Sing- Ps. 128:1,3; Ps. 22:9,11; Ps. 25:4,7; Ps. 116:5,9

Vergelijkbare documenten
Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

n Tempel Leier besoek Jesus

Skriflesing: Levitikus 23:9-22; Handelinge 1:4-8 Teks: Levitikus 23:15-22; Handelinge 1:8 Sing- Ps. 33:1,3; Ps. 126:3; Sb 14:1,2

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Welkom by Die Storie God se storie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Jesaja sien die Toekoms

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Die Kerk se Geboorte

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Van Vervolger tot Prediker

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Groot Geloofswoordeboek: Joodse Feeste

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Toe God alles gemaak het

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nabetragting)

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Toe God alles gemaak het

Goeie Konings, Slegte Konings

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

n Dubbele kruis-belydenis

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Die Groot Gebod dennis de wet

Van Vervolger tot Prediker

Petrus en die Krag van Gebed

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

'n Man gestuur deur God

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Jona en die Groot Vis

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

DIE TEL VAN DIE OMER

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nagmaal)

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Deur Christus Alleen

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

11. Die roeping van Moses

Deur Christus Alleen

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

Dr AH Bogaards. 1. Inleiding Wat is eensaamheid? Lees: Mt.27: Teks: Mt.27: Datum: 18 Oktober 2015

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Pretoria- 14 Augustus 2011

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9

Baie welkom by vanoggend se erediens

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

Transcriptie:

1 Skriflesing: Levitikus 23:4-14; 1 Korintiërs 15:20-23 Teks: Levitikus 23:9-14 Sing- Ps. 128:1,3; Ps. 22:9,11; Ps. 25:4,7; Ps. 116:5,9 Levitikus 23:4-14 Lev 23:4 Dit is die feestye van die HERE, die heilige vierdae wat julle moet uitroep op hulle bepaalde tyd. Lev 23:5 In die eerste maand, op die veertiende van die maand, teen die aand, is die pasga van die HERE; Lev 23:6 en op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van die HERE; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet. Lev 23:7 Op die eerste dag moet daar vir julle n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Lev 23:8 Maar julle moet sewe dae lank aan die HERE n vuuroffer bring. Op die sewende dag moet daar n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Lev 23:9 En die HERE het met Moses gespreek en gesê: Lev 23:10 Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring. Lev 23:11 En hy moet die gerf voor die aangesig van die HERE beweeg, sodat julle welgevallig kan wees; die dag ná die sabbat moet die priester dit beweeg. Lev 23:12 Julle moet ook op die dag as julle die gerf beweeg, n jaaroud lam sonder gebrek as brandoffer aan die HERE berei, Lev 23:13 en die spysoffer wat daarby behoort, twee tiendes van n efa fynmeel met olie gemeng as vuuroffer aan die HERE, n lieflike geur, en daarby die drankoffer van wyn, n kwart hin. Lev 23:14 En julle mag geen brood of gebraaide koring of vars graan eet tot daardie selfde dag toe nie, totdat julle die offer van julle God bring. Dit is n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke. 1 Korintiërs 15:20-23 1Co 15:20 Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het. 1Co 15:21 Want aangesien die dood deur n mens is, is die opstanding van die dode ook deur n mens. 1Co 15:22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; 1Co 15:23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. Skriflesing: Levitikus 23:4-14; 1 Korintiërs 15:20-23 Teks: Levitikus 23:9-14 Sing- Ps. 128:1,3; Ps. 22:9,11; Ps. 25:4,7; Ps. 116:5,9 Ons is vanoggend by die derde fees wat ons in Levitikus 23 van lees. Broeder en suster, elk van die 7 feeste in Lev.23 is heilshistories en heilsordelik vol betekenis. Die eerste twee feeste, die Paasfees, die fees van die ongesuurde brode het ons verlede Sondag gebring tot by die kruis en tot by die graf van Jesus Christus. Alles wat met die Paasfees saamgaan, daar waar die Paasfees sy oorsprong het met Israel wat uit Egipteland verlos is. Die middernagtelike ure van daardie Sondag het die engel by die deure waar die kosyne met bloed bedek was, kon verbygaan, maar die deure sonder bloed daar het die engel deurgegaan.

2 In daardie huise is elke eersgeborene gedood, want daar was geen bloed waar die poorte is nie. Dit het Israel dadelik laat trek, Israel kon uit Egipte uitgaan, Israel se oudstes is gespaar asof hulle uit die dood gered is. Paasfees beteken ons maak n nuwe begin, ons kan lewe, daar is verlossing. Wanneer Israel deur hulle geslagte Paasfees vier, die paaslam word die vorige aand geëet, saam met ongesuurde brood en bitter kruie en die verskillende bekers wyn, alles waarna ons verlede Sondag verwys het. Daardie volgende dag kom daar weer n lam ter sprake, die lam wat geoffer moes word. Ons het gewys op die lam wat 9h00 gereed gemaak is, ses ure later, 3h00 die middag is die lammers geoffer. Elke deeltjie van Israel se Paasfees oor eeue gevier, het in Christus die volmaakte vervulling gevind. Christus wat met die Paasmaal die Nagmaal instel. Dieselfde nag sou Christus self die Lam word, vir ons sondes is Hy as slagskaap gereken en geslag. 9h00 is Hy gekruisig, 3h00 daardie Vrydag-middag het Hy gesterf. Dit maak dat Paasfees ook genoem kan word die fees van ons regverdigmaking. Dit wat ons hierdie jaar weer op 29 Maart mag vier. Die tweede fees, die fees van die ongesuurde brode het ons gesien word vir ons die fees van ons heiligmaking. Suurdeeg wat dui op sonde, dit wat die kwaad laat uitstyg. Deur die Gees skryf Paulus in 1 Kor.5:6-8 Weet julle nie dat n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie? 7 Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle n nuwe deeg kan wees soos julle inderdaad ongesuurd is want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. 8 Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid. Die fees van die ongesuurde brode het ons van die kruis na Christus se graf heen gelei. Die liggaam in doeke toegedraai is n liggaam, volmaak, sonder sonde. In die sin was sy liggaam ongesuurd. Vandag staan ons nog by die graf. Die 3de fees in Lev.23, die fees van die eerste vrug, het in Christus sy volmaakte betekenis verkry. Om die fees in Christus te sien is dit nodig dat ons eers deur die hele Woord van God n pad met hierdie fees loop. Daar word eintlik net nog een keer pertinent in die Bybel oor die fees gepraat- Num.28:26-31 waar daar staan- 26 En op die dag van die eerstelinge, as julle n nuwe spysoffer by julle fees van die weke aan die HERE bring, moet daar vir julle n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. 27 Dan moet julle n brandoffer as lieflike geur aan die HERE bring: twee jong bulle,

3 een ram, sewe jaaroud lammers; 28 en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drietiendes vir elke bul, twee-tiendes vir die een ram, 29 een-tiende vir elke lam van die sewe lammers; 30 een bokram om vir julle versoening te doen. 31 Behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort, moet julle dit berei hulle moet vir julle sonder gebrek wees en hulle drankoffers. Ons hoor weer die tegniese gegewens, die bybehore, die rituele, die afhandeling van hierdie feeste was op geen manier n maklike handeling, iets om sommer gou-gou af te handel nie. As mense vandag hulle geloof altyd met die gou-gou mentaliteit wil aanpak, maak net klaar dat ons kan aangaan, maak dit tog eenvoudig, dan is ons gelukkig. Geliefdes, dit is nie hoe dit werk nie. Ons staan voor die Here, nie vóór mense nie, daarom gaan dit om wat voor die Here gedoen moet word. Ook as ons na die spesifieke fees kyk, dan het dit in die Here sy betekenis waarna gekyk moet word. Ja, die mens word uiteindelik ten volle hierby betrek maar dit gaan om die Here. Soos die verbond, die mens word ten volle daarby betrek, maar die verbond gaan om die Here. Die fees van die eerste vrug, of ook genoem die fees van die omer, daar is selfs n derde naam die fees van die golwende bedekking/ golwende toewyding waar dit spesifiek gaan oor die gerf wat beweeg word. Daar lê heeltyd in hierdie feeste dieper betekenis as maar net die vereistes van elke fees. Die fees van die ongesuurde brood en die fees hier ter sprake staan nie een los van wat daar in die landbou gebeur nie. Verlede week het ons gewys hoe die fees van die ongesuurde brode die nuwe oesjaar inlui. Dit is hulle lente- Mrt./Apr.- maand. Dit is vir Israel n wonderlike tyd om te mag uitsien na nuwe lewe, ook in die natuur. Die natuur, die landbou, kan nie sonder mekaar nie, soos n hand nie werklik sonder sy vingers kan werk nie. Wanneer Israel na die fees van die ongesuurde brode dan hierdie fees ingaan was hulle eerste landbouproduk wat die huise kon inkom, hulle garsoes. Ons het gesien hoe die huise met die fees van die ongesuurde brode al van hoek tot kant skoongemaak moes word, daar moes geen surigheid, vuilheid, suurdeeg in die huis wees nie. Nou sê hierdie fees iets besonders. Hulle laat eintlik die oes spreek. Daar word twee garsgerwe gevat, simbolies verteenwoordig die twee gerwe die volle oes. Hiermee erken Israel hierdie eerste twee gerwe is maar twee van baie gerwe wat ons verwag, maar ons

4 erken met hierdie gerwe dat die hele oes eintlik die Here toekom. Ons verwagting is dat God vir ons n goeie oes sal gee, dit wat ná hierdie twee gerwe moet volg. U moet weer raaksien dat hierdie dinge word op n Sondag gedoen, hulle wil die Here op n Sondag met die fees vereer. Lees weer vers 11 dan staan daar hierdie bewegende toewyding, bewegende bedekking, waarmee hulle, hul hele oes mee wil bedek. Amper iets van n versekering-gedagte, as ons vandag met boere sou praat oor die versekering op hulle gewasse. Die verskil is net hier word met hemelse versekering gewerk, nie met Santam of Agrisure of watter maatskappye daar ook nog mag wees nie. Spesifiek wys ons op die Sondag want sê vers 11- die dag na die Sabbat moet die priester dit beweeg. Hulle Sabbat is Saterdag, m.a.w. hierdie is n Sondag-handeling. Nou mag ons dit nie verbykyk nie, op daardie Sondag dan het die priester n heen-en-weerbeweging met die twee gerwe gemaak om eintlik te sê, ons gaan nog baie gerwe wil beweeg, daar moet nog baie kom, want met hierdie twee gerwe begin die omer. Die omer soos ons reeds genoem het, dit waarna die fees ook verwys, as die fees van omer! Omer is n eenheidsmaat, n manier om af te tel, m.a.w. hierdie twee bewegende gerwe sê ons beweeg nou die tyd van die volle oes in. Vir die volgende 2 maande, ja om presies te wees die volgende 49 dae, voor ons by ons volgende fees gaan kom, Pinksterfees, is ons hoop en verwagting om nou hierdie 2 maande die oeste seënryk in te samel. n Seënryke oes kan vir ons n feesryke Pinkster beteken. 50 dae na hierdie fees, Grieks vir 50 is penta m.a.w. wanneer kerke na hulleself verwys as pentekostalisties, dan sê dit hulle is Pinksterkerke, terwyl ons moet glo, ons almal is Pinksterkerke, maar met die verskil wat die Heilige Gees ons leer. Daarby sal ons by die tweede diens weer wil kom. Die fees van die eerste vrug of dan die fees van die eerstelinge, dit waarna ons in die Nuwe Testament na mag kyk, is weereens in Christus daardie Sondag-môre vervul. Die bewegende twee gerwe, watter aangrypende beweging het daardie Sondag-môre uit daardie graf uitgekom. Christus het sy graf uitbeweeg. Daar was lewe. Christus het die dood oorwin. Ja, ons staan verstom hoe eeue oue feeste nou meteens in Christus hulle volle betekenis kry. Toe Israel Egipte uittrek, is dit so goed hulle het uit die dood gekom. Die slawerny van sonde beteken die dood. Om verlos te word moes Israel die paaslam slag, sy bloed het hulle gered,

5 die engel het verbygegaan. Die dood het Jesus nie verbygegaan nie, maar in al sy felheid het die dood op Jesus toegeslaan. Hy is vir ons geslag maar hierdie fees van die eerste vrug bevestig Jesus is die Eersteling van die oes. Hy was die eerste wat uit die dood opgestaan het en nooit weer na die dood sal terugkeer nie. Ja, alle ander mense wat ons uit die Bybel van weet wat dood was, wat uit die dood kon opstaan, die dogter van Jairus, die seun van Nain, Lasarus, ja selfs uit die Ou Testament, daardie dooie man wie se liggaam die dooie bene van Elisa in sy graf raak, hulle het almal uit die dood opgestaan, maar het later weer gesterwe. Christus is die eerste vrug, die Eersteling met Wie dit anders kon wees. Hy lewe om nie weer te sterwe nie. Christus is die eerste wat ons glo, ons met Hom dit ook sal ontvang. Daardie twee gerwe verteenwoordig die volle oes. Christus staan op, Hy lewe in volle lewe, Hy verteenwoordig ons, die volle som van hulle wat in Christus sterwe, sal weer in Christus opstaan, dan lewe hulle om nie wéér te sterwe nie. Alles saamgevat in die bewegende gerwe met die fees van die eerste vrug. Is dit nie wat 1 Kor.15:22-23 vir ons saamvat nie, broeder en suster?! 22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; 23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. Ja, ons het eintlik al by die kruis van hierdie dinge moes raaksien. Dooies word lewendig toe Christus sterwe, dit moes vir almal om die kruis al gesê het, hier gebeur groot dinge. Ons fees loop ons eintlik vooruit, maar Sondag toe is dit ook só, toe lewe Christus. Dit word net beter, want die dooies het Vrydag lewendig geword, maar Sondag, die dag ná die Sabbat toe Christus lewe het hierdie mense die Vrydag opgewek die Sondag die stad ingekom en aan die mense verskyn (Matt.27:52-53). Dit alles gebeur presies toe die Jode besig was om die fees van die eerstelinge te vier, toe lewe die Eersteling Christus reeds, in Hom was daar toe reeds lewe wat verskyn. Ja, in die sin beweeg die gerwe, nie net twee nie, maar daar was baie mense wat beweeg, wat die ander gedink het hulle is dood! Dit wat Christus doen, Hy die Eersteling wat lewe om nie weer te sterwe nie. Wanneer ons in die volgende weke Paasfees vier, watter besondere geleentheid om te mag weet dat ons met Christus gekruisig is, dit is ons fees van regverdigmaking. Met die fees van die ongesuurde

6 brode mag ons weet dat ons met Hom begrawe is. Die fees van ons heiligmaking. Met die fees van die Eerstelinge dat ons met Hom uit die dood mag opstaan. Ja, dit vorm eintlik deel van die fees van ons heiligmaking, want heiligmaking het twee dele. Dit waaroor die hele Levitikus handel- waar God sê- Wees heilig, want Ek is heilig... Heilig gaan oor dit wat vir God afgesonder moet wees, maar heiligmaking gaan ook oor dit wat vir God reg moet wees, volmaak moet wees. Hierdie twéé in één- laat ons die fees van die Eerstelinge sien as ek moet aan God afgesonder wees, God sonder Hom vir my af, in Christus is Hy alleen volmaak God, maar ek moet ook aan hierdie God toegewy wees. Ons lewe van heiligmaking staan geskryf in wat ons in Luk.11:24-26 kan lees- Jesus vertel hoe belangrik dit is dat mens jou hart as jou huis moet sien (vgl. v.21). Jou hart word dan voorgestel soos n huis met sy vertrekke wat gereinig moet word (afgesonder moet word). Heiligmaking handel presies oor dié twee aspekte, die huis moet skoongemaak word (afgesonder- die eerste aspek van heiligmaking), maar dit mag nie leegstaan nie, dit moet dan gevul word met die heiligheid van God... (heiligmaking gaan ook oor toewyding aan God... afsondering-toewyding) - Vv.24-26: 24 Wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus; en as hy dit nie vind nie, sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. 25 En hy kom en vind dit uitgevee en versierd. 26 Dan gaan hy en neem sewe ander geeste, slegter as hy self, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste. Geliefdes, hierdie gedeelte sê vir ons heiligmaking kan alleen volhoubaar wees as daar toewyding is. Afsondering sonder toewyding is baie gevaarlik. n Bose gees wat sewe ander geeste, erger, slegter as hyself kan saambring, dan kom woon hulle in n mens. Jesus sê die laaste van daardie mens word erger as die eerste. Ons moet ons geloof nie n gou-gou saak maak nie, ons moet dit nie altyd vir onsself so maklik as moontlik wil maak nie. Ons dankoffers moet nie maar sommer ons oorskiet wees nie, dit moet ons eerste inkomste wees. Ons moet kan sê dat ek wil my beste eerste gee, dan glo ek daar sal vir my oorbly om genoeg te hê, ek glo die res sal volg. Die gesindheid by die fees van die eerstelinge is om te sêhierdie is die eerste van baie wat nog gaan kom. Dit moet geglo word.

7 So word ons dankoffers n saak van geloof. Dit gaan daaroor dat ons moet die eerstelinge, die beste van ons lewe aan God wil gee. Soos niemand iets van die oes vir homself mag neem voordat hy die twee gerwe vir die Here afgesny het nie, so is dit ook in ons lewe. Niks kan onsself toekom, vóór alles van onsself nie aan die Here gewy is nie. Watter heerlike gedagtes wat hierdie derde fees ons by uitbring. By die 2de erediens kyk na die 4de fees. Dit sluit in Pinksterfees of soos die naam in die Bybel ook staan- die fees van die weke. AMEN