A. ALGEMENE INLIGTING

Vergelijkbare documenten
A. ALGEMENE INLIGTING

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (INTERMEDIêRE FASE ONDERWYS)

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (GRONDSLAGFASE ONDERWYS)

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW)

Fakulteit Natuurwetenskappe se keuringsriglyne en toelatingsbeleid

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013

Stuur die aansoekvorm aan:

Stuur die aansoekvorm aan:

Aansoekvorm: BA Honneurs in Toegepaste Linguistiek 2015

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

Dit begin alles hier. Teologie

Eerstejaarsakademie Midjaar/Eindjaar-assessering Gebruikersgids

Koshuisaansoek- en -plasingsproses vir eerstejaars vir 2017

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

OUERAAND BEROEPSLEIDING:

Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE (GRONDSLAGFASE: GRAAD 1 TOT 3)

DIENSVLAKOOREENKOMS MET BETREKKING TOT DIE PLASING VAN WERWINGSADVERTENSIES, ONDERHOUDSVOERING EN HERVESTIGING VAN NUUT AANGESTELDE PERSONEEL

AANSOEK OM STUDIELENING

Koshuisaansoek- en -plasingsproses vir eerstejaars vir 2019

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

AANSOEKPROSEDURE KEURINGSPROSES EN TOELATINGSVEREISTES BELANGRIKE DATUMS

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

1. JUNIOR PRIMêRE FASE: GR. 1-3

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

GRAAD 11 WISKUNDE DERDE VRAESTEL NOVEMBER 2009

MUNISIPALITEIT VERHURING VAN KARAVAAN- /KAMPEERSTAANPLEKKE EN CHALETS IN MATZIKAMA MUNISIPALE GEBIED

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID

Kodes vir Afkeurredes

REKORD- EN EINDEKSAMEN

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

1 Verkorte aansoek en registrasieprosedure

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006

AANSTELLING, PLIGTE EN BEVOEGDHEDE VAN DEKANE EN WYSE VAN VERKIESING

TOEGEWINGSPROTOKOL EN -PROSEDURES (geskryf in 2018) 1. INLEIDING

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

VOORSTEL VIR LIDMAATSKAP VAN DIE S.A. AKADEMIE

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

BELEID VIR PLASING IN KOSHUISE EN LUISTER-, LEER- EN LEEFHUISE, ASOOK INDELING BY PSO-WYKE EN KLUSTERS

Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019

AFLEGGING VAN WERKER (DIENSBEëINDIGING) EN UITBETAAL VAN VERLOF

DIE VOORTREKKERS PRESIDENTSVERKENNER PROSPEKTUS VANAF 2016 PRESIDENTSVERKENNER PROSPEKTUS 2016: 2015/04/27 BLADSY 1 VAN 9

AANSOEK OM TOELATING: NUWE INSKRYWING

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

Dit begin alles hier. Teologie

Trek jou NWU-tekkies aan en loop ʼn dag in die skoene

INSTRUMENTALE MUSIEK 22 Augustus 26 Augustus 2016

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

VERDUIDELIKING VAN DIE BEVESTIGING VAN BESTAANDE WETTIGE WATERGEBRUIKE

Animato Koorkompetisie/Choir

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS HOËRSKOOL DRIEHOEK

Foto-redigering vir sun.ac.za

Hoërskool Swartland SWANGERSKAPBELEID ALDUS AANVAAR TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH TOETSE EN EKSAMENS: BELEID EN INLIGTING

DIE OOSTELIKE PROVINSIE TWEEKAMPVERENIGING. TEGNIESE REëLS VIR ATLETE

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

AANSOEK OM TOELATING HOËRSKOOL TUINE

Graad 1 Alleenlik SKOOLREKENING

Transcriptie:

FAKULTEIT GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH RIGLYNE VIR DIE KEURING VAN FISIOTERAPIE-STUDENTE (2017 vir die 2018-inname) A. ALGEMENE INLIGTING 1. Ten einde oorweeg te word vir toelating tot die vierjarige BSc in Fisioterapiegraadprogram (hoofstroom en verlengde graadprogram), moet ʼn aansoeker in besit wees van die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS), soos gesertifiseer deur Umalusi met toelating tot baccalaureusgraadstudie, of ʼn gelykwaardige kwalifikasie met ʼn gemiddeld van 60% (vlak 5) (Lewensoriëntering uitgesluit) en met minstens 50% (vlak 4) in Wiskunde, sowel as Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe. Op grond van die hoogstaande meriete van die meeste aansoekers, is voldoening aan die minimum toelatingsvereistes geensins n waarborg van suksesvolle keuring nie. 2. Aangesien ongeveer 25-30% van die gekeurde aansoekers nie die keuringsaanbod aanvaar nie, word daar aanvanklik meer aansoekers gekeur ten einde uiteindelik die mikpunt van 55 (hoofstroomprogram) in totaal te bereik. 3. Hoogstens 2 plekke word gereserveer vir aansoekers wat aan die minimum toelatingsvereistes voldoen en wat op versoek van die Rektor toegelaat word o.g.v. buitengewone oorwegings (soos deur die Rektor self bepaal). 4. Jaarlikse hersiening van die getal studente toegelaat tot die program is op grond van: Opleidingskapasiteit t.o.v. menslike hulpbronne, infrastruktuur en die kliniese opleidingsplatform Streeks- en landsbehoeftes Inskrywingsbeplanning van Universiteit 5. Slegs aansoeke van aansoekers wat BSc in Fisioterapie as eerste keuse stel, sal oorweeg word. 6. Kandidate kan nie hul keuring uitstel van een jaar na n volgende nie. Indien n aansoeker dus suksesvol is en nie sy/haar keuring aanvaar nie, moet sodanige aansoeker normaalweg weer van vooraf aansoek doen om oorweeg te word vir keuring in die toekoms. 7. Sodra die finale Nasionale Seniorsertifikaatpunte (of ekwivalent) in Januarie van die daaropvolgende jaar beskikbaar raak, word hierdie punte en/of die verbeterde NNTuitslae in die plek van onderskeidelik die graad 11-punte en die oorspronklike NNTuitslae gebruik, en die waglysvolgorde word dienooreenkomstig aangepas. 1

B. RIGLYNE VIR DIE KEURING VAN FISIOTERAPIE STUDENTE Aansoekers word oorweeg in die drie verskillende kategorieë, soos hieronder uiteengesit. B1. Huidige leerders (graad 12) en gematrikuleerdes (bl 2 4); B2. Ingeskrewe studente (bl 4 6); B3. Aansoekers met naskoolse kwalifikasies en/of beroepservaring (bl 6). 1. HUIDIGE LEERDERS (GRAAD 12) EN GEMATRIKULEERDES 1.1 Keuring van hierdie groep vind plaas tydens die eerste keuringsgeleentheid gedurende die tweede semester van die voorafgaande jaar. 1.2 Aansoekers wat langer as drie jaar gelede gematrikuleer het, kan nie binne hierdie kategorie oorweeg word nie en word aangeraai om eers hulself voor te berei vir oorweging in kategorie B2 of B3. Let egter daarop dat keuring in hierdie kategorie steeds nie gewaarborg kan word nie. 1.3 Aansoekers in hierdie kategorie (+ 42 van die getal plekke) word, soos volg, op grond van akademiese sowel as nie-akademiese meriete gekeur: 1.3.1 Akademiese prestasie op skool, wat 45% van die keuringsfaktor uitmaak. 1.3.1.1 In die geval van huidige leerders (Graad 12) word die gemiddelde akademiese persentasie behaal in die Graad 11-eindeksamen gebruik. 1.3.1.2 In die geval van gematrikuleerdes word die gemiddelde akademiese persentasie behaal in die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamen of ekwivalent gebruik. 1.3.1.3 Vir die keuring tot die hoofstroomprogram sal voorkeur gegee word aan aansoekers wat minstens 65% in genoemde eksamens behaal het. 1.3.2 Nasionale Normtoetse (NNT), wat 30% van die keuringsfaktor uitmaak. Die gemiddelde persentasie wat behaal is in die toetse word gebruik. 1.3.3 Nie-akademiese meriete, wat 25% van die keuringsfaktor uitmaak. 1.3.3.1 Die nie-akademiese merietepunt word op grond van die onderstaande skaal bereken. Inligting word verkry vanaf n gestruktureerde vraeboog. Die korrektheid van die inligting moet deur die skoolhoof verifieer word. Die onus berus op die aansoeker en die skoolhoof om te verseker dat die inligting volledig en korrek is. 2

INLIGTING T.O.V. MAKSIMUM PUNT Leierskap 5 Gemeenskapsdiens 4 Kultuuraktiwiteite 4 Sport 4 Ander besondere prestasies 4 Landelike herkoms 4 Taalvaardigheid (in SA tale) 3 Verbintenis met US (ouer(s)/broer(s)/suster(s) is 2 oudstudente/huidige studente/personeel) Deeltydse of na-uurse beroep 1 1.3.3.2 Die puntetelling by elkeen van die items is die maksimum punt verwerfbaar. Die punte word bereken volgens spesifieke en konsekwente kriteria. Slegs prestasies wat gedurende die laaste drie jaar op hoërskoolvlak behaal is, word in aanmerking geneem. 1.3.3.3 Geen byvoegings of ander veranderinge aan die nie-akademiese merietevorm sal toegelaat word nadat dit die keuringskantoor bereik het nie. Die enigste uitsondering wat toegelaat sal word, is prestasies wat behaal is na versending van die vorm en wat deur die betrokke skoolhoof verifieer is en mits dit nie later as einde Junie van die betrokke jaar deur die keuringskantoor ontvang word nie. 1.4 Die keuringsfaktor word bereken deur die akademiese skoolprestasie, die gemiddelde prestasie in die NNT en nie-akademiese merietepunte saam te tel in ʼn 45:30:25- verhouding. Alle aansoekers word dan op grond van hul keuringsfaktor op ʼn merietelys geplaas, wat die basis vorm vir die keuring van hierdie studente. 1.5 Die keuringsproses sal soos volg plaasvind: 1.5.1 Die top 20 aansoekers word in prioriteitsvolgorde volgens die keuringsfaktor gekeur, ongeag enige ander oorwegings. 1.5.2 Daarna word alle kwalifiserende bruin, swart Afrikaan en Indiër of Asiër aansoekers gekeur tot al die beskikbare plekke gevul is. 1.5.3 Indien daar nog plek beskikbaar is in die program nadat die kwalifiserende bruin, swart Afrikaan en Indiër of Asiër aansoekers gekeur is, word die aansoekers volgens meriete gekeur totdat alle beskikbare plekke gevul is. 1.5.4 Wanneer al die beskikbare plekke gevul is, word ongeveer 30 van die oorblywende aansoekers wat kwalifiseer, soos volg op die waglys geplaas: Die volgorde word bepaal deur die berekende keuringsfaktor. Sodra die finale Nasionale Senior Sertifikaatpunte (of ekwivalent) beskikbaar raak, word dit in plek van die einde graad 11-punte gebruik en die waglys word dienooreenkomstig aangepas. 3

Kansellasies word volgens meriete op grond van die keuringsfaktor vanaf die waglys aangevul en met inagneming van die demografiese profiel van die eerstejaarsinname, mits daar plek is in die program. 1.5.5 Aansoekers wat nie reeds vir die hoofstroomprogram gekeur is nie, word oorweeg vir toelating tot die VGP, mits hulle voldoen aan die kriteria soos hieronder uiteengesit. Hierdie groep maak dus nie deel uit van die hoofstroomprogram nie. Slegs 5 plekke is jaarliks beskikbaar vir toelating tot die VGP. Die doel van die BSc in Fisioterapie verlengde graadprogram (VGP) is om toegang van studente uit sosio-ekonomiese benadeelde gemeenskappe tot die fisioterapieopleidingsprogram te verbeter. Sosio-ekonomiese benadeling word bepaal deur n sosio-ekonomiese status- (SES) faktor te bereken wat die volgende indikatore in ag neem: onderwysbenadeling (gebaseer op skoolkwintiele en skoolfonds), ekonomiese benadeling (gebaseer op maatskaplike of ongeskiktheidstoelae) en eerste generasiestatus (gebaseer op die opvoedkundige vlak van die ouers). Die SES-faktor wissel van 10 (meeste benadeel) tot 0 (minste benadeel). Plekke sal in volgorde van meriete deur aansoekers met ʼn SES-faktor van 6 of hoër gevul word. Voorkeur sal gegee word aan aansoekers wat die intermediêre vlak (of hoër) in minstens twee van die NNT toetse behaal het. 1.5.6 Aanvanklike onsuksesvolle aansoekers wat baie beter punte in die Nasionale Seniorsertifikaat-eksamen (of ekwivalent) behaal het, en aan die minimum toelatingsvereistes voldoen, en/of hul NNT-uitslae verbeter het, se aansoeke sal in Januarie van die daaropvolgende jaar, heroorweeg word. Hierdie aansoekers sal tesame met die aansoekers op die oorspronklike waglys oorweeg word en die nuut berekende keuringsfaktor sal gebruik word om die waglysvolgorde te bepaal. 2. INGESKREWE UNIVERSITEIT STUDENTE 2.1 Ongeveer 15% van die plekke word gevul vanuit hierdie groep en die kategorie van aansoekers met naskoolse kwalifikasies en / of beroepservaring (sien B.3 hieronder). 2.2 Hierdie plekke word gereserveer vir studente wat toepaslike studierigtings (by voorkeur natuurwetenskappe-verwant) volg. 2.3 Die volgende groeperings van ingeskrewe studente word gesamentlik in hierdie kategorie oorweeg: Voorgraadse Baccalaureus studente (in n 3-jaar Baccalaureus graad) (sien uitsondering by 2.4 en 2.5) Honneursstudente en finalejaar studente (in n 4-jaar Baccalaureus graad) (sien uitsondering by 2.4 en 2.5) Finalejaar Magisterstudente Doktorale studente wat hul doktorale studie voltooi gedurende die jaar waarin hulle aansoek doen Daar is geen vooraf bepaalde getal vir enige van bogenoemde groeperings nie. 4

2.4 Ingeskrewe studente wat ʼn ander program in die Gesondheidswetenskappe by die US volg, sal nie vir keuring oorweeg word nie. 2.5 Ingeskrewe studente wat ʼn ander program in die Gesondheidswetenskappe by n ander universiteit volg, sal nie vir keuring oorweeg word nie. 2.6 Studente wat aansoek doen vir oorplasing van n Fisioterapie-program aan n ander universiteit na die BSc in Fisioterapie aan die US, sal deur die programkomitee oorweeg word. Sodanige oorplasing sal egter slegs by hoë uitsondering op grond van buitengewone oorwegings toegestaan kan word. 2.7 Die keuringsproses sal soos volg plaasvind: Hierdie groep word gekeur o.g.v. akademiese prestasie, asook enkele ander oorwegings (sien 2.8): Akademiese meriete Die gemiddelde akademiese prestasie van ingeskrewe studente word deur die geweegde gemiddelde prestasie van al die studiejare gesamentlik bereken. 2.8 Vir hierdie kategorie van aansoekers sal die volgende bykomende riglyne ook geld: 2.8.1 Aansoeke van huidige studente wat hul graad in die betrokke jaar voltooi, of ander studente (meestal BSc-studente), wat al hul vakke oor die aantal studiejare slaag, sal oorweeg word. 2.8.2 In die geval van studente wat die graad in die betrokke jaar voltooi, sal voorkeur verleen word aan studente wat die graad in die voorgeskrewe tyd voltooi, geen sak-opmerking op die rekord verskyn nie, en met ʼn geweegde gemiddelde persentasie van minstens 60% oor die duur van die program. In die geval van ander studente sal voorkeur verleen word aan studente wat alle vakke slaag met ʼn geweegde gemiddelde van minstens 60% oor die aantal studiejare. 2.8.3 In die geval van nagraadse ingeskrewe studente word voorgraadse prestasie ook in oorweging geneem. 2.8.4 Studente wat gekeur word vir BSc in Fisioterapie I sou volgens bepaalde kriteria vrygestel kon word van ooreenstemmende modules wat hul geslaag het, maar sal al die ontbrekende modules vir Fisioterapie I moet aanvul, ten einde na Fisioterapie II in die daaropvolgende jaar te kan promoveer. 2.9 Ingeskrewe US-studente se aansoeke sluit op 30 September en word vroeg in Desember, nadat die finale uitslae beskikbaar is, oorweeg. Studente wat nie van die eerste eksamengeleentheid gebruik maak nie, sal nie oorweeg word nie. 2.10 Aansoeke van geregistreerde studente van ander instansies sluit op 30 Junie. Die onus berus op die aansoeker om te verseker dat die akademiese uitslae van die aansoeker die Keuringskantoor nie later as 1 Desember bereik nie. 5

2.11 Die studente word in prioriteitsvolgorde o.g.v. voorgaande oorwegings gerangskik en dit dien as vertrekpunt vir die keuringsproses. Alle ingeskrewe studente, hetsy voorof nagraads, kompeteer gesamentlik vir hierdie plekke. Spesiale oorweging mag aan bruin, swart Afrikaan en Indiër of Asiër studente gegee word wat aan die vereistes soos beskryf in 2.8.2, voldoen. 2.12 Wanneer al die beskikbare plekke gevul is, word aansoekers wat kwalifiseer op die waglys geplaas in volgorde van akademiese meriete. Kansellasies kan in merietevolgorde van die waglys aangevul word, mits daar plek is in die program. 3. AANSOEKERS MET NASKOOLSE KWALIFIKASIES EN/OF BEROEPSERVARING 3.1 Ongeveer 15% van die plekke word gevul vanuit hierdie groep, en die kategorie van huidige geregistreerde Universiteit studente (sien B.2 hierbo). 3.2 Keuring van hierdie groep aansoekers vind tydens die eerste keuringsgeleentheid gedurende die tweede semester van die voorafgaande jaar plaas. 3.3 Hierdie plekke sal gereserveer word vir persone met naskoolse kwalifikasies en/of beroepservaring, en wat nie by aansoek vir enige verdere kwalifikasies ingeskryf is nie. Kandidate wat by aansoek geregistreer is vir enkele losstaande modules op tersiêre vlak vir nie-graaddoeleindes, sal ook in hierdie kategorie oorweeg kan word. 3.4 Voorkeur sal gegee word aan aansoekers wat reeds voorheen n kwalifikasie of kwalifikasies (minstens gelykstaande aan NQF vlak 7) in die normale tyd, en met n geweegde gemiddelde van 60% of hoër geslaag het, en ʼn motiveringsbrief by hul aansoek insluit. 3.5 Alhoewel hierdie aansoekers volgens akademiese en nie-akademiese meriete oorweeg word, geskied keuring nie streng volgens dieselfde formule as wat vir die huidige leerders gebruik word nie. n Kortlys van verdienstelike aansoekers word na oorweging van alle aansoeke in hierdie kategorie saamgestel. 3.6 Aansoekers op die kortlys sal na persoonlike onderhoudvoering finaal gekeur word. 3.7 Uitnodiging na n onderhoud dien geensins as waarborg dat n aansoeker wel gekeur sal word nie. C. KEURING VAN BRUIN, SWART AFRIKAAN & INDIËR OF ASIËR AANSOEKERS 1. Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe bepaal jaarliks in onderlinge oorleg met die Viserektor (Leer en Onderrig), inskrywingsteikens wat belyn is met, onder andere, die Nasionale Departement van Hoër Onderwys en Opleiding se riglyne vir die transformasie van die hoër onderwyssektor en die institusionele 6

inskrywingsbeplanning wat daaruit voortspruit, sowel as die Universiteit se verbintenis tot inklusiwiteit en diversiteit. 2. In die geval van huidige leerders (B1) word die keuringsfaktor volgens dieselfde formule bereken soos beskryf. Dit word egter in ag geneem dat sommige van hierdie aansoekers moontlik nie al die nodige geleenthede gehad het om nie-akademies te kan presteer nie, en keuring geskied dus nie noodwendig streng volgens die 45:30:25- formule nie. 3. Studente wat aanvanklik vir die hoofstroomprogram gekeur is, maar onbevredigende vordering gedurende die eerste semester toon, word op grond van hul prestasiepunte geïdentifiseer en uitgenooi om aansoek te doen om by verlengde graadprogram (VGP) in te skakel. Die Keurkomitee kan egter in uitsonderlike gevalle studente aanvanklik direk vir die VGP keur. 4. Bruin, swart Afrikaan en Indiër of Asiër studente wat nie aan die minimum toelatingsvereistes voldoen nie, sou steeds op grond van goeie prestasie in die NNT en op diskresie van die Fakulteitsraad tot die program toegelaat kan word. D. DIE AFLê VAN DIE NASIONALE NORMTOETSE (NNT) ( NATIONAL BENCHMARK TESTS ) (NBT) 1. Alle huidige leerders of gematrikuleerdes (B1) wat aansoek doen om toelating tot BSc in Fisioterapie, ongeag watter persentasie of totaal hulle in die finale graad 11- of 12- eksamens behaal het, moet die NNT aflê. Die gemiddelde persentasie vir hierdie toetse dra 30% by tot die keuringsfaktor. 2. Die toetse sal landswyd by verskeie sentra afgeneem word. 3. Voornemende Gesondheidswetenskappe-studente móét voor die sperdatum soos jaarliks bepaal (sien www.maties.com) die NNT aflê en moet betyds (minstens 3 weke voor die toetsdatum) by www.nbt.ac.za vir die toetse registreer ten einde ʼn plek in die betrokke toetssentrum te verseker. 4. Voornemende studente moet al die toetse op dieselfde dag aflê. 5. Indien ʼn aansoeker die [NNT] toetse by meer as een geleentheid in dieselfde jaar aflê, sal die uitslae wat teen einde Julie beskikbaar is in ag geneem word by keuring in die tweede semester; die NNT-uitslae wat teen einde Desember beskikbaar is, sal in Januarie gebruik word saam met die NSS-uitslae vir keuring vanaf die merietelys. 6. Ingeskrewe universiteitstudente (B2) en aansoekers met naskoolse kwalifikasies en/of beroepservaring (B3) word vrygestel van hierdie toetse. 7

E. BUITELANDERS 1. Sodanige aansoekers sal nie oorweeg word nie. 2. Aansoekers met amptelike vlugtelingstatus moet volgens wetgewing oorweeg word. Slegs SA burgers kwalifiseer egter vir institusionele beurse en lenings, asook vir NSFAS-befondsing. Aansoekers met vlugtelingstatus moet dus hul finansiële posisie in ag neem wanneer n plek in die Fisioterapie-program opgeneem word. F. PROSEDURES WAT GEVOLG WORD M.B.T. DIE KEURINGS- PROSES 1. AANSOEKVORMS 1.1 Aansoekers kan aanlyn aansoek doen by www.maties.com 1.2 Die sluitingsdatum vir die indiening van aansoeke, insluitend die nie-akademiese meriete-vraelys vir oorweging tydens die aanvanklike keuringsproses, is 30 Junie van die jaar wat registrasie voorafgaan. 2. VERWERKING VAN AANSOEKE 2.1 ʼn Volledige databasis van elke aansoeker word saamgestel uit die inligting wat deur die aansoeker op die aanlyn-aansoekvorm ingevoer is. Die punte van die huidige leerders en gematrikuleerdes (B1) word terselfdertyd rekenaarmatig verwerk. 2.2 Die vraelyste oor nie-akademiese meriete word nagesien en die punte daarvan bereken soos uiteengesit in B1.2.3. Hierdie punte word ook ingevoer op die rekenaar en, tesame met die skoolpunte en gemiddelde NNT-uitslae, rekenaarmatig verwerk om sodoende die keuringsfaktor te bepaal. Hierdie keuringsfaktor word gebruik om ʼn aansoeker se posisie op die merietelys te bepaal. 2.3 Die akademiese rekords van ingeskrewe studente (B2) sowel as dié van gegradueerdes (B3), word per hand verwerk en ʼn gemiddelde persentasie word bereken. Hierdie studente word dan op grond van akademiese prestasie oorweeg, alhoewel nieakademiese meriete wel in die geval van gegradueerdes (B3) in berekening gebring mag word. 2.4 Daar word van aansoekers verwag om ʼn onderneming te gee dat alle inligting wat verskaf word akkuraat is. Indien daar nadat ʼn aansoeker gekeur is bevind word dat vals inligting verskaf is of dat inligting weerhou is, kan so ʼn aansoeker sy/haar keuring verbeur. 8

3. KEURINGSGELEENTHEDE 3.1 Die eerste keuring vind in die tweede semester van die voorafgaande jaar plaas. By hierdie geleentheid word hoofsaaklik die huidige leerders en gematrikuleerdes (B1) en aansoekers met naskoolse kwalifikasies en/of beroepservaring (B3) oorweeg. Die keuring van laasgenoemde aansoekers (wat op ʼn kortlys geplaas is) word eers finaal na onderhoudvoering met lede van die Keurkomitee afgehandel (sien B3.3.3 en B3.3.4). 3.2 Die aansoeke van ingeskrewe studente (B2) word eers oorweeg nadat hulle finale Universiteitsuitslae beskikbaar is in Desember. 3.3 Scimathus studente word in Januarie in dieselfde kategorie as gematrikuleerdes (B1) oorweeg op grond van hul nuwe keuringsfaktor. 3.4 Verdere keuring geskied deurlopend vanaf die waglys, afhangende van die kansellasies wat ontvang word en beskikbare plekke in die program. 3.5 Keuring word finaal afgehandel binne 2 weke na aanvang van die eerste semester klasse vir Fisioterapie I. 4. UITSTUUR VAN KEURINGSBRIEWE 4.1 Na afloop van die keuringsvergaderings word aansoekers elektronies van die keuringsuitslag in kennis gestel. 4.2 Die gekeurde aansoekers moet binne 4 weke vanaf die versending van die keuringsbriewe terugantwoord of hulle die aanbod aanvaar, al dan nie. 4.3 Indien hulle die keuringsaanbod aanvaar, is die voorgeskrewe keuringsdeposito betaalbaar. Die bedrag word tot die student se krediet gereken. Studente wat hul keuringsaanbod aanvaar, die voorgeskrewe keuringsdeposito betaal en daarna uit eie wil die keuring kanselleer, se keuringsdeposito is nie terugbetaalbaar nie. 4.4 Die plekke van aansoekers wat nie op die aanbod reageer nie, en wat nie administratief opgespoor kan word nie, word gekanselleer. 5. AANSOEKERS WAT NIE MEER AAN DIE TOELATINGSVEREISTES VOLDOEN NADAT DIE FINALE NASIONALE SENIOR SERTIFIKAATUITSLAE BESKIKBAAR IS NIE 5.1 Aansoekers wat gedurende die eerste keuringsronde voorwaardelik gekeur is, maar wat na hul finale matriekuitslae nie meer voldoen aan die minimum toelatingsvereistes nie, se keuringsaanbod sal verval en die keuringsdeposito sal terugbetaal word. 6.2 Die aansoeke van bruin, swart Afrikaan en Indiër of Asiër aansoekers wie se keuring verval het, kan volgens die diskresie van die Fakulteitsraad in heroorweging geneem word, op voorwaarde dat bevredigende resultate in die NNT behaal is. 9

G. SAMESTELLING VAN DIE KEURKOMITEE Die Keurkomitee bestaan uit die onderstaande lede: Dekaan: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Visedekaan: Leer en Onderrig, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Visedekaan: Sosiale Impak en Kliniese Dienste, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Hoof: Afdeling Arbeidsterapie Hoof: Afdeling Spraak-Taal- en Gehoorterapie Hoof: Afdeling Menslike Voeding Hoof: Afdeling Fisioterapie Direkteur: Ukwanda Sentrum vir Landelike Gesondheid Een lid uit die geledere van die MB,ChB-keurkomitee, aangewys deur hierdie keurkomitee. April 2017 10