VRYDAGNUUS. Ons nooi jou om saam met ons op `n reis te gaan en hierdie ontsaglike waarhede weer te besoek of selfs te herontdek:

Vergelijkbare documenten
SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

n Tempel Leier besoek Jesus

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Jesaja sien die Toekoms

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Welkom by Die Storie God se storie

Petrus en die Krag van Gebed

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

KWARTAAL OORSIG. Kleuter & Peuter reeks

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Preek Romeine 1:16-17

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING?

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Toe God alles gemaak het

Pragtige Koningin Ester

Vries al hulle bates, betaal geld terug met rente, hy word `n handearbeider vir die wat hy/sy besteel het.

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Goeie Konings, Slegte Konings

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Die Kerk se Geboorte

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Toe God alles gemaak het

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

'n Man gestuur deur God

Wedergeboorte Johannes 2:23-3:8

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk.

Van Vervolger tot Prediker

n Dubbele kruis-belydenis

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Paulus en sy vriende vertel ander van God

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Briewe, posseëls en elektroniese pos

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Jona en die Groot Vis

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Voorsienigheid van God en Moses

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Die Groot Muur van Nehemia

Van Vervolger tot Prediker

Elisa, Man van Wonderwerke

Stephan Joubert skryf gisteroggend in sy Goeie Nuus rubriek in Beeld: Ek wil graag by Stephan aansluit en vir jou vra: hoekom soek jy vir Jesus?

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

Transcriptie:

VRYDAGNUUS Vreugdevol Vry! Hierdie is die tema van die 40dae waaraan ons in die derde kwartaal aan gaan deelneem. Saam as gemeentes van die ring van Worcester en verskeie ander gemeentes dwars oor ons land beplan ons om deel te wees van die Reformasie 500 viering. Ons begin die 40dae op 13 Augustus. Rimpels op die water. Jy het waarskynlik al by `n dam gestaan waarin iemand `n klippie gegooi het en met verwondering gesien hoe die rimpels vanuit die kern al hoe wyer kring. Vyf honderd jaar gelede het `n man met die naam Martin Luther `n klip in die geestelike dam gegooi. (Hy was natuurlik nie die eerste of enigste een nie.) Daardie rimpels het al verder uitgekring oor lande, volke, tale kulture, oseane en vastelande. Dit het ook jóú lewe geraak. Vandag is die waarhede wat Luther ontdek het diep in jou hart gegraveer. Dit bepaal hoe jy God verstaan, hoe jy Hom dien, jou toekoms en jou waardes. Daarom is jy vreugdevol vry. Ons nooi jou om saam met ons op `n reis te gaan en hierdie ontsaglike waarhede weer te besoek of selfs te herontdek: Sola Gratia net genade Sola Fide net geloof Solus Christus net Christus Sola Scriptura net die Bybel Soli Deo Gloria net tot eer van God En ons voeg by: Missio Dei om gestuur te wees Hierdie waarhede het die grondslag gevorm van die Protestantse Hervorming wat 500 jaar gelede plaasgevind het en is vandag nog die onderskeidende kenmerke van die Prostestantse Kerk. Geniet elke oomblik van hierdie reis! Rousseau

Hulp aan Knysna-gemeenskap Na die stormwind en brande het duisende mense in Knysna en omgewing letterlik alles verloor. `n Persoon vertel dat toe hy die opdrag gekry het om te ontruim, het hy n stel skoon klere, sy rekenaar, persoonlike dokumente en foto-albums geneem en die huis toegesluit onder die indruk dat hy na die brand weer sal kan terugkeer huis toe. Nou is al wat hy oor het van sy huis: twee stelle klere, `n rekenaar, persoonlike dokumente en `n paar foto s Die ring van George het gereël dat NG Gemeente George-Bergsig as `n versamelpunt gebruik word, waarheen kos, klere, komberse ens geneem kan word. Dit word daar gesorteer en van daar af versprei. Daar is Maandag `n geleentheid George toe. Ons sal dit baie waardeer indien u kan help met warm klere, beddegoed, baba doeke ens. U kan dit Sondag kerk toe bring. Emmers vol Genade Ons herinner lidmate aan die projek waaruit ons kospakkies pak. Nie-bederfbare produkte bully beaf/corned meat, spaghetti met frikkadelle, spaghetti met worsies, worsies, two minute noodles, cup a soup, mieliemeel, pasta, koffie, suiker, tee Toiletware seep, shampoo, tandepasta, reukweerder Neem asb n groenemmer en plaas produkte deur die maand daarin. Bring dit na die kerkkantoor of sit dit Sondae in die kerk of saal se voorportaal. Ons vrieskas is leeg! Kook n ekstra porsie of skep die porsie wat oorbly in n bakkie en bring asb kerkkantoor toe. Bakkies is beskikbaar by die kerkkantoor. Lofoffers Baie dankie aan lidmate wat reeds hulle Lofoffers gegee het. Lidmate het nog geleentheid om Lofoffers te gee. Die bedrag van R130-00 is begroot en tans is die bedrag gein R90 100-00.

DRINGENDE VOLHARDENDE GEBED: Eerstens: baie dankie vir almal wat gedurende die 50 dae van Seën vir SA saamgebid het. Ons glo Vader het elke gebed gehoor en dat Hy volgens Sy Volmaakte Wil elke versugting en elke seëngebed antwoord. Ons glo ons land is by n waterskeidingstyd waarin dinge besig is om ten goede te verander; en ons kan maar net aanhou bid, aan ons Vader vashou en Hom vertrou om Sy Wil te laat geskied, Sy Naam te heilig en Sy Koninkryk te laat kom in SA. Baie dankie ook vir elkeen wat deelgeneem het aan die gebedsketting tydens Pinkster. Dankie vir jou opoffering en jou toewyding. Ek wil jou regtig aanmoedig om nie op te hou bid vir ons gemeente, ons dorp, ons land en die wêreld nie. Doen moeite om meer inligting te bekom, sodat jy ingelig en gefokus kan bid. Volhardende gebed is dan ook juis vandag se tema. Kom ons kyk wat sê Jesus self in Sy Woord daaroor.... dat ( n mens) altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word. (Luk.18:1) Ons Here Jesus het Sy dissipels geleer deur teenstellings sowel as deur vergelykings. In teenstelling met wat op die oog af sou lyk na die lering van 2 verskillende gelykenisse in die Lukas Evangelie, is God nóg n onbeskofte, inhalige buurman wat traag is om in beweging te kom om aan ons versoeke te voldoen (Luk.11:5), nóg n gierige onregverdige regter wat nie graag reg aan mense laat geskied nie (Luk.18:7). Wat Jesus eintlik met hierdie 2 verskillende gelykenisse doen, is om in albei gevalle 1 van die geheime van volgehoue gebed te illustreer. As n onvrygewige buurman tog op die ou end deur sy vriend se skaamtelose volharding (die presiese begrip wat in Luk.11:8 gebruik word) oorgehaal kan word om aan sy versoek te voldoen, hoeveel te meer sal julle Hemelse Vader vir julle gee wat julle nodig het! As n onregverdige regter getreiter kan word om tog uiteindelik aan n veronregte weduwee reg te laat geskied net omdat hy tot der dood toe oeg raak van haar geneul, hoeveel te meer sal God reageer op die dringende geroep van Sy kinders!! Halfhartige versoeke lei net daartoe dat mens leëhand wegstap. Louheid in gebed, soos in alles anders, is weersinwekkend vir God. Skaamtelose volharding, n dringendheid wat nie nee vir n antwoord aanvaar nie, lewer die verlangde Seën op. Dit was skaamtelose volhardende vra wat vir die afhanklike vriend soveel brode as wat hy nodig gehad het, opgelewer het. Sy aanvanklike vra is begroet met n kortaf weiering. Toe het hy begin soek, om sy buurman se hulp in sy nood af te smeek, net om weer eens die koue skouer te kry. Ten einde raad het hy hom gewend tot klop en het hy teen sy buurman se deur gehamer totdat sy opdringerigheid sy buurman se hardnekkige weiering deurbreek het. Dieselfde skaamtelose volharding het vir die weduwee die regverdiging en herstel waarna sy so lank tevergeefs gesoek het, teweeg gebring. Dat hulle altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word (Luk.18:1) was ons Here Jesus se Woord aan Sy dissipels. God antwoord nie noodwendig altyd ons 1ste versoek in verband met n spesifieke saak nie, want Hy het iets baie belangrik wat Hy ons wil leer soos ons dag en nag tot Hom bid. Dalk moet ons soek en klop Saam met die vra. Maar Hy word nie ongeduldig as ons aanhou om dieselfde ding te vra nie, en Hy sal reageer op ons dringendheid. Neem dus maar vrymoedigheid om met dieselfde versoek aan te hou gaan na God se Genadetroon totdat Hy jou genadig is. Die verhaal word vertel van die Britse gebedsreus, George Müller, wat baie jare lank vir die bekering van 5 vriende gebid het. Deur die loop van jare het 1 na die ander hulle lewens vir God gegee, totdat net 1 ongelowige vriend oorgebly het. George het egter aanhou bid vir hom. Eendag het iemand vir hom gesê: Jy bid nou al soveel jare vir hierdie man. Dink jy nie dat dit dalk nie God se Wil is dat hy gered moet word nie? George het baie kwaad geword en vir die persoon gesê: Dink jy nou God sal my soveel jare tevergeefs laat bid? George het nooit hierdie vriend se bekering beleef nie. Maar na George se dood, op sy begrafnis, het hierdie vriend uiteindelik sy

lewe vir die Here gegee. George se jarelange gebed was nie tevergeefs nie. Ons sien nie altyd die resultaat van ons voorbidding nie, maar God sal altyd ons getroue volharding eer. (verwerk uit Effective Prayer deur J. Oswald Sanders) Stel jou voor 'n jong kind met 'n lewendige liefde vir speel en leer. 'n Kind wat nuuskierig is en vra vrae oor die wêreld om haar. 'n Kind wat graag luister na stories. Stel jou voor 'n kind wat selfbeheersing toon en haar beurt kan wag. 'n Kind wat vriendelik is en omgee vir ander. Stel jou voor 'n ekspressiewe, kreatiewe, selfversekerde kind wat sommige van die sosiale, emosionele, kognitiewe en fisiese vaardighede bemeester het wat haar die krag gee om in die lewe te slaag. Dit is die soort kind wat SmartStart ten doel het om te ontwikkel. Ons glo dat elke kind in Suid-Afrika die geleentheid verdien om hul potensiaal op hierdie manier te bereik. Ons verstaan ook die kritiese rol wat kwaliteit vroeë leer in die eerste 5 jaar van 'n kind se lewe speel. Dit help om 'n gelukkige, goed aangepaste kind te skep wat gereed sal wees vir laerskool. Ons word gedryf deur die kennis dat kinders met selfs 'n klein hoeveelheid goeie stimulasie die fondament bou wat hulle nodig het om op skool te floreer. Daar is tans een miljoen kinders tussen die ouderdomme van 3-5 jaar wat nie toegang tot vroeë leerprogramme het nie. Dit is die uitdaging dat ons 'n geleentheid skep sodat kinders oor die hele Suid-Afrika vanaf 'n vroeë ouderdom 'n beter kans op sukses het. SmartStart is in Mei 2015 gestig om te verseker dat toegang tot hoë kwaliteit vroeë stimulasie 'n realiteit word. Ons begin met die armste 40% van die kinders van 3 en 4 jaar oud. Ons bied 'n effektiewe en bekostigbare oplossing waarmee werklose vroue en mans hul eie SmartStart-programme kan bestuur en dit help ouers en gemeenskappe om hierdie kwaliteitsprogramme uit te soek en te ondersteun. Worcester het rééds 13 SmartStarters! 3 - Avianpark 4 - Roodewal 2 - Esselenpark 4 - Zwelentamba Raak betrokke by die ondersteuning van die SmartStaters!! Kontakpersoon: Lizma (083 256 0623)

Kom maak n verskil in ons land word n Nal i Bali leser by een van ons Smart Start groepies op Worcester Dit is regdeur die wêreld geïllustreer dat vroeëkindontwikkeling tot groter gelykheid tussen mense, beter onderwys en gesondheidsuitkomste, 'n sterker ekonomie en 'n beter samelewing met minder misdaad, openbare geweld en meer sosiale samehorigheid lei. Lees speel n geweldige rol in die bevordering van kinders se breinontwikkeling. Lees bevorder taal. Taal is nodig vir meer ingewikkelde kognitiewe ontwikkeling. Wat ons nodig het in Suid Afrika is begrip en omgee-verhoudings. Hoe kan ons help? Noudat ons gemeente besluit het om by vroeëkindontwikkeling betrokke te raak, kan ons die volgende stap neem: GAAN LEES EEN KEER PER WEEK BY N SMART START GROEPIE! Dit is amper té maklik! Ons belê ons liefde en tyd in kinders! Ons beleef iets van die Koninkryk wat kom! Laat jou hart jou lei en aanvaar die uitnodiging; meld aan as n weeklikse leser by n toegewysde SmartStart groepie. Word n SmartStart Vriendin Kom vind meer uit op 24 Junie 2017 om 10:00 in die Breedtsaal. Reël een keer n maand n kontak-kuier met jou SmartStarter Stuur een maal per week n SMS of WhatsApp boodskap Bid vir haar Kontak: Ds Hans Steyn (0827887899) ; Lizma Neethling (0832560623) of Nicolene Damons (0711123109) ------------------------------------------------------------------------------------------------------- Cala Uitreik 30 Junie tot 12 Julie 2017 Ons benodig nog die volgende - Borg n spanlid @R2 500-00 Borg n Boksie-vir-Buksies @ R500-00 2liter koeldrank en melkbottels Gekleurde doppies

Kommunikasie Op n Kommunikasiebedienings vergadering is besluit om voortaan die Watervoortjie elektronies te versprei. Ons vra dus van u as gemeente om die volgende te doen - Daar gaan van dieselfde datalys gebruik gemaak word as die een waarmee die Vrydagnuus versprei word. Indien jy nog nie die Vrydagnuus elektronies ontvang nie beteken dit dat die kerkkantoor nie jou epos adres het nie of dat jou epos adres verkeerd is. Indien man en vrou verskillende epos adresse het en julle albei elektroniese pos wil ontvang, of jy nog nie jou adres vir die kantoor gegee het nie, stuur asb n epos na valleikb@telkomsa.net sodat jy op die verspreidingslys geplaas kan word. Ons het ook hulp nodig met die webblad en facebook van die kerk. Jy kan dit tuis ook doen, sou jy bereid wees om te help, sal al die nodige inligting vir jou aangestuur word vir plasing. ng worcester-vallei www.ngkworcestervallei.co.za (Webblad) Ons krag is vir twee dae af weens die wind en storm en ek wonder of ons ooit dink aan hulle wat 24/7 en 365dae nie die voorreg het nie! Ek dink aan ons eie werker, Johannes, wat in n plakkershut van sink, met n vrou en vier kinders bly! Geen water of krag, maar dankbaar want die Here is goed! Woensdagoggend bel ek om te hoor of hulle huis/hok? nog staan. Dit gaan goed mevrou, ek is nou weer besig om die bad en emmers uit te gooi van die dak wat lek. Ons het min geslaap maar is ok! Mag ons met sagte oë en oop hande kyk na die wêreld en mense rondom ons.