Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

Vergelijkbare documenten
ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

Ingevolge die maatskaplike

DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER. 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer )

AFLEGGING VAN WERKER (DIENSBEëINDIGING) EN UITBETAAL VAN VERLOF

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Ontwikkeling van die luistersiklus. n Hulpmiddel

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

FAKTORE EN VEELVOUDE

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

by die werk Mm, ek moet hierdie nuwe assistent n bietjie beter leer ken.

DIE BURGEMEESTER, RAADSLID T VAN ESSEN, SE VOORLEGGING VAN DIE TWEEDE HERSIENING VAN DIE

Uittree-annuïteit en Bewaringsfondse

Finansiële Wiskunde ENKELVOUDIGE RENTE

ARBEIDSREG ARR214. Tema 5 Organiseringsregte, Kollektiewe Arbeidsreg & Kollektiewe Bedinging

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Sentraalbeplande stelsel

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Algemene Bevoegdheidsraad: Handleiding vir gebruik in die Kerk vir die bestuur van predikante sake 2013

GRAAD 9 NOVEMBER 2012 EKONOMIESE- EN BESTUURSWETENSKAPPE MEMORANDUM

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

Employment Tax Incentive (ETI) Act

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

ENKEL E BELANGRIKE REGTE VAN WERKNEM ERS. 1. Die werknemer se reg op vryheid van assosiasie.

UITSPRAAK. [1] In hierdie uitspraak sal die partye na verwys word soos in konvensie in die hoofaksie.

1. Hierdie vraestel bestaan uit 7 vrae. Beantwoord alle vrae. 3. n Goedgekeurde sakrekenaar mag gebruik word, tensy anders vermeld..

Bankstate LPF Systems BK

Die Groot Muur van Nehemia

AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK. Aangeheg. Familie Kode: Toelatingskode:

ARBEIDSREG ABR214. T:

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

G-Voucher - Tuinprojek. Kerkraadsvergadering 6 Mei 2014

KAN N MIELIE MET N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

Prysvorming deur vraag en aanbod

Weeklikse Marksiening 16 April 2012

Deur Christus Alleen

AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 EKONOMIE V2

DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SA. REëLS VIR DIE AANBIEDING VAN DORMER VEILINGS

DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS

1 Waar ek vandaan kom

AANSOEK OM TOELATING TOT HEBRON CHRISTENSKOOL

Fase 1: Die beskikbare opsies Klik op die volgende plekke: Stap 1: Stap 2: Stap 3: Vul die Name - en die Description -veld vir die klikker in.

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

UITSPRAAKOPHERSIENING

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

Hoe om n goeie Projek Konsep te Ontwikkel. oefeninge

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

Omgekeerde bewerkings Getalsinne

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 GESKIEDENIS V2

Makelaarskommunikasie. Onderwerp: Gemeenregtelike Aanspreeklikheid Gebeurtenis vs Eise ingestel

MUNISIPALITEIT TARIEF BELEID /

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

Transcriptie:

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe? Die Nasionale Minimumloon wetsontwerp, sowel as die NEDLAC ooreenkoms, blyk n groot bron van kommer te wees in die landbousektor. Hierdie dokument lig die mees belangrike aspekte van beide uit: 1. Die teikendatum is 1 Mei 2018: Die bogenoemde teikendatum word in die NEDLAC ooreenkoms uitgesit, en dit beteken dat die regering nasionale wetgewing tussen nou (Augustus 2017) en die teikendatum (1 Mei 2018) wil promulgeer en implementeer. Gegewe dat die wetsontwerp waarskynlik hewig by NEDLAC gedebatteer gaan word en daarna nog deur parlementêre prosesse moet gaan voor goedkeuring, is die tydsraamwerk besonder kort. Tydens n gesprekforum met die Departement van Arbeid op Vrydag 10 Augustus het dit duidelik geword dat die implementeringsdatum nie geskuif gaan word nie, maar ook nie sonder die nuwe wet ingebring kan word nie. Amptenare kon nie die teenstrydigheid aanspreek nie. Nietemin sal Agri SA voortgaan om deel te neem aan die proses en seker maak dat die belange van die landbousektor beskerm word. Deur BUSA lewer Agri SA kommentaar op die wetsontwerp en word daar seker gemaak dat die wetsontwerp binne die bestaande arbeidswetgewing inpas. Verder vergader Agri SA Maandag met

die CCMA om verhoudinge te verstewig. Die CCMA gaan die aangewese forum wees waar geskille oor minimumlone aangehoor word. 2. Die voorgestelde minimumloon is R20 per uur: Die ooreenkoms vermeld twee uitsonderings: Huiswerkers kwalifiseer vir 75% van die minimumloon (R15 per uur), en werkers in die landbousektor vir 90% van die minimumloon (R18 per uur). Hierdie uitsondering is soortgelyk aan internasionale tendense, waar werkers in hierdie twee sektore normaalweg n persentasie van die totale minimumloon betaal word, of heeltemal uit so n ooreenkoms gelaat word. In die Suid-Afrikaanse konteks, met ons hoë werkloosheidssyfer, bly die vraag of ons die werkloosheidskoers wil vererger, of meer mense toegang wil gee tot werk, teen laer betaling. Die regering sal nie hele sektore toelaat om nie die minimumloon te betaal nie, maar het besluit dat n Nasionale Minimumloon Kommissie tot stand gebring moet word, wat spesifiek navorsing sal doen om die vlak van die minimumloon te bepaal, en ook metodes om die betaling van die minimumloon te beloon, sal ondersoek. Die huidige minimuloon soos bepaal in die landbou sektorale vasstelling is R15.39 (Maart 2017 to Februarie 2018). In Maart 2018 sal dit verhoog na R15.39 + CPI (5.5% geskat) + 1% = R16.39 (Maart 2018 Februarie 2019). Dit bring die minimumloon volgens sektorale vasstelling na R1.61 per uur minder as die Nasionale Minimumloon, wat op 1 Mei 2018 sal inskop. Aftrekkings wat volgens die sektorale vasstellings toegelaat word (soos behuising), sal steeds toegelaat word. Die sektorale vasstellings sal voortaan as skedules aan die Wet op Basiese Diensvoorwaardes geheg word, eerder as aparte sektorale vasstellings soos nou die geval is.

Die Nasionale Minimumloon is van toepassing op die volgende kategorieë werkers: 1. Voltydse werkers. 2. Deeltydse werkers. Die Nasionale minimumloon tref nie onderskeid wat gebied betref, soos die sektorale vasstellings soms doen nie. Die Nasionale Minimumloon word aan werkers betaal vir ure gewerk, en sluit bonusse en ander voordele uit. Aftrekkings ingevolge artikel 34 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes word toegelaat, met die instemming van die werker. Dit is belangrik om te onthou dat dit die werkgewer se verantwoordelikheid is om produktiwiteit te bestuur, en dat dit meer en meer belangrik gaan word om die produksie van werkers korrek te bestuur, soos arbeidskoste verhoog. Die doelwit is om huiswerkers en werkers in die landbousektor binne twee jaar op dieselfde vlak te betaal as werkers in ander sektore. Dit sal onderhewig wees aan die navorsing wat deur die Nasionale Minimumloon Kommissie gedoen sal word. 3. Werksure sal vooraf vasgestel word: Die huidige voorstel is dat n werker vir n minimum van 4 ure per dag vergoed word, ongeag hoe lank daar gewerk is. 4. Die Nasionale Minimumloon word slegs elke tweede jaar hersien: Dit beteken dat die minimumloon eers weer in 2020 hersien sal word, en werkgewers het die diskresie om verhogings (al dan nie) in 2019 toe te staan.

5. Die Nasionale Minimumloon is onderhewig aan dieselfde kwytskelding (exemption) proses as die huidige sektorale vasstelings: Volgens die huidige vasstellings mag werkgewers ingevolge artikel 50 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes aansoek doen vir kwytskelding. Dieselfde proses sal met die Nasionale Minimumloon gedoen word, maar die aansoeke moet binne 30 dae hanteer word. Indien n werkgewer nie binne 30 dae terug hoor vanaf die Departement van Arbeid nie, mag die werkgewer aanneem dat die kwytskelding toegestaan is. Die proses sal ook elektronies hanteer word, baie soos SARS se e-filing stelsel. 6. Werkgewers mag nie diensvoorwaardes wysig as gevolg van die Nasionale Minimumloon nie: Volgens die NEDLAC ooreenkoms sal geen werkgewer toegelaat word om eensydige veranderinge aan diensvoorwaardes soos werksure te maak as gevolg van die implementering van die Nasionale Minimumloon nie. Deur dit te doen sal n werkgewer hom skuldig maak aan nie-nakoming (non-compliance), en/of n onbillike arbeidspraktyk. Afleggings as gevolg van die implementering van die Nasionale Minimumloon kan werkgewers blootstel aan nie-nakoming of onbillike ontslag-sake. Die regering het aangedui dat werkgewers bygestaan sal word om die Nasionale Minimumloon aan werkers te kan betaal, en die bystandsmetode sal bepaal word deur die navorsing wat die Nasionale Minimumloon Kommissie sal moet doen. 7. Ten slotte: n Minimumloon is nie n vreemde konsep vir die landbousektor nie, siende dat die sektor se arbeidskoste alreeds sedert 2003 deur sektorale vasstellings bepaal word. Hierdie sektorale vasstellings word grootliks nagekom, veral in Gauteng en die Wes- Kaap, met die kwytskelding proses wat nog altyd n opsie is vir werkgewers wat nie die minimumloon kan bekostig nie.

Agri SA moedig nakoming van die Nasionale Minimumloon aan, en sal elke geleentheid benut om die wetlike proses te beïnvloed om te verseker dat werkgewers in staat gestel sal word om werkers volgens die Nasionale Minimumloon te betaal, en sodoende groei en voorspoed in die landbousektor te verseker. Jahni de Villiers Hoof: Arbeid en Transformasie