riglyndokument vir die Universiteit Stellenbosch (US) Ko-Kurrikulêre Ondersteuningsfonds (USKOF)

1. Die bylaes is n samevatting van Kodes wat deur die Algemene Raad bepaal word en nie n integrale deel van die grondwet nie.

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE VIR DIE LEDE VAN DIE BEHEERLIGGAAM

LAERSKOOL ROBERTSON. 1. Wat word bedoel met Taalbeleid? 2. Die Grondwet, 108 van Die Suid-Afrikaanse Skolewet, 84 van 1996 TAALBELEID

KONTIKI PREPRIMêRE SKOOL GRONDWET

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS

Paarl Rangers Rugby-Voetbal Klub. Gestig (1914) Grondwet en Reglimente

ARBEIDSREG ABR214. T:

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006

DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER. 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer )

Gedragskode: Beheerliggaam Januarie 2010

VERDUIDELIKING VAN DIE BEVESTIGING VAN BESTAANDE WETTIGE WATERGEBRUIKE

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

Transcriptie:

1 van 7 REGLEMENT INSAKE DIE AANSTELLING VAN VOLTYDSE DEKANE A. KONTEKS Die onderstaande reglement en prosedures daarin uiteengesit moet binne die konteks van die Universiteit se Institusionele Voorneme en Strategie en ander beleidsdokumente se beginsels en uitgangspunte geïnterpreteer en toegepas word en sal te alle tye daaraan onderworpe wees. B. UITGANGSPUNTE 1. Die Universiteit moet die beste moontlike keuses doen by die aanstelling van Dekane. 2. By die aanstelling van Dekane moet daar rekening gehou word met die basiese vereistes wat aan die pos gekoppel is. 'n Dekaan moet: a) dinamiese leierskap verskaf vir die betrokke fakulteit, met inagneming van die strategiese rigtingwysers (missie-, visie-en waardestelling van die Universiteit) om die drie kernprosesse (navorsing, onderrig en gemeenskapsdiens) optimaal te kan bestuur; b) oor die nodige bestuursvaardighede beskik om in 'n gedesentraliseerde bestuurstelsel te kan funksioneer; c) normaalweg as professor in 'n akademiese departement van die betrokke fakulteit aanstelbaar wees. 3. Ingevolge artikel 34 van die Wet op Hoër Onderwys, No 101 van 1997, berus die bevoegdheid om werknemers aan te stel by die Raad van die Universiteit. 'n Dekaan word dus deur die Raad van die Universiteit, na oorlegpleging met die betrokke Fakulteitsraad, die Senaat en die Gesamentlike Aanstellingskomitee van die Raad, (wat bestaan uit die RBS en die Menslike Hulpbronnekomitee van die Raad) aangestel. 4. Die doserende personeel, die nie-doserende personeel en die studente van 'n fakulteit word betrek by die proses van die aanstelling van 'n Dekaan deur sitting op die Keurkomitee, wat verantwoordelik is vir die advertering van die pos, die werwing van kandidate en die opstel van 'n finale kortlys. Al die lede van die Fakulteitsraad speel 'n belangrike rol in die proses, deurdat hulle die geleentheid gebied word om kandidate aan te beveel en hulle voorkeur ten opsigte van die kandidate op die finale kortlys aan te toon.

2 van 7 5. Alhoewel alle aanbevelings, wat tydens die onderskeie fases van die aanstelling van voltydse Dekane gemaak word, aan die Raad voorgelê word, is dié aanbevelings op enigeen van die vlakke nie bindend op die volgende vlakke van besluitneming nie. 6. Waar die Reglement insake die Aanstelling van Voltydse Dekane bepaal dat daar oor kandidate in die Fakulteitsraad en die Senaat gestem word, sal dit as n raadplegingsmeganisme beskou word. Die uitslag van die stemming word gerapporteer deur die getal Ja-stemme en Nee-stemme ten opsigte van elke kandidaat aan te dui. 7. Waar die Reglement insake die Aanstelling van Voltydse Dekane bepaal dat daar oor kandidate in die Raad gestem moet word, sal dit as n Raadsbesluit beskou word, in welke geval die suksesvolle kandidaat 'n volstrekte meerderheid van die stemme van die stemgeregtigde lede wat aanwesig is en stem, moet verwerf. 8. Ten opsigte van die stemming wat in B6 deur die Reglement voorsien word, sal die volgende reëls geld: a) waar daar oor die geskiktheid van die kandidate gestem moet word, sal daar ten opsigte van elke kandidaat n Ja-opsie en n Nee-opsie op die stembrief verskyn; b) tensy die Voorsitter anders reël, vind stemming by wyse van geslote stembriewe plaas. 9. Ten opsigte van die stemming wat in B7 deur die Reglement voorsien word, sal die reëls soos in 8(a & b) bedoel, sowel as die volgende reëls geld: a) met volstrekte meerderheid word bedoel die helfte (50%) plus een (slegs ten opsigte van die stemming van die Raad); b) n lid van die betrokke kieskollege wat verkies om buite stemming te bly en dus nie n stembrief voltooi nie of n onvoltooide stembrief inlewer, word vir die doel van die uitslag van die stemming as afwesig beskou en sal nie as n deelnemende stem vir die doel van die bepaling van die getal stemme wat nodig is om n volstrekte meerderheid te behaal, geag word nie; c) n lid van die betrokke liggaam (kieskollege) wat sy/haar stembrief nie volgens die voorskrifte voltooi nie, se stembrief sal as n bedorwe stembrief beskou word, en sal nie as n deelnemende stem vir die doel van die bepaling van die getal stemme wat nodig is om n volstrekte meerderheid te behaal, geag word nie ( n bedorwe stembrief is een ten opsigte waarvan daar een of ander handeling uitgevoer is wat nie as n Ja of Nee stem geïnterpreteer kan word nie); en d) indien meer as een kandidaat se naam op n stembrief verskyn en daar van die kieskollege verwag word om ten opsigte van elke kandidaat n stem uit te bring, sal daar in gevalle waar daar nie n stem vir n kandidaat uitgebring word nie met betrekking tot daardie kandidaat, volgens die bepalings van B9b of B9c (welke een ook al toepaslik is) gehandel word. C. ALGEMENE BEGINSELS 'n Eenvormige benadering vir alle fakulteite sal gevolg word wat betref: 1. die termyn van aanstelling, wat normaalweg vyf jaar (maar nie meer nie) is;

3 van 7 2. die benadering dat 'n aanstelling aan 'n bepaalde akademiese department gekoppel word, met dien verstande dat 'n Dekaan wat nog nie die aftreeouderdom bereik het nie en nie weer vir die volgende termyn as Dekaan beskikbaar is nie of nie weer heraangestel word nie: a) binne die betrokke fakulteit geakkommodeer word; b) die poskoste deur die betrokke fakulteit gedra word en nie na die departement afgewentel word nie; en c) die bekostiging deur die fakulteit oor 'n periode van drie jaar ingefaseer word, met tussentydse finansiering wat sentraal voorsien word. D. PROSEDURE 1. Die proses vir die aanstelling van 'n Dekaan word deur die Rektor in oorleg met die RBS en die Menslike Hulpbronnekomitee van die Raad geïnisieer; normaalweg nege maande voor die verstryking van die termyn van die betrokke Dekaan of by die totstandkoming van 'n nuwe fakulteit. 2. 'n Keurkomitee, wat onder voorsitterskap van die Rektor (of verteenwoordiger) sal staan, word deur die Rektor tot stand gebring. Die Keurkomitee word soos volg saamgestel: a) die Rektor (of verteenwoordiger) as voorsitter; b) twee lede aangewys deur die Aanstellingskomitee (Senaat) uit sy verkose lede, wat nie 'n lid van die betrokke Fakulteitsraad is nie; c) een lid van die Senaat, wat nie 'n lid van die Fakulteitsraad is waarin die vakature ontstaan het nie, deur die Uitvoerende Komitee (Senaat) aangewys, met dien verstande dat een van die drie lede, soos in D2 (b en c) voorsien, 'n dienende Dekaan van 'n fakulteit aan die Universiteit moet wees; d) vyf lede van die betrokke Fakulteitsraad, aangewys deur die Fakulteitsraad by 'n vergadering onder voorsitterskap van die Rektor (of verteenwoordiger). Hierdie dosente hoef nie aan bepaalde posvlakke of departemente gekoppel te wees nie, maar dit is noodsaaklik dat hulle, sover moontlik, alle breë rigtings in die fakulteit sal verteenwoordig, verteenwoordigend sal wees van die samestelling van die dosentekorps, en lede uit die aangewese groepe sal bevat; e) een lid van die tegniese en administratiewe personeel in die betrokke fakulteit, aangewys deur hierdie groep persone; f) twee lede van die Raad, aangewys deur die Raad; g) een student van die betrokke fakulteit, aangewys deur die fakulteitstudentekomitee of vergelykbare liggaam; en h) een lid van die Institusionele Forum, aangewys deur die lede van die Institusionele Forum. Opmerking: In die geval van die Fakulteit Krygskunde, is die Bevelvoerder van die Militêre Akademie, en in die geval van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe een

4 van 7 verteenwoordiger van die Departement van Gesondheid van die Wes-Kaap Provinsiale Regering, ook 'n lid van die Keurkomitee. 1. Enige lid van die Keurkomitee wat 'n kandidaat vir die vakante pos is, onttrek hom of haar aan die Keurkomitee en word vervang soos in D2 (a-h) aangedui. 2. Die Keurkomitee verrig sy funksies kragtens die Interne Reglement van die Keurkomitee (Bylae A). 3. Die Rektor stel, namens die Raad, in oorleg met die RBS en die Menslike Hulpbronnekomitee van die Raad en na konsultasie met die betrokke Fakulteit, 'n posbeskrywing, asook die kwalifikasies en ander kriteria waaraan die kandidaat moet voldoen, beskikbaar. In die geval van die Fakulteit Krygskunde stel die Rektor, namens die Raad, in oorleg met die Bevelvoerder van die Militêre Akademie namens die Hoof van Gesamentlike Opleiding (DvV), 'n gedetailleerde posbeskrywing, asook die kwalifikasies en ander kriteria waaraan die kandidaat moet voldoen, beskikbaar. 4. Die advertensie vir die vul van die vakature word deur die Rektor gefinaliseer. Die pos word nasionaal en, indien die Keurkomitee so sou besluit, internasionaal in die media adverteer. 5. Die Keurkomitee nooi lede van die Fakulteitsraad uit om geskikte persone te nomineer. Nominasies moet gesteun word deur minstens vyf lede van die Fakulteitsraad, en moet die skriftelike verklaring van die genomineerde bevat dat hy/sy die benoeming aanvaar. 6. Die Keurkomitee werf geskikte kandidate volgens die bepalings van C(i) van die Interne Reglement van die Keurkomitee (Bylae A) om vir die betrekking aansoek te doen, veral vanuit die aangewese groepe, met rapport oor die werwingsproses aan die Fakulteitsraad, sowel as aan die Senaat en Raad. 7. Die kandidate word versoek om elkeen 'n informatiewe standpunt voor te berei oor, onder andere, hulle siening van die fakulteit se toekoms en die rol wat hulle vir hulself daarin sien. 8. Ná die sluitingsdatum vir aansoeke stel die Keurkomitee 'n voorlopige kortlys van aanstelbare kandidate op en voer onderhoude met dié kandidate ten einde 'n finale kortlys (van minstens drie name) van aanstelbare kandidate te verkry, met dien verstande dat: a) die afwyking van die bepalings van D8 volledig gemotiveer moet word, indien minder as drie name van aanstelbare kandidate aan die Fakulteitsraad voorgelê word; b) die Keurkomitee die hele identifiseringsproses kan herhaal indien daar volgens die oordeel van die Keurkomitee nie genoeg geskikte persone gevind is nie; c) die finale kortlys normaalweg minstens een persoon uit die aangewese groepe moet bevat; d) beide die voorlopige en finale kortlys ooreenkomstig die werkswyse soos bepaal deur paragraaf B(iv) van die Interne Reglement van die Keurkomitee saamgestel word; en e) die Keurkomitee 'n persoon uit eie geledere aanwys om die rapport by 'n spesiale vergadering van die Fakulteitsraad te stel.

5 van 7 9. By die spesiale vergadering van die Fakulteitsraad, wat onder voorsitterskap van die Rektor (of afgevaardigde) plaasvind: a) word die finale kortlys, in alfabetiese volgorde, met kommentaar en motivering van die Keurkomitee, die kandidate se standpunte en verkorte curricula vitae en die werwingsrapport, aan die Fakulteitsraad voorgelê (Die volledige curricula vitae van al die aansoekers sal voor die spesiale vergadering vir lede van die Fakulteitsraad ter insae beskikbaar gestel word deur die Afdeling Menslike Hulpbronne); b) word die kandidate op die finale kortlys gelyke geleenthede gegee om hulle standpunte aan die Fakulteitsraad voor te dra en om vrae van die Fakulteitsraad te beantwoord; c) stem die lede van die Fakulteitsraad, met inagneming van die posvereistes en geadverteerde kriteria, oor elke kandidaat op die finale kortlys (elke stemgeregtigde het een stem ten opsigte van elke kandidaat), met die doel om die Senaat te adviseer oor die geskiktheid van die kandidate op die finale kortlys, om as dekaan van die betrokke fakulteit aangestel te word; d) word lede van die Fakulteitsraad ook die geleentheid gegee om hulle voorkeure ten opsigte van die kandidate wat aanbeveel word, aan te dui, deurdat elke stemgeregtigde persoon een stem het om sy/haar voorkeurkandidaat aan te dui; e) geskied beide die stemmings, onder die toesig van die Rektor of sy/ haar afgevaardigde; f) word die stemuitslag van beide stemmings by wyse van die aantal stemme wat elke kandidaat verkry het, aan die Fakulteitsraad bekend gemaak; en g) word die uitslag van beide stemmings in die Fakulteitsraad, soos in B6 bepaal, deur die Keurkomitee aan die Senaat voorgelê. 10. Ná die spesiale fakulteitsraadsvergadering rapporteer die Keurkomitee aan die Senaat. 11. Die finale kortlys, in alfabetiese volgorde, met die kommentaar en motivering van die Keurkomitee, saam met die kandidate op die kortlys se standpunte en verkorte curricula vitae, die werwingsrapport en die aanbevelings van die Fakulteitsraad word aan die Senaat voorgelê. (Die volledige curricula vitae van al die kandidate op die finale kortlys, sal voor die vergadering deur die Afdeling Menslike Hulpbronne aan lede van die Senaat ter insae beskikbaar gestel word.) Die Senaat besluit deur middel van 'n stemming oor die kandidaat of kandidate wat deur die Keurkomitee aanbeveel is. Die uitslag van die stemming word aan n Gesamentlike Aanstellingskomitee van die Raad, bestaande uit die RBS en die Menslike Hulpbronnekomitee van die Raad, voorgelê. 12. Die Raad van die Universiteit oorweeg die aanbevelings van die Keurkomitee, die Fakulteitsraad, die Senaat en die Gesamentlike Aanstellingskomitee en neem 'n finale besluit oor die aanstelling van 'n geskikte kandidaat deur middel van 'n volstrekte meerderheid. Indien geen aanstelling gemaak word nie, word die aanstellingsprosedure vir nog minstens een maal herhaal. Indien hierdie prosedure weer eens daartoe lei dat geen kandidaat aangestel word nie, word 'n alternatiewe prosedure deur die Keurkomitee, ná oorlegpleging met die Fakulteitsraad, bepaal.

6 van 7 E. HERAANSTELLING VAN DEKANE 1. Die proses vir die moontlike heraanstelling van 'n Dekaan vir 'n volgende termyn word normaalweg nege maande voor die verstryking van die termyn van die Dekaan deur die Rektor geïnisieer. 2. 'n Dienende Dekaan wat aan die einde van sy/haar aanstellingstermyn nog nie aftree-ouderdom bereik het nie en aandui dat hy/sy nie vir 'n verdere termyn beskikbaar is nie, kan volgens die bepalings in C2 as werknemer van die Universiteit voortgaan. 3. Indien 'n dienende Dekaan nege maande voor die einde van sy/haar eerste aanstellingstermyn aandui dat hy/sy vir 'n verdere termyn beskikbaar is, en indien die RBS so aanbeveel, oorweeg die Aanstellingskomitee van die Senaat, met inagneming van die gelewerde prestasie-uitsette van die individu en ná oorlegpleging met die betrokke Fakulteitsraad soos in E4 voorsien, die moontlikheid om dié Dekaan se aanstelling vir 'n verdere termyn by die Gesamentlike Aanstellingskomitee van die Raad (bestaande uit die RBS en die Menslike Hulpbronnekomitee van die Raad) aan te beveel. Die Raad sal dienooreenkomstig meegedeel word. 4. By 'n spesiale vergadering van die Fakulteitsraad, wat onder voorsitterskap van die Rektor (of afgevaardigde) plaasvind, i) besluit die Fakulteitsraad met inagneming van die posvereistes, deur middel van 'n stemming, oor die heraanstelbaarheid van die dienende Dekaan; i geskied die stemming, onder die toesig van die Rektor of sy/haar afgevaardigde; en Die Gesamentlike Aanstellingskomitee oorweeg die aanbevelings van die Fakulteitsraad en neem 'n finale besluit deur middel van 'n volstrekte meerderheid. 5. Indien die Gesamentlike Aanstellingskomitee besluit om nie 'n dienende Dekaan vir die volgende termyn aan te stel nie, het hy/sy die keuse om volgens die bepalings in C2 as werknemer van die Universiteit voort te gaan. 6. Indien 'n dienende Dekaan vir 'n derde termyn beskikbaar is om as Dekaan op te tree, moet die heraanstelling volgens die normale volledige prosedure (soos in D1-12 omskryf) geskied. BYLAE A INTERNE REGLEMENT VAN DIE KEURKOMITEE Die Keurkomitee se samestelling word in paragraaf D2 van die Aanstellingsprosedure uiteengesit. Die Keurkomitee voer die funksies en pligte, wat in die aanstellingsprosedure uiteengesit word, kragtens die onderstaande Reglement uit. A. ALGEMENE BEGINSELS EN WERKWYSE i) Normale vergaderingsprosedure en -reëls is van toepassing by alle vergaderings van die Keurkomitee.

7 van 7 i iv) Alle inligting oor die kandidate wat deur die werksaamhede van die Keurkomitee aan die lede beskikbaar gemaak word, moet vertroulik hanteer word. Twee derdes van die aangewese lede van die Keurkomitee word vereis vir 'n kworum. Notules van die besluite moet van elke vergadering van die Keurkomitee gehou word en volgens die normale prosedures goedgekeur word. B. ROL VAN VOORSITTER i) Die Voorsitter is verantwoordelik vir die ordelike verloop van vergaderings van die Keurkomitee en moet verseker dat vergaderingsprosedures en reëls stiptelik nagekom word. i iv) Die Voorsitter verseker ook te alle tye dat vrae en gesprekvoering billik en regverdig teenoor die kandidate is. Die Voorsitter is daarvoor verantwoordelik om toe te sien dat enige stemming oor kandidate se in- of uitsluiting van die voorlopige of finale kortlys per geslote stembrief plaasvind, en moet die Keurkomitee se instemming verkry dat alle stemmings korrek en sonder enige rede vir ongeldigverklaring verloop het. By die konstituering van die Keurkomitee besluit die Komitee oor die wyse wat gevolg sal word om kortlyste saam te stel. C. WERWING VAN KANDIDATE i) Individuele lede van die Keurkomitee mag nie enige potensiële kandidate vir die betrokke dekaanspos werf nie. Werwingsaksies sal deur die Voorsitter of 'n klein sub-groep onderneem en gekoördineer word, na aanleiding van 'n besluit wat deur die Keurkomitee geneem is oor die persoon/persone wat genader moet word. Keurkomiteelede mag nie betrokke wees by die nominasie van kandidate nie. D. VERSLAG VAN DIE KEURKOMITEE AAN DIE FAKULTEITSRAAD EN DIE SENAAT i) Die verslag van die Keurkomitee aan die Fakulteitsraad en die Senaat moet deur al die lede van die Keurkomitee ondersteun word, met dien verstande dat in uitsonderlike gevalle en nadat alle redelike pogings tot eenstemmigheid uitgeput is, minderheidsverslae wel ingedien kan word. i Die verslag moet genoegsame inligting bevat oor die kandidate met wie onderhoude gevoer is, en wat op die finale kortlys in alfabetiese orde verskyn, om die lede van die Fakulteitsraad, die Senaat, die Gesamentlike Aanstellingskomitee en die Raad in staat te stel om n ingeligte besluit te kan neem. Die verslag moet n oordeel van die lede van die Keurkomitee ten opsigte van die regverdigheid en billikheid van die proses wat gevolg is, bevat. Goedgekeur deur die Raad op 22 Junie 2009 AP0037-Reglement insake die Aanstellig van Voltydse Dekane (Oktober 2015)