Sentraalbeplande stelsel

Vergelijkbare documenten
Afdeling A: Ekonomiese stelsels

Les 14: Entrepreneurskap

EKONOMIE EKSAMEN INLIGTING GRAAD 11 NOVEMBER EKSAMEN. VRAESTEL 1: 14 JUNIE: 1e SESSIE. VRAESTEL 2: 18 JUNIE: 1e SESSIE

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

DIE ROL VAN LANDBOU IN DIE EKONOMIE DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

FAKTORE EN VEELVOUDE

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

EKURHULENI NOORD. DISTRIk 14 NOVEMBER Graad 8 Memorandum

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

EBW GRAAD 7. Sê of die volgende stellings waar of onwaar is. (7)

Skoolgereed in 10 weke: Week 1

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Briewe, posseëls en elektroniese pos

KAN N MIELIE MET N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 GESKIEDENIS V1

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

BARRETT SE TAKSONOMIE

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Breedte. Oppervlak = Lengte X Breedte. Ons kan nou enige reghoek se oppervlak bereken met hierdie formule, nie waar nie?

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Prysvorming deur vraag en aanbod

Hoërskool Alberton Lewens-oriëntering 2 Junie 2015 Graad 11 Junie Eksamen Tyd: 2 uur Eksamninator: A. Basson Punt: 80 Moderator: Nonhlanhla Tsematse

Tema: FOKUS: Ekonomiese & Finansiële wetenskappe ARBEID Vergoeding VRAAG & AANBOD GELD & NUT. ANTWOORD van die KAPITALIS: Skaarsheidsfaktor

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Stel jou kind belang in lees en boeke? Ja / nee

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

25. Ontwikkelde en ontwikkelende lande

Foto-redigering vir sun.ac.za

Omgekeerde bewerkings Getalsinne

Algemene Grootboek. DIT IS BAIE BELANGRIK NOU OM TE WEET WATTER REKENINGE IS BATES, EIENAARSBELANG en LASTE.

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Antieke Egipte en die Nylrivier

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Peter Dladla besit Dladla s Sokkerwinkel. Die onderneming vervaardig en versprei sokkerballe. Die finansiële jaar eindig op 30 Junie elke jaar.

EKONOMIE VRAESTEL 1/2 GRAAD 12 JUNIE-EKSAMEN

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Paulus kritiseer sy tyd se manier

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING EKONOMIESE BESTUURSWETENSKAPPE HALFJAARLIKSE EKSAMEN JUNIE 2015 GRAAD 8

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

6 tellers en noemers bymekaarbring en van mekaar skei.

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 GESKIEDENIS V1

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Die historiese Jesus. Vertrekpunt

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Hoërskool Alberton Lewens-oriëntering 3 Junie Eksamninator: A. Basson Punt: 80 Moderator: Nonhlanhla Tsematse. Naam: Graad:

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Vraag 1: Danse in Verskillende Kulture Beantwoord die vrae gebaseer op die foto's langs die vrae.

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde

HANDLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 6

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

KAN MIELIES WINSGEWEND GEPRODUSEER WORD? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Hoërskool Montana SW Graad 8 Eindeksamen: 22 November 2011 LU1 AS2a; LU2 AS1, 2; LU3 AS2. Naam & Van:

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

SUKSES vir 2006 I Gedagtes

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

2. Die skepping van die mens

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

My Getallelynboek (4) Naam: Jaar: Skool:

6 Strukture. Vrae. 1. Noem drie belangrike dinge wat strukture vir ons kan doen. 2. Watter twee soorte strukture kry ons?

Inleiding Tot Die Jagluiperd

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Transcriptie:

Hoofstuk 1: Ekonomiese stelsels 1 Definisie van die konsep Ekonomiese stelsel: n Ekonomiese stelsel kan beskryf word as die manier waarop besluite geneem word oor: Hoe produksiefaktore / hulpbronne (kapitaal, grondstowwe, arbeid en entrepreneurskap) georganiseer word om goedere en dienste te produseer en te versprei. Die basiese verskille tussen Ekonomiese stelsels draai om die volgende drie Ekonomiese kwessies: WAT word geproduseer? HOE (hoeveel en deur wie) vind produksie plaas? VIR WIE word dit geproduseer? Onthou hierdie vrae wanneer daar nou gekyk word na die drie basiese Ekonomiese stelsels, nl. Sentraalbeplande stelsel Gemengde stelsel Vryemarkstelsel Soos wat die verskillende Ekonomiese stelsels bespreek word, sal jy agter kom die verskillende stelsels hou nou verband met verskillende politieke stelsels.

2 Drie tipes Ekonomiese stelsels: 2.1 n Sentraalbeplande stelsel Wys vir my n Kapitalis, en ek wys vir jou n bloedsuier - Malcolm X As daar verwys word na n Sentraalbeplande stelsel, is die vraag wie beplan die ekonomiese aktiwiteite wat in die land plaasvind? En die antwoord is: Ekonomiese aktiwiteite word alles deur die regering (d.w.s. in n sentrale plek) beplan. Die fokus in hierdie tipe stelsel is gewoonlik op dit wat die staat nodig het (meestal industriële goedere) en min klem word gelê op die vervaardiging van verbruikersgoedere wat die gewone man op die straat nodig het. Om ons drie ekonomiese vrae te beantwoord: WAT word geproduseer? Slegs dit wat die regering goedkeur. HOE (hoeveel en deur wie) vind produksie plaas? Die regering besluit hoeveel van elke produk / diens vervaardig moet word en wie dit moet maak. Daar is dikwels selfs geen vryheid van keuse om jou eie beroep te kies nie VIR WIE word dit geproduseer? Die regering besluit wie die goedere en dienste ontvang (nadat hulle dít gevat het wat hulle nodig het). Voordele van die Sentraalbeplande stelsel: Teoreties gesproke sal daar geen werkloosheid wees nie, want die regering sal alle burgers benut om goedere en dienste te skep tot voordeel van die land. Dit is egter nie in die werklikheid die geval nie. Die staat maak seker almal het toegang tot basiese dienste soos gesondheidsorg. Dit is egter nie altyd van hoogstaande kwaliteit nie, maar mens kan seker sê dis beter as niks (of in die vryemarkstelsel waar die arm mense dikwels geen toegang daartoe het nie, want dis onbekostigbaar duur). Nadele van die Sentraalbeplande stelsel: Verbruikers (gewone burgers van die land) se behoeftes is baie laag op die prioriteitslys wanneer dit kom by die besluit oor die produkte / dienste wat gemaak moet word. Beperkte keuse van produkte, want hoekom sal die staat n verskeidenheid van dieselfde produk laat maak? Omdat alle hulpbronne aan die staat behoort, is daar min rede vir mense om hulpbronne so effektief moontlik te benut, inisiatief te toon en hard te werk. Pryse word deur die staat beheer.

Voorbeelde waar hierdie tipe ekonomiese stelsel geïmplementeer word, is Noord-Korea en Kuba. Aktiwiteit 1: 1 Noem die vier produksiefaktore. 2 Gee die definisie van n Sentraalbeplande ekonomiese stelsel in jou eie woorde. 3 Sou jy dink dat n Sentraalbeplande ekonomiese stelsel geassosieer word met n demokratiese of kommunistiese politieke stelsel? Motiveer jou antwoord. 4 Ontwerp n bufferplakker (bumper sticker) wat iets sal sê van (ten gunste of gekant teen) n Sentraalbeplande stelsel. 2.2 n Mark-ekonomie of ook bekend as n Vryemarkstelsel of kapitalisme In kapitalisme word rykdom ongelyk verdeel. By ander markstelsels word armoede gelyk verdeel - Winston Churchill Die ander uiterste van die skaal (teenoor n Sentraalbeplande stelsel) is n Mark-ekonomie waar ekonomiese aktiwiteite draai om vraag en aanbod. Die regering meng nie in by die funksionering van

die ekonomie nie en industriële goedere en verbruikersgoedere word vervaardig gebaseer op die vraag na die produk of diens. Om ons drie ekonomiese vrae te beantwoord: WAT word geproduseer? Dit waarvoor daar n aanvraag is. HOE (hoeveel en deur wie) vind produksie plaas? Besighede wat met mekaar meeding (kompeteer) maak soveel moontlik produkte as wat hulle kan verkoop om n wins te maak. VIR WIE word dit geproduseer? Vir die groep wat dit kan bekostig om dit te koop. Voordele van n Vryemarkstelsel: Mense het die geleentheid om hard te werk en suksesvol te wees. Entrepreneurskap (vernuwing van idees) is sterk, omdat daar n finansiële motief is en daarom verseker mededinging (vraag en aanbod) gewoonlik dat pryse billik en kwaliteit goed is. Daar is n verskeidenheid produkte / dienste waaruit verbruikers kan kies om hulle behoeftes te bevredig. Hulpbronne is in privaatbesit en mense is dus gemotiveerd om hulpbronne soos kapitaal, grondstowwe en arbeid so goed as moontlik te benut. Waar moontlik (en dit winsgewend is) word hulpbronne herwin om weer te gebruik. Nadele van n Vryemarkstelsel: Daar is n oneweredige verspreiding van inkomste. Die mense met die meeste hulpbronne word baie ryk en die met min hulpbronne word beperk tot die mate waartoe hulle kan deelneem aan die ekonomie en dus verarm hulle dikwels. Daar ontstaan soms monopolieë waar daar net een verskaffer van n produk en/of diens is. Beperkte mededinging in so geval het tot gevolg dat pryse hoog is en daar geen inisiatief is om kwaliteit te verbeter nie. Daar is min motivering vir mense om goedere te vervaardig wat in die publieke belang van die land is, omdat daar nie wins uit gemaak kan word nie. Bv. wie sal die polisie en weermag van die land finansier? Soms faal besigheide (gaan bankrot) a.g.v. intense mededinging en dan verloor baie mense hulle werk. Aktiwiteit 2: 1 Hoekom staan n Mark-ekonomie ook bekend as n Vryemarkstelsel? 2 Gee nog n ander naam vir n Mark-ekonomie of Vryemarkstelsel.

3 Met watter tipe politieke stelsel sal jy n Vryemarkstelsel assosieer? Motiveer jou antwoord. 4 Gee twee moontlike voordele van n Sentraalbeplande stelsel bo n Mark-ekonomie vanuit iemand wat arm is se oogpunt. Wenk: Dink aan dienste wat die staat nie sal lewer nie as dit n suiwer Vryemarkstelsel is. 2.3 n Gemengde stelsel n Gemengde stelsel is presies wat die naam impliseer: n kombinasie van die Sentraalbeplande stelsel en n Vryemark-ekonomie. Die produksie, verspreiding en pryse van goedere en dienste word beheer deur vraag en aanbod, maar die regering sal sekere Ekonomiese aktiwiteite beheer. Die meeste lande in die wêreld het deesdae hierdie tipe ekonomie Suid-Afrika ingesluit. Die verskil tussen lande is gegrond op die mate (hoeveel) die staat inmeng in die ekonomie. Om ons drie ekonomiese vrae te beantwoord: WAT word geproduseer? n Kombinasie van dit waarvoor mense bereid is om te betaal en wat die regering as belangrik beskou. HOE (hoeveel en deur wie) vind produksie plaas? Beide die regering (publieke / openbare sektor) en entrepreneurs (privaatsektor) besluit hieroor afhangend van die produk / diens wat ter sprake is. VIR WIE word dit geproduseer? Beide die regering en privaatverbruiker se behoeftes word in ag geneem. Voordele van die Gemengde stelsel: Sosiale dienste (skole, hospitale en veiligheid) word deur die staat verskaf. Die staat skep baie werk omdat daar sekere goedere en dienste geproduseer word. n Kombinasie van die voordele van die Sentaalbeplande en Vryemarkstelsel afhangend van die mate waartoe die regering inmeng in die ekonomie. Besluit self watter voordele van toepassing is in Suid-Afrika

Nadele van die Gemengde stelsel: In die staatsdienssektor is daar baie burokrasie en stadige besluitneming en dikwels swak diens as gevolg hiervan. n Kombinasie van die nadele van die Sentaalbeplande en Vryemarkstelsel afhangend van die mate waartoe die regering inmeng in die ekonomie. Besluit self watter nadele van toepassing is in Suid-Afrika Aktiwiteit 3: 1 Bespreek een voordeel van n Gemengde stelsel bo: n Sentraalbeplande ekonomie n Mark-gedrewe ekonomie 2 Bespreek een nadeel van n Gemengde stelsel bo: n Sentraalbeplande ekonomie n Mark-gedrewe ekonomie 3 As hierdie prentjie hieronder die Gemengde Ekonomiese stelsel voorstel, wat dink jy, sê die twee persone op die man se skouers vir hom? Die persoon op sy linkerskouer? Die persoon op sy regterskouer?