Sing vooraf staande: Psalm 119:62 (p. 598)

Vergelijkbare documenten
Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Jesaja sien die Toekoms

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

n Tempel Leier besoek Jesus

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

n Dubbele kruis-belydenis

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Baie welkom by vanoggend se erediens

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Petrus en die Krag van Gebed

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

Welkom by Die Storie God se storie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Jona en die Groot Vis

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:7 (24:7)

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Sing vooraf: Skrifberyming 4-6 (nuut)

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Deur Christus Alleen

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Dooppreek Mika Bogaards

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die Kerk se Geboorte

Van Vervolger tot Prediker

Goeie Konings, Slegte Konings

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Tema: Troos mekaar met Christus se lewe en sterwe, die bron van ons hoop in lewe en dood.

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Die Groot Gebod dennis de wet

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Toe God alles gemaak het

Preek Romeine 1:16-17

Sing vooraf: Skrifberyming 17-2:3, 4 (18:3, 4)

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Sing vooraf: Psalm 84:3 (p. 425)

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

Sing vooraf: Psalm 138:2 (p. 670)

Grote God, ons bring U eer, ons aanbid U, Koning, Heer. U kom toe die lof alom - U wat was, wat is, wat kom. Voor U buig die skepping neer - U wat

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Sing vooraf staande: Psalm 73:9 (p. 369)

Wat gebeur as jy doodgaan?

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Sing vooraf: Psalm 84:4 (p. 425)

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Sing vooraf staande: Psalm 89:12 (p. 447)

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Die duiwel versoek Jesus

Geroep vir Gemeenskap

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Toe God alles gemaak het

Deur Christus Alleen

Sing vooraf: Psalm 24:1 (p. 111)

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

Transcriptie:

Sing vooraf staande: Psalm 119:62 (p. 598) 62 Help my, HEER! Ag, hoe verlang ek / en hoe sug ek diep en swaar na die heil wat U beloof het, / na u kennis wonderklaar! Laat my leef; o HEER, dan loof ek! / Laat niks my die heil ontroof! Laat u oordeel my tot hulp wees! / Laat my lewe om te loof! Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het. Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees. Lofpsalm 138:2 (p. 670) 2 Hoe hoog is nou in elke oord / u Naam en woord omhoog gehewe! U het my siel, op sy gebed, / verhoor, gered, my laat herlewe. Die wêreldvorste sal, o HEER, / u grootheid eer in hoë tone, wanneer u woorde word gehoor / en aansweef oor hul wank le trone. Gebed Doksologie: Aanbidding: Skuldbelydenis: Vergifnis: Dank: Smeking vir die nood van die gemeente en voorbidding vir die kerk, owerhede en sondige wêreld, asook die beroep op die beloftes van God Algemene bede: Verligting van die Gees ter wille van die Woorddiens: Psalm 16:1 (p. 61) 1 Bewaar my tog, o God, op wie k vertrou! / Ek skuil by U, my toevlug in die lewe. Daar is vir my, in wat die oog aanskou, / geen goed bo U, so eind loos hoog verhewe. En wie op aarde U ken en vrees, o HERE, / húl noem ek groot, hul is my roem en ere. Skriflesing: Jesaja 53 Teks: Jesaja 53:5; Kategismus Sondag 17 Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. (Jesaja 53:5 AFR1953) Die Bybel leer hier n paar dinge van ons waarvan ons dalk glad nie hou om dit te hoor nie. Ons het oortredinge, en ons het ongeregtighede, en ons moes eers gestraf word voordat ons vrede met God kan hê. Daarby is ons ook tot die dood toe siek. En dan, meteens, gebeur daar iets en die donker dryf oor ons weg, en ons kom in die volle lig van lewe en genade. Die Here Jesus Christus kom in ons plek voor God te staan en Hy word ten volle gestraf vir alles wat ons aangevang het. Dit gebeur nie maklik nie, want die Bybel openbaar dat Hy deurboor is. o Hy is ook verbrysel en Hy is gestraf. o Uiteindelik was Hy vol wonde. Die vervulling van hierdie Ou-Testamentiese profesie is baie volledig in die Nuwe Testament beskryf. 1

Alles het uitgeloop op die Here Jesus se dood en op sy opstanding. Die dood van Jesus Christus was om die straf te dra, en die opstanding was om ons ook uit die dood te laat opstaan. Dit is n baie moeilike toestand wat hier beskryf word, maar die Here het dit alles gedoen sodat ons gesond kan word (in Jesaja se woorde) met ander woorde: kan lewe. Dink net aan die gevolge van hierdie daad van die Here Jesus. Ek word opgewek uit die dood! Luister hoe reguit en helder word dit beskryf in Romeine 8:11: En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon. (Romeine 8:11 1953) Dit gaan letterlik oor ons liggaamlike en fisiese opstanding uit die dood:...ook julle sterflike liggame lewend maak... Die duiwel het nie in hierdie profesie geglo nie, of hy wou dit verhoed, daarom het hy Jesus dadelik na sy doop gaan versoek. Hy het gedink dat die Here Jesus so bang was vir die straf van God (die dood) dat Hy verlei sou kon word om daarvan af te sien. Vir die duiwel sou dit die oorwinning beteken as die Here Jesus nie kruis toe sou gaan nie want dan sou hy keer dat die verlostes n pad uit die dood uit terug in die ewige lewe in kon hê. Dit staan so beskryf in Lukas 4:5 vv.: Toe bring die duiwel Hom op n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in n oomblik se tyd. En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. As U my dan aanbid, sal alles aan U behoort. En Jesus antwoord en sê vir hom: Gaan weg agter My, Satan, want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien. (Lukas 4:5-8 AFR1953) Die Satan se selfvertroue was ongelooflik! Hy het Jesus gekonfronteer omdat hy werklik geglo het dat die Here hom sou aanbid eerder as om te sterf. Daarom is Jesus se dood so n totale opskudding, want toe het dit wat die duiwel as onwaarskynlik beskou het, gebeur. Dit wat tot op daardie stadium heeltemal onmoontlik was, gebeur die derde dag na die kruisiging en die begrafnis: Die Here Jesus staan op uit die dood! Die eerste en enigste mens in die geskiedenis staan in eie krag uit die dood op en word weer lewendig. Op Kruisigingsvrydag was daar al n voorspel hiervan: n Aantal mense wat alreeds dood was, het uit die dood opgestaan! Ons weet nie hoe lank terug hulle gesterf het nie, maar hulle was al almal dood en begrawe. Hulle het in hulle grafte gebly tot nadat die Here Jesus opgestaan het en toe eers het hulle aan die mense verskyn. 2

Maar daar is n baie belangrike verskil tussen Christus se opstanding en die mense wat tydens die kruisiging uit die dood teruggekeer het. Hulle word almal deur God opgewek. Die Here Jesus Christus het self opgestaan. Wat mens opval, is die angstigheid wat daar by die ongelowiges was om hierdie dinge van die mense af weg te hou. Die Romeinse owerhede en die owerpriesters was almal van hierdie opstanding bewus die wagte het vir hulle die waarheid gaan vertel. Maar die wagte kry die opdrag om teen die waarheid in te getuig dat die liggaam van Jesus gesteel is. Dit was maar net nog een van baie desperate pogings van die Satan om die waarheid met sieklike leuens te probeer toesmeer. God se raad word egter nie deur mense gekeer nie, en daarom gaan, onder andere, die apostel Paulus met hierdie nuus die wêreld in. Die Here stuur hom en andere. Sommige kere het die heidene Paulus uitgelag, soos die keer met sy toespraak op die Areopagus. Die Grieke wou hierdie evangelie nie maklik glo nie, al het hulle baie aandagtig geluister. Aanvanklik het hulle gedink dat Paulus die verstandigste man is na wie hulle nog geluister het. Maar toe hy vertel het dat die dood oorwin is omdat Jesus, die mens wat ook God is, die dood oorwin het, het die hele arena se mense in n lagbui uitgebars en vir Paulus gesê dat hy hulle anderdag weer kan kom toespreek. Die Jode het nie baie beter gevaar nie. Daarom het hy ook later gesê dat die opstanding van die Here Jesus vir die Jode n struikelblok is. Dit was elke keer wanneer hulle dit gehoor het, van nuuts af n kwesplek. As mens so na die geskiedenis kyk, is dit merkwaardig hoe die Satan die mens se geloof beheers. Dink aan die keer toe Simson die stadspoorte van Gasa uitgebreek het. o Dit het destyds behoorlik opskudding veroorsaak. o Hierdie poorte was so geweldig sterk dat n hele leër met stormramme dit kwalik kon stukkend hardloop. Toe kom daar een Jood aan, en hy breek hulle eiehandig af, en dra dit weg en gaan gooi dit op n heuwel weg. Dit het die hele destydse wêreld in rep en roer gehad. Die betekenis van hierdie handeling van Simson was dat dit simbool was daarvan dat daar eendag n Man sou kom wat die poorte van die mensdom se vyand so sou afbreek. Hy het inderdaad gekom en die duiwel algeheel verslaan en sy houvas oor ons verbreek die Here Jesus. Baie magtiger as Simson het Hy die poorte van die hel afgebreek. Luister wat God leer: Romeine 6: 6, 8 leer dat God ons liefhet. Daarom wou Hy ons nie in die hande van die Satan laat, waar ons onsself met die sondeval laat beland het nie. Hy het sy Seun gestuur om die dood vir ons te oorwin sodat ons weer God se genade kan ervaar. 3

Toe ons nog swak was, het Jesus op die regte tyd vir die sondaars gesterf. Daarom staan daar in Romeine 14:9 dat Jesus gesterf het en opgestaan het om oor die dooies en die lewendes te regeer. Dit beteken dat ons nou ook deur Hom regeer word. Dan kan die dood en die graf nie die laaste sê oor ons hê nie, want die Here Jesus lewe dan, en Hy regeer uit die hemel oor sy gelowiges. Die Here Jesus het mos gesê dat Hy lewe en ons sal lewe (Johannes 14:19). Dit beteken dat ons lewe inderdaad eers in sy volle werklikheid na hierdie aardse lewe begin. Dit word ook baie sterk onderstreep deur Efesiërs 2:4-6 waar daar geskryf staan dat ons al reeds saam met die Here Jesus Christus opgewek is, en reeds saam met Hom in die hemel is. Ons lewe na die dood is so seker deur God gewaarborg dat ons beskou word asof ons nou al reeds in die hiernamaals is. Daar staan nie dat ons eers eendag daar sal kom nie. Die feit is so oorweldigend sterk dat die Bybel leer dat ons reeds saam met Christus daar is. Ons moet in hierdie aardse bestaan seker almal sterf. Maar u moet nie die dood vrees nie. God self gee u gemoedsrus, want Hy neem die vrees vir die dood weg. Die dood word gevolg deur die opstanding. Daarvan is die opstanding van die Here Jesus u bewys. Dit is natuurlik so dat die ongelowiges nie hierdie troos het nie. Die wat nie in Jesus Christus en sy opstanding glo nie, gaan nie in die vreugde van die Here se hiernamaals in nie. Vir hulle is die dood n deur waardeur hulle in die ewige smarte ingaan. U moet egter in die Here glo, en bekeerd lewe, want u deel in die verlossing van die Here Jesus Christus. U is verlos van die dood. Deur die Here Jesus Christus leef u tot in ewigheid. Kom ons kyk wat ons hiervan bely in die Heidelbergse Kategismus Sondag 17: Vraag 45: Watter nut het die opstanding van Christus vir ons? Antwoord: Ten eerste het Hy deur sy opstanding die dood oorwin sodat Hy ons die geregtigheid wat Hy deur sy dood verwerf het, deelagtig kon maak (a). Ten tweede word ons nou ook deur sy krag tot n nuwe lewe opgewek (b). Ten derde is die opstanding van Christus vir ons n betroubare waarborg van ons salige opstanding (c). (a) Rom 4:25; 1 Pet 1:3; 1 Kor 15:16. (b) Rom 6:4; Kol 3:1, 5; Ef2:5, 6. (c) 1 Kor 15:20, 21. Amen Slotgebed Slotpsalm 146:3 (p. 700) 3 Salig hy wat in die lewe, / sonder hulp en sonder raad, as hom alles wil begewe, / vlug tot God, sy toeverlaat; en ook in die swartste nag / op die HERE alleen bly wag. 4

Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal. Dr MJ du Plessis Gereformeerde Kerk Bellville Datum: 12 Junie 2011 Hierdie gedeelte stel dit baie duidelik dat die offer van Christus sy priesterswerk heeltemal eenmalig was. Hy was net een keer die losprys. Nie een van ons kan Hom dit nadoen nie. God het van Hom verwag om in elke opsig gehoorsaam te wees tot die dood toe 5