NUUSBRIEF: MAART-MEI 2011

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "NUUSBRIEF: MAART-MEI 2011"

Transcriptie

1 NUUSBRIEF: MAART-MEI 2011 BLADSY Inhoudsopgawe & Boodskap 1 Belastingskale vir 2012 in 'n neutedop 2 Registrasies van nuwe entiteite & CIPRO-opgawes 4 IRP5-rekonsiliasies vir GEAGTE KLIËNT Soos die meeste van u reeds weet, het ons die kantore van mnr. Schutte Maasdorp (GR) SA effektief vanaf 1 Maart 2011 oorgeneem. Ons is reeds besig met werk aan beide kantore se kliënte en bedank u vir u ondersteuning in hierdie verband. In hierdie nuusbrief raak ons aan onderwerpe wat vir die onmiddellike toekoms relevant is. Indien u enige navrae in verband met die aangehegte artikels het, is u welkom om ons direk te kontak. Ons wil ook hierdie geleentheid benut om ons kliënte voorspoed vir die finansiële jaar toe te wens, en ons vertrou dat almal 'n goeie jaar sal hê. Vriendelike groete Steyl & Cloete-span Tel nrs.: (044) / (044) Fisiese adres: Queenshof, Queenslaan, Oudtshoorn Posadres: Posbus 217, Oudtshoorn,

2 BELASTINGSKALE VIR 2012 IN 'N NEUTEDOP Op 23 Februarie 2011 het die Minister van Finansies, mnr. Pravin Gordhan, die belastingskale en wetgewing vir die nuwe finansiële jaar, wat loop van 1 Maart 2011 tot 28 Februarie 2012, aangekondig. Die volgende is 'n kort opsomming: INDIVIDUE Die belastingperk vir individue vir 2012 is op R59,750 (2011: R57,000) vasgestel. Vir iemand wat R100,000 verdien, beteken dit 'n totale belastingbesparing van R495 vir die hele jaar. Dit is nie 'n baie groot verskil vir die individu nie, maar dit verteenwoordig 'n taamlike groot besparing oor Suid-Afrika se totale arbeidsmag. Belastingskale is soos volg: 2012 BELASBARE INKOMSTE BELASTINGSKALE % van elke R % van die bedrag bo % van die bedrag bo % van die bedrag bo % van die bedrag bo en meer % van die bedrag bo Primêre korting = Belastingdrempel = Sekondêre korting (bo 65) = Belastingdrempel (bo 65) = Sekondêre korting (bo 75) = Belastingdrempel (bo 75) = Verder is die rentevrystelling vir persone jonger as 65 gelig na R22,800 (2011: R22,300). Vir persone ouer as 65 is die rentevrystelling R33,000 (2011: R32,000). Laastens is die kortings van toepassing op mediese fondsbydraes vir die eerste 2 persone gelig na R720 (2011: R670) en vir addisionele lede na R440 (2011: R410). Mediese fondsbydraes wat bo die primêre kortings toegestaan is, word steeds aan 'n 7,5% perk onderwerp. U aandag word gevestig op die artikel in ons Desember 2010 nuusbrief oor wat as kwalifiserende mediese uitgawes beskou word (beskikbaar op onder Nuusbriewe ). TRUSTS Die belastingkoers van trusts bly op 40%. Geen veranderinge hier nie. 2

3 MAATSKAPPYE / BESLOTE KORPORASIES Die korporatiewe belastingkoerse bly op 28%. Die skale vir kleinsake-korporasies is soos volg: Nil % bo en meer % bo Soos u kan sien, is die eerste R59,750 van belasting vrygestel. Enige wins tussen R59,750 en R300,000 word slegs teen 10% belas. Slegs wins bo R300,000 word teen die normale korporatiewe koers van 28% belas. Op 'n wins van R400,000 beteken die kleinsake-koers 'n belastingbesparing van R59,975 (in teenstelling met die normale 28% korporatiewe koers). Aangesien dit nie die doel van hierdie artikel is om die vereistes vir kleinsake-korporasie aan te spreek nie, kan u slegs ons kantore kontak vir meer inligting. Laastens bly sekondêre belasting op dividende verklaar op 10%. MIKRO BESIGHEDE (OMSETBELASTING) Vanaf 1 Maart 2009 is 'n vereenvoudigde omset-gebaseerde belastingstelsel in plek vir klein eenmansake, vennootskappe en geïnkorporeerde besighede met 'n omset onder R1 miljoen per finansiële jaar. Indien 'n besigheid kies om op die omsetbelastingstelsel belas te word moet die besigheid vir 'n minimum van 3 jaar in die stelsel bly (indien hul omset onder R1 miljoen bly). Daar is verdere voorwaardes en kondisies wat op aanvraag beskikbaar is. Skale vir 2012 is soos volg: SLOTSOM NIL % bo % bo % bo en meer % bo Belastingverligting sal elke jaar daar wees vir individue. Of die verligting genoeg is om die publiek te help om meer te bespaar, sal egter elke jaar 'n onderwerp vir bespreking wees. Prakties bly die wetgewing soos aangekondig egter die syfers wat vir belastingbeplanning gebruik kan word. Wessel Steyl Professionele Rekenmeester (SA) Alhoewel die akkuraatheid van bogenoemde belastinginligting so ver moontlik bevestig is, beveel ons aan dat u 'n gekwalifiseerde belastingkenner nader vir advies rondom u eie unieke omstandighede. Steyl & Cloete Rekenmeesters aanvaar nie verantwoordelikheid vir enige foutiewe gevolgtrekkings indien bogenoemde data gebruik word vir belastingbeplanning sonder die bystand van 'n belastingkenner nie. 3

4 REGISTRASIES VAN NUWE ENTITEITE & CIPRO-OPGAWES Soos die sakewêreld weet, sou die nuwe Maatskappywet 71 van 2008 op 1 April 2011 in werking getree het. Einde Maart 2011 is n kennisgewing deur die Departement van Handel vrygestel waarin verklaar word dat die nuwe Maatskappywet eers op 1 Mei 2011 in werking sal tree. Vanaf 1 Mei 2011 kan beslote korporasies nie meer opgerig word nie, aangesien die bogenoemde wet effektief die ou Maatskappywet en Beslote Korporasiewet vervang. Beslote korporasies wat tans geregistreer is, sal egter hul status behou en kan in die toekoms vrywillig na privaat maatskappye omskakel. Beslote korporasies kan ook voortgaan om d.m.v. die CK2- / CK2A-stelsel veranderinge aan hul registrasie aan te bring. Alhoewel die nuwe Maatskappywet nie beslote korporasies dwing om na maatskappye toe om te skakel nie, word dit aangemoedig, aangesien die nuwe Maatskappywet vereenvoudigde wetgewing en verligting ten opsigte van statutêre pligte bied. Die privaat maatskappy sal die beslote korporasie vervang as die aanbevole entiteit vir klein tot medium-grootte besighede. Die nuwe Maatskappywet maak vir twee kategorieë maatskappye voorsiening: 1. Niewinsgewende maatskappye (voorheen Artikel 21-maatskappye); en 2. Winsgewende maatskappye (met subkategorieë) Privaat maatskappye Publieke maatskappye Persoonlike aanspreeklikheidsmaatskappye Staatsbeheerde maatskappye JAARLIKSE CIPRO-OPGAWES & DEREGISTRASIE VAN ENTITEITE Sedert 2009 het CIPRO by verskeie geleenthede maatskappye en beslote korporasies gemaan om te verseker dat hul jaarlikse opgawes betyds ingedien word ten einde te verseker dat hulle nie gederegistreer kan word nie. Dit is die plig van die openbare amptenaar / hooflid van die entiteit om te verseker dat aan hierdie uiters belangrike statutêre verpligting voldoen word. Teen die einde van Julie 2010 het CIPRO die eerste reeks entiteite wie se jaarlikse opgawes agterstallig was, gederegistreer. 'n Verdere reeks entiteite is op 28 Februarie 2011 gederegistreer. Indien 'n maatskappy of beslote korporasie reeds gemerk is vir deregistrasie op CIPRO se webwerf, kan hulle steeds hul uitstaande opgawes indien om deregistrasie te vermy. In dié geval sal die entiteit outomaties aktief gemerk word indien alle uitstaande opgawes ingedien is. Dit is belangrik om daarop te let dat die jaarlikse CIPRO-opgawes nie met die jaarlikse belastingopgawes by SARS verwar moet word nie. 4

5 GEVOLGE VAN DEREGISTRASIE VAN 'n ENTITEIT Waar deregistrasie plaasgevind het, is die regsgevolge soos volg: 1. Die entiteit mag nie meer handel dryf nie, aangesien 'n geregistreerde regsentiteit (met sy eie regsaanspreeklikheid) nie meer in Suid-Afrika bestaan nie. 2. Die deregistrasie van 'n maatskappy of beslote korporasie kan daartoe lei dat die bank die entiteit se bankrekening vries. 3. Die direkteure van 'n maatskappy / lede van 'n beslote korporasie verloor die status van hul beperkte regsaanspreeklikheid, en die entiteit verloor sy juridiese status. 4. BELANGRIK: Enige en alle bates wat die maatskappy / beslote korporasie voor deregistrasie besit het, kan die Staat toeval in terme van die bona vacantia regsreël. Die regsreël is van toepassing op eiendom wat nie 'n wettige eienaar het nie. Ten einde 'n maatskappy / beslote korporasie te herregistreer, moet 'n aansoek (met die ingeslote aansoekfooi) by CIPRO ingedien word, en alle uitstaande jaarlikse opgawes moet ingedien word. Let daarop dat CIPRO 'n administratiewe boete hef vir elke uitstaande opgawe (addisioneel tot die normale fooi wat gehef word). Dit is uiters belangrik om te besef dat die nuwe Maatskappywet 71 van 2008 impliseer dat gederegistreerde beslote korporasies vanaf 1 Mei 2011 nie meer d.m.v. bogenoemde aansoekprosedure geheraktiveer kan word nie. Derhalwe sal die lede van so 'n gederegistreerde beslote korporasie byvoorbeeld 'n nuwe maatskappy moet oprig, waarvoor 'n nuwe naamreservering gedoen sal moet word. Een van die verdere gevolge is dat die ou naam van 'n gederegistreerde entiteit nou beskikbaar is vir registrasie deur enige persoon in Suid-Afrika wat 'n naamsreservering wil doen. Indien iemand 'n gederegistreerde entiteit se naam registreer en die ou (gederegistreerde) entiteit se lede 'n nuwe maatskappy met dieselfde naam wil oprig, sal hulle slegs d.m.v. 'n hofaansoek die naam van die nuwe titelhouer kan terugkry, wat aansienlike koste kan meebring. SLOTSOM Die Maatskappyewet 71 van 2008 wat op 1 Mei 2011 in werking tree, het verreikende gevolge vir besighede in alle sektore in Suid-Afrika. Ek raai u dus aan om u CIPRO-status te bevestig indien nodig, om te verseker dat u sake in orde is. Verder beveel ek aan dat u van u rekenmeester vereis om elke jaar aan u die CIPRO-sertifikaat te lewer as bewys van indiening van die jaarlikse opgawe. Ons kantoor kan u bystaan om u CIPRO status na te gaan. Hierdie diens word gratis vir u aangebied. Indien ons u egter moet bystaan met die indien van uitstaande opgawes, sal die normale tariewe geld (beskikbaar op aanvraag). Wessel Steyl Professionele Rekenmeester (SA) 5

6 IRP5-REKONSILIASIES Soos alle werkgewers weet, word IRP5- rekonsiliasies al vir jare lank ingedien om vir SARS aan te dui hoeveel vergoeding werknemers vir die betrokke jaar onder oorsig verdien het, asook hoeveel belasting deur elke werknemer oorbetaal is. Alle IRP5-rekonsiliasies word sedert 2008 op Employer gedoen. Dié program is oorspronklik deur SARS bekendgestel om die ou handstelsel te vervang. Sedert 2008 het SARS elke jaar 'n verbeterde weergawe vrygestel, wat met elke weergawe aansienlik meer funksionaliteit meebring. Sedert Augustus 2010 vereis SARS dat IRP5-rekonsiliasies elke 6 maande ingedien word om werkgewers te help om hul rekonsiliasies makliker af te handel. Die 2011-weergawe van e@syfile Employer is vanaf 4 April 2011 beskikbaar om vanaf SARS Efiling afgelaai te word REKONSILIASIES Die tydperk vir indiening van die 2011 IRP5-rekonsiliasies is vanaf 4 April 2011 tot 3 Junie Om werkgewers met die indiening van die opgawes by te staan, is 'n handleiding op SARS se webwerf onder die LBS afdeling beskikbaar. SARS moedig verder alle werkgewers aan om hul rekonsiliasies voor die sperdatum in te dien. Dit is noodsaaklik dat die nuutste weergawe van e@syfile Employer vanaf SARS Efiling afgelaai word, aangesien SARS aansienlike verbeteringe aan die program aangebring het. As gevolg van die verbeteringe is die ou databasisse van die program nie aanpasbaar by die nuwe weergawe nie, en verder kan SARS se stelsel nie die IRP5 s aanvaar wanneer 'n ou weergawe gebruik word nie. Soos met die vorige elektroniese rekonsiliasies, aanvaar SARS slegs IRP5-sertifikate wat met e@syfile Employer uitgemaak is. Die rede is tweeledig: 1) Die program help foute voorkom; 2) Die IRP5 wat uitgemaak is, word direk aan die werknemer se belastingvorm gekoppel, wat help met die indiening van die betrokke persoon se inkomstebelastingopgawe (indien van toepassing). Ons herinner u daaraan dat alle rekords, insluitend inligting vir IRP5-rekonsiliasies, vir 5 jaar geberg moet word voor dit vernietig mag word. INKOMSTEBELASTINGNOMMERS VAN WERKNEMERS Die nuwe weergawe van e@syfile Employer vereis 'n belastingnommer vir elke werknemer, ongeag of die werknemer belasting betaal of nie. Indien 'n werknemer nog nie vir belasting geregistreer is nie, sal SARS outomaties 'n belastingnommer aan die 6

7 werknemer toeken. 'n Kennisgewing van die betrokke werknemer se belastingnommer sal dan aan die werknemer gekommunikeer word, asook aan die werkgewer via Employer. Werkgewers moet dus hul personeellêers ooreenkomstig opdateer met alle werknemers se belastingnommers, aangesien dit in die toekoms op alle IRP5 s moet verskyn. SLOTSOM Die omwenteling in die IRP5-stelsel sedert 2008 is alleenlik daarop gemik om die indieningsproses te vereenvoudig en so foutloos moontlik te maak. Dit verseker die werkgewer dat sy rekords op datum is en korrek by SARS ingedien is, terwyl dit vir SARS aansienlik tyd bespaar indien hulle nie foutiewe rekonsiliasies ontvang nie. Om die nuwe e@syfile Employer so gou moontlik gewoond te raak, beveel ons aan dat u die nodige handleiding vanaf SARS se webwerf aflaai en bestudeer. Begin ook betyds werk aan u rekonsiliasie om dit vroegtydig in te dien. Dit gee u rustigheid dat u sake op datum is en bied ook ruimte indien aanpassings nodig is. Laastens weet u dat SARS nie 'n boete vir laat indienings kan hef nie. Indien u probleme ondervind, kan ons u met die indien van u IRP5-rekonsiliasie bystaan. Aangesien ons elke periode verskeie IRP5-rekonsiliasies hanteer, is ons vertroud met al die prosesse en sal ons u rekonsiliasie tydig en akkuraat namens u kan verwerk en indien. Wessel Steyl Professionele Rekenmeester (SA) 7

NUUSBRIEF: DESEMBER 2010-FEBRUARIE 2011

NUUSBRIEF: DESEMBER 2010-FEBRUARIE 2011 NUUSBRIEF: DESEMBER 2010-FEBRUARIE 2011 BLADSY Inhoudsopgawe & Kersgroete 1 Aftrekbaarheid van mediese uitgawes 2 Is jou trust in orde? 4 Wie moet vir belasting registreer? 5 KERSGROETE Ons bedank graag

Nadere informatie

Kliënte kommunikasie - Begroting 2016

Kliënte kommunikasie - Begroting 2016 Kliënte kommunikasie - Begroting 2016 Die 2016 Begroting is uiteindelik verby en die spekulasie oor wat dit sou behels het nou plek gemaak vir besprekings oor of dit genoeg gaan wees. In die geheel gesien

Nadere informatie

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014 NUUSBRIEF: JANUARIE 2014 'n Stukkie goeie nuus wat ons pas ontvang het is dat die Minister van Arbeid haar belofte nagekom het en nie weer n algemene hersiening van die minimum loon vir plaaswerkers gedoen

Nadere informatie

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie. Beëindiging van ʼn vastetermyndienskontrak 1 Uit FEDSAS se omgewingsontleding van ledeskole blyk dat 28% van opvoeders en 52% van nie-opvoeders deur die beheerliggaam aangestel word. ʼn Groot persentasie

Nadere informatie

Hoe om met Salcon die CSV lêer vir SARS voor te berei

Hoe om met Salcon die CSV lêer vir SARS voor te berei Hoe om met Salcon die CSV lêer vir SARS voor te berei Vooraf U moet asb seker maak dat u die nuutste weergawes van Salcon se IRP5 Module van die internet afgelaai en geïnstalleer het. U moet asb seker

Nadere informatie

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010 SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010 Les 12, 13, 14 & 16 Tyd: 120 min Totaal: 100 NAAM: Instruksies: 1. Vul eerstens jou naam en van op die vraestel in. 2. Lees jou vrae noukeurig voordat jy antwoord.

Nadere informatie

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word GEBOORTEDATUM: GESLAG: LEERDERBESONDERHEDE GRAAD: HUISTAAL: FISIESE ADRES: VAN EN NAAM VAN MOEDER TELEFOON: BEROEP: SEL:

Nadere informatie

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015 HOERSKOOL TYGERBERG In belang van die kind Geagte Oue(s) 5 Novembet 2014 SKOOLFONDS 2015 Die skoolfonds vir 2015 is tydens die onlangse begrotingsvergadering gehou op 30 Oktober 2014 deur die meerderheid

Nadere informatie

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word Vereistes vir Fica Tipe dokumentasie wat vereis word Geen verskil bestaan tussen die tipe(s) dokumentasie wat vir Fica-doeleindes by Nuwe Besigheid, uitbetaling of enige ander stadium vereis word nie.

Nadere informatie

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe? Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe? Die Nasionale Minimumloon wetsontwerp, sowel as die NEDLAC ooreenkoms, blyk n groot bron van kommer te wees in die landbousektor. Hierdie dokument lig die

Nadere informatie

Posbus 31, KLERKSDORP, 2570 AANSOEK VIR DIE OPNEEM VAN SENWESBEL AANDELE

Posbus 31, KLERKSDORP, 2570 AANSOEK VIR DIE OPNEEM VAN SENWESBEL AANDELE Slegs vir kantoorgebruik SENWESBEL (Ingelyf in die Republiek van Suid-Afrika) (Registrasienommer 1996/017629/06) ("Senwesbel ) Posbus 31, KLERKSDORP, 2570 AANSOEK VIR DIE OPNEEM VAN SENWESBEL AANDELE BELANGRIKE

Nadere informatie

WET OP FINANSIëLE INTELLIGENSIESENTRUM 2001: KLIëNTE INLIGTING

WET OP FINANSIëLE INTELLIGENSIESENTRUM 2001: KLIëNTE INLIGTING AAN ALLE KLIëNTE Meneer WET OP FINANSIëLE INTELLIGENSIESENTRUM 2001: KLIëNTE INLIGTING Die nuwe millennium het nuwe uitdagings gebring met betrekking tot globalisering en tegnologiese ontwikkeling. Alhoewel

Nadere informatie

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing Aktiwiteit Groot handelsbanke soos Absa, Standard Bank en Nedbank bied verskeie nuwe dienste aan hulle kliënte. Kliënte hoef nie meer soos in die verlede die bank

Nadere informatie

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer?

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer? Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer? In ruil bied Globex Internet Dienste U Gemeente die voordeel om n groeiende Maandelikse inkomste te verdien. Ons is reeds in vennootskap

Nadere informatie

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID SA Braford Beestelersgenootskap AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID Also available in English Vorms 1 en 3 moet deur almal voltooi word en vorm 2 indien van toepassing. E-Pos aan info@braford.co.za Of Faks aan

Nadere informatie

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar Geagte Ouer(s) 12 November 2015 SKOOLFONDS 2016 Die skoolfonds vir 2016 is tydens die onlangse begrotingsvergadering gehou op 28 Oktober 2015 deur die meerderheid van die ouers goedgekeur. Alle ouers is

Nadere informatie

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag ) KONSTITUSIE Van die Hoedspruit Plaaswag ( die Plaaswag ) Aangesien die aanvanklike lede ondervermeld die plaaswag as n Vrywillige Assosiasie wil stig op voorwaardes hiervan: en Aangesien die Aanvanklike

Nadere informatie

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar. DIE OLD MUTUAL INVEST BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar. BELASTINGVRYE PLAN Dink net hoeveel gemoedsrus n belegging jou kan gee wat jou toelaat om vir jou drome en doelwitte te

Nadere informatie

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSVERHOUDINGE (I) WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE No. 66 van 1995 (soos gewysig) - Vakbonde 22/27 Hierdie nuusbrief handel oor vakbonde en is in n Vraag en Antwoord formaat.

Nadere informatie

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID Dokumentnommer IS 1003 Dokumentnaam Dokumenttipe Koördinerende UBK-lid Kontak Status Goedgekeur deur Beleid oor die Lisensiëring en Bewaring van Sagteware Ondernemingsbeleid

Nadere informatie

AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK. Aangeheg. Familie Kode: Toelatingskode:

AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK. Aangeheg. Familie Kode: Toelatingskode: AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK Afdruk van leerders se geboortesertifikaat. Afdruk van vader en moeder se identiteitsdokument. Bewys van immuniseringvorm. (Gesondheidsdoeleindes). Een onlangse

Nadere informatie

FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL

FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL Die algemene kennisgewing oor Fasiliteitsbestuur se Planon-stelsel wat op 15 Augustus 2018 uitgereik is via die info @ StellenboschUni-nuusbrief, verwys. Meer besonderhede

Nadere informatie

EUROPA Trust Company 2

EUROPA Trust Company 2 www.europa.gi EUROPA Trust Company 2 www.europa.gi WELKOM Sedert 1985, streef ons om besighede, individue en gesinne op n doeltreffende manier te beskerm om hulle rykdom te geniet. Ons missie is om n platform

Nadere informatie

????: Eienaar van I Do tydskrif. BESIGHEIDSVERSEKERING Finansiële Onderskrywingsriglyne

????: Eienaar van I Do tydskrif. BESIGHEIDSVERSEKERING Finansiële Onderskrywingsriglyne ????: Eienaar van I Do tydskrif BESIGHEIDSVERSEKERING Finansiële Onderskrywingsriglyne April 2014 1 Besigheidsversekering Finansiële Onderskrywings-riglyne Persoonlike, mediese en finansiële inligting

Nadere informatie

besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne

besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne maart 2015 besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne Persoonlike, mediese en finansiële inligting is noodsaaklik vir akkurate onderskrywing

Nadere informatie

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING INLEIDING 1. Die doel van hierdie dokument is om riglyne te verskaf aan mineraalreghouers wat die wettige houers van 'n

Nadere informatie

AANSOEK OM LIDMAATSKAP VORM 1

AANSOEK OM LIDMAATSKAP VORM 1 WAGYU BEESTELERSGENOOTSKAP VAN SA Privaatsak X 7002, Langenhoven Park, 9330 Telefoon: +27 51 492 1852 E-pos: accounts@wagyu.org.za HOE OM AANSOEK TE DOEN: 2018 Weergawe 1 Stap 1: Voltooi Vorms 1, 2, 3

Nadere informatie

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE Die graad 9-leerders moet op 22 September 2017 hul finale vakkeuse vir hul VOO-fase (Verdere Onderrig en Opleiding) in hul hoërskoolloopbaan maak.

Nadere informatie

AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD

AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD Kragtens regulasie 3 (1)(a) en (b) van die S.A. Skolewet no. 84 van 1996 ALLE INLIGTING WORD VERTROULIK HANTEER GEEN AANSOEK SAL OORWEEG WORD INDIEN

Nadere informatie

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium SUID-AFRIKAANSE SKOLEWET, NO. 84 VAN 1996 REGULASIES VIR DIE VRYSTELLING VAN OUERS VAN DIE BETALING VAN SKOOLGELD AANSOEK VIR VRYSTELLING P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium Tel (021) 887 0017/77 Fax

Nadere informatie

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID 2015/2016 Inhoudsopgawe AANHEF... 3 ONDERSTEUNING VAN HULPBEHOEWENDES... 1.1 BEFONDSING... 4 1.2 REGISTRASIE PROSES... 4 1.3 VOORDELE PER HUISHOUDING TEN OPSIGTE VAN SUBSIDIE...

Nadere informatie

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem) DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: met adres te: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem) EN met adres te: (hierna die WERKNEMER

Nadere informatie

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer Hoe om die geboorte van jou kind te registreer Hallo, Katrina. Baie geluk met jou nuwe babatjie! Sy s pragtig. ELKE KIND MOET N GEBOORTESERTIFIKAAT HÊ! BESOEK DIE MINISTERIE VAN BINNELANDSE SAKE EN IMMIGRASIE

Nadere informatie

Employment Tax Incentive (ETI) Act

Employment Tax Incentive (ETI) Act Inkwazi Office Park Block A 1249 Embankment Road Zwartkop X7 Privaatsak X180 CENTURION 0046 +27+12 643 3400 +27+12 663 3178 agrisa@agrisa.co.za Employment Tax Incentive (ETI) Act Proviso Let asseblief

Nadere informatie

Press Minister Pravin Gordhan, 2014 Begrotingsrede

Press Minister Pravin Gordhan, 2014 Begrotingsrede Begrotingsnuusflits Budget Stop 2014 Press 2014 Dit is tyd vir aksie en toepassing. Dit is tyd om Suid-Afrika vorentoe te laat beweeg na die volgende fase van ons geskiedkundige reis, na vinniger groei,

Nadere informatie

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET, AKTE VAN OPRIGTING KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET, AKTE VAN OPRIGTING KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1 REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET, 2008 AKTE VAN OPRIGTING KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1 Nota: Hierdie dokument is slegs vir kennisname deur lede, indien enige inhoud verskil

Nadere informatie

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB 1. NAAM Die naam van die klub sal bekend wees as: Pretoria Papegaai Klub 2. Definisie Papegaai verwys na Psittaciformes dit is Alle spesies wat families van Cacatuidae

Nadere informatie

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word. Bladsy 1/5 Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word. Baie geluk en dankie dat julle dit oorweeg om hierdie spesiale verbintenis deur Ruimsig Gemeente te laat hanteer. Dit is Ruimsig

Nadere informatie

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A DIE AAD BEHOU DIE EG VOO OM N KOTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. MEK BLOKKIE MET N KUISIE X WAT OP U VAN TOEPASSING IS. AFDELING A 1. Vul asseblief die volgende besonderhede in met betrekking tot die applikant:

Nadere informatie

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar! Tygienuus Webblad: www.tygies.co.za E-pos: admin@tygies.co.za Tel: 012 809 0029 / 0340 Faks: 012 809 0341 / 086 559 4837 25 April 2018 PROGRAM VIR DIE WEEK: DONDERDAG 26 April Tennis: Oefening (Seuns:

Nadere informatie

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur Handleiding 11 Belangegroepbestuur 1 11.1 INLEIDING Die kerk het n hele paar belangegroepe wat in ag geneem word, wor, en waarmee daar gereeld gekommunikeer moet word. Die kommunikasie met elk van hierdie

Nadere informatie

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING 1. NAAM Die naam van die Vereniging is: Die Hermanus Historiese Vereniging, (hierna verwys as die Vereniging). 2. GEOGRAFIESE GEBIED Die gebied sal van Voëlklip

Nadere informatie

Nuusbrief Okt 2005: Voortgesette Professionele Opleiding Deel 3

Nuusbrief Okt 2005: Voortgesette Professionele Opleiding Deel 3 DIE SUID-AFRIKAANSE INSTITUUT VAN LANDBOU-INGENIEURS THE SOUTH AFRICAN INSTITUTE OF AGRICULTURAL ENGINEERS POSBUS/P O BOX 912 719, SILVERTON,0127 TEL: (012) 842 4000, FAX: (012) 804 0753 Nuusbrief Okt

Nadere informatie

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8 DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8 DURBANVILLE DURBANVILLE 7551 7550 TELEFOONNOMMERS : SUPERINTENDENT (021) 9762111 SEL NO. 0845640611 FAKS NO. (021) 9763189 AANSOEKVORM Geagte ouer/voog

Nadere informatie

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG) MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID 20162017/20172018 (HERSIEN EN GEWYSIG) A A N H E F Artikel 96 van die Munisipale Stelsels Wet, 2000 (Wet 32 van 2000) bepaal dat 'n munisipaliteit 'n kredietbeheer-, skuldinvorderings-

Nadere informatie

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word. Bybels vir ons buurlande Afrikaanse Bybelvertalingsprojek Om Bybelgenootskappe in Botswana, Lesotho, Namibië en Swaziland te help met hul taak om Bybels te versprei. Georganiseerde Bybelwerk in hierdie

Nadere informatie

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie Lees die volgende stuk aandagtig deur en beantwoord die vrae: hierdie mense is woonagtig in ses lande naamlik China, Indië, die VSA, Indonesië, Brasilië

Nadere informatie

Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat

Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat Wat u met u fondskrediet kan doen wanneer u van werk verander Redes waarom u u aftreefonds sal verlaat U sal waarskynlik u fonds verlaat as u: 1. By u werkgewer

Nadere informatie

2015 AKADEMIESE JAAR

2015 AKADEMIESE JAAR Die sluitingsdatum vir die 2015 akademiese jaar aansoeke is die 5 de Desember 2014 en geen laat aansoeke sal aanvaar of oorweeg word nie. Die indiening van ʼn aansoek is nie ʼn waarborg dat die Trust aan

Nadere informatie

Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers

Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers DIREKSIE BKB Beperk Registrasienr.: 1998/012435/06 D C Louw (Voorsitter) W Edmayr (Besturend) G E J Kingwill (Onder-Voorsitter) A

Nadere informatie

Hoe om Jou Kind se Van te Verander

Hoe om Jou Kind se Van te Verander Hoe om Jou Kind se Van te Verander 1 Hoe om n kind se van te verander As die geboorte van n kind geregistreer word, kry die kind óf die pa óf die ma se van, afhangend van die omstandighede. Die van word

Nadere informatie

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING. GRONDWET Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) 1. NAAM Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING. 2. JURISDIKSIE Die area van jurisdiksie van hierdie Kunsvereniging

Nadere informatie

SA INKOMSTEVERDIENERS MET R MILJARD ONDERVERSEKER VIR DOOD EN ONGESKIKTHEID

SA INKOMSTEVERDIENERS MET R MILJARD ONDERVERSEKER VIR DOOD EN ONGESKIKTHEID Mediaverklaring Vereniging vir Spaar en Belegging in Suid-Afrika (ASISA) 1 November 2016 SA INKOMSTEVERDIENERS MET R28 800 MILJARD ONDERVERSEKER VIR DOOD EN ONGESKIKTHEID Die gesinne van Suid-Afrika se

Nadere informatie

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010 KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010 1. NAAM Die naam van die Assosiasie is die FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE (hierna genoem die ASSOSIASIE) 2. DOELWITTE Die Assosiasie is nie-polities

Nadere informatie

INLIGTING t.o.v. NUWE BELASTINGJAAR

INLIGTING t.o.v. NUWE BELASTINGJAAR 13 Maart 2017 Omsendbrief Alg-22017 1. BELASTING INLIGTING t.o.v. NUWE BELASTINGJAAR 2017-18 1.1 BELASTINGTABEL 2017-18 [01032017 tot 28022018] BELASBARE INKOMSTE VASTE BEDRAG PERSENTASIE 0-189 880 0 18%

Nadere informatie

Ouditdokumentasie GEYSER & DU PLESSIS. Geregistreerde Rekenmeesters & Ouditeure Registered Accountants & Auditors

Ouditdokumentasie GEYSER & DU PLESSIS. Geregistreerde Rekenmeesters & Ouditeure Registered Accountants & Auditors GEYSER & DU PLESSIS Geregistreerde Rekenmeesters & Ouditeure Registered Accountants & Auditors Ouditdokumentasie Hierdie dokument bevat n riglyn van die dokumentasie wat die ouditspan benodig om die ouditaanstelling

Nadere informatie

HI E NUUSBRIEF. Hoofbeampte se kennisgewing. Geagte lid

HI E NUUSBRIEF. Hoofbeampte se kennisgewing. Geagte lid HI E AMPTELIKE KOMMUNIKASIE VAN DIE VERSO SAMBREEL AFTREEFONDS THE NUUSBRIEF APRIL 2017 Hoofbeampte se kennisgewing Geagte lid Een van die onderwerpe wat die afgelope jaar die meeste bespreek was, is die

Nadere informatie

ARBEIDSREG ABR214. T:

ARBEIDSREG ABR214. T: ARBEIDSREG ABR214 Lesing 13 Die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes 130 van 1993 Hoofstuk 6 (par 6.1-6.8) in Du Plessis & Fouche Praktiese Gids tot die Arbeidsreg LexisNexis Butterworths:

Nadere informatie

TWK AGRICULTURE HOLDINGS PROPRIETARY LIMITED (TWK LANDBOU) AANSOEK VIR DIE GOEDKEURING AS AANDEELHOUER

TWK AGRICULTURE HOLDINGS PROPRIETARY LIMITED (TWK LANDBOU) AANSOEK VIR DIE GOEDKEURING AS AANDEELHOUER TWK AGRICULTURE HOLDINGS PROPRIETARY LIMITED (TWK LANDBOU) AANSOEK VIR DIE GOEDKEURING AS AANDEELHOUER Posbus 128 Piet Retief 2380 BELANGRIKE INLIGTING 1 TWK Landbou se akte van oprigting bepaal die vereistes

Nadere informatie

VERDUIDELIKING VAN DIE BEVESTIGING VAN BESTAANDE WETTIGE WATERGEBRUIKE

VERDUIDELIKING VAN DIE BEVESTIGING VAN BESTAANDE WETTIGE WATERGEBRUIKE Wat is bestaande gebruike van water? Bestaande watergebruike word ingevolge artikel 32 van die Nasionale Waterwet (NWW), wet 36 van 1998, gedefinieer. Dit is daardie watergebruike wat inderdaad gedurende

Nadere informatie

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013 UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013 1. TOEPASSING UP Nagraadse beurse is beskikbaar vir studente wat vir n honneursgraad, n magistergraad soos uiteengesit in Aanhangsel 1 of n

Nadere informatie

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur /0/2018 Studiebrief 101/0/2018 Taalvaardigheid LPENGPN Jaarmodule Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur Hierdie studiebrief bevat belangrike inligting oor u module. STAAFKODE INHOUD Bladsy 1 INLEIDING...

Nadere informatie

KENNISGEWING VAN VERDAAGDE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN BKB-AANDEELHOUERS

KENNISGEWING VAN VERDAAGDE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN BKB-AANDEELHOUERS BKB BEPERK (Geïnkorporeer in die Republiek van Suid-Afrika) (Registrasienr: 1998/012435/06) ( BKB ) of ( die Maatskappy ) DIREKSIE D C Louw (Voorsitter) # W Edmayr (Besturende Direkteur) G E J Kingwill

Nadere informatie

AANSOEK OM TOELATING: NUWE INSKRYWING

AANSOEK OM TOELATING: NUWE INSKRYWING AANSOEK OM TOELATING: NUWE INSKRYWING Geagte Ouers/Voogde Baie dankie vir u belangstelling in Pikkie Paradys Pre-primêre Skool en Nasorgsentrum. Aangeheg hierby, vind die volgende dokumentasie: a. Aansoek

Nadere informatie

Bankstate LPF Systems BK

Bankstate LPF Systems BK Bankstate LPF AgriBusiness Gebruikershandleiding deur LPF Systems BK Indeks 3 Inhoudsopgawe Deel I Elektroniese Bankstate 4 1 Inleiding... 4 Doel... 4 Werksm etode... 4 Menu... 5 2 Laai... 5 Intrek...

Nadere informatie

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema Aansoekvorm vir die Sertifisering van Plase Voltooi en teken hierdie vorm asb. om aansoek te doen vir deelname aan die Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema. Die

Nadere informatie

Les 14: Entrepreneurskap

Les 14: Entrepreneurskap Les 14: Entrepreneurskap Aktiwiteit Beantwoord die volgende vrae deur die regte kolom te merk Altyd Gereeld Soms Nooit A Dryfkrag en motivering 1. Ek is nie seker wat ek van die lewe dink nie. 0 1 2 3

Nadere informatie

NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK IN SUID-AFRIKA

NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK IN SUID-AFRIKA NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK IN SUID-AFRIKA SINODALE KANTOOR: Salarisse & Studielenings PBO: 9300 13251 NCR: NCRCP3566 De Langestraat 5 Privaatsak X8 TEL: (021) 957 7107 / 4 BELLVILLE BELLVILLE FAKS:

Nadere informatie

Nadat al bogenoemde nagegaan is, sal n kredietlimiet aan die debiteur toegeken word. Dit is die maksimum bedrag waarvoor die debiteur mag koop.

Nadat al bogenoemde nagegaan is, sal n kredietlimiet aan die debiteur toegeken word. Dit is die maksimum bedrag waarvoor die debiteur mag koop. 2.2 Debiteure: n Besigheid mag besluit om slegs kontant te verkoop of om ook op krediet aan kliënte te verkoop. Beide kontantverkope en kredietverkope het sekere voordele: Voordele van kontantverkope:

Nadere informatie

SENWES BEPERK / LIMITED

SENWES BEPERK / LIMITED Ons verw: U verw: NG/FICA 17 Mei 2004 AAN ALLE KLIëNTE Meneer WET OP FINANSIëLE INTELLIGENSIESENTRUM 2001: KLIëNTE INLIGTING Die nuwe millennium het nuwe uitdagings gebring met betrekking tot globalisering

Nadere informatie

NG Kerk in Oos-Kaapland

NG Kerk in Oos-Kaapland Direkteur Sinode NG Kerk in Oos-Kaapland Ds Danie Mouton Tel 041 365-3159 (k) - Sel 082 9234 178 - danie@ngkok.co.za - Faks: 0865 860 623 Posbus 34842, Newtonpark, 6055 15 Maart 2016 INLIGTING t.o.v. NUWE

Nadere informatie

AANSOEK OM LIDMAATSKAP

AANSOEK OM LIDMAATSKAP Braford Beestelersgenootskap van Suid-Afrika AANSOEK OM LIDMAATSKAP Also available in English Vorms 1, 3, 4 en 5 moet deur almal voltooi word en vorm 2 indien van toepassing. Pos asb per gesertifiseerde

Nadere informatie

Nadat al bogenoemde nagegaan is, sal n kredietlimiet aan die debiteur toegeken word. Dit is die maksimum bedrag waarvoor die debiteur mag koop.

Nadat al bogenoemde nagegaan is, sal n kredietlimiet aan die debiteur toegeken word. Dit is die maksimum bedrag waarvoor die debiteur mag koop. 2.2 Debiteure: n Besigheid mag besluit om slegs kontant te verkoop of om ook op krediet aan kliënte te verkoop. Beide kontantverkope en kredietverkope het sekere voordele: Voordele van kontantverkope:

Nadere informatie

by die werk Mm, ek moet hierdie nuwe assistent n bietjie beter leer ken.

by die werk Mm, ek moet hierdie nuwe assistent n bietjie beter leer ken. Seksuele Teistering by die werk Dit was briljant van my om die nuwe assistent aan te stel, nê? Sy werk regtig hard. Ek is in my skik. Ek sou haar sommer net vir haar voorkoms aangestel het. Het jy daai

Nadere informatie

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS AANVAAR: 18 September 2012 Bladsy 1 van 5 GOUDVELD-HOëRSKOOL GEDRAGSKODE VIR OPVOEDERS 1. DEFINISIES Tensy die konteks anders aandui, het uitdrukkings in hierdie

Nadere informatie

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

Afdeling A: Ekonomiese stelsels Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe Vraestel 13 Graad 8 Totaal: 65 Ekonomiese stelsels Ekonomiese probleme Invoere/Uitvoere Afdeling A: Ekonomiese stelsels 1. Wat is 'n ekonomiese stelsel? (4) 2. Verduidelik

Nadere informatie

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM) PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM) B.5 DIE ADVERTERING EN VULLING VAN OPVOEDERPOSTE 1 5.2 Advertering 5.2.1 Die advertensie van vakatures vir opvoeders moet: 5.2.1.1 selfverduidelikend en duidelik wees,

Nadere informatie

VERGELYKING TUSSEN KONVENSIONELE ELEKTRISITEITSMETERS EN BEGROTINGS ( PREPAID ) METERS

VERGELYKING TUSSEN KONVENSIONELE ELEKTRISITEITSMETERS EN BEGROTINGS ( PREPAID ) METERS VERGELYKING TUSSEN KONVENSIONELE ELEKTRISITEITSMETERS EN BEGROTINGS ( PREPAID ) METERS 1. FEITE Konvensionele Elektrisiteitsmeter Meter ( Prepaid ) Keypad KONVENSIONELE ELEKTRISITEITSMETERS a. Redelik

Nadere informatie

VOORRAAD. a) Skep die volgende rekening by Onderhoud Rekeninge Invoeg: Inkomste / Uitgawerekening (A) vir die voorraaditem.

VOORRAAD. a) Skep die volgende rekening by Onderhoud Rekeninge Invoeg: Inkomste / Uitgawerekening (A) vir die voorraaditem. VOORRAAD Elke item wat u wil monitor as voorraad, soos bv. kunsmis, chemikalieë, saad en sakke voer moet as ʼn voorraaditem geskep word. Daar is geen beperking op die hoeveelheid items wat in voorraad gehou

Nadere informatie

VERBRUIKERSBESKERMING 1 OORSIG EN ADVERTENSIES Die wet op

VERBRUIKERSBESKERMING 1 OORSIG EN ADVERTENSIES Die wet op JY EN JOU GELD Deur Jaco en Susan Fouche VERBRUIKERSBESKERMING 1 OORSIG EN ADVERTENSIES Die wet op Verbruikersbeskerming het op 1 April 2011 in werking getree. Dit behoort vir ons as gebruikers tot redding

Nadere informatie

Doodseisvorm Aanmeld van 'n doodseis

Doodseisvorm Aanmeld van 'n doodseis Doodseisvorm Aanmeld van 'n doodseis Waar om meer hulp te kry Vra u Sanlam-adviseur of makelaar om u te help Besoek u naaste Sanlam kantoor Kontak die Sanlam Doodseise Kontaksentrum by 021 916 3456 U kan

Nadere informatie

Peter Dladla besit Dladla s Sokkerwinkel. Die onderneming vervaardig en versprei sokkerballe. Die finansiële jaar eindig op 30 Junie elke jaar.

Peter Dladla besit Dladla s Sokkerwinkel. Die onderneming vervaardig en versprei sokkerballe. Die finansiële jaar eindig op 30 Junie elke jaar. Vraag 1 (Vervaardigingsaspekte en Gelykbreekpunt; 20 punte, 12 minute) Peter Dladla besit Dladla s Sokkerwinkel. Die onderneming vervaardig en versprei sokkerballe. Die finansiële jaar eindig op 30 Junie

Nadere informatie

AANSOEK OM STUDIELENING

AANSOEK OM STUDIELENING AANSOEK OM STUDIELENING 1. PERSOONLIKE INLIGTING VAN AANSOEKER (STUDENT) Vul asseblief volledig in waar van toepassing Van: Volle naam: Geboortedatum: ID Nommer: Is u 'n Suid-Afrikaanse burger? JA Huistaal:

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: 52629/2007 31 OCTOBER 2008 In die saak tussen: ETLO MOTORS CC h/a AUTO TRADERS APPLIKANT EN ABSA BANK BEPERK RESPONDENT

Nadere informatie

Welkom by die eerste uitgawe van ons nuusbrief oor Testamente en Boedel beplanning.

Welkom by die eerste uitgawe van ons nuusbrief oor Testamente en Boedel beplanning. Reg. 1999/016368/21 Saica Reg. No. 00246393 3 Judy Place, Cnr Shannon & Clew Roads, Monument, Krugersdorp P.O. Box 367 Paardekraal 1752 Tel: (011) 955-5112 Fax: (011) 955-5112 E-Mail: albertus@vbrakel.co.za

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2012 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2012 SPESIALE ANTWOORDEBOEK SENTRUMNOMMER EKSAMENNOMMER NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2012 SPESIALE ANTWOORDEBOEK VRAAG PUNTE PARAAF MOD. 1 2 3 5 6 TOTAAL Hierdie antwoordeboek bestaan uit 20 bladsye.

Nadere informatie

AANSOEKPROSEDURE KEURINGSPROSES EN TOELATINGSVEREISTES BELANGRIKE DATUMS

AANSOEKPROSEDURE KEURINGSPROSES EN TOELATINGSVEREISTES BELANGRIKE DATUMS BA (DRAMA- EN TEATERSTUDIE): Aansoek om toelating 2019 AANSOEKPROSEDURE 1. Voltooi ʼn Voorgraadse Aansoek om Toelating tot die Universiteit elektronies (e-aansoek) of per hand. 2. Betaal die aansoekfooi

Nadere informatie

Hierdie is die tweede uitgawe van ons nuusbrief oor Testamente en Boedel Beplanning.

Hierdie is die tweede uitgawe van ons nuusbrief oor Testamente en Boedel Beplanning. Reg. 1999/016368/21 Saica Reg. No. 00246393 3 Judy Place, Cnr Shannon & Clew Roads, Monument, Krugersdorp P.O. Box 367 Paardekraal 1752 Tel: (011) 955-5112 Fax: (011) 955-5112 E-Mail: albertus@vbrakel.co.za

Nadere informatie

Handleiding 6. Skep en bestuur van ʼn Twitter-rekening. rekening

Handleiding 6. Skep en bestuur van ʼn Twitter-rekening. rekening Handleiding 6 Skep en bestuur van ʼn Twitter-rekening rekening 1 GKSA - Hoe om n Twitter-reekening te skep en bestuur 6.1 INLEIDING 6.1.1 Twitter Twitter is ʼn sosiale netwerk- en mikro-blogdiens blogdiens

Nadere informatie

AANDAG: DIE HOOF & BEELD-KONTAKPERSOON

AANDAG: DIE HOOF & BEELD-KONTAKPERSOON AANDAG: DIE HOOF & BEELD-KONTAKPERSOON DAAGLIKSE BEELD-AFLEWERING Baie dankie vir u ondersteuning in 2014. Ons wens u en u gesin n baie geseënde feestyd toe. Hiermee baie belangrike inligting en dokumentasie

Nadere informatie

Ontleding van die toepassing van die 75 beginsels van korporatiewe bestuurstoesig soos aanbeveel in die King III-verslag

Ontleding van die toepassing van die 75 beginsels van korporatiewe bestuurstoesig soos aanbeveel in die King III-verslag soos aanbeveel in die King III-verslag 1. Etiese leierskap en korporatiewe burgerskap 1.1 Die direksie moet op n etiese grondslag doeltreffende leiding gee. 1.2 Die direksie moet toesien dat die maatskappy

Nadere informatie

S.A.TIMBER GROEP MAATSKAPPY PROFIEL

S.A.TIMBER GROEP MAATSKAPPY PROFIEL S.A.TIMBER GROEP MAATSKAPPY PROFIEL INDEKS BL.2 AGTERGROND BL.3 BL.5 VOORKEUR VERSKAFFER KONTAK BESONDERHEDE S.A.Timber Groep Agtergrond Die S.A.Timber Groep is gestig in 1943, in dieselfde jaar het Dr.

Nadere informatie

HOE OM DIE INDIVIDUELE INKOMSTEBELASTINGOPGAWE (ITR12) TE VOLTOOI

HOE OM DIE INDIVIDUELE INKOMSTEBELASTINGOPGAWE (ITR12) TE VOLTOOI HOE OM DIE INDIVIDUELE INKOMSTEBELASTINGOPGAWE (ITR12) TE VOLTOOI 1 INLEIDING Die opgawe wat aan u uitgereik is is spesifiek saamgestel om u persoonlike belasting behoeftes aan te spreek soos aangedui

Nadere informatie

Uittree-annuïteit en Bewaringsfondse

Uittree-annuïteit en Bewaringsfondse FLITSFEIT Februarie 2014 FLITS 2 Cumulus Echo Uittree-annuïteit en Bewaringsfondse NUWE BESIGHEID EN OMSKAKELINGS Omskakelings vanaf Legacy na Cumulus Echo Gee universele en ander ou generasie (Legacy)

Nadere informatie

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6 Goedere in Transito Module 6 Kopiereg Santam Bpk. 2007 Kursuskode: ASSESS123 / Module 6 1 Module inleiding Ons reken dat dit voordelig sal wees om met hierdie projek ook klem op Afdeling Goedere in Transito

Nadere informatie

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING. KLIËNT INLIGTING KLIËNT Van: Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Woonadres: Tel. Nr. (Sel): (W): (H): Huistaal: Graad in skool: Huwelikstatus: Naam van skool: Ouderdom: PERSOON AANSPREEKLIK

Nadere informatie

Optimaliseer voordele en bestuur u premies

Optimaliseer voordele en bestuur u premies Integrasie en premies Optimaliseer voordele en bestuur u premies Dié brosjure sal u help verstaan hoe premies vir Discovery Life verhoog word en wat u kan doen om die redelikste premies te betaal vir u

Nadere informatie

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering. MODULE 3: GEBOUE Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering. 46 GEVALLESTUDIE AFDELING GEBOUE MODULE INLEIDING Die gevallestudie oor Afdeling Geboue spreek

Nadere informatie

NG Kerk in Oos-Kaapland

NG Kerk in Oos-Kaapland Direkteur Sinode NG Kerk in Oos-Kaapland Ds Danie Mouton Tel 041 365-3159 (k) - Sel 082 9234 178 - danie@ngkok.co.za - Faks: 0865 860 623 Posbus 34842, Newtonpark, 6055 15 Maart 2017 INLIGTING t.o.v. NUWE

Nadere informatie

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT BERGRIVIER MUNISIPALITEIT KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER POSBUS 60 PIKETBERG 7320 15 JULIE 2016 AAN: ALLE LEDE VAN DIE BURGEMEESTERSKOMITEE RAADSLEDE Uitvoerende Burgemeester Uitvoerende Onderburgemeester

Nadere informatie