VIRSEKER Persoonlike Ongeluksplan

Vergelijkbare documenten
Persoonlike Ongeluksplan

Persoonlike Ongeluksplan

Persoonlike Ongeluksplan

Eise Proses Die volgende eis-omstandighede en tydsbeperkings is van toepassing wanneer jy n eis teen jou Opknapper polis moet indien:

Opknapper met Lisensiebystand Bepalings en Voorwaardes

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

Doodseisvorm Aanmeld van 'n doodseis

Gids vir Byvoordele eise

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

Opknapper met Lisensiebystand Bepalings & Voorwaardes

OPSIES WANNEER UIT DIENS TREE BY JOU WERK UMBRELLA FUNDS

Opsies wanneer jy aftree PREDIKANTE PENSIOENFONDS VAN DIE NED. GEREF. KERK IN SUID-AFRIKA (PPF)

PPS Siekte- en Permanente ongeskiktheidsvoordeel

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

HI E NUUSBRIEF. Hoofbeampte se kennisgewing. Geagte lid

VIRSEKER Regsbystand

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

AANSOEK OM STUDIELENING

Gids vir Lewende-voordeel eise

Belastingvrye Belegging. Planbeskrywing

Een Stap Dekking. Mediese onderskrywing. Kwalifiserende kriteria/finansiële onderskrywing. Belangrik:

????: Eienaar van I Do tydskrif. BESIGHEIDSVERSEKERING Finansiële Onderskrywingsriglyne

Stuur die aansoekvorm aan:

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

VRYWARINGSVORM VIR JEUGKAMP:

Makelaarskommunikasie. Onderwerp: Gemeenregtelike Aanspreeklikheid Gebeurtenis vs Eise ingestel

besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Huishoudelike GoedereAfdeling

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

ARBEIDSREG ABR214. T:

WAARDE- TOEVOEGINGS- DIENSTE VIR NOODGEVALLE. swiftcare

Optimaliseer voordele en bestuur u premies

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

Eis vir Siektevoordeel

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

2 nd Chances... Wiskunde

Judy Ferreira-Prévost PR. No

Statistieke met een oogopslag

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

Doodseisvorm Aanmeld van 'n doodseis

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE ATKV-Postmatriekjaar

Pre-Graad R / Graad R

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Welkom by die eerste uitgawe van ons nuusbrief oor Testamente en Boedel beplanning.

Foto-redigering vir sun.ac.za

JOU OM VATTENDE VERSEKERINGS- OPLOSSING

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

VOORBEELD VAN HOE ONS GAPING VOORDEEL VERSEKER DAT JOU MEDIESE TEKORTE GEDEK IS

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

Produk beleid Commerce en Mutuaris Produkte

WAARDE- TOEVOUGINGS DIENSTE VIR GROEP SKEMAS. swiftcare

VERBRUIKERSBESKERMING 1 OORSIG EN ADVERTENSIES Die wet op

Tjokkerjol Speelgroepie

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

TOEGEWINGSPROTOKOL EN -PROSEDURES (geskryf in 2018) 1. INLEIDING

AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD

WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019

INLIGTINGSTUK VRAE EN ANTWOORDE

GEHS. Ons verwelkom jou graag tuis. Government Employees Housing Scheme IN VENNOOTSKAP MET

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer

Nadat al bogenoemde nagegaan is, sal n kredietlimiet aan die debiteur toegeken word. Dit is die maksimum bedrag waarvoor die debiteur mag koop.

Doodseise Gids. Stap 1: Waar om te begin. Stap 2: Verkry dokumente en voltooi die vorms. Stap 3: Stuur die dokumente aan ons of kontak ons

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

DIE BEREGTER VIR PENSIOENFONDSE

TERUG TE VEG GREENLIGHT ERNSTIGE SIEKTE-DEKKING

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en

VERDUIDELIKING VAN DIE BEVESTIGING VAN BESTAANDE WETTIGE WATERGEBRUIKE

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

Fase 1: Die beskikbare opsies Klik op die volgende plekke: Stap 1: Stap 2: Stap 3: Vul die Name - en die Description -veld vir die klikker in.

NUUSBRIEF: DESEMBER 2010-FEBRUARIE 2011

INLIGTINGSDOKUMENT: HOE OM GRONDEISE TE HANTEER

Stuur die aansoekvorm aan:

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

GAPINGSDEKKING BROSJURE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER. 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer )

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

WET OP FINANSIëLE INTELLIGENSIESENTRUM 2001: KLIëNTE INLIGTING

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

KAAP AGULHAS MUNISIPALITEIT WERKNEMERBYSTANDBELEID

GROENIE NESSIE KLEUTERSKOOL

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

Posbus 31, KLERKSDORP, 2570 AANSOEK VIR DIE OPNEEM VAN SENWESBEL AANDELE

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR

Pieter, waarheen gaan jy? Ek wil ook graag deeltyds werk. Ek kom saam met jou. Ek gaan werk soek. Ek wil ook n werk hê.

Transcriptie:

VIRSEKER Persoonlike Ongeluksplan Dekking wat jy met die Persoonlike Ongeluksplan ontvang Die Persoonlike Ongeluksplan gee jou dekking van onskatbare waarde as jy as gevolg van n ongeluk beseer, gehospitaliseer, en/of ongeskik of dood verklaar word. Ons sal deur ons vennoot, Road Protect, hulp verleen om ná n motorongeluk geld te kry wat die Padongelukfonds (POF) jou skuld. Voordele wat jy met die Persoonlike Ongeluksplan ontvang Afslag op jou lewensmaat se addisionele premie. Geen mediese ondersoeke nie. Hospitalisasie-dekking wat vanaf die eerste dag in die hospitaal in werking tree. Belastingvrye uitbetaling in die geval van ongeskiktheid of dood. Regsverteenwoordiging asook eise- en administrasie-bestuur om van die POF te eis. MIV-dekking, wat aan jou toegang tot MIV-toetsing en behandeling na onopsetlike blootstelling bied. Kindervoordeel Kinders word ook vir die maksimum beperkings hieronder gedek: R10 000 vir kinders ongebore tot 6 jaar oud. R30 000 vir kinders 7 tot 14 jaar oud. 2 van die hooflid se dekking vir kinders tussen 15 en 21, en tot en met 25 as hulle geregistreerde voltydse studente is. HOE WERK MY BETALINGS? Jou Persoonlike Ongelukspolis bied jou maandelikse dekking; n maandelikse premie sal vooraf, op die aftrekdatum soos wat dit op jou skedule verskyn, afgetrek word. Indien ons nie in die maand wat op die aktivering van jou polis volg (en daarna) jou premie op die gekose aftrekkingsdatum ontvang nie, sal n grasietydperk van 15 dae aan jou toegestaan word om jou premie te betaal. Indien ons nie jou premie na die 15 dae ontvang nie, sal jy nie vir daardie maand dekking hê nie. Premieverpligtinge a. Jou premieverpligtinge word in jou skedule onder Betalingsbesonderhede uiteengesit. Hier sal jy besonderhede vind omtrent die betaalbare premie, die betaalwyse en die datum waarop betaling verskuldig is. b. Neem asseblief kennis dat ons ooreengekom het om die premie deur n debietorder te verhaal en dat die eerste aftrekking n aanvangsfooi sal insluit. n Aftrekking sal op dieselfde dag van elke maand plaasvind. As enige aftrekdatum waarop ons ooreengekom het op n Sondag of openbare vakansiedag val, sal die aftrekking op die Maandag, of op die laaste dag voor of die eerste dag na die openbare vakansiedag gemaak word. Indien ons nie jou premie op jou gewone aftrekdatum ontvang nie sal ons, met die doel om jou gedek te hou, poog om op n meer gepaste datum jou premie vanaf jou te verkry. As die premie vir drie opeenvolgende maande nie betaal word nie, sal die polis onmiddellik gekanselleer word. Wat is die definisie van n ongeluk? n Ongeluk is n onverwagte, onopsetlike gebeurtenis wat op n geweldadige, uitwendige en sigbare wyse gebeur en wat gewoonlik tot besering, wat hospitalisasie as n gevolg het, ongeskiktheid of dood binne 12 maande vanaf die voorval lei. Wat is die definisie van totale, permanente ongeskiktheid? Dit is n ongeskiktheid wat die versekerde totaal en al verhoed om werk van enige aard te bekom en wat waarskynlik vir die oorblywende deel van die versekerde se lewe die geval sal wees. Die ongeskiktheid moet deur mediese bewyse gestaaf word. Totale Permanente Ongeskiktheidsdekking As die versekerde weens n ongeluk ongeskik verklaar sou word, sal hy/sy deur ons vergoed word volgens die Skaal van Voordele en die versekerde se gekose vlak van dekking, soos in die Skaal van Voordele langsaan gelys.

Skaal van Voordele Ongeskiktheid Persentasie Totale permanente ongeskiktheid 100% Permanente en ongeneeslike verlamming van al die ledemate 100% Verlies van beide hande of beide voete 100% Algehele verlies van sig in beide oë 100% Permanente verlies van gehoor in Beide ore Een oor 7 20% Permanente en totale verlies van spraak 7 Verlies van een ledemaat, een hand, een voet of algehele sig in een oog 60% Verlies van vier vingers op enige hand 40% Verlies van n duim Albei litte Een lit Verlies van vingers op enige hand Drie litte Twee litte Een lit Verlies van tone op enige voet Almal op een voet Groottoon beide litte Groottoon een lit Enige toon behalwe die groottoon (elk) 20% 8% 30% As jy eis vir meer as een van die bogenoemde beserings of verliese, sal jou totale uitbetaling, wanneer dit opgetel word, beperk word tot 100% van jou totale dekking. Hospitalisasie As die versekerde weens n ongeluk hospitalisasie benodig, sal ons dekking bied vanaf die eerste dag tot 104 weke. Die eis sal slegs uitbetaal word wanneer die hospitaalrekords verskaf is en vir betaling goedgekeur is. As vergoeding vir ongeskiktheid of dood betaalbaar word, sal daar geen vergoeding onder hierdie voordeel wees nie. Doodsdekking As die versekerde weens n ongeluk sou sterf, sal ons sy/haar genomineerde begunstigde(s) of boedel volgens die vlak van dekking wat gekies is, uitbetaal. Uitbetaling vir totale permanente ongeskiktheid of dood sal in n enkelbedrag uitbetaal word. Betaling is belastingvry. Wat word nie deur die Persoonlike Ongeluksplan gedek nie? Selftoegediende beserings. Besering veroorsaak as gevolg van verstandelike gestremdheid. Hospitalisasie, ongeskiktheid of dood as gevolg van gevaarlike aktiwiteite. Hospitalisasie, ongeskiktheid of dood as gevolg van dwelm- of drankmisbruik. Nie-ongelukverwante hospitalisasie. Dood en ongeskiktheid as gevolg van n ongeluk of besering wat voor die aanvang van hierdie polis gebeur het. Selfmoord. Dood en besering as gevolg van natuurlike oorsake. Wie kwalifiseer nie vir dekking nie? Hierdie dekking sal slegs aan kliënte tussen die ouderdom van 21 en 65 jaar verkoop word. Die belangrikheid van Road Protect Die Padongelukfonds (POF) is tot stand gebring om vergoeding en bystand aan slagoffers van motorongelukke wat deur die nalatigheid van n derdeparty-bestuurder veroorsaak is te bied. Die probleem Slagoffers word deur groot uitdagings in die gesig gestaar wanneer hulle deur die POF moet eis. Die proses kan baie duur, lank, gekompliseerd en verwarrend wees. In baie gevalle is beseerde slagoffers nie bewus van die voordeel wat hulle by POF kan kry nie.

Virseker bied jou: Die Road Protect-oplossing Nuwe wetgewing het die regsberoep laat wegbeweeg van eise-prosessering omdat hulle nie meer die reg het om enige van die skikkingsbedrae as fooi te neem nie. Met ons Road Protect-voordeel, kan ons jou nou die volgende bied: regsverteenwoordiging deur een van ons prokureurs; administrasie- en eisebestuur; medies-wetlike verslae van Road Protect se mediese spesialiste, waar nodig; waar nodig, verslae rakende toekomstige verlies van inkomste; ongeluksrekonstruksies; en op suksesvolle eise sal die volle skikkingsbedrag van die POF aan jou betaal word omdat geen fooie deur Road Protect teruggehou word nie. Bepalings en voorwaardes van die diens deur Road Protect aangebied As jy in n motorongeluk betrokke is en beseer word, mag jy van die POF eis. Al wat jy hoef te doen, is om die eisenommer (onder aan die brosjure) te bel. n Professionele konsultant sal jou van die regte advies voorsien om n eis teen die POF in te stel. Road Protect bied jou die volgende dienste: Telefoniese bystand en advies gedurende kantoorure om te verduidelik wat jy nodig het om jou eisvoorlegging aan die POF voor te berei. Gekwalifiseerde en ervare Road Protect-assessors is beskikbaar as jy n voorlopige assessering benodig. Bystand en advies om jou te help om al die vereiste regsverslae en assesserings in die hande te kry. Bystand en advies om alle medies-wetlike verslae en assesserings te bekom. Gevallebestuur van jou eis. Alle administrasie wat benodig is vir die voorlegging van n bona fide-eis soos vasgestel en gereël deur Road Protect. Jy het die volgende inligting nodig sodat ons jou met n POF-eis kan bystaan: Die tyd en datum waarop die ongeluk plaasgevind het. Jou ongeluksversla(e) en verslagnommer(s) vanaf die SAPD en/of die verkeersafdeling. Die mediese verslag van die eerste dokter wat jou direk na die ongeluk ondersoek het. Die name, adresse en telefoonnommers van al die ooggetuies. Foto s van die ongeluk en jou beserings, indien moontlik. Jou omvattende versekeringsbesonderhede, indien toepaslik. Al jou mediese en hospitaalrekeninge. Gesertifiseerde afskrifte van jou ID dokumente. Wat jy moet doen: Ons maak dit vir jou so eenvoudig moontlik. Maak seker jy het soveel as moontlik van die bogenoemde inligting, en: 1. Al wat jy hoef te doen, is om die eisenommer (onder aan die brosjure) te bel. 2. Ná die konsultasie sal die Road Protect-regspraktisyn jou inlig oor die meriete van jou eis, en jou oor die eisprosedures adviseer. 3. As jy wil voortgaan met die eis sal Road Protect, gebaseer op die Road Protect-regspraktisyn se advies, al die nodige reëlings tref vir konsultasies en opinies wat jy vir jou eis mag benodig. Dit mag addisionele regskonsultasies en -verslae, regs-mediese verslae en aktuariële opinies in verband met verlies van inkomste as gevolg van jou besering insluit. 4. Road Protect sal jou bystaan met al die nodige administratiewe voorskrifte en die voorbereiding van die dokumente wat sal nodig wees om jou eis in te dien. 5. Om n gebalanseerde en regverdige mediese eis te verseker sal al jou mediese uitgawes wat direk verband hou met die beserings wat jy in die ongeluk opgedoen het, geassesseer word. 6. Met jou toestemming sal jou eis gefinaliseer en noukeurig vergelyk word en namens jou vir oorweging en skikking aan die POF voorgelê word. 7. Road Protect sal omsien na alle redelike navrae of versoeke vir verdere besonderhede wat die POF mag benodig om die eis te skik. Beperkinge van die Road Protect-diens As die assessor, wat toegerus is met al die feite, van mening is dat die meriete van die saak nie n eis regverdig nie, sal ons ons dienste daarvolgens beperk. As jy nie sou saamstem nie, of daar verskille tussen jou assessering en dié van die Road Protect-assessor(s) is, sal die saak vir hersiening na die Road Protect-adviespaneel verwys word. Road Protect is nie verantwoordelik vir enige koste wat jy vir die punt hierbo aangaan nie. Jy is welkom om advies van ander bronne buiten Road Protect te kry. Die koste vir hierdie eksterne bronne sal egter nie deur Road Protect gedek word nie, behalwe as daar vooraf skriftelike toestemming van Road Protect ontvang is. Jy is glad nie verplig om die dienste van Road Protect te gebruik nie. Sou jy van n party buiten Road Protect gebruik maak, sal Road Protect nie verantwoordelik gehou kan word vir enige koste wat aangegaan word nie. Die Road Protect-diens is slegs beskikbaar vir ongelukke wat in Suid-Afrika plaasgevind het. As jou premies nie op datum is wanneer die ongeluk plaasvind nie, sal Road Protect nie jou eis hanteer nie. As jy jou nie tydens die ongeluk by die POF se reëls hou nie, sal Road Protect nie jou eis hanteer nie. Road Protect kan nie die diens wat jy van die POF ontvang, waarborg nie.

Jou verpligtinge Indien jy nie al die volgende verpligtinge nakom nie, mag jou dekking gekanselleer word. Jou verpligtinge is: Verkeerde inligting, nie-openbaarmaking of wanvoorstelling van inligting kan die versekeraar beïnvloed op enige eise voortspruitend uit jou versekeringskontrak. Dit kan ook die versekeraar se keuse beïnvloed om polisvoordele aan te bied, of om jou polis te aanvaar of af te keur. Stel ons in kennis as enige van die polisbesonderhede of verklarings nie korrek is nie, of as enige van hierdie polisbesonderhede of verklarings verander. Betwiste eise Nadat jy ons oor jou eis in kennis gestel het, het jy 90 dae om vertoë aan te teken. As jy nie aan hierdie tydsbeperking voldoen nie, sal die betwiste eise nie heroorweeg word nie. As vertoë wel ontvang word, sal die besluit heroorweeg word en jy sal oor die uitkoms in kennis gestel word. Indien die versekeraar, ná hersiening, nie jou eis of n deel daarvan vergoed nie en jy steeds ontevrede is, moet jy binne ses maande, ná afloop van die bogenoemde 90 dae, geregtelike prosesstukke teen die versekeraar voorlê. As jy nie aan hierdie tydsbeperking voldoen nie, sal jy verhinder word om met regsprosedure voort te gaan. MIV-Beskerming Mense wat MIV-positief is vind dikwels dat die samelewing hulle soms weens vrees en onkunde vermy en veroordeel. In die geval dat jy aan MIV blootgestel is, sal jy alle moontlike bystand en leiding benodig. Die doel van hierdie produk is om seker te maak dat jy en jou gesin volle toegang het tot vertroulike MIV-toetsing en -behandeling binne die kritiese 72-uur venstertydperk ná toevallige/onopsetlike blootstelling. Dit sal die moontlikheid van MIV-infeksie drasties verminder. Onopsetlike blootstelling aan MIV Onopsetlike blootstelling aan MIV kan op menigte wyses geskied, insluitend: seksuele oordrag deur aanranding en/of molestasie; bloedoortappings en toevallige kontak met naalde; direkte kontak met liggaamsvloeistowwe van n geïnfekteerde persoon, deur n motorongeluk, byvoorbeeld; beroepsblootstelling, bv in die gesondheidsbedryf; en ma-na-kind oordrag tydens swangerskap, geboorte en borsvoeding. Wat jy te doen staan in die geval van onopsetlike blootstelling In die geval dat jy onopsetlik aan MIV blootgestel is, moet die volgende stappe geneem word om u veiligheid te verseker: 1 Bel dadelik die Sorgsentrumnommer (op die keersy van hierdie brosjure). 2 Jy sal na die naaste dokter, kliniek of hospitaal verwys word, waar jy gepaste behandeling sal ontvang. 3 Bloedtoetse sal gedoen word om jou MIV status vas te stel. In die geval van n MIV-negatief toetsresultaat: sal antiretrovirale behandeling voorsien word; sal profilaktiese terapie (voorbehoedmiddels) voorsien word om sodoende moontlike seksueel oordraagbare infeksies (SOI s) te voorkom; sal die nabehoed-pil aan jou gegee word in die geval van seksuele aanranding; sal jy oor n drie-maande tydperk gemonitor en hertoets word; en indien jou status negatief bly, sal die saak afgehandel wees. In die geval van n MIV-positief toetsresultaat: sal SOI-behandeling en die nabehoed-pil voorsien word; sal jy die geleentheid hê om by n MIV-/Vigssiektebeheerprogram aan te sluit (koste vir behandeling sal uit jou eie sak of mediese fonds kom); en sal lewenslange inbel-advies en berading vir jou en jou dokter beskikbaar wees. Behandelingsvoordele Toegang tot n 24-uur, 365-dae-per-jaar Sorgsentrum vir MIV-/Vigs-inligting, -advies en-berading. Twee bloedtoetse en konsultasies na n geval van moontlike blootstelling. Antiretrovirale terapie om infeksie te voorkom. Die nabehoed-pil om swangerskap te voorkom. SOI-voorkomende medikasie (profilakse/voorbehoeding).

Seksuele aanranding In die geval dat jy seksueel aangerand word, sal jy toegang tot die volgende hê: n Onbeperkde beradingsvoordeel vir die pasiënt en sy/haar gesin. Die pasiënt mag R1 000 hiervan vir alternatiewe terapie, soos byvoorbeeld refleksologie, aromaterapie, ensovoorts, gebruik. Neem asseblief kennis dat enige diens wat onder hierdie voordeel gebied word deur n geregistreerde praktisyn uitgevoer moet word. Oorspronklike rekeninge moet saam met alle eise gestuur word vir vergoeding. n Sekuriteitsvoordeel van R2 000 vir redelike sekuriteitsverbeterings ná n seksuele aanrandingverwante voorval. Neem asseblief kennis dat enige diens wat onder hierdie voordeel gebied word deur n erkende maatskappy of individu gelewer moet word. Oorspronklike rekeninge moet die terug-eise vergesel. Beskerm jouself deur: n kondoom te gebruik; jou seksuele maat se leefstyl te ken; en kontak met bloed en ander liggaamsvloeistowwe, naalde en spuite te vermy. Proses wat op onopsetlike blootstelling volg Pasiënt onopsetlik/toevallig blootgestel Pasiënt kontak Sorgsentrum Bevestigingsproses Pasiënt word na die naaste dokter, hospitaal of behandelingsfasiliteit verwys Pasiënt se MIV-status word vasgestel MIV-positief MIV-negatief Pasiënt word behandel vir SOI s en die nabehoed-pil word voorsien Pasiënt word behandel vir SOI s, die nabehoed-pil, profilaktiese en antiretrovirale behandeling word voorsien Pasiënt word na drie maande hertoets MIV-positief MIV-negatief Saak is afgehandel n Pasiënt word aangeraai dat sy/haar dokter die Sorgsentrum moet kontak, sodat die toekomstige behandeling en bystand deur n paneel van gespesialiseerde dokters vasgestel kan word. Lewenslange telefoniese advies word aan die pasiënt voorsien. Verkope, Kliëntediens, Road Protect en Eise: 0860 09 46 24 17/02/14 Die eisebystandsdiens vir RAF-eise word verskaf deur Road Protect. MIV-Beskerming is n diens verskaf deur LifeSense Risk Solutions ( n afdeling van die LifeSense Groep (Edms) Bpk) FSP Lisensie Nr. 21270. Die Persoonlike Ongeluksdekking word verskaf deur Virseker, n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Bpk, n gemagtigde finansiële-diensverskaffer (FSP lisensienommer: 16354). Enige verwysing na ons, deur of met in hierdie dokument verwys na Auto & General. Bepalings en voorwaardes geld.