Frits Gaum wonder: Kan jy twyfel in Jesus se opstanding uit die dood en steeds gelowig wees?

Vergelijkbare documenten
NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Paulus kritiseer sy tyd se manier

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

n Tempel Leier besoek Jesus

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Die Kerk se Geboorte

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Jesaja sien die Toekoms

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

SKRIFLESING: Romeine 1:1-17. TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13. Jesus is die Seun van God en ons Here. Psalm 149 : 1, 2.

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

n Dubbele kruis-belydenis

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

Preek, Ds Freddie Schoeman. Sondag 27 Februarie 2011

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

opstanding en die lewe. Hierdie uitspraak vorm deel van die gedeelte oor

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Letterlike en figuurlike taalgebruik

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Petrus en die Krag van Gebed

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

MAAK JESUS WEER DIE HOOF VAN SY KERK!

Inhoudsopgawe. Voorwoord

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Die Groot Geloofswoordeboek: Kenmerke van die ware kerk

Wedergeboorte Johannes 2:23-3:8

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

MATTEUS 16:4 NGB 1. Votum en seën. Psalm 104 : 1, 20, 21. Gebed. Skriflesing: Matteus 16:1-12 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

KERSFEES. SKRIFLESING: Lukas 2:8-20. Lukas 2:15, 17, 20 [lees in preek weer] Die geboorte van Jesus dring tot geloofsaksie, getuienis en aanbidding.

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

TEKS: Matteus 28:11-15 HK 17. Jesus se opstanding, wat regtig gebeur het, gee moed en hoop.

Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan?

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Die brief aan die Filippense

Die Seun het gekom om die Vader aan ons bekend te maak.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Vertrou. alles HERE OP DIE MET WAT JY HET. MO ENIE STAATMAAK OP JOU EIE INSIGTE NIE. SPREUKE 3:5

Breedte. Oppervlak = Lengte X Breedte. Ons kan nou enige reghoek se oppervlak bereken met hierdie formule, nie waar nie?

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Jona en die Groot Vis

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

LUKAS 5:8. Votum en seën. Psalm 116 : 1, 10. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 51 : 6.

DIE BRIEF AAN FILEMON

1 Johannes 5: /03/2014

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Van Vervolger tot Prediker

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Deur Christus Alleen

Transcriptie:

Frits Gaum het die volgende artikel in Rapport geskryf oor Jesus se opstanding. Dit is regtig verblydend om soveel teoloë openlik te hoor sê dat hulle in Jesus se letterlike opstanding glo, selfs al het van hulle redelik liberale teologiese sieninge andersins. My kommentaar in [bruin blokhakies] hieronder. Kyk ook: - Hoeveel integriteit het die Nuwe Testament? - Wie val wie aan? ( Nelus Niemandt oor Jesus se opstanding) - Opgestaan ***************** Het Jesus wérklik opgestaan? 2014-04-19 22:40 Frits Gaum Frits Gaum wonder: Kan jy twyfel in Jesus se opstanding uit die dood en steeds gelowig wees? Dood is dood. Dit weet n mens van jou kindertyd af. 1 / 5

En vir premoderne mense van 2 000 jaar gelede was dood ook dood, nes vir deesdae se moderne en postmoderne mense. Dáárom wou Tomas die Twyfelaar al in die Bybelse tye niks weet van Jesus se opstanding uit die dood voordat hy nie sélf sy vingers in die wonde gesteek het nie. Om, as jy regtig dood is, uit die dood op te staan, is wetenskaplik gesproke onmoontlik. Maar as ons Jesus se opstanding uit die dood ontken, val die bodem van ons Christelike geloof uit. Dan sit ons met n handvol wind. Tog meen die Duitse teoloog Wolfhart Pannenberg n mens kan selfs uit n wetenskaplike, intellektuele oogpunt Jesus se opstanding nie sonder meer van die tafel vee nie. [Ek dink ook "wetenskaplike" moet in aanhalingstekens geplaas word. Miskien histories-wetenskaplik, maar nie operasioneel-wetenskaplik nie. Hoe dit ookal sy, daar is baie goeie rede om te glo dat Jesus wel uit die dood opgestaan het. Inteendeel, daar is beter aanduiding van Jesus se opstanding as dat mense soos Julius Caesar geleef het.] Pannenberg beklemtoon n mens hoef nie jou verstand op te skort om te kan glo nie. Volgens hom kan n mens die metodes van moderne geskiedskrywing op die teks van die Nuwe Testament toepas en toon dit sou onwetenskaplik wees om dit nié as n waarskynlike feit te aanvaar dat Jesus ná sy dood weer gesien is nie. Verskillende getuies het onafhanklik van mekaar getuig hulle het Jesus gesien. Pannenberg wys daarop dat n groot groep van 500 broeders Jesus een keer ná sy opstanding gesien het (as die susters bygetel word, was daar dalk 1 000). Hy meen dis uit n historiologiese oogpunt n wetenskapliker standpunt dat die opgestane Jesus weer gesien is as om net te wil aanvaar dat so iets (dat Hy weer gesien is) nié gebeur het nie. Op my vraag aan haar of sy glo dat Jesus letterlik op n bepaalde dag en datum in die geskiedenis uit die dood uit opgestaan het, antwoord Christina Landman, feministiese teoloog van Unisa: Ek glo, want ek verkies om so te glo, dat Jesus Christus op n spesifieke tyd liggaamlik opgestaan het. Dit is vir my belangrik dat Jesus liggaamlik opgestaan het dat sy liggaam ná die marteling aan die kruis gesond was! En wanneer ek sê ek glo Hy het op n spesifieke tyd opgestaan, beteken dit vir my dat Jesus se opstanding deel van die geskiedenis 2 / 5

is. Maar Jesus se opstanding is vir my méér as n historiese feit. Daar is veel meer aan sy opstanding te hang. Jesus se opstanding voorsien ons ook van n simbool van opstaan. Dit gee ons die energie om elke dag ons kruis te dra, nie as mense wat gaan lê nie, maar as mense wat opstaan. Louis Jonker, n Stellenbosse Ou-Testamentikus, sê die belydenis van Jesus se opstanding het wel vir hom n historiese basis, dit wil sê dat Jesus in n bepaalde stadium in die geskiedenis uit die dood opgestaan het. Maar dan wys Jonker daarop dat ons geloof nie op historiese bewysbaarhede berus nie. Ek glo nie in Jesus Christus omdat sy lewe, sterwe en opstanding op die een of ander manier feitelik aan my bewys kan word nie, maar omdat die Heilige Gees my daarvan oortuig dat Jesus Christus die lewende Here is, sê hy. Nico Koopman, dekaan van die teologiese fakulteit op Stellenbosch, sê al is dit nie moontlik en selfs belangrik om die presiese dag en datum van Jesus se opstanding te bepaal nie, glo hy wel Jesus het op n bepaalde dag en datum in die menslike geskiedenis opgestaan uit die dood. Hy het liggaamlik opgestaan... met n verheerlikte liggaam, sê hy. Natuurlik is daar ook teoloë wat Jesus se opstanding eerder metafories wil verstaan: Hy het in mense se gedagtes en in hul herinneringe opgestaan; Hy het simbolies opgestaan; Hy bestaan voort omdat Hy so n groot invloed op miljoene mense se lewe gehad het en steeds het (amper soos Nelson Mandela voortbestaan?). Maar dié idees doen afbreuk aan die Godswonder van die opstanding en probeer dit inperk in ons ervaringswêreld, waar opstanding uit die dood onmoontlik is. Wentzel van Huyssteen, n Suid-Afrikaanse teoloog wat in Princeton in die VSA doseer, stel dit goed: As die teologie die opstanding van Jesus uit die dood wil ontken, tas dit die Christelike geloof in sy kern aan en gaan die teologie óór sy grens. Met die opstanding het iets gebeur wat ons begrip te bowe gaan. 3 / 5

Jesus se opstanding uit die dood kan gesien word as iets groter as n historiese gebeurtenis, maar nie as iets wat kleiner is as n historiese gebeurtenis nie. Dis anders met byvoorbeeld die Bybelse skeppingsverhaal. Dit het nie dieselfde soort historiese segmentasie nie. Van Huyssteen beklemtoon dat verskillende dele van die Bybel hulle verskillend aandien en dat alle dele nie op dieselfde manier verklaar en verstaan kan word nie. As die Bybel iets klaarblyklik letterlik bedoel en dit duidelik nié tydgebonde en kultuurbepaalde uitsprake is nie, moet ons die letterlike betekenis daarvan ernstig opneem. [Hierdie is 'n baie goeie punt. Dit is net jammer dat mense baie maklik Genesis 1 tot 11 figuurlik lees, waar dit egter duidelik is dat die skrywer daarvan bedoel het dat dit letterlik gelees moet word - kyk Aanhalings - Moet Genesis letterlik gelees word?.] (Daar kan natuurlik in sommige gevalle boonop simboliese betekenis daaraan geheg word.) En die Evangelieskrywers Matteus, Lukas, Markus, Johannes wil hê ons moet verstaan Jesus het letterlik uit die dood opgestaan, maar hulle sê nie hoe dit gebeur het nie. Hulle sê ook nie Jesus het met presies dieselfde liggaam wat in die graf weggelê is, uit die dood opgestaan nie. Trouens, die opgestane Jesus het meteens en uit die bloute tussen sy dissipels gestaan (Lukas 24:36). Maar Hy het ook soos n gewone mens n stuk gebraaide vis saam met sy dissipels geëet (Lukas 24: 42,43). Hy was dus anders, maar ook dieselfde; dieselfde en tog ook anders. Soos die sywurm wat n mot word. Soos die saad wat n blom word. Ja, Jesus se opstanding uit die dood is en bly n saak van geloof iets wat jy nie kan bewys nie, iets waarvan God self jou moet oortuig. Jy kan Jesus se opstanding net so min bewys as wat jy kan bewys daar is n God. Wetenskaplik bewys? Nee. [Ek kan hiermee saamstem. Streng gesproke kan geen geskiedenis wetenskaplik bewys word nie, maar vanuit 'n histories-wetenskaplike oogpunt is dit baie duidelik dat Jesus werklik opgestaan het.] 4 / 5

Glo? Ja. Já. Dr. Frits Gaum is n vryskutskrywer. 5 / 5