K OERSVAS REDAKSIONEEL. Jaargang 7 Uitgawe Oktober In hierdie uitgawe: Redaksioneel Berigte en Kennisgewings

Vergelijkbare documenten
K OERSVAS REDAKSIONEEL. Jaargang 6 Uitgawe September In hierdie uitgawe: Redaksioneel Berigte en Kennisgewings

K OERSVAS REDAKSIONEEL. Jaargang 7 Uitgawe Oktober In hierdie uitgawe: Redaksioneel Berigte en Kennisgewings

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Jesaja sien die Toekoms

KWARTAAL OORSIG. Kleuter & Peuter reeks

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer?

Pragtige Koningin Ester

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Welkom by Die Storie God se storie

K OERSVAS REDAKSIONEEL. Jaargang 5 Uitgawe Maart In hierdie uitgawe: Redaksioneel Berigte en Kennisgewings

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week.

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

1 Waar ek vandaan kom

Die Groot Gebod dennis de wet

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Stel jou kind belang in lees en boeke? Ja / nee

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Redakteur Johan Chatwind

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80

FAKTORE EN VEELVOUDE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Van Vervolger tot Prediker

Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

by die werk Mm, ek moet hierdie nuwe assistent n bietjie beter leer ken.

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

BY EMILY SE HUIS. Emily, ek het jou gesê om vir my bier en sigarette te gaan koop.

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Les 14: Entrepreneurskap

Jona en die Groot Vis

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

K OERSVAS REDAKSIONEEL. Jaargang 7 Uitgawe November In hierdie uitgawe: Redaksioneel Berigte en Kennisgewings

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

n Tempel Leier besoek Jesus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.)

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Preek Romeine 1:16-17

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING?

KOERSVAS REDAKSIONEEL. Jaargang 4 Uitgawe 84 8 April In hierdie uitgawe: Redaksioneel Berigte Kennisgewings

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk.

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Psalm 91:4, Die Bybel vir almal

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

As julle enige vrae het, iets

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Transcriptie:

1 K OERSVAS Jaargang 7 Uitgawe 146 5 Oktober 2018 In hierdie uitgawe: Redaksioneel Berigte en Kennisgewings REDAKSIONEEL Bewys 'n negatief? Ons bly maar raaiselagtige wesens. Politieskorrekte taalgebruik noop ons vandag om te praat van "verdagtes". 'n Nuusberig sal vertel van drie verdagtes wat die perseel betree het en mense vermoor het. Die rede vir die vreemde taalgebruik is die beginsel dat jy onskuldig is totdat jy skuldig bevind is. Dit is goed en wel, maar die gebruik van die woord "verdagtes" oortref by verre sy betekenisveld. Die berig moet eintlik vertel van drie booswigte, drie misdadigers of drie moordenaars wat 'n perseel betree het en misdaad gepleeg het. Sodra daar na persone verwys word, kan verwys word na so-en-so wat 'n verdagte in die saak is. In skrille kontras met hierdie oormatige gebruik van "verdagtes" is die snelle regsproses wat in ons harte plaasvind. 'n Blote beskuldiging is genoeg vir die meeste mense om te besluit dat iemand skuldig is. Aanklag, verhoor, skuldigbevinding en selfs vonnisoplegging geskied gewoon in 'n breukdeel van 'n sekonde. So is die blote beskuldiging dat iemand 'n rassis is of te veel drink of ontrou is genoeg, om die persoon vir ewig op die verdediging te plaas. Hoe bewys jy dat jy nie 'n rassis is nie? Hoe bewys jy dat jy nie ontrou was nie? Moet jy jou hele lewe blootlê vir ondersoek? Die antwoord is dat dit onmoontlik is om 'n negatief te bewys. Na regte moet die bewyslas wees op die persoon wat die bewering maak. Daardie persoon moet byvoorbeeld 'n goeie definisie bied van rassisme, aandui hoe sekere optredes dan rassisties is en verder bewys dat jy aan sodanige optrede skuldig is. Dit geld in die situasie waar die persoon jou direk konfronteer, of waar die persoon oor jou skinder. Vele goeie reputasies was al slagoffer van hierdie onregverdige situasie. Wat doen ons om die situasie te besleg? Is dit genoeg om die skindermuis te daag om dit voor die persoon te stel? Die resultaat is dieselfde. In stede van onskuldig totdat jy skuldig bewys is, is die bewyslas op die (moontlik) onskuldige om onskuld te bewys. Wat nou gemaak? Ons sal aan ons eie ingesteldheid moet werk. Laat die een sonder skuld die eerste klip gooi. Daarmee saam moet ons daarteen waak om sodanige ongegronde stories te versprei. Wat gebeur het, kan immers nie ongedaan gemaak word nie. Dit wat jy gesien het, kan jy nie "ontsien" nie. Onthou die verhaal van die haan. In die dorpie was daar 'n persoon van aansien (Jurie) wat 'n voorbeeldige lewe gelei het. Hy het eendag 'n pap band op sy fietswiel gekry. Na herstelwerk was die

2 kroeg die naaste plek waar hy onder water die herstelde lek kon toets. Met sy uitloop het iemand (Skindie) hom sien struikel. Baie gou het almal in die dorp geweet Jurie suip en struikel uit die kroeg. Sy reputasie was daarmee heen. Met die konfrontasie wat gevolg het, met goeie ondersteuning van die kroegman het Skindie sy fout besef. Hy het baie sleg daaroor gevoel en gevra hoe hy sake kan regstel. Jurie se antwoord: "Daardie pragtige swart haan van jou, daardie skouhaan. Op 'n winderige dag slag jy hom, pluk sy vere en dan gaan jy tot bo op die kerktoring. Strooi die vere in die wind en dan kom vertel jy dit vir my." So gesê, so gedaan een goeie dag in Augustus. Toe Skindie vra of alles nou in orde is, het Jurie gesê: "Daar is nog een ding wat jy moet doen. Gaan haal nou AL die swart vere wat in die wind verstrooi is, elke liewe een." Toe Skindie antwoord dat dit onmoontlik is, was Jurie se antwoord eenvoudig: "Net so onmoontlik is dit om die skade te herstel van dit wat jy my aangedoen het." BERIGTE EN KENNISGEWINGS BESTUURSVERGADERING Die Bestuurskomitee vergader op Vrydag 12 Oktober 2018 te Grootvlei. By hierdie vergadering sal die notule van die Pietersburg Bondsvergadering hanteer word en alle komitees se werksaamhede sal ter sprake kom. Enige lidmate wat sake onder die komitee se aandag wil bring, moet nie later nie as Maandag 8 Oktober kontak maak met die skriba by fransnhk@gmail.com BONDSDAMESBYEENKOMS TE PIETERSBURG 4 SEPTEMBER 2018 Die dames van die Geloofsbond gemeentes het op Maandag 4 September 2018 die voorreg gehad om vir die vyfde agtereenvolgende vergadering, hierdie keer in Pietersburg, byeen te kom. Wat n wonderlike voorreg was dit gewees! Pietersburg gemeente het hierdie jaar die vergadering aangebied. Die dames wat die dag die byeenkoms bygewoon het, is omtrent bederf. Elke afgevaardigde se plek is met haar naam aangedui. By elkeen se plek was geskenkies van pêreljuwele en n yskasmagneet. Die tema van die oggend was Eenders, Anders en Eie. Die eerste tema, Eenders, het besprekings van lief en leed, die doelstellings en missie van Damesverenigings en n oorsig van die Vroeë Kerk, behels. Tydens teetyd is almal trakteer met die heerlikste eetgoedjies. Na teetyd het n boekbekendstelling gevolg. Die Anders- tema, is afgeskop met n skyfievertoning van aktiwiteite by verskillende gemeentes. Baie interessant was nie net om te sien wat by die ander gemeentes gebeur nie, maar ook om idees onder gemeentes uit te ruil. Dit is lekker om te sien hoe betrokke die gemeentes is en wat hulle alles doen. n Praatjie oor Die Oord, ʼn tehuis in Brits vir mense met verstandelike gestremdhede, het gevolg. Eintlik is dit n openbaring om te hoor dat hierdie spesiale mense onder ons die geleentheid het om tussen hulle eie maats met bepaalde verstandelike gestremdhede te leef en te funksioneer. Die normale wêreld mag wreed teenoor hierdie kinders wees, daarom hou mens hulle vas in die ouerhuis en beskerm hulle maksimaal. In der waarheid is daar wonderlike tehuise wat hierdie mense die geleentheid gee om net hulself te wees en hulself uit te leef. Daar kry hulle n werkie waarvoor hulle vergoed word, en waarop hulle baie trots is.

3 Dit gee hulle menswaardigheid terug in hulle eie milieu. In sodanige omgewing is hierdie mense dolgelukkig aangesien hulle menswaardigheid erken word. Die praatjie was regtig baie interessant vertel en is ingekleur met skreeusnaakse staaltjies. Middagete: Die gemeente Pietersburg het voorwaar geblom met die aanbieding van die heerlike middagete. Message in a bottle, was die tema van die tafeldekor. Hoe oorspronklik! Met leë bottels, wat as fokuspunte op tafels gebruik is, en verskillende boodskappe wat in opgerolde handgeskrewe briefies daarin geplaas is, was die tafels só kunstig versier. Die tafels het voorwaar pragtig gelyk. Die allerheerlikste resep van die hoofdis die middag, n interessante visdis, was op elke bord aan die gedekte tafels. Dit is beslis n resep wat ek in die toekoms gaan maak. Dit gaan ook n voorreg wees om dit onder die dames van Koster gemeente te versprei. Welgedaan weer eens Pietersburg gemeente. Julle mag maar! Gedurende die namiddag sessie het die dames onder die tema, Eie, met bekende gesegdes, waarhede en teksverse na vore gekom en n pragtige plakskildery saamgestel. Nadat die dames met die kunssessie die laaste van die middag geniet het, is die bedankings gedoen. Die aangename dag is afgesluit deur Ds. Antoinette van Zyl. Aan al die dames in verskillende gemeentes: Gryp die geleentheid aan om die jaarlikse dames Bondsdamesbyeenkoms as afgevaardigde by te woon. Ek beleef dit jaarliks as n byeenkoms van dames met dieselfde uitkyke en sieninge van hul geloof. Ons voer interessante, leersame gesprekke rakende ons kerk en ons gemeentes. Almal is ontspanne, en op informele manier gesels ons saam, lag saam en sluit die dag dan saam af met sommer net lekker spoeg en plak. Tot volgende jaar in Cullinan. Marie-Louise Alberts VOLKSHULP2000 Die algemene jaarvergadering van Volkshulp2000 sal DV plaasvind op 6 Oktober 2018 vanaf 10:00 te Oranjekas, Collins laan 1241, Môregloed, Pretoria Alle Geloofsbond-lidmate wat lede is van Volkshulp2000 word aangemoedig om dit by te woon. GELOOFSBONDPREKE Maak seker u bly op hoogte van die nuutste preke en gesprekke. Daar is elke Sondag nuwe Geloofsbondpreke op ons webwerf op die internet beskikbaar. Gaan na http://www.geloofsbond.org.za/ Daar is ook weekliks nuwe preke op whatsapp beskikbaar. Kontak Ella Joubert by 082 564 1915 en sy sal u onmiddellik by die preek-whatsapp groep voeg. LEWENSBROOD 2019-2020 Gemeentes moet kennis neem dat dit tyd is om hulle bestellings vir die volgende jaar se boek te plaas. Persone wat nie in 'n Bondsgemeente is nie, kan direk met Ella skakel ella@teamworkprinters.com om bestellings te plaas. * Ons versoek u ook vriendelik om kontant by bestelling te handhaaf. Prys R120 per eksemplaar. * Dit beteken dat u 31 sent per dag betaal vir gehalte oordenkings. * Onthou, dit is 'n goeie kersgeskenk. Bestellings word afgehandel teen 27 Oktober 2018

4 DS PARKIN - OTTOSDAL Ds. Johan Parkin van Ottosdal se vrou, Denise, is siek met kanker. Haar situasie het intussen vererger. Ons meelewing gaan met die gesin in hierdie tyd. DS VISSER Ds Faan Visser van Oostelike Pietersburg het 'n hartaanval gehad en het twee stente onder operasie gekry. Ons bid hom sterkte en beterskap toe. VERJAARSDAE Professor Pont het sy 91e verjaarsdag gevier. Hy is gul trakteer tydens n dinee wat die HCM Fourie vriendekring vir hom aangebied het. Dominee Jan Schroeder het sy 85e verjaarsdag Sondag saam met sy gemeente gevier tydens 'n luisterryke ete wat aangebied is. VAKATURE - FINKOM BEAMPTE POSBESKRYWING: n Vakature vir n Finansiële Beampte het by Meyerspark Hervormde Kerk in die ooste van Pretoria, ontstaan. Die pos is beskikbaar vanaf 1 November 2018, vir oorhandiging op 30 November 2018. Daar word van die suksesvolle applikant verwag om die volgende te doen: Volledige boekhouding (tot proefbalans) en bankstaat rekonsiliasie op Pastel Express 14 Volledige salarisrol administrasie en statutêre indienings, betalings en vereistes Hantering, teboekstelling, rekonsiliasie en bank van alle kontant, en tel van deurkollekte saam met diakens. Bestuur en rekonsiliasie van die kantoor se kleinkas. Voorlegging van maandelikse finansiële state vir goedkeuring deur die Finansiële kommissie. Bywoning van maandelikse Finansiële Kommissie vergaderings, en neem van notule in die afwesigheid van die skriba. Byhou van gemeentelike bydraes per lidmaat en wyk, en skakeling met betrokke Kerkraadslede. Rekonsiliasie van debietorders en kredietkaartbetalings. Indiening en administrasie van versekeringseise. Beleggingsadministrasie. Jaarlikse indiening van brondokumente en finansiële rekords vir ouditering. Jaarlikse indiening van geouditeerde finansiële state by SARS (TEU). Betaal van alle MCV rekeninge. Aankoop van kos vir behoeftige persone namens SHINE, ons barmhartigheidsdiens. Veilige bewaring van alle finansiële data, elektronies en andersins. Beskikbaarheid na eredienste op Sondae in die kantoor. Aflos van Administratiewe Beampte tydens verlof, siekte of buitegewone omstandighede. Op hoogte bly van Admin Beampte se pligte. Dit is n 5/8 dag pos : Ma tot Vry vanaf 08:00 tot 13:00, sonder etenstyd. VEREISTES: *Tersiêre rekenkundige kwalifikasie, ten minste n sertifikaat in boekhouding en algemene rekeningkunde

5 * Sertifikaat in salarisrol administrasie en grondige kennis en ondervinding van statutêre salarisrolvereistes * Grondige kennis van Pastel Express 14 * Grondige kennis van Pastel VIP Payroll * Microsoft Excel AANSOEKE: U Curriculum Vitae met volledige kontakbesonderhede kan aan die kantoor gestuur word via e-pos (hkm@geloofsbond.org.za), of u kan dit direk by die kantoor indien. Kerkkantoor: 012 803 7528 / 071 889 2175 WANNEER ONS DAN BID Die artikels wat die "Onse Vader" verklaar (soos in Die Skietlood gepubliseer) is verwerk na 'n handige boek. Dit sal gelowiges begelei in hul gebedslewe en kan dien as handige instrument vir Bybelstudie. Vir meer besonderhede kontak Dr Otto johan.otto@geloofsbond.org.za Villa Stoney B+B Oornag in die rustigheid van die Bosveld! Slegs 5 km van die Zambezi Tolhek - naby hospitaal en besighede- Langtermyn akkommodasie ook beskikbaar in gemeubileerde kamers Etes en wasgoed op afspraak Ontbyt of kospakkies is altyd ingesluit by Villa Stoney Naby genoeg aan Cullinan. Bespreek betyds vir die 2019 Bondsvergadering. Kontak Ina Steenkamp vir navrae en besprekings 0829082831 auri@mweb.co.za. DRUKWERK Paul en Ella help graag met: Kalender Kwitansieboeke Offergawe boeke Dames Kwitansieboeke Konsistorie boeke Reklame plakkate en ander drukwerk ella@teamworkprinters.com OORNAG FASILITEITE R 120 per eksemplaar. Bestellings by zyvetto@gmail.com of johan.otto@geloofsbond.org.za

6