Alle Paaie lei na Jesus: God se verbond met Abraham (3)

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Alle Paaie lei na Jesus: God se verbond met Abraham (3)"

Transcriptie

1 Alle Paaie lei na Jesus: God se verbond met Abraham (3) Alle Paaie lei na Jesus: God se verbond met Abraham (3) Adrio König God se verbond met Abraham (3) Daar is twee besondere sake in verband met hierdie verbond waaraan ons nou breedvoeriger gaan aandag gee: a. die inhoud van die verbond wat ons in die vorige gedeelte gedoen het; b. en die struktuur van die verbond Die struktuur van die verbond Maar behalwe die inhoud, is ook die struktuur van die verbond belangrik. Omdat dit die genadeverbond is, hou die struktuur direk verband met die evangelie. Daar is twee uiters belangrike kenmerke van hierdie struktuur: dit is mono-pleuries, en dit is korporatief. n Mono-pleuriese verbond Die verbond met Abraham is eensydig (mono-), maar tog ook meervoudig (-pleuries). Dit is eensydig ingestel, maar dit werk meervoudig. God het die verbond eensydig ingestel, maar sowel Hy as ons het bepaalde verpligtings in die verbond. Hy en Abraham het nie om n tafel gaan sit en die ooreenkoms van twee kante af uitgewerk nie. Dit is dus nie n onderhandelde ooreenkoms/verbond nie. Hy verskyn aan Abraham en kondig eenvoudig die verbond af (Gen 17). Dit sluit wedersydse verpligtings in, syne en Abraham s n. Hy sal Abraham en sy nageslag se God wees, Hy sal aan Abraham n groot nageslag gee, en aan hom en sy nageslag die land Kanaän (Gen 17:4-8). Abraham moet die verbond hou deur hom te laat besny (17:9-10).

2 Hierdie verpligting het regsgeldigheid sodat elkeen uit die volk wat dit nie doen nie, uit die volk uitgesluit moet word (Gen 17:14). En Abraham? Hoe is hy by hierdie aankondiging van die verbond betrokke? Abraham het op sy knieë neergeval (17:3). Niks meer nie. Geen eie, aktiewe betrokkenheid nie. Wanneer die Here dan in n lang gesprek uiteindelik kom by die nageslag, en herbevestig dat dit uit Sara sal kom, val Abraham weer op sy knieë, maar hierdie keer nie in aanbidding/verwondering nie, maar omdat hy lag oor hierdie belofte. Immers Sara was al 90 (17:17) en dit was toe al byna n kwarteeu dat die Here keer op keer net die belofte herhaal sonder dat daar iets van kom. Eers as God klaar met hom gepraat het, reageer hy sinvol (17:22 ev). Hiermee is een kant van die struktuur van die verbond vasgelê. Die Here neem die inisiatief en die mens reageer net. Dit is trouens presies hoe dit ook nog in die Nuwe Testament met God se genade werk. Hy kom in Jesus na ons toe, en ons kan net reageer. Jesus bring die groot offer aan die kruis, en ons kan dit net aanvaar en dankie sê. Ons woorde aan God is dus antwoorde, ons liefde is wederliefde, n antwoord op sy liefde. Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het (1 Joh 4:19). Twee sake vloei hieruit voort. Eerstens is die eensydige instelling van die verbond kenmerkend van die verhouding tussen die twee partye. Dis twee totaal ongelyke partye. Dit is dus nie vreemd dat die inisiatief net van een kant af kom nie. Daar is n soort ongebalanseerdheid in die verbond. Die groot en heerlike God, en n doodgewone mens. Maar tweedens het hierdie ongelykheid n belangrike implikasie. God beskik oor die verbond en veral oor die voortgang van die verbond. Dis sy verbond, nie ons s n nie. Dit bring die groot sekerheid in ons verbondsverhouding met

3 God mee. Omdat Hy die inisiatief geneem het, sal Hy besluit of en hoe die verbond voortbestaan. Dis sy verbond. Dis nie Abraham se verbond met God nie, en dis prinsipieel verkeerd om só te praat. Dis ook nie die verbond tussen God en Abraham nie. Dis God se verbond met Abraham. En omdat dit sy verbond is, sal Hy besluit of dit moet voortgaan ondanks ons ontrou. Maar juis dit bring ons by n nuwe faset: die geskiedenis van die verbond. Die Ou Testament is oorwegend n geskiedenis van Israel se ontrou aan Hom en hulle verbondsverbreking. Israel is nie die troue bondgenoot nie. Israel is veel meer ontrou as getrou. Die Here moet hulle veel meer straf as seën. Sy doel met die verbond, dat Hy sy troue bondgenoot só sal seën dat die volke na Jerusalem sal stroom om Hom daar saam met Israel te kom dien (Jes 2:2-5; Ps 22:28 ev), is nie bereik nie. Die teendeel is eerder waar. Weens Israel se voortdurende ontrou en die oordele van die Here oor hulle is die Naam van God onder die heidene gespot (Eseg 36:16-23). Nogtans hou God eeue lank met hulle aan. Selfs die ballingskap is nie die einde nie. Hy bring hulle terug. Waarom? Omdat die verbond uit en uit sy inisiatief is. Hy laat nie die werk van sy hande vaar nie (Ps 138:8). Hy bly getrou tot in ewigheid. Selfs al word dit n totale krisis, want óók ná die terugkeer het Israel nooit weer regtig vir Hom aan die gang gekom nie, en tog staan die deur na die ewige lewe nog altyd vir hulle oop, al word hulle uiteindelik verwerp uit die spesiale posisie wat hulle beklee het (hoofstuk 8.2). Jesus In reaksie op hulle voortdurende ontrou, doen God uiteindelik n aangrypende ding. Daar is twee kante aan die verbond, elkeen met bepaalde verpligtings: God se kant, en ons kant. In die tyd van die Ou Testament kom Hy sy kant getrou na, maar Israel faal Hom oor en oor. Dan waarsku Hy hulle, roep hulle terug, straf hulle as hulle nie wil luister nie, en vergewe hulle as hulle berou het. Dis n deurlopende patroon in die Ou Testament. Maar daar kom n krisispunt. Wat gehoorsaamheid,

4 liefde en trou betref, stort Israel heeltemal in duie. En dan stuur God sy Seun. Alhoewel Hy aanvanklik ook as Profeet optree en ernstig probeer om Israel terug te roep na God toe, word dit gou duidelik dat Israel ook vir Hom gaan verwerp, soos die profete voor Hom. Dan kom n ander faset van sy bediening na vore. Trouens iets daarvan blyk al by sy doop waar Hy verklaar dat Hy gedoop moet word al was dit eintlik heeltemal onvanpas omdat Johannes sondaars gedoop het wat hulle bekeer het. Waarom dan sy doop? Om alle geregtigheid te vervul het 1953 se vertaling gelui. Vertalings en kommentare verskil baie oor wat dit beteken, en dis inderdaad n moeilike uitdrukking. Maar vir wie het Jesus alle geregtigheid kom vervul? Tog nie vir Homself nie. Hy het klaar alle geregtigheid voor God. Maar ons het nie. Sou sy doop beteken dat Hy Hom reg van hierdie begin van sy openbare bediening af met sondaars vereenselwig, en nie eers aan die kruis nie, dat Hy dus nie net in ons plek gesterf het nie, maar óók in ons plek gedoop is en geleef het? Inderdaad kom Jesus God verteenwoordig. Hy sit God se liefdestrou voort. Hy wys ons wat in God se hart vir ons om gaan. Maar die merkwaardige feit is nou dat Hy ons ook verteenwoordig. Hy kom wys ons wat God met mense bedoel het, hoe mense behoort te lyk/leef. Hy kom leef en sterf in ons plek. Dit beteken dat God in Jesus nie net sy eie kant van die verbond vervul nie, maar óók ons kant. Terwyl daar n duidelike grens is tussen God en mens (hoofstuk 4.3), kom Hy oor die grens en vervul ook ons kant van die verbond. Só radikaal is God in sy besluit dat die verbond nie deur ons mense se ontrou tot niet gemaak sal word nie. Dit is die wonderlike betekenis daarvan dat God n eensydige verbond aangegaan het, n verbond waarin Hy die volle inisiatief geneem het en steeds neem. En dit maak ons bestaan as mense n geborge bestaan. Ons is nie alleen nie. Daar is Iemand. En dié Iemand maak n verskil.

5 n Korporatiewe verbond Die ander belangrike kenmerk van die verbond is dat dit korporatief is. Dit beteken n paar dinge. Dit gaan om groepe, maar die groepe word verteenwoordig deur een persoon. Ons moet God se aankondiging met Abraham soos volg lees: Ek bring n verbond tot stand tussen My en jou-en-jou-nageslag-en-al-hulle geslagte (Gen 17:7). Ek gee aan jou-en-jou-nageslag die land (17:8). Abraham en sy nageslag is n eenheid. Abraham verteenwoordig hulle, maar sluit hulle ook korporatief in hom in. God maak nie met Abraham n verbond en maak dan agterna met elkeen van sy nakomelinge dieselfde verbond nie. Daar is een maal met Abraham-en-sy-nageslag n verbond gemaak, en daarom word sy nageslag in die verbond gebore en moet, wanneer hulle groot word, die verpligtings van die verbond aanvaar. Omdat hierdie verbond deurloop tot in die Nuwe Testament, is ons nog steeds deel van hierdie verbond, is Abraham ook ons vader, en lyf die doop nog altyd mense in hierdie verbond in (Rom 4:16; Gal 3:29). Maar hoe is dit moontlik? Ons is nie Jode nie. Was hierdie dan nie n verbond met die Jood Abraham sodat net Jode deel hiervan is nie? Twee sake. Onthou eers dat dit nie waar is dat alle Jode deel gehad het aan God se verbond met Abraham nie. By herhaling onderskei Paulus tussen Jode wat wel daaraan deel gehad het, en ander Jode. Nie hy is n Jood wat dit uiterlik is nie Nee, hy is n Jood wat dit innerlik is (Rom 2:28-29). Immers, nie almal wat van Israel afstam, is werklik Israel nie (Rom 9:6). Trouens ons ken hierdie skeiding reg van die begin af. Alreeds by die verbondsluiting is daar sprake van nakomelinge wat uitgesluit sal word as hulle nie die verpligtings nakom nie (Gen 17:14). Dan die tweede saak: Daar was altyd plek vir nie-jode in die verbond. Abraham was self n nie-jood toe hy ingekom het.

6 Mense kon altyd van buite af inkom as hulle soos Abraham Israel se God in geloof aanvaar het. Trouens dit was die eintlike doel van God met Abraham: In jou sal al die volke van die aarde geseën wees (Gen 12:3). Dit is Israel se aanhoudende ontrou wat veroorsaak het dat dit later gelyk het of die verbond met Abraham n geslote eenheid was. In werklikheid was dit n oop verhouding waarin daar beweging in en uit was. Daar was beweging in die verbond in. God se doel was dat die volke na Jerusalem sou stroom om Hom daar saam met Israel te kom dien (Ps 22:28-29; Jes 2:2-5; Jer 3:17; Sag 8:23). Daarom word Abraham later genoem die vader van almal wat glo al is hulle nie besny nie (Rom 4:11). Maar aan die ander kant het God nooit bedoel dat alle Jode net omdat hulle Jode is, deel van die verbond sou wees nie. Hy het Abraham aanvaar/geregverdig omdat hy geglo het (Gen 15:6). Daar om is hy óók die vader van dié besnedenes wat nie net besny is nie, maar ook glo, soos hy geglo het (Rom 4:12). Hy was nooit die vader van alle besnedenes nie! In die Nuwe Testament radikaliseer God nou deur Jesus die oopheid van die verbond. Veral Paulus ontwikkel dit met sy nadruk op die Abrahamverbond as die genadeverbond wat deur Jesus bevestig is. Dis merkwaardig hoe Paulus dit verstaan. Een van die skynbaar moeilikste uitsprake in Paulus se briewe is Galasiërs 3:16: God het sy beloftes aan Abraham en aan sy nakomeling gegee. Daar staan nie aan nakomelinge, meer as een nie, maar: en aan jou nakomeling, net een, en hierdie nakomeling is Christus. Vroeër in hierdie hoofstuk het ons hierop ingegaan. Die punt wat nou hier belangrik is, is dat die deure hiermee wyd oopgegooi is vir almal wat op Jesus Christus vertrou. Deur Jesus Christus kan ook ons wat nie Jode is nie, deel kry aan die seën wat God aan Abraham toegesê het (Gal 3:14). Hierdie seën is, net soos die belofte, sinoniem met die verbond. Deur die doop word ook ons nakomelinge van Abraham (Gal 3:29)

7 en dus in die verbond met Abraham opgeneem. In Genesis praat die Here dikwels met Abraham oor sy nageslag. Maar Paulus maak dit nou nakomeling. Tegnies is dit moontlik, want die Hebreeus vir nageslag is eintlik saad en is dus n enkelvoud wat ook een nakomeling kan beteken. Abraham se nageslag het in elk geval met net een begin: Isak. Maar hierdie nageslag het misluk, Israel was volhardend aan die Here ontrou. En nou begin n nuwe nageslag, weer met net een nakomeling: Christus. En weer sal dit n nageslag word soos die sterre aan die hemel en die sand aan die see. Hierdie keer gaan dit om almal wat deur die doop met Christus verenig word en só deel kry aan die verbond met Abraham (Gal 3:26-29). Deur die doop word ons, net soos Israel in die Ou Testament deur die besnydenis, nakomelinge van Abraham en kry ons deel aan die seën (verbond) wat God aan Abraham toegesê het (Gal 3:14, 29). Wanneer God ons seën, seën Hy ons saam met die gelowige Abraham (3:9). Abraham is immers die vader van al die gelowiges (Rom 4:16). Dit beteken dat die verbond ons op n merkwaardige manier na Christus lei, soos alle ander paaie. Mense wonder dikwels oor verskeie aspekte van die Christelike geloof. Alle Paaie lei na Jesus (2010) deur prof Adrio König is ʼn baie nuttige naslaanwerk wat ʼn betrokke en uitdagende verduideliking bied van die die middelpunt van ons geloof: Jesus Christus. Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit hierdie bron publiseer. Ons dank aan prof König en CUM vir hierdie vergunning. Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by

8 Skrywer: Prof Adrio König

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop Christo Nel het n brief geskryf aan alle predikante in Reformatoriese

Nadere informatie

Geloofsvrae: Ongeloof en Ongehoorsaamheid

Geloofsvrae: Ongeloof en Ongehoorsaamheid Geloofsvrae: Ongeloof en Ongehoorsaamheid Geloofsvrae: Ongeloof en Ongehoorsaamheid Adrio König Die wese van sonde 6. Ongeloof en ongehoorsaamheid Tradisioneel is ongehoorsaamheid dikwels as die eintlike

Nadere informatie

Leef uit jou Doop: 3.6 Die verband tussen die besnydenis en die doop

Leef uit jou Doop: 3.6 Die verband tussen die besnydenis en die doop Leef uit jou Doop: 3.6 Die verband tussen die besnydenis en die doop Leef uit jou Doop: 3.6 Die verband tussen die besnydenis en die doop Adrio König 3.6 Die verband tussen die besnydenis en die doop Ons

Nadere informatie

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) Wie is Jesus? Wie is Jesus vir die mense...? Godsdienste Boeddhisme Islam Judaïsme Hinduïsme New Age Wat sê die Woord van God? Joh 8:12-30

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Welkom by Die Storie God se storie

Welkom by Die Storie God se storie Welkom by Die Storie God se storie Hierdie boek vertel die belangrikste, aangrypendste storie ooit: die storie van n ware God wat lief is vir sy kinders, wat gesorg het dat hulle gered is, en wat vir hulle

Nadere informatie

Inhoudsopgawe 1 Abraham Geloof Verbond Besnydenis Doop

Inhoudsopgawe 1 Abraham Geloof Verbond Besnydenis Doop Inhoudsopgawe Afkortings van Bybelvertalings... 12 Voorwoord... 13 1 Abraham Geloof Verbond Besnydenis Doop... 15 1.1 Abraham en die verbond met Abraham... 15 1.1.1 Die belang van Abraham... 15 1.1.2 Abraham

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Wat beteken Christus is die einde van die wet (Romeine 10:4)? Les 11 vir 16 Desember 2017 Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)? Christus is die doel of die eindebestemming van die wet. Christus is die vervulling van die wet. Christus is

Nadere informatie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. SKRIFLESING: Johannes 3:11-21 TEKS: Johannes 3:15, 16b HK 7 TEMA: God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. Psalm 31 : 3, 5 Psalm 31 : 15, 17 Skrifberyming 27 (12-2) : 1, 4 2 Wie word gered? Dis

Nadere informatie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene Bybel vir Kinders bied aan Daniël die Gevangene Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET! DIT STAAN NIE IN DIE BYBEL DAT KINDERS GEDOOP MOET WORD NIE. Dit is waar, daar staan nie êrens dat klein babatjies van gelowige ouers gedoop moet word nie.

Nadere informatie

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Paulus kritiseer sy tyd se manier . Datum: 25 Mei 2011 Oorspronklike artikel in Beeld. Kyk ook: - Vrouens en Hoede ********** Paulus kritiseer sy tyd se manier Paulus beveel nie die vroue om aan hul mans onderdanig te wees nie, hy kritiseer

Nadere informatie

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Kobus Kok ʼn Leser vra: Wat is die rol van God die Vader in die gelowige se lewe vandag? Wat is die rol van God

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018 DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018 Die heidene het die evangelie aanvaar, en dit was vir sommige Jode 'n probleem. Moet die heidene nie onder dieselfde reëls leef nie? Waarom het die Jode besny,

Nadere informatie

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer Voorwoord Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer van die lewe lyk en is nie. Veel eerder is ware hoop om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe beweeg. Dis om,

Nadere informatie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:

Nadere informatie

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11) Les 14 vir 30 September 2017 Paulus se slotrede is eintlik 'n oproep tot die Galasiërs. Paulus was soos 'n herder wat vir sy kudde sorg. Hy wou die waarhede van die geloof in die Galasiërs se gedagtes

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28 JOHANNES 6:48 HK 28 Votum en seën Psalm 100 : 1, 3 Gebed Skrifberyming 54 (2-6) : 1 Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28 Teks: Johannes 6:48 (AV 1983) Preek: Christus is die Brood wat

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? - Lees Rom 10:1 - By hierdie stasie gaan elke persoon hulle polsslag neem - Laat elke persoon hulle wysvinger op hulle pols sit om hulle hartklop te voel. - Laat hulle

Nadere informatie

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel Christiaan Coetzee www.mathetes.co.za In die ou testament was die tempel n fisise plek of tent gewees waar mense na toe gegaan het om hulle sondes te belei

Nadere informatie

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Les 1 vir 7 Oktober 2017 Les 1 vir 7 Oktober 2017 Hierdie kwartaal bestudeer ons die boek Romeine. Eerstens, dit is goed om te weet hoe Paulus die skrywer verwant is aan die Christene wat in die belangrikste stad van daardie tyd

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Teks: Verskeie & HK Sondag 8 Inleiding Geliefdes, die Drie-eenheid van God is seker van die meeste moeilike dinge om te verstaan, en gewoonlik van

Nadere informatie

2. Die skepping van die mens

2. Die skepping van die mens 2. Die skepping van die mens Génesis 1: 26 en 2: 7-25 Die mens as beelddraer van God Die bestaan en doel van die mens rus in God se skepping. Alleen omdat die mens skepsel van God is, is hy ook beelddraer

Nadere informatie

Die Kerk se Geboorte

Die Kerk se Geboorte Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk se Geboorte Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 55 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk. NAGMAAL SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a TEMA: Die kruis is die trots van die Here se kerk. Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 103 : 6 Psalm 9 : 1, 2,

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 Votum en seën Psalm 23 : 1, 3 Gebed Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-13 (AV 1983) Belydenis: HK 29:78-30:80 Teks: 1 Korintiërs 10:4 Psalm 105 : 21, 22 Preek: Die Heilige Gees

Nadere informatie

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: TEMA: INHOUD: Johannes 18:37-38b Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. Die waarheid verwerp Psalm 105 : 2, 3 Psalm 73 : 12 Skrifberyming 18 (17-2)

Nadere informatie

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding Bybelse Dissipelskap Saligheid/ Redding Johannes 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Vers om te memoriseer... Efesiërs 2:8-9

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming. SKRIFLESING: Hebreërs 11:8-19 TEKS: Hebreërs 11:8 TEMA: Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming. Psalm 84 : 3, 4 Skrifberyming 28 (10-1) : 2, 3 Psalm 1 : 4 Psalm 37 : 2, 23 Skrifberyming 78

Nadere informatie

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels. 1 Johannes 17b PT INLEIDING Lees Johannes 17:1-19 Hoe het dit die week met julle gebede gegaan? Kon julle intiem met julle Vader gesels? Ons het `n tydjie gelede gekyk na die eerste 6 verse van Jesus se

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3 NAGMAAL SKRIFLESING: 1 Petrus 2:18-25 TEKS: 1 Petrus 2:24a TEMA: Jesus Christus het ons sondes gedra Psalm 89 : 1 Psalm 40 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 116 : 1, 2, 3, 4, 5, 7 Psalm 89 : 7 Voor

Nadere informatie

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Liefde (*God) Liefde is een van die kernwoorde van die Bybel, maar miskien juis daarom een van die mees misbruikte woorde. In ons

Nadere informatie

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Deur Christus alleen Reeks preke oor Galasiërs Nr 11 Dr AH Bogaards Lees: Gal.4:21-31, Genesis 21:1-10 Teks: Gal.4:21-31

Nadere informatie

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra SKRIFLESING: Jeremia 31:23-40 TEKS: Jeremia 31:33b HK 49 TEMA: God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra Psalm 103 : 10, 11 Psalm 131 : 2, 3 Skrifberyming 14 (8-1) : 1, 2 Ook: Ps. 40 :

Nadere informatie

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 Tema Jesus het uit liefde sy lewe vir ons afgelê en Hy gee ook hierdie liefde in ons sodat ons mekaar kan liefhê. Agtergrond en interpretasie Johannes

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man Bybel vir Kinders bied aan Ryk man, Arm man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k toegewy aan God ross van niekerk goddelike nageslag hoe verseker ons dit? 1. modelleer. 2. liefde. 3. instruksie. 4. dissipline. 5. meedeling. psalm 127:3 Kyk, kinders is n erfdeel van die HERE; die vrug

Nadere informatie

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING? WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING? Daar is geen chronologiese volgorde nie. Daar is egter wel n logiese volgorde. # 1 Bekering Bekering, Regverdigmaking, Wedergeboorte Aanneming, Heiligmaking......alles

Nadere informatie

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: 1. Jy MOET n sondaar wees 2. Jy kan Hom volg al glo jy nog nie

Nadere informatie

n Dubbele kruis-belydenis

n Dubbele kruis-belydenis 1 n Dubbele kruis-belydenis Dr AH Bogaards Lees: Lk.23:26-49 Teks: Lk.23:42-43 (Nagmaal) Datum: 7 Desember Psalms: Ps.43:3,4; 119:26; 119:27; 25:1,3; 23:1,3; 118 1. Inleiding Laat ons daaraan dink dat

Nadere informatie

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense. 1 Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense. Vooraf sang Lied 241:1,2; Nuwe Sb: God spreek deur sy Seun vers 1,2 (Mel Lied 271) Intreelied: Lied 151:1,2 Votum Seëngroet Lofsang: Lied

Nadere informatie

God, die Almagtige, en die geboorte en lewe van die kerk

God, die Almagtige, en die geboorte en lewe van die kerk 1 God, die Almagtige, en die geboorte en lewe van die kerk Abraham: from embers to a flame Dr AH Bogaards 2012 Lees: Genesis 17 Teks: Genesis 17:1 1. Inleiding In ons tyd is daar n groot diskussie aan

Nadere informatie

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld. Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld. Die volk van die Here kies vir sonde en teen God. Hulle volhard hardnekkig in hulle ongehoorsaamheid.

Nadere informatie

Daar is vandag n tendens onder baie Christene om die Joodse Feeste en die sabbat te hou. Daar is Joodse gemeentes in Christus wat nie Christene

Daar is vandag n tendens onder baie Christene om die Joodse Feeste en die sabbat te hou. Daar is Joodse gemeentes in Christus wat nie Christene DIE JOODSE FEESTE Lev.23:1-3 Moet ons as Christene ook die Joodse feeste hou? Is hierdie Ou Testamentiese Feeste ook verpligtend onder die Nuwe Testament? Of kan ons kies of ons dit wil hou? Of moet ons

Nadere informatie

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus 2 Petrus Aangebied deur dr. Douw Breed Aanbieding 1 Agtergrond Tema van 2 Petrus 1:1 Aan dié wat deur die regverdige beskikking van ons God en Verlosser, Jesus Christus, dieselfde kosbare geloof as ons

Nadere informatie

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) Jan van der Watt DEEL 2[1] DIE VERHALE VAN MATTEUS EN LUKAS Die verhaal van Jesus se geboorte (die kersverhaal)

Nadere informatie

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie. D O O P Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie. 1 PETRUS 3:21 Waarvan die die, ons nou ook, nie as n aflegging van die vuilheid

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop.

En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop. Les 5 vir 4 Augustus 2018 Na die steniging van Stefanus het die Sanhedrin Saulus van Tarsus (Paulus) toegelaat om die volgelinge van Jesus van Nasaret te vervolg. Saulus het die "apostel" van die Sanhedrin

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo! 1 Ons is baie bly en dankbaar saam met Myrna van Eyssen en Ruan Kotze wat vandag geleentheid kry om hulle geloof te bely en Ruan wat ook die doop as teken van God se verbond met hom ontvang. Tema: God

Nadere informatie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek. 1 Lukas 6h 7.10.18 WH Tema: Hoe kyk jy? Ek sien nou die dag `n taxi met `n plakkaat agter in die venster waarop daar staan: only God can judge me. Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff 1 Preek Romeine 9:6-7 (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens: Afkondigings Stilte Erediens: Votum Groetseën Sing:

Nadere informatie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, al my hulde bring. Lied 171:2 Heilig, heilig, heilig,

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie Ontmoeting 7 God gebruik n dogtertjie wat ver van haar eie huis af is, om n belangrike generaal in Hom te laat glo. Teks: 2 Konings 5: 1-14 Hulpmiddels: Sandboks met huise, paleis, rivier en karakters

Nadere informatie

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese: Efesiërs 2:11-22 Agtergrond Oor die stad Efese: Efese was n groot en belangrike stad in wat ons vandag ken as Turkye. Historici bereken dat daar ongeveer 250 000 mense gewoon het aan die begin van ons

Nadere informatie

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016) 1 Preek Genesis 1:27 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016) Voor die erediens Sing: Lied 447:1 Sing: Lied 456:1,3 Afkondigings Stilte Ontmoetingsdiens: Toetredelied:

Nadere informatie

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Ses groepstudies oor die Saligsprekinge uit Matteus 5 Groepstudie 1 17 Februarie 1. Die bergpredikasie. i. Leer gou almal se name

Nadere informatie

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Die 2016-proefvertaling getoets(2) Dr AH Bogaards 1. Inleidend Op die tuisblad van die vertalingsprojek (http://www.nuwekerkbybel.co.za)

Nadere informatie

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

LITURGIE VIR N OOP GESPREK LITURGIE VIR N OOP GESPREK 1 Liturgie vir ʼn oop gesprek Nota Hierdie liturgie kan gebruik word in ʼn erediens of vir groepgesprekke en vergaderings. Dit sal goed wees as daar 90 minute ingeruim kan word

Nadere informatie

Die Groot Geloofswoordeboek: Joodse Feeste

Die Groot Geloofswoordeboek: Joodse Feeste Die Groot Geloofswoordeboek: Joodse Feeste Die Groot Geloofswoordeboek: Joodse Feeste Joodse feeste Die feeste wat in verband met die Sabbat staan Die groot feeste Die Groot Versoendag Daar was baie Joodse

Nadere informatie

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. SKRIFLESING: Romeine 8:18-30 TEKS: Romeine 8:28 HK 9 TEMA: God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. Psalm 30 : 3, 4 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Psalm 119 : 25 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 52

Nadere informatie

23 Nadat hy hulle deur die rivier gevat het, het hy ook alles wat hy besit, laat deurgaan.

23 Nadat hy hulle deur die rivier gevat het, het hy ook alles wat hy besit, laat deurgaan. Gen32:22-32 Die nag het hy opgestaan en sy twee vrouens en sy twee persoonlike slavinne en sy elf kinders gevat en deur Jabbokdrif gegaan. 23 Nadat hy hulle deur die rivier gevat het, het hy ook alles

Nadere informatie

Lees Genesis 22 Hoe laat dit wat jy sopas gehoor het jou voel? Hoe laat dit jou voel oor Abraham se situasie en hoe voel jy oor God?

Lees Genesis 22 Hoe laat dit wat jy sopas gehoor het jou voel? Hoe laat dit jou voel oor Abraham se situasie en hoe voel jy oor God? 1 Genesis 22, 29 Des 13, doop DN Teksverse: 2; 12; 16 Tema: God se beloftes gaan oor Hom Lees Genesis 22 Hoe laat dit wat jy sopas gehoor het jou voel? Hoe laat dit jou voel oor Abraham se situasie en

Nadere informatie

Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan?

Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan? Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan? Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan? Kobus Kok Yvonne vra: Ek wil net weet of dit moonlik is om te verduidelik hoe die Drie eenheid van God verstaan moet word of

Nadere informatie

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Les 2 vir 13 Oktober 2018 Les 2 vir 13 Oktober 2018 God wil hê dat sy mense verenig moet wees. Om God se wil te gehoorsaam, is noodsaaklik om eenheid te bereik. Wanneer ons verenig is, vul dit die Kerk met vreugde en voorspoed

Nadere informatie

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff 1 Preek Romeine 6:3-4 (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Skrifberyming 8-3 Sing: Lied 510:1,2,3,4

Nadere informatie

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God 1 Skriflesing: Johannes 6:37-40; 10:11, 26-29; Romeine 8:29-30 Belydenis- Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 In die vorige paragrawe van die Dordtse Leerreëls het

Nadere informatie

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 Votum en seën Psalm 93 : 1, 4 Gebed Skriflesing: Openbaring 5 (AV 1933/53) Belydenis: HK 48 Teks: Openbaring 5:5 (AV 1933/53) Psalm 72 : 2 Preek: God sorg self vir die koms

Nadere informatie

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 1 Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 Het jy dalk enige afgode of in jou huis? Miskien weet jy nie dat jy het nie, en dit is dalk die rede vir die konflik in jou huwelik, of dat jou kind

Nadere informatie

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg SKRIFLESING: 1 Johannes 4:7-21 TEKS: 1 Johannes 4:17-18 TEMA: God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg Psalm 48 : 1 Psalm 99 : 1, 4 Psalm 103 : 6 (na doop) Psalm 43 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1,

Nadere informatie

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het. 1 Preek: 1 Korintiërs 13:1-13 Teksverse: 1 Korintiërs 13:7 Tema: Die Heilige Gees rus jou toe om met ware liefde te leef! Inleiding Geliefde gemeente, ons het afgelope Donderdag op n besondere manier aan

Nadere informatie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was nie om limate te gaan werf of om mense te gaan bekeer nie, maar om dissipels te gaan maak, mense wat Jesus volg. Net soos wat n mens nie noodwendig

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy VADERSDAG Teks: Markus 5:22 24, 35-42 Hulpmiddels: Sirkel en sirkel met vyfde uitgesny om saam met die verhaal te gebruik Split pin A4-kartonne A4-papier om hemp-kaartjies te vou Inkleurkryte en ander

Nadere informatie

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Lees: II Korintiërs 13 Teks: II Korintiërs 13:13 Datum: 28 Augustus 2011 H.K.: 8:24-25 Psalms: Ps 98:1,2; Sk.27;

Nadere informatie

Geroep vir Gemeenskap

Geroep vir Gemeenskap Geroep vir Gemeenskap Ef 4:15 in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, 16 uit wie die hele liggaam goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte. 1 Gen. 37a Josef a Die vere maak nie die voël nie Liewe kinders, en broers en susters. Vandag begin ons met `n splinternuwe reeks oor die lewe van Josef. Ek wil veral hê dat die kinders mooi moet luister,

Nadere informatie