LYDINGSREIS. Paasweek 2011

Vergelijkbare documenten
God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Jesaja sien die Toekoms

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Die Kerk se Geboorte

Die Groot Gebod dennis de wet

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

n Dubbele kruis-belydenis

Goeie Konings, Slegte Konings

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Sondag, 20 April 2014 Skriflesing: Matteus 28:1-10 Tema: Opstanding Francois Lampreht

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Baie welkom by vanoggend se erediens

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

n Tempel Leier besoek Jesus

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

TEKS: Matteus 27 : HK 15. Jesus Christus se kruisdood is onmisbaar.

Wedergeboorte Johannes 2:23-3:8

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Die brief aan die Filippense

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Van Vervolger tot Prediker

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Welkom by Die Storie God se storie

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Deur Christus Alleen

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Die duiwel versoek Jesus

Verootmoediging en Gebed vir Gendergeweld deur Rethie van Niekerk

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

SUKSES vir 2006 I Gedagtes

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

1 Johannes 5: /03/2014

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Dr AH Bogaards. 1. Inleiding Wat is eensaamheid? Lees: Mt.27: Teks: Mt.27: Datum: 18 Oktober 2015

Lees: Vanaand dink ons terug aan Jesus se kruisiging. Ons onthou hoe hy ons sondes op hom geneem het, en dink oor die sewe kruiswoorde.

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

gelees. In hierdie roman word die aangrypende verhaal van 'n Franse

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

ons rykdom in Christus 2

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Begin Punt. Dennis de Wet 29 September 2013

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Vertrou. alles HERE OP DIE MET WAT JY HET. MO ENIE STAATMAAK OP JOU EIE INSIGTE NIE. SPREUKE 3:5

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Jona en die Groot Vis

Petrus en die Krag van Gebed

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Transcriptie:

LYDINGSREIS Paasweek 2011

U Word uitgenooi om saam met Jesus sy laaste reis mee te maak. Ons gaan u laat nadink en stil word by 12 verskillende stasies. Oordink die betekenis van Jesus se lyding vir jouself. By elke stasie gee ons vir u n kort gebed om te bid. Vul dit aan met jou eie gebed.

Die gedagte is dat jy vir jouself genoeg tyd gee om hierdie reis te onderneem. Moenie haastig wees nie. Hierdie is n uitnodiging tot gebed. Die nadenke oor die betekenis van Jesus se dood en lyding vir myself, lei tot dankbaarheid en gebed.

Kyk na elke toneel oordink wat daar gebeur. Probeer detail raaksien, ervaar die emosies van die mense. Hoe praat dit met jou? Lees die gebed wat van toepassing is, maak dit jou eie. Voeg by wat in jou hart leef. Moenie haastig wees nie, neem tyd en beleef dit. Laat die Gees van God toe om met jou te praat.

STASIE 1 JESUS WAS DIE DISSIPELS SE VOETE As ek jou nie was nie, het jy nie deel aan My nie. (Joh 13:8b). Hoe moes die woorde nie deur Petrus se hart gesny het nie? Kan jy ook vandag die Seun van God toelaat om voor jou te kniel en jou voete te was? Of sal jou trots jou daarvan weerhou? Jesus, ek wil so graag op my eie bene staan, my eie ding doen, self in beheer wees. As U so voor my kniel, dan moet ek beheer afgee. Dis só moeilik. Wees my genadig.

STASIE 2 GETSEMANE Vader as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie My wil nie maar u wil geskied. (Luk 22:42). Kan dit wees? Dat Jesus as mens hier só bang was dat Hy gevra het om nie dié beker te drink nie? Tog was Hy bereid om sy wil volkome oor te gee aan die Vader. Vader, dis vir my so moeilik om my eie wil oor te gee. Tog sien ek in U dat my verlossing juis daarvan afhang. Leer my om U wil te omhels totdat dit ook my wil word!

STASIE 3 KUS VAN VERRAAD Judas, verraai jy die Seun van die mens met `n soen? (Luk 22:48). Wat het Judas hiertoe gebring? Die feit dat U wil en pad anders was as wat hy wou? Hoe maklik gebeur dit nie ook met my nie en dan brand ook my lippe op U wang! Here, hoe dikwels het ek nie al my rug op U gedraai nie, gemaak of ek U nie ken nie? Voorgegee dat ek nie U kind is nie omdat ek ook skaam was vir U pad en U manier van doen. Vergewe my, Here!

STASIE 4 JESUS VOOR PILATUS Omdat Pilatus vir Jesus wou loslaat, het hy weer met hulle gepraat, maar hulle het aanhoudend uitgeroep: Kruisig, kruisig hom! (Luk 23:20). Waarom het U niks gesê nie, niks gedoen nie? Waarom bly U so weerloos, magteloos voor die wat dink dat hulle groot is in die wêreld? So baie keer word ek kwaad vir die maghebbers wat hulle mag misbruik; wens ek ek kon hulle bykom of laat betaal. Leer ook vir my dat die magteloosheid van die liefde harder praat as die geweld van vergelding.

STASIE 5 JESUS DRA SY KRUIS Jesus het self sy kruis gedra en uitgegaan na Kopbeenplek toe. (Joh 19:17). Die kruis, simbool van vervloeking en tog dra U dit vrywillig; en daarmee ook die vloek van die sonde, ook my sonde. Nou kan ek weet en glo dat ek nie meer `n vervloete is nie, maar `n geseënde van die Vader. U het die vloek oor my lewe weggeneem! Laat my soos `n geseënde leef wat ook ander seën. Vergewe my waar ek ander nog deur my optrede of woorde vervloek.

STASIE 6 SIMON HELP VIR JESUS Terwyl hulle Hom weglei, gryp hulle `n sekere Simon van Sirene..., en sit die kruis op hom om dit agter Jesus aan te dra (Luk 23:26). So, daar was `n punt waar U net nie meer kon nie, waar die soldate gesien het dat U hulp nodig het. Here, so U weet wat dit is om regtig swak te wees, so swak dat jy net nie meer kan nie. Ek wonder dikwels of U dit verstaan as ek so voel. Nou weet ek, U kán met al my swakhede medelye hê.

STASIE 7 DIE VROUE HUIL OOR HOM Vroue van Jerusalem, moenie oor My huil nie, huil oor julleself en julle kinders. (Luk 23:28). Die ware rede vir droefheid is nie Jesus se lyding nie, maar die sonde van hulle wat die lyding veroorsaak. Here, ook ek huil so maklik oor ander se leed en pyn, maar so min oor my eie sonde en blindheid. Wees my genadig om te sien wat die ware oorsaak van droefheid in my lewe is.

STASIE 8 JESUS WORD GERKUISIG... het hulle Hom daar saam met die misdadigers gekruisig, die een aan sy regter- en die ander een aan sy linkerkant. (Luk 23:33) Heeltemal naak, gestroop, tussen misdadigers, magteloos as gevolg van liefde vir jou en vir my. Só het U alle mag prysgegee om U lewenstaak te volbring. U doen dit om my te bevry van alle sinlose gejaag na mag en posisie, tog klou ek so vas aan elke vorm van mag tot my beskikking. Ek wil los, Here! Maak my los!

STASIE 9 JESUS WORD BESPOT Hulle...het Hom uitgelag en gesê: Ander het hy gered. Laat hy homself red as hy die Christus is wat deur God uitverkies is. (Luk 23:35). Om gespot en uitgelag te word, is nie maklik nie, veral nie as mens weet dat die waarheid aan jou kant is nie. Hoe sterk moes die versoeking nie wees om hulle op hulle plek te sit nie? Ek weet hoe spot soms in my binneste insny, tog lag ek dikwels so maklik saam met die spotters. Here, U is ter wille van my bespot en uitgelag. Wees my genadig sodat ek ook spot sal kan verdra.

STASIE 10 JESUS STERF Dit is volbring! (Joh 19:30). Jesus het hard uitgeroep: Vader, in U hande gee Ek my gees oor. (Luk 23:46). Wat het hier gebeur? Die Bron van die lewe wat sterf? Hoe is dit moontlik? Vader, wat `n vreeslike oomblik dit lyk of die Bose tog oorwin! U het selfs hierdie laaste tree vir my gegee. Here, ek is stil voor U genade en liefde. Ek wil sonder woorde voor U sit en net by U wees.

STASIE 11 JESUS IS DOOD Nadat hy dit van die kruis afgehaal het, het hy dit in linne toegedraai en in `n rotsgraf neergelê waarin nog nooit tevore iemand begrawe was nie. (Luk 23:53). Hoe praat die toneel met jou? Ek wéét ek kan so `n liefde vertrou. Daarom wil ek nou my hart vir U oopmaak. Ek bring my eie vrae, onsekerheid, vrese, frustrasies en gevoelens na U toe. Verlos my Here! Verlos my van myself!

STASIE 12 JESUS SE LEË GRAF Waarom soek julle die Lewende by die dooies? Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek. (Luk 24:5-6). Dis verby! Die angel van die dood is verwyder! Vader, ek weet as ek die Lewe wil ontvang, die volheid daarvan, moet ek my eie lewe aflê. Dis só moeilik, want my lewe is vir my kosbaar. Wees my ook hierin genadig, want die Lewe wat U gee, is al lewe wat saak maak.

DIE TEKENS VAN SY LYDING Deur te eet van die brood en die wyn bely ek my eie sterwe en opstanding saam met Christus en verkondig ek sy dood totdat Hy weer kom. Deel wat in jou hart is met die Vader.

JOERNAAL As jy wil kan jy n paar aantekeninge oor jou ervaring tydens die reis in die Joernaal neerskryf. Mag dit steeds hierdie reis wees wat elke dag jou eie lewensreis definieer.