Sanlam Belastingvrye Beleggings

Vergelijkbare documenten
Sanlam Belastingvrye Beleggings Omvattende opsomming van produkbesonderhede

Belastingvrye Belegging. Planbeskrywing

Uittree-annuïteit en Bewaringsfondse

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

cumulus echo uittree-plan pensioenversterker

cumulus echo uittree-annuïteit

cumulus echo uittree-annuïteit

Bewaringsfondsplan. Planbeskrywing

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Geldterugvoordeel. Beskikbaarheid

CUMULUS ECHO PENSIOEN- EN VOORSORGBEWAARDERS

OPSIES WANNEER UIT DIENS TREE BY JOU WERK UMBRELLA FUNDS

Statistieke met een oogopslag

BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE

UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH AFTREDEFONDS

NA-AFTREDE OPLOSSINGS

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

????: Eienaar van I Do tydskrif. BESIGHEIDSVERSEKERING Finansiële Onderskrywingsriglyne

HI E NUUSBRIEF. Hoofbeampte se kennisgewing. Geagte lid

besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne

OLD MUTUAL INVEST BELASTINGVRYE PLAN GEREELDE VRAE. Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

PLAASLIKE UITKEERPLAN. Skep welvaart en kry n belastingvrye uitbetaling aan die einde van u beleggingstermyn

Notas Hierdie hoofstuk moet saamgelees word met die kontrakdokumente. As daar enige teenstrydigheid voorkom tussen die inhoud van die

Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer?

AFTREDE. Aftree-inkomsteplanne. Die Aftree-inkomsteplanne is ontwerp om n aanpasbare oplossing vir aftree-inkomste te bied vir u aftrede.

Finansiële Wiskunde ENKELVOUDIGE RENTE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

AFTREDE. Aftreeplan. n Aftree-annuïteit bied aansienlike belastingvoordele. is daartoe om geld te belê totdat hulle minstens 55 jaar oud is.

1. Hierdie vraestel bestaan uit 7 vrae. Beantwoord alle vrae. 3. n Goedgekeurde sakrekenaar mag gebruik word, tensy anders vermeld..

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Optimaliseer voordele en bestuur u premies

Inkomstebeskermer. Unwrap 2015 Veldtog. Huidige inligting. Aansoekvorm April 2015

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

VOOR-AFTREDE OPLOSSINGS

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

PLAASLIK. Uitkeerplan. 'n Uitkeerplan is 'n belastingdoeltreffende medium-tot langtermynbelegging wat na 'n spesifieke tydperk 'n enkelbedrag betaal.

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

Sanlam. Ernstige Siektevoordele. Oktober is Borskankerbewustheidsmaand. Statistieke van die voorkoms van borskanker in Suid-Afrika.

AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA

Die vrae uit ou vraestelle, toetsvraestelle, en modelvraestelle is individueel gekies en uitgehaal vir

Egskeidingskontrolelys vir Lede

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Inleiding Tot Die Jagluiperd

Hoofstuk 12 INTESTATE ERFOPVOLGING

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2014 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

EUROPA Trust Company 2

AFLEGGING VAN WERKER (DIENSBEëINDIGING) EN UITBETAAL VAN VERLOF

Bewaar u bestaande aftreespaargeld en laat u belegging verder groei BEWAARDERPLANNE

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Belastingaankondiging: Aftreefondse

Sentraalbeplande stelsel

Een Stap Dekking. Mediese onderskrywing. Kwalifiserende kriteria/finansiële onderskrywing. Belangrik:

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH AFTREDEFONDS HANDLEIDING TOT DIE AFTREDEPROSES

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

PPS Siekte- en Permanente ongeskiktheidsvoordeel

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 WISKUNDE V1

KONTANT BESTUUR BELEID

Doodseisvorm Aanmeld van 'n doodseis

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

OpenStax-CNX module: m Om tyd te leer lees. Siyavula Uploaders

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2011 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

SA INKOMSTEVERDIENERS MET R MILJARD ONDERVERSEKER VIR DOOD EN ONGESKIKTHEID

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2011 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDE V1

VOORRAAD. a) Skep die volgende rekening by Onderhoud Rekeninge Invoeg: Inkomste / Uitgawerekening (A) vir die voorraaditem.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Transcriptie:

Vir tussengangers Maart 2015 Sanlam Belastingvrye Beleggings Sanlam Belastingvrye Beleggings, n Sanlam Lewens produk, bied kliënte die geleentheid om belastingvrye opbrengs op hul belegging te verdien. Dit is ontwerp ontwerp volgens Nasionale Tesourie se beginsels van eenvoud, deursigtigheid en buigsaamheid. Die hoekstene van hierdie produk is: Pasgemaakte beleggingsopsies Omvattend vanaf R500 per maand Basies vanaf R300 per maand Eenvoudige en deursigtige heffingstruktuur Bepaalde heffings vir administrasie, batebestuur en advies Sosiale spaargroepe n Geleentheid vir kliënte om hulle administrasieheffings-% verder te verminder Buigsaamheid om in kliënte se behoeftes te voorsien Geen heffings indien betalings gestop / verminder word en vir volle/gedeeltelike onttrekkings Die effek van saamgestelde rente, of om beleggingsopbrengs op beleggingsopbrengs te verdien, word verhoog in n belastingvrye spaarrekening te danke aan die belastingverligting op die beleggingsopbrengs. Hoe langer kliënte belê, hoe meer voordeel sal hulle kry. 5 10 15 16.67 20 25 Jare Totale betalings Groei na belasting Belastingbesparing Sanlam is a Lice Sanlam is n gelisensieerde verskaffer van finansiële dienste

Pasgemaakte beleggingsopsies Binne Sanlam Belastingvrye Beleggings is daar twee beleggingsopsies: Omvattende Opsie Met hierdie opsie het kliënte die buigsaamheid om hulle eie beleggingsfondse te kies uit n verskeidenheid SIM, SATRIX en eksterne batebestuursfondse wat teen die laagste moontlike koste vir die kliënt beskikbaar is. n Aanvanklike betaling van ten minste R500 per maand word vereis. Kliënte kan nie van die Omvattende Opsie na die Basiese Opsie verander nie. Basiese Opsie Dis n vereenvoudigde opsie wat geen beleggingsfondskeuses het nie en in plaas daarvan n leeftyd beleggingsopsie bied. n Aanvanklike betaling van ten minste R300 per maand word vereis. Kliënte sal na die Omvattende Opsie kan opgradeer sodra hulle die minimum betalingsvlak bereik het en hulle fondskeuses vereis. n Eenmalige transaksieheffing van R300 is van toepassing. Eenvoudige en deursigtige heffingstruktuur Ooreenkomstig Nasionale Tesourie se bedoelings is n vereenvoudigde heffingstruktuur van toepassing op Sanlam Belastingvrye Beleggings. Daar is bepaalde heffings vir die administrasie, batebestuur en advies. Administrasieheffing Vir elke betaling bygevoeg, of vir elke rand groei wat op die plan verdien word, sal die administrasieheffing verminder vanaf 1.45% per jaar tot 0.20% per jaar wanneer die fondswaarde R1m bereik, vanwaar die heffingspersentasie gelykblywend is. Hierdie heffing word op n maandelikse basis bereken as n persentasie van die gekombineerde fondswaarde van die herhalende en eenmalige betalings, wat beteken die persentasie word deur 12 gedeel om die maandelikse bedrag te bereken. Dit word maandeliks van die fondswaarde afgetrek deur eenhede tot die waarde van die heffing te verkoop. Fondswaarde Administrasieheffing as n persentasie van die fondswaarde R0 R1 000 000 en meer 1.45% per jaar 0.20% per jaar Vir fondswaardes tussen R0 en R1 000 000, bepaal ons die persentasie wat gebruik moet word, as n interpolasie tussen die twee persentasies wat in die tabel aangedui word. Byvoorbeeld: Vir n fondswaarde van R500 000 is die administrasieheffingspersentasie van toepassing op die totale fondswaarde 0.825% per jaar. Wanneer die fondswaarde R1 000 000 bereik, is die administrasieheffingspersentasie van toepassing op die totale fondswaarde 0.20% per jaar en gelykblywend daarna. 2

1.60% Administrasieheffing- % 1.40% 1.20% 1.14% 1.00% 0.80% 0.83% 0.60% 0.51% 0.40% 0.20% 0.20% 0.00% R0 R100 000 R200 000 R300 000 R400 000 R500 000 R600 000 R700 000 R800 000 R900 000 R1 000 000 R1 100 000 R1 200 000 R1 300 000 R1 400 000 R1 500 000 Fondswaarde Kliënte het die opsie om die administrasieheffingspersentasie op hulle individuele plan te verminder deur by n sosiale spaargroep aan te sluit of een te skep. Kliënte in n sosiale groep se administrasieheffingspersentasie word bereken op die gekombineerde fondswaarde van die groep eerder as die grootte van hulle individuele fondswaardes. (Kyk Sosiale groepe om meer individue aan te moedig om te spaar later in hierdie dokument.) Die administrasieheffing is onderworpe aan n minimum randbedrag en word jaarliks met inflasie aangepas. Die minimum administrasieheffing vir die Basiese Opsie is R25 per maand en vir die Omvattende Opsie is dit R40 per maand. Hierdie minimum randbedrag is van toepassing per individuele plan en word nie deur die gekombineerde fondswaarde van die sosiale groep beïnvloed nie. n Betalingsheffing van 3.5% van elke betaling is van toepassing op aftrekorderbetalings. Dit word van die betaling afgetrek vóór dit belê word. Daar is geen betalingsheffing vir debietorderbetalings nie. Batebestuursheffing n Batebestuurder hef n batebestuursheffing. Hierdie heffing vir elke fonds word in ag geneem wanneer die daaglikse eenheidsprys bereken word. Dit is n persentasie van die plan se gedeelte van die markwaarde van die bates in n beleggingsfonds. Die heffing word op n daaglikse basis bereken, wat beteken die persentasie word deur 365 gedeel om die daaglikse bedrag te bereken. Alle beleggingsfondse wat vir hierdie produk beskikbaar is, lê geen prestasieheffing op nie. Batebestuursafslag Sommige batebestuurders gee n afslag op hulle batebestuursheffing. Ons gebruik kortingvrye klasse waar beskikbaar of anders gebruik ons die afslag wat ons ontvang om hierdie heffing te verminder deur ekstra eenhede vir die kliënt te koop. Die grootte van die afslag verskil tussen beleggingsfondse en kan oor tyd verander. Aanvanklike bemarkingsheffing Die aanvanklike bemarkingsheffing word gebruik om die onderhandelde tussengangervergoeding te verhaal. Hierdie heffing kan wissel van 0% tot 2.85% van elke betaling, en word afgetrek van die herhalende en eenmalige betalings vóór die betaling belê word. 3

Sosiale groepe om meer individue aan te moedig om te spaar In ooreenstemming met Nasionale Tesourie se doelwit om meer individue aan te moedig om te spaar, het ons Sanlam Belastingvrye Beleggings op n volgende vlak geplaas deur die bekendstelling van die konsep van sosiale spaargroepe. Sosiale spaargroepe bied kliënte n geleentheid om die administrasieheffingspersentasie op hulle Sanlam Belastingvrye Beleggings te verminder deur vriende en familie aan te moedig om hulle eie plan uit te neem en by hulle sosiale groep aan te sluit. Hoe meer mense in n sosiale groep, hoe laer is die administrasieheffingspersentasie vir elkeen in daardie groep Binne elke sosiale groep sal kliënte se administrasieheffingspersentasie bereken word gebaseer op die gesamentlike fondswaarde van al die planne in daardie groep, en hoe groter die fondswaarde (Kyk Eenvoudige en deursigtige heffingstruktuur vroeër in hierdie dokument), hoe laer die administrasieheffingspersentasie. Kliënte kan totaal anoniem by n sosiale groep aansluit. Hulle persoonlike en individuele planbesonderhede sal op geen stadium aan die ander kliënte in die sosiale groep bekend gemaak nie. n Onbeperkte getal kliënte mag aan n soiale groep behoort. Ons mag egter in die toekoms die getal planne in n sosiale groep beperk. Sosiale groepe kan op verskillende maniere opgestel word: Tussengangers kan groepe skep vir hulle verskillende kliënte, of kliënte kan hulle eie sosiale groep skep, en vriende en familie uitnooi om aan te sluit. Op nuweversekeringstadium moet kliënte aandui of hulle n nuwe sosiale groep saamstel of by n bestaande sosiale groep aansluit. Indien laasgenoemde gekies word, moet kliënte die unieke identifiseerder van die sosiale groep waarby hulle wil aansluit, op die aansoekvorm aandui. Die potensiële voordeel van aansluit by n sosiale groep word op sal op die nuweversekeringskwotasies aangedui deur twee persentasies vir vermindering in opbrengs (VIO) aan te toon: die VIO vir n enkele kliënt (geen deelneming nie) en die VIO gebaseer op (byvoorbeeld) n groep van 10 kliënte wat deel in n sosiale groep. Byvoorbeeld: Geen deelneming 10 wat deelneem 3.50% 3.00% 3.00% 2.50% 2.20% 2.00% 2.20% 1.80% VIO 1.50% 1.50% 1.20% 1.00% 1.30% 0.50% 1.00% 0.90% 0.80% 0.00% 5 10 15 20 25 Jare Aannames: R2 500 p.m. wat teen 5% p.j toeneem; Omvattende Opsie: SATRIX Balanced Index Fund; Kommissie = 2.50% van elke betaling; Bruto illustratiewe beleggingsopbrengs 10% per jaar 4

Buigsaamheid om in kliënte se behoeftes te voorsien Teikenspaardatum Hierdie produk het n oop termyn, maar, om met finansiële beplanning te help, mag kliënte n beplande spaartermyn op hulle nuweversekeringskwotasie kies. Die einde van die gekose termyn word die teikenspaardatum genoem. Hierdie termyn sal gebruik word vir die berekening van die vermindering in opbrengs, asook vir die leeftyd beleggingsopsie se outomatiese omskakelings. Minimum betalings Herhalende betalings Slegs eenmalige betaling Eenmalige betaling in kombinasie met herhalende betalings Basiese Opsie R300 per maand R5 000 R2 500 Omvattende Opsie R500 per maand R5 000 R2 500 Ad hoc verhogings in herhalende betalings: R250 per maand Ad hoc eenmalige betalings: R2 500 Eenmalige betalings kan aan die begin van die plan bygevoeg word of enige tyd daarna. Herhalende betalings kan net aan die begin van die plan bygevoeg word. Ad hoc betalings sal beperk word gebaseer op betalings wat reeds gemaak is en toekomstige verwagte herhalende betalings vir die volle belastingjaar. Kontraktuele betalingsgroei is opsioneel. Wysigingsheffing Geen wysigingsheffing is vir n gedeeltelike onttrekkings, vroeë beëindiging (d.w.s. vóór die teikenspaardatum) of betalings wat verminder of gestaak word, van toepassing nie. Daar is ook geen transaksieheffing op enige van hierdie gebeurtenisse van toepassing nie. Afkopings, onttrekkings en lenings Volle en gedeeltelike afkopings word enige tyd toegelaat, maar geen lenings nie. Die minimum oorblywende fondswaarde ná n gedeeltelike onttrekking of gedeeltelike oordrag na n ander diensverskaffer se belastingvrye spaarrekening, is R5 000. (Kyk Oordragte later in hierdie dokument.) Gereelde onttrekkings word toegelaat op die Omvattende Opsie slegs as die fondswaarde R40 000 of meer is. Die minimum gereelde onttrekkingsbedrag is R150 per maand. Indien die fondswaarde R2 500 bereik, word gereelde onttrekkings beëindig. Gereelde onttrekkings is nie moontlik terwyl herhalende betalings gedoen word nie. Onttrekkings en gedeeltelike afkopings verminder die voordele wat kliënte met n belegging in belastingvrye spaarrekeninge kan kry, want enige betalings om die bedrae wat voorheen onttrek is te vervang, is onderworpe aan die jaarlikse en leeftydlimiete. 5

Hoe help ons om betalings binne die limiete te bestuur? Maksimum betalings Volgens wetgewing word die volgende maksimum betalings per individu toegelaat: Jaarlikse betalingslimiet (tans) R30 000 per belastingjaar Leeftyd betalingslimiet van R500 000 Ons mag die kontraktuele betalingsgroei (indien van toepassing op n plan) aanpas sodat die jaarlikse betalingslimiet nie oorskry word nie. Indien geld van n ander belastingvrye spaarrekening na hierdie produk oorgedra word (Kyk Oordragte later in hierdie dokument.) is die jaarlikse betalingslimiet nie van toepassing op die bedrag wat oorgedra word nie. Verklaring op aansoekvorm Kliënt sal op die aansoekvorm moet verklaar indien bydraes in die lopende belastingjaar tot ander belastingvrye spaarrekeninge by Sanlam of ander produkverskaffers gemaak is. Indien Ja, moet die tussenganger die totale betalings tot ander belastingvrye spaarrekeninge in die belastingjaar bepaal en die implikasies bespreek van bydraes wat die limiet oorskry. Individue sal verantwoordelik wees om seker te maak dat hulle totale jaarlikse betalings in belastingvrye spaarrekeninge binne die jaarlikse limiet bly. Indien die totale betalings die jaarlikse limiet oorskry, word die bedrag van die oorskryding teen 40% belas. n Soortgelyke reël is van toepassing op betalings wat die leeftydlimiet van R500 000 oorskry. Kennisgewing aan kliënte oor hulle beskikbare kapasiteit Ons sal in Januarie elke jaar met kliënte kommunikeer oor hulle beskikbare kapasiteit vir die belastingjaar. Ons sal die randbedrag van die kapasiteit wat die kliënt aan die einde van die belastingjaar sal hê aandui in die veronderstelling dat hulle voortgaan om volgens hulle betalingsfrekwensie by te dra. Algemene inligting Hierdie produk is net beskikbaar vir individue en net een versekerde lewe word op n plan toegelaat. Begunstigdes mag aangewys word om die opbrengs by die dood van die versekerde lewe te ontvang. Indien die opbrengs aan begunstigdes betaal word, word geen eksekuteursgelde betaal nie, maar dit sal steeds deel van die oorledene se boedel vorm vir boedelbelastingdoeleindes. Sessies Geen sessies word op hierdie plan toegelaat nie. Oordragte Tot verdere duidelikheid deur Nasionale Tesourie gegee is, sal oordragte tussen belastingvrye spaarrekeninge tussen produkverskaffers nie in die eerste jaar toegelaat word nie. Rapportering aan SAID Jaarlikse IT3-state vir die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) sal aan kliënte gestuur word. Soos tans die geval is, ontvang kliënte n jaarlikse voordeelstaat met inligting oor hulle belegging. Hierdie voordeelstaat kan ook enige tyd van Secure Services op die Sanlam-webblad verkry word. 6

Beleggingsfondse Omvattende Opsie Kliënte mag een of meer beleggingsfondse kies om in te belê. Hulle kan enige tyd tussen enige van die beleggingsfondse wat vir hierdie opsie beskikbaar is, verander. Die eerste vier omskakelings in n planjaar is gratis. Vir elke daaropvolgende omskakeling in n planjaar is n transaksieheffing (tans R600) van toepassing.. Fondsnommer 1 Batebestuursheffing sluit batebestuursafslag en BTW in (waar van toepassing) Alle beleggingsfondse lê geen prestasieheffings op nie. Die SATRIX Leeftyd Beleggingsopsie (hieronder beskryf) is ook beskikbaar. Basiese Opsie Fondsnaam Fondsnaam Batebestuursheffing 1 841 SATRIX Balanced Index Fund Matig 0.29% 855 SATRIX Low Equity Balanced Index Fund Versigtig 0.29% 847 SIM Active Income Fund Vaste rente 0.46% 842 SIM Balanced Fund Matig 0.68% 844 SIM General Equity Fund Aandele 0.68% 830 SIM Inflation Plus Fund Versigtig 0.68% 822 SIM Managed Conservative Solution Konserwatief 0.68% 823 SIM Managed Cautious Solution Versigtig 0.68% 824 SIM Managed Moderate Solution Matig 0.68% 825 SIM Managed Moderately Aggressive Solution Matig aggressief 0.68% 826 SIM Managed Aggressive Solution Aggressief 0.68% 845 SIM Money Market Fund Kontant 0.23% 843 SIM Value Fund Aandele 0.68% 846 Absa Absolute Fund Versigtig 0.97% 828 Coronation Money Market Fund Kontant 0.17% 848 Coronation Property Equity Fund Eiendom 0.97% 839 Coronation Strategic Income Fund Konserwatief 0.51% 840 Investec Opportunity Fund Matig 1.14% 838 Investec Property Equity Fund Eiendom 0.97% Onder hierdie opsie, word die belegging verdeel tussen die SATRIX Balanced Index Fund en die SATRIX Low Equity Balanced Index Fund, en die gedeelte wat aan elke fonds toegedeel word hang af van die uitstaande termyn van die plan. Fondsnommer Fondsnaam Fondsnaam Batebestuursheffing 1 841 SATRIX Balanced Index Fund Matig 0.29% 855 SATRIX Low Equity Balanced Index Fund Versigtig 0.29% Soos die plan die target savings date nader, skuif ons geleidelik die toedeling van die belegging van die SATRIX Balanced Index Fund na die SATRIX Low Equity Balanced Index Fund om te verseker dat die belegging op die target savings date ten volle in n stabiele beleggingsfonds belê is. Wanneer ons die beleggingsfonds omskakel, verkoop ons eenhede in die SATRIX Balanced Index Fund waaruit die omskakeling gedoen word, en koop eenhede in die SATRIX Low Equity Balanced Index Fund waarna die omskakeling gedoen word. Geen transaksieheffing word vir hierdie omskakelings opgelê nie. 7

Tussengangervergoeding Betalingsgebaseerde kommissie Die maksimum betalingsgebaseerde kommissie is 2.50% van elke herhalende en eenmalige betaling. Dis van toepassing op nuweversekering en verhogings, op die kliënt se versoek of weens kontraktuele betalingsverhogings. Vir herhalende betalings word die kommissie oor 5 jaar verdiskonteer en vooraf uitbetaal aan die begin van die plan, asook op elke 5de planverjaardag as betalings steeds aktief is. Vir betalingsverhogings word die kommissie vir die verhoging verdiskonteer van die einde van die 5-jaarperiode tot die begindatum van die verhoging. Die betalingsgebaseerde kommissie wat vooruitbetaal word, vestig oor sestig maande, volgens die frekwensie van die betaling. Ongevestigde kommissie word teruggeskryf indien die kommissie afwaarts heronderhandel word, die plan verval, by die dood van die versekerde lewe, of indien die betaling verminder of gestaak word. Fondsgebaseerde fooi n Fondsgebaseerde fooi is slegs op die Omvattende Opsie beskikbaar waar fondskeuses beskikbaar is. Dit word egter nie toegelaat nie indien die leeftyd beleggingsopsie die onderliggende fonds is. Tot 1.14% per jaar van die fondswaarde van n individuele kliënt se plan, afhangende van die vlak van die onderhandelde betalingsgebaseerde kommissie. Byvoorbeeld: Onderhandel Dan, maksimum toegelaat Betalingsgebaseerde kommissie 2.5% van elke betaling 0% per jaar van fondswaarde Fondsgebaseerde fooi 1.14% per jaar van fondswaarde 0% van elke betaling Kombinasie 1.25% van elke betaling Tot 0.57% per jaar van fondswaarde Indien n fondsgebaseerde fooi op n plan onderhandel is, word dit afgetrek in die vorm van n onttrekking (gelyk aan die bedrag van die fondsgebaseerde fooi) op die plan. Die onttrekking word geneem deur eenhede ter waarde te kanselleer. Soos wat tans die geval is met enige fondsgebaseerde fooi, word die bedrag wat in enige gegewe jaar betaal word, in kliënte se jaarlikse voordeelstaat aan hulle bekendgemaak. Die fondsgebaseerde fooi mag enige tyd oor die termyn weer onderhandel word. Aansoekvorm: AEB2003 Produkkode: E99 8