12. Almal is welkom Handelinge 10:1 11:18

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "12. Almal is welkom Handelinge 10:1 11:18"

Transcriptie

1 12. Almal is welkom Handelinge 10:1 11:18 Tema Die Heilige Gees maak die poorte oop vir Jesus se volgelinge om die grense na alle mense met die evangelie oor te steek. Agtergrond en interpretasie BA Müller skryf soos volg (Woord teen die lig 1/10, bl 23 ev): In sewe tonele word ʼn spanningsgelaaide verhaal geskilder van ʼn vroom heiden in ʼn aarselende, dog gehoorsame sendeling ; van vroom gebede en onverstaanbare visioene; van mense wat vanuit ʼn gebrekkige verstaan gelei word tot ʼn nuwe verstaan van God se wil vir sy kerk en die wêreld. Sewe totele waarin die evangelie-verkondiging van Jesus se kruis en opstanding uitbreek uit sy gevangenskap in ʼn Joodse ghetto na die wêreld van Romein en Griek. Waaroor gaan die sewe tonele? 1. Kornelius, die godsdienstige (ʼn Romein wat dalk die God van die Jode aanbid?), kry ʼn opdrag van God terwyl hy bid. ʼn Beweging begin 2. Petrus gaan bid en ontvang drie keer ʼn visioen. 3. Petrus en Kornelius se afgevaardigdes ontmoet, en die Gees sê vir Petrus hy moet saam met hulle gaan. 4. Die volgende dag gaan Petrus saam met Kornelius se gesante. Hy oorskry grense wanneer hy as Jood by ʼn heiden se huis ingaan maar God het vir hom gewys (v 28). Die Rabbyne het die heidene en hulle huise as onrein beskou omdat hulle nie al die kos-wette en ander reinheidsgebruike van die Jode onderhou het nie. 5. Daar wag ʼn gehoor (v 33) op Petrus se toespraak (v 28-43). Vers 34 word as inleiding tot die res van die boek Handelinge beskou. 6. Die heidene ontvang ook die Gees en word gedoop. 7. Petrus verantwoord hom voor die gemeente in Jerusalem en dit loop daarop uit dat God geprys word: God het selfs mense wat nie Jode is nie tot inkeer gebring om aan hulle die lewe te gee. Vir ʼn duidelike begrip van wat presies hier gebeur het, sal die situasie van Jode teenoor ander nasies in daardie tyd baie helder verduidelik moet word. Handelinge 9:31 trek die sirkels van Judea, Galilea en Samaria en die rus en vrede daarbinne terwyl die Heilige Gees die gelowiges versterk. Volgens Handelinge 1:8 maak die Gees die poorte vir gelowiges oop om tot in die uithoeke van die wêreld na alle mense te gaan as deel van God se groot reddingsplan.

2 Vertel die hele verhaal in kort hooftrekke en lê klem op Handelinge 10: Bybelgedeeltes en hoofgedagtes Bybelgedeelte (lees of vertel) Vertel Handelinge 10:1-8 Vertel Handelinge 10:9-16 Vertel Handelinge 10:17-23a Vertel Handelinge 10:23b-33 Lees Handelinge 10:34-36 en vertel verder tot by vers 43 Vertel Handelinge 10:44-48 Vertel Handelinge 11:1-18 Hoofgedagtes van die ontmoeting 1. Die beweging van Kornelius se kant af. 2. Petrus se gesig (visioen). 3. Petrus word deur Kornelius se gesante genooi, en deur die Heilige Gees saamgestuur. 4. Petrus ontmoet vir Kornelius. 5. Petrus se preek. 6. Die heidene ontvang dieselfde teken wat die Joodse gelowiges op Pinksterdag ontvang het ( net soos ons ). 7. Petrus verduidelik aan die gemeente in Jerusalem wat gebeur het. Uitkoms 1. Insig: God het nie witbroodjies (uit een groep mense) nie. 2. Insig: Dit gaan oor die handelinge van die Gees van God. Dis God wat hier werk. Hulpmiddels by die storie 1. Paneel Die simbool van Pinkster saam met die paneel. 3. Prente van die Herz Jesu-kerk in München. Hulpmiddels vir kleingroepvaslegging Junior kleingroep Bring saam 1. Skêre. 2. Gomstafies, een vir elke groeplid (of hulle kan twee-twee een deel). 3. Ou papier om op die tafels te sit sodat hulle met gom daarop kan werk. Senior kleingroep Bring saam

3 Voor die tyd 1. Maak reënboë van papier, een vir elke groeplid. Die regte volgorde van die kleure is: rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo (pers) en violet (rooipers). Voor die tyd

4 Die storie Begin Wie van julle het al by ʼn toe deur omgedraai? Was julle bly of spyt die deur was toe? Wie het al by iemand gaan kuier, maar toe julle daar kom, was die mense nie by die huis nie? Gebruik gou jou verbeelding. Jy toer deur ʼn stad en het gehoor van ʼn pragtige nuwe gebou wat daar gebou is. Dit is ʼn baie spesiale gebou en bestaan heeltemal uit blou glasvensters. Dit lyk soos ʼn enorme blou blok amper so blou soos die lug. Jy wil graag by die gebou ingaan om te gaan kyk hoe dit aan die binnekant lyk. Jy wil ook hoor wat hulle binne-in die gebou doen. Maar die deurtjies aan die voorkant is toe. Al wat jy sien, is die groot blou glasvensters. (Wys die foto hieronder.) Vandag se Bybelstorie is baie spesiaal. Iemand het dit ʼn deurbraak genoem. Weet julle wat ʼn deurbraak is? Dit is wanneer dit gelyk het of iets heeltemal toe is en jy nooit daardeur sal kan kom nie, maar toe verander dit. Jy kan doen wat jy wil doen. Dít is ʼn deurbraak. Dit beteken jy het iets oopgebreek en deurgebreek. Die Israeliete, later die Jode genoem, het geweet die Here is baie lief vir hulle. Hulle het mekaar altyd daaraan herinner dat die Here hulle uit Egipte gehaal het toe hulle slawe daar was. Hy het hulle toe na ʼn nuwe land laat trek. Die Jode het verwag dat God vir hulle ʼn nuwe koning sou stuur en dat daar ʼn nuwe Joodse koninkryk sou ontstaan waarin die Jode welkom was. Ander mense moes eers Jode word en alles doen wat Jode doen voordat hulle deel van hierdie koninkryk sou kon wees. Die Jode het eers gedink Jesus is hierdie nuwe koning, maar toe Hy gekruisig is, het net party bly glo Hy is waarlik die nuwe Koning. Toe Jesus uit die dood opstaan, het die Jode nog nie sy koninkryk heeltemal

5 verstaan nie. Is hierdie koninkryk vir almal, of net vir die Jode? Kom ons luister hoe die Bybel hierdie storie vertel. Hoor Moment 1: Handelinge 10:1-8 Die beweging van Kornelius se kant af Daar was ʼn belangrike man met die naam Kornelius. Hy was nie ʼn Jood nie, maar hy het baie vir die arm Jode gedoen en selfs die Jode se God aanbid. Een middag, teen ongeveer drie-uur, het Kornelius ʼn vreemde gesig gesien. Dit was van ʼn engel wat na hom geroep het: Kornelius! Die engel sê toe vir hom God sien wat hy doen en dat hy van sy manne moet stuur om vir Simon, wat ook Petrus genoem word, te gaan haal. Hulle sal hom in die stad Joppe by die see kry, by ʼn ander Simon, die een wat met leer werk. Kornelius stuur toe drie mans om vir Petrus te gaan haal. Moment 2: Handelinge 10:9-16 Petrus se gesig (visioen) Intussen het daar ook iets anders gebeur. Petrus het teen twaalfuur die middag gaan bid op die dakstoep van die huis waar hy gebly het. Hy was al baie honger en het gewag dat die mense die kos moes klaarmaak. Toe sien Petrus ook ʼn vreemde gesig: Dit was asof die hemel oopgegaan het. ʼn Groot doek, soos ʼn enorme laken wat aan sy punte vasgehou word, het uit die hemel neergedaal. Daar was allerhande diere en wilde voëls in die laken. Toe hoor Petrus ʼn stem wat sê hy moet die diere slag en eet. Die Jode het nie sommer enige diere of voëls geëet nie. Die Here het in Moses se tyd vir hulle gesê wat hulle kon eet soos skape, bokke en beeste en wat hulle nie mag geëet het nie soos perde, varke en diere met kloue. Die diere wat hulle mag geëet het, het hulle rein diere genoem. Al die ander diere was onrein diere. Toe Petrus hierdie gesig sien, roep hy: Nooit nie, Here! Ek eet nie onrein diere nie. Toe sê die stem vir hom: As God iets rein gemaak het, mag jy nie sê dit is onrein nie. Dit het drie keer gebeur. Daarna is die doek weer in die hemel opgetrek. Wat, dink julle, het dit beteken? Moment 3: Handelinge 10:17-23a Petrus word deur Kornelius se gesante genooi en deur die Heilige Gees saamgestuur Terwyl Petrus nog gewonder het wat die gesig beteken, het Kornelius se drie afgevaardigdes daar aangekom. Die Heilige Gees sê toe vir Petrus: Daar is drie manne wat na jou soek. Gaan saam met hulle. Moenie twyfel nie. Ek het hulle gestuur. Gaan gerus saam. Toe Petrus van die dakstoep af klim, was die drie mans net mooi by die huis. Hulle vertel toe vir hom van die gesig wat Kornelius gesien het en vra dat Petrus met hulle moes saamgaan.

6 Toe doen Petrus iets interessants. Hy het die mans ingenooi en vir hulle blyplek tot die volgende dag gegee. Hulle was nie Jode nie, en gewoonlik het die Jode nie die nie-jode in hulle huise ingenooi nie. Hulle het beslis ook nie by ʼn nie-jood se huis ingegaan nie. Die Jode het geglo nie-jode is onrein, net soos onrein diere. Wat, dink julle, het nou gebeur? Moment 4: Handelinge 10:23b-33 Petrus ontmoet vir Kornelius Die volgende dag het Petrus saam met die drie mans gegaan en nog ʼn paar ander mense, wat ook in Jesus geglo het, saamgeneem. Intussen het Kornelius al sy vriende en huismense bymekaargeroep en saam het hulle op Petrus gewag. Toe Petrus naby Kornelius se huis kom, het Kornelius uitgegaan en voor Petrus gekniel. Maar Petrus het gesê hy moet opstaan, want hy, Petrus, is ook maar net ʼn gewone mens. En wat doen Petrus toe? Hy het by hierdie nie-jood se huis ingegaan. Toe hy al die mense daar sien, vertel hy vir hulle dat God vir hom gewys het hy mag geen mens as onrein beskou nie. Kornelius vertel toe vir Petrus dat die engel vir hom gesê het hy moet vir Petrus laat haal, en dat hulle graag wil luister na wat Petrus vir hulle wil sê. Toe begin Petrus praat. Moment 5: Handelinge 10:34-43 Petrus se toespraak Vir God is elke mens belangrik. Dit maak nie saak of jy ʼn Jood of ʼn nie- Jood is nie. Petrus het vir hierdie mense vertel van Jesus en van alles wat Hy op aarde gedoen het, alles waarvan hy en die ander dissipels getuies was. Hy het ook vertel dat hulle Jesus gekruisig het, maar dat God Hom op die derde dag uit die dood opgewek het. Petrus het getuig dat Jesus aan sekere mense verskyn het sodat hulle getuies kon wees dat Hy waarlik leef. Elkeen wat in Hom glo se sonde word vergewe. Kom ons dink gou aan iets voordat ons verder na die storie luister. Onthou julle wat met die dissipels gebeur het nadat Jesus opgevaar het na die hemel en hulle daar by mekaar gewag het? Ja, die Heilige Gees het gekom en hulle het in verskillende tale begin gepraat. Moment 6: Hand 10:44-48 Die heidene ontvang dieselfde teken as die Joodse gelowiges op die Pinksterdag ( net soos ons ) Dit is presies wat hier weer gebeur het. Terwyl Petrus nog oor Jesus praat, kom die Heilige Gees na al hierdie nie-jode en laat hulle in allerhande tale praat en die Here loof en prys. Die gelowiges wat saam met Petrus na Kornelius toe gegaan het, het gehoor dat die nie-jode dieselfde teken gekry het as wat Petrus en die ander dissipels ontvang het toe die Heilige Gee op hulle uitgestort is. Toe sê Petrus: Hierdie mense het net soos ons die Heilige Gees ontvang. As ʼn teken dat hulle nou ook deel was van

7 almal wat in Jesus glo, het Petrus die mense gedoop. Petrus het nog ʼn paar dae daar gebly en toe teruggegaan Jerusalem toe. Wat, dink julle, het in Jerusalem gebeur? Moment 7: Handelinge 11:1-18 Petrus verduidelik vir die gemeente in Jerusalem wat gebeur het Die Jode in Jerusalem was vies vir Petrus. Jy het in onrein mense se huis ingegaan. Petrus vertel toe vir hulle die hele storie, van die gegin tot die einde. Toe hulle dit hoor, het hulle God geprys en gesê: God het nou ook die nuwe lewe aan nie-jode gegee. Van toe af het almal geglo: Jesus red alle mense, nie net die Jode nie. Dit is die Goeie Nuus van Jesus waarvan die Nuwe Testament ons vertel. Dink Maak nou julle oë toe. Dink aan die prent van die gebou met die glasvensters waarna ons netnou gekyk het, die gebou met die toe deurtjies aan die voorkant. Daar is ʼn groot verrassing by daardie kerk, want wanneer die gelowiges daar bymekaarkom, gebeur daar iets wonderliks. Maak nou julle oë oop. Wys die volgende twee prente:

8 Leef Die groot deure van hierdie kerk wys dat Jesus se hart oop is vir alle mense. Hierdie kerk se naam is dan ook die Hart van Jesus-kerk. Wanneer die groot deure oopgaan, sien jy die kruis. Die groot deure staan dan soos oop arms om almal in te nooi. Hierdie foto kan ons diep in ons hart en gedagtes bêre. Wanneer ons na Jesus toe gaan, is sy hart en arms vir ons oop. Hy maak sy hart en arms vir álle mense oop. Ons kan dit vir almal gaan wys en vertel.

9 Kleingroepvaslegging: Junior groep Welkom Groet almal hartlik. Elkeen kan ʼn gekleurde papiertjie kies (een van die reënboogkleure). Wegspring Hou julle papiertjies vas en gaan staan in die regte volgorde van die reënboog se kleure. Opmerking: As daar te min groeplede is, pak die papiertjies net in die regte volgorde op ʼn tafel uit. Werksaam 1. Kyk na die prentjie in jou werkboek. Dit herinner jou aan die Hart van Jesus-kerk wat jy vandag gesien het. 2. Vertel weer die verhaal van Petrus en Kornelius vir mekaar. 3. Teken nou ʼn duif op die geel opening. 4. Gesels saam oor die Heilige Gees wat woon in almal wat in Jesus glo.

10 Wegstuur/Huisgeloof 1. Wys jou prentjie vir die mense by die huis en vertel vir hulle die storie van Petrus en Kornelius. 2. Lees die volgende gedeeltes saam: Handelinge 2:1-4 Die Heilige Gees word in Jerusalem op die dissipels uitgestort én op Jode wat in Jesus glo. Handelinge 10:44-47 Die nie-jode in Sesarea kry ook die teken dat die Heilige Gees in hulle kom woon het. Handelinge 19:1-2, 4-7 Die mense in Efese (ʼn plek ver van Jerusalem af) het van Jesus gehoor en in Hom begin glo, maar nou hoor hulle ook van die Heilige Gees en kry dieselfde teken dat Hy by hulle is. 3. Onthou: Die Heilige Gees woon in almal wat in Jesus glo.

11 Kleingroepvaslegging: Senior groep Welkom Groet almal hartlik. Elkeen kan ʼn gekleurde papiertjie kies (een van die reënboogkleure). Wegspring 1. Noem die kleure van die reënboog in die regte volgorde op. 2. Watter van hierdie kleure, dink julle, is die kleure van Pinkstertyd? 3. Waaraan dink ons in Pinkstertyd? 4. Waarom, dink julle, is ʼn duif en vuurvlamme die simbole wat ons in Pinkstertyd gebruik? Wonder Maak julle oë toe en dink na oor taal en klanke en liefhê. 1. Watter taal wat jy al gehoor het, klink vir jou die mooiste? 2. Laat iemand 1 Korintiërs 13:1 drie keer stadig hardop lees: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ʼn stuk klinkende metaal, ʼn galmende simbaal geword. 3. Laat die kinders hierdie vers in die werkboek voltooi. Werksaam Kyk weer saam na Handelinge 10:1 11:18. (Opmerking: Die gedeelte kan in kleiner dele opgedeel word sodat elkeen net een deel van die verhaal bestudeer en dan vir die ander vertel wat hulle ontdek het). 1. Maak nou in jou werkboek ʼn lys van al die karakters in vandag se storie, al ken jy nie hulle name nie. Dit kan ook ʼn groep mense wees. 2. Skryf langs elke karakter of groep neer die belangrikste dinge wat hulle gesê het (as hulle gepraat het). 3. Besluit saam watter drie uitsprake in vandag se storie die heel belangrikste is. Wegstuur/Huisgeloof 1. Lees die volgende gedeeltes saam: Handelinge 2:1-4 Die Heilige Gees word in Jerusalem op die dissipels uitgestort én op Jode wat in Jesus glo. Handelinge 10:44-47 Die nie-jode in Sesarea kry ook die teken dat die Heilige Gees in hulle kom woon het. Handelinge 19:1-2, 4-7 Die mense in Efese (ʼn plek ver van Jerusalem af) het van Jesus gehoor en in Hom begin glo, maar nou hoor hulle ook van die Heilige Gees en kry dieselfde teken dat Hy by hulle is. 2. Gesels saam oor Pinkster en die Heilige Gees wat woon in almal wat in Jesus glo.

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 Tema Die goeie Herder hou al sy skape veilig in sy hand. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by Ontmoeting 1, asook na die aantekenings

Nadere informatie

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 1 12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 Tema Jesus het die Heilige Gees gestuur om ons te help. Agtergrond en interpretasie Hierdie ontmoeting sluit by die voriges aan. Een artikel van

Nadere informatie

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 57 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6 26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6 Tema Wanneer jaloerse mense ander mense met mag gebruik om jou geloof te probeer ondermyn, ontdek jy die Here is en bly getrou. Agtergrond en interpretasie Kyk

Nadere informatie

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.)

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.) Ontmoeting 13 Kinders leer dat die Here nie dink een persoon is belangriker as n ander persoon nie. Hulpmiddels: Plakkaat met reëls op Uitgeknipte los prentjies van rein en onrein kosse; kleefband waarmee

Nadere informatie

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11 1 3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11 Tema Jesus wys dat God se Woord soos n wapen is waarmee ons die duiwel en sy versoekings kan oorwin. Agtergrond Die verhaal van die Israeliete wat uit Egipte

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12 1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12 Tema Jesus is God wat ʼn sondige verlamde man help en ons met hierdie Goeie Nuus na ander mense toe stuur. Só sal baie mense God prys. Agtergrond en

Nadere informatie

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31 10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31 Tema Jesus help Tomas glo en Hy noem almal wat nie sien nie en tog glo, gelukkig. Agtergrond en interpretasie Hierdie aanbieding fokus op Tomas. Tomas is n Hebreeuse

Nadere informatie

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 Tema Jesus het uit liefde sy lewe vir ons afgelê en Hy gee ook hierdie liefde in ons sodat ons mekaar kan liefhê. Agtergrond en interpretasie Johannes

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 Tema Jesus verseker mense wat Hom aanbid, en selfs dié wat nog twyfel, dat Hy, die Almagtige, by hulle is wanneer hulle uitgaan om dissipels oor die hele wêreld heen

Nadere informatie

Welkom by Die Storie God se storie

Welkom by Die Storie God se storie Welkom by Die Storie God se storie Hierdie boek vertel die belangrikste, aangrypendste storie ooit: die storie van n ware God wat lief is vir sy kinders, wat gesorg het dat hulle gered is, en wat vir hulle

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 1 14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 Tema Wanneer ons bely dat ons sonde doen, vir God daarvan vertel en sê ons is jammer, verseker Hy ons dat Hy ons sonde vergewe. Agtergrond en interpretasie

Nadere informatie

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 1 6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 Tema Ons glo in Jesus Christus, die God-mens, ons Here wat ons verlos. Agtergrond en interpretasie Ons is besig om oor die Apostoliese

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21 1 2. In die pikdonker nag Johannes 3:1-21 Tema God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun, Jesus, gestuur het om almal wat in Hom glo, te red. Agtergrond en interpretasie Johannes 3:16-17 sluit

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene Bybel vir Kinders bied aan Daniël die Gevangene Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2 Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2 Hulpmiddels:: Bordspeletjie: Laai af by http://www.livingwaterbible games.com/christmas-board-game.htm Drukker, papier, gom, skêr, dobbelsteentjies, kleeflint

Nadere informatie

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën. Ontmoeting 4 God is lief vir Noag Kinders hoor in die storie van Noag dat God regverdig is. Hy sien mense raak wat aan Hom gehoorsaam is en Hy maak n duidelike plan om sy kinders te red. Teks: Genesis

Nadere informatie

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18 1 9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18 Tema Jesus se opstanding was ʼn onverwagse verrassing wat vir ons as sy volgelinge moed gee wanneer ons deel word van sy triomftog waarin Hy baie mense saam

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41

2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41 2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41 Tema Wie Jesus as Here erken, dwaal nie meer soos n blinde mens in onsekerheid rond nie. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by

Nadere informatie

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17 2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17 Tema Jesus, ons Onderwyser of Leermeester, laat ons saam drome droom om siek (sondige) mense by die Dokter uit te bring; om hulle in te trek tot in die binnekring

Nadere informatie

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

23. Reëls vir die pad die padgebruikers 23. Reëls vir die pad die padgebruikers Oorhoofse tema Die Here is saam met ons op pad. As die Padmaker het Hy vir ons tien padreëls of lewensreëls gegee sodat ons elke dag daarvolgens kan leef. Die eerste

Nadere informatie

25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1

25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1 1 25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1 Tema Wanneer die Here vir ons moeilike werk gee om te doen, is Hy by ons. Agtergrond en interpretasie Die profeet Jeremia het uit Anatot gekom en was nie een van die

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus Doel van les: Ons leer meer oor Wie ons is in Christus. Ysbreker: Bome Uitbeeld: In die Bybel lees mens baiekeer dinge oor bome. God praat van bome om ons as

Nadere informatie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was nie om limate te gaan werf of om mense te gaan bekeer nie, maar om dissipels te gaan maak, mense wat Jesus volg. Net soos wat n mens nie noodwendig

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

21. Glo maak soms seer Jesaja 6

21. Glo maak soms seer Jesaja 6 1 21. Glo maak soms seer Jesaja 6 Tema Soms gee die Here vir ons moeilike werk om te doen, maar dan gee Hy ook vir ons die krag om dit te doen. Agtergrond en interpretasie In die vorige ontmoeting het

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: TEMA: INHOUD: Johannes 18:37-38b Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. Die waarheid verwerp Psalm 105 : 2, 3 Psalm 73 : 12 Skrifberyming 18 (17-2)

Nadere informatie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie Ontmoeting 7 God gebruik n dogtertjie wat ver van haar eie huis af is, om n belangrike generaal in Hom te laat glo. Teks: 2 Konings 5: 1-14 Hulpmiddels: Sandboks met huise, paleis, rivier en karakters

Nadere informatie

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26 12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26 Tema Die Heilige Gees het na ons toe gekom soos Jesus aanvanklik by die dissipels was om te help dat ons nie alleen word, twyfel en ophou om in Jesus en die

Nadere informatie

18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1

18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1 1 18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1 Tema Wanneer ons op die drumpel staan van nuwe dinge voor ons, is dit die Here sélf wat ons lei en begelei. Agtergrond Hierdie verhaal speel af

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

Die Kerk se Geboorte

Die Kerk se Geboorte Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk se Geboorte Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 55 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? - Lees Rom 10:1 - By hierdie stasie gaan elke persoon hulle polsslag neem - Laat elke persoon hulle wysvinger op hulle pols sit om hulle hartklop te voel. - Laat hulle

Nadere informatie

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels. 1 Johannes 17b PT INLEIDING Lees Johannes 17:1-19 Hoe het dit die week met julle gebede gegaan? Kon julle intiem met julle Vader gesels? Ons het `n tydjie gelede gekyk na die eerste 6 verse van Jesus se

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

11. Jesus gaan vooruit (Hemelvaart)

11. Jesus gaan vooruit (Hemelvaart) 11. Jesus gaan vooruit (Hemelvaart) Oorhoofse tema Soos iemand vooruit stap en aan die einde van die pad vir jou wag, het Jesus vooruit gegaan om vir ons in die hemel te gaan wag. Die dissipels het getuig

Nadere informatie

22. Reëls vir die pad die Padmaker

22. Reëls vir die pad die Padmaker 22. Reëls vir die pad die Padmaker Oorhoofse tema Die volk Israel het kamp opgeslaan aan die voet van Sinaiberg. Die Here het hulle uit Egipte gered en tot hier gedra en versorg, net soos ʼn ma-arend haar

Nadere informatie

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) Wie is Jesus? Wie is Jesus vir die mense...? Godsdienste Boeddhisme Islam Judaïsme Hinduïsme New Age Wat sê die Woord van God? Joh 8:12-30

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 58 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

Jesus het aan Petrus gesê: en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk, net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel Les 6 vir 11 Augustus 2018 Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel deur na verskillende plekke

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken

Nadere informatie

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese: Efesiërs 2:11-22 Agtergrond Oor die stad Efese: Efese was n groot en belangrike stad in wat ons vandag ken as Turkye. Historici bereken dat daar ongeveer 250 000 mense gewoon het aan die begin van ons

Nadere informatie

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit Hoe kan ek my kruis opneem 1. Deur te doen wat die Woord my beveel, deur myself te verloen. # Verloen Tot n oortuiging

Nadere informatie

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk.

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk. Hulpmiddels: Vir die speletjie: 8 koeverte en die Sjona-alfabet-flitskaarte wat saam met die projek inligting gestuur is. Kopieer die volgende flitskaarte 2 keer: B (Bhaibheri), C (china), D (dongi), G

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Teks: Verskeie & HK Sondag 8 Inleiding Geliefdes, die Drie-eenheid van God is seker van die meeste moeilike dinge om te verstaan, en gewoonlik van

Nadere informatie

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Ses groepstudies oor die Saligsprekinge uit Matteus 5 Groepstudie 1 17 Februarie 1. Die bergpredikasie. i. Leer gou almal se name

Nadere informatie

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Les 1 vir 7 Oktober 2017 Les 1 vir 7 Oktober 2017 Hierdie kwartaal bestudeer ons die boek Romeine. Eerstens, dit is goed om te weet hoe Paulus die skrywer verwant is aan die Christene wat in die belangrikste stad van daardie tyd

Nadere informatie

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: 1. Jy MOET n sondaar wees 2. Jy kan Hom volg al glo jy nog nie

Nadere informatie

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 1 Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 Het jy dalk enige afgode of in jou huis? Miskien weet jy nie dat jy het nie, en dit is dalk die rede vir die konflik in jou huwelik, of dat jou kind

Nadere informatie

Die brief aan die Filippense

Die brief aan die Filippense Ontmoeting 19 Die brief aan die Filippense Teks: Fillippense 1:4; 4:4; 4:13 Hulpmiddels: Toue Ballonne Oupa Pietie Preekstoel se brief Kopie van prentjie met Fillipense 4:4 Woorde van Fillipense 4:13,

Nadere informatie

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Vertaal deur: Yvette Brits Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Storie 37 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy VADERSDAG Teks: Markus 5:22 24, 35-42 Hulpmiddels: Sirkel en sirkel met vyfde uitgesny om saam met die verhaal te gebruik Split pin A4-kartonne A4-papier om hemp-kaartjies te vou Inkleurkryte en ander

Nadere informatie

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte. 1 Gen. 37a Josef a Die vere maak nie die voël nie Liewe kinders, en broers en susters. Vandag begin ons met `n splinternuwe reeks oor die lewe van Josef. Ek wil veral hê dat die kinders mooi moet luister,

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie

26. Kies wysheid 1 Konings 3

26. Kies wysheid 1 Konings 3 26. Kies wysheid 1 Konings 3 Tema Ons kies wys wanneer ons kies om aan die Here gehoorsaam te wees sodat ons die Here se mense kan help. Agtergrond en interpretasie Koning Salomo se bewind begin met ʼn

Nadere informatie

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 30 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Paulus en sy vriende vertel ander van God Ontmoeting 20 Paulus en sy vriende vertel ander van God In hierdie deel van Paulus se verhaal sien ons weereens hoe God vir ons sorg. Hy het vir Paulus vriende gegee om hom te help met sy taak om die boodskap

Nadere informatie

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. SKRIFLESING: Johannes 3:11-21 TEKS: Johannes 3:15, 16b HK 7 TEMA: God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. Psalm 31 : 3, 5 Psalm 31 : 15, 17 Skrifberyming 27 (12-2) : 1, 4 2 Wie word gered? Dis

Nadere informatie

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel Christiaan Coetzee www.mathetes.co.za In die ou testament was die tempel n fisise plek of tent gewees waar mense na toe gegaan het om hulle sondes te belei

Nadere informatie

16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22

16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22 16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22 Tema God laat ons kies sodat ons goeie leiers soos Samuel kan wees. Agtergrond Samuel was lank God se mond onder die volk. Hy het hulle gelei, want hy was

Nadere informatie

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

LITURGIE VIR N OOP GESPREK LITURGIE VIR N OOP GESPREK 1 Liturgie vir ʼn oop gesprek Nota Hierdie liturgie kan gebruik word in ʼn erediens of vir groepgesprekke en vergaderings. Dit sal goed wees as daar 90 minute ingeruim kan word

Nadere informatie

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Uit Doelgerigte Gebed deur Bennie Mostert, CUM uitgewers Opdrag: Maak 'n keuse om in hierdie week wat kom minstens 5 dae te neem om 15-30 minute per dag

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man Bybel vir Kinders bied aan Ryk man, Arm man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat.

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat. Naam: 1 Die ou vrou en die voël wat kon praat. Woordlys Lees die woorde n paar keer hardop. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud 2 Stillees Oefening

Nadere informatie

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.) Ontmoeting 40 Kinders kan vir grootmense van God vertel. Teks: 2 Konings 5; Jesaja 44:6 Hulpmiddels: Bordkryt om teen n muur of op die vloer te skryf (Of maak afwasbare kryt deur waspoeier met kleursel

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk. NAGMAAL SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a TEMA: Die kruis is die trots van die Here se kerk. Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 103 : 6 Psalm 9 : 1, 2,

Nadere informatie

3. Jesus praat met haar. Johannes 4:1-42. Tema Jesus is die Verlosser van alle mense en dit maak ons bly wanneer mense in Hom glo.

3. Jesus praat met haar. Johannes 4:1-42. Tema Jesus is die Verlosser van alle mense en dit maak ons bly wanneer mense in Hom glo. 1 3. Jesus praat met haar Johannes 4:1-42 Tema Jesus is die Verlosser van alle mense en dit maak ons bly wanneer mense in Hom glo. Agtergrond en interpretasie Johannes 4:25-26 en 42 is sleutelverse in

Nadere informatie

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels... 1 0:01:50-0:03:50 Gnomeo en Juliet se storie begin met twee families, rooi en blou wat nie van mekaar hou nie. Hulle noem die ander familie nooit op hul name nie, maar slegs rooies of bloues. Hierdie word

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

1 Johannes 5: /03/2014

1 Johannes 5: /03/2014 1 Johannes 5:9-12 23/03/2014 Iets wat ek seker is julle al baie gehoor het, is, ken jou status. En dis presies waaroor ek ook vanoggend met julle wil praat oor - ken jou status Ek dink nie enige iemand

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3 NAGMAAL SKRIFLESING: 1 Petrus 2:18-25 TEKS: 1 Petrus 2:24a TEMA: Jesus Christus het ons sondes gedra Psalm 89 : 1 Psalm 40 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 116 : 1, 2, 3, 4, 5, 7 Psalm 89 : 7 Voor

Nadere informatie

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) Jan van der Watt DEEL 2[1] DIE VERHALE VAN MATTEUS EN LUKAS Die verhaal van Jesus se geboorte (die kersverhaal)

Nadere informatie

Ontmoeting 16. Welkom. Wyding. Woord. (Klein stukkies sjokolade kan dan aan elke kind uitgedeel word.)

Ontmoeting 16. Welkom. Wyding. Woord. (Klein stukkies sjokolade kan dan aan elke kind uitgedeel word.) Ontmoeting 16 Saulus word deur God se lig aangeraak en sy lewe word verander. Na sy ontmoeting met God het hy sy lewe aan God gewy. Waar hy eers mense wat in Jesus geglo het, vervolg het, sit hy nou aan

Nadere informatie

9. Ons Vader dink anders oor gebed Matteus 6:9-10

9. Ons Vader dink anders oor gebed Matteus 6:9-10 1 9. Ons Vader dink anders oor gebed Matteus 6:9-10 In hierdie aanbieding word daar ook enkele praktiese wenke vir n kleutergroep gegee. Dit sou ook vir Graad 1 gebruik kon word. Tema In die eerste deel

Nadere informatie

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Nadere informatie

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap... Inhoudsopgawe Aanbidding... 8 Bekommernis... 12 Beskerming... 16 Blydskap... 20 Dankbaarheid... 24 Diensbaarheid... 28 Eerlikheid... 32 Gebed... 36 Geduld... 40 Geloof... 44 Genade... 48 Gesin... 52 Hoop...

Nadere informatie

Baie welkom by vanoggend se erediens

Baie welkom by vanoggend se erediens Baie welkom by vanoggend se erediens Kerklike jaar: Lydenstyd Hoekom moes Jesus so ly? Jes 53 Jesaja - drie in een I - Jes 1-39 Verval voor ballingskap Jesaja II - Jes 40-55 Ballingskap in Babilonië III

Nadere informatie

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Vals beeld van God: Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Ware beeld van God: God se beloftes word vervul in Jesus. Ons kan

Nadere informatie

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet Baie welkom by vanoggend se erediens Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet Kerklike jaar 'n Sistematiese kyk na die Evangelie boodskap Advent - die vier Sondae voor Kersfees Epifanie ("Godsverksyning")

Nadere informatie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek. 1 Lukas 6h 7.10.18 WH Tema: Hoe kyk jy? Ek sien nou die dag `n taxi met `n plakkaat agter in die venster waarop daar staan: only God can judge me. Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek. Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek. Vanaand gaan dit oor kosteberekening. Wat gaan dit kos? Wanneer n mens trou met die liefde van

Nadere informatie

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies? VERGELYK en RANGSKIK GETALLE Om vergelykings te tref tussen verskillende dinge is n vaardigheid waarmee ons almal gebore word. Dit begin vroeg-vroeg al wanneer ons verskillende tipes speelgoed met mekaar

Nadere informatie