Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Vergelijkbare documenten
Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Jesaja sien die Toekoms

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Die Groot Gebod dennis de wet

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Goeie Konings, Slegte Konings

n Tempel Leier besoek Jesus

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Welkom by Die Storie God se storie

'n Man gestuur deur God

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Van Vervolger tot Prediker

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

MAAK JESUS WEER DIE HOOF VAN SY KERK!

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

Preek Markus 9:50 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 24 Januarie 2016)

Simson, God se sterk Man

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Preektema: God bring ons uit die lykshuis, skenk geloof om te leef tot sy eer! Skriflesing: Efesiërs 2:1-10

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

Jona en die Groot Vis

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Preek Romeine 1:16-17

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Die Kerk se Geboorte

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

n Dubbele kruis-belydenis

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Die duiwel versoek Jesus

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Transcriptie:

1 Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 Het jy dalk enige afgode of in jou huis? Miskien weet jy nie dat jy het nie, en dit is dalk die rede vir die konflik in jou huwelik, of dat jou kind tantrums gooi, of dat jy finansieel swaar trek. Onwetend het jy dalk die Satan en sy demone wettige toegang tot jou huis gegee? As jy nou effens ontnugter is, en wonder waar ek hieraan kom, dan is jy nie alleen nie. Maak skoon jou huis is `n DVD reeks wat al meer as `n paar mense aan die wonder gehad het. Tiaan Gildenhuys van Outoriteit in Christus Bedieninge is aan die woord. Hy wys uit die Bybel aan dat God afgodery haat, en dat elkeen wat `n beeld van `n afgod in sy huis het, nie God se seën kan verwag nie. Hy gaan egter verder en meen dat mense ook die duiwel onwetend in hul en hul kinders se lewens innooi deur sekere beelde, prente en kunswerke van bedenklike afkoms, aan te hou. Dit kan enige van die volgende insluit: Soos Gildenhuys wil ek en jy ook graag gehoorsaam wees aan God en sy Woord alleen. Hoe moet ons dan die saak rondom beelde en simbole, en demone verstaan? Kom ons begin by die Here se gebooie en wat ek en jy daaroor bely in die Heidelbergse Kategismus Sondag 34. Hoe lui die wet van die Here? 1ste gebod: Jy mag geen ander Gode voor my aangesig hê nie. 2de gebod: Geen gesnede beeld of gelykenis, wat in hemel, op aarde, onder water is nie. Nie neerbuig en dien nie, want Ek, die Here jou God is `n jaloerse God... >>KLIK x 4<< >>KLIK x 5 <<

2 Hieruit is dit duidelik dat God nie afgode of beelde voor Hom verdra nie. Hy deel ons nie met enige iets anders nie. Hy wil dus nie hê dat ons ander gode voor Hom moet bring nie. Maar ek en jy bely ook in die kategismus dat ons nie hierdie gode of beelde wil aanbid nie. Enige iets wat ek eerder as God self, of waardeur ek God wil dien, dit is `n afgod. En nou sê jy: maar ek aanbid nie daardie Budha beeldjie nie! Ek glo ook net in een God, daardie beeldjie is maar net `n mooi kunswerk! En jy is reg, daar is net een God, maar kom ons hoor wat sê Paulus hieroor in 1 Korintiërs 8:4-13 Wat is dan die beginsel uit hierdie gedeelte en hoe pas ons dit op beelde en dinge in my huis toe? Die eerste beginsel is: leef jou geloof uit dat daar net Een Heilige en Almagtige God bestaan. Met ander woorde, moet Hom nie op ander maniere en deur simbole of beelde probeer dien as wat Hy sê nie. Voorbeelde: Die simbool van die kruis mag nooit misbruik word as iets wat my sal beskerm of red nie. Die kruis as simbool het beperkte betekenis, want dit vertel net die helfte van die verhaal, naamlik dat Jesus gekruisig is. Net so met Jesus se bloed.

3 Sy bloed het ons nie gered nie, Hy het. Wanneer dit voel of ek aangeval word klou ek nie aan Sy bloed vas nie, maar aan Hom, al weet ek dat sy bloed vir my gevloei het. Jou en my lewe moet vertel dat Jesus uit die dood opgestaan het. Die tweede beginsel is: neem altyd ander mense in ag. Moet nooit vir hulle `n struikelblok wees nie. As jy dus weet dat `n sekere beeldjie of prent `n erkende afgod in `n sekere kultuur is, moet dit nie in jou huis hou nie. Dit gaan nie hier oor die mag wat die beeldjie oor jou en jou huis kan kry soos Gildenhuys beweer nie, maar die skade wat dit aan iemand kan doen wat nog nie die kennis het dat God die enigste God is nie. Ai maar dit is so mooi kunswerk wil jy sê, en dit mag so wees. Maar ter wille van my getuienis voor iemand anders, moet ons kies om nie so iets aan te hou nie. Hoekom sal ons dan die vyand se dwaling wil adverteer? 1 Korintiërs 10:31 31Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God. 32 Moenie aanstoot gee nie, nie aan Jode of aan Grieke of aan die gemeente van God nie. 33 Maak soos ek: ek probeer om almal in alles tegemoet te kom. Ek soek nie my eie belang nie maar dié van baie ander, sodat hulle gered kan word. As jy onseker is, vind uit. Vra jou huishulp of tuinier of daardie Afrika masker of beeldjie vir hulle enige ander betekenis het. Indien wel, raak ter wille van hulle, en jou getuienis teenoor hulle, daarvan ontslae.

4 Hier kom ons nou by die saak waar die dinge wat Gildenhuys leer, mense verwar en soms omkrap. Hy meen dat jy nie net die masker kan weggooi nie, jy moet dit verbrand sodat die bosegeeste wat daarin woon ook uit jou huis kan kom. Want dit is hierdie bosegeeste wat moeilikheid bring. Is dit waar? As daar konflik tussen my en my ouers is, waar kom dit vandaan? Breek hulle by ons in omdat ek prentjies van feetjies teen my muur het? Bly ons siek omdat ek `n hemp het met `n draak prentjie op? Nee, broer en suster, sonde veroorsaak konflik. My kind se tantrum word nie deur bosegeeste veroorsaak nie, al voel dit soms of hulle besete is. Dit gebeur omdat hy soos ek in sonde gebore is, en hy moet dit soos ek, voor God bely en leer om te leef soos die Here vra. Die feit dat ek my werk kan verloor, is nie omdat ek bosegeeste in my huis genooi het nie, maar omdat God met my besig is. Omdat hy met `n plan werk wat ek dalk nog nie verstaan nie. Omdat Hy my deur beproewing by geestelike vryheid wil bring. Broer en suster: bosegeeste/demone is `n realiteit. Die Here Jesus en die apostels het hulle uit mense gedryf. Ons hoor ook in Efesiërs 6 dat ons stryd teen hulle is. Maar sou God my verlaat omdat ek onwetend iets in my huis gebring het wat dalk vroeër deel van afgodediens was? Verseker nie. Moet ek om elke hoek en draai oppas en my kwel of daar nie dalk bose geeste in die prent, kunswerk beeldjie is wat ek aankoop nie. Nee, want dit is om die duiwel mag oor my lewe te gee, om hom baie meer krediet te gee as wat hom toekom. Ek is verlos in Jesus Christus. Sy kind. Wanneer ek vol is van sy Gees, dan is daar nie plek vir enige iets anders nie.

5 Kom ons sluit af met hierdie gedeelte uit: 1 Johannes 5:18-18 Ons weet dat iemand wat uit God gebore is, nie meer sondig nie, maar die Seun van God bewaar hom, en die duiwel kry geen houvas op hom nie. 19 Ons weet dat ons aan God behoort en dat die hele sondige wêreld in die mag van die duiwel is. 20En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die ware God te ken; en ons is in die ware God, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die ware God en die ewige lewe. 21Liewe kinders, bly dus weg van die afgode af. Dus, geliefdes, ja... maak jou huis skoon, ter wille daarvan dat ander nie sal struikel nie. Maar maak ook jou hart skoon. Doen dit elke dag wanneer jy jou sondes bely. En kom ons onthou dan die drie beginsels: x3 Leef jou geloof uit dat daar net Een Heilige en Almagtige God bestaan. Neem altyd ander mense in ag Bely jou sonde voor God, Hy beskerm en bewaar. Amen.