Handelinge 16:16-40 Teks:

Vergelijkbare documenten
God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Paulus se Verbasende Reise

Van Vervolger tot Prediker

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Jesaja sien die Toekoms

Goeie Konings, Slegte Konings

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

n Tempel Leier besoek Jesus

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

In God se plan, was dit die tyd vir Saulus om die evangelie te verkondig en nuwe kerke in en om die Romeinse Ryk te bou.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:25. Die nag toe die tronk n tempel geword het. Psalm 146 : 1, 3. Psalm 4 : 3.

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

'n Man gestuur deur God

God eer Josef die slaaf

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Van Vervolger tot Prediker

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Welkom by Die Storie God se storie

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Pragtige Koningin Ester

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Baie welkom by vanoggend se erediens

Jona en die Groot Vis

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Die Kerk se Geboorte

Petrus en die Krag van Gebed

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Geroep vir Gemeenskap

Toe God alles gemaak het

Ontmoeting 16. Welkom. Wyding. Woord. (Klein stukkies sjokolade kan dan aan elke kind uitgedeel word.)

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Die brief aan die Filippense

Jona en die Groot Vis

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Toe God alles gemaak het

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

n Dubbele kruis-belydenis

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Preek Romeine 1:16-17

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Lees Genesis 22 Hoe laat dit wat jy sopas gehoor het jou voel? Hoe laat dit jou voel oor Abraham se situasie en hoe voel jy oor God?

Les 2 vir 13 Oktober 2018

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Verootmoediging en Gebed vir Gendergeweld deur Rethie van Niekerk

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

LYDINGSREIS. Paasweek 2011

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Simson, God se sterk Man

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

Die Groot Muur van Nehemia

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Transcriptie:

Handelinge 16:16-40 Teks: 16 Terwyl ons eendag na die bidplek toe op pad was, het ons 'n slavin teëgekom in wie daar 'n waarsêersgees was. Deur waarsêery het sy vir haar eienaars baie geld verdien. 17 Sy het agter Paulus en ons aangeloop en aanhoudend geskreeu: Hierdie mense is dienaars van God, die Allerhoogste! Hulle vertel vir julle hoe julle gered kan word. 18 Sy het dit baie dae na mekaar gedoen totdat Paulus dit nie langer kon hou nie. Hy het omgedraai en vir die gees gesê: Ek beveel jou in die Naam van Jesus Christus: Gaan uit haar uit! Die gees het op daardie selfde oomblik uit haar uitgegaan. 19 Toe haar eienaars sien dat sy nie meer geld vir hulle kan inbring nie, het hulle vir Paulus en Silas gegryp en hulle na die owerheid toe op die stadsplein gesleep. 20 Hulle het hulle voor die stadsbestuur gebring en gesê: Hierdie mense is Jode wat moeilikheid maak in ons stad. 21 Hulle wil vir ons gebruike leer wat ons as Romeine nie kan aanvaar of navolg nie. 22 Die skare het ook teen hulle gekant geraak. Die stadsbestuur het toe hulle klere van hulle laat afskeur en beveel dat hulle lyfstraf moet kry. 23 Nadat hulle baie geslaan is, is hulle in die tronk gegooi, en die bewaarder het opdrag gekry om hulle streng te bewaak. 24 Op hierdie bevel het hy hulle in die binneste sel opgesluit en hulle voete in die houtblok vasgeklem. 25 Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Die ander gevangenes het na hulle geluister. 26 Skielik kom daar 'n groot aardbewing wat die fondamente van die tronk geskud het. Al die deure van die tronk het onmiddellik oopgegaan, en al die gevangenes se boeie het losgeraak. 27 Die bewaarder het wakker geskrik, en toe hy die deure van die tronk sien oopstaan, het hy sy swaard uitgetrek om homself om die lewe te bring, want hy het gedink die gevangenes het ontsnap. 28 Maar Paulus het baie hard vir hom geskreeu: Moenie jouself doodmaak nie! Ons is nog almal hier. 29 Toe het die bewaarder 'n lig gevra, die sel ingestorm en bewend voor Paulus en Silas neergeval. 30 Hy het hulle buitekant toe gevat en gevra: Menere, wat moet ek doen om gered te word? 31 Hulle antwoord hom: Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin. 32 Hulle het toe die woord van die Here aan hom en aan al die mense in sy huis verkondig. 33 Op daardie uur van die nag het hy vir Paulus en Silas geneem en hulle wonde gewas. Hy en al sy mense is daar en dan gedoop. 34 Toe bring hy hulle na sy huis toe en sit vir hulle 'n ete voor. Hy en sy

hele huisgesin was vol blydskap omdat hulle nou in God geglo het. 35 Die volgende môre het die stadsbestuur polisie gestuur met die boodskap: Laat daardie mense los. 36 Die bewaarder het toe die boodskap aan Paulus oorgedra en gesê: Die stadsbestuur het laat weet dat julle losgelaat moet word. Julle kan nou gaan, en voorspoed op julle reis! 37 Maar Paulus sê vir die polisie: Ons is sonder verhoor in die openbaar geslaan en in die tronk gestop, ons wat Romeinse burgers is. En nou wil hulle ons stilletjies hier wegkry. O nee! Laat hulle self kom en ons uitlei. 38 Die polisie het dit toe vir die stadsbestuur gaan vertel. Dié het groot geskrik toe hulle hoor dit is Romeinse burgers. 39 Hulle het gegaan en om verskoning gevra, hulle uit die tronk uitgelei en hulle versoek om die stad te verlaat. 40 Nadat hulle uit die tronk gekom het, is hulle na Lidia se huis toe, waar hulle die gelowiges gesien en bemoedig het. Daarna het Paulus-hulle vertrek. Teksvers: Handelinge 16:25 Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Die ander gevangenis het na hulle geluister. Prediking: Op n dag as Paulus op pad is na die bidplek het 'n slavin met 'n waarsêende gees die apostel en sy geselskap teengekom. Omdat sy waarsêery kon beoefen, het 'n paar manne haar in hulle diens geneem om uit daardie vermoë geld te maak. Onder die bygelowige Grieke het waarsêery altyd 'n goeie inkomste opgelewer. Hierdie slavin het elke dag agter Paulus en sy metgeselle aangeloop en uitgeroep: "Hierdie manne is dienaars van God, die Allerhoogste, en hulle verkondig aan julle die weg van verlossing". Nou, wat sy sê is die volle waarheid, maar dit veroorsaak ongemak. Daarom het Paulus op 'n dag omgedraai en vir die gees gesê: "Ek bevel jou in die Naam van Jesus Christus om uit haar uit te gaan!" Onmiddellik het die gees uitgegaan, en die slavin het haar soos 'n normale mens gedra. Toe haar meesters ontdek dat sy vir hulle nutteloos geword het en dat hulle bron van inkomste weg was, het hulle Paulus en Silas gegryp en hulle na die markplein gebring en hulle voor die owerheid en die regters gestel. Omdat hulle in die materialistiese winsbejag gestuit word, wil hulle die draers van die evangelie nou uit die weg ruim. 'n Valse aanklag word versin en deur die regters sonder behoorlike ondersoek gehandhaaf. Die klag voor die regters maak geen melding van die verlies van inkomste as gevolg van die genesing van 'n slavin nie, maar daar word nou aangevoer dat die beskuldigdes die stad in opskudding bring "omdat hulle Jode is", en dat hulle sedes verkondig wat nie "vir ons" geoorloof is om na te volg nie, "omdat ons Romeine is". In die aanklag word die feit dat Paulus en Silas Jode was,

uitgebuit. Dit hang saam met gebeurtenisse wat net in daardie tyd in Rome plaasgevind het (49 n.c.). As gevolg van gebeurtenisse in die stad waarvoor die Jode die skuld gegee is, het so 'n sterk gevoel by die Romeine teen die Jode ontstaan dat keiser Claudius 'n verordening uitgevaardig het om alle Jode uit Rome te verban. Die regters beveel dat die aangeklaagdes met stokke geslaan en daarna baie sorgvuldig in die gevangenis bewaak moet word. Hy neem hulle na die binneste kerker. Dan klamp hy hulle voete vas in die blok en boei hulle hande teen die muur vas. U kan vir uself indink: Van slaap is daar geen sprake nie. Om nie die moed of selfs die geloof te verloor nie, gaan hulle oor tot gebed. Die gebed loop daarop uit dat hulle van die psalms van Dawid begin sing en God in die woorde van die psalmdigter loof. Vir die ander gevangenes was dit vreemd. Meteens het daar 'n groot aardbewing gekom wat die fondamente van die gevangenis geskud het. Die deure het oopgespring en die boeie van al die gevangenes het losgeraak. Die tronkbewaarder het wakker geskrik en begin vasstel wat gebeur het. Toe hy sien dat die deure van die gevangenis oop was, het hy gedink dat die gevangenes ontsnap het. Daarvoor sou hy met sy lewe moes boet (vgl. Hand. 12:19). Hy het selfmoord verkies en gryp sy swaard om daarmee 'n einde aan sy lewe te maak. Net op daardie moment roep Paulus uit die gevangenis na hom: "Moenie jouself kwaad aandoen nie, want ons is almal hier" Die bewaarder ontbied gou 'n lig en daarmee gaan hy die trap af na die binneste kerker. Daar val hy bewend voor Paulus en Silas neer as eerbewys aan hulle. Toe lei hy hulle na buite en vra in sy angs: "Menere, wat moet ek doen om gered te word?" Paulus, broers en susters het elke dag hom beywer om mense wat op die verkeerde pad was, te vertel van wat hulle eindbestemming sou wees. Hy het hulle ook vertel dat Jesus Sy kruis as t ware in die middle van daardie pad opgeslaan het om hulle van die ewige doderyk te red. Sy doel: bekeer julle! Baie het in Christus begin glo, ander weer nie. En dit was juis diegene wat die lewe vir Paulus moeilik begin maak het. Sy boodskap was skielik te radikaal en ontstellend. Sy optrede, veral soos in die geval van die genesing van hierdie slavin, was ongehoord en ongeoorloof. Paulus kos hulle geld. Om sy mond toe te kry moes hy tronk toe. Maar, die boeie om sy voete was nie swaar genoeg om sy mond te kan toehou nie. Omdat hy in God se diens was is hy nie bang vir wat mense aan hom kon doen nie. Teen wil en dank het hy gehoorsaam gebly. Hy was bereid om stroomop te swem vir sy geloof. Maar weet u, wat my die meeste beindruk van Paulus se optrede was dat hy sy omstandighede in n feesgeleentheid omskep. Soos sy medegvangenis kon hy sekerlik ook op moedverloor se vlakte sit. Hy kon sekerlik ook gaan sit en tob oor die hofsaak wat voorlê. Hy kon sekerlik bang wees vir die geharde misdadigers rondom hom. Maar nee! Hy verkies om sy tyd te verwyl in gebed. En in die stikdonkerte gaan die gebed oor in lofsange. En die ander gevangenis is met verbasing en verwondering stomgeslaan. So aangrypend vind selfs God hierdie oomblikke dat Hy die aarde tot in sy fondamente laat skud. En die boeie gaan los.

Mense kom tot bekering wat dit beleef. Hulle wil meer van God hê in hulle lewens. U weet, die Heidelbergse Kategismus, Sondag 7 vraag 21, vra: 21 Vraag: Wat is 'n ware geloof? Antwoord: 'n Ware geloof is nie alleen 'n vasstaande kennis waardeur ek alles wat God in sy Woord aan onsgeopenbaar het (a) vir waar aanvaar nie, maar ook 'n vaste vertroue (b) wat die Heilige Gees (c) deur dieevangelie in my hart werk (d), naamlik dat God nie net aan ander nie, maar ook aan my uit loutere genade,slegs op grond van die verdienste van Christus (e), vergewing van sondes, ewige geregtigheid en saligheid(f) geskenk het. Dit is n pragtige antwoord op n baie relevante vraag. Ek gaan 110% daarmee saam. En tog kry ons somtyds in die Woord ander insigte ook wat ons verbaas. Want iewers moet geloof ook tog ons omstandighede, daar waar die tyre en die teerpad bymekaar uitkom, aanspreek. En hier in die gelese gedeelte wys Paulus ons dat geloof juis ook is dat n mens iets aan jou omstandighede doen. Geloof is juis ook dat ons nie agteroor sal sit en kyk wat gebeur nie. Geloof is juis om nie boedel oor te gee nie. Geloof is juis om nie te aanvaar dat dit klaar is met jou nie. Inteendeel. Geloof laat jou na God opkyk! Ja, selfs al het jy boeie om jou voete. Geloof maak dat ons die mees depressiewe omstandighede kan verander in n paradys. Eers dan word hierdie oomblike geleentehede waar die genade van God met ons kan werk. Geloof skep situasies waar ander mense ook kan hoor van die pad wat na die ewige lewe lei. Geen situasie is so onbeheerlik dat God dit nie kan verander nie. Kettings en tronkvloere keer Hom nie. Verder is dit opmerklik dat Paulus die stap om te doen ernstig opneem. Om te bid en om lofgesange in sy netelige omstandige te sing, is n geloofsdaad soos n tweede natuur. En, hy gaan oor tot hierdie stap sonder die struktuur van n vergadering wat sy optrede moet kondoneer, sonder die toestemming van n kerkraad om dit te mag doen, sonder n ringsvergadering wat moet leiding gee of dit mag of nie. Sy geloof laat hom net doen. Sê ek daar moet in die kerk nie sulke vergaderings wees nie?! Allermins. Dit is in die kerkorde vervat. Dit is die werkwyse van die kerk, en ek staan daarby. En tog, hoeveel keer is daar nie al gewag vir die leiding van n AKV, n RV, of waste vergadering ookal in die kerk, terwyl daar doodeenvoudig net in die geloof opgetree kon word nie?! Hoeveel keer het die gewag op die leiding van n vergadering nie al die verskoning geword dat gelowiges eers maar net sit en wag voordat ons doen nie. En so wag ons om iets te doen aan an ons omstandighede. Paulus en Silas wys vir ons n anderbeginsel. In geloof mag en kan jy maar stroomop swem. Want hy het n geloof wat hom laat doen, onmiddelik, sonder enige uitstel. Vraag is: is ek en jy bereid om met ons geloof stroomop te swem? die Here Jesus het die aarde tot in sy fondamente laat skud as t ware as antwoord op Paulus en Silas se optrede. Mense het daardeur tot bekereing gekom harde kriminele! Is ek en jy bereid om met ons geloof stroomop te swem? Amen.