Pretoria- Nagmaal 26 Mei 2013

Vergelijkbare documenten
Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Pretoria- (Voorbereiding) 19 Augustus 2012

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Die Groot Gebod dennis de wet

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nabetragting)

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nagmaal)

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

n Tempel Leier besoek Jesus

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Jesaja sien die Toekoms

Welkom by Die Storie God se storie

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Les 1 vir 7 Oktober 2017

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Die gebed leer ons dat die kerk die eenheid in die Drie Enige God weerkaats en weerspieël.

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Petrus en die Krag van Gebed

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

Pragtige Koningin Ester

Tema: Troos mekaar met Christus se lewe en sterwe, die bron van ons hoop in lewe en dood.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Van Vervolger tot Prediker

n Dubbele kruis-belydenis

DIE BRIEF AAN FILEMON

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Die brief aan die Filippense

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Geroep vir Gemeenskap

Dr AH Bogaards. 1. Inleiding Wat is eensaamheid? Lees: Mt.27: Teks: Mt.27: Datum: 18 Oktober 2015

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Toe God alles gemaak het

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Baie welkom by vanoggend se erediens

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

Die Kerk se Geboorte

Van Vervolger tot Prediker

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

Preek Romeine 1:16-17

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Toe God alles gemaak het

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Transcriptie:

1 Skriflesing: 1 Thessalonicense 3 Teks: 1 Thessalonicense 3:12-13 Sing- Ps. 138:1,2; Ps. 40:4,6; Ps. 67:1; Ps. 23:3; Ps. 116... Ps. 133:1,2 1 Thessalonicense 3 1Th 3:1 Daarom, toe ons dit nie langer kon uithou nie, het ons besluit om in Athéne alleen agter te bly; 1Th 3:2 en ons het Timótheüs, ons broeder en dienaar van God en ons medewerker in die evangelie van Christus, gestuur om julle te versterk en julle te bemoedig in julle geloof, 1Th 3:3 sodat niemand verontrus mag word onder hierdie verdrukkinge nie; want julle weet self dat ons hiervoor bestemd is. 1Th 3:4 Want ook toe ons by julle was, het ons julle vooruit gesê dat ons verdruk sou word, soos dit ook gebeur het en soos julle weet. 1Th 3:5 Daarom, toe ek dit nie langer kon uithou nie, het ek ook gestuur om julle geloof te wete te kom, of die versoeker julle nie miskien versoek het en ons arbeid tevergeefs sou wees nie. 1Th 3:6 Maar nou dat Timótheüs net van julle af by ons aangekom het en ons die goeie tyding van julle geloof en liefde gebring het, en dat julle altyd n goeie herinnering aan ons behou en verlang om ons te sien, net soos ons ook vir julle 1Th 3:7 daarom, broeders, is ons in al ons verdrukking en nood vertroos oor julle deur jul geloof. 1Th 3:8 Want nou leef ons, as julle vasstaan in die Here. 1Th 3:9 Want watter dank kan ons God vergelde oor julle vir al die blydskap waarmee ons om julle ontwil ons verbly voor onse God, 1Th 3:10 terwyl ons nag en dag baie ernstig bid om julle aangesig te sien en te voltooi wat aan julle geloof ontbreek? 1Th 3:11 Maar mag onse God en Vader self en onse Here Jesus Christus ons weg na julle toe rig; 1Th 3:12 en mag die Here julle ryk en oorvloedig maak in liefde vir mekaar en vir almal, soos ons ook teenoor julle is, 1Th 3:13 sodat Hy julle harte kan versterk om onberispelik te wees in heiligheid voor onse God en Vader by die wederkoms van onse Here Jesus Christus met al sy heiliges. Skriflesing: 1 Thessalonicense 3 Teks: 1 Thessalonicense 3:12-13 Sing- Ps. 138:1,2; Ps. 40:4,6; Ps. 67:1; Ps. 23:3; Ps. 116... Ps. 133:1,2 Wanneer ons Nagmaal vier, broeder en suster, dan sit ons aan die tafel van die Here wat in n sekere sin ons baie naby mekaar moet bring. Daar is in hierdie 3de hoofstuk van Paulus se oudste briewe, waarna ons die vorige twee weke reeds die eerste twee hoofstukke wou oopmaak, die verlange in Paulus om hulle vir wie hy voor omgee dat hy graag in hulle teenwoordigheid wil wees. Naby mekaar te wees, werklik vir mekaar om te gee, lief te wees vir mekaar. Hy wil hulle graag van gesig tot gesig sien- v.10-10 terwyl ons nag en dag baie ernstig bid om julle aangesig te sien en te voltooi wat aan julle geloof ontbreek? Paulus het vir die gelowiges in Thessalonika besondere waardering. In hfst. 1 het ons as kerngedagte gehad dat n kerk soos in Thessalonika moet ons na onsself laat kyk. Daar het die Woord weerklink (1 Thess.1:8), daar was bekering (1 Thess1:9), daar was werklik n

2 lewende verwagting na wat Jesus Christus vir ons beteken (1 Thess. 1:10). Ook wanneer Hy weer gaan kom. By hfst. 2 was ons verlede Sondag ingelyf in wat Paulus in sy roeping en in sy persoon deurgemaak het. Hy was waarlik n waardige bedienaar omdat God hom waardig geag het. God het hom gemaak wat hyself nooit sou kon wees nie. Terselfdertyd het die waardige bedienaar eintlik net een taak en dit is om die Woord van die Here uit te dra. Hoe belangrik dat ons altyd sal onthou die woord soos wat Paulus dit stel, is n woord wat ons ontvang, maar die verkondigde woord is nie maar gewone mensewoorde nie. Vers 13 van 1 Thessalonicense 2- julle dit aangeneem het nie as die woord van mense nie, maar, soos dit waarlik is, as die woord van God wat ook werk in julle wat glo. Belangrik dat ons daaraan vashou dat die Woord het energie. Dit is n woord wat werk. Die toets om te bepaal of die verkondigde woord, God se Woord is, is kyk na die uitwerking. Dit sal of mens nader aan die Here bring, of die verharde sal deur die Woord nog meer verhard word. Hulle sal al vêrder van die Woord wegstaan. Die Woord werk na alle kante toe! Ons het verlede Sondag ook gehoor die kerk ontvang n erekrans. Die kroon van roem in die teenwoordigheid van Jesus Christus. Dit gaan gepaard met n hoop en n blydskap, wat die mens in die teenwoordigheid van Christus geëer word. Dit bly n eer en n voorreg om die dinge te mag hoor, God se Woord te mag hoor, die uitwerking daarvan te mag sien en so tot die tafel van die Here te nader. Maar geliefdes voordat ons na die tafel kom, is 1 Thessalonicense 3 met weer n unieke benadering in ons as gelowiges se kerk-wees besig. 1 Thess.2 wys op die waardige bedienaar wat die Woord geloofwaardig moet uitdra, vir wat dit moet wees, God se Woord, maar 1 Thess.3 kyk nie net na die bedienaar nie, maar ook hulle wat die Woord ontvang. Die gemeente wat hierdie Woord wat werk in ontvangs neem, wat is die wesentlike wat van die gemeente verwag kan word. Hfst. 2 praat van hoop en blydskap en eer, hfst. 3 kom die ontbrekende. Dit gaan om geloof maar die nog groter deel, ware liefde... Vers 10 praat van om te voltooi wat aan julle geloof ontbreek... Die finale voltooiing kan alleen plaasvind as daar liefde is... Dit waarmee hierdie hoofstuk sy hoogtepunt vind. Broeder en suster, ons teksverse wys in besonder op twee dinge. Die eis van naasteliefde, staan voorop... mag die Here julle ryk en oorvloedig maak in liefde vir mekaar en vir

3 almal...die tweede wat hiermee in verband staan is om onberispelik te wees in heiligheid voor onse God en Vader... Ons tema is dan- Erken en herken dit wat God se liefde is, voordat dit liefde vir jou kan word. Ons laat ons hierdeur lei en stel as hoofpunte: 1. die eis van naasteliefde. 2. Hierdie eis versterk ons om onberispelik in die liefde te word. Die eis van naasteliefde: Die wesentlike waarmee die Woord vanoggend werk is om te besef wat is ware liefde. Daaroor moet ons nie wil filosofeer en allerhande slimpraatjies wil maak en allerhande menslike afleidinge wil maak van hierdie een is my naaste, daardie een kan nie my naaste wees nie. Daar is geen plek vir benepenheid en karigheid en suinigheid, ja daar is geen plek vir vrekkerigheid in die liefde nie. Vers 11 is dit n gebed wat in die Drie-Eenheid van God Hom aanroep- Mag onse God en Vader self en onse Here Jesus Christus ons weg na julle toe rig...en dan staan direk hierna as die weg gerig is...mag die Here julle ryk en oorvloedig maak in liefde vir mekaar en vir almal... Wanneer ons werklik oor die eis van naasteliefde hier handel, kan ons eintlik maar net weer kom by hom wat hier skrywe. Paulus geïnspireer deur die Heilige Gees. Hy het waarlik hierdie mense in Thessalonika liefgehad. Dit wil amper klink asof hy in sy liefde frustreer was. Hy wou baie graag langer by hulle gebly het, maar soos ons reeds goed weet, ná net drie weke in die groot stad is hy daar weggedryf en het hy Paulus, Silas en Timotheus moes vlug. Dit wil lyk op die vlug tóg het Silas en Timotheus in Berea agtergebly, Paulus het alleen na Athene vertrek, waar Silas en Timotheus hulle eers weer later in Athene by Paulus kon aansluit en die driemanskap as driehoek weer kon saamstaan. Paulus se liefde laat die driehoek losbreek, want stuur Paulus vir Timotheus van wie hy eintlik so afhanklik was, maar stuur hy Timotheus terug na Thessalonika, gaan kyk wat gaan daar aan. Daar was n besondere verhouding tussen die twéé, Paulus en Timotheus, maar het Paulus sy eie posisie, sy eie steun op Timotheus prysgegee, dat daar werklik eerstehands inligting kan kom wat gaan aan nadat ons so vinnig daar moes weg. Broeder en suster, wanneer ons oor naasteliefde praat, dan gaan dit nie oor iets wat ek oor wonder, dit gaan nie maar oor n swewende gevoel wat ek ronddra nie. Naasteliefde gaan oor kennis, om werklik te weet, hoe gaan dit werklik met jou, met jou my broer, my suster, maar dit word nog moeiliker. Om te wil weet hoe gaan dit werklik met my vyande. Ek wil hulle nie dood hê nie, ek wil hulle anders hê. Ek wil dat hulle ook vir my sal lief wees, want

4 al is hulle my vyande, soos daardie mense wat Paulus uit daardie stad uitgedryf het. Paulus wil hulle nie haat nie, hy wil voor hulle ook lief wees. Dit gaan vir hom om dit wat hy later leerstellig oor die liefde geskryf het- Rom 12:17-21: 17 vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense; 18 as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. 19 Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here. 20 As jou vyand dan honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink, want sodoende sal jy op sy hoof vurige kole ophoop. 21 Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie. Wanneer ons hierna kyk, met ook 1 Kor. 13, seker die skoonste, mooiste woorde wat daar oor die liefde gesê kan word, n hoofstuk wat eintlik die see van liefde oopbreek, die golwe wat op die stand uitspoel en weer intrek, so is 1 Kor. 13 saamgestel. Klomp dinge spoel uit- hoor al die dinge- 1 Al sou ek die tale van mense en engele spreek... 2 En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit... 3 En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word... Daar is klomp dinge wat uitspoel, klomp goed wat ek en jy by hierdie Nagmaal vanoggend op die strand van ons lewe sien lê maar by elk van hierdie verse is die terugtrek in die see van liefde dieselfde refrein- vers 1 se terugtrek- en ek het nie die liefde nie, dan het ek n klinkende metaal of n luidende simbaal geword. Vers 2 se terugtrek- en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. Vers 3 se terugtrek- en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie. Kan u verstaan hoekom Paulus in sy heel eerste brief wat hy ooit aan n kerk geskryf het, sy oudste brief, dit waaruit ons vanoggend gelees het, is daar die aangrypende gebed- mag die Here julle ryk en oorvloedig maak in liefde vir mekaar en vir almal, soos ons ook teenoor julle is... Om in die liefde ryk en oorvloedig te wees, daarvoor het ons hierdie Nagmaal nodig. Ons kom baie naby mekaar. Ons wil die Nagmaal aan tafel vier en nie maar sommer daar in die banke nie, ons is in mekaar se oë en naby mekaar. Dit is n verbondsmaal hierdie, dit is n liefdesmaal hierdie. Die verbond bring God naby ons, maar dieselfde verbond bring ons naby God, die één God wat ons, om naby Hom te wees, ook naby mekaar wil bring. Dit is wat

5 eenheid tog waarlik beteken. n Eenheid wat God se liefde erken en n liefde wat God se eenheid met sy kinders herken. Erken en herken dit wat God liefde is, voordat dit liefde vir jou kan word. Ons drink uit dieselfde beker en nie maar elkeen uit sy eie bekertjie nie, want by die Nagmaal kan ons uitkom in wat die liefde beteken. Wie werklik vir mekaar omgee, vir die een sal dit nie saak maak om uit die beker te drink wat ander ook uitgedrink het nie. Ons lewe nie vir onsself nie, wie dit dink sal ontnugter wees. Ons lewe vir Christus, Christus wat op die vooraand van sy bittere kruisdood het hy op die laaste nog by sy dissipels en so ook by sy kerk gepleit om onder sy liefde te skuil. Joh. 15:9-9 Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My. Om dit te doen, om in Christus se liefde te bly, daar gaan die liefde ons vooruit. Dit stel ons as tweede gedagte vandag- Laat jou liefde onberispelik word: Dit is die einddoel. Liefde wat meer word hang nie maar in die lug nie. Dit begin binne jou, om jou hart sterker te maak, maar dit werk na buite. Dit het werklik n heilige doel. Die doel dat mense nie die vinger na jou kan wys nie. In die Grieks het hierdie woord wat vertaal word as onberispelik a;memptoj (amemptos)- daarmee te doen dat dit neem alle blaam weg, dit wat ek verkeerd mee handel, dit wat my lewe mee bevlek is. Ja alle mense het bepaalde etiese en morele kwaliteite, wat wel wissel, maar uit onsself kan hierdie kwaliteite nie goed wees nie, maar hierdie moreel etiese kwaliteite bepaal selfs mense se gedrag. Hoe sondig ek is, hoe skuldig staan ek, daar is nog so baie waarin ek verkeerd handel, ja met hierdie woord a;memptoj (amemptos)- besef ons, uit myself kan ek nie onberispelik wees nie, maar nou doen die liefde iets wat ek nie kan doen nie. Dit wat uit jou hart moet kom, dit waarmee u en my harte vanoggend by hierdie Nagmaal mee versterk moet word, is die vraag wat beteken Christus se liefde, Hy wat uit liefde sy lewe vir ons afgelê het, waarlik vir jou?! Dit gaan om n lewe wat ons voor God lewe. Paulus praat van om onberispelik te wees- voor onse God en Vader by die wederkoms van onse Here Jesus Christus met al sy heiliges. Ons moet so lewe dat ander kan sien ons het Nagmaal gevier. Daar is bepaalde verwagtinge vóór die Nagmaal, nog meer bepaald ook ná die Nagmaal.

6 Hierdie onberispelike lewe is natuurlik nie ons prestasie of selfs n teenprestasie op God se liefde vir ons nie, dit is en bly ook n gawe van God. Om onberispelik en in heiligheid voor God die Vader nou na sy tafel te nader, hou die wederkoms in die oog. U onthou hoe ons die vorige weke gewys het, elke hoofstuk uit 1 Thessalonicense bring die feit van Christus se wederkoms as finale hoogtepunt. Dit is n klimaks ook in die hoofstuk. Hier word ons saam met heiliges in beweging gebring. Teoloë verskil oor wat presies met hierdie heiliges aan die einde bedoel word. Dit kan wees, dit bring ons in die geselskap van die engele. Dit wat by die hart moet begin, eindig by God se engele, watter wonderlike sirkel. As die heiliges sou beteken om aan te sluit by ander mense, hulle wat reeds in God geheilig is, dan sal Christus by sy wederkoms ons met hulle saamvoeg. Ons sal as verloste heiliges een met Christus wees, maar nou nog vier ons Nagmaal as kinders van God wat vanoggend opnuut moes besef om in die liefde ryk te mag wees is die rykste wat daar kan wees, iets meer heilig kan daar nie wees as dit wat God se liefde is nie en hierdie liefde staan op sy tafel vir ons om daarin te deel. AMEN