ASA Grondwet. soos vasgestel op 12 Oktober 2009

Vergelijkbare documenten
GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

KONSTITUSIE VAN ARSO

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Universiteit Stellenbosch Grondwet van die Akademiese Belangeraad Soos aanvaar op 19 Maart 2009

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

LOSKOP RUGBYKLUB GRONDWET

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

A B C Toekenning. 15 Februarie 2003

KONTIKI PREPRIMêRE SKOOL GRONDWET

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

GRONDWET VAN DIE PAARL BELASTINGBETALERSVERENIGING (Die Grondwet) - 26 Januarie 2012

Eerste jaarvergadering en konstitusie

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

GRONDWET Die aanvaarde embleem mag op amptelike briewe, kledingstukke, ens., soos deur bestuur besluit, gebruik word.

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015

RAAMWERK VIR n KONSTITUSIE VIR n GEMEENSKAPSFORUM / ORGANISASIE VIR GEMEENSKAPSONTWIKKELING

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

KOUGA BESIGHEIDSFORUM - GRONDWET

HOËRSKOOL WONDERBOOM FINANSIËLE BELEID

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW)

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

WERKSPROSEDURES VAN DIE INSTITUSIONELE FORUM VAN DIE UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH

HOOFSTUK 9 Regspleging

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

Excursio. Algemene Grondwet

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

Riglyndokument vir die Universiteit Stellenbosch (US) Ko-Kurrikulêre Ondersteuningsfonds (USKOF)

AANSTELLING, PLIGTE EN BEVOEGDHEDE VAN DEKANE EN WYSE VAN VERKIESING

GRONDWET VAN DIE TYGERBERG STUDENTE UNIE VAN DIE UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

KONSTITUSIE VIR 'N BOEREVERENIGING 1. NAAM Die naam van die Vereniging is die Boerevereniging.

KONSTITUSIE VAN PAARL SAKEKAMER

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006

STUDENTEGRONDWET UNIVERSITEIT STELLENBOSCH Hersiening. Finale weergawe (weergawe 2.2)

Paarl Rangers Rugby-Voetbal Klub. Gestig (1914) Grondwet en Reglimente

MATZIKAMA SAKEKAMER GRONDWET

GEDRAGSKODE. Vir die Direksielede, Hoofde en Onderwysers van PRO LIBERIS

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

DIENSVOORWAARDES VIR NAVORSINGS- EN STEUNDIENSTEPERSONEEL

Grondwet van die Studente-unie van die Universiteit Stellenbosch

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

GRONDWET VAN DIE SUID-AFRIKAANSE WOONWA-ASSOSIASIE

CONCERNED MEMBER GROUP Spesiale Algemene Vergadering: Voorgestelde Veranderinge aan die Konstitusie

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. Maatskappye Wet, 71 van 2008 (soos gewysig) AKTE VAN OPRIGTING VAN N MAATSKAPPY SONDER WINSOOGMERK MET STEMREG VIR LEDE

GRONDWET en REGLEMENTE Aangepas vanaf die oorspronklike GRONDWET soos op 12 Maart 1996.

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

GRONDWET en REGLEMENTE Aangepas vanaf die oorspronklike GRONDWET soos op 12 Maart 1996.

WESTELIKE PROVINSIE VARSWATERHENGEL VERENIGING GRONDWET

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Kodes vir Afkeurredes

AANVANG VAN N ONDERSOEK VAN BEWEERDE ONBEHOORLIKE GEDRAG

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

Les 14: Entrepreneurskap

KOOPKONTRAK VIR N VOLTOOIDE DEELTITEL EENHEID

Die volgende is die hoofde waarin die ooreenkoms verdeel is:

TERME EN VOORWAARDES

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

KONSTITUSIE VAN DIE DURBANVILLE FOTOGRAFIE KLUB

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

2015 AKADEMIESE JAAR

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

Riglyne vir Steundiensaanstellings

AFLEGGING VAN WERKER (DIENSBEëINDIGING) EN UITBETAAL VAN VERLOF

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

GRONDWET VAN HOëRSKOOL HENNENMAN ONDERSTEUNERSKLUB

Transcriptie:

ASA Grondwet soos vasgestel op 12 Oktober 2009

FAKULTEIT AGRIWETENSKAPPE Grondwet van die Agri Studente Assosiasie.. Inhoudsopgawe Artikel 1. Artikel 2. Artikel 3. Artikel 4. Artikel 5. Artikel 6. Artikel 7. Artikel 8. Artikel 9. Artikel 10. Artikel 11. Artikrl 12. Artikel 13. Artikel 14. Artikel 15. Artikel 16. Naam Missie Doelstellings Begripsbepaling Amptelike taal Affiliasies Grondwet Regspersoonlikheid Bevoegdhede van die bestuur Voorwaardes vir ASA Lidmaatskap Funksionering van die ASA bestuur Verkiesingsprosedure en dienstermyn ASA Bestuursvergaderings Komitees Verteenwoordiging op ander liggame Ontbinding Reglement A. Reglement B. Reglement C. Reglement D. Reglement E. Reglement F. Reglement G. Reglement I Lidmaatskap Finansies Samestelling van die ASA Bestuur Aanstelling van die Uitvoerende komitee Pligte van Portefeuljehouers Dissiplinêre prosedure Honorarium Evaluasie Prosedure.. Artikel 1: Naam 1.1 Hierdie liggaam sal bekend staan as die Agri Studente Assosiasie, en word na verwys as ASA... Artikel 2. Missie 2.1 Die Agri Studente Assosiasie is n vereniging vir die studente van die Fakulteit AgriWetenskappe van die Universiteit van Stellenbosch wat daarna streef om die akademiese 1 van 16

sowel as sosiale belange van die vereniging se lede te bevorder. Hierdie doelstellings word behaal deur verteenwoordiging op die Fakulteitsraad en ander geselekteerde komitees van die fakulteit en deur skakeling met ander studenteverenigings op die kampus en elders en is ook die direkte skakeling met die Dekaan om aktuele studentesake en kwessies te bespreek. Die vereniging het verteenwoordigers in die verskillende departemente van die fakulteit. Verder reël die vereniging n verskeidenheid van byeenkomste deur die jaar. Artikel 3: Doelstellings 3.1 Om op te tree in belang van al die studente van die Fakulteit en om daardie belange uit te brei. 3.2 Om n gevoel van eenheid tussen alle studente in die Fakulteit te skep. 3.3 Om geleentheide te skep vir studente om aan die industrie blootgestel te word. 3.4 Om studente te verteenwoordig plaaslik, nasionaal en internasionaal, hetsy akademies of sosiaal. 3.5 Om as skakel te dien tussen die Beheerliggaam van die Universiteit en die studente. 3.6 Om die algemene en akademiese ontwikkeling van die studente te bevorder... Artikel 4: Begripsbepaling Tensy dit anders blyk uit die grondwet sal woorde wat die manlike geslag aandui, beide geslagte insluit. In die geval van n dispuut of ander beslissings, geld die Afrikaanse weergawe van die Grondwet as die vervangingsdokument. Adres: Die amptelike adres van ASA is: Agri Studente Assosiasie Fakulteit AgriWetenskappe Universiteit van Stellenbosch Privaatsak X1 Matieland 7602 Algemene Komitee: Die algehele bestuur van ASA nl. Dagbestuur en ander verkose persone ASA: Agri Studente Assosiasie AFSA: Lanbou- en Bosboustudentevereniging (ontbind in 2005) 2 van 16

Bestuur: Dekaan: Donateurs: Ere-President: Fakulteit: Die ASA Bestuur is die beherende en koördinerende liggaam van die Agri Studente Assosiasie soos verkies behoudens die Grondwet. Dekaan van die Fakulteit AgriWetenskappe. Enige persoon, Finansiële instansie of Besigheid wat n skenking ten bate van die Assosiasie maak, hetsy in die vorm van n geldelike donasie of dié van goedere. n Akademiese personeellid van die Fakulteit wat deur die ASA Bestuur aangewys is om as mentor vir die vereniging op te tree. Fakulteit Agriwetenskappe. Grondwet: Dit is die geldige dokument van ASA soos vasgelê in Artikel 7. Lid: Studente: Termyn: Enige persoon wat amptelik by die administrasie van die Administrasie van die Universiteit van Stellenbosch ingeskryf het as voorgraadse of as nagraadse student aan die Fakulteit (Sien Artikel 10). Studente ingeskryf by die Fakulteit. Dit is die diensperiode van n Bestuurslid van ASA soos uiteengesit in Artikels 11 en 12. Uitvoerende Komitee: Die term is sinoniem met die term Dagbestuur. Vereniging: Web-Blad: Agri Studente Assosiasie (ASA) www.sun.ac.za/asa.. Artikel 5: Taal 5.1 Amptelike Taal: Afrikaans 5.2 Tweede Taal: Engels.. Artikel 6: Affiliasies 6.1. Internasionale vereniging vir Landboustudente (IAAS) 6.2. Internasionale vereniging vir Bosboustudente (IFSA) 6.3. Universiteit van Stellenbosch se Voedselwetenskap Studentevereniging (USVV) 6.4. Stellenbosch Bosboustudentevereniging (SFSA).. 3 van 16

Artikel 7: Grondwet 7.1 Hierdie grondwet herroep alle vorige grondwette van AFSA en ASA. 7.2 Twee eksemplare van hierdie grondwet, geteken en gedateer deur die Voorsitter en Ondervoorsitter (as getuie) van ASA, sal ten alle tye in die ASA kantoor vir lede van ASA ter insae lê. n Eksemplaar van hierdie grondwet sal ten alle tye op die ASA web-blad vir lede van ASA ter insae wees. 7.3 Die grondwet bestaan uit artikels en reglemente. 7.4 Wysiging van die grondwet. 7.4.1. Enige wysiging van die grondwet moet met n twee-derde meerderheid van die voltallige Bestuur goedgekeur word. 7.4.2. Alle wysigings moet vir kennisname aan die Ere-President deurgegee word. 7.4.3. Hierdie grondwet moet sistematies een keer elke twee jaar, of soos nodig, hersien word. 7.4.1 Die besluite van die Bestuur sal beslissend en bindend wees in gevalle waar daar enige twyfel bestaan oor die vertolkings of betekenis van enige begrip vervat in hierdie grondwet... Artikel 8: Regspersoonlikheid 8.1. Die ASA Bestuur is nie n regspersoon nie, maar n vereniging van ingeskrewe AgriWetenskap studente aan die Universiteit van Stellenbosch, waaruit sekere regte en verpligtinge voortspruit. 8.2. Na gelang van die aard van n ooreenkoms of handeling, word alle handelinge of ooreenkomste namens ASA aangegaan en/of onderteken en/of skriftelik gemagtig deur die Voorsitter en die Ondervoorsitter, of die Voorsitter en die Tesourier, of die Voorsitter en die Sekretaris van die Bestuur. 8.3. ASA se uitgawes mag nie sy inkomstes oorskry nie. 8.4. Geen bestuurslid of lid van ASA sal individueel aanspreeklik wees vir enige skulde van die Bestuur nie, tensy sodanige skulde die gevolg is van nalatigheid, finansiële misdrywe of oneerlikheid deur die betrokke individu. 4 van 16

8.5. Elke bestuurslid van ASA word voorwaardelik deur ASA gevrywaar teen enige finansiële verliese en uitgawes wat hy mag aangaan of aanspreeklik voor mag raak in die deeglike uitvoering van sy pligte, tensy hy hom skuldig maak aan nalatigheid, finansiële misdrywe of oneerlikheid....... Artikel 9: Bevoegdhede van die Bestuur 9.1 Om behoudens Artikel 8.2 enige ooreeenkoms aan te gaan met n instansie, owerheid of persoon en om van bogenoemde partye enige regte, konsessies of voorrregte te verkry wat bevorderlik mag wees vir ASA se doelstellings. 9.2 Om enige perseel of deel daarvan te huur met die doel om daar sake van ASA te administreer of ten uitvoer te bring. 9.3. Om enige lede, beamptes of dienaars in diens te neem op voorwaardes wat die Bestuur as noodsaaklik of gerieflik mag ag om die doelstellings van ASA te bevorder, en om enige sodanige persone vir hulle dienste te vergoed of te laat vergoed indien dit deur die Bestuur nodig geag word. 9.4. Om fondse, toerusting en/of uitrusting te bekom ten bate van ASA sodat sy administrasie, organisasie en finansiële verpligtinge daarmee moontlik gemaak of vergemaklik kan word. 9.5. Die Bestuuur of enige lid mag onder geen omstandighede n eksterne bankrekening open namens ASA nie. 9.6. Om behoudens Artikel 8 n Universiteits-kostepunt te bekom en alle handelinge in verband daarmee deeglik, effektief en volgens die Universiteit se beleid en reëls uit te voer. 9.7. Om n ere-president aan te wys uit die geledere van die personeel van die Fakulteit, wat sal optree as n mentor vir die ASA Bestuur... Artikel 10: Voorwaaardes vir ASA Lidmaatskap 10.1. Alle studente wat ingeskryf is by die Fakulteit vir Landbou- en Bosbouwetenskappe van die Universiteit van Stellenbosch vir een van die volgende grade* sal lede wees van ASA: BAgricAdmin HonsBScBosb MScBosb BScAgric MAgricAdmin PhD (Agric) BScBewEkol Mbosb PhD (Voesdselwet) BScVoedselwet Mphill PhD (Bosb) BScBosb MscAgric DScAgric HonsBAgricAdmin MscBewEkol DScVoedselwet HonsBScAgric MscVoedselwet DScBosb HonsBScVoeselwet 5 van 16

* Studente van die Fakulteit Ekonomiese Bestuurswetenskappe wat ingeskryf is vir BCom Landbou Ekonomie kan lidmaatskap by ASA bekom indien hulle die nodige lidmaatskapvorm voltooi en die lidmaatskapfooie betaal. Hierdie vorm sal ten alle tye in die ASA kantoor beskikbaar wees... Artikel 11: Funksionering van die ASA Bestuur 11.1 Die ASA Bestuur bestaan uit soveel lede as nodig is vir die effektiewe uitvoer van pligte van ASA. 11.2 Lede van die bestuur word verkies tot die ASA Bestuur behoudens artikel 12. 11.3 Die dagbestuur word saamgestel uit: 11.3.1 Die voorsitter 11.3.2 Die ondervoorsitter 11.3.3 Die tesourier 11.3.4 Die sekretaris & Algemeen 11.3.5 Akademiese belange lid 11.3.6 Bemarkingslid 11.4 Die dagbestuur tree namens die ASA bestuur op in geval van spoedeisende sake wat tussen vergaderings van die Bestuur opduik. 11.5 Indien daar n vakature op die bestuur ontstaan, kan die vakante portefeulje gevul word deur enige lid na die goeddunke van die Bestuur tot die Bestuur gekoöpteer, met alle regte en pligte soos vir enige ander bestuurslid. 11.6 n Bestuurslid moet n ingeskrewe lid wees vir die volle dienstermyn. 11.7 Lede van die bestuur sal onderworpe wees aan n evaluasie prosedure soos uiteen gesit in reglemente H en I... Artikel 12: Verkiesingsprosedure en dienstermyn 12.1 Die termyn van Bestuurslede strek vanaf September van n bepaalde kalenderjaar tot en met 31 Augustus van die daaropvolgende jaar. 12.2 Dienende voormalige Bestuurslede mag herverkies word. 12.3 Aansoekvorms sal beskikbaar wees vir n minimum van 10 akademiese dae aan die begin van die tweede semester. 6 van 16

12.4 Enige student soos uiteengesit in Artikel 10 mag aansoek doen vir n posisie op die bestuur. 12.5 Die verhouding van nagraadse tot voorgraadse studente moet nie n verhouding van 40:60 oorskry nie. 12.6 Onderhoude met aansoekers begin 1 tot 2 akademiese dae nadat die aansoeke amptelik gesluit het, tensy andersins gereel deur die voorsitter, dagbestuur en ere president. 12.7 Die onderhoude sal binne 10 akademiese dae afgehandel word. 12.8 Die nuwe bestuur word binne 24 uur na die laaste onderhoud van die uitslae in kennis gestel. 12.9 Die bestuur word aan die res van die ASA lede bekend gemaak tydens die ASA Dans wat aan die einde Augustus of begin September gehou word. Die inkomende Bestuur neem by hierdie geleentheid by die uitgaande Bestuur oor... Artikel 13: Bestuursvergaderings 13.1 Die Uitvoerende Komitee vergader een keer per week om huishoudelike sake te bespreek. Die Voorsitter sal die stoel inneem. 13.2 Alle vergaderings sal plaasvind volgens n aanvaarbare vergaderingsprosedure waartydens notule geneem word van die verrigtinge, persone teenwoordig, besluite geneem word en dit sal ten alle tye vir lede van ASA ter insae wees in die ASA kantoor. 13.3 n Kworum bestaan uit 50% van die uitvoerende komitee. Indien daar 15 minute na die aanvang van die vergadering nie n kworum teenwoordig is nie, sal die vergadering verdaag om 3 akademiese dae later plaas te vind. 13.4 Dit is elke lid van die bestuur se plig om alle vergaderings by te woon. Verskonings kan slegs aan lede toegestaan word deur die Voorsitter of die Ondervoorsitter. 13.5 Skriftelike verskonings (deur middel van n brief, epos of SMS) is verpligtend en moet n minimum van 24 uur voor die vasgestelde vergadertyd by die voorsitter of ondervoorsitter ingedien word asook by die sekretaris. 13.6 Indien enige lid afwesig is sonder verskoning kan daar dissiplinêre optrede teen die lid volg in oorleg met Reglement A.5.4, volgens die Dissiplinêre Prosedure soos uiteengesit in Reglement F van die ASA Grondwet. 13.7 Sport en Sosiale aangeleenthede word nie as geldige redes vir afwesigheid van n Uitvoerende Komittee vergadering geag nie tensy dit deur die voorsitter goedgekeur word. 7 van 16

13.8 Enige ASA lid is welkom om n vergadering by te woon. 13.9 By informele vergaderings wat verkieslik drie-weekliks moet plaasvind is mondelinge verskoning verpligtend 13.10 Algemene Komitees vergader een keer per kwartaal saam met die Uitvoerende Komitee en ook soos gereël met die spesifieke Uitvoerende Komiteelid met wie hulle geaffilieer is... Artikel 14: Komitees 14.1 Die bestuur se pligte word deur middel van n komiteestelsel ten uitvoer gebring. 14.2 Elke Bestuurslid mag n subkomitee saamstel uit lede om hom met die uitvoer van sy pligte en die aktiwiteite van sy portefeulje behulpsaam te wees. 14.3 Die subkomitee is onderhewig aan goedkeuring van die bestuur. 14.4 Komiteelede het dieselfde regte op n bestuursvergadering as gewone lede. 14.5. Die Bestuurslid dien as voorsitter van sy betrokke subkomitee. 14.5 Die algemene komiteelede ontvang geen honorariums vanaf ASA nie... Artikel 15: Verteenwoordiging op ander liggame 15.1 Die Uitvoerende Komitee moet verteenwoordig word op verskeie rade en komitees in die Fakulteit en die Universiteit, insluitende: 15.1.1 Fakulteitsraad Vergaderings 15.1.2 Akademiese Belangeraad (ABR) 15.1.3 Akademiese Programkomitee 15.1.4 Opedag Komitee 15.1.5 Studente Forum 15.1.6 Komitee vir Leer en Onderrig.. Artikel 16: Ontbinding 16.1 ASA word ontbind deur n mosie in daardie verband aan te neem en met die goedkeuring van die Dekaan en die Ere-President, asook die goedkeuring van die Akademiese Belangeraad en die Studenteraad. 8 van 16

16.2 Indien ASA sou ophou om te bestaan, oorhandig hy al sy bates aan die die Dekaan sodat dit veilig bewaar kan word. 16.3 Indien n soortgelyke vereniging binne vyf jaar na die ontbinding van ASA gestig word, kan hy die eiendom van ASA oorneem, mits die Dekaan daartoe instem. 16.4 Indien geen soortgelyke vereniging binne vyf jaar na die ontbinding van ASA gestig word nie, mag die Dekaan na goeddenke met eiendom van ASA handel... 9 van 16

Reglemente.. Reglement A: Lidmaatskap A.1 Alle lede betaal n jaarlikse fooi wat deur Sentrale Administrasie van die Universiteit van Stellenbosch van hul Studenterekening verhaal word. A.2 Betaling van die lidmaatskapfooi is verpligtend vir alle ingeskrewe voorgraadse en nagraadse studente in die Fakulteit. A.3 Lede kan bedank en kan terugbetaling van hulle ledegeld vir daardie jaar verkry onderhewig aan die volgende prosedure: A.3.1 A.3.2 A.3.3 Die lid moet bewys lewer van betaling van die lidmaatskapsfooi. Sodanige aansoek om terugbetaling van lidmaatskapfooi moet geskied voor 1 Mei van die betrokke jaar waarvoor lidmaatskap toegeken is. Terugbetaling van lidmaatskapgelde sal slegs deur Administrasie gedoen word by die toon van n bewys, geteken deur die ASA Voorsitter, dat die lid bedank het. A.4 n Lid verloor sy lidmaatskap onder die volgende omstandighede: A.4.1 A.4.2 A.4.3 A.5. Hy tot sterwe kom. Hy die Fakulteit verlaat. Hy hom herhaaldelik skuldig sou maak aan wangedrag, maar dan alleen met dien verstaande dat hy eers die geleentheid sal kry om sy saak voor die Bestuur en in die teenwoordigheid van die Ere-President te stel. n Bestuurslid verloor sy lidmaatskap onder die volgende omstandighede: A.5.1 As hy tot sterwe kom. A.5.2 As hy die Fakulteit verlaat. A.5.3 As hy skriftelik sy bedanking by die Sekretaris indien, waarna sy bedanking binne 10 werksdae van krag is. A.5.4 As hy meer as twee keer sonder skriftelike verskoning weg bly van n Bestuursvergadering, maar dan alleen met dien verstaande dat hy eers die geleentheid sal kry om sy saak voor die Bestuur en in die teenwoordigheid van die Ere-President te stel. A.5.5 As hy hom herhaaldelik skuldig sou maak aan wangedrag of pligsversuim, en hy met tweederde stemming van die Bestuur tydens n formele vergadering deur die Bestuur verplig word om te bedank... 10 van 16

Reglement B: Finansies B.1 Finansies word verkry uit ledegeld en vanaf borge. B.2 Finansiële Bestuur: B.2.1 B.2.2 Een kostepunt by Sentrale Administrasie wat verdeel word tussen projeknommers. Die projeknommers moet verbind wees aan die verskeie portefeuljes. B.3 In die geval van departementele komitees wat hulle eie fondse verkry vanaf borge sal die geld direk inbetaal word in die projeknommer, om vir n spesifieke doel gebruik te word. B.4 Ledegeld moet aangewend word vir komitee portefeuljes sowel as vir die lopende uitgawes van ASA. B.5 Die Tesourier beheer alle beweging van fondse tussen projeknommers. B.6 Die kleinkas moet administreer word volgens die regulasies soos opgeteken in die Snel Naslaan Gids (Kitsgids) van die Finansiële Administrasie van die Universiteit van Stellenbosch. B.7 Finansiële transaksies wat deur die bestuur behartig word, moet nagegaan word deur n persoon wat nie met die betrokke transaksie gemoeid is nie. B.8 Die finansiële jaar strek vanaf 1 Januarie tot 31 Desember... Regement C: Samestelling van die ASA Bestuur C.1 Portefeuljes vir Dagbestuur: C.1.1 C.1.2 C.1.3 C.1.4 C.1.5 Voorsitter Akademiese Belange Tesourier Bemarking Sekretaris & Algemeen C.2 Portefeuljes vir Uitvoerende komiteelede C.2.1 Eerstejaars en ASA Dans C.2.2 Nagraadse verteenwoordiger en Werkswinkels.. 11 van 16

Reglement D: Aanstelling van die Uitvoerende Komitee D.1 Voorsitter: Die voormalige Voorsitter tesame met die Dekaan en die Ere-President stel die nuwe Voorsitter aan. Alle kandidate moet die nodige aansoekvoms voltooi voordat die voormalige Voorsitter, die Ere- President en die Dekaan met hulle onderhoude voer. Indien die Dekaan afwesig is, sal die voormalige Voorsitter en die Ere-President die nuwe Voorsitter aanstel. D.2 Ondervoorsitter: Die nuutverkose komitee verkies die Ondervoorsitter vanuit enige portefeulje. Verkieslik moet die Ondervoorsitter binne die eerste drie weke verkies word. Die verkiesing vind plaas d.m.v. verseelde stembriefies. Die Voorsitter en Ere-President het elkeen twee stemme, en die Uitvoerende Lede een stem elk. Die stemme sal getel en nagegaan word deur n persoon van buite die komitee. D.3 Die Uitvoerende Komitee Die kandidate moet die nodige aansoekvorms invul voordat die nuut-aangestelde Voorsitter en die Ere- President met hulle onderhoude voer. Wanneer die Uitvoerende Komitee aangestel word, moet die Voorsitter en die Ere-President probeer om verteenwoordigers van al die Akademiese Programme in te sluit en dan portefeuljes toeken. Verkieslik moet lede van die Dagbestuur alreeds n jaar gedien het op die Uitvoerende Komitee. D.4 Algemene Komitee Die Algemene Komitee bestaan uit persone wat as Klasverteenwoordiger gedurende die akademiese jaar gekies was, of enige student wat belangstelling in die aktiwiteite van ASA openbaar, in oorleg met artkel 10. D.4.1 D.4.2 D.4.3 D.4.4 D.4.5 D.4.6 Daar moet elke semester klasverteenwoordigers verkies word. Elke klas binne n module moet n Verteenwoordiger kies. Die verkiesing van die Klasverteenwoordigers is die verantwoordelikheid van die Verteenwoordiger vir Akademiese Belange. Alleenlik lede van n spesifieke klas mag lede van daardie klas as klasverteenwoordigers voorstel en/of sekondeer. Verkiesing geskied binne klasverband, binne die eerste twee weke vanaf die aanvang van die betrokke klas. Klasverteenwoordigers moet kwartaalliks met die verteenwoordiger van Akademiese Belange vergader. Elke Bestuurslid mag vir homself n subkomitee bou uit die algemene komitee om hom behulpsaam te wees met die uitvoering van sy pligte... 12 van 16

Reglement E: Pligte van Portefeuljehouers E.1 Die Voorsitter E.1.1 E.1.2 E.1.3 E.1.4 E.1.5 E.1.6 Moet toesien dat daar gehou word by ASA se grondwet en dat ASA uitgebou word. Hy is verantwoordelik vir die bou van n dinamiese, professionele en doeltreffende bestuur. Hy monitor portefeuljes op n volgehoue basis om te verseker dat die bestuur die doelwitte van ASA nastreef. Hy maak seker dat die bestuur beskik oor n doeltreffende en moderne perseel vanwaar hulle kan werk. Hy hou lede op hoogte van gebeure in die Fakulteit. Hy dien as die eerste skakel tussen ASA en die Dekaan van die Fakulteit. E.2 Die Ondervoorsitter E.2.1 E.2.2 E.2.3 E.2.3 Hy ondersteun die Voorsitter na die beste van sy vermoë. Hy neem die dissiplinêre prosedures waar en lewer dan verslag aan die Voorsitter. Hy neem waar namens die Voorsitter indien laasgenoemde afwesig is. Hy kom die pligte van sy eie portefeulje na. E.3 Tesourier E.3.1 E.3.2 E.3.3 E.3.4 E.3.5 Hy stel die onderskeie begrotings op voor die aanvang van die nuwe finansiële jaar sodat ASA om finansiële hulp kan aansoek doen. Hy maak seker dat daar akkuraat boekgehou word van alle fondse ontvang en uitgegee en dat portefeulje rekenings goed beheer word. Hy vra tjeks aan vanaf Sentrale Administrasie en sorg dat dit afgehaal word. Hy woon die jaarlikse seminaar vir tesouriers wat deur die Universiteit aangebied word, by. Aan die einde van die Universiteit se finansiële jaar dien hy n volledige finansiële verslag in by die Dekaan van die Fakulteit sowel as by Finansiële Administrasie E.4 Bemarking E.4.1 E.4.2 E.4.3 E.4.4 E.4.5 Hy maak seker dat die jongste inligting betreffende ASA aktiwiteite verskyn op die kennisgewingborde van alle geboue waar ASA verteenwoordig word en dat sodanige kennisgewings die professionele beeld van ASA uitdra. Hy behartig die bemarking van die onderskeie portefeuljes d.m.v die skeppende gebruik van baniere, plakkate en bemarking in die betrokke lesingslokale. Hy maak ASA se aktiwiteite bekend, inter alia m.b.v. aankondigings in die plaaslike media. Hy stel n stalletjie op tydends Verenigingsdae en die Universiteit se Opedag. Hy sien toe dat ASA se web-blad te alle tye op datum is en dat dit professioneel en aantreklik is. E.5 Akademiese Belange E.5.1 Bou en beheer n doeltreffende netwerk van klasverteenwoordigers in die Fakulteit. 13 van 16

E.5.2 E.5.3 E.5.4 Dien op die Fakulteitsraad, Akademiese Belangeraad en die Akademiese Program- komitee en lewer n relevante en waardevolle bydrae. Hy maak seker dat studente bewus is van die klagte prosedures en dat die nodige dokumentasie bekombaar is. Hy staan enige student wat n klagte wil indien, by. E.6 Uitvoerende Lede E.6.1 E.6.2 E.6.3 E.6.4 E.6.5 E.6.6 Hulle maak seker dat hulle eie portefeuljes n sukses is en n verbetering op dié van vorige jare. Hulle beheer hulle eie algemene komitees. Hulle verteenwoordig ASA in hulle onderskeie programme. Hulle werk saam met ander komiteelede aan hulle portefeuljes. Hulle verteenwoordig ASA op die verskeie akademiese programme. Aan die einde van hulle termyn stel hulle n volledige verslag op oor al die aspekte van hulle portefeuljes. E.7 Algemene lede E.7.1 E.7.2 E.7.3 E.7.4 Vorm n werkspan vir ASA en dra dus by tot die sukses van die termyn. Dien as n skakel tussen die studente in hulle program en die komitee. Verwittig die komitee van akademiese en sosiale versoeke. Bring die gebeure om ASA en sy aktiwiteite onder die aandag van ander studente in hul programme... Reglement F: Disiplinêre Prosedure F.1 Disiplinêre optrede vind plaas in enige situasie of as gevolg van enige insident waar n lid van ASA of van die Bestuur nalaat om sy plig uit te voer, of as hy hom skuldig maak aan nalatigheid, finansiële misdrywe, oneerlikheid of n kriminele oortreding of ernstige vergrypinge. F.2 Die volgende prosedure moet in so n geval gevolg word: F.2.1 Die Voorsittter moet eers probeer om die situasie intern op te los, indien hy sukses behaal, hoef disiplinêre optrede nie te volg nie. As hy die probleem nie kan oplos nie, is die volgende van toepassing: F.2.2 n Geskrewe klagte word gerig aan die Voorsitter en die Ere-President. F.2.3 Die Voorsitter oorhandig die klagte aan die Ondervoorsitter wat n Ondersoekspan saamstel en ondersoek instel. F.2.4 Sodra die ondersoek afgehandel is, stel die ondersoekspan n verslag op wat hulle oorhandig aan die Voorsitter en Ere-President. In die verslag maak hulle aanbevelings. F.2.5 Die Voorsitter en Ere-President neem die saak in oorweging en kom tot n finale beslissing. F.2.6 Indien die klagte gaan oor die Voorsitter, moet die klaer die Ondervoorsitter of die Ere- President nader en dié sal dan die stappe soos hierbo uiteengesit volg... 14 van 16

Reglement G: Vergoeding G.1 Alle lede van die Uitvoerende Komitee ontvang n honorarium aan die einde van hulle termyn. Die voorwaardes is as volg: G.1.1 G.1.2 G.1.3 G.1.4 G.1.5 G.1.6 G.1.7 Dat bevredigende werk gedurende die jaar gedoen is en dat alle bereikbare doelwitte behaal is en dat daar bewys is dat nie-bereikbare doelwitte nagestreef is. Dat die verslae van al die lede van die Uitvoerende Komitee volledig is, volgens die standaarde soos neergelê deur die voorsitter, en dat dit ingelewer is. Dat n volledige lys van kontakpersone ingesluit is. Dat n korrekte begroting en finansiële staat vanaf die finansiële administrateur verkry is. Dat die bedrywighede van die portefeulje in besonderhede beskryf is vanaf beplanning tot uitvoering en n volledige lys aanbevelings wat aan die Dekaan gemaak is. n Kalender waarop datums aangedui is, moet ook ingesluit word. Die verslag moet n inhoudsopgawe bevat waarop bladsye en bylaes aangedui word. G.2 Honorariums word verhaal van die ASA-fondse of Fakulteit-fondse en word verdeel aan die Bestuur volgens die oorleg van die Dekaan, die Ere-President, die Voorsitter en die Tesourier. G.3 n Bestuurslid sal sy Honorarium verbeur indien hy sy lidmaatskap verloor in oorleg met Reglement A.5.4 en A.5.5. G.4 Briewe ter werwing van kamerpunte sal eers toegestaan word, nadat die betrokke lid een volle dienstermyn, in oorleg Artikel 12, afdeling 12.1, op die komitee gedien het.... Reglement H: Evaluerings Prosedure H.1 n Lid van die dagbestuur moet deur die Voorsitter en Ere-President aangestel word om die evaluering vir die betrokke dienstermyn te behartig. H.2 Formele Evaluering: H.2.1 Geskied elke 3-6 maande soos deur die Voorsitter en Ere-President vasgestel aan die begin van die dienstermyn en duur vir n maksimum van 3-4 akademiese dae. H.2.2 Dit behels die voltooiing van n self evaluerings verslag wat deur die lid en die evalueerder onderteken moet word. n Informele gesprek tussen die evalueerder en die bestuurslid sal dan volg. H.2.3 Tydens die gesprek kan die lid wat ge-evalueer word sy mening lug oor die komitee/komitee lede, asook enige probleme wat hy mag ondervind in die komitee. H.3 Informele Evaluering: H.3.1 H.3.2 Geskied op n deurlopende basis Die lid wat die evaluering behartig moet bedag wees en rekord hou van alle lede se bereidwilligheid om te help, pligsgetrouheid, stiptelikheid om afsprake na te kom, deeglikheid en toegewydheid. H.4 Evaluerings verslag: H.4.1 Die Evalueerder moet binne 2 akademiese dae na elke formele evaluering n geskrewe verslag, wat die bevindinge van die formele sowel as die informele evaluering oor elke lid tot op datum bevat, indien by die Voorsitter asook by die Ere-resident vir kennisname en/of bespreking. 15 van 16

H.4.2 Bevindinge vanuit die verslag kan lei tot dissiplinêre optrede soos uiteengesit in Reglement F, indien die Voorsitter en Ere-President dit nodig mag vind. H.5 Alle bevindinge moet as streng vertroulik hanteer word H.5.1 Indien n lid van bestuur n beswaar of klagte het oor die wyse waarop hy ge-evalueer is, moet die lid die Voorsitter nader wat dan tesame met die Ere-president, die verslag bevindinge met die betrokke bestuurslid sal bespreek H.6 Die Evalueerder word deur die Voorsitter ge-evalueer. H.7 Die Voorsitter word deur die Ere-President ge-evalueer. H.8 Evaluasie kan as riglyn dien vir die Voorsitter en Tesourier met die toekenning van Honorariums. H.9 Die Ere-president en die Voorsitter beskik oor die mag om enige evaluasie ongeldig te verklaar indien dit aan die lig kom dat die evalueerder nalatig of eensydig in die uitvoer van sy taak was.... Reglement I: Kritiese Evaluerings Punte I.1 Die kritiese evaluerings punte waarop n bestuurslid ge-evalueer word: I.1.1 Spesifieke evaluerings punte vir elke portefeulje, soos deur die Voorsitter uiteengesit aan die begin van die dienstermyn, en wat aan die betrokke bestuurslid deurgegee is. I.1.2 Die bestuurslid se toegewydheid teenoor sy portefeulje. I.1.3 Die bestuurslid se toegewydheid teenoor ASA. ---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- 16 van 16