e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

Vergelijkbare documenten
SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

K OERSVAS REDAKSIONEEL. Jaargang 6 Uitgawe September In hierdie uitgawe: Redaksioneel Berigte en Kennisgewings

GROOTFONTEIN KUIERFEES

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

GROOTFONTEIN KUIERFEES

As julle enige vrae het, iets

GROOTFONTEIN KUIERFEES

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maak n verskil! Kontakbesonderhede: VOORBLAD. E-posadresse: Inhoud: Teken in op e-hervormer. In hierdie uitgawe

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer?

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

AANSOEK OM STUDIELENING

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

1. PROJEKNOMMER (SLEGS VIR KANTOORGEBRUIK): 2. NAAM EN KONTAKBESONDERHEDE VAN PROJEKVOORSTELLER EN (HANDTEKENING VAN PROJEKVOORSTELLER) CMR PROJEKPLAN

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Kontakbesonderhede: E-posadresse:

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Hoe om Jou Kind se Van te Verander

Iederark. Uitgawe 22/ Junie Wat gebeur die week: Sondag 18 Junie Erediens 09:15 Koffiediens 17:30 Doop

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Kontakbesonderhede: E-posadresse: Inhoud: Teken in op e-hervormer. VOORBLAD GKSA Sinode In hierdie uitgawe

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

Indien daar n gelykopuitslag is, sal daar van die 8 sekondestrafhou gebruikgemaak word aangesien dit by Noordvaal ook gebruik gaan word.

BREEK DIE STILTE HOOF ONTWIKKELING

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Januarie Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag. 24 Sopkombuis 08:00 Snr Kuier 09:30 Kerkraad 18:00

Verwante artikels: Die volgende artikels is van Kerkbode gekopieer. - Versoek dat NGK gays sal aanvaar (Beeld) *************

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Wrestling Federation Stoeifederasie

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

KWARTAAL OORSIG. Kleuter & Peuter reeks

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

As jy weer skryf (Vir Jack)

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

Preek Romeine 1:16-17

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

KALAHARI KUIERFEES 2-4 NOVEMBER 2017 STALLETJIE AANSOEKVORM

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Animato Koorkompetisie/Choir

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week.

Die Groot Gebod dennis de wet

REKENINGKUNDE: VRAESTEL I

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

AANDAG: DIE HOOF & BEELD-KONTAKPERSOON

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

AANSOEK VIR KUNS- EN KOSMARK. 7-9 Augustus 2015

GEMEENTE REËLINGS Augustus EREDIENS. Ds. Chris Barnardo (NG Gemeente Kuilsrivier De Eike) Kategese en teedrink na die erediens

JERSEY SA. Nuusbrief. Foto: Marianna Pretorius

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

SIMBAAL PREKE VANDAG. LIEDERE WAT IN DIE EREDIENSTE GESING WORD Sondag 10 Junie Jaargang 7 Sondag 10 Junie2012 Nommer 18 BYBELSTUDIE GROEPE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

BEVESTIGING VAN HUWELIKE

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Wat gebeur DV hierdie week. Gebedskrygers Oggenddiens Dankofferfees Koffiediens. 07:30 09:15 17:30 Maandag 9 November

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

DIE BRIEF AAN FILEMON

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

1 Waar ek vandaan kom

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

GRAAD 12: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: SKRYF

Transcriptie:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar 7 Julie 2011 Jaargang 4 Uitgawe 22 VOORBLAD Voëls van die hemel In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Advertensies Agterblad Die koninkryk van die hemel is soos n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy land geplant het. Dit is die kleinste van al die soorte saad, maar as dit uitgegroei het, is dit groter as die tuinplante en word dit n boom, sodat die voëls in sy takke kom nes maak. (Matteus 13: 31, 32) Van die vroegste tye af het voëls mense se verbeelding aangegryp. Hulle kon nog altyd iets doen wat ons nooit kon regkry nie: Deur te vlieg, troef hulle swaartekrag. Dit was hierdie vermoë van voëls om te vlieg wat die mens geïnspireer het om die vliegkuns te ontwikkel. In die gelykenis wat Jesus vertel, word n mosterdsaadjie n groot boom waarin die voëls van die hemel kom nes maak. Teken in op e-hervormer en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Besoek die webwerf by www.hervormer.co.za en kliek op die Teken in -opsie; of stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za Nuus, berigte en kort kommentaar (uiters 100 woorde) aan produksie@nhk.co.z a Na alle waarskynlikheid is die mosterdplant wat genoem word die Brassica Nigra of swartmosterd. In die Ou Testament was daar streng reëls oor watter plante waar geplant mag word en watter plante jy mag saamplant. Eintlik het dit oor die orde van die Joodse samelewing gegaan. Ten einde hierdie orde te waarborg, was daar grense tussen rein en onrein. Dit het gehelp om orde in n ongeordende werklikheid te help handhaaf. Dit was verbode om mosterdsaad in jou tuin te plant. Hierdie mosterdsaad in n tuin sou veral by die aanvanklike lesers van die Matteus-evangelie spanning geskep het. Hoe kan die koninkryk van die hemel met iets onreins vergelyk word? Van alle gekweekte sade is die mosterdsaad die kleinste, ongeveer 1 mm in deursnee met n massa van 1 mg. Die mosterdplant het nie in die kategorie van bome geval nie en is as struik geklassifi seer. Tog, wanneer die persoon dit in sy tuin plant, word dit n boom waarin voëls gemaklik voel om te broei. Die doel van die voorbeeld is nie om op n kliniese wyse vas te stel hoe dit moontlik is nie. Inteendeel, dit gaan juis daaroor dat die mosterdplant sy genetiese potensiaal oorskry. Dit word iets wat dit nie kan wees nie. Sowel kwantitatief as kwalitatief oortref dit die mosterdplant wat aan die mense bekend was. Die koninkryk van die hemel kan nooit met n struik vergelyk word nie nee, dit moet n boom wees. Die mense was waarskynlik stomgeslaan. Voëls het n besondere plek in die Bybel gehad. Arende is bekend om hul krag en vryheid om te beweeg waar hulle wil. Hulle is simbole van jeugdige krag, alomteenwoordige waarneming en vryheid. Tydens Jesus se doop word die duif simbool van Goddelike openbaring. Voëls deel nie die fi siese beperking wat mens en grondgebonde diere inperk nie. Vandag nog migreer voëls sorgeloos oor die oseane en ander grense. Daar is iets magies aan hulle. Die skrywer van die Evangelie bring op n treffende manier die koninkryk van die hemel en die voëls van die hemel by mekaar uit. (In die Grieks staan letterlik voëls van die hemel.) Dan word die koninkryk van die hemel deur die beeld van die voëls ook iets wat mense se verbeelding aangryp. Die koninkryk van die hemel ken nie die grense, en soek ook nie die grense, wat mense daarstel nie. Die reinheidsvoorskrifte van die Ou Testament is met die aanbreek van die koninkryk van die hemel uitgedien. Maar die koninkryk is ook iets wat ons verbeelding aangryp. Dit is anders en beter as dit wat aan ons bekend is. Dit oortref die grense van moontlikheid en onmoontlikheid. As t ware wórd hulle wat deelkry aan die koninkryk van die hemel in die gelykenis (soos) die voëls van die hemel. Daar is iets magies daaraan. Dit is n volledige en volkome werklikheid. Ds Willie Botha, Lydenburg Skakels Webblad van die Hervormde Kerk www.nhk.co.za *** Daar sal nie n e-hervormer op 14 Julie wees nie. Die volgende uitgawe verskyn op Donderdag 21 Julie. Die Hervormer www.hervormer.co.za e-hervormer www.hervormer.co.za/e_hervormer.htm l Indien u nie weer die e-hervormer r wil ontvang nie, kliek op www.hervormer.co.za/cancel.htm l 1

BEROEPE EN STANDPLASE Kontak die webbladredakteur, prof Ernest van Eck, by ernest.vaneck@up.ac.za om vakante standplase op die Kerk se amptelike webblad by www.nhk.co.za te plaas. Onthou asseblief dat n standplaas eers vakant verklaar moet wees voordat dit geadverteer mag word. Kontak dr Fanie Pretorius by 012 322 8885 x256 in dié verband. Ds Werner Venter van Schoemansdal na Standerton Dr Stephan Hoffman van Hartswater na Ermelo-Suid Ds Johann Mouton van Ventersdorp na Koster Beroep ontvang Beroep bedank Ds Werner Venter van Schoemansdal na Ebenhaézer (Ellisras) Ds Werner Venter van Schoemansdal na Standerton Dr Stephan Hoffman van Hartswater na Ermelo-Suid PREDIKANTE EN GEMEENTES Ds Marius Bacon van Gemeente El-Flora het op Woensdag 29 Junie n hartomleidingsoperasie in die Unitas-hospitaal ondergaan. Tydens n roetine-ondersoek is vasgestel dat n hartklep defek is en dat die omleiding ook nodig is. Marius sterk reeds tuis aan en dit gaan onder omstandighede goed met hom. Ons bid hom volkome herstel toe. Emerituspredikant ds Fanie en mev Elsa Swanepoel se agterkleinkind, Ellané du Toit, wat op 23 Desember 2009 gebore is en aan n seldsame siekte gely het, is die afgelope week oorlede. Die babadogtertjie het groot vreugde in hul lewens gebring en nou is hul hartseer baie groot. Die Kerk dink aan ds en mev Swanepoel, hul kinders en kleinkinders, en bid dat die Heer hulle sal vertroos. Verlede week is berig dat Nico Truter van Paraguay baie siek is. Hy is intussen oorlede. Nico het vroeër gedien as ouderlinglid van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering (AKV). Meelewing word met sy vrou Cora en hul naasbestaandes betuig. Ds Peet Esterhuizen van Gemeente Wonderboom se broer is op Saterdag 25 Julie na n hartaanval oorlede. Ons innige meegevoel gaan aan ds Peet en die familie. Die volgende predikante verjaar tot 22 Julie, en word hartlik geluk gewens. Donderdag 7 Julie: Vrydag 8 Julie: Sondag 10 Julie: Maandag 11 Julie: Dinsdag 12 Julie: Woensdag 13 Julie: Saterdag 16 Julie: Sondag 17 Julie: Woensdag 20 Julie: Donderdag 21 Julie: Vrydag 22 Julie: Ds Marna Naudé (Swartkop) Ds Geo Smit (Potchefstroom-Suid) Dr Daan van Wyk (jr) (Wolmaransstad) Ds Theuns Botha (Ottosdal) Prof Jimmie Loader (Oostenryk), di Anna-Marie Kloppers (Krugersdorp-Oos) en Lewis Strauss (Bloemfontein-Wes) Ds Jakkie Jacobs (emeritus) Di Ronel Eckard (beroepafwagtend), Jimmy Manders (Witfontein), Jan Rossouw (Trichardtsfontein) en Piet van Wyk (Sonlandpark) Di Willem Dykema (Bloemfontein), Johan Greyling (Tarlton) en Hannes van der Merwe (Pretoria-Oos) Ds Mari du Plessis-Manders (Suidoos-Witbank) en dr Gert Volschenk (buiteland) Di Hannes Jansen van Rensburg (Brakpan-Harmonie), Coetzee Ras (Edenvale) en Adam Zwarts (emeritus) Ds Kalfi e Loots (emeritus) Dr Frikkie Labuschagne van Gemeente Sasolburg het die benoeming van die Kommissie van die AKV as sekretaris van die Kantoor van die Kommissie van die AKV aanvaar. Hy het die nuus op Sondag 3 Julie aan sy gemeente bekendgemaak. Hy en sy gesin neem op Sondag 31 Julie van die gemeente afskeid. Dr Labuschagne begin op 1 Augustus (of so gou moontlik daarna) met sy werk in die Kantoor. Dr Labuschagne is op 9 Maart 1992 te Voortrekkerhoogte georden, en was daarna predikant in Olifantsfontein (1993), Glencoe (1993), Parys (2000) en Sasolburg (2010). In 2011 word hy die tweede voltydse sekretaris van die Kantoor van die Kommissie van die AKV. Dr Labuschagne het die grade BA, BD, MBL en PhD behaal. Hy is tans ook voorsitter van die Pensioenraad en voorsitter van die Sekunduskommissie van die AKV. 2

Op Saterdag 2 Julie het ds Paul Kern as konsulent prop Maritza Botha in haar nuwe gemeente, Coligny, georden en bevestig. Ds Peet Esterhuizen, in wie se gemeente, Wonderboom, Maritza voorheen gewerk het, kon weens die afsterwe van sy broer nie teenwoordig wees nie. Die gemeente wil Maritza weer eens as hul nuwe dominee baie welkom heet en sê dat hulle haar na die beste van hul vermoë sal versorg. Ds Frikkie en mev Sanet van Wyk neem op Sondag 10 Julie afskeid van Gemeente Newcastle en van die ring van Noordelike Natal waar hulle sedert 2004 gewerk het. In ringsverband het hy saam met ds Jan Kay waardevolle werk gelewer, en saam met sy vrou die gemeente opgebou. Prop Pieter Bester word op Sondag 31 Julie deur Gemeente Glencoe ontvang. Hy word ook by die geleentheid georden en in sy amp bevestig. Daar is groot blydskap in die gemeente omdat hulle na n lang vakantskap weer n eie predikant kan ontvang. Prop Bester was voorheen predikant van die NG Kerk. Neem asseblief kennis dat ds Hennie Pretorius se e-posadres verander het. Dit is nou henniepretorius@lantic.net. Aansoeke word ingewag vir die pos van Organiserende Sekretaris by die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Die Bybelgenootskap wil graag in oorleg met die Kommissie van die AKV n opvolger vir ds Jan de Wet aanwys, wat op 1 Desember 2011 of so gou moontlik daarna moet diens aanvaar. Die suksesvolle kandidaat sal by Bybelhuis in Kempton Park werksaam wees. Sluitingsdatum vir aansoeke: 22 Julie 2011. Kontak die Administrateur, mnr Kobus Viljoen, by 012 322 8885. Meer inligting oor die profiel kan ook van die Administrateur aangevra word. Stuur aansoeke met CV aan die Mannekragbestuurder (mnr Piet Beukes), Posbus 2368, Pretoria 0001; e-pos piet@nhk.co.za; faks 086 630 5150. (Vind die volledige advertensie in die e-hervormer van 23 Junie 2011, by www.hervormer.co.za e-hervormer argief.) Gemeentes se inligting vir die Almanak van 2012 moes die Sinodale Kerkkantoor reeds teen 31 Mei bereik het. n Versoek dat die besonderhede teen Maandag 20 Junie op die laatste gestuur moes word, was ook net gedeeltelik suksesvol. Die inligting van meer as 100 gemeentes is steeds uitstaande! Dit is gemeentes se verantwoordelikheid om korrekte en opgedateerde inligting vir opname in die Almanak te voorsien, om te voorkom dat die ou inligting bloot herhaal word. Stuur die besonderhede asseblief voor 15 Julie 2011 aan mev Karen Breedt by faksnommer 012 320 3279 of karen@nhk.co.za. Net n klein gedeelte van n gemeente se administratiewe werksaamhede kom in aanmerking vir permanente bewaring in die Kerkargief. Gemeentes kan die riglyne op die Kerk se amptelike webblad vind by http://www.nhk.co.za. Gaan na So werk ons Kerklike argief Riglyne vir die bewaring van gemeente-argiewe. Indien u enige navrae het, kontak die argivaris, Nándor Sarkady, by argief@nhk.co.za of 012 322 8885 x204. Preekbeurte in Dullstroom. Predikante kan by Gemeente Dullstroom preek en gratis verblyf vir die naweek kry. Die verblyf is vir die predikant en sy/haar gade en n voorskoolse kind. Vir ander kinders moet self betaal word. Kontak Johanna by nhkdullstroom@yahoo.com of 072 116 3353. n Ruim enkelwoonstel is onmiddellik beskikbaar binne stapafstand van die Universiteit van Pretoria. Die woonstel is geleë op die kerkterrein van Gemeente Philadelphia en word verhuur teen R3 500 per maand (water en ligte ingesluit). Daar is veilige parkering vir n motor. Skakel Esmé Bolton by die gemeentelike kerkkantoor (012 362 7237) of dr Sanrie de Beer (083 226 1866) vir meer inligting. Gemeente Wonderboompoort beskik oor blyplek in Eloffsdal, Pretoria: Huis Eloff (alle ouderdomme). Ruim nuut uitgeverfde kamers met gesamentlike badkamer in gang teen R1 500 per maand vir enkeling. Ingesluit: water en ligte, parkering, gesamentlike kombuis. Naby Mayville Mall en Eugene Marais-hospitaal. Kontak Johan Erickson (jr) by 082 212 2137. Toere 26 tot 30 September: 2011 Konteks-toer na Laeveld Onder leiding van dr Hennie van Deventer Skakel dr Van Deventer (toerleier) by 082 786 8448 of Marius Wiese (toergids) by 082 374 2995 Kompetisies tot einde Augustus 2011 Gemeente Roedtan: Roedtan Buffeljagkompetisie 1ste prys: 4 dae jag op luukse jagplaas vir 10 persone 1 buffelkoei, 1 blouwildebees, 1 koedoe, 1 blesbok, 2 rooibokramme, 1 rooibokooi (boogjagters welkom) 2de prys: Voëljag met akkommodasie vir 10 persone op luukse jagplaas vir n naweek 3

Kaartjie R60, trekking 31 Julie Kontak ds Thys Redlinghuys, 082 416 7724, faks 086 518 9110, of jagkompetisie@gmail.com Bankbesonderhede: Absa Spaar Takkode 632005, rekening nommer 924 227 4630 Gemeente Koster: Mosambiekse Vakansiekompetisie 1ste prys: n Vakansie van 1 week by Tofo in Mosambiek vervoer, alle etes en diepseehengel vir 4 persone ingesluit 2de prys: 1 week selfreis en selfsorg by Witsand in die Kaap Kaartjie R50 (koop 10 en kry 1 gratis) Sluitingsdatum 31 Augustus Kontak Koos Vorster by 082 403 2518 Basaars en markte tot einde Augustus 2011 Vrydag 29 en Saterdag 30 Julie: Gemeente Coligny: Wielefees Hoërskool Coligny se sportgronde met uitstallings en baie eetgoed Vrydagaand n dans in die skoolsaal R50 per persoon, braaivleisete ingesluit Saterdag heelwat aksie met stalletjies, skyfskiet, minikrieket, ens Wiele uitstalling van veteraanmotors, 4x4-baan, vierwielmotorfi etsbaan Wen n geslypte diamant of troospryse van kontant teen R40 per kaartjie Skakel Kobie by 083 651 2014 of Oelof by 084 206 9523 Saterdag 27 Augustus: Gemeente Bronkhorstspruit: Geskenkemark Bespreek nou reeds stalletjie vir die dag Koste per stalletjie R150 (R180 indien n kragpunt benodig word) Kontak Alta Bester by 082 936 5289 Saterdag 27 Augustus: Gemeente Mafeking: Basaar Tema Kamma-kamma-fees Kerkterrein in Nelson Mandelaweg Lichvaal Stereo se buiteuitsendingeenheid saai uit vanaf basaar en sorg vir musiek en vermaak R50 per inskrywing vir groot pryse soos R10 000 kontant Navrae aan Adriaan Redelinghuys by 082 789 1523 of adriaanred@yahoo.com ANDER NUUS Mev Annatjie van Wyngaardt van die DPS-huis Potchefstroom is vanoggend, 7 Julie, oorlede. Ons innige meegevoel gaan aan die familie. Mev Thea Wessels van die Sinodale Kerkkantoor het weer die tuig opgeneem op Maandag 4 Julie nadat sy n groot rugoperasie moes ondergaan. Sy word sterkte en n volkome herstel toegebid. Daar is n vakature by die Kerkkantoor beskikbaar vir n Debiteure-invorderingsklerk. Vereistes: Matriek Rekeningkunde; verdere kwalifi kasie/opleiding sal n aanbeveling wees; ten minste 5 jaar ondervinding in die invordering van debiteure. Verdere vereistes: Pligsgetrouheid; vermoë om as lid van n span te funksioneer; goeie kommunikasie- en organisasievaardighede; rekenaarvaardigheid in MS Offi ce en Accpac. Vergoeding: Onderhandelbare salaris met normale diensvoorwaardes. Sluitingsdatum: 15 Julie 2011. Navrae en aansoeke: Aansoeke met CV moet gerig word aan mev Susan Moore, Posbus 2368, Pretoria 0001; e-pos mannekrag@nhk.co.za; tel 012 322 8885; faks 012 322 7909. Behuising vir bejaardes: Daar is tans n eenslaapkamerwoonstel beskikbaar te Annie Schilz, Parkerstraat, Riviera, teen R180 500. Die woonstelle is naby n winkelsentrum, veilige parkering en busroetes. Etes word nie ingesluit nie, maar kan voorsien word teen n minimale fooi. Die Seniorstuis Dienssentrum is op die perseel en lewer weekliks sosiale programme asook kliniekdienste, vervoer, ensovoorts. Hierdie woonstel is vir n selfversorgende bejaarde wat nog baie energie het om betrokke te raak by al die aktiwiteite. 24-uur-versorgingsdienste word deur Ons Tuis verskaf op dieselfde perseel. Vir meer inligting, kontak mev Dalene Hornsveld by 012 329 3707. Die Ondersteuningsraad bied vanjaar weer hul jaarlikse kamp vir hulpbehoewende kinders aan en wil graag ongeveer 80 kinders se omstandighede vir n week lank tydens die September-skoolvakansie onvergeetlik maak! Die 4

fokus is terapeutiese groepsessies in samewerking met maatskaplike werkers van die Ondersteuningsraad. Studente van Gemeente Philadelphia is betrokke by die projek en help met rekreasie en sportaktiwiteite. Hulle is ook die liefdevolle hande wat die trane afdroog en help om die monsters te verdryf - die vriend of vriendin waarna die kinders smag. Die maatskaplike werkers fokus tydens die kamp op die heelwording van kinders wat deur die lewe gebreek is. Om die kamp n werklikheid te maak, word fondse benodig vir die kampterrein, vervoer, drie etes per dag, materiaal vir die rekreasie en sportaktiwiteite, ensovoorts. Die berekende koste beloop R800 per kind vir die hele week. Persone wat graag n kind of twee wil borg, kan met Suzanne van Deventer van die Ondersteuningsraad se Pretoria-kantoor by 012 325 2320 in verbinding tree. Die Ondersteuningsraad het die afgelope jaar vier motors weens diefstal verloor. Daar word tans dringend gesoek na goedversorgde tweedehandse voertuie in die prysklas van ongeveer R50 000. Die kilometerlesing moet verkieslik nie 100 000 oorskry nie. Lidmate wat bewus is van beskikbare voertuie kan Mariaan Steenkamp skakel by 012 322 8885. Weens logistieke redes sal slegs voertuie in die omgewing van Pretoria oorweeg kan word. Die Ondersteuningsraad beskik oor die volgende vakatures: Programbestuurder (x2); mimimum 6 jaar statutêre ervaring in maatskaplike werk; vorige bestuurservaring sal n aanwins wees; areas Vanderbijlpark/Heidelberg/Krugersdorp en Rustenburg/Potchefstroom/Klerksdorp Maatskaplike Werker; area Tarlton/Krugersdorp Maatskaplike Hulpwerker; area Krugersdorp (onmiddellik beskikbaar) Vereistes: Registrasie by Raad vir Maatskaplike Diensberoepe; Kode 8-bestuurslisensie. Kontak Mariaan Steenkamp by mariaans@nhk.co.za of Charmaine Fourie by oraadpb@nhk.co.za, 012 322 8885 x313 of 071 684 7796. Die volgende vergaderings vind tot 23 Julie plaas. Betrokkenes moet hulself asseblief vergewis van die korrekte vergadertye en lokale. Dinsdag 19 Julie: Donderdag 21 Julie: Vrydag 22 Julie: Saterdag 23 Julie: Direksie van die Ondersteuningsraad ADV Dagbestuur; Redaksie van Die Hervormer; Bestuur van Ons Tuis Finkom van die Ondersteuningsraad Komitee vir Ouderlinge; NHSV Dagbestuur KOMMENTAAR Lesers kan kort kommentaar (uiters 100 woorde) stuur aan produksie@nhk.co.za. Langer bydraes sal nie geplaas word nie, en moet eerder na die gespreksforum van die Kerk se webblad by www.nhk.co.za gestuur word. Die fi nale besluit oor plasing in die e-hervormer berus by die redakteur. Ek verwys na die voorbladartikel van ds Hennie Nel oor die Opofferende liefde wat uitgekristalliseer het tussen twee persone. Dit is my bede dat die boodskap wat in hierdie artikel opgesluit is, ook tydens die buitengewone AKV van Oktober geopenbaar sal word. Placido én Carreras het as oorwinnaars uit die stryd getree met opofferende liefde! ADVERTENSIES Billy Attard, Welgelegen-Pietersburg Advertensies waarvan n private individu of instansie die begunstigde is, of waarin n gemeente uitgebreide inligting oor n projek wil bekendstel, kan in die e-hervormer geplaas word, teen R114 per plasing. Die teks moet saam met die bewys van betaling gestuur word aan mev Tessa Oppermann, per e-pos na produksie@nhk.co.za, of per faks na 086 633 4059 of 012 322 7906. GEEN advertensie sal geplaas word sonder dié bewys nie. Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan: Raad van Finansies; ABSA; tjekrekening nommer 020 000 287; takkode 632 005; verwysing: u naam + e-hervormer Ads. Kontak mev Oppermann vir meer inligting. PROSTUDIO Kerkorrels Kerkklokke Bladmusiek Tel: 012 644 0178 Sel: 072 805 8866 E-pos: info@prostudio.co.za www. prostudio.co.za 5

AGTERBLAD Buitengewone sitting van die AKV Die Kommissie van die AKV het, nadat versoeke ontvang is, besluit om vooraf n verkorte konsepagenda (sakelys) van die buitengewone sitting van die AKV wat op 4 en 5 Oktober 2011 plaasvind, beskikbaar te stel. Die agenda en motivering vir die hou van die buitengewone sitting is saam met die oproep na die vergadering aan predikante en gemeentes gestuur. Die onderstaande verkorte dokument is beskikbaar gestel vir publisering in die e-hervormer sodat lidmate ook kan kennis neem waaroor die buitengewone sitting van die AKV gaan handel. Hoofpunte vir bespreking by die buitengewone sitting van die AKV Voorafopmerkings Die Kommissie van die AKV het volgens Ordinansie 3.9(i) van die Kerkorde op 18 April 2011 besluit om n buitengewone sitting van die AKV byeen te roep. Ordinansie 3.10.2(v) vereis dat by die oproep tot n buitengewone sitting van die AKV die doel van die vergadering vermeld moet word. Die opstel, verspreiding, indiening en hantering van n Beswaarskrif deur n aantal beswaardes oor die aanvaarding van Beskrywingspunt 54 tydens die 69ste AKV het groot onrus in die Kerk veroorsaak en in baie opsigte die goeie orde versteur. Die Kommissie kon nie daarin slaag om deur gesprekvoering met die beswaardes meningsverskille uit die weg te ruim nie, en daarom is die buitengewone sitting van die AKV as n laaste geleentheid gesien om die meningsverskille uit die weg te probeer ruim en so te poog om die orde en vrede in die Kerk te herstel. Die volledige motivering vir die Kommissie se besluite en optredes sal by die opening van die buitengewone sitting gestel, en indien nodig, bespreek word. Besprekingspunte Die Kommissie het by sy buitengewone vergadering op 20 Junie 2011 besluit om voorlopig die volgende besprekingspunte op die agenda van die buitengewone AKV te plaas: 1. HANTERING VAN BESWAARSKIF 1.1 Die Beswaarskrif beweer dat met die aanvaarding van Beskrywingspunt 54 daar n leerverandering in die Kerk plaasgevind het. Die vergadering sal onder die volgende hoofde oor die saak debat voer: Die Kerk se goedkeuring van apartheid was in stryd met die evangelie van Jesus Christus. Die Kerk se goedkeuring van apartheid was gebaseer op die idee van onderlinge onversoenlikheid. Die Kerk se goedkeuring van apartheid het onreg gesanksioneer. Die Kerk se goedkeuring van apartheid het die beeld van God in die mens aangetas. Die Bybels-teologiese aard van die verklaring. Beskrywingspunt 54, die Beswaarskrif, advies wat die Kommissie van die AKV ingewin het en toeligtingsmateriaal wat die Beswaarskrif verder toelig, sal in die agenda opgeneem word. 1.2 Die Beswaarskrif beweer dat die Kerk met dié beweerde leerverandering n nuwe belydenis aanvaar het. Indien hier inderdaad n leerverandering plaasgevind het wat daarop neerkom dat n nuwe belydenis aanvaar is, dan is die besluit ongeldig, want dan moes die voorstellers van die besluit volgens Ordinansie 1.3 van die Kerkorde opgetree het. Die bewering sal gedebatteer word. Indien advies en toeligtingsmateriaal ontvang word, word dit in die agenda opgeneem. 1.3 Die Beswaarskrif beweer dat die besluit oor Beskrywingspunt 54 strydig is met die Bybels-Reformatoriese leer soos uitgedruk in die belydenisskrifte. 6

Indien die moontlike leerverandering daarop neerkom dat Besluit 54 strydig is met die Bybels-Reformatoriese leer soos uitgedruk in die Belydenisskrifte, neem die vergadering verder besluite daaroor. Die bewering sal gedebatteer word. Indien advies en toeligtingsmateriaal ontvang word, word dit in die agenda opgeneem 1.4 Die Beswaarskrif beweer dat die besluit oor Beskrywingspunt 54 nie geldig is nie aangesien dit nie op waarheid en feite gebaseer is nie. Die bewering sal gedebatteer word. Indien advies en toeligtingsmateriaal ontvang word, word dit in die agenda opgeneem. 2. DIE ORDE EN EENHEID IN DIE HERVORMDE KERK Die volgende sake geniet aandag en besluite word daaroor geneem: Binding aan die Kerkorde en besluite van die Kerk. Dolering. Modaliteitsvorming. Hofsake. Die volledige agenda sal predikante en afgevaardigdes bereik een maand voor die vergadering. Daar is ook n volledige weergawe (met foto s) van hierdie nuusbrief beskikbaar, wat vandeesweek 346 kilogrepe groot is. Vind dié volledige weergawe by www.hervormer.co.za, of stuur n versoek na karen@nhk.co.za om dit weekliks te ontvang. Redakteur: Dr Gerhard Lindeque Subredakteur: Dr André Ungerer Kerknuus: Dr Fanie Pretorius Teksversorger: Mev Tessa Oppermann Uitlegkunstenaar: Mev Francis Nel 7